Skip to content
Question paper

Consumer Studies Grade 12 NSC November 2013 Question Paper

Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC November Exam 2013, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Consumer StudiesGrade 12201315 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VERBRUIKERSTUDIES NOVEMBER 2013 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/November 2013 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Die vraestel bestaan uit VYF afdelings. AFDELING PUNTE TYD (MINUTE) A. Kortvrae 40 20 B. Voedsel en Voeding 40 40 C. Kleding 40 40 D. Behuising en Sagte Meublement 40 40 E. Teorie van Produksie en Entrepreneurskap 40 40 2. AL die afdelings is VERPLIGTEND. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. 'n Sakrekenaar mag gebruik word. 6. Skryf slegs met swart of blou ink. 7. Skenk aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/November 2013 NSS AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.18) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 'n Verbruiker se klagte is nie by 'n kettingwinkel opgeklaar nie. Dui aan wat die verbruiker volgende behoort te doen: A Kontak die hoofkantoor van die kettingwinkel B Kontak die Nasionale Verbruikersforum C Kry regshulp D Skryf aan die koerant (1) 1.1.2 Die hoeveelheid inkomstebelasting wat Suid-Afrikaners moet betaal, word deur die … bepaal. A hoof van die Reserwebank B minister van finansies C president van Suid-Afrika D Suid-Afrikaanse Inkomstediens (1) 1.1.3 'n Verbruiker wat R55 000,00 per jaar verdien, sal … betaal. A kapitalewinsbelasting B boedelbelasting C inkomstebelasting D belasting op toegevoegde waarde (1) 1.1.4 BTW is betaalbaar op ... A kondensmelk. B aangesuurde melk. C vars melk. D melkpoeier. (1) 1.1.5 Die rentekoers wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank gehef word: A Fleksiekoers B Vaste koers C Prima koers D Repokoers (1) 1.1.6 Die ontwikkeling van Tipe 2-diabetes tydens die kinderjare kan deur ... veroorsaak word. A min aktiwiteit en vetsug B 'n tekort aan kalsium en yster C 'n hoë inname van suiker en vesel D fiksheid en 'n hoë proteïeninname (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/November 2013 NSS 1.1.7 Voedsel ryk aan vitamien A wat die immuunstelsel van 'n MIV/Vigs- pasiënt sal versterk: A Mielies, grondboontjies en melk B Aartappels, vis en hoender C Spinasie, pampoen en wortels D Piesangs, suurlemoene en tamaties (2) 1.1.8 Anemie kan veroorsaak word deur 'n tekort aan ... A natrium en vette. B foliensuur en sink. C proteïen en vitamien A. D vitamien B 12 en foliensuur. (2) 1.1.9 Die risiko van vetsug verhoog wanneer mens gereeld … eet. A lensiekerrie met rys B hawermoutpap met laevetmelk C pasta met 'n romerige sous D geroosterde vis en gebakte aartappels (1) 1.1.10 Kies die gordel wat die beste keuse sal wees vir 'n man se basiese werksklerekas: 1 2 3 4 Bruin leergordel Omkeerbare Bruin gevlegde Donkerbruin met 'n dekoratiewe poliëstergordel met leergordel leergordel goue insetsel aan 'n grys kant en 'n een kant helder geel kant A 1 B 2 C 3 D 4 (1) 1.1.11 Die hereregtefooi word bepaal deur … A 'n prokureur. B die regering. C 'n eiendomsagent. D 'n verkoper. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/November 2013 NSS 1.1.12 Die geld betaalbaar aan die Ontvanger van Inkomste wanneer 'n huis gekoop word: A Eiendomsbelasting B Verbandregistrasiekoste C Oordragskoste D Waardasiefooi (1) 1.1.13 Die verbruiker sal meer elektrisiteit bespaar as die volgende wassiklus vir wasgoed gebruik word: A Warmwaterwas en koue spoel B Kouewaterwas en koue spoel C Was in baie warm water en baie warm spoel D Was in baie warm water en koue spoel (1) 1.1.14 'n Tipe stoofplaat wat lank neem om te verhit en dus elektrisiteit vermors: A Spiraal B Glasblad C Gas D Solied (1) 1.1.15 Munisipaliteite kry die geld wat hulle gebruik om dienste te lewer van … A eiendomsbelasting. B inkomstebelasting. C oordragskoste. D heffings. (1) 1.1.16 'n Menslike hulpbron wat deur 'n entrepreneur gebruik kan word: A Geld om personeelsalarisse te betaal B Funksionele toerusting wat personeel kan gebruik C Personeel wat hul tyd goed kan bestuur D 'n Goed georganiseerde werksplek vir personeel (1) 1.1.17 EEN van die volgende word as gewone werktyd per week beskou: A 6 uur per dag in 'n 6-dag-week B 7 uur per dag in 'n 6-dag-week C 8 uur per dag in 'n 5-dag-week D 9 uur per dag in 'n 5-dag-week (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/November 2013 NSS 1.1.18 Wanneer 'n informatiewe strooibiljet ontwerp word, moet die volgende in gedagte gehou word: A Gebruik interessante en ongewone skrif B Die boodskap moet kort en eenvoudig wees C Hoe meer inligting, hoe beter D Gebruik soveel kleure as moontlik (1) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B TERM BESKRYWING 1.2.1 Produksieskedules A beskrywing van standaarde wat gehandhaaf moet wanneer 'n produk 1.2.2 Gehaltebeheer gemaak word 1.2.3 Grondstowwe B inspeksies om te verseker dat 'n produk aan 'n spesifieke vlak van 1.2.4 Spesifikasies uitnemendheid voldoen 1.2.5 Standaardisering C plan wat die volgorde en tyd wat nodig is om produkte voor te berei, aandui D proses om te verseker dat alle materiale beskikbaar is E hulpbronne wat gebruik word om produkte te produseer F toets van nuwe materiale G eenvormige prosedures vir die produksie van produkte (5 x 1) (5) 1.3 Kies DRIE huishoudelike-afvalitems uit die lys hieronder wat NIE herwin kan word NIE. Skryf slegs die DRIE letters (A–F) langs die vraagnommer (1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Eierhouers B Foelieverpakking C Gemorspos D Gloeilampies E Spieëls F Verpakking met wasafwerking (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/November 2013 NSS 1.4 Kies DRIE groepe mense uit die lys hieronder wat sal voordeel trek uit voedseletikette soos '0 g transvette', 'lae suiker', 'vetvry' en 'effens versoet'. Skryf slegs die DRIE letters (A–F) langs die vraagnommer (1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Mense wat vetsugtig is B Mense wat met MIV/Vigs leef C Mense wat aan diabetes ly D Mense wat aan osteoporose ly E Mense met koronêre hartsiektes F Mense wat aan laktose-intoleransie ly (3) 1.5 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B TERM BESKRYWING 1.5.1 Handelsname A 'n kenmerkende tipe klere met herkenbare eienskappe 1.5.2 Modegier B die buitelyn van 'n uitrusting 1.5.3 Styl C eenvoudige style wat gewild bly 1.5.4 Mode D 'n styl wat deur 'n spesifieke groep 1.5.5 Klassieke style mense op 'n gegewe tydstip en plek aanvaar word E die algemene rigting wat 'n mode- silhoeët inslaan F 'n styl wat vinnig mode word en 'n kort leeftyd het G geregistreerde name wat wêreldwyd herken word H 'n stel kleredragreëls vir 'n maatskappy (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/November 2013 NSS 1.6 Kies DRIE bepalings uit die lys hieronder wat WAAR is vir die Verbruikersbeskermingswet. Skryf slegs die DRIE letters (A–G) langs die vraagnommer (1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Jy kan nie eis dat selfoonmaatskappye jou nie weer moet kontak nie. B Jy het vyf dae om direktebemarking-aankope te kanselleer. C Dit is aanvaarbaar om artikels voetstoots of op sigwaarde te verkoop. D Maatskappye kan nie meer as hul kwotasie vir herstelwerk vra nie. E Lewensversekering en begrafnispolisse mag aan enige persoon ouer as 18 jaar verkoop word. F Verbuikers moet standaard-SMS-tariewe betaal om aan kompetisies deel te neem. G Kontrakte kan outomaties hernu word. (3) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/November 2013 NSS AFDELING B: VOEDSEL EN VOEDING VRAAG 2 2.1 Noem DRIE voedsels wat allergieë veroorsaak. (3) 2.2 Gee TWEE simptome van 'n voedselallergie in elk van die volgende: 2.2.1 Die spysverteringstelsel (2) 2.2.2 Die vel (2) 2.3 Verduidelik die verskil tussen voedselallergieë en voedselintoleransie deur die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK te voltooi. KRITERIA VOEDSEL- VOEDSEL- ALLERGIEË INTOLERANSIE Tipe respons in die liggaam (1) (1) Die immuunstelsel se betrokkenheid (1) (1) (4) 2.4 2.4.1 Gee 'n kort beskrywing van die voedselverwante gesondheids- toestand hoë cholesterol. (4) 2.4.2 Verduidelik hoe die gereelde nagaan van bloedcholesterolvlakke tot voordeel kan wees vir 'n persoon wat aan hoë cholesterol ly. (2) 2.4.3 Noem VYF dieetriglyne om hoë cholesterol te bestuur. (5) 2.5 Bestudeer die maaltydplan hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ONTBYT 125 mℓ muesli 250 mℓ laevet, onversoete, ongegeurde joghurt 50 mℓ vars bloubessies 1 piesang 1 koppie koffie met volroommelk 1 sny gebotterde volgraanbrood met cheddarkaas 2.5.1 Verduidelik wat bedoel word met glukemiese indeks (GI) (2) 2.5.2 Identifiseer DRIE tipes voedsel in die maaltydplan hierbo wat voordelig sal wees vir diabete as hulle die glukemiese indeks (GI)- konsep toepas. (3) 2.5.3 Verduidelik waarom hierdie maaltydplan geskik is vir iemand wat aan osteoporose ly. (5) 2.5.4 Evalueer die geskiktheid van die maaltydplan vir 'n persoon wat aan anemie (bloedarmoede) ly. (8) TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/November 2013 NSS AFDELING C: KLEDING VRAAG 3 3.1 Noem VIER stappe in die beplanning van 'n basiese klerekas vir die werksomgewing. (4) 3.2 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. A B C Sjefhoed Hijab Sportpet 3.2.1 Verduidelik die boodskap (nieverbale kommunikasie) wat deur elk van die hoofbedekkings (A–C) hierbo oorgedra word. (3 x 3) (9) 3.2.2 Identifiseer die handelsmerketiket wat in die prente geïllustreer word. (1) 3.2.3 Verduidelik waarom jong volwassenes verkies om klere met handelsmerke te dra. (4) 3.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HAUTE COUTURE MODEWEEK Sommige van die eksotiese en glansryke klere wat deur Suid-Afrikaanse ontwerpers gemaak word, is by die Haute Couture Modeweek in Kaapstad vertoon. Meer as 20 000 besoekers het die week se vertonings bygewoon, wat bestellings van bekende kettingwinkels sowel as ryk indiwiduele kliënte gebring het. Die ontwerpers het laat blyk dat hulle baie opgewonde was oor al die bestellings van die kettingwinkels en privaat kliënte. [Aangepas uit 'n artikel deur Audrey D'Angelo in Business Report, 12 August 2012] 3.3.1 Verduidelik die term haute couture. (3) 3.3.2 Daar is vyf stadiums in die modesiklus. Verduidelik die volgende stadiums wat in die uittreksel voorkom: (a) Innovering/Bekendstelling/Loods/Ontluikend (2) (b) Opgang/Groei (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/November 2013 NSS 3.4 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'Ek kan nie onthou watter paar die tydskrif gesê het ek moet koop nie.' [Bron: http://www.joy-of-cartoon-pictures.com/tokyo-street-fashion.html] 3.4.1 Verduidelik hoe die massamedia die verbruiker se koopgedrag beïnvloed. (5) 3.4.2 Die verbruiker in die spotprent konformeer. Gee redes waarom. (3) 3.5 Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Die man in die foto dra 'n swart linnebaadjie met ingesitte sakke, 'n room- kleurige T-hemp, ligte blou broek (broekspype opgerol) en donkergrys leerskoene met roomkleurige sole en geheime sokkies ('secret socks'). Evalueer die geskiktheid van hierdie uitrusting vir 'n onderhoud vir professionele werk. (7) TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/November 2013 NSS AFDELING D: BEHUISING EN SAGTE MEUBLEMENT VRAAG 4 4.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Lloyd en Grace Andrews is albei 60 jaar oud. Hulle besit 'n ruim huis met 'n groot tuin en swembad. Tuindienste onderhou die tuin en Lloyd onderhou die swembad. Hulle tree binne 'n jaar af en wil na 'n meenthuis in 'n aftreeoord trek. Hulle seun, Keith, is 25 jaar oud en verdien 'n maandelikse salaris van R10 000,00. Hy huur 'n gemeubileerde woonstel. Hy spaar om sy eie eiendom te koop. Daar is 'n moontlikheid dat Keith oorsee kan gaan werk. 4.1.1 Identifiseer die: (a) Huidige tipe huiseienaarskap van Lloyd en Grace (1) (b) Toekomstige tipe huiseienaarskap van Lloyd en Grace (1) 4.1.2 Noem DRIE voordele vir Lloyd en Grace om hulle eie huis te besit. (3) 4.1.3 Na aftrede sal hul huisonderhoud-verantwoordelikhede verander. Noem hierdie veranderinge. (4) 4.1.4 Verduidelik kortliks waarom dit vir Keith 'n goeie opsie is om verblyf te huur. (5) 4.1.5 Noem VYF bepalings wat in die huurooreenkoms ingesluit behoort te word, wat Keith sal beskerm. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/November 2013 NSS 4.2 Lees die advertensie vir wasmasjiene hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WASMASJIEN A WASMASJIEN B Bolaaier Voorlaaier 13 liter-kapasiteit 6 liter-kapasiteit Prys: R2 899,00 Prys: R3 699,00 OF OF Deposito: R290,00 Deposito: R370,00 R173,00 x 36 maande R210,00 x 36 maande 4.2.1 Gee redes waarom wasmasjien A meer geskik sal wees vir die afgetrede egpaar. (3) 4.2.2 (a) Bereken die totale koste van wasmasjien A as dit op huurkoop gekoop word. Toon ALLE berekeninge. (4) (b) Bereken die verskil tussen die kontantprys en die huurkoopprys van wasmasjien B. Toon ALLE berekeninge. (3) 4.3 Lees die advertensie hieronder en beantwoord die vraag wat volg. VERLAAG DIE KOSTE VAN WATERVERHITTING MET TOT 67% Voordat jy jou badwater intap, dink aan die elektrisiteit wat jy vermors. Waterverhitting kan tot 40% van jou elektrisiteitsrekening kos. Hier is die goeie nuus: Installering van 'n verhittingspomp kan die koste van waterverhitting met tot 67% verlaag. Die verhittingspomp is 'n energie- doeltreffende manier om water te verhit. Eskom sal jou 'n korting gee wanneer jy 'n verhittingspomp in jou huis of kleinsakeonderneming installeer. [Bron: Eskom-advertensie in Rooi Rose, November 2012] Noem DRIE voordele van die installering van 'n Eskom-verhittingspomp. (3) 4.4 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg. OM TE KOOP, OF NIE Baie huiseienaars moet hul huise as gevolg van die resessie verkoop. Rentekoerse was vir 'n ruk lank laag, maar kan in die toekoms styg. Voedselinflasie is hoog in Suid-Afrika. Gee goeie redes waarom Keith tydens 'n resessie in eiendom moet belê. (4 x 2) (8) TOTAAL AFDELING D: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/November 2013 NSS AFDELING E: TEORIE VAN PRODUKSIE EN ENTREPRENEURSKAP VRAAG 5 5.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Pete bedryf sy eie besigheid van die huis af. Hy het sy dubbelmotorhuis in 'n werksplek omskep waar aandenkings vervaardig word. Toe hy die motorhuis omskep het, moes hy meer elektriese kragpunte installeer om genoeg elektrisiteit vir die produksieproses te voorsien. Sy besigheid het gegroei en hy het tans drie werknemers. Hulle gebruik elke dag openbare vervoer om werk toe te kom. Pete kry die meeste van sy grondstowwe by plaaslike verskaffers. Sy produkte is goeie waarde vir geld en eg Suid-Afrikaans. Hy verkoop die meeste van sy produkte in toeristewinkels. Hy bemark ook sy produkte op die Internet en hef 'n addisionele fooi as hy produkte moet pos wat oor die Internet bestel is. 5.1.1 Definieer die term teikenmark. (1) 5.1.2 Identifiseer Pete se hoofteikenmark. (1) 5.2 As gevolg van die sukses van sy besigheid het Pete drie mense in diens geneem. 5.2.1 Hoeveel moet Pete sy werkers betaal as hulle soms op 'n Sondag moet werk? (1) 5.2.2 Volgens arbeidswetgewing het Pete verantwoordelikhede teenoor sy werknemers. Op hoeveel verlof is Pete se werknemers geregtig? (2) 5.2.3 Stel TWEE aspekte voor wat Pete in ag moes neem toe hy die dubbelmotorhuis omskep het om die volgende vir sy werknemers te verseker: (a) 'n Veilige werksomgewing (2) (b) 'n Gemaklike werksomgewing (2) 5.3 Pete se produkte is goeie waarde vir geld en eg Suid-Afrikaans. 5.3.1 Gee VIER redes waarom Pete voorraadkontrole van grondstowwe moet doen. (4) 5.3.2 Verduidelik waarom Pete se produkte suksesvol is. (3) 5.3.3 Noem TWEE belangrike kriteria vir die verpakking van die produkte wat gepos gaan word. (2) 5.3.4 Stel TWEE maniere voor waarop Pete etikettering kan gebruik om die verkoop van sy produkte aan toeriste te bevorder. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/November 2013 NSS 5.4 Pete se onderneming produseer 1 100 produkte per week. Die koste van die materiaal per week is R18 000,00. Hy voeg 30% by om oorhoofse koste te dek en 75% vir wins (105% winsopslag). 5.4.1 Bereken die totale produksiekoste per produk. Toon ALLE berekeninge. (5) 5.4.2 Bereken die verkoopprys per produk. Rond die verkoopprys af tot die naaste rand. Toon ALLE berekeninge. (5) 5.4.3 Verduidelik wanneer die gelykbreekpunt bereik sal word. (Berekeninge word NIE vereis NIE.) (2) 5.5 Bespreek kortliks die moontlike impak van 'n vervoerstaking op die produksie van die produkte. (3) 5.6 Verduidelik, met redes, hoe die stygende elektrisiteitstariewe die volhoubare winsgewendheid van Pete se onderneming kan beïnvloed. (5) TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all