Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
SIVIELE TEGNOLOGIE
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitend 4 antwoordblaaie en ʼn
formuleblad.
Skip to contentAll 2015 papers 

_hlayiso.com_--8e33f148-adde-4af4-be2d-6a45bccfb5d5/v1-5fd1db18167b7892f85c/card.webp)



View all%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)




Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)
Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 487.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/SEPTEMBER 2015)
BENODIGDHEDE:
1. ANTWOORDEBOEK
2. Tekengereedskap
3. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. AL die vrae is VERPLIGTEND.
3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOET NIE onderafdelings van vrae
skei NIE.
4. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Sketse kan gebruik word om jou antwoorde te illustreer.
6. ALLE berekeninge en geskrewe antwoorde moet in die
ANTWOORDEBOEK gedoen word.
7. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
8. Tekeninge en sketse in potlood, moet volledig en netjies van afmetings,
byskrifte en titels voorsien word soos voorgeskryf deur SANS (SABS) se
Aanbevole Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
9. Vir die doeleindes van hierdie vraestel moet die afmetings van ʼn steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
10. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of detail ontbreek.
11. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
12. Beantwoord VRAE 4.10, 5.2, 5.3 en 6.1 op die ANTWOORDBLAAIE wat
voorsien is.
13. Tekeninge in die vraestel is as gevolg van elektroniese kopiëring NIE
volgens skaal NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 3
VRAAG 1: KONSTRUKSIEPROSESSE
1.1 FIGUUR 1.1 toon die buitelyne van ʼn huis wat op ʼn erf uitgemeet moet
word. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die uitmeet
prosedure.
1.1.1 Benoem lyne 1.1.A tot 1.1.C. (3 x 1) (3)
1.1.2 Wat word deel 1.1.D genoem? (1)
1.1.3 Watter TWEE mates word op deel 1.1.D uitgemeet? (2 x 1) (2)
1.1.4 Noem TWEE metodes om die hoeke van die struktuur haaks
uit te meet. (2 x 1) (2)
FIGUUR 1.1
1.2 Motiveer kortliks waarom fondamente onder die grond geplaas word. (2)
1.3 Noem VIER faktore wat ʼn invloed sal hê op die keuse van fondament wat
gebruik sal word. (4 x 1) (4)
1.4 Maak ʼn netjiese skets om die konstruksie van ʼn vlotfondament te illustreer. (2)
1.5 Noem EEN gebruik van elkeen van die volgende gereedskapstukke:
1.5.1 Lynblok (1)
1.5.2 Tingel (1)
1.5.3 Lang voegstryker (1)
1.5.4 Bandskuurmasjien (1)
1.5.5 Dikteskaaf (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/SEPTEMBER 2015)
1.6 Motiveer kortliks waarom die ventilasie-openinge van elektriese
gereedskap gereeld skoongemaak moet word. (2)
1.7 Noem TWEE gebruik van ʼn bukswaterpas. (2 x 1) (2)
1.8 Wat word bedoel met die opstelling van die bukswaterpas? (2)
1.9 Noem DRIE voordele van ʼn spoumuur. (3 x 1) (3)
[30]
VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIEPROSESSE
2.1 Motiveer kortliks waarom die hoofstaalwapening onderaan ʼn gewapende
betonbalk geplaas moet word. Verwys ook na die eienskappe van staal
en beton. (3)
2.2 Noem TWEE metodes om skuifspanning in ʼn betonbalk te voorkom.
(2 x 1) (2)
2.3 Wat word bedoel met die betondekking in gewapende betonstrukture? (2)
2.4 Wat is die minimum aantal hoofstawe in die volgende tipes
betonkolomme?
2.4.1 Reghoekige kolom (1)
2.4.2 Ronde kolom (1)
2.5 Noem VYF voordele van gelamineerde bekistingsborde. (5 x 1) (5)
2.6 Maak ʼn netjiese skets op skaal 1 : 10 van ʼn oop dakrandkonstruksie met
balkvulling en toon die volgende dele:
2.6.1 Eensteenmuurkonstruksie (1)
2.6.2 Muurplaat (1)
2.6.3 Kapbeen (1)
2.6.4 Bindbalk (1)
2.6.5 Daklat (1)
2.6.6 Dakplaat (1)
2.6.7 Fassieplank (1)
2.6.8 Balkvulling (1)
2.6.9 Korrekte skaal (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 5
2.7 Wat bepaal die spasiëring van dakkappe? (1)
2.8 Beskryf DRIE situasies waar skoring benodig mag word. (3 x 2) (6)
2.9 Noem DRIE tipes skoring wat algemeen gebruik word. (3 x 1) (3)
2.10 FIGUUR 2.10 toon ʼn halfronde pasboog. Benoem die onderdele
2.10.1 tot 2.10.6 van die pasboog.
FIGUUR 2.10 (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE
3.1 Wat is die doel van die watertenk in die indirekte warmwaterstelsel? (1)
3.2 Wat is die deursnee-grootte van die volgende waterpype?
3.2.1 Watervoorsiening na die geiser (1)
3.2.2 Watervoorsiening na kraanppunte (1)
3.3 Motiveer kortliks waarom die binnekant van die sonabsorbeerder swart
geverf moet word. (2)
3.4 Wat is die doel van die glasdeksel op die sonabsorbeerder? (2)
3.5 Noem DRIE voordele van die gebruik van politeenpyp vir water-
voorsiening. (3 x 1) (3)
3.6 Watter metode word gebruik om die volgende tipes pyp te las?
3.6.1 Gegalvaniseerde staalpype (1)
3.6.2 Politeenpype (1)
3.6.3 Koperpype (1)
3.7 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs
‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.
3.7.1 ʼn Septiese tenk moet gereeld leeg gepomp word. (1)
3.7.2 Vakuumtenks moet aan ʼn stapelriool gekoppel word. (1)
3.7.3 Mangate dien as toegangsopenings na rioolstelsels. (1)
3.7.4 ʼn Steekoog word by die bopunt van elke perseelriool geïnstalleer. (1)
3.7.5 ʼn Inspeksie-oog is ʼn verwyderbare deksel op ʼn pypaansluiter. (1)
3.8 Noem TWEE faktore wat die breedte en diepte van ʼn stapelriool bepaal.
(2 x 1) (2)
3.9 Beskryf puntsgewys hoe die watertoetsmetode uitgevoer word om ʼn riool
vir lekke te toets. (6)
3.10 Noem VIER voordele van PVC-rioolpype. (4 x 1) (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 7
VRAAG 4: MATERIALE EN HOEVEELHEDE
4.1 Noem TWEE omstandighede waar snelhardsement gebruik sal word. (2)
4.2 Watter TWEE reaksies vind plaas wanneer water met sement gemeng
word? (2)
4.3 Motiveer kortliks waarom sement so gou moontlik na vervaardiging gebruik
moet word. (2)
4.4 Beskryf die omstandighede waarin die volgende bymengsels vir beton
gebruik sal word:
4.4.1 Plastiseerders (1)
4.4.2 Lug-ingeslote middels (1)
4.4.3 Vertragers (1)
4.5 Beskryf die stappe wat gevolg moet word wanneer beton in ʼn
betonmenger gemeng word. (5)
4.6 Wat is die doel van die verdigting van beton? (1)
4.7 Wat is die doel van die saktoets vir beton? (1)
4.8 Identifiseer die volgende tipes bordproduk:
4.8.1 Weens die geringe dikte daarvan, kan dit selde alleen gebruik
word (1)
4.8.2 Ongelyke aantal lae word op mekaar gegom (1)
4.8.3 Die kerngedeelte bestaan uit aanmekaargelymde stroke hout (1)
4.9 Noem DRIE voordele van hardebord. (3 x 1) (3)
4.10 FIGUUR 4.10 op ANTWOORDBLAD A toon die fondamentplan vir ʼn
struktuur. Gebruik die hoeveelheidslys op ANTWOORDBLAD A en
beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die fondament:
4.10.1 Bereken die senterlyn van die fondament. (4)
4.10.2 Bereken die volume beton wat benodig word om TWEE
fondamente te giet. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA
5.1 Bereken die sentroïed vanaf punt P van die gelykbenige driehoek in
FIGUUR 5.1. Toon alle formules en berekeninge.
(4)
FIGUUR 5.1
5.2 FIGUUR 5.2 op ANTWOORDBLAD A toon ʼn balk met puntbelasting.
Bereken die volgende op ANTWOORDBLAD A:
5.2.1 Die buigmomentwaardes (7)
5.2.2 Voltooi die buigmomentdiagram volgens die buigmomentwaardes (4)
5.3 FIGUUR 5.3 op ANTWOORDBLAD C toon die ruimtediagram van ʼn
dakkap. Bepaal grafies op ANTWOORDBLAD C die grootte en aard van
die kragte in die onderdele van die kap deur die kragtediagram te teken en
die tabel te voltooi. (15)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 9
VRAAG 6: GRAFIKA EN KOMMUNIKASIE
6.1 FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD D toon die vloerplan van ʼn gebou wat
op skaal 1 : 100 volgens die volgende vereistes geteken is:
Die geuweldakkonstruksie met ʼn helling van 30º
Dakrandoorhang van 400 mm by al vier aansigte
Muurhoogte van 2,6 m van die vloer tot die plafon
Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD D en teken op
ANTWOORDBLAD D die suidaansig van die gebou op skaal 1 : 100. Teken
die suidaansig vanaf die gegewe NATUURLIKE GRONDVLAK-lyn.
Die volgende besonderhede moet aangetoon word:
6.1.1 Daklyne (2)
6.1.2 Windveër (3)
6.1.3 Dakrandoorhang (1)
6.1.4 Muurhoogte (2)
6.1.5 Garagedeur (2)
6.1.6 Garagedeur-handvatsel (1)
6.1.7 Garage-oprit (2)
6.1.8 Venster (2)
6.1.9 Vensterbank (1)
6.1.10 Deur (2)
6.1.11 Deurhandvatsel (1)
6.1.12 Trappie (1)
6.1.13 Vloervlak (1)
6.1.14 Aansig- en skaalbyskrifte (2)
6.1.15 Geute en afleipype (3)
6.1.16 Netheid (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/SEPTEMBER 2015)
6.2 Noem VIER funksies van ʼn terreinplan. (4 x 1) (4)
6.3 Maak ʼn netjiese skets en gee die simbool vir elkeen van die volgende
toebehore:
6.3.1 Watermeter (2)
6.3.2 Inspeksie-oog (2)
6.3.3 Vetvanger (2)
6.3.4 Harde puin (2)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 11
ANTWOORDBLAD SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
ANSWER SHEET
A CIVIL TECHNOLOGY NAME:
VRAAG/QUESTION 4.10 (8)
5 000
Fondament breedte = 600 mm
Fondament dikte = 200 mm
Foundation width = 600 mm
Foundation thickness = 200 mm
10 000
A B C D
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
12 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/SEPTEMBER 2015)
ANTWOORDBLAD SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
ANSWER SHEET
B CIVIL TECHNOLOGY NAME:
VRAAG/QUESTION 5.2
5.2.1 Die buigmomentwaardes/The bending moment values (7)
a = …....................
b = …....................
c = …....................
d = …....................
5.2.2 Die buigmomentdiagram/The bending moment diagram (5)
SKAAL/SCALE: 1 N = 1 mm
60 N 40 N 40 N 20 N
2m 4m 2m
80 N 80 N
a b c d
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 13
ANTWOORDBLAD SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
ANSWER SHEET
C CIVIL TECHNOLOGY NAME:
VRAAG/QUESTION 5.3 (15)
RUIMTEDIAGRAM:
SPACE DIAGRAM:
a
KRAGTEDIAGRAM
FORCE DIAGRAM
Skaal/Scale: 1 mm = 1 N
DEEL/PART STUT/STRUT STANG/TIE
BG
CH
DI
FI
FG
GH
HI
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
14 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/SEPTEMBER 2015)
ANTWOORDBLAD SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
ANSWER SHEET
D CIVIL TECHNOLOGY NAME:
VRAAG/QUESTION 6.1 (28)
8 000
280 3 000 280 4 160 280
280
8 000 7 440
Daklyne 2
280
Windveër 3
Dak-oorhang 1
Muurhoogte 2
VLOERPLAN Garagedeur 2
SKAAL 1 : 100 Garage-handvatsel 1
Garage-oprit 2
Venster 2
Vensterbank 1
Deur 2
Deurhandvatsel 1
Trappie 1
Vloervlak 1
Byskrifte 2
Geute/Afleipype 3
Netheid 2
TOTAAL 28
NGV
__________________________________________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 15
FORMULEBLAD
BELANGRIKE AFKORTINGS
SIMBOOL DESCRIPTION SYMBOL DESCRIPTION SYMBOL DESCRIPTION
G Swaartepunt h Hoogte d Deursneë
C Sentroïed b Breedte/Wydte r Radius
L Lengte s Sy A Oppervlakte
Pi = = 3,142 Deursnee V Volume
FORMULES
OPPERVLAKTE FORMULE FORMULE FORMULE VIR DIE POSISIE VAN
VAN (in woorde) (in simbole) SENTROÏEDE
X-as Y-as
Vierkant Lengte x Breedte lxb b b
2 2
Reghoek Lengte x Breedte lxb l b
2 2
Reghoekige ½ x basis x hoogte ½b x h b h
driehoek 3 3
Gelyksydige ½ x basis x hoogte b h
driehoek/Piramide ½b x h 2 3
Sirkel 2
x radius x radius r
Sirkel
x deursnee x Sentroïed is in die middel
deursnee gedeel
deur 4
Halfsirkel
x radius x radius Sentroïed is 0,424r op die middellyn
gedeel deur 2
A1 d A2 d
Posisie van sentroïed =
Totale oppervlakte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Eng)
_hlayiso.com_--8e33f148-adde-4af4-be2d-6a45bccfb5d5/v1-5fd1db18167b7892f85c/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2015 QP (Eng)

Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Eng)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum