Skip to content

Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paperCivil TechnologyGrade 12202318 pages

Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitend 2 antwoordblaaie.
2 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2023) BENODIGDHEDE: 1. Tekeninstrumente 2. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar 3. ANTWOORDEBOEK INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is vakspesifiek. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Begin die antwoord van ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 6. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 7. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer. 8. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE. 9. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde. 10. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyk. 11. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as 220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word. 12. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. 13. Beantwoord VRAAG 2.2 en 6.1 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE deur, waar nodig, van tekeninstrumente gebruik te maak. 14. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, of jy die vrae beantwoord het of nie. 15. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese kopiëring. 16. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 3 VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 1.1 Wat is die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, (Wet 85 van 1993) (WBV)? (1) 1.2 Noem die TWEE hoofoorsake van ongelukke. (2 x 1) (2) 1.3 Noem EEN rede waarom steiers eers ondersoek moet word, voordat dit gebruik kan word. (1 x 1) (1) 1.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die steierwerk in FIGUUR 1.4. A B C FIGUUR 1.4 1.4.1 Benoem dele A tot C. (3 x 1) (3) 1.4.2 Is hierdie ʼn afhanklike of ʼn onafhanklike steier? (1) 1.4.3 Wat is die maksimum hoogte wat deel A vanaf die platform moet wees? (1) 1.5 Beantwoord die volgende vrae oor die regulasies op ʼn bouterrein. 1.5.1 Noem EEN manier hoe om afvalmateriaal vanaf hoë vlakke in ʼn gebou, na die grondvlak te vervoer. (1 x 1) (1) 1.5.2 Indien daar bo ʼn ingang gewerk word, wat sal verhoed dat materiaal op werkers onder val? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2023) 1.6 Dui aan of die volgende stellings as WAAR of ONWAAR is. 1.6.1 Boksteiers word by hoogtes wat hoër as 3 m gebruik. (1) 1.6.2 Geen stapel se hoogte mag hoër as drie keer die breedte van die materiaal wees nie. (1) 1.6.3 Aluminiumlere mag naby elektriese drade gebruik word. (1) 1.6.4 Die horisontale dele van ʼn leer word ʼn styl genoem. (1) 1.7 Noem die TWEE hoofgroepe waarin verf verdeel kan word. (2 x 1) (2) 1.8 Wat is die doel van galvanisering? (1) 1.9 Noem TWEE voordele van nabehandeling (beton). (2 x 1) (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 5 VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES) Begin hierdie vraag op ʼn nuwe bladsy. 2.1 Identifiseer SES van die onderstaande beskrywings wat van toepassing is op die kontrolelys van ʼn vloerplan. • Vensternommers • Boulyne • Erfnommer • Deurswaaie • Name van kamers • Grondkontoere • Traprigtings • Skuifdeure • Straatnommer • Wateraansluitingspunt • Posisie van bestaande geboue • Vloerbedekking (6 x 1) (6) 2.2 FIGUUR 2.2 op ANTWOORDBLAD A toon die onvoltooide aansig van ʼn gebou. Voltooi die aansig deur die volgende dele op skaal 1 : 50 in te teken. 2.2.1 ʼn Venster met ʼn lengte van 1 800 mm en ʼn hoogte 900 mm. Die venster word 700 mm vanaf die regterkant ingebou, en die regterkantse een-derde van die venster kan oopmaak. (7) 2.2.2 ʼn Deur volgens die standaardmates, 900 mm vanaf die linkerkant van die gebou. Die deur maak na links oop. Daar is een trap tot op die grondvlak. (5) 2.2.3 Die windveër teen die geuwelent. (2) 2.3 Identifiseer die toebehore wat deur die volgende tekensimbole geïllustreer word. 2.3.1 (1) 2.3.2 (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2023) 2.4 Maak netjiese sketse volgens standaard boutekenpraktyk om die volgende simbole te illustreer. 2.4.1 Watermeter (2) 2.4.2 Pleister (2) 2.4.3 Bodemvlak (2) 2.5 Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerboutkop. (2) 2.6 Verduidelik die betekenis van die volgende kode vir rawlboute: R-RBL M06/18. (3) 2.7 Wat is die doel van die voetskroewe van die bukswaterpas? (1) 2.8 Identifiseer die kruisdraadjies A tot C in die teleskoop van die bukswaterpas in FIGUUR 2.8. A B C FIGUUR 2.8 (3 x 1) (3) 2.9 Noem TWEE gebruike van die bukswaterpas. (2 x 1) (2) 2.10 Motiveer kortliks waarom plakkers en metaalplaatjies op die multidetektor verwyder moet word voordat dit gebruik word. (1) [40] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 7 VRAAG 3: VEILIGHEID, MATERIAAL EN KONSTRUKSIE (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 Wat is die werkgewer se verantwoordelikheid wanneer werkers in nou ruimtes moet ingaan? (1) 3.2 Wat is die doel van ʼn veiligheidstou wanneer werkers in nou ruimtes moet ingaan? (1) 3.3 Bestudeer die prentjie hieronder. A B C FIGUUR 3.3 Identifiseer dele A tot C van die veiligheidsharnastoebehore in FIGUUR 3.3. (3 x 1) (3) 3.4 Noem TWEE beveiligingsmetodes vir mangate wanneer die deksels verwyder moet word. (2 x 1) (2) 3.5 Wie is verantwoordelik om toe te sien dat die valbeskermingsplan op ʼn bouperseel geïmplementeer moet word? (1) 3.6 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. 3.6.1 Ontsinking word in die voorbereiding van gegalvaniseerde metale vir soldeerwerk gebruik. (1) 3.6.2 Ontsinking is ʼn vorm van korrosie. (1) 3.6.3 Ontsinking verswak geelkopervoorwerpe. (1) 3.6.4 Water met ʼn hoë olie-inhoud veroorsaak ontsinking. (1) 3.6.5 Koper-sink-allooie met meer as 5% sink is vatbaar vir ontsinking. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2023) 3.7 Verduidelik die elektrolitiese skoonmaakmetode van ʼn metaaloppervlakte. (5) 3.8 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die muurkonstruksie in FIGUUR 3.8. FIGUUR 3.8 3.8.1 Wat is die dikte van die muur? (1) 3.8.2 In watter steenverband is die muur gebou? (1) 3.8.3 Wat word hierdié tipe muur genoem? (1) 3.9 Noem TWEE konstruksievereistes wat die effektiwiteit van die vloeivulling in ʼn mangat sal bepaal. (2 x 1) (2) 3.10 Verduidelik die verskil tussen harde grond en ferm grond wanneer uitgrawings vir riolering gedoen word. (2 x 2) (4) 3.11 Kies die korrekte antwoord ten opsigte van die opvulling van rioolslote uit dié tussen hakkies. Skryf slegs die antwoord langs vraagnommers (3.11.1 tot 3.11.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 3.11.1 Opvulling moet in lae van nie meer as (150 mm / 250 mm) gevul word. (1) 3.11.2 Verdigting van die grond moet in lae van (250 mm / 300 mm) gedoen word. (1) 3.11.3 Grondverdigting word deur (rollers / grawe) gedoen. (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 9 VRAAG 4: KOUEWATERVOORSIENING, WARMWATERVOORSIENING EN GEREEDSKAP (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 4.1 Wat is die doel van die pakkingdrukstuk in ʼn afsluitkraan? (1) 4.2 Noem DRIE posisies waar afsluitkrane geïnstalleer moet word. (3 x 1) (3) 4.3 Identifiseer die tipe klep vir elkeen van die volgende beskrywings. 4.3.1 Die water word met behulp van ʼn hefboom afgesluit. (1) 4.3.2 Dit werk met ʼn wipklep waaraan ʼn waster vasgeheg is. (1) 4.3.3 Die klep is soos ʼn hek gevorm wat op en af beweeg. (1) 4.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die klep in FIGUUR 4.4. A C B D FIGUUR 4.4 4.4.1 Wat word dié klep genoem? (1) 4.4.2 Benoem die dele A tot D. (4 x 1) (4) 4.4.3 Waar word dié klep geïnstalleer? (1) 4.4.4 Verduidelik die doel van deel D. (1) 4.5 Watter tipe klep sal gebruik word in pypkoppelings waar jy nie wil hê die water moet in die pyp terugvloei nie? (1) 4.6 Verduidelik kortliks die werking van ʼn aanvraagstaankraan. (2) 4.7 Noem TWEE tipes water besparende stortkoppe. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2023) 4.8 FIGUUR 4.8 toon ʼn sonwatergeiser met ʼn voorafverhitte warmwateropgaartenk. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die stelsel. C A D E B VOORAFVERHITTE WARMWATER OPGAARTENK FIGUUR 4.8 4.8.1 Benoem die dele A tot E van die stelsel. (5 x 1) (5) 4.8.2 Wat is die minimum helling van deel B? (1) 4.8.3 Motiveer waarom deel B noord moet wys. (1) 4.9 Dui aan of die volgende stellings as WAAR of ONWAAR is. 4.9.1 ʼn Afsluitklep word aan die warmwateruitlaat van die hoëdrukgeiser geïnstalleer. (1) 4.9.2 Die warmwaterpype wat uit die geiser lei moet ʼn watertemperatuur van tot 70° kan weerstaan. (1) 4.9.3 ʼn 200 liter-geiser mag nie teen ʼn muur gemonteer word nie. (1) 4.9.4 ʼn Elektriese afsonderskakelaar moet ten minste 1 meter van die geiser geïnstalleer word. (1) 4.9.5 Die verwarmingselement van enige waterverwarmer moet na aan die bokant van die houer geplaas word. (1) 4.10 Verduidelik die werking van ʼn hittepomp om water te verhit. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 11 4.11 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in FIGUUR 4.11. FIGUUR 4.11 4.11.1 Wat is die gebruik van dié gereedskapstuk? (1) 4.11.2 Noem TWEE versorgingmaatreëls vir die gereedskapstuk. (2 x 1) (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 5: RIOLERING EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 5.1 Verduidelik kortliks die doel van ʼn ontlugtingstelsel in ʼn rioolstelsel. (2) 5.2 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die opwasbakinstallasie in FIGUUR 5.2. A E B C D FIGUUR 5.2 5.2.1 Identifiseer die dele A tot E. (5 x 1) (5) 5.2.2 Wat is die doel van deel A? (1) 5.2.3 Wat is die deursneegrootte van deel B? (1) 5.2.4 Wat is die doel van deel E? (1) 5.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die dreineringstelsel in FIGUUR 5.3. A FIGUUR 5.3 5.3.1 Wat word dié stelsel genoem? (1) 5.3.2 Verduidelik die omstandighede en doel van dié stelsel. (3) 5.3.3 Noem TWEE nadele van dié stelsel. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 13 5.4 Verduidelik die doel van ʼn mangatdaalpyp. (3) 5.5 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die Stapelriool in FIGUUR 5.5. A B C D FIGUUR 5.5 5.5.1 Noem die dele A tot D van dié stelsel. (4 x 1) (4) 5.5.2 Motiveer kortliks waarom stapelriole nie naby boorgate gegrawe moet word nie. (1) 5.5.3 Verduidelik waarom stormwater nie na stapelriole afgevoer moet word nie. (2) 5.6 Gee die kleurkode vir die volgende rioleringstoebehore. 5.6.1 Drekwaterpype (1) 5.6.2 Stormwaterriole (1) 5.6.3 Alle bestaande riole (1) 5.7 Verduidelik kortliks waarom rioolpype teen ʼn gestepileerde gradiënt gelê moet word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2023) 5.8 FIGUUR 5.8 toon ʼn lyndiagram van die koue- en warmwatertoevoer vir ʼn gebou. Die kouewaterpyp na die geiser het ʼn deursnee van 22 mm. Die warmwaterpyp vanaf die geiser het ʼn deursnee van 22 mm en die takpype vir die warmwater het ʼn deursnee van 15 mm. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel en bepaal die hoeveelheid materiaal 5.8.1 tot 5.8.10 wat nodig is vir die warmwaterinstallasie. FIGUUR 5.8 SANITÊRE WARE / MATERIAAL GROOTTE HOEVEELHEID PASSTUK Temperatuur- en 5.8.1 5.8.2 drukveiligheidsklep met oorloop. Vakuumontlasklep 5.8.3 5.8.4 Drukbeheerklep 5.8.5 1 Drupbak 5.8.6 1 Kouewaterpyp 5.8.7 22 mm 17 300 mm Warmwatertakpyp Koper 5.8.8 Kompressie-T-stukke Koper 22 mm x 22 mm 5.8.9 Verloop-T-stuk Koper 5.8.10 1 (10 x 1) (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 15 VRAAG 6: GRAFIESE KOMMUNIKASIE, DAKWERK, STORMWATER EN VERBINDINGS (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 6.1 FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD B toon die bo- en vooraansig van ʼn keël. Teken die ontwikkeling van die keël volgens die radiaallyn-metode op ANTWOORDBLAD B. Toon ALLE konstruksielyne. (7) 6.2 Benoem die dele A tot C van die geutstelsel in FIGUUR 6.2. A B C FIGUUR 6.2 (3 x 1) (3) 6.3 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. 6.3.1 Gegalvaniseerde geute moet ʼn val van 25 mm vir elke 5,8 m hê. (1) 6.3.2 Geute word met steunarms aan die dakbedekking geheg. (1) 6.3.3 Die voorkante van die geute word met veerhake geheg. (1) 6.3.4 Gegalvaniseerde geute se lasse word met ʼn 50/50 soldeersel gesoldeer. (1) 6.4 Watter gereedskapstukke word gebruik om PVC-geute akkuraat in die vereiste lengte te sny? (2 x 1) (2) 6.5 Waarmee word die eindpunte van geute geseël? (1) 6.6 Noem TWEE tipes materiale wat vir voegskorte gebruik word. (2 x 1) (2) 6.7 Verduidelik kortliks die gebruik en doel van ʼn betonskoen in die afvoer van reënwater. (2) 6.8 Noem TWEE tipes materiaal wat onwettig is om in stormwaterstelsels af te voer. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2023) 6.9 Motiveer kortliks waarom dreineerputte ten minste 5 m weg van ʼn gebou aangebring moet word. (2) 6.10 Kies ʼn beskrywing ten opsigte van die hegtingstukke uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (6.10.1 tot 6.10.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 6.10.6 H. KOLOM A KOLOM B 6.10.1 Vierkantige skouerskroef A Het ʼn nyloninsetsel 6.10.2 Vleuelmoer B Platbolkop 6.10.3 Rawlbout C Word van veselplastiek vervaardig 6.10.4 Seskantflens D Kan met vingers vasgedraai word 6.10.5 Sluitmoer E Die omhulsel sit uit wanneer dit vasgedraai word F Koepelvormige kop G Het ʼn ingeboude waster (5 x 1) (5) [30] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 17 SIVIELE TEGNOLOGIE ANTWOORDBLAD A GENERIES NAAM: 2.2 FIGUUR 2.2 op ANTWOORDBLAD A toon die onvoltooide aansig van ʼn gebou. Voltooi die aansig deur die volgende dele op skaal 1 : 50 in te teken. 2.2.1 ʼn Venster met ʼn lengte van 1 800 mm lengte en ʼn hoogte van 900 mm. Die venster word 700 mm vanaf die regtekant ingebou en die regterkantse een-derde van die venster kan oopmaak. (7) 2.2.2 ʼn Deur volgens die standaard mates, 900 mm vanaf die linkerkant van die gebou. Die deur maak na links oop. Daar is een trap tot op die grondvlak. (5) 2.2.3 Die windveër teen die geuwelent. (2) Venster 7 Deur 5 Windveër 2 TOTAAL 14 FIGUUR 2.2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE ANTWOORDBLAD B SIVIELE DIENSTE NAAM: 6.1 FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD B toon die bo- en vooraansig van ʼn keël. Teken die ontwikkeling van die keël volgens die radiaallyn-metode op ANTWOORDBLAD B. Toon ALLE konstruksielyne. (7) VOORAANSIG Halfsirkel 1 tot 5 2 Ontvouinglyne A–1 tot A–5 5 TOTAAL 7 BOAANSIG FIGUUR 6.1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Civil Technology

View all