NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend 2 antwoordblaaie.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)

%20Afr--307147a5-3280-4a11-a82e-cf3e33388eb0/v1-e53e38093df191bfe243/card.webp)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 552.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2023)
BENODIGHEDE:
1. ANTWOORDEBOEK
2. Tekeninstrumente
3. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae
is vakspesifiek.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei
NIE.
4. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
8. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met
die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyk.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 2.2, 5.2 en 5.9 op die aangehegde ANTWOORDBLAAIE
deur gebruik te maak van tekeninstrumente, waar nodig.
13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer saam met jou
ANTWOORDEBOEK in, al het jy nie die vraag beantwoord nie.
14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
kopiëring.
15. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 3
VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
1.1 Wat is die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, (Wet 85
van 1993) (WBV)? (1)
1.2 Noem die TWEE hoofoorsake van ongelukke. (2 x 1) (2)
1.3 Noem EEN rede waarom steiers eers ondersoek moet word,
voordat dit gebruik kan word. (1 x 1) (1)
1.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die steierwerk in FIGUUR 1.4.
A
B
C
FIGUUR 1.4
1.4.1 Benoem dele A tot C. (3 x 1) (3)
1.4.2 Is hierdie ʼn afhanklike of ʼn onafhanklike steier? (1)
1.4.3 Wat is die maksimum hoogte wat deel A vanaf die platform moet
wees? (1)
1.5 Beantwoord die volgende vrae oor die regulasies op ʼn bouterrein.
1.5.1 Noem EEN manier hoe om afvalmateriaal vanaf hoë vlakke in ʼn
gebou, na die grondvlak te vervoer. (1 x 1) (1)
1.5.2 Indien daar bo ʼn ingang gewerk word, wat sal verhoed dat materiaal
op werkers onder val? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2023)
1.6 Dui aan of die volgende stellings as WAAR of ONWAAR is.
1.6.1 Boksteiers word by hoogtes wat hoër as 3 m gebruik. (1)
1.6.2 Geen stapel se hoogte mag hoër as drie keer die breedte van die
materiaal wees nie. (1)
1.6.3 Aluminiumlere mag naby elektriese drade gebruik word. (1)
1.6.4 Die horisontale dele van ʼn leer word ʼn styl genoem. (1)
1.7 Noem die TWEE hoofgroepe waarin verf verdeel kan word. (2 x 1) (2)
1.8 Wat is die doel van galvanisering? (1)
1.9 Noem TWEE voordele van nabehandeling (beton). (2 x 1) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 5
VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn nuwe bladsy.
2.1 Identifiseer SES van die onderstaande beskrywings wat van toepassing is op
die kontrolelys van ʼn vloerplan.
• Vensternommers
• Boulyne
• Erfnommer
• Deurswaaie
• Name van kamers
• Grondkontoere
• Traprigtings
• Skuifdeure
• Straatnommer
• Wateraansluitingspunt
• Posisie van bestaande geboue
• Vloerbedekking (6 x 1) (6)
2.2 FIGUUR 2.2 op ANTWOORDBLAD A toon die onvoltooide aansig van ʼn gebou.
Voltooi die aansig deur die volgende dele op skaal 1 : 50 in te teken.
2.2.1 ʼn Venster met ʼn lengte van 1 800 mm en ʼn hoogte 900 mm.
Die venster word 700 mm vanaf die regterkant ingebou, en die
regterkantse een-derde van die venster kan oopmaak. (7)
2.2.2 ʼn Deur volgens die standaardmates, 900 mm vanaf die linkerkant van
die gebou. Die deur maak na links oop. Daar is een trap tot op die
grondvlak. (5)
2.2.3 Die windveër teen die geuwelent. (2)
2.3 Identifiseer die toebehore wat deur die volgende tekensimbole geïllustreer
word.
2.3.1
(1)
2.3.2
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2023)
2.4 Maak netjiese sketse volgens standaard boutekenpraktyk om die volgende
simbole te illustreer.
2.4.1 Watermeter (2)
2.4.2 Pleister (2)
2.4.3 Bodemvlak (2)
2.5 Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerboutkop. (2)
2.6 Verduidelik die betekenis van die volgende kode vir rawlboute:
R-RBL M06/18. (3)
2.7 Wat is die doel van die voetskroewe van die bukswaterpas? (1)
2.8 Identifiseer die kruisdraadjies A tot C in die teleskoop van die bukswaterpas
in FIGUUR 2.8.
A
B
C
FIGUUR 2.8
(3 x 1) (3)
2.9 Noem TWEE gebruike van die bukswaterpas. (2 x 1) (2)
2.10 Motiveer kortliks waarom plakkers en metaalplaatjies op die multidetektor
verwyder moet word voordat dit gebruik word. (1)
[40]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 7
VRAAG 3: DAKKE, TRAPPE EN VERBINDING (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die dakkap in FIGUUR 3.1.
A
D
B
E
C
FIGUUR 3.1
3.1.1 Benoem dele A tot E. (5 x 1) (5)
3.1.2 Identifiseer dié tipe dakkap. (1)
3.2 Noem DRIE vereistes waaraan dakkappe moet voldoen. (3 x 1) (3)
3.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van dekriet (rietdakke).
3.3.1 Wat is die minimum deursnee van die daksparpale? (1)
3.3.2 Wat is die dikte van die bondels droë dekriet wat op die dak (1)
vasgebind word?
3.3.3 Waarom moet die oorhange van rietdakke ten minste 4,5 m vanaf
enige nabygeleë strukture wees? (1)
3.4 Noem TWEE voordele van die gebruik van dakonderlegsels. (2 x 1) (2)
3.5 Voorsien die AFMETING by die volgende beskrywings van trappe.
3.5.1 Die minimum afstand vanaf die steeklyn tot by die plafon. (1)
3.5.2 Die maksimum afstand van die gapings tussen die vertikale paaltjies. (1)
3.5.3 Die maksimum helling van trappe wat deur die publiek gebruik word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2023)
3.6 Voorsien EEN term vir die volgende beskrywings van trappe.
3.6.1 ʼn Plat oppervlakte tussen twee traparms. (1)
3.6.2 Die horisontale deel van ʼn trap. (1)
3.6.3 ʼn Kombinasie van balusters. (1)
3.7 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die trap in FIGUUR 3.7.
A
B
C
FIGUUR 3.7
3.7.1 Benoem dele A tot C. (3 x 1) (3)
3.7.2 Noem EEN tipe materiaal waarvan deel B gemaak kan word. (1)
3.8 Identifiseer die volgende stellings as WAAR of ONWAAR.
3.8.1 Gegalvaniseerde staalbande kan nie roes nie. (1)
3.8.2 Dakonderlegsels is 250 mikron in dikte. (1)
3.8.3 ʼn Nokplaat heg die dakkap aan die muurplaat. (1)
3.8.4 ʼn Kroonlys heg die muurplaat aan die muur. (1)
3.9 Noem TWEE tipes vasgegiete bout-ankers. (2 x 1) (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 9
VRAAG 4: MATERIAAL, TOERUSTING EN GEREEDSKAP, UITGRAWINGS EN
FONDASIES (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat die beste by ʼn item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.7 J.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Geelkoper A legering van staal en tin
4.1.2 Polistireen B uiters giftig
4.1.3 Gietyster C pomp kleiner volumes beton
4.1.4 Voerpyp- of lynpyppomp D hard, maar bros en breek maklik
4.1.5 Lood E verpakkingsmateriaal
4.1.6 Kraanarmpomp F gedoop in gesmelte sink
G legering van koper en sink
H pomp groter volumes beton
(6 x 1) (6)
4.2 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die toets in FIGUUR 4.2.
FIGUUR 4.2
4.2.1 Identifiseer dié tipe toets. (1)
4.2.2 Wat is die onderste (groter) deursnee mate van die keël? (1)
4.2.3 Wat is die lengte van die stampstok? (1)
4.2.4 Noem TWEE redes vir hierdie tipe toets. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2023)
4.3 Noem TWEE maniere vir die nabehandeling van beton. (2 x 1) (2)
4.4 Noem die TWEE hoofgroepe waarvolgens metale geklassifiseer kan word.
(2 x 1) (2)
4.5 Noem DRIE tipes materiaal wat vir die bekleding van geboue gebruik kan
word. (3 x 1) (3)
4.6 Beantwoord die volgende vrae oor die konstruksiemasjien in FIGUUR 4.6.
FIGUUR 4.6
4.6.1 Identifiseer dié masjien. (1)
4.6.2 Noem TWEE maniere om die masjien te versorg. (2 x 1) (2)
4.6.3 Waar sal hierdie masjien gebruik word? (1)
4.7 Noem DRIE oorsake van die ineenstorting van ʼn uitgrawing. (3 x 1) (3)
4.8 Noem DRIE maniere om uitgrawings snags veilig te maak. (3 x 1) (3)
4.9 Verduidelik die veiligheidsmaatreëls gedurende uitgrawings vir die volgende.
4.9.1 Toegang tot ʼn diep uitgrawing (1)
4.9.2 Die afstand van masjinerie van slote (1)
4.9.3 Toetsing vir atmosferiese gevare (1)
4.10 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.
4.10.1 Verspanning is noodsaaklik waar slote dieper as een meter is. (1)
4.10.2 Skoring is nie verpligtend waar die walle teen ʼn skuinste is nie. (1)
4.1.0.3 Uitgegraafde materiaal moet minstens twee meter vanaf slootrante
wees. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 11
4.11 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die bekisting in FIGUUR 4.11.
B
A
C
FIGUUR 4.11
4.11.1 Identifiseer die tipe grond in FIGUUR 4.11. (1)
4.11.2 Benoem dele A tot C. (3 x 1) (3)
4.12 Noem enige TWEE tipe fondasies. (2 x 1) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 5: STEENWERK, GRAFIKA, PLEISTER EN VLAKLAAG (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
5.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die muur in FIGUUR 5.1.
A
FIGUUR 5.1
5.1.1 In watter tipe verband is die muur gebou? (1)
5.1.2 Identifiseer die tipe muur. (1)
5.1.3 Wat is die wydte van die muur? (1)
5.1.4 Identifiseer deel A. (1)
5.2 Teken ʼn netjiese skets op ANTWOORDBLAD B en wys ʼn drie steenlaagmuur
in strykverband. Wys trumesselwerk aan die linkerkant en vertanding aan die
regterkant. Gebruik enige geskikte skaal. (4)
5.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van spoumure.
5.3.1 Wat is die doel van ʼn syfergat? (1)
5.3.2 Wat is die maksimum lengte van ʼn spoumuur? (1)
5.3.3 Wat is die maksimum hoogte van ʼn spoumuur? (1)
5.3.4 Wat heg die twee muurblaaie aanmekaar? (1)
5.3.5 In watter tipe streke sal lugstene gebruik word? (1)
5.3.6 Hoe hoog, bo die grondvlak moet die vogweerlaag gelê word? (1)
5.4 Noem TWEE voordele van spoumure. (2 x 1) (2)
5.5 Noem enige TWEE tipes muurbinte. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 13
5.6 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat die beste by ʼn item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter langs die vraagnommers (5.6.1 tot 5.6.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.6.5 G.
KOLOM A KOLOM B
5.6.1 Randsteen A natuurlike grond waarop plaveisel gelê word
5.6.2 B sand as bryvulling tussen plaveiselblokke
Subbasis gebruik
5.6.3 Ondergraad C beste vorm van ʼn kantstrook by plaveisel
5.6.4 Vlaklaagsand D finale laag waarop plaveisel gelê word
E voorbereiding van die sub-basis
F voorbereide laag onder plaveisel en
vlaklaagsand
(4 x 1) (4)
5.7 Noem TWEE voordele van plaveisel wat in dagha gelê word. (2 x 1) (2)
5.8 Noem TWEE redes vir konstruksiefaling by plaveisel. (2 x 1) (2)
5.9 Teken ʼn netjiese skets met AGT (8) stene van die mandjievleg-
plaveiselpatroon op ANTWOORDBLAD B. Gebruik eie geskikte skaal. (4)
5.10 Beantwoord die volgende vrae oor die boogstruktuur in FIGUUR 5.10.
B
A
C
FIGUUR 5.10
5.10.1 Identifiseer dié tipe boogkonstruksie. (1)
5.10.2 Benoem dele A tot C. (3 x 1) (3)
5.11 Noem die TWEE bestandele van pleister (water en kalk uitgesluit). (2 x 1) (2)
5.12 Noem TWEE tipes pleisterafwerkings. (2 x 1) (2)
5.13 Noem TWEE tipes vlaklae. (2 x 1) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 6: BEKISTING, WAPENING, BETONVLOER EN HOEVEELHEDE
(SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
6.1 Noem TWEE materiale wat gebruik kan word om bekisting mee uit te voer,
om ʼn gladder afwerking van die beton te verseker. (2 x 1) (2)
6.2 Noem TWEE tipes houtborde wat vir bekisting gebruik kan word. (2 x 1) (2)
6.3 Noem DRIE eienskappe van goeie bekisting. (3 x 1) (3)
6.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die vloerkonstruksie in
FIGUUR 6.4.
A B
FIGUUR 6.4
6.4.1 Benoem dele A en B. (2 x 1) (2)
6.4.2 Identifiseer hierdié tipe betonvloer. (1)
6.4.3 Noem EEN nadeel van dié tipe vloer. (1 x 1) (1)
6.5 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die staafkode in FIGUUR 6.5.
Staafkode: 16Y20-01-250
FIGUUR 6.5
6.5.1 Watter tipe staal word gebruik? (1)
6.5.2 Wat is die deursnee van die stawe? (1)
6.5.3 Wat is spasiëring van die stawe? (1)
6.6 Watter kragte weerstaan die volgende dele van ʼn betonbalk?
6.6.1 Hoofstawe (1)
6.6.2 Ankerstaaf (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 15
6.7 Noem DRIE eienskappe van wapeningstaalstawe. (3 x 1) (3)
6.8 Gee TWEE redes vir die dekkingsdiepte van wapening in betonwerk. (2 x 1) (2)
6.9 FIGUUR 6.9 toon die fondasie-stroke met binne-mates vir ʼn stoorkamer.
Die fondasie is 700 mm breed en 250 mm dik.
Beantwoord die volgende vrae in die ANTWOORDEBOEK.
Tabelvorm is NIE noodsaaklik NIE. (Toon ALLE formules en stappe.)
8 500
4 750
FIGUUR 6.9
6.9.1 Bereken die hartlyn van die fondament. (5)
6.9.2 Bereken die volume beton wat benodig word. (4)
[30]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2023)
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD A GENERIES
NAAM:
2.2 FIGUUR 2.2 op ANTWOORDBLAD A toon die onvoltooide aansig van ʼn
gebou. Voltooi die aansig deur die volgende dele op skaal 1 : 50 in te teken.
2.2.1 ʼn Venster met ʼn lengte van 1 800 mm en ʼn hoogte 900 mm.
Die venster word 700 mm vanaf die regterkant ingebou, en die
regterkantse een-derde van die venster kan oopmaak. (7)
2.2.2 ʼn Deur volgens die standaard mates, 900 mm vanaf die linkerkant van
die gebou. Die deur maak na links oop. Daar is een trap tot op die
grondvlak. (5)
2.2.3 Die windveër teen die geuwelent. (2)
Venster 7
Deur 5
Windveër 2
TOTAAL: 14
FIGUUR 2.2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 17
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD B KONSTRUKSIE
NAAM:
5.2 Teken ʼn netjiese skets en wys ʼn drie steenlaagmuur in strykverband.
Wys trumesselwerk aan die linkerkant en vertanding aan die regterkant.
Gebruik eie geskikte skaal.
(4)
5.9 Teken ʼn netjiese skets met AGT (8) stene van die mandjievleg-
plaveiselpatroon. Gebruik eie geskikte skaal.
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20Afr--307147a5-3280-4a11-a82e-cf3e33388eb0/v1-e53e38093df191bfe243/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper