Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitend ʼn 1-bladsy antwoordblad.
Skip to contentAll 2021 papers 





View all%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)

%20Afr--307147a5-3280-4a11-a82e-cf3e33388eb0/v1-e53e38093df191bfe243/card.webp)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 469.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2021)
BENODIGDHEDE:
1. ANTWOORDEBOEK
2. Tekeninstrumente
3. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is
vakspesifiek.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei
NIE.
4. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAD.
8. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 2.1 op die aangehegte ANTWOORDBLAD deur gebruik
te maak van tekeninstrumente, waar nodig.
13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer saam met jou
ANTWOORDEBOEK, al het jy dit nie gebruik nie.
14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
kopiëring.
15. Google Images is as die bron vir alle foto’s en prentjies gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 3
VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
1.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die steierwerk in FIGUUR 1.1.
A E
B
C
D
FIGUUR 1.1
1.1.1 Benoem onderdele A tot D. (4 x 1) (4)
1.1.2 Wat is die minimum breedte en dikte van deel B? (2 x 1) (2)
1.1.3 Wat is die doel van deel D? (1)
1.1.4 Wat is die minimum en maksimum mates van E? (2 x 1) (2)
1.2 Beskryf die regulasie wat van toepassing is op die volgende fasette wanneer
materiaal op ʼn konstruksieterrein hanteer word:
1.2.1 Plasing van bourommel (1)
1.2.2 Wanneer materiaal na hoër vlakke vervoer word (1)
1.3 Noem DRIE metodes om te verseker dat ʼn leer stabiel is wanneer dit gebruik
word. (3 x 1) (3)
1.4 Wat word die horisontale dele van ʼn leer genoem? (1)
1.5 Verduidelik die proses van elektroplatering van ʼn metaal. (2)
1.6 Verduidelik die doel van elektroplatering van ʼn metaal. (1)
1.7 Noem TWEE voordele van galvanisering. (2 x 1) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)
2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die vloerplan van ʼn stoorkamer op
skaal 1 : 50. Teken die suid-aansig op skaal 1 : 50 op ANTWOORDBLAD A
vanaf die gegewe grondvlaklyn deur die volgende inligting te gebruik:
• Die vloervlakhoogte bokant die grondvlak is 200 mm
• Muurhoogte vanaf die vloervlak tot by die plafon is 2 600 mm
• Venster 1 is 1 200 x 900 mm
• Deur 1 is 1 100 x 2 100 mm
• Deurknop
• Dakkonstruksiehelling is 30°
• Toon konstruksielyne om die dakhoogte te bepaal
• Geuwelent by die wes-aansig
• Skildak by die oos-aansig
Gebruik die puntetabel op ANTWOORDBLAD A as verwysing. (29)
2.2 Identifiseer die tipe moere in FIGUUR A tot C.
A B C (3 x 1) (3)
2.3 Noem TWEE eienskappe van rawl-boute. (2 x 1) (2)
2.4 Bespreek hoe die hoogte van die driepoot by die opstel van ʼn bukswaterpas
gestel moet word. (3)
2.5 Noem DRIE materiale wat deur ʼn multidetektor in mure opgespoor kan word.
(3 x 1) (3)
[40]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 5
VRAAG 3: DAKKE, TRAPPE EN VERBINDING (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die dakkap in FIGUUR 3.1.
FIGUUR 3.1
3.1.1 Benoem dele A tot E. (5 x 1) (5)
3.1.2 Identifiseer die tipe dakkap. (1)
3.1.3 Wat is die afmetings van die hout wat in FIGUUR 3.1 gebruik word?
(2 x 1) (2)
3.2 Noem TWEE vereistes waaraan dakkappe moet voldoen. (2 x 1) (2)
3.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van dekriet (rietdakke).
3.3.1 Wat is die minimum deursnee van die daksparpale? (1)
3.3.2 Wat is die dikte van die bondels droë dekriet wat vasgebind word? (1)
3.3.3 Waarom moet die oorhange van rietdakke ten minste 4,5 m vanaf enige
nabygeleë strukture wees? (1)
3.4 Noem TWEE voordele van die gebruik van dakonderlegsels. (2 x 1) (2)
3.5 Voorsien die AFMETING by die volgende beskrywings van trappe:
3.5.1 Die minimum afstand vanaf die steeklyn tot by die plafon (1)
3.5.2 Die maksimum afstand van die gapings tussen die vertikale paaltjies (1)
3.5.3 Die minimum breedte wat ʼn trap mag wees (1)
3.6 Voorsien EEN term vir die volgende beskrywings van trappe:
3.6.1 ʼn Plat oppervlakte tussen twee traparms (1)
3.6.2 Die vertikale deel van ʼn trap (1)
3.6.3 ʼn Kombinasie van balusters (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2021)
3.7 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die trap in FIGUUR 3.7.
A
B
FIGUUR 3.7
3.7.1 Benoem dele A en B. (2 x 1) (2)
3.7.2 Noem EEN materiaal wat by deel B gebruik kan word. (1)
3.8 Identifiseer die volgende stellings as WAAR of ONWAAR.
3.8.1 Gegalvaniseerde staalbande kan nie roes nie. (1)
3.8.2 Gegalvaniseerde staalbande moet tot ʼn diepte van 300 mm vir swaar
dakke in die muur strek, as die muur met betonblokke gebou word. (1)
3.8.3 ʼn Spykerplaat heg ʼn dakkap aan ʼn muurplaat. (1)
3.8.4 ʼn Kroonlys heg ʼn muurplaat aan ʼn muur. (1)
3.9 Noem TWEE tipes vasgegiete boutankers. (2 x 1) (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 7
VRAAG 4: MATERIAAL, TOERUSTING EN GEREEDSKAP, UITGRAWINGS EN
FONDASIES (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat die beste by ʼn item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld: 4.1.7 J.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Perspeks (‘Perspex’) A ysterhoudende metaal
4.1.2 Kubustoets B gedoop in gesmelte sink
4.1.3 Aluminium C getoets in ʼn laboratorium
4.1.4 Polistireen D nie-ysterhoudende metaal
4.1.5 Saktoets E basiese seëlmiddel
4.1.6 Rekbare gietyster F getoets op die terrein
G verpakkingsmateriaal
H alternatief vir glas
I uiters giftig
(6 x 1) (6)
4.2 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die toets in FIGUUR 4.2.
FIGUUR 4.2
4.2.1 Is hierdie die saktoets of die kubustoets? (1)
4.2.2 Noem TWEE doele van die toets. (2 x 1) (2)
4.2.3 Identifiseer EEN tipe gereedskap wat in FIGUUR 4.2 gebruik word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2021)
4.3 Verduidelik die doel vir die nabehandeling van beton. (2)
4.4 Verduidelik die doel van bekleding by geboue. (2)
4.5 Noem TWEE tipes materiaal wat vir die bekleding van ʼn gebou gebruik kan
word. (2 x 1) (2)
4.6 Beantwoord die volgende vrae oor die konstruksiemasjien in FIGUUR 4.6.
FIGUUR 4.6
4.6.1 Identifiseer dié tipe masjien. (1)
4.6.2 Noem EEN doel van die masjien. (1)
4.6.3 Noem TWEE maniere om die masjien te versorg. (2 x 1) (2)
4.7 Identifiseer die volgende stellings as WAAR of ONWAAR.
4.7.1 By uitgrawings moet alle werkers harde hoede dra. (1)
4.7.2 Geen persoon mag op hul eie op ʼn uitgrawingsterrein werk nie. (1)
4.7.3 Vir toegang tot diep slote, moet lêre of steiers gebruik word. (1)
4.7.4 Weeklikse inspeksies is noodsaaklik by uitgrawings. (1)
4.8 Noem DRIE oorsake wat kan veroorsaak dat ʼn uitgrawing ineenstort. (3 x 1) (3)
4.9 Noem TWEE maniere om uitgrawings snags veilig te maak. (2 x 1) (2)
4.10 Voorsien die AFMETING in die volgende stellings van uitgrawings.
4.10.1 Vanaf watter diepte moet verspanning gebruik word? (1)
4.10.2 Vanaf watter diepte moet daar vir atmosferiese gasse getoets word? (1)
4.10.3 Hoe ver moet uitgegraafde grond vanaf die uitgrawing wees? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 9
4.11 Kies die korrekte antwoord uit die onderstaande blokkie vir die volgende
fondasie beskrywings.
strookfondasie; trapfondasie; blokfondasie;
vlotfondasie; heipaalfondasie
4.11.1 Die diepte van die fondasie is meer as drie keer die breedte (1)
4.11.2 Gebruik by ongelyke terreine (1)
4.11.3 Aaneenlopende betonstrook wat in ʼn sloot gegiet word (1)
4.11.4 Die strookfondasie en vloerblad vorm ʼn eenheid (1)
4.12 Noem VIER voordele van die gebruik van heipaalfondasies. (4 x 1) (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 5: STEENWERK, GRAFIKA, PLEISTER EN VLAKLAAG (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
5.1 Beantwoord die volgende vrae oor die muurkonstruksie in FIGUUR 5.1.
FIGUUR 5.1
5.1.1 Identifiseer die tipe muurkonstruksie. (1)
5.1.2 In watter tipe verband is die muur gebou? (1)
5.1.3 Wat is die minimum wydte van die gaping tussen die mure? (1)
5.2 Noem DRIE nadele van spoumure. (3 x 1) (3)
5.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van spoumure.
5.3.1 Wat heg die twee mure aanmekaar? (1)
5.3.2 Op watter hoogte word die vogweerlaag in die muur geplaas? (1)
5.3.3 Wat is die doel van inspeksiegate? (1)
5.3.4 Wat is die doel van syfergate? (1)
5.4 Noem TWEE tipes muurbinte. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 11
5.5 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat die beste by ʼn item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.5.1 tot 5.5.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.5.4 E.
KOLOM A KOLOM B
5.5.1 Sub-basis A natuurlike grond waarop plaveisel gelê
gaan word
5.5.2 Vlaklaagsand B sand as bryvulling tussen plaveiblokke
gebruik
5.5.3 Ondergraad C voorbereide laag onder plaveisel en
vlaklaagsand
D finale laag waarop plaveisel gelê word
(3 x 1) (3)
5.6 Noem DRIE voordele van plaveisel wat droog gelê word. (3 x 1) (3)
5.7 Noem TWEE redes vir konstruksiefaling by plaveisel. (2 x 1) (2)
5.8 Teken ʼn netjiese skets met VIER (4) stene van die visgraat-plaveiselpatroon
in die ANTWOORDEBOEK. (Gebruik eie geskikte skaal.) (5)
5.9 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die dakkonstruksie in
FIGUUR 5.9.
FIGUUR 5.9
5.9.1 Benoem dele A tot D. (4 x 1) (4)
5.9.2 Noem TWEE voordele van toe dakrande. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2021)
5.10 Bespreek die verskil tussen ruboë en pasboë. (4)
5.11 Benoem die bestanddele van ʼn vlaklaag (water en kalk uitgesluit). (2)
5.12 Wat is die doel van bouerskalk in ʼn pleistermengsel? (1)
5.13 Noem TWEE tipes vlaklae. (2 x 1) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 13
VRAAG 6: BEKISTING, WAPENING, BETONVLOER EN HOEVEELHEDE
(SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
6.1 Noem TWEE materiale wat gebruik kan word om bekisting mee uit te voer,
om ʼn gladder afwerking van die beton te verseker. (2 x 1) (2)
6.2 Noem TWEE tipes houtborde wat vir bekisting gebruik kan word. (2 x 1) (2)
6.3 Noem DRIE eienskappe van goeie bekisting. (3 x 1) (3)
6.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die vloerkonstruksie in
FIGUUR 6.4.
A B
FIGUUR 6.4
6.4.1 Benoem dele A en B. (2 x 1) (2)
6.4.2 Identifiseer die tipe betonvloer. (1)
6.4.3 Noem EEN nadeel van die tipe vloer. (1)
6.5 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die staafkode in FIGUUR 6.5.
Staafkode: 10Y12-02-250
FIGUUR 6.5
6.5.1 Watter tipe staal word gebruik? (1)
6.5.2 Hoeveel stawe word benodig? (1)
6.5.3 Wat is spasiëring van die stawe? (1)
6.6 Watter kragte word deur die volgende dele in ʼn betonbalk weerstaan?
6.6.1 Skuifstawe (1)
6.6.2 Ankerstaaf (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2021)
6.7 Noem DRIE eienskappe (vereistes) van wapeningstaalstawe. (3 x 1) (3)
6.8 Noem TWEE doelwitte van die dekkingsdiepte vir wapening in betonwerk.
(2 x 1) (2)
6.9 FIGUUR 6.9 toon die binne-mates van die fondamentstroke vir ʼn motorhuis.
Die fondament is 600 mm breed en 200 mm dik.
Beantwoord die volgende vrae in die ANTWOORDEBOEK.
Tabelvorm is NIE noodsaaklik NIE. (Wys ALLE formules en stappe.)
6 250
2 750
FIGUUR 6.9
6.9.1 Bereken die hartlyn van die fondament. (5)
6.9.2 Bereken die volume beton wat benodig word. (4)
[30]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 15
ANTWOORDBLAD SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
A GENERIES
2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die vloerplan van ʼn stoorkamer op
skaal 1 : 50. Teken die suid-aansig op skaal 1 : 50 op ANTWOORDBLAD A
vanaf die gegewe grondvlaklyn. (29)
4 200
3 640
2 740 3 300
SKAAL 1 : 50
Vloervlak 2
Muur 3
Venster 3
Vensterbank 1
Deur 4
Trap 1
Oprit 1
Fassieplank 2
Geut 1
Afleipyp 1
Geuwelent 4
Skildak 3
Dakhoogte 3
NGV TOTAAL: 29
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20Afr--307147a5-3280-4a11-a82e-cf3e33388eb0/v1-e53e38093df191bfe243/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper