NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye, insluitend 4 antwoordblaaie.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)

%20Afr--307147a5-3280-4a11-a82e-cf3e33388eb0/v1-e53e38093df191bfe243/card.webp)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 632.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2023)
BENODIGHEDE:
1. ANTWOORDEBOEK
2. Tekeninstrumente
3. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar
INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is
vakspesifiek.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.
4. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
8. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyk.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 2.2, 3.4, 3.5, en 5.9 op die aangehegde ANTWOORD-
BLAAIE deur gebruik te maak van tekeninstrumente, waar nodig.
13. SKRYF jou VOLLE NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer saam met jou
ANTWOORDEBOEK in, al het jy nie die vraag beantwoord nie.
14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
kopiëng.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 3
VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
1.1 Wat is die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, (Wet 85
van 1993) (WBV)? (1)
1.2 Noem die TWEE hoofoorsake van ongelukke. (2 x 1) (2)
1.3 Noem EEN rede waarom steiers eers ondersoek moet word,
voordat dit gebruik kan word. (1 x 1) (1)
1.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die steierwerk in
FIGUUR 1.4.
A
B
C
FIGUUR 1.4
1.4.1 Benoem dele A tot C. (3 x 1) (3)
1.4.2 Is hierdie ʼn afhanklike of ʼn onafhanklike steier? (1)
1.4.3 Wat is die maksimum hoogte wat deel A vanaf die platform moet
wees? (1)
1.5 Beantwoord die volgende vrae oor die regulasies op ʼn bouterrein.
1.5.1 Noem EEN manier hoe om afvalmateriaal vanaf hoë vlakke in ʼn
gebou, na die grondvlak te vervoer. (1 x 1) (1)
1.5.2 Indien daar bo ʼn ingang gewerk word, wat sal verhoed dat materiaal
op werkers onder val? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2023)
1.6 Dui aan of die volgende stellings as WAAR of ONWAAR is.
1.6.1 Boksteiers word by hoogtes wat hoër as 3 m gebruik. (1)
1.6.2 Geen stapel se hoogte mag hoër as drie keer die breedte van die
materiaal wees nie. (1)
1.6.3 Aluminiumlere mag naby elektriese drade gebruik word. (1)
1.6.4 Die horisontale dele van ʼn leer word ʼn styl genoem. (1)
1.7 Noem die TWEE hoofgroepe waarin verf verdeel kan word. (2 x 1) (2)
1.8 Wat is die doel van galvanisering? (1)
1.9 Noem TWEE voordele van nabehandeling (beton). (2 x 1) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 5
VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn nuwe bladsy.
2.1 Identifiseer SES van die onderstaande beskrywings wat van toepassing is op
die kontrolelys van ʼn vloerplan.
• Vensternommers
• Boulyne
• Erfnommer
• Deurswaaie
• Name van kamers
• Grondkontoere
• Traprigtings
• Skuifdeure
• Straatnommer
• Wateraansluitingspunt
• Posisie van bestaande geboue
• Vloerbedekking (6 x 1) (6)
2.2 FIGUUR 2.2 op ANTWOORDBLAD A toon die onvoltooide aansig van ʼn gebou.
Voltooi die aansig deur die volgende dele op skaal 1 : 50 in te teken.
2.2.1 ʼn Venster met ʼn lengte van 1 800 mm en ʼn hoogte 900 mm.
Die venster word 700 mm vanaf die regterkant ingebou, en die
regterkantse een-derde van die venster kan oopmaak. (7)
2.2.2 ʼn Deur volgens die standaardmates, 900 mm vanaf die linkerkant van
die gebou. Die deur maak na links oop. Daar is een trap tot op die
grondvlak. (5)
2.2.3 Die windveër teen die geuwelent. (2)
2.3 Identifiseer die toebehore wat deur die volgende tekensimbole geïllustreer
word.
2.3.1
(1)
2.3.2
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2023)
2.4 Maak netjiese sketse volgens standaard boutekenpraktyk om die volgende
simbole te illustreer.
2.4.1 Watermeter (2)
2.4.2 Pleister (2)
2.4.3 Bodemvlak (2)
2.5 Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerboutkop. (2)
2.6 Verduidelik die betekenis van die volgende kode vir rawlboute:
R-RBL M06/18. (3)
2.7 Wat is die doel van die voetskroewe van die bukswaterpas? (1)
2.8 Identifiseer die kruisdraadjies A tot C in die teleskoop van die bukswaterpas
in FIGUUR 2.8.
A
B
C
FIGUUR 2.8
(3 x 1) (3)
2.9 Noem TWEE gebruike van die bukswaterpas. (2 x 1) (2)
2.10 Motiveer kortliks waarom plakkers en metaalplaatjies op die multidetektor
verwyder moet word voordat dit gebruik word. (1)
[40]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 7
VRAAG 3: SWAAIRAME, KASTE, MUURPANELE EN HOEVEELHEDE
(SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur die korrekte
woord/term vanuit die onderstaande lys te kies. Skryf slegs die woord/term langs
die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
3.1.6 Swaairaam.
Tussenstyl; Bolig; Tong-en-groef; Kalfsreling; Vloerlys; Dripgroef; Melamien;
Onderreling
3.1.1 Tussendele tussen die kosynstyle (1)
3.1.2 Die klein venster bo die opening van ʼn deur of venster (1)
3.1.3 Verhoed dat reënwater in die swaairaam inwaai en by die kamer inkom (1)
3.1.4 Horisontale deel wat die swaairaam en bolig skei (1)
3.1.5 Planke wat gewoonlik van dennehout gemaak word en maklik inmekaar
deur ʼn spesifieke eienskap aan elke kant van die plank pas (1)
3.2 FIGUUR 3.2 toon die buiteaansig van ʼn dubbelswaairaam met boligte.
Bestudeer die figuur en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 3.2
3.2.1 Watter tipe materiale kan vir A en B onderskeidelik gebruik word?
(2 x 1) (2)
3.2.2 Verduidelik die doel van deel C. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2023)
3.3 FIGUUR 3.3 toon ʼn ingeboude kas sonder deure. Bestudeer die skets en
beantwoord die vrae wat volg.
A
B
D
E
C
FIGUUR 3.3
3.3.1 Identifiseer dele D en E. (2 x 1) (2)
3.3.2 Beskryf die verskil tussen ʼn vrystaande kas en ʼn ingeboude kas. (2)
3.3.3 Wat is die diepte van ʼn vrystaande kas? (1)
3.3.4 Verduidelik die voordeel van ʼn ingeboude kas tot op plafonhoogte. (1)
3.3.5 Verduidelik in jou eie woorde waarom jy eerder melamien as gewone
spaanderbord vir die binnekant van ʼn ingeboude kas sal gebruik.
(2 x 1) (2)
3.4 Gebruik ANTWOORDBLAD B en teken in goeie verhouding ʼn netjiese skets
van ʼn vertikale deursnee deur afwerking van die bokant van die muurpaneel
onderkant die plafon en kroonlys. Toon byskrifte van enige TWEE onderdele. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 9
3.5 FIGUUR 3.5 toon die vloerplan van ʼn gebou met ʼn geweldak.
Die buitemates is 9 000 mm x 5 000 mm.
5 000
500
150
9 000
FIGUUR 3.5
Gebruik die volgende spesifikasies:
• Mure is 220 mm dik
• Suid-Afrikaanse dakkap
• Lengte van EEN nokplaat is 2 350 mm
• Ware lengte van ʼn dakspar is 2 900 mm
• Sinkplate hang 50 mm oor die dakspar
Gebruik die maatpapier op ANTWOORDBLAD C en bereken die volgende:
3.5.1 Die totale lengte in meter van die fassieplank vir die gebou benodig (4)
3.5.2 Die lengte van EEN sinkplaat (2)
3.5.3 Die aantal nokplate benodig (3)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 4: DAKKE, PLAFONNE, GEREEDSKAP EN TOERUSTING EN
MATERIALE (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat die beste by ʼn item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld: 4.1.6 G.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Kaplatte A Tipe dakbedekking
4.1.2 Gegalvaniseerde B Binnehoek gevorm waar twee dele van ʼn
spykerplaat skuinsdak ontmoet
4.1.3 Hurricane klem C 38 mm x 38 mm
4.1.4 Kiel D Heg daklatte aan dakkappe
4.1.5 Daklat grootte E Reghoekige gegalvaniseerde geponsde
staalplaat om dakkapdele te heg
F 76 mm x 50 mm
(5 x 1) (5)
4.2 FIGUUR 4.2 toon ʼn prentaansig van ʼn dak met ʼn wolfent, ʼn geuwelend en ʼn
kiel. Die dak sal met gegolfde sinkplaat bedek word.
Bestudeer die onderstaande figuur en beantwoord die vrae wat volg.
C
B
D
A
E
F
FIGUUR 4.2
4.2.1 Identifiseer dele B end D. (2 x 1) (2)
4.2.2 Verduidelik wat ʼn wolfent is. (1)
4.2.3 Beskryf die doel van deel C. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 11
4.2.4 Verduidelik waarom sinkplate 50 mm oor die ente van daksparre moet
hang. (1)
4.2.5 Beskryf die verskil tussen ʼn wolfentdak en ʼn geuweldak in terme van
die materiaal wat en die konstruksiemetode gebruik word.
Beskryf jou antwoord in tabelvorm. (4)
4.3 Verduidelik TWEE funksies van dakonderlegsels vir ʼn teëldak. (2 x 1) (2)
4.4 Verduidelik die eerste DRIE stappe wat jy in gedagte moet hou wanneer
hout vir preservering voorberei word. (3 x 1) (3)
4.5 Verduidelik TWEE eienskappe van ʼn goeie dakbedekking. (2 x 1) (2)
4.6 Noem die DRIE hoofdele van ʼn konvensionele valdeur. (3 x 1) (3)
4.7 Differensieer tussen ʼn hurricane-klem en ʼn stormklem. (2)
4.8 FIGUUR 4.8 toon ʼn draagbare elektriese masjien. Bestudeer die prent en
beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 4.8
4.8.1 Identifiseer die masjien in FIGUUR 4.8. (1)
4.8.2 Noem TWEE persoonlike veiligheidstoerusting wat jy moet dra
wanneer die masjien gebruik word. (2 x 1) (2)
4.8.3 Beveel TWEE metodes aan om die masjien te berg. (2 x 1) (2)
4.8.4 Beskryf TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat op ʼn stuk hout
toegepas moet word om te voorkom dat die masjien in FIGUUR 4.8
beskadig word. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2023)
4.9 FIGUUR 4.9 toon ʼn radiaalsaag. Bestudeer die prent en beantwoord die vrae
wat volg.
FIGUUR 4.9
4.9.1 Beskryf DRIE voorsorgmaatreëls wat toegepas moet word om veilige
hantering van die masjien te verseker. (3 x 1) (3)
4.9.2 Verduidelik hoe die lem van die masjien versorg moet word om te
voorkom dat dit beskadig word. (1)
4.10 Die koppe van gegradeerde houtborde word met ʼn letter, ʼn simbool
en ʼn nommer gemerk. Verduidelik wat die letter en nommer
verteenwoordig. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 13
VRAAG 5: FORMELE, BEKISTING, SKORING EN GRAFIKA AS
KOMMUNIKASIEMIDDEL (SPESIFIEK)
Begin die vraag op ʼn NUWE bladsy.
5.1 FIGUUR 5.1 toon ʼn vertikale snit deur die bekisting van twee balke.
FIGUUR 5.1
Identifiseer dele A tot D. (4 x 1) (4)
5.2 Stel TWEE houtprodukte voor wat vir die sykante van die bekisting gebruik kan
word. (2 x 1) (2)
5.3 Beskryf die doel van die volgende dele van bekisting.
5.3.1 Bint (1)
5.3.2 Spalkplaat (1)
5.4 Verduidelik waarom die soffietbord in die konstruksie van bekisting, dikker as
die sykante is. (1)
5.5 Beskryf die verskil tussen die volgende skore met betrekking tot hulle gebruike.
5.5.1 Dubbellugskoor (1)
5.5.2 Staanskoor (1)
5.6 Beskryf die doel van die volgende dele van die staanskoor.
5.6.1 Voetbalk (1)
5.6.2 Stut (1)
5.6.3 Staalkloue (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2023)
5.7 Teen watter hoek moet die spanstukke bo en onder die horisontale skore
van die lugskoor geplaas word? (1)
5.8 FIGUUR 5.8 toon ʼn prentaansig van die konstruksiedetail van ʼn formeel vir
ʼn boog. Bestudeer die figuur en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 5.8
5.8.1 Identifiseer dele A tot D. (4 x 1) (4)
5.8.2 Verduidelik EEN gebruik van deel A. (1 x 1) (1)
5.8.3 Beskryf TWEE funksies van deel C. (2 x 1) (2)
5.8.4 Beskryf die funksie van deel D in die konstruksie van ʼn formeel. (1)
5.9 Gebruik ANTWOORDBLAD D en teken ʼn netjiese lyndiagram van ʼn
sparpaardakkap op die bokant van die aangeduide mure. Die helling van
die dakkap is 45°.
Toon die volgende op die tekening:
• Spanwydte met behulp van matelyne
• Muurplate
• Daksparre
• Nokbalk
• Helling van die dak (7)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 15
VRAAG 6: HANGVLOER, TRAPPE, YSTERWARE, DEURE EN VERBINDINGS
(SPESIFIEK)
Begin die vraag op ʼn NUWE bladsy.
6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
(6.1.1 tot 6.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 6.1.6 D.
6.1.1 ... kan gebruik word om dakplate aan kaplatte te heg.
A Rondekop spykers
B Selfsny seskantskroewe
C Boute en moere
D ‘Hurricane’-klem (1)
6.1.2 ʼn Deur kan aan die deurraam geheg word deur ʼn verskeidenheid tipes
van ... te gebruik.
A skroewe
B spykers
C klampe
D skarniere (1)
6.1.3 Gipsplafonborde word aan die latwerk geheg deur van ... gebruik te
maak.
A selfsny seskantskroewe
B ovaal draadspykers
C 38 mm plafonspykers
D versinkkopskroewe (1)
6.1.4 Die bors van die borstapvoeg …
A voeg sterkte by en voorkom dat die reling verwring.
B verminder die vaslymoppervlak.
C gee ʼn meer aantreklike voorkoms aan die voeg.
D is die helfte van die dikte van die reling. (1)
6.1.5 Die wydte van die vloerplanke vir houthangvloer moet ten minste
50 mm wees, en nie ... oorskry nie.
A 100 mm
B 400 mm
C 140 mm
D 299 mm (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2023)
6.2 FIGUUR 6.2 hieronder toon ʼn saamgestelde aansig van ʼn houtvoeg.
Bestudeer die figuur en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 6.2
6.2.1 Benoem die dele A tot D. (4 x 1) (4)
6.2.2 Motiveer waarom die betonbasis onder deel C, wyer moet wees as
deel C. (2)
6.3 Verduidelik kortliks DRIE faktore wat die grootte van die vloerbalke van die
houthangvloer bepaal. (3 x 1) (3)
6.4 Verduidelik waarom daar ʼn ruimte tussen die vloerplanke en die muur moet
wees. (1)
6.5 By hangvloer van verdiepinggeboue, is daar TWEE metodes wat algemeen
gebruik word om vloerbalke aan die muur te heg.
Differensieer tussen die TWEE metodes deur middel van netjiese
vryhandsketse. Skryf die naam van die metode onder ELKE tekening.
(2 x 2) (4)
6.6 Beskryf die verskil tussen die insteekslot en nagslot met betrekking tot hulle
montering. (2)
6.7 Teken in jou ANTWOORDEBOEK, in goeie verhouding, ʼn vertikale
deursnee-aansig deur die slotreling en ʼn gedeelte van ʼn verhewe
kussingpaneeldeur. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 17
6.8 FIGUUR 6.8 hieronder toon die onderste binnehoek van ʼn deur. Beantwoord
die vrae wat volg.
FIGUUR 6.8
6.8.1 Identifiseer die tipe deur. (1)
6.8.2 Verduidelik waarom die onderste punt van die planke oor die
onderreling kan loop. (1)
6.8.3 Noem die voeg wat gebruik kan word om ʼn netjiese voorkoms aan die
buiterande van die kosyndele te gee.
6.9 Teken in jou ANTWOORDEBOEK ʼn lyndiagram van die boaansig van ʼn
traparm met ʼn bordes tussen die trappies.
Toon die volgende in jou tekening:
• 110 mm muur
• Drie trappies weerskante van die bordes
• Bordes
• Handreling
• Twee spilpale
• Pylpunte wat die styging van die trappe aandui (8)
6.10 Verduidelik die doel van die bordes in ʼn traparm. (1)
6.11 Wat is die minimum mate tussen die steeklyn en die plafon by ʼn trap? (1)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2023)
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD A GENERIES
NAAM:
2.2 FIGUUR 2.2 op ANTWOORDBLAD A toon die onvoltooide aansig van ʼn
gebou. Voltooi die aansig deur die volgende dele op skaal 1 : 50 in te teken.
2.2.1 ʼn Venster met ʼn lengte van 1 800 mm en ʼn hoogte 900 mm.
Die venster word 700 mm vanaf die regterkant ingebou, en die
regterkantse een-derde van die venster kan oopmaak. (7)
2.2.2 ʼn Deur volgens die standaard mates, 900 mm vanaf die linkerkant van
die gebou. Die deur maak na links oop. Daar is een trap tot op die
grondvlak. (5)
2.2.3 Die windveër teen die geuwelent. (2)
Venster 7
Deur 5
Windveër 2
TOTAAL: 14
FIGUUR 2.2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 19
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD B SPESIFIEK
NAAM:
3.4 Gebruik ANTWOORDBLAD B en teken in goeie verhouding ʼn netjiese skets
van ʼn vertikale deursnee deur afwerking van die bokant van die muurpaneel
onderkant die plafon en kroonlys. Toon byskrifte vir enige TWEE onderdele.
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT L/P
Dekstrook 1
Ruhegstuk 1
Tong-en-groef plank 1
Korrektheid van tekening 2
TOTAAL: 5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2023)
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD C SPESIFIEK
NAAM:
Afmetingspapier
A B C D
3.5 3.5.1
3.5.2
3.5.3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 21
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD D SPESIFIEK
NAAM:
Gebruik ANTWOORDBLAD D en teken ʼn netjiese lyndiagram van ʼn sparpaar-dakkap
op die bokant van die aangeduide mure. Die helling van die dakkap is 45°.
Toon die volgende op die tekening:
• Spanwydte met behulp van matelyne
• Muurplate
• Daksparre
• Nokbalk
• Helling van die dak
KANDITAAT
ASSESERINGSKRITERIA PUNT
SE PUNT
Span 1
Muurplate 2
Daksparre 2
Nokbalk 1
Helling van dak 1
TOTAAL: 7
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20Afr--307147a5-3280-4a11-a82e-cf3e33388eb0/v1-e53e38093df191bfe243/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper