Skip to content

Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paperCivil TechnologyGrade 12202114 pages

Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend ʼn 1-bladsy antwoordblad.
Downloaded from hlayiso.com 2 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2021) BENODIGDHEDE: 1. ANTWOORDEBOEK 2. Tekeninstrumente 3. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is vakspesifiek. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE. 4. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer. 7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die aangehegte ANTWOORDBLAD. 8. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde. 9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk. 10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as 220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word. 11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. 12. Beantwoord VRAAG 2.1 op die aangehegte ANTWOORDBLAD deur gebruik te maak van tekeninstrumente, waar nodig. 13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer saam met jou ANTWOORDEBOEK, al het jy dit nie gebruik nie. 14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese kopiëring. 15. Google Images is as die bron vir alle foto’s en prentjies gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 3 VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 1.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die steierwerk in FIGUUR 1.1. A E B C D FIGUUR 1.1 1.1.1 Benoem onderdele A tot D. (4 x 1) (4) 1.1.2 Wat is die minimum breedte en dikte van deel B? (2 x 1) (2) 1.1.3 Wat is die doel van deel D? (1) 1.1.4 Wat is die minimum en maksimum mates van E? (2 x 1) (2) 1.2 Beskryf die regulasie wat van toepassing is op die volgende fasette wanneer materiaal op ʼn konstruksieterrein hanteer word: 1.2.1 Plasing van bourommel (1) 1.2.2 Wanneer materiaal na hoër vlakke vervoer word (1) 1.3 Noem DRIE metodes om te verseker dat ʼn leer stabiel is wanneer dit gebruik word. (3 x 1) (3) 1.4 Wat word die horisontale dele van ʼn leer genoem? (1) 1.5 Verduidelik die proses van elektroplatering van ʼn metaal. (2) 1.6 Verduidelik die doel van elektroplatering van ʼn metaal. (1) 1.7 Noem TWEE voordele van galvanisering. (2 x 1) (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2021) VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES) 2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die vloerplan van ʼn stoorkamer op skaal 1 : 50. Teken die suid-aansig op skaal 1 : 50 op ANTWOORDBLAD A vanaf die gegewe grondvlaklyn deur die volgende inligting te gebruik: • Die vloervlakhoogte bokant die grondvlak is 200 mm • Muurhoogte vanaf die vloervlak tot by die plafon is 2 600 mm • Venster 1 is 1 200 x 900 mm • Deur 1 is 1 100 x 2 100 mm • Deurknop • Dakkonstruksiehelling is 30° • Toon konstruksielyne om die dakhoogte te bepaal • Geuwelent by die wes-aansig • Skildak by die oos-aansig Gebruik die puntetabel op ANTWOORDBLAD A as verwysing. (29) 2.2 Identifiseer die tipe moere in FIGUUR A tot C. A B C (3 x 1) (3) 2.3 Noem TWEE eienskappe van rawl-boute. (2 x 1) (2) 2.4 Bespreek hoe die hoogte van die driepoot by die opstel van ʼn bukswaterpas gestel moet word. (3) 2.5 Noem DRIE materiale wat deur ʼn multidetektor in mure opgespoor kan word. (3 x 1) (3) [40] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 5 VRAAG 3: VENSTERS, KASTE, MUURPANELE EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur ʼn woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.4 boligte. vloerlys; sponning; 16 mm; 15 mm; 520 mm–570 mm 3.1.1 Die aanbevole diepte van vrystaande kaste (1) 3.1.2 ʼn Groef of inlating in houtwerk om ʼn paneel of ruit ens. te akkommodeer (1) 3.1.3 Om die opening tussen ʼn muur en ʼn plafon toe te maak (1) 3.2 FIGUUR 3.2 hieronder toon ʼn vertikale deursnee-aansig van ʼn dubbelswaai- raam met bolig. Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 3.2 3.2.1 Identifiseer A tot H. (8) 3.2.2 Wat is die doel van B? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2021) 3.3 ʼn Goed ontwerpte kas moet uit vier basiese dele/eenhede bestaan. Noem die VIER dele/eenhede. (4) 3.4 Beskryf in jou eie woorde waarom jy melamien eerder as gewone spaanderbord vir die binnekant van ʼn ingeboude kas sal gebruik. (2) 3.5 Wat is die verskil tussen ingeboude kaste en vrystaande kaste? (3) 3.6 FIGUUR 3.6 hieronder toon die deursnee-aansig van die afwerking aan die onderkant van die paneelwerk. Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 3.6 3.6.1 Identifiseer dele A tot F. (6) 3.6.2 Gee TWEE redes waarom panele op mure aangebring word. (2) 3.6.3 Hoe word B teen ʼn muur vasgeheg? (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 7 VRAAG 4: DAKKE, PLAFONNE, GEREEDSKAP EN TOERUSTING EN MATERIAAL (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 4.1 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 4.1.6 J. KOLOM A KOLOM B 4.1.1 Hoofstyl A loodreg op die daksparre geplaas en vasgeheg om die dakplaatmetaal te ondersteun 4.1.2 Daklat B kontroleer altyd die spanning van die lem 4.1.3 Dakrande C word reghoekig aan die bindbalk vasgeheg 4.1.4 Uitsnysaag D die deel van ʼn dak wat by die buitemure van ʼn gebou oorsteek 4.1.5 Was E word gebruik om sirkels in ʼn stuk hout te sny F geskik vir binnehuise gebruik nadat die hout met ander afwerkings behandel is G beskikbaar in ʼn glans tot dowwe afwerking H kan met die hand of met ʼn sproeispuit aangewend word (5 x 1) (5) 4.2 Noem TWEE dele van ʼn konvensionele valdeur. (2) 4.3 Beskryf die eerste DRIE stappe wat in ag geneem moet word wanneer hout voorberei word vir preserveer (bewaring). (3) 4.4 Verduidelik die verskil tussen ʼn kaphanger en spykerplaat ten opsigte van die spesifieke dele van die dak wat dit sal vasmaak. (2) 4.5 Noem TWEE eienskappe wat deur beide meganiese en visuele graderings getoets word. (2) 4.6 Verduidelik die verskil tussen die volgende: 4.6.1 Skildak (1) 4.6.2 Skildak met kiel (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2021) 4.7 Beskryf TWEE veiligheidsaspekte by die gebruik van ʼn bandskuurder. (2) 4.8 FIGUUR 4.8 hieronder toon twee gegradeerde houtplanke. FIGUUR 4.8 4.8.1 Verduidelik die gradering van elke plank soos deur die letters aangedui. (2) 4.8.2 Verduidelik die nommers op elke plank. (2) 4.8.3 Noem die simbool wat aandui dat die gradering gedoen is, maar op elke plank ontbreek. (1) 4.9 FIGUUR 4.9 hieronder toon ʼn prentaansig van besonderhede van ʼn hoek van ʼn wolfentdak. Bestudeer FIGUUR 4.9 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 4.9 4.9.1 Identifiseer dele A tot E. (5) 4.9.2 Beskryf wat ʼn wolfentdak is. (2) 4.10 Verduidelik TWEE eienskappe van ʼn goeie dakdekking. (2) 4.11 Wat is die verskil tussen ʼn daklat en ʼn kaplat? (2) 4.12 Beskryf DRIE verskillende doele van dakonderlegsels vir teëldakke. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 9 VRAAG 5: FORMELE, BEKISTING, SKORING EN GRAFIKA AS KOMMUNIKASIEMIDDEL (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 5.1 Noem die materiaal wat vir die kante van die bekisting van ʼn vierkantige kolom gebruik kan word. (1) 5.2 FIGUUR 5.2 hieronder toon die prentaansig van bekisting vir ʼn vierkantige kolom. Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 5.2 5.2.1 Drie van die sye word met klemme en jukke vasgemaak en word gewoonlik eers binne die plint aanmekaar vasgespyker of geskroef. Waarom word die vierde sy eers oop gelos? (3) 5.2.2 Identifiseer A tot E. (5) 5.2.3 Verduidelik wat sal gebeur as E nie geïnstalleer is nie. (1) 5.3 Verduidelik wat die verskil tussen die volgende in staanskoring: 5.3.1 Staalkloue (1) 5.3.2 Voetbalk (1) 5.4 Benoem die funksie van dubbellugskoor. (2) 5.5 Definieer formele. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2021) 5.6 FIGUUR 5.6 toon die prentaansig van die konstruksiebesonderhede aan die voet van die formeel. Benoem dele A tot F. FIGUUR 5.6 (6 x 1) (6) 5.7 FIGUUR 5.7 is ʼn illustrasie van ʼn voorafgegiede vloerblad. Bestudeer die illustrasie en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 5.7 5.7.1 Benoem die tipe vloerkonstruksie wat in die FIGUUR 5.7 hierbo geïllustreer word. (2) 5.7.2 Identifiseer A, B en C. (3) 5.7.3 Gee EEN rede hoekom jy eerder die tipe vloerkonstruksie in FIGUUR 5.7 sal gebruik, as ʼn in situ-giethangvloer. (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 11 VRAAG 6: HANGVLOERE, TRAPPE, YSTERWARE, DEURE EN VERBINDINGS (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 6.1 Verduidelik die doel van ʼn spilpaal. (1) 6.2 Verduidelik die verskil tussen ʼn traparm met bordes en trappe met halwe bordes. (6) 6.3 Verduidelik die begrip neusrand by trappe. (2) 6.4 Noem ʼn slot wat aan die binneoppervlak van deure gemonteer word om ekstra sekuriteit te verskaf. (1) 6.5 Die slot is ʼn belangrike deel van ʼn deur. Op watter deel van ʼn driepaneeldeur of kosyn sal jy die volgende dele van ʼn slot vassit? 6.5.1 Kasslot/Omhulsel (1) 6.5.2 Agterplaat/Slagplaatjie (1) 6.5.3 Kram/Sluitraampie/Sluitplaatjie (1) 6.5.4 Nagslot (1) 6.6 Verduidelik die doel van opening C in FIGUUR 6.6 hieronder. FIGUUR 6.6 (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2021) 6.7 Bestudeer FIGUUR 6.7 hieronder wat die onderste hoek aan die binnekant van ʼn geraamde Z-plankdeur toon. FIGUUR 6.7 6.7.1 Identifiseer dele A tot C. (3) 6.7.2 Verduidelik die doel van die twee spanstukke of stutte op die deur. (1) 6.7.3 Gee ‘n rede waarom stomptapvoeë vir die buiterande van die kosyndele verkies word. (1) 6.8 Teken in jou ANTWOORDEBOEK, in goeie verhouding, twee horisontale deursneeaansigte om die verskil tussen ʼn deurkosyn en ʼn binnedeurkosyn wat aan ‘n muur vasgeheg is, te toon. Skryf die naam in drukskrif onder EEN van hierdie tekeninge. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 13 6.9 FIGUUR 6.9 hieronder toon die voeg wat by ʼn driepaneeldeur gebruik word. FIGUUR 6.9 6.9.1 Identifiseer die voeg. (1) 6.9.2 Identifiseer dele gemerk A tot F. (6) 6.9.3 Wat is die verhouding van die dikte van C? (1) 6.9.4 By watter gedeelte van die deur sal jy hierdie voeg gebruik? (2) 6.10 Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om oopmaakvensterrame aan die kosyne van swaairame vas te maak. (2) [40] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/SEPTEMBER 2021) ANTWOORDBLAD SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM: A GENERIES 2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die vloerplan van ʼn stoorkamer op skaal 1 : 50. Teken die suid-aansig op skaal 1 : 50 op ANTWOORDBLAD A vanaf die gegewe grondvlaklyn. (29) 4 200 3 640 2 740 3 300 SKAAL 1 : 50 Vloervlak 2 Muur 3 Venster 3 Vensterbank 1 Deur 4 Trap 1 Oprit 1 Fassieplank 2 Geut 1 Afleipyp 1 Geuwelent 4 Skildak 3 Dakhoogte 3 NGV TOTAAL: 29 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Civil Technology

View all