Skip to content
Memorandum

Design Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2013 Memo

Grade 11 Design Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2013, 16 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Subject: DesignGrade 11201316 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 ONTWERP V1 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 ONTWERP V1 (NOVEMBER 2013) VRAAG 1 VISUELE GELETTERDHEID: ONGESIENE WERKE 1.1  Ontwerp terminologie: elemente en beginsels van ontwerp met die VYF universele beginsels van ontwerp ingesluit.  Tekens en simbole, stereotipering, vooroordeel in ontwerp: verband tot visuele kommunikasie met die fokus op illustrasies, strokiesprente, plakkate, politiese propaganda, kommunisme, weerstand (bv. Weimar: Duitsland, Kuba, Rusland, Sjina en Suid-Afrika)  Geskiedenis van tipografie: struktuur van lettertipe, hoe om ʼn lettertipe te kies, stilering van teks, hoofafdelings van lettertipe-ontwerp, samevattende geskiedenis van skrif. 1.1.1 (Ken 6 punte toe) Enige van die volgende is geskik. FATSOEN:  Die tekstielontwerp is opgemaak uit herhaling van sirkels met motiewe binne-in. Sommige van die motiewe is ook sirkelagtig wat ʼn verdere klem op die sirkelfatsoen plaas, (bv. die sokkerbal en die Marie-koekie).   Daar is ook ʼn herhaling van die diamantvormige fatsoene wat deur die spasies tussen die sirkels gevorm word.  (1) LYN:  ʼn Wye sirkelagtige lyn is om die rant van elke motief en in sommige van die motiewe is ʼn dun blou sirkelagtige lyntjie sigbaar, bv. die sokkerbal- en fluitjie-motiewe.   In elke motief is daar ʼn verskeidenheid dekoratiewe lyne, bv. die lyne om die rand van die Marie-koekie, die lyne wat die patroon agter die kam opmaak, die vuvuzela die driepoot-kookpot.   Lyn word ook gebruik om die buitelyne van die fatsoene te vorm, bv. die kam, die sokkerbal en die kookpot.   Die geheel van die ontwerp wil voorkom asof dit opgemaak is van ʼn kombinasie van horisontale en vertikale lyne en die herhaling van die sirkels, wat die oog op- en afwaarts sowel as na die kante lei. Dit alles dra by tot die algehele eenheid van die ontwerp.  (1) VERSKEIDENHEID:  Die ontwerpelemente is verskillend genoeg om die spasie interessant te maak, bv. om visuele spanning te skep. Daar is, byvoorbeeld, genoeg variasie van lyn, fatsoen en kleur om verskeidenheid binne-in die ontwerp te skep.   Die gebruik van kontrasterende elemente/fatsoene skep verskeidenheid, byvoorbeeld, groot en klein, vet en maar soos gesien in die herhaling van die groot sirkels met die klein diamante vorms in die agtergrond.  (1)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) ONTWERP V1 3 RITME:  Die herhaling van die sirkels skep ʼn gevoel van beweging in die ontwerp.   Die ritme wat geskep word deur die herhaling van die sirkels skep ʼn gevoel van voorspelbaarheid en orde in die ontwerp.  (1) Enige van die volgende Gestaltbeginsels is korrek. (Om volpunte te kry moet die kandidaat die beginsel benoem en verduidelik, en moet ook ʼn voorbeeld uit FIGUUR 1 gee):  Die Gestaltbeginsel van goeie voortsetting: Dit stel dat wanneer elemente in ʼn reguit lyn of ʼn gladde kromme gerangskik is, kom dit voor asof die elemente meer in ʼn groep is en verwant is aan mekaar as wanneer dit nie in ʼn lyn of ʼn kurwe is nie. Die sirkels word herhaal in ʼn reguit lyn, horisontaal en vertikaal.   Die Gestaltbeginsel van Nabyheid: Dit stel dat elemente wat naby aanmekaar is meer verwant lyk aan mekaar as elemente wat wyer uitmekaar is, bv. die wit sirkels is baie naby aanmekaar en die kante oorvleuel deur die hele ontwerp.   Die Gestaltwet van Uniforme Aaneengeskakeldheid (Uniform Connectedness): Dit stel dat die elemente verbind is deur uniforme visuele eienskappe, soos lyn of kleur. Hulle lyk dan meer verbind aan mekaar. Die sirkelmotiewe, sowel as die diamante in die spasies tussen in, het die pienk kleur wat al die dele van die ontwerp aan mekaar verbind laat lyk.  Gee krediet aan enige ander goed beredeneerde en betekenisvolle antwoord. MAKLIK 1, GEMIDDELD 3, UITDAGEND 2 (2) 1.1.2 (Ken 2 punte toe) ʼn Simbool kan gedefinieer word as ʼn fatsoen, ontwerp of idée wat gebruik word om iets voor te stel.  Die simbole wat in die tekstiel in FIGUUR 1 gebruik word reflekteer Suid-Afrikaanse lewe:  Dit sluit in:  Die vuvuzela wat ʼn unieke Suid-Afrikaanse uitvindsel is en word deur die skare by ʼn sportbyeenkoms gebruik om hul span te ondersteun.   Die kam wat vir swart haarstyle gebruik word.   Die Marie-koekie is tradisioneel ʼn deel van alle kulture in Suid-Afrika.   Die sokkerbal omdat sokker ʼn nasionale sport is.   Die driepootpotjie, ook bekend as die “potjie”-pot en wat deur alle kulture in Suid-Afrika gebruik word.  MAKLIK 2 (2)
Downloaded from hlayiso.com 4 ONTWERP V1 (NOVEMBER 2013) 1.2 (Ken 6 punte toe) TIPOGRAFIE: Die PUNT is die maateenheid in tipografie.  (1) LEISPASIE: Dit verwys na die hoeveelheid spasie tussen die reëls van die tipe en het sy oorsprong vanuit die horisontale stukke lood wat tussen die reëls geplaas is om die woorde uitmekaar te hou.  Die regte spasiëring tussen die reëls maak die geskrewe stuk meer leesbaar. (1) TWEE KRITERIA OM ʼn LETTERTIPE TE KIES Om die boodskap korrek oor te dra, moet die volgende kriteria in gedagte gehou word wanneer ʼn lettertipe gekies word:  Dra die lettertipe die regte emosie oor.   Ondersteun dit die konsep van die ontwerp.  (2) DIE LETTERTIPE WAT IN HIERDIE VRAESTEL GEBRUIK IS ʼn Sans-serif-lettertipe is gebruik, want daar is geen addisionele serifs aan die einde van enige van die hoof horisontale of vertikale lyne van die vorm van hierdie lettertipe nie.  MAKLIK 3, GEMIDDELD 2, UITDAGEND 1 (2) 1.3 (Ken 4 punte toe) Die volgende karaktereienskappe van ʼn goeie logo is in die BMW-logo sigbaar. (Enige vier is aanvaarbaar):  Die ontwerp is eenvoudig wat dit treffend en maklik leesbaar maak.   Die eenvoudige ontwerp is maklik om te reproduseer en vir verskillende toepassings te gebruik.   Dit beklemtoon die positiewe aspek van die maatskappy, deur dat motors wat deur die Bavarian Motor Works gemaak word, sinoniem met luuksheid en gesofistikeerdheid is.   Dit is uniek en dadelik herkenbaar.   Dit word maklik onthou en bring dadelik die gedagte van ʼn spesifieke motor na vore.   Dis ʼn ontwerp wat net so goed in swart en wit lyk as in kleur.   Dit is treffend al is die logo groot of klein.  GEMIDDELD 2, MAKLIK 2 (4) 1.4 (Ken 3 punte toe) STEREOTIPERING Dit kan beskryf word as ʼn vasgestelde idée van ʼn groep gebaseer op die ervaring met ʼn individu. Dit word gewoonlik gesien in advertensies waarin groepe mense met sekere karaktereienskappe of wat voorgeskrewe rolle vul.  FIGUUR 2 is ʼn tipiese voorbeeld van stereotipering. Die beeld van die man vervul die tradisionele verwagting omdat hy gespierd is en ʼn beskermende rol speel (lewensredder). Daar word van die vrou verwag om moederlik en koesterend te wees en kinders groot te maak soos gesien in FIGUUR 3.  FIGUUR 1 sien ons ʼn nie-tipiese beeld van ʼn man wat die koesterende rol van ʼn vrou aanneem in plaas daarvan om goed gevormde spiere te hê. Hy het dieselfde ronde liggaamskurwe as ʼn vrou wat binnekort ʼn baba gaan hê.  Gee krediet aan enige geldige stellings. MAKLIK 1, GEMIDDELD 1, UITDAGEND 1 (3)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) ONTWERP V1 5 1.5 1.5.1 (Ken 3 punte toe) PLAKKATE Die doel van die plakkaat is om ʼn duidelike boodskap aan soveel as moontlik mense te stuur sonder om aanstoot aan verskillende kulture te gee.  Die fokus van ʼn propaganda-plakkaat is totaal die teenoorgestelde en meestal negatief.  Hulle kom heelwat te voorskyn gedurende tye van konflik en beklemtoon die verskille tussen mense en hul verskillende idees, en spesifiek bevorder vrees van mense en idees wat verskillend is.  Hulle maak gebruik van stereotipering en vooroordeel sowel as veralgemening.  Die inligting wat op propaganda-plakkate kom, word streng beheer en slegs geselekteerde inligting word gebruik.  ʼn Propaganda- plakkaat kan ook ʼn positiewe invloed hê omdat dit aandag kan trek na die swaarkry en ongelykheid in die samelewing.  (3) 1.5.2 (Ken 4 punte toe) Beide FIGUUR 5 en FIGUUR 6 deel die volgende karaktereienskappe van revolusie/propaganda plakkate:  Hulle het ʼn sterk illustratiewe kwaliteit.   Beide maak gebruik van beperkte kleure (nie meer as 3), om produksiekoste laag te hou.   Die tipografie is met die hand gedoen en nie deur ʼn masjien nie, Dit is juis duidelik in die onreëlmatige lettertipe wat in die banier in FIGUUR 6 gebruik is.   Die handgemaakte gevoel van die plakkate versterk die kommunikasie tussen die kyker en die boodskap.   Die plakkate het ʼn sterk menslike element en die tekeninge van die figure is met die hand gedoen.   Handgemaakte plakkate met ʼn sterk menslike element erken die persoon wie dit ontwerp het, of die plakkaat gemaak het op ʼn wyse wat die meganiese digitale proses nie kan nie.  (ENIGE VIER) (4) 1.5.3 Beide Rusland  en Kuba  het rewolusionêre plakkate geskep. (Verskaf krediet aan enige geldige antwoord.) GEMIDDELD 1, UITDAGEND 1 (2) TOTAAL AFDELING A: 30 TOTAAL VRAAG 1 1.1 1.1.2 1.2 1.3 1.4.1 1.5.1 1.5.2 1.5.3 MAKLIK 1 3 2 1 1 1 9 GEMIDDELD 4 1 2 2 1 2 12 UITDAGEND 2 1 1 2 2 1 9 TOTAAL 6 2 6 4 3 3 4 2 30
Downloaded from hlayiso.com 6 ONTWERP V1 (NOVEMBER 2013) AFDELING B: ONTWERPSGESKIEDENIS EN POPULÊRE KULTUUR VRAAG 2: INTERNASIONALE GESKIEDENIS VAN ONTWERP (ART NOUVEAU; BAUHAUS; ART DECO; DE STIJL; MODERNISME; SKANDINAWIESE ONTWERP)  Geskiedenis van ontwerp: Hersien Industriële Revolusie en die Kunsvlyt Beweging, Art Nouveau, Die Bauhaus, Art Deco, Skandinawies, De Stijl, die Modernistiese Era  Visuele Analise (ongesiene voorbeelde van ontwerp): Gebruik basiese terminologie wat ontwerp en karaktereienskappe onderskryf met selfvertroue. 2.1 (Ken 8 punte toe) VORM: FIGUUR 1 maak gebruik van geometriese, sig-sag, gebroke vorms wat tipies is aan Art Deco-ontwerp en bring ʼn dinamiese en energieke effek te weeg.  Die vorms in FIGUUR 2 is ook geometries, maar omdat al die dele van hierdie teepot afgelei is van ʼn sirkel (ʼn suiwer, simmetriese vorm). Dit gee stabiliteit en orde en het ʼn baie meer kalmerende teenwoordigheid.  Hierdie formele kwaliteit is tipies van al die Bauhaus-ontwerpe.  (2) MOONTLIKE INVLOEDE: FIGUUR 1 wys die invloed van Kubisme op Art Deco deur die gebruik van gebroke, geometriese vorms.  Die gelaagde sig-sag blokvorms in tipies van Art Deco en reflekteer die invloed van die Egiptiese en Asteke argitektuur.  Die invloed van die jazz-era op Art Deco is ook opvallend in die dinamiese sig-sag ritme van die lyne en vorms. Dit lyk of dit jazz musiek en dans naboots.  Die gladde, onversierde metaalagtige oppervlaktes in FIGUUR 2 wys die invloed van die masjien op die BAUHAUS-ontwerp.  De Stijl se klem op die abstrakte, orde en eenvoud kan ook as ʼn invloed op hierdie teepot gesien word, aangesien dit al hierdie eienskappe bevat.  (2) KLEUR: Die keramiek teepotte in FIGUUR 1 is in helder turkoois geglasuur en ʼn dieper blou-groen om ʼn ligte, helder en dekoratiewe effek te skep.  FIGUUR 2 is nie geverf of versier nie Sy skoonheid is in die silwer glans van die metaal waarvan dit gemaak is.  Hierdie dominante ligte silwer kleur, sowel as die kontrasterende klein swart semi-sirkel op die deksel, gee die ontwerp ʼn formele en streng voorkoms.  (2) EENHEID: Beide teepotte reflekteer eenheid. In FIGUUR 1 word eenheid bewerkstellig deur die herhaling van sig-sag, geometriese lyne en vorms.  In FIGUUR 2 domineer sirkel en sferiese vorms en skep eenheid. bv. die lyf van die teepot is ʼn sfeer wat in die helfte gesny is, die handvatsel vorm ʼn halfsirkel en die deksel is ʼn volle sirkel.  Gee krediet aan enige geldige antwoorde. GEMIDDELD 4, UITDAGEND 4 (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) ONTWERP V1 7 2.2 2.2.1 (Ken 6 punte toe) DRIE eienskappe van tipiese Skandinawiese-ontwerpe:  Die plat, skyfagtige organiese fatsoene van die bank.  Die klem op eenvoud en elegansie.  Die gebruik van fyn afgewerkte hout. (3) Gee krediet aan enige ander relevante eienskappe. ʼn Skandinawiese-ontwerper: Aalvar Aalto ʼn AalvarAalto-ontwerp: Die Palmio Stoel  Hierdie stoel is tipies van Skandinawiese meubels omdat dit delikate, effe gekromde pote het  en ʼn grasieuse kurwende rugleuning wat effens tilt.  Die raam is van kiaat- en akkerhout gemaak.  Die gradiënt waarteen dit gebuig is, was baie gevorderd vir die tegniese vaardighede op daardie stadium van tyd.  Die stoel is vrydraend en rus slegs op die begin en einde van die houtraam.  Dit is spesiaal ontwerp vir pasiënte met tuberkulose, wat vir lang ure elke dag moes sit. Hy het gesê dat die hoek waarteen die rugleuning gemaak is, perfek is vir makliker asemhaling.  Gee krediet aan enige korrek benoemde ontwerper en werk en ʼn relevante kort analise. MAKLIK 3, GEMIDDELD 3 (3) 2.2.2 (Ken 4 punte toe) DRIE karaktereienskappe wat tipies is van Art Nouveau-ontwerpe:  Die gebruik van kurwende lyne, fatsoene en vorms.   Die gebruik van die natuur, bv. blare, blomme en diere as inspirasie vir onderwerpmateriaal.   Die klem op dekoratiewe oppervlak detail.   Die komposisie is baie vol en dinamies, wat tipies is van Art Nouveau-ontwerpe.  (3) Gee krediet aan enige drie karaktereienskappe. ʼn Art Nouveau-ontwerper: enige EEN van die volgende:  Alphonse Mucha   Victor Horta   Gaudi   Aubrey Beardsley  Gee krediet aan ʼn korrek benoemde ontwerper. MAKLIK 1, GEMIDDELD 3 (1)
Downloaded from hlayiso.com 8 ONTWERP V1 (NOVEMBER 2013) 2.3 2.3.1 (Ken 6 punte toe) INVLOEDE: Modernisme is ʼn beweging wat deur die masjien-era beïnvloed is.  Modernistiese geboue wys duidelik die invloed van die Bauhaus met die klem op suiwer geometriese fatsoene en vorms,  reguit lyne  en ʼn belang daarin om orde en stabiliteit te bring.  Hulle is ook beïnvloed deur die Kubiste se gebruik van plat, geometriese fatsoene  en De Stijl se doelwit om uiterse eenvoud en balans deur die vierkant (die kontras van reguit vertikale en horisontale lyne)  en die gebruik van slegs die primêre kleure.  Modernistiese produk en oppervlakontwerp is geïnspireer deur die studie van aërodinamika en hidrodinamika en die traanagtige en vaartbelynde vorms wat beweeg aanmoedig.  Hierdie ontwerpe is ook beïnvloed deur biomorfiese fatsoene soos gesien in Surrealisme en molekulêre strukture.  Die invloed van die Abstrakte Ekspressioniste se gebruik van organiese, abstrakte fatsoen en lyne is ook sigbaar.  Gee krediet aan enige TWEE geldige invloede. (2) ALGEMENE KARAKTEREIENSKAPPE: Modernistiese argitektuur word ook na verwys as die Internasionale Styl en maak gebruik van slegs moderne boumateriale soos staal, versterkte beton en glas.  Hul ontwerp is roosteragtig en reflekteer die ondersteunende skelet van die staalstruktuur.  Vrydraende glas-gordyne word heelwat gebruik.  Die algehele gevoel van die ontwerpe is baie klinies en meganies met gladde teksture en geen versiering  asook geen verwysing na die verlede.  Tipiese karaktereienskappe van die produk- en oppervlakontwerpe is die gebruik van vaartbelynde traanvorms,  somtyds met vinne, geïnspireer deur visse en voëls, sowel as biomorfiese fatsoene met dun ‘stokagtige’ aanhangsels wat aan molekulêre strukture herinner.  Eenvoud word beklemtoon.  Gee krediet aan enige VIER geldige eienskappe. MAKLIK 6 (4) 2.3.2 (Ken 6 punte toe) TWEE De Stijl-ontwerpers sowel as die naam en kort beskrywing van EEN werk deur elk: GERRIT RIETVELD, DIE SCHRODER HOUSE  Hierdie huis is duidelik deur die masjien era geïnspireer.  Dit bestaan uit slegs asimmetriese georganiseerde geometriese vierkante en reghoeke.  Hierdie word geplaas langs vertikale en horisontale lyne wat ʼn baie stabiele en baie geordende komposisie teweeg bring.  Geen tradisionele argitektuurelemente soos gewels en kolomme is sigbaar nie.  Dit maak gebruik van moderne boumateriale soos versterkte beton, staal en glas.  Oppervlaktes is glad en onversierd  en neutrale kleure swart, wit en grys domineer.  Slegs verwysings van die primêre kleure, rooi, blou en geel is sigbaar.  THEO VAN DOESBURG, UNIVERSITY HALL  Hierdie saal is slegs in die drie primêre kleure en neutrale, swart en wit,  wat ʼn skerp, skoon, masjien-era gevoel gee.  Reguit swart lyne deurkruis mekaar om ʼn dramatiese, geometriese  oppervlak- ontwerp. MAKLIK 2, GEMIDDELD 4 (6) [30]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) ONTWERP V1 9 VRAAG 3: POPULÊRE KULTUUR  Ondersoek populêre kultuur binne elk van die geskiedenis van ontwerp bewegings met die fokus op mode, musiek en sosiale omgewings. 3.1 POPULÊRE KULTUUR: (Ken 10 punte toe) Populêre kultuur of popkultuur is oral om ons. Dit word verteenwoordig deur films, televisie, kunstenaars, musiek, mode en selfs die woordeskat wat deur die meerderheid aanvaar en gebruik word.  Populêre kultuur mag verskil van land tot land. Maar daar is ook internasionale tendense en ikoniese internasionale figure soos musikante, filmsterre of sportpersoonlikhede wat deel vorm van die populêre kultuur op globale vlak. Populêre kultuur is die kultuur wat deur die meeste mense op die gegewe oomblik aanvaar word.  Met die begin van die industriële Revolusie het reuse stedelike sentrums gevorm waar mense van verskillende dorpies en selfs lande saam gewoon en werk het. A.g.v. die vermenging van populêre idees en objekte, het sekere style en smake ontwikkel.  Stabiele, onveranderde tradisies is deur vinnig veranderende idees vervang wat deur die meerderheid aanvaar is.  Essensieël tot die idee van populêre kultuur is die idee van verandering. Populêre kultuur kan oor die algemeen met sekere generasies in verband gebring word. Tans verwys ons na die dominante generasie as Generasie Y.  Hierdie generasie is digitaal georiënteer en bewus van die omgewing. Populêre kultuur kan verskil van land tot land.  Een van die hoof ontwerpelemente in populêre kultuur gedurende die Art Nouveau-periode is die uitbeelding van die vrou as ʼn sensuele wese van skoonheid en inspirasie.  Die wêreld het begin verander; vrouens is die reg gegee om te stem. Gedurende die 1800’s was advertensies met vrouens in konserwatief en verbode.  Gedurende hierdie tydperk het hulle vry en heelwat misterieus geraak.  Alphonse Mucha beeld vrouens in die drukwerk, plakkate, skildery en teater dekor uit in vloeiende rokke en lange vloeiende hare.  Na die Eerste Wêreldoorlog het die populêre kultuur nie meer die rebelse kwaliteit van Art Nouveau voor die oorlog gehad nie.  ʼn Gevoel van ontsnapping het die popkultuur op hierdie stadium gedryf.  Jazz-klubs het baie populêr geword en het baie bygedra tot hierdie dekade – genoem die ‘roaring twenties’.  Mense wou vermaak word.  Die ontwerpe in hierdie tyd ‘ontsnap’ ook deur na die antieke verlede te verwys (bv. Egipte, Griekeland, Rome, Afrika en die Asteke).  Vir die wat dit kon bekostig het ontsnap ʼn realiteit geword deur reise op skepe en treine.  Glansryke reise en spoed het gelei tot die vaartbelyn-ontwerp van die Art Deco-periode.  Vroulike mode het meer vormloos, reghoekig en minder vroulik geword. Hierdie losser styl het die algemene houding van die jong vrouens in die 1920’s reflekteer – nie meer gebind deur tradisionele rolle.  Daar is na hulle verwys as ‘flappers’. 
Downloaded from hlayiso.com 10 ONTWERP V1 (NOVEMBER 2013) Die Tweede Wêreld oorlog het tot 1945 aangehou en ʼn dramatiese impak op die sosiale, politiese en ekonomiese landskap gehad.  Soldate het huis toe gekeer om nuwe verhoudings te begin of weer oues te bou. Families wou die perfekte gesinslewe hê.  Hierdie behoefte het die atmosfeer en die kultuur van die 1950’s beïnvloed.  ʼn Ander baie belangrike fokus was tegnologie en hoe dit aangewend kon word om lewenskwaliteit te verbeter.  Daar was geen plek vir eksperimente of rebellie nie. Hierdie era reflekteer aanpassing en familie ingesteldheid.  Advertensies, televisie en radio-programme, mode en produkontwerp het alles ʼn gelukkige gesinslewe weerspieël.  Geslagsrolle is gestereotipeer met vrouens as huisvrouens en die man die broodwinner en hoof van die gesin/huis.  Daar is van tieners en jong volwassenes om ten alle tye na hulle ouers te luister, met respek op te tree en bo alles te glimlag en gelukkig te lyk.  Die ideale lewe wat die mense geskep het, was egter ʼn illusie. Teen die einde van die 1950’s het jong mense begin rebelleer en waardes, kultuur en die aangeplakte natuur van die wêreld om hulle begin bevraagteken.  Leerders moet die term ‘populêre kultuur’ definieer en hulle antwoord moet kortliks na kontemporêre ontwerp verwys sowel as 2 tydperke in ontwerp geskiedenis om hulle definisie te illustreer of te ondersteun. GEMIDDELD 2, UITDAGEND 8 [10] TOTAAL AFDELING B: 40 TOTAAL VRAAG 2 + 3 2.1.1 2.2.1 2.2.2 2.3.1 2.3.2 3.1 MAKLIK 3 1 6 2 12 GEMIDDELD 4 3 3 4 2 16 UITDAGEND 4 8 12 TOTAAL 8 6 4 6 6 10 40
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) ONTWERP V1 11 AFDELING C: KONTEMPORÊRE, INTERNASIONALE, OMGEWINGS- EN SOSIALE ONTWERP  Reflekteer krities hoe ontwerp die fisiese en sosiale omgewing vorm. Kies TWEE kontemporêre internasionale ontwerpers wie se werk omgewingsverantwoordelikheid demonstreer en TWEE internasionale ontwerpers wie se werk sosiale verantwoordelikheid demonstreer.  Demonstreer maniere hoe ontwerp gebruik kan word tot aanwins van die samelewing. VRAAG 4: OMGEWINGSONTWERP 4.1 4.1.1 (Ken 3 punte toe) Hoe kan die eko-ontwerpe wat in FIGUUR 1–4 afgebeeld is, bydra tot die beskerming van ons omgewing: Hierdie produkte maak alles gebruik van produkte wat voorheen gebruik is, wat beteken dat die materiale herwin word  en sal nie ons ashope nog voller maak nie.  Minder energie word gebruik om hierdie materiale te vervaardig omdat hulle materiale gebruik wat reeds bestaan.  Dit sal ook lei tot ʼn vermindering in toksiese gasse en lugbesoedeling.  Gee krediet aan enige 3 geldige stellings. MAKLIK 2, UITDAGEND 1 (3) 4.1.2 (Ken 2 punte toe) Definisie van die koolstofvoetspoor: ʼn Koolstofvoetspoor verwys direk na die TOTALE hoeveelheid groenhuisgasse wat direk en indirek geproduseer word om ʼn individu se menslike aktiwiteit te ondersteun.  Dit word gewoonlik uitgedruk in ekwivalente ton van koolstofdioksied (CO2).  Met ander woorde: Een persoon se koolstofvoetspoor is die somtotaal van die al die CO2 (koolstofdioksied) wat deur daardie persoon se aktiwiteite in ʼn gegewe tydgleuf afgegee is.  Gewoonlik word ʼn koolstofvoetspoor oor ʼn tydperk van ʼn jaar uitgewerk. ʼn Motor se enjin verbrand brandstof wat ʼn sekere hoeveelheid CO2 skep, afhangende van die brandstofverbruik van die kar en die afstand wat gery is. (CO2 is die chemiese simbool vir koolstofdioksied).  Deur olie, gas of steenkool te gebruik om ʼn gebou te verwarm, genereer ook CO2. Selfs as elektrisiteit in plaas van die bogenoemde gebruik word, het die opwek van daardie elektrisiteit ook ʼn sekere hoeveelheid CO2 gegenereer. Die produksie van kos en ander produkte, afhangende van die proses, sal ook CO2 in verskillende hoeveelhede afgee. (Enige een van hierdie of ander voorbeelde kan gegee word vir TWEE PUNTE).  Gee krediet aan enige geldige antwoord. GEMIDDELD 2 (2)
Downloaded from hlayiso.com 12 ONTWERP V1 (NOVEMBER 2013) 4.1.3 (Ken 2 punte toe) Die leerder kan enige van die volgende produkte kies. Die keuse moet goed gemotiveerd wees. Die leerder kan die stoel kies wat van elektroniese materiaal gemaak is  en sê dat dit ons herinner aan die geweldige hoeveelheid elektroniese materiaal en apparate wat ons gebruik, koop en konstant opgradeer, bv. rekenaars, skootrekenaars, selfone, hoëtroustelle, televisies, ens.  Die aluminiumvliegtuig-lessenaar  kan ook gesien word as ʼn refleksie van ons koperskultuur omdat dit vol items is wat gekoop moet word.  Die stoel wat van die winkeltrollie gemaak is  kan ons gesê word dat dit ons koperskultuur reflekteer omdat dit vir inkopies gebruik word en ʼn baie gemaklike vervoermiddel is vir alles wat die verbruiker koop.  MAKLIK 1, UITDAGEND 1 (2) 4.2 (Ken 8 punte toe) ʼn Bespreking van ʼn die werk van EEN Internasionale ontwerper wie se werk ʼn duidelike refleksie van die aanspreek van omgewingskwessies is: VOORBEELD 1: JULIE BARGMANN  (1) DOELWITTE EN ONTWERPAANSLAG: Julie Bargmann word internasionaal erken as ʼn ontwerper wat besoedelde en industriële persele in die VSA (wat ernstig deur, byvoorbeeld mynwerk of die neerstort van rommel beskadig is) hernu.  Sy ondersoek die kreatiewe potensiaal van hierdie gedegradeerde landskappe en verander hulle tot herleefde landskappe.  Sy fokus haar navorsing op die opheffing en herontwerp van stedelike landskappe deur die Design Investigation Reclaiming Terrain (die D.I.R.T.-navorsingsprojek).  Hierdie projek het ʼn sosiale, omgewings en tegnologiese fokus.  Die sosiale element in die navorsing kan duidelik gesien word in die vlak van gemeenskapsbetrokkenheid in die projekte en die inagneming van die perseel se sosiale en historiese konteks.  Volgens Bargmann is dit belangrik om die geskiedenis van plekke te erken, die mense wat daar woon en werk en die verhouding tussen die gemeenskap en die area.  Die werkmodel vir D.I.R.T. is samewerking.  Die studiospan werk met die kliënte en die veldspesialiste soos geskiedkundiges, wetenskaplikes en navorsers om plekke soos kwarries, fabrieke en verlate treinstasies herontwerp en herontdek.  (3) DIE NAAM VAN ʼn ONTWERP EN VERDUIDELIKING VAN HOE DIT OMGEWINGSKWESSIES AANSPREEK: Haar werk ‘Testing the Waters’  is ʼn transformasie van ʼn vorige steen- koolmyn tot ʼn park vir suurmyndreinering en gemeenskapsontspanning.  Die park bestaan uit ʼn landmassa wat uitgekerf is om ʼn passiewe AMD- behandelingssisteem te skep  wat die publiek toelaat om die suiwering van die water fisies te aanskou – soos dit deur ʼn reeks bekkens en deurvoerweë beweeg en kleur verander van oranje tot groen tot blou-groen.  Die park bestaan ook uit ʼn tuin van rye bome en struike wat mekaar afwissel,  sowel as ontspanningsgeriewe soos piekniekgronde, speel areas en wildslewe voetpaadjies.  (4)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) ONTWERP V1 13 Die leerder moet duidelik en kortliks verduidelik hoe hierdie ontwerper omgewingskwessies aangespreek het. VOORBEELD 2: BORIS BALLY (1) DOELWITTE EN ONTWERPAANSLAG: Bally herwin industriële objekte en skep ontwerpe wat soos houers lyk.  Hy versamel ook bv. botteldoppies van familie en vriende, sodat hierdie bakke simbole van sy vriende en familie word.  Hy herwin verkeerstekens en verander iets wat outoritêr is, in iets amusant en vriendelik.  Hy ‘re-animate’ objekte wat nie meer waardeer word nie en kontekstualiseer hulle ontwerpe van waarde.  (3) DIE NAAM VAN ʼn ONTWERP EN ʼn VERDUIDELIKING VAN HOE DIT OMGEWINGSKWESSIES AANSPREEK: Sy ‘Defiance of Direction’-bak  is gemaak van herwinde verkeerstekens en koper klinknaels en kan as omgewingsvriendelik gesien word, omdat iets pragtig geskep is uit iets wat net die vullishope nog voller kon maak.  Dit word geïntegreer met handweefwerk, ʼn industriële produksiemetode waarmee aluminium en staalbakke van gemaak word.  Hy maak ook gebruik van hidrolise drukperse – dit is om die metaal verkeerstekens oor metaalvormers onder baie hoë druk te dwing.  Hy integreer dan hierdie prosesse met die vakmanskap van ʼn metaalsmit (waarvoor hy opgelei is).  Deur verskeie tegnieke te gebruik soos ‘plashing’  (om metaal konkaaf te vorm met ʼn spesiale hamer), ‘riveting’ (om gate te boor en dan die koper of geelkoper klinknaels in te sit en hierdie pennetjies in te sit met ʼn hamer).  Hy bou die interieur en rante van die bak op uit lae. Hy gebruik kontraste van mat kleure (rooi, oranje, swart en wit) teenoor die blink, silwer swart metaal.  Gee krediet aan enige geldige stellings. MAKLIK 2, GEMIDDELD 4, UITDAGEND 2 (4) [15] TOTAAL VRAAG 4 4.1.1 4.1.2 4.1.3 4.2 MAKLIK 2 1 2 5 GEMIDDELD 2 4 6 UITDAGEND 1 1 2 4 TOTAAL 3 2 2 8 15
Downloaded from hlayiso.com 14 ONTWERP V1 (NOVEMBER 2013) VRAAG 5: SOSIAAL VERANTWOORDELIKE ONTWERP 5.1 5.1.1 (Ken 1 punt toe) ’N SOSIALE KWESSIE WAT DEUR DIE ‘CLEAR WATER LIFE STRAW’ AANGESPREEK WORD: Die Clear Water Life Straw kan gesien word as beskerming en verbetering van die lewens van die mense in landelike areas wat nie toegang tot ʼn betroubare bron van skoon drinkwater het nie, want dit elimineer die risiko om siektes in water soos diarree, kolera of ingewandskoors te kry.  Sommige kandidate kan ook argumenteer dat dit ook die armoede probleem aanspreek, want dit beteken dat mense nie nodig het hom skoon water te koop nie.  MAKLIK 1 (1) 5.1.2 VORMING VAN DIE OMGEWING Die lewens van die mense sonder skoon drinkwater sal baie makliker raak in die sin dat hulle nie lang afstande sal hoef af te lê om skoon water te kry nie. Dit sal hulle ook spaar daarvan om swaar bottels water oor lang afstande te dra.  MAKLIK 1 (1) 5.1.3 (Ken 2 punte toe) DIE CLEAR WATER LIFE STRAW AS ’N VOORBEELD VAN SOSIALE VERANTWOORDELIKE ONTWERP Die Clear Water LifeStraw kan gesien word as sosiaal verantwoordelik omdat dit die lewens en gesondheid van arm en onbevoordeelde gemeenskappe verbeter. MAAR dit is nie die perfekte oplossing nie, want op die ou end sal dit baie weggegooide stukke plastiek veroorsaak, wat dan om die beurt weer in riviere en vullishope beland. Die mees verantwoordelike oplossing sal wees om grootskaalse watersuiweringssisteme en toilette aan te bring, om te voorkom dat skadelike bakterieë in die riviere beland.  GEMIDDELD 1, UITDAGEND 1 (2) 5.2 (Ken 1 punt toe) Enige van die volgende kan gesien word as onverantwoordelik ontwerp: Die gebruik van ontwerp om ʼn vals boodskap uit te stuur deur ʼn visuele boodskap te skep wat visuele inpak het, wat die waarheid toesmeer of manipuleer. Die volgende is voorbeelde van onverantwoordelike ontwerp:   Die ontwerp van ʼn brosjure vir ʼn produk wat se gebruik tot iemand se dood kan lei.   Om plakkate vir ʼn politieke party of kandidaat te ontwerp wie se beleide skadelik vir die algemene publiek mag wees.   Om ʼn maatskappy te bevorder wat van kinderarbeid gebruik maak.   Om ʼn promosie vir ʼn produk te ontwerp wat jy weet nie werk nie.  Gee krediet aan enige goed beredeneerde antwoord. MAKLIK 1 (1)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) ONTWERP V1 15 5.3 (Ken 10 punte toe) DIE WERK VAN EEN INTERNASIONALE SOSIAAL VERANTWOORDELIKE ONTWERPER. VOORBEELD: ADRIANA BERTINI  DOELWITTE: (Enige TWEE van die volgende of enige ander goed beredeneerde antwoord.)  Om die gebruik van kondome aan te moedig, nie as ʼn kommersiële mode nie, maar as ʼn konsepsuele mode, of dit nou bewustelik of onbewustelik is. Die idee is om hulle op die regte tyd te dra, nie net as ʼn tendens van mode nie.   Om meer daar op te fokus om kondome aan almal se alledaagse lewe voor te stel, en die taboes te breek. Ook om die algemene publiek te laat dink oor HIV/Vigs eerder as die rokke wat sy ontwerp. Sy glo dat “kondome ʼn basiese alledaagse bykomstigheid moet wees soos ʼn paar denims en so nodig soos ʼn groot liefde is”.   Om hulle kuns oral sigbaar te maak en mense herinner aan die belangrikheid daarvan om HIV/Vigs te voorkom.   Om mense met HIV/Vigs finansieel te ondersteun.  (2) OORSPRONG EN INVLOEDE: (Gee krediet aan enige goed beredeneerde antwoord)  Sy was geïnspireer deur HIV-positiewe kinders wat sy leer ken het terwyl sy vir GAPA vrywilliger werk gedoen het. GAPA is ʼn vigsvoorkomingsgroep wat bewustheid van Vigs wek en die wat daaraan ly, veral HIV positiewe kinders, help. (Dit het haar 1997 “Dress Up Against Aids”-veldtog geïnspireer wat alternatiewe mode as bemarkingsmedia gebruik).   Sy was ook beïnvloed deur die massiewe hoeveelheid oneffektiewe ongebruikte kondome wat ʼn baie lang tyd vat om af te breek in die omgewing en wat nie in water afbreek nie. Dit besoedel die oseane en/of word geëet deur diere wat hulle op vullishope kry en vir kos aansien. Die verbranding van kondome het ook ʼn die toename van problematiese groenhuisgasse tot gevolg wat weer negatief of die klimaat inwerk en sodoende die algehele lewensomstandighede van die mensdom.  (3) ALGEMENE AANSLAG TOT ONTWERP: (Enige DRIE)  Sy ontwerp pragtige rokke van kwaliteit kondome wat nie kwaliteittoetse geslaag het of verby die vervaldatum is, in plaas van materiaal.   Sy ontwerp en maak mode items, standbeelde en ander beelde. Die ontwerper het ongeveer 200 beeldhouwerke, 80 tapisseries en 160 beeldjies van kondome gemaak.   Sy verkies om meer met beeldjies te werk, want sy het agtergekom dat dit mense laat nadink oor die betekenis van “Wear against Aids”).   Haar skeppings sluit onder andere versierde aandrokke, bikini’s, elegante tjalies, geblomde karnaval kostuums en ander plastiek kunste in.   Sy gebruik kondome wat verval het of defektief is as materiaal om haar kunswerke uit te maak. Die meeste kondome wat sy nog ooit op ʼn rok gebruik het was omtrent 80 000 op een trourok.  (2)
Downloaded from hlayiso.com 16 ONTWERP V1 (NOVEMBER 2013) DIE NAAM EN BESPREKING VAN EEN WERK OM DIE SOSIALE WAARDE VAN DIE ONTWERP TE WYS.  ʼn Rooi couture-skemerkelkie rok van kondome, gemaak in die styl van die Valentino rooi-rokke van die 1960’s. Die rok reflekteer Valentino se kenmerk van skoonheid, rein en eenvoudig.   Dit is gemaak van 1 200 handgekleurde rooi kondome.   Al haar materiaal kom van kondoomvervaardigers en die opbrengste van die verkope van die rokke – pryse van $700 tot $5000 – gaan direk aan organisasies wat betrokke is by die geveg teen Vigs.   Bertini en haar HIV-positiewe vakleerlinge maak nie hul lewe uit die verkope van die rokke nie, maar maak eerder staat op borge.   Haar hoop is deur kondome te gebruik om iets nuuts te maak kan sy oordenking inspireer, gesprekke hou en taboes uitdaag. Haar werk het al reeds ʼn positiewe invloed gehad deurdat baie ouers Bertini wou bedank, omdat dit deur haar kuns is wat hulle na hul kinders kon uitreik om oor seksualiteit te praat.   Haar gebruik van kondome maak ook mense bewus dat kondome ander belangrike sosiale rolle vul soos populasie beheer sowel as die voorkoming van ander seksueel oordraagbare siektes.  MAKLIK 3, GEMIDDELD 3, UITDAGEND 4 (4) [15] TOTAAL VRAAG 5 5.1.1 5.1.2 5.1.3 5.2 5.3 MAKLIK 1 1 1 3 6 GEMIDDELD 1 3 4 UITDAGEND 1 4 5 TOTAAL 1 1 2 1 10 15 TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 100

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Design

View all