Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
LET WEL: Hierdie eksamenboek moet alle skole nie later nie as drie weke voor die
einde van KWARTAAL 3: 3–10 SEPTEMBER 2018 bereik nie.
ONTWERP V2 (PRAKTIES)
PUNTE: 100
TYD: ONDERWERP 1: (50) VISUELE JOERNAAL – Voorbereiding begin drie
weke voor die einde van KWARTAAL 3, gedurende die
September-vakansie en KWARTAAL 4.
ONDERWERP 2: (50) FINALE PRODUK – Produksietyd, onder toesig,
van 12–24 uur teen die einde van KWARTAAL 4
gedurende die Graad 11 Finale Eksamen.
Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Skip to contentQuestion paper 











View all





Design Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)
Grade 11 Design Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Design · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 2.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 21
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 ONTWERP V2 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES AAN DIE LEERKRAG
1. Die praktiese vraestel moet ten minste DRIE WEKE VOOR DIE EINDE VAN
KWARTAAL 3 aan die leerders gegee word sodat hulle leiding met betrekking tot die
keuse van die opdrag/tema mag ontvang, en gedurende die September
skoolvakansie met die Visuele Joernaalproses (ONDERWERP 1) kan begin.
2. TYDSTOEKENNING:
VISUELE JOERNAALPROSES (ONDERWERP 1)
Praktiese proses/voorbereiding begin drie weke voor die einde van KWARTAAL
3 en gaan voort gedurende die September-skoolvakansie tot in KWARTAAL 4
FINALE PRODUK (ONDERWERP 2):
Praktiese produk word slegs by die skool voltooi gedurende KWARTAAL 4 vir ʼn
beraamde 24 uur (ten minste 12 uur maar nie langer as 24 uur) en slegs wanneer
die Visuele Joernaalproses (ONDERWERP 1) voltooi is.
3. Dit word aanbeveel dat onderwysers hul skool versoek om 12–24 uur oor ʼn aantal
dae teen die einde van KWARTAAL 4 en/of gedurende die finale Graad 11
eksamen vir die voltooiing van die (ONDERWERP 2) FINALE PRODUK te
skeduleer.
Moontlike formaatverspreiding oor ʼn aantal dae:
3 dae van 8 uur (8:00–16:00) [24 uur]
4 dae van 6 uur (8:00–14:00) [24 uur]
4. Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel met twee opsionele
opdragte/temas. Leerders moet EEN van die opdragte/temas kies.
Dit word vereis dat die leerder aan die volgende TWEE dele van die vraestel moet
voldoen:
Die eksamen Visuele Joernaal (ONDERWERP 1) [50 punte]
Die eksamen Finale Produk (ONDERWERP 2) [50 punte]
TOTAAL: 100 PUNTE
5. Die leerder moet EEN van die volgende ontwerpkategorieë kies:
Visuele Kommunikasie/Inligting- en Digitale Ontwerp
Oppervlakontwerp en Tweedimensionele Handwerkontwerp
Produkontwerp en Driedimensionele Handwerkontwerp
Omgewingsontwerp
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V2 3
GRAAD 11 KWARTAALBEPLANNER
- - - Kalender om met die beplanning van praktiese datums en tye te help:
Belangrike Kwartaaldatums:
Ontvang Ontwerp V2 (Prakties): 3–10 September 2018
Skole sluit (Kwartaal 3): 28 September 2018
Skole heropen (Kwartaal 4): 9 Oktober 2018
Graad11 Provinsiale Eksamens begin: ____________________ (vul in)
Finale Praktiese Eksamendatums (12–24 uur):
Datum 1: ____________________ (vul in)
Datum 2: ____________________ (vul in)
Datum 3: ____________________ (vul in)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 ONTWERP V2 (EC/NOVEMBER 2018)
HOU HIERDIE BLADSY BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V2 5
GRAAD 11 UITSTALLINGSPUNT
Graad 11 leerders mag ʼn hermerk versoek van KWARTAAL 1, KWARTAAL 2 en
KWARTAAL 3 Visuele Joernaal (ONDERWERP 1) en Finale Produkte
(ONDERWERP 2)
KWARTAAL 1 – Visuele Joernaal (40) en/of Finale Produk (50)
en/of Navorsingstaak (10)
KWARTAAL 2 – Visuele Joernaal (40) en/of Finale Produk (50)
en/of Navorsingstaak (10)
KWARTAAL 3 – Visuele Joernaal (40) en/of Finale Produk (50)
en/of Navorsingstaak (10)
Hierdie terugwerkende uitstallingspunt maak 25% uit van die leerder se jaar-eind
finale verslagpunt.
ʼn Leerder mag ʼn hermerk versoek op grond daarvan dat hy/sy:
Die Visuele Joernaal/Bronboek en/of Finale Produk NA die nasien
verstrykdatum vir daardie kwartaal ingedien het.
3 x Navorsingstake NA die nasien-verstrykdatum vir daardie kwartaal ingedien
het.
Her-ingedien het deur hul Visuele Joernaal by te werk/verwerk het
(ONDERWERP 1) ten opsigte van die kriteria gelys in hierdie eksamenboek op
Bladsy 6–7.
Her-ingedien het deur hul Finale Produk(te) by te werk/herwerk het
(ONDERWERP 2) ten opsigte van die kriteria gelys in hierdie eksamenboek op
Bladsy 8.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 ONTWERP V2 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES AAN DIE LEERDER: VISUELE JOERNAALPROSES
Hierdie eksamenboek verwys na twee hoofonderwerpe:
Visuele Joernaalproses (ONDERWERP 1) en die
Finale Produk (ONDERWERP 2)
Die Visuele Joernaal het dieselfde gewig as die Finale Produk, daarom moet jy ʼn
gelyke hoeveelheid tyd aan beide bestee – 50 punte vir die Visuele Joernaal en 50
punte vir die Finale Produk.
1. Die gekose eksamen onderwerp opdrag/tema se dekblad wat jy kies moet
slegs uitgesny en aan die begin van die Visuele Joernaal geplak word.
2. Konsep: Die volgende stap is om jou voorneme/konsep duidelik aan te dui deur
middel van ʼn dinkskrum, miniatuursketse en/of ʼn geskrewe opstel.
3. Verwysingsmateriaal: Ondersoek soveel as moontlik opsies soos jy die
tema navors en verwysingsmateriaal versamel vir jou tema in die vorm van
lewensketse, oorspronklike foto’s, beelde uit tydskrifte en koerante, ens.
Hierdie moet kreatief aangebied en vertoon word in jou Visuele Joernaal om
sodoende erkenning aan die waarde van uitleg en ontwerp binne die Visuele
Joernaal (Aanbieding) gee.
4. Jou verwysingsmateriaal kan in die vorm van ʼn kollage wees – dog hierdie
formaat is nie noodsaaklik nie.
5. Onthou dat jou verwysingsmateriaal addisionele aantekeninge of notas moet
hê om jou dinkprosesse en voornemens duidelik te verklaar.
6. Tekeninge: Jou Visuele Joernaal moet bewyse toon van sketse, wat op jou
verwysingsmateriaal gebaseer is. Dit is belangrik dat hierdie oorspronklike
bronne verpersoonlik word deur hulle te teken en oorspronklike ontwerpe
te skep. Direkte kopiëring van ʼn beeld of ontwerp wat nie die leerder se eie
is nie, sal streng gepenaliseer word. Die uiterste belang word geplaas op die
proses van transformasie van die verwysingsmateriaal.
7. Dit word van jou verwag om ʼn verskeidenheid komposisionele rowwe
tekeninge te ontwikkel voordat jy ʼn tekening voltooi van hoe jou finale produk
sal lyk.
8. ʼn Finale tekening van hoe jou finale produk sal lyk, moet aan die einde van jou
Visuele Joernaal aangebied word. Dit word aanbeveel dat dit ʼn potlood tonale
tekening of volkleurweergawe is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V2 7
Ontwerp in konteks:
1. Aanbieding: Dit word vereis dat jy jou ontwerp in konteks moet aanbied. Dit
beteken dat jy moet aandui hoe jou finale produk in ʼn ‘reële’
ruimte/omgewing kan funksioneer.
Dit is veral belangrik ten opsigte van Tweedimensionele Oppervlakontwerp
(tekstielontwerp, geskenkverpakking, mosaïek, muurpapier, kralewerk of enige
ander ‘plat’ ontwerp) en Driedimensionele Produkontwerp (mandjiewerk,
keramiek, meubels, juweliersware, draadwerk, mode of enige ander
driedimensionele ontwerp).
2. Dit moet in jou Visuele Joernaal getoon word deur middel van (ʼn)
tekening/collage/fotografie/digitale manipulasie of geïnkorporeer binne die
finale produk (ONDERWERP 2).
Voorstelle vir ontwerp in konteks mag die volgende insluit:
Binnenshuise omgewing soos die van ʼn kamer in ʼn huis, kantoor of
kommersiële spasie
ʼn Buite-omgewing soos op ʼn gebou of in ʼn landskap
Op gedrukte media, soos koerante, tydskrifte, reklameborde ens.
Op ʼn kledingstuk/voorwerp soos klere, meubels, linne, ens.
Fisiese interaksie met ʼn ander persoon
3. Identifiseer die teikenmark vir jou produkontwerp deur middel van faktore soos
ouderdom, geslag, inkomste, demografie, markmededingers, kultuur, geloof en
godsdiens, soortgelyke produkte wat mense verkies, en veiligheid.
4. Daar moet ʼn duidelik gedokumenteerde reis in jou Visuele Joernaal wees,
vanaf die begin van jou dinkskrum/opstel tot die voltooiing van die finale
tekening. Geen stappe mag uitgelaat word nie.
Riglyne vir Driedimensionele Produkontwerpe:
1. As jy ʼn driedimensionele produk ontwerp, moet ortografiese diagramme
(vooraansig, bo-aansig, syaansig) sowel as ʼn driedimensionele skynvertoon-
tekening (‘mock-up’) ook in jou Visuele Joernaal aangebied word.
2. Gedetailleerde afmetings moet gebruik word om die finale skaal aan te dui.
Finale monterings-instruksies moet ook beskryf word.
3. Jy moet jou keuse van konstruksiemateriaal (hout, metaal, plastiek, draad,
papier, ens.) vir jou Finale Produk verduidelik en verder verduidelik hoe die
eienskappe van die gekose materiaal (sterkte, hardheid, taaiheid,
buigsaamheid, weerstand teen korrosie, waterdigheid, ens.) die produk
ondersteun en sy funksionaliteit versterk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 ONTWERP V2 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES AAN DIE LEERDER: FINALE PRODUK
1. Jou Visuele Joernaalproses (ONDERWERP 1) moet voltooi word voor die
aanvang van jou Finale Produk (ONDERWERP 2).
2. Jou onderwyser mag jou leiding tydens die produksie van die finale ontwerp hulp,
maar sal jou sterk aanmoedig om jou eie besluite te neem met betrekking tot
jou finale prosesse.
3. Jou Finale Produk moet bewys lewer van minstens 12–24 uur se werk. Jou
onderwyser moet seker maak dat genoeg tyd toegeken word vir die voltooiing
van jou finale produk binne die toegekende tyd.
4. Jou Finale Produk kan NIE by die huis gedoen word NIE en mag NIE uit die
klaskamer geneem word NIE.
5. Jy moet ʼn gevorderde graad van tegniese vaardigheid demonstreer in die
medium (teken, verf, drukwerk, keramiek ens.) wat jy gekies het. Dit is dus
raadsaam dat jy ʼn ontwerp kies in die ontwerp-dissipline wat jy geleer is deur
gebruik te maak van die medium(s) waarin jy vaardig is.
6. As jy ʼn tweedimensionele produk vervaardig (muurpapier, plakkaat, CD-omslag,
boekomhulsel, ens.) MOET dit in totaal effens groter as ʼn A3-grootte wees.
Die grootte van ʼn driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die
voorwerp wat gemaak word.
7. As jy ʼn driedimensionele produk as plat vorm vervaardig (verpakking,
boekomslag, geskenkpapier) moet dit saamgestel en geassesseer word as ʼn
funksionele driedimensionele Finale Produk.
8. As jou Finale Produk enigsins ʼn gedrukte digitale uitbeelding is, moet daar
bewyse van die oorspronklike tekening(e)/ontwerp(e) in jou Visuele Joernaal
wees. Jou oorspronklike ontwerpe moet geskandeer of gefotografeer wees vir jou
gedrukte digitale uitbeeldings en moet teenwoordig wees by jou jaareind-
uitstalling hermerk.
9. Enige twee- of driedimensionele ontwerpe wat bloot gegrond is op handwerk-
prosesse soos découpage, pottebakery, naaldwerk ens. vir dekoratiewe
doeleindes sal gepenaliseer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V2 9
HOU HIERDIE BLADSY BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 ONTWERP V2 (EC/NOVEMBER 2018)
2018 ASSESSERINGSKAAL/RIGLYNE:
Die rubriek hieronder is die voorgestelde merkrubriek wat alle onderwysers mag
gebruik vir die nasien van die Visuele Joernaalproses (ONDERWERP 1) en die Finale
Produk (ONDERWERP 2).
Dit is om standaardisering met betrekking tot nasien vir alle skole in die Oos-
Kaapprovinsie te verseker. Dit moet aan die einde van die Visuele Joernaal geplak
word.
--------------------- ---------------------------------------
GRAAD 11: NOVEMBER P2 – PRAKTIES
VISUELE JOERNAALPROSES (ONDERWERP 1)
KRITERIA
Uitdrukking van voorneme en rasionaal: (Konsepte/Kreatiwiteit)
Denkprosesse; Stoot die grense van ontwerp; Kritiese en analitiese 10
denke; Idee-ontwikkeling
Bewys van navorsing: Eksperimentering en eksplorasie van bron/
10
inspirasie-materiaal; Ondersoek
Tegniese vaardigheid: Vaardighede, uitvoering, eksperimentering en
10
eksplorasie van media
Bewyse van gedetailleerde beplanning en aanbieding: Wys al die
stappe en beplanning tot ʼn finale ontwerp van die begin af, tot ʼn voltooide 20
finale skynvertoon tekening (‘mock up’); Probleemoplossing
TOTAAL: 50
FINALE PRODUK (ONDERWERP 2)
KRITERIA
Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie in terme van die konsep,
funksie en oplossings wat relevant is vir die onderwerp. Kommunikeer dit
20
effektief? Is die produk suksesvol/bemarkbaar/kontemporêr/relevant/
slim/op tendens?
Bewyse van ontwerpdeelname: Interpretasie en toepaslike gebruik van
10
die gekose ontwerp-elemente en beginsels
Tegniek en vakmanskap: Metode/Maak; Bevoegdheid in gekose
10
materiale en tegnieke
Professionele aanbieding en tydsbestuur (12–24 uur): Is dit volledig?
Is dit netjies? Is daar nog areas waaraan aandag gegee moet word? Lyk 10
dit of dit haastig gedoen was en onnet?
TOTAAL: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V2 11
OPDRAG/TEMA 1: FOBIE
Wat is ʼn fobie en wat is die verskillende soorte fobies?
ʼn Fobie word gedefinieer as die vrees vir ʼn situasie, aktiwiteit, of iets wat
veroorsaak dat iemand dit wil vermy. Daar is drie kategorieë van fobies wat sosiale
fobie (vrees om nuwe mense te ontmoet, of ander sosiale situasies), agorafobie
(vrees om in ʼn buite- of binneruimte te wees) en spesifieke fobies (vrees vir
spesifieke items) insluit.
Fobies word grootliks onder-gerapporteer omdat baie fobielyers maniere vind om
die situasies waaroor hulle fobies het te vermy. Hierdie siektes is nie ongewoon nie
en daar word vermoed dat dit tot 28 uit elke 100 mense affekteer.
Sommige van die mees algemene fobies sluit vrese in vir openbare redevoering
(sosiale angsversteuring); oop ruimtes (agorafobie); geslote ruimtes (kloustrofobie);
narre (koulrofobie); spinnekoppe (arachnofobie); naalde (aichmofobie); slange
(ofidiofobie); kieme (misofobie); tandheelkundige werk wat gedoen moet word
(dentofobie).
Vrese vir dwergies, spookhuise, valhelms, piekels en voete is maar net ʼn paar van
die minder algemene fobies en mag vreemd of ongewoon deur sommige beskou
word, maar kan net so ʼn verlammende uitwerking hê as die fobies wat meer
algemeen is.
Wat is die verskil tussen ʼn vrees en ʼn fobie?
Die algemene onderskeid is dat ʼn vrees rasioneel is maar wanneer dit irrasioneel
(onredelik of ongegrond) word, is dit ʼn fobie. Aangevuur deur ons verbeelding, sal
elke vrees ʼn mate van irrasionaliteit hê, maar ʼn fobie gaan verder as algemene
vrees, wat veroorsaak dat fobiese mense voortdurend bekommerd is dat hulle die
voorwerp/situasie van hul vrees onverwags sal teëkom. Tyd en energie word
dikwels gebruik om die voorwerp van vrees aktief te vermy – en as hulle dit wel
teëkom, ervaar hulle hoë vlakke van nood, angs, naarheid en moontlik selfs
paniekaanvalle.
ʼn Lys van die verskillende tipes fobies kan by die volgende webtuistes gevind
word:
http://phobialist.com/
https://www.fearof.net/
Akrofobie Skiofobie Demofobie Akoustikofobie
Vrees vir hoogtes Vrees vir skaduwees Vrees vir skares Vrees vir geraas
JOU TAAK:
Skep ʼn ontwerp wat gebaseer is op ʼn irrasionele vrees – fobie. Jou ontwerp moet ʼn
negatiewe of onaangename ervaring ten opsigte van die tipe fobies uitstal of vertoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 ONTWERP V2 (EC/NOVEMBER 2018)
HOU HIERDIE BLADSY BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V2 13
Die beelde wat volg reflekteer voorbeelde van:
Visuele Kommunikasie/Inligting- en Digitale Ontwerp
Oppervlakontwerp en Tweedimensionele Handwerkontwerp
Produkontwerp en Driedimensionele Handwerkontwerp
Khiropterofobie – Vrees vir vlermuise Koulrofobie – Vrees vir
narre
Nekrofobie – Vrees vir dooies
Thalassofobie – Vrees vir seediere
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 ONTWERP V2 (EC/NOVEMBER 2018)
Lakhanofobie Mikose – Vrees vir Trypofobie Herpetofobie
sampioene – Vrees vir gaatjies – Vrees vir reptiele
Pogonofobie – Vrees vir baarde
Linonofobie – Vrees vir tou/koord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V2 15
HOU HIERDIE BLADSY BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 ONTWERP V2 (EC/NOVEMBER 2018)
OPDRAG/TEMA 2: VLOEIENDE BEWEGING
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V2 17
Die vreugde van Beweging
Daar is 'n sekere vreugde in die vermoë om te beweeg
en dit word weerspieël wanneer ons ritmies sweef
Neem byvoorbeeld die drang om te dans op die maat van musiek
met behulp van die hele liggaam terwyl ons regop op ons voete wieg.
Dit sou baie neerdrukkend wees as 'n mens nie kon beweeg nie
en dit sal glad nie moeilik wees vir iemand om dit te bewys ;
ons kry so baie dinge gedoen met hierdie vermoë
as ons dit nie het nie sou dit bekend wees as nutteloosheid.
Alle wesens in die wêreld het die vermoë tot beweging
sodat hulle lewend kan wees wees ongeag hul penarie;
of hulle swem, vlieg, kruip, loop of selfs hardloop
na gelang van hul situasie moet dit gedoen word.
Selfs die eenvoudige daad van asemhaling is 'n belangrike gebeurtenis
wat die vloei van lug in en uit in staat stel om
‘n geleidelike stadige versmoring wat lei tot die dood te voorkom
vir enige wese wat asem verloor.
Die inname van voedsel, of dit 'n vaste stof, vloeistof of gas is
is 'n ander manier waarvolgens beweging plaasvind in ons liggaamsmassa
sodat dit kan omskep kan word in energie om beweging
of oorlewing, ongeag die lewenstoestand, te fasiliteer.
Toevallige waarneming toon dat waar dinge ookal
in die heelal is, maak nie saak of dit naby of ver is
hulle is altyd in een of ander konstante toestand van beweging
onderliggend tot hul eie individuele bestaan en plasing.
Die vreugde van beweging is ‘n ervaring van 'n mens se vryheid
wat uitloop op selfverwesenliking en wysheid
Geskryf deur George Krokos, 2016
JOU TAAK:
Gebruik die gedig en gepaardgaande beeldspraak as inspirasie en skep ʼn ontwerp wat die
gevoel van vloeiende beweging weerspieël.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 ONTWERP V2 (EC/NOVEMBER 2018)
HOU HIERDIE BLADSY BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V2 19
Die Art Nouveau-beweging (1890–1901) was ʼn ontwerpbeweging gedefinieer deur
baie ontwerppatrone maar nie een so uniek soos die Whiplash-lyn nie. Dit verkry
inspirasie uit die natuurlike wêreld, kronkelende, organiese lyne en ‘whiplash’ -kurwes
en vertoon dinamiese en vloeiende beweging regdeur die argitektuur, skilderkuns,
beeldhouwerk en ander vorme van ontwerp.
Die ontwerpe van die vroulike argitek Zaha Hadid (1950–2016) is ʼn formele uitdrukking
van die deurlopende vloei en beweging van water, waardeur dit volgehoue transformasie
ontlok.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 ONTWERP V2 (EC/NOVEMBER 2018)
OMGEWINGSONTWERP:
PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE HANDWERKONTWERP:
OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE HANDWERKONTWERP:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V2 21
VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTING EN DIGITALE ONTWERP:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 11 Design notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Design questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 11 Design past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 11 past papers
More Design and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Design Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2018 Question Paper

Question paper
Design Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2018 Question Paper

Question paper
Design Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paper
Design Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

Question paper
Design Grade 11 Eastern Cape November 2016 Question Paper

Question paper
Design Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2016 Question Paper
Related documents

Memorandum
Design Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2015 Question Paper

Question paper
Design Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2015 Question Paper

Question paper
Design Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2014 Question Paper

Question paper
Design Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2014 Question Paper
More from Grade 11 Design

Annual teaching plan
Gr 11 Des ATP 2023 24

Memorandum
Design Grade 11 Eastern Cape November 2016 Memo

Memorandum
Design Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2016 Memo

Memorandum
Design Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2015 Memo

Memorandum
Design Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2015 Memo

Memorandum