Skip to content
Question paper

Design Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2015 Question Paper

Grade 11 Design Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: DesignGrade 11201516 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 ONTWERP V1 PUNTE: 100 TYD: 3 uur *DSGNA* Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 ONTWERP V1 (EC/NOVEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Daar is VYF vrae in hierdie vraestel. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Lees die vrae en instruksies vir elke vraag aandagtig deur. 4. Beantwoord die vrae in volsinne en vermy die slegs opnoem van feite. 5. Gebruik die toegewysde punt as aanduiding hoeveel feite gegee moet word en hoeveel tyd op elke vraag gespandeer moet word. 6. MOET NIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) ONTWERP V1 3 AFDELING A: VRAAG 1 VISUELE GELETTERDHEID: ONGESIENE WERKE 1.1 FIGUUR 1: ‘Tembo’ tafel deur Note Ontwerp-ateljee (Suid-Afrika), 2011. ‘Tembo’ beteken olifantvoet in Swahili. Dit is gemaak van gestapelde stukke hout, kurk en metaal. 1.1.1 Analiseer die gebruik van VYF van die volgende ontwerpelemente en -beginsels in FIGUUR 1 hierbo:  Lyn  Vorm  Patroon  Kleur  Ritme  Beweging  Kontras (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 ONTWERP V1 (EC/NOVEMBER 2015) FIGUUR 2: ʼn Russiese plakkaat met werkers wat protesteer vir die reg om deel te hê in regeringsmag (circa 1922). 1.2 1.2.1 Aan watter kategorie van plakkate behoort FIGUUR 2 hierbo? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (3) 1.2.2 Verduidelik of jy dink die tipografiese uitleg in FIGUUR 2 is goed of nie. Verduidelik jou antwoord ten opsigte van:  Kantlyne  Leiding (‘Leading’) (2) 1.3 FIGUUR 3 FIGUUR 4 1.3.1 Waarna verwys die beelde in FIGUUR 3 en FIGUUR 4 en hoe verskil dit? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) ONTWERP V1 5 1.4 FIGUUR 5: Logo van die nuwe offisiële, globale UBUNTU Liberale Beweging. UBUNTU verwys na essensiële menslikheid waardes soos empatie en menslikheid. 1.4.1 Verduidelik wat jy verstaan van TWEE van die volgende aspekte met spesifieke verwysing na die logo in FIGUUR 3 hierbo:  Simbole  Die twee hoofkategorieë in lettertipes.  Lettertipe  Letterstyl/font (4) 1.4.2 Dink jy die logo hierbo is effektief? Gee DRIE goed ondersteunde redes. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 ONTWERP V1 (EC/NOVEMBER 2015) 1.5 Bestudeer die beeld in FIGUUR 6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 6 1.5.1 Watter stereotipe word deur die plakkaat in FIGUUR 6 aangespreek? Gee redes vir jou antwoord. (2) 1.5.2 Noem TWEE ander voorbeelde van negatiewe stereotipering wat in advertensieveldtogte voorkom. (2) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) ONTWERP V1 7 AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS EN POPULÊRE KULTUUR VRAAG 2: INTERNASIONALE GESKIEDENIS VAN ONTWERP (ART NOUVEAU; BAUHAUS; ART DECO; DE STIJL; MODERNISME;SKANDENAWIESE) 2.1 FIGUUR 1: Art Deco Surrey Mansions, Currey Straat (Durban, Suid-Afrika), 1932. FIGUUR 2: Bauhaus Die Muche/Schlemmer Huis deur Walter Gropius en Marcel Breuer (Dessau, Duitsland), 1926. ʼn “Meester se huis” vir die Bauhaus fakulteit. 2.1.1 Mies van der Rohe het gesê: “Argitektuur is die wil (wens) van ʼn epog (ʼn spesifieke tyd) wat in ruimte getransleer (vertaal) word.” Skryf ʼn opstel waarin jy hierdie twee geboue in FIGUUR 1 en FIGUUR 2 vergelyk om te wys hoe elkeen die ontwerpstyl van sy spesifieke tyd/periode uitbeeld. Jou opstel moet die volgende inligting bevat: Doelwitte en invloede, die effekte van die masjien era, kleur en balans. (Moet nie in tabelvorm of puntsgewys skryf nie, maak seker dis ʼn opstel.) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 ONTWERP V1 (EC/NOVEMBER 2015) 2.2 FIGUUR 3: ʼn Juweelstuk van die ‘Digital Nature Collection’ deur Kiara Gounder (Suid-Afrika), 2014. Die versameling ondersoek simmetrie in die natuur. Die juweelstuk hierbo is geïnspireer deur fossiele, plante en insekselle. FIGUUR 4: ʼn Handgemaakte halssnoer deur Tiffany Marx, Juwelierontwerper, (Kaapstad), jaar onbekend. 2.2.1 Elkeen van die kontemporêre ontwerpe in FIGUUR 3 en FIGUUR 4 reflekteer ʼn beweging in ontwerp wat jy bestudeer het. Gee die name van elke beweging en vergelyk dan die twee ontwerpe t.o.v. simmetrie, materiale, onderwerpe, lyn en vakmanskap. (Jou antwoord moet ʼn punt vir punt vergelyking in tabelvorm wees. Moet nie enige bewegings herhaal wat jy in VRAE 2.1 en 2.3 bespreek het nie.) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) ONTWERP V1 9 2.3 FIGUUR 5 Trône de Pauline (The throne of Pauline) deur Claude Lalanne (Frankryk), 1990. ʼn Art Nouveau geïnspireerde ontwerp. 2.3.1 Bespreek VIER eienskappe van die Art Nouveau styl en TWEE invloede op die ontwerp beweging wat in FIGUUR 5 hierbo, gesien kan word. (6) 2.3.2 Gee die naam van EEN Art Nouveau ontwerp en die naam van die ontwerper. (2) 2.3.3 Verduidelik die volgende terme:  Eklekties  Estetika (2) [30] VRAAG 3: POPULÊRE KULTUUR 3.1 3.1.1 Skryf ʼn kort paragraaf waarin jy die betekenis van Populêre Kultuur definieer. (3) 3.1.2 Die ontwerp tendens van elk van die verskillende ontwerp-bewegings reflekteer die ‘Populêre Kulture’ van daardie era/tydperk/periode. Skryf ʼn opstel waarin jy die Populêre kulture van TWEE ontwerpbewegings wat jy bestudeer het, bespreek. Dit sluit in Kuns en Kunsvlyt, Art Nouveau, Bauhaus, Art Deco en Modernisme. LET WEL: Skryf jou opstel in paragraafvorm en moet nie opskrifte gebruik nie. (7) [10] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 ONTWERP V1 (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING C: KONTEMPORÊRE, INTERNASIONALE, OMGEWINGS- EN SOSIALE ONTWERP VRAAG 4: OMGEWINGSONTWERP 4.1 Vele Sekondêre Skool (Limpopo, Suid-Afrika), 2007–2011. Herwonne energie in die vorm van sonkrag installasies worg gekombineer met ʼn energie metersisteem en verskaf elektrisiteit aan 80 rekenaars. Die Toilette: Toilette gebruik ʼn sisteem Reënwater word opgevang van van droeë kompos. Laasgenoemde dakke en plavleisels vir tuinmaak. word deur die onderwysdepartement ʼn Boorgat verskaf drinkwater. verwyder. ʼn Daktuin dien as isolasie. FIGUUR 1 4.1.1 Verwys na die beelde en inligting in FIGUUR 1 hierbo en debatteer of die Vele Sekondêre Skool as ʼn volhoubare ontwerp gesien kan word, of nie. Gee redes. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) ONTWERP V1 11 4.2 FIGUUR 2 4.2.1 Watter omgewingskwessie word hierbo in FIGUUR 2 geadresseer? Verduidelik. (1) 4.2.2 Dink jy dat die ontwerp in die plakkaat mense genoeg inspireer om hulle eie gemors weg te gooi? Verduidelik jou antwoord met spesifieke verwysing na die uitleg van die beelde en teks. (2) 4.3 Bespreek die werk van EEN Internasionale ontwerper of ontwerpgroep wat jy bestudeer het, wat ʼn positiewe verskil in die omgewing gemaak het. Skryf jou antwoord in opstelvorm en sluit die volgende inligting in:  Die naam van die ontwerper  Die ontwerper se doelwit en benadering tot ontwerp.  Die naam van ʼn ontwerp deur die ontwerper en ʼn verduideliking hoe hierdie ontwerp omgewingskwessies aanspreek. (8) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 ONTWERP V1 (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 5: VERANTWOORDELIKE SOSIALE ONTWERP 5.1 Bestudeer die volgende ontwerp en beantwoord dan die vrae wat volg. FIGUUR 1 Die Gira Dora wasmasjien en droeër ontwerp deur studente Alex Cabunoc en Ji A You (Peru), 2012. Hierdie bekroonde wasmasjien word gewerk met ‘n voetpedaal wanneer jy bo-op die plastiek drom sit. Geen elektrisiteit word benodig nie. Die ontwerp is geinspireer deur bewoners van die armste dele in die stad Lima, Peru. Lg. spandeer ure om die klere met hul hande te was. 5.1.1 Waarom val die ontwerp in FIGUUR 1 hierbo, in die kategorie van sosiale ontwerp? Gee DRIE redes. (3) 5.1.2 Met verwysing na die beelde en inligting in FIGUUR 1, verduidelik die betekenis van die volgende term:  Ergonomie. (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) ONTWERP V1 13 5.2 Skryf ʼn opstel oor die werk van EEN Suid Afrikaanse of EEN internasionale sosiaal verantwoordelike ontwerper. Jou opstel moet die volgende inligting bevat:  Naam van die ontwerper  Doelwitte  Algemene eienskappe  ʼn Analise van EEN werk deur daardie ontwerper wat sy sosiale verantwoordelike etiek bewys. (10) [15] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Design

View all