Skip to content
Question paper

Design Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2018 Question Paper

Grade 11 Design Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: DesignGrade 11201816 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2018 ONTWERP P1 PUNTE: 100 TYD: 3 uur *IDSGNA1* Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 DESIGN P1 (EC/NOVEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Daar is VYF vrae in hierdie vraestel. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Lees die vrae en die instruksies in elke vraag baie aandagtig. 4. Antwoord in volsinne. Geen punte sal toegeken word vir die notering van feite nie. 5. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel feitelike inligting benodig word en hoeveel tyd aan elke vraag bestee moet word. 6. Geen punte sal toegeken word deur dieselfde feite en voorbeelde van verskillende vrae te herhaal nie. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V1 3 AFDELING A VRAAG 1: VISUELE GELETTERDHEID – 'ONGESIENE' VOORBEELDE 1.1 FIGUUR 1: isiZoeloehoed, Natal, Suid-Afrika 1.1.1 Met verwysing na die isiZoeloehoed in FIGUUR 1 hierbo gesien ontleed enige VIER van die volgende terme: x Kontras x Vorm x Ritme x Tekstuur x Patroon x Eenheid (8) 1.1.2 Identifiseer EEN manier waarop die Zoeloehoed in FIGUUR 1 inheemse identiteit weerspieël. Ondersteun jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 4 DESIGN P1 (EC/NOVEMBER 2018) 1.2 FIGUUR 2: Logo vir motorhuurmaatskappy, Bidvest. Identifiseer en bespreek TWEE Gestalt beginsels wat in die logo in FIGUUR 2 toegepas word. (4) 1.3 FIGUUR 3: Stop Kinderhuwelike plakkaat deur Aman Arora, Nieu-Dehli, Indië. Bespreek die menseregteplakkaat in FIGUUR 3 deur te verduidelik hoe die volgende gebruik was om die boodskap van die plakkaat effektief oor te dra: x Uitbeelding van beelde x Uitbeelding van teks x Gebruik van kleur (6) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V1 5 1.4 FIGUUR 4: ʼn Suid-Afrikaanse propaganda-plakkaat. 1.4.1 Kies DRIE van die volgende terme met spesifieke verwysing na die plakkaatontwerp in FIGUUR 4 om jou begrip te verduidelik van: x Inlynstelling x Serifs x Omgekeerde teks x Toonaanwending (6) 1.4.2 Bied TWEE goed ondersteunde redes van hoe die plakkaat hierbo effektief sy voorgenome boodskap as ʼn propaganda-plakkaat weerspieël. (2) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 6 DESIGN P1 (EC/NOVEMBER 2018) 1.5 FIGUUR 5 Verduidelik die gebruik van steretipering in die advertensie van FIGUUR 5. (2) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V1 7 AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS EN POPULÊRE KULTUUR VRAAG 2: INTERNASIONALE GESKIEDENIS VAN ONTWERP (KUNS EN KUNSVLYTBEWEGING; ART NOUVEAU; BAUHAUS; ART DECO; DE STIJL; MODERNISME; SKANDINAWIES) 2.1 FIGUUR 1: Art Nouveau haarborsel. FIGUUR 2: Art Deco haarborsel Skryf ʼn opstel waarin jy die ontwerpe in FIGUUR 1 en FIGUUR 2 VERGELYK om te wys hoe elkeen die ontwerpstyl van die beweging wat dit verteenwoordig weerspeël. Jou opstel moet die volgende vir elke beweging insluit: x EEN doel (2) x EEN invloed (2) x DRIE algemene karaktereienskap (6) (Moet nie tabelle of opskrifte gebruik nie. Skryf ʼn vergelykende opstel deur paragrawe te gebruik.) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 8 DESIGN P1 (EC/NOVEMBER 2018) 2.2 FIGUUR 3: De Stijl geïnspireerde teepot deur Worcester Porcelain. FIGUUR 4: Skandinawiese teepot ontwerp geïnspireer deur Camilla Engdahl. Die teepot in FIGUUR 3 weerspieël invloede van De Stijl-ontwerp, terwyl die teepot ontwerp in FIGUUR 4 die invloed van Skandinawiese-ontwerp toon. In TWEE afsonderlike opstelle, pas jou kennis toe deur te wys na hoe elke bostaande ontwerp die styl/eienskappe van die beweging wat hulle beïnvloed het weerspieël, deur die volgende te bespreek: x Onderwerp x Kleur x Balans x Lyn (8) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V1 9 2.3 FIGUUR 5: Kombuiskas deur Scottish Stained Glass, Inc., V.S.A ʼn Kuns en Kunsvlytbeweging geïnspireerde ontwerp. 2.3.1 Bespreek VIER eienskappe van die Kuns en Kunsvlytbeweging wat in bostaande FIGUUR 5 sigbaar is. (4) 2.3.2 Gee die naam van EEN Kuns en Kunsvlyt ontwerper te same met die titel en kort beskrywing van EEN van hom/haar ontwerpe. (2) 2.4 Modernistiese argitektuur wat die eienskappe van die Bauhaus Beweging, ook bekend geword as die Internasionale Styl in Argitektuur toe dit deur die wêreld versprei. 2.4.1 Hou die bostaande stelling in gedagte, verskaf VIER eienskappe van Modernistiese (Bauhaus) argitektuur. (4) 2.4.2 Bespreek hoe Modernistiese ontwerpe die filosofie agter ‘minder is meer’ vertoon. (2) [30] VRAAG 3: POPULÊRE KULTUUR: 3.1 3.1.1 Skryf ʼn kort paragraaf waarin jy die betekenis van Populêre kultuur. definieer. (2) 3.1.2 Skryf ʼn opstel waarin jy bespreek hoe die sosiale toestande die populêre kultuur en tendense van TWEE ontwerptydperke/bewegings gevorm het. Kies enige herkenbare ontwerpbeweeging of era van Art Nouveau tot die 1980’s dekade van ontwerp. Skryf jou opstel in paragrawe sonder die gebruik van opskrifte. Geen punte sal toegeken word vir die herhaling van inligting in VRAAG 2 nie. (8) [10] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 10 DESIGN P1 (EC/NOVEMBER 2018) AFDELING C: KONTEMPORÊRE, INTERNASIONALE, OMGEWINGS- EN SOSIALE ONTWERP VRAAG 4: OMGEWINGS-ONTWERP 4.1 FIGUUR 1: Herwinbare plastiek (hout) buitendhuise meubels deur MyWaste Produkte, Suid-Afrika. Bestudeer die beelde in FIGUUR 1. Verduidelik jou begrip van die volgende terme met betrekking tot die beeld wat verskaf word. x Koolstofvoetspoor x Volhoubare ontwerp x Bioafbreekbaar (3) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V1 11 4.2 FIGUUR 2 Met verwysing na FIGUUR 2 verduidelik hoe die plakkaat bewustheid van omgewings- en sosiale lewensomstandighede skep. Verduidelik jou antwoord deur te verwys na die portretteer van die beeld en teks. (4) 4.3 Bespreek die werk van EEN Internasionale ontwerper of ontwerpgroep wat jy bestudeer het, wie se werk duidelik omgewingskwessies aanspreek. Sluit die volgende in jou opstel in: x Die naam van die ontwerper of ontwerpsgroep x Die ontwerper/ontwerpsgroep se doelstelling en benadering tot die ontwerp x Die naam/titel van ʼn ontwerp deur die ontwerper/ontwerpsgroep en ʼn verduideliking van hoe hierdie produk of produkte omgewingskwessies aanspreek (8) [15] Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 12 DESIGN P1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 5: SOSIALE VERANTWOORDELIKE ONTWERP Bestudeer die onderstaande beeld en teks in FIGUUR 1 en beantwoord die vrae wat op die volgende bladsy volg. 5.1 FIGUUR 1: Hex Huise, goedkoop behuising vir vlugtelinge deur Dezeen, V.S.A. Die Hex-huis, die eenheid van 40 vierkante meter, kan plat op die werf wees om die slagoffers van rampspoedige gebeurtenisse te huisves. Die eenvoudige konstruksie metode van die Hex Huise fasiliteer die volle aanmekaar sit deur die inwoners, met behulp van eenvoudige gereedskap en 'n bietjie opleiding. Elke Hex Huis-eenheid bevat twee slaapkamers, 'n kombuis, 'n badkamer, 'n sitkamer en 'n klein stoep. Eenhede kan gekombineer word om groter huise te vorm. Elke eenheid word hoofsaaklik van staal-en-skuim struktuur-geïsoleerde panele (SIP's) gemaak. Koste is ongeveer $18,000, hulle is beoog om vir 20 jaar bewoon te word. Die eenhede kan op verskillende maniere gerangskik word en kan gekombineer word met buite tuine, binnehowe en opritte. Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) ONTWERP V1 13 Met verwysing na de beeld of die ontwerp en die inligting van FIGUUR 1 op die vorige bladsy, verduidelik DRIE maniere hoe hierdie ontwerp tot positiewe sosiale lewe bydra. (3) 5.2 Skryf oor die werk van EEN Suid Afrikaanse en EEN internasionale sosiale verantwoordelike ontwerper of ontwerpgroep. Skryf TWEE aparte opstelle waarin jy die volgende inligting insluit: x Naam van die ontwerper/ontwerpgroep x Doelwitte en sosiale verantwoordelikhede x Invloede x Algemene karaktereienskappe x Die titel en beskrywing van EEN werk deur die ontwerper en ʼn verduideliking hoe hierdie werk duidelik sosiale verantwoordelikhede aandui. (Dui aan watter sosiale verantwoordelike ontwerper/ontwerpgroep Suid- Afrikaans is en watter een internasionaal is.) (12) [15] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com  
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Design

View all