Skip to content
Question paper

Design Grade 11 Eastern Cape November 2016 Question Paper

Grade 11 Design question paper from the Eastern Cape November 2016, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: DesignGrade 11201613 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2016 ONTWERP V1 PUNTE: 100 TYD: 3 uur *IDSGNA* Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 ONTWERP V1 (EC/NOVEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Daar is VYF vrae in die vraestel. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Lees die vereistes en instruksies vir elke vraag aandagtig deur. 4. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van slegs feite. 5. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet spandeer. 6. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) ONTWERP V1 3 AFDELING A VRAAG 1 VISUELE LITERATUUR: ONGESIENE ONTWERP 1.1 FIGUUR 1: Mode ontwerp deur Phiwase Nxumalo, ‘House of Diva’, Swaziland. 1.1.1 Met verwysing na die mode-uitrusting in FIGUUR 1 hierbo, ontleed VIER van die volgende terme:  Lyn  Vorm  Eenheid  Ritme  Kontras  Skaal / Proporsie (8) 1.1.2 Identifiseer die inspirasie agter die skepping van die kledingstuk. Motiveer jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 ONTWERP V1 (EC/NOVEMBER 2016) 1.2 FIGUUR 2 FIGUUR 2 vertoon ʼn naambord met tipografiese foute wat verbeter moet word. Stel voor hoe hierdie foute reggestel kan word met betrekking tot:  Inlynstelling (1)  Letterspasiëring (1) 1.3 FIGUUR 3: Propaganda plakkaat, ‘Set free political prisoners’. Analiseer die plakkaat in FIGUUR 3 deur te verduidelik hoe die volgende terme die boodskap effektief aan die kyker kan oordra:  Simbole (2)  Propaganda (2)  Gestaltbeginsels (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) ONTWERP V1 5 1.4 FIGUUR 4: “AMREF”-plakkaat, ‘Opgeleide vroue. Versterk Afrika.’ 1.4.1 Kies DRIE van die volgende tipografiese terme met spesifieke verwysing na die plakkaat ontwerp in FIGUUR 4 om jou begrip te verduidelik:  Serifs  ‘Typeface’  Lettertipe  Reversed-out-type (6) 1.4.2 ʼn Plakkaat moet ʼn boodskap visueel kommunikeer. Gee TWEE goeie ondersteunende redes hoe die plakkaat die beoogde boodskap effektief weerspieël. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 ONTWERP V1 (EC/NOVEMBER 2016) 1.5 Bestudeer die beeld in FIGUUR 5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 5: “Abercombie and Fitch” verpakkings-ontwerp. 1.5.1 Verduidelik die gebruik van stereotipering in die ontwerp van die verpakkingsak in FIGUUR 5. (2) 1.5.2 Bespreek TWEE maniere waarop stereotipering in advertensieveldtogte negatief of afbrekend kan wees. Jy kan na die beeld in FIGUUR 5 in jou bespreking verwys. (2) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) ONTWERP V1 7 AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS EN POPULȆRE KULTUUR: VRAAG 2: INTERNASIONALE GESKIEDENIS VAN ONTWERP: (KUNS- EN HANDWERKBEWEGING; ART NOUVEAU; BAUHAUS; ART DECO; DE STIJL; MODERNISME; SKANDINAWIESE ONTWERP) 2.1 FIGUUR 1: FIGUUR 2: Art Deco halsnoer. Art Nouveau halsnoer. Skryf ʼn opstel waarin jy die halsnoere ontwerpe VERGELYK in FIGUUR 1 en FIGUUR 2. Jy moet verduidelik hoe die verskeie halsnoere die ontwerpstyl van die beweging wat dit voorstel weerspieël. Jou opstel moet die volgende insluit:  Doelwitte (2)  Invloede (4)  Algemene kenmerke (4) (Geen tabelle of opskrifte mag gebruik word. Skryf ʼn vergelykende opstel met behulp van paragrawe.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 ONTWERP V1 (EC/NOVEMBER 2016) 2.2 FIGUUR 3: ‘Polyhedra Modular’ koffietafel’, ontwerp deur Haldane Martin. FIGUUR 4: ‘Love Me, Love Me Not’ handgemaakte koffietafel, ontwerp deur John Vogel. Die kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerp in FIGUUR 3 weerspieël Modernisme en die ontwerp in FIGUUR 4 weerspieël die Kuns en Kunsvlyt Beweging. Skryf ʼn VERGELYKENDE OPSTEL, waarin jy jou kennis van die styl/karaktereienskappe van elke ontwerpsbeweging verduidelik deur na die volgende te verwys:  Materiale  Handewerk  Onderwerp  Kleur (Jou antwoord moet in punt vergelyking wees in opstelvorm met behulp van paragrawe. Moenie die name van die kunsbewerkings wat bespreek is in VRAAG 2.1, 2.3 en 2.4 herhaal nie.) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) ONTWERP V1 9 2.3 FIGUUR 5: ‘Neo Hob Stove Top Kettle’ kontemporêre ontwerp deur Oliver Hemming, Brittanje. 2.3.1 FIGUUR 5 hierbo toon ʼn sterk invloed van die Bauhaus Skool van Kuns en Ontwerp. Bespreek VIER karaktereienskappe van die Bauhaus-styl en TWEE invloede op die ontwerpsbeweging wat sigbaar is in die ontwerp van die produk. (6) 2.3.2 Verduidelik hoe die ontwerp van die produk in FIGUUR 5 voldoen aan die ontwerpbeginsel ‘Vorm volg funksie’. (2) 2.4 2.4.1 Verskaf die naam van EEN De Stijl ontwerper en die titel van hul werk. (2) 2.4.2 Bespreek EEN doel en EEN invloed van De Stijl. (2) [30] VRAAG 3: POPULȆRE KULTUUR: Ontwerpe uit die verlede vertel die storie van die mense wat dit ontwerp het en die era waarin hulle geleef het. Bied ʼn oorsig oor hoe die impak van sosiale faktore veranderinge geskep het in die tendense van ontwerpbewegings van die begin van die 1900’s tot die 1970’s. (Moenie tabelle of opskrifte gebruik nie. Skryf ʼn opstel met behulp van paragrawe.) [10] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 ONTWERP V1 (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING C: KONTEMPORȆRE, INTERNASIONALE, OMGEWINGS EN SOSIALE ONTWERP VRAAG 4: OMGEWINGSONTWERP FIGUUR 1: ‘Nuwe Jerusalem Kinderhuis’ (Midrand, Gauteng), 2012. Die huis is gekonstrueer/gebou van 28 ou skeepskratte met die oriëntasie van die gebou sorgvuldig in ag geneem. Die huis het houtskerms, gemaak van eko- vriendelike hout-plastiek saamgestelde dekplanke, ʼn daktuin vir “termiese massa” en die binnemure en plafonne van die kratte is met droë-muur isoterm spons-isolasie uitgevoer. Die kratte staan op voetstukke om die vloei van die lug te bevorder. Die huis is ook toegerus met “son-termiese en fotovoltaïese” sisteme. Die huishoudelike gryswater-sisteem sit alle gebruikte water van die kombuis, wassery, toilette en badkamers om na water wat vir besproeiing is. Die premakulture tuin voorsien die kinders van ʼn konstante voorraad vars organiese gekweekte vrugte en groente. 4.1 Bestudeer die beelde in FIGUUR 1 en die gepaardgaande inligting hierbo. Pas jou kennis toe op die volgende omgewingsverantwoordelike en volhoudbare ontwerpterme in FIGUUR 1. Toon jou begrip van hierdie terme deur te verwys na die innoverende tegnologie wat in die konstruksie van die huis gebruik was. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) ONTWERP V1 11 4.2 FIGUUR 2: Verdedigingsfonds-plakkaat oor klimaatsverandering. Met verwysing na die plakkaat hierbo in FIGUUR 2, lewer kommentaar oor hoe die ontwerp mense oproer om hulle van globale klimaatsveranderinge bewus te maak. Verduidelik jou antwoord met verwysing na beeld en teks. (2) 4.3 Bespreek die werk van EEN Internasionale ontwerper / ontwerpersgroep wat jy bestudeer het wie se werk duidelik omgewingsfaktore en kwessies aanspreek. Sluit die volgende inligting in jou opstel in:  Die naam van die ontwerper/ontwerpersgroep  Die doelwitte en benadering van die ontwerper/ontwerpersgroep  Die naam van ʼn ontwerp deur die ontwerper/ontwerpersgroep en ʼn verduideliking hoe hierdie produk/produkte omgewingskwessies aanspreek. (8) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 ONTWERP V1 (EC/NOVEMBER 2016) VRAAG 5: SOSIALE VERANTWOORDELIKE ONTWERP 5.1 Bestudeer die foto’s en teks in FIGUUR 1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg op die volgende bladsy. FIGUUR 1:‘ Life Sack’ – Son-watersuiweringstoestel deur Jung Uk Park, Myeong Hoon Lee en Dae Youl Lee ontwerp. Die sak word gebruik as ʼn houer vir graan en ander stapelvoedsel vir derde- wêreld lande. Sodra die voedsel opgebruik is, kan die houer as ʼn son-watersuiweringstoestel gebruik word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) ONTWERP V1 13 5.1.1 Verskaf DRIE redes waarom die ‘Life Sack’ watersuiweringstoestel as ʼn sosiaal verantwoordelike produk oorweeg kan word. (3) 5.1.2 Beskryf TWEE maniere waarop Universele Ontwerp in die produk herken kan word. (2) 5.2 Skryf oor die werk van EEN Suid Afrikaanse of EEN Internasionale sosiaal verantwoordelike ontwerper of ontwerpgroep. Skryf ʼn opstel waarin jy die volgende inligting insluit:  Naam van die ontwerper/ontwerpgroep  Doelwitte en sosiale verantwoordelikheid  Invloede  Algemene karaktereienskappe  ʼn Ontleding van EEN werk deur die ontwerper/ontwerpgroep en ʼn verduideliking van hoe die werk duidelike sosiale verantwoordelikhede aanspreek. (Dui aan of jou keuse ʼn sosiaal verantwoordelike ontwerper/ontwerpgroep Suid Afrikaans of Internasionaal is.) (10) [15] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Design

View all