Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V1
(TEORIE)
FEBRUARIE/MAART 2015
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all



--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)

Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)
Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
NSC Supplementary Exam 2015
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.
3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
VRAAG 1 tot 3
AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
VRAAG 4
AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
konteks (40 punte)
VRAAG 5 en 6
4. Lees die vereistes vir elke vraag aandagtig deur.
5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite.
6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet
spandeer.
7. MOET NIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE
FIGUUR A: TaTu – The Handwoven Wire Stool/Basket/Table with Glass Top
(Die Handgeweefde Draadstoel/-mandjie/-tafel met Glasblad)
deur Stephen Burks en Clara von Zweigbergk (Suid-Afrika), 2013.
Analiseer en bespreek die gebruik van die volgende elemente, beginsels en terme met
betrekking tot FIGUUR A hierbo:
• Lyn
• Tekstuur
• Balans
• Multifunksionaliteit
• Afrika-elegansie [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
FIGUUR A: Life Wallpaper (Lewe-muurpapier) deur Maira Koutsoudakis van
die Khaya-muurpapierversameling (Johannesburg, Suid-Afrika), 2009.
2.1 Identifiseer DRIE simbole sigbaar in FIGUUR A hierbo. (3)
2.2 Verduidelik hoekom hierdie drie simbole met Suid-Afrika geassosieer word. (3)
2.3 Wat is die voordele van die gebruik van bekende Suid-Afrikaanse beelde vir
Suid-Afrikaans-ontwerpte produkte? Motiveer jou antwoord. (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 3
BEANTWOORD ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1 Verwys na FIGUUR A en FIGUUR B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR A: Shweshwe-materiaal (Zwelitsha, Suid-Afrika), 1984.
FIGUUR B: Vlisco-materiaal (Helmond, Nederland), 2010.
In 'n opstel (van ten minste EEN bladsy) vergelyk die tekstielontwerpe in
FIGUUR A met dié in FIGUUR B hierbo deur ooreenkomste en verskille
te bespreek met verwysing na:
• Patroon
• Vorm
• Tekstuur
• Kleur
• Inspirasie/Invloede (10)
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
3.2
FIGUUR A: Die Romeinse Forum (Rome, Italië), (circa) 8 VHJ tot 312 HJ.
FIGUUR B: Montecasino-ontspannings- en casinokompleks
(Johannesburg, Suid-Afrika), 2000.
Skryf 'n opstel (van ten minste EEN bladsy) waarin jy enige klassieke gebou
met enige moderne gebou wat jy hierdie jaar bestudeer het, vergelyk. (Jy kan
as alternatief die Romeinse Forum in FIGUUR A met die moderne
vermaaklikheidskompleks in FIGUUR B hierbo vergelyk.)
Verwys na die volgende in jou opstel:
• Doel
• Materiale en tegnologie
• Teikenmark (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4
4.1 Al die voorbeelde hieronder het die ontwerppraktyke van hulle tyd uitgedaag wat
opwindende nuwe ontwerpprodukte tot gevolg gehad het.
FIGUUR A: Rak deur Marcel Breuer, FIGUUR B: Ruggles Umbo-rakke deur
Bauhaus (Duitsland), 1934. Kay Leroy, Popkuns (VSA), 1972.
FIGUUR C: Malabar-kabinet deur FIGUUR D: Rejuvenation deur KNQ
Ettore Sottsass, Postmodernisme Associates, Dekonstruksie (Duitsland),
(Italië), c. 1982. c. 2010.
Kies enige TWEE ontwerpbewegings/-style hieronder en skryf 'n opstel (van
ten minste TWEE bladsye) waarin jy verduidelik hoe elke beweging/styl wat jy
gekies het die ontwerppraktyke van hulle tyd uitgedaag het. Ondersteun jou
antwoord deur die invloede, algemene kenmerke en EEN werk deur EEN
ontwerper van elke beweging/styl te bespreek. Jy mag na die voorbeelde
hierbo verwys om jou te lei.
• Bauhaus
• Pop-ontwerp
• Postmodernisme
• Dekonstruktivisme (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
4.2
FIGUUR A: Art Nouveau-boekomslag FIGUUR B: Art Deco-boekomslag,
deur Blanche McManus (VSA), 1922. ontwerper onbekend (VSA), 1929.
Skryf 'n kort opstel waarin jy FIGUUR A met FIGUUR B hierbo vergelyk deur
hul ooreenkomste en verskille met betrekking tot die volgende te bespreek:
• Kontras
• Invloede/Inspirasie
• Kleur
• Tipografie
• Lyn (10)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN
VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5
BEANTWOORD ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1
FIGUUR A: 'You are not a sketch. Say NO to anorexia.' ('Jy is nie 'n skets nie.
Sê NEE vir anoreksie.')-veldtog deur Revolution (Brasilië), 2013.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
5.1.1 Beskryf hoe die gebruik van die volgende die negatiewe effek van
ANOREKSIE ('n eetversteuring wat tot oordadige gewigsverlies lei)
soos uitgebeeld in FIGUUR A, beklemtoon:
• Gebruik van ruimte
• Visuele beelde
• Tipografie (6)
5.1.2 Gee 'n definisie van sosiokulturele ontwerp en verduidelik in 'n
opstel (ten minste 1½ bladsye) hoe hierdie definisie van toepassing
is op:
• Die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/
ontwerpgroep
• Die werk van EEN kontemporêre internasionale ontwerper/
ontwerpgroep
Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s) wat jy voorheen
bespreek het of na wie in hierdie vraestel verwys word NIE. (14)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
5.2 5.2.1 Bespreek hoe kunshandwerksentrums 'n positiewe bydrae tot ons
ekonomie kan lewer. (3)
5.2.2 Skryf 'n koerantartikel (van ten minste EEN bladsy) waarin jy EEN
tradisionele kunshandwerk wat jy hierdie jaar bestudeer het,
bespreek. Verwys na die onderskeie funksies van die
kunshandwerk, asook die materiale en tegnieke betrokke by die
produksie daarvan. Verwys na ten minste EEN voorbeeld om jou
antwoord te ondersteun. (7)
5.2.3
FIGUUR A: USB-armbande deur FIGUUR B: Baobab (Kremetart-)
Africa!Ignite (Suid-Afrika), 2005. lig deur Umcebo Design
(Suid-Afrika), 2009.
Geïnspireer deur die ontwerpe hierbo, skryf 'n opstel (van ten minste EEN
bladsy) oor enige EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/groep
wat tradisionele kunshandwerktegnieke/-materiale op 'n moderne/
kontemporêre produk toepas.
Verwys na die volgende in jou bespreking:
• Naam van die ontwerper/groep en sy/haar/hulle ontwerpproduk
• 'n Gedetailleerde beskrywing van hoe die tradisionele
tegnieke/metodes en materiaal/materiale toegepas is op
moderne/kontemporêre ontwerp. Verwys na spesifieke voorbeelde.
• Bespreek die sosiokulturele bydrae
Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s) wat jy voorheen bespreek het
of na wie in hierdie vraestel verwys word NIE. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 6
6.1
FIGUUR A: 'Grapple' (stoorhake) deur Ryan Frank en die
Tapegear Design Team (Suid-Afrika), 2013.
'Grapple' is 'n opwindende nuwe konsep van die internasionaal erkende Suid-
Afrikaans gebore ontwerper, Ryan Frank en die Tapegear Design Team. Hulle
verander grassnysels in volledig hernubare natuurlike plastiekagtige stoorhake. Die
maatskappy is op soek na beleggers om die produksiereeks te help befonds.
Skryf 'n brief aan beleggers waarin jy motiveer waarom jy hierdie maatskappy wil
bevorder deur na die volgende te verwys:
• Teikenmark
• Volhoubaarheid
• Funksionaliteit
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
6.2 Bespreek die werk van enige EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse EN EEN
kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpagentskap of -ateljee (ten
minste 1½ bladsye) wat jy hierdie jaar bestudeer het, wie se werk aan
omgewings- en/of volhoubare kwessies aandag gee.
Verwys na die volgende in jou bespreking:
• Naam van die ontwerper/groep
• Hoe die ontwerper/ontwerpagentskap of -ateljee aandag gee aan
omgewingskwessies in sy/haar/hulle ontwerpproses
• Die titel en 'n kort beskrywing van ten minste EEN groot projek
onderneem deur hierdie ontwerper/groep
Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s) wat jy voorheen bespreek het of na
wie in hierdie vraestel verwys word NIE. (14)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Eng)

Memorandum
Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)
Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper