Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2015 Memo (Afr)

MemorandumDramatic ArtsGrade 12201525 pages

Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE FEBRUARIE/MAART 2015 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 25 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum ALGEMENE NOTAS AAN NASIENERS 1. As 'n nasiener, skryf kort opmerkings waarom 'n punt opwaarts of afwaarts aangepas is indien die memorandum nie duidelike riglyne gee nie en die nasiener eie diskresie moet gebruik. 2. Maak duidelike regmerkies om die punt wat behaal is, aan te dui. Nasieners moet aktief by die antwoord betrokke raak. 3. Hoofnasieners moet rubrieke met nasieners fasiliteer. Gebruik die kriteria en vlakbeskrywings van Dramatiese Kunste om die nasien te lei. 4. Hou gereelde konsultasies om te verseker dat nasienwerk gestandaardiseer is. 5. In die geval waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde skryf, moenie penaliseer nie (bv. opstelvraag). 6. Die memorandumbesprekingsforum kan nie genoegsaam alle antwoorde voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en ontvanklik wees vir kandidate se antwoorde. Hulle moet seker maak dat verskillende onderwysstyle nie die kandidaat benadeel nie. 7. Nasieners wy die eerste dag aan die bestudering van die kwaliteit en kwantiteit van bewyse in die memorandum, standaardiseer die vereiste antwoorde en vind gemeenskaplike definisies en konsepte. 8. Sien globaal na, waar moontlik. Maak voorsiening vir interpretasies wat goed uit die toneelteks gemotiveer is. Gee krediet vir insigvolle idees en konsepte. 9. Maak seker dat kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum INSTRUKSIES EN INLIGTING SOOS IN DIE VRAESTEL GEGEE 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30 punte) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40 punte) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40 punte) AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en Vaardighede (40 punte) 2. AFDELING A VRAAG 1 is VERPLIGTEND. Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke 20ste-eeuse Teaterbeweging. EPIESE TEATER • Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht • Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • Mother Courage Bertolt Brecht • Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht • Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small OF TEATER VAN DIE ABSURDE • Waiting for Godot Samuel Beckett • Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks • Bagasie André P Brink • The Bald Primadonna Eugene Ionesco • Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks OF POSTMODERNE TEATER • Skrapnel Willem Anker • Top Girls Carol Churchill • Popcorn Ben Elton • Buried Child Sam Shepard 3. AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis 4. AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce VRAAG 7: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. VRAAG 8 is VERPLIGTEND. VRAAG 8: Teatergeskiedenis, Praktiese Konsepte, Inhoud en Vaardighede Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS VRAAG 1 Die kandidaat moet hierdie vraag in die vorm van 'n opstel antwoord en die toneelteks wat hy/sy bestudeer het, as voorbeeld gebruik: ÓF Teater van die Absurde ÓF Epiese Teater ÓF Postmoderne Teater Gebruik die rubriek om die opstelle na te sien. Neem die kandidaat se benadering tot die onderwerp in ag. Gemotiveerde, oorspronklike antwoorde wat insig toon, moet gekrediteer word. PUNT BESKRYWER Kandidaat het 'n duidelike begrip van die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer het, met die aanhaling verbind. Kandidaat kan 'n diskursiewe/breedvoerige opstel Uitstekend skryf, die geldigheid van die aanhaling ondersteun en gebruik konkrete, spesifieke voorbeelde uit die 27–30 beweging en toneelteks. Die kandidaat bespreek ten minste 3 van die punte, en kies gepaste punte uit die lys wat verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het. Hy/Sy fokus op die 'waarheid oor die lewe en die maatskaplike situasie' en gebruik die toneelteks wat bestudeer is om sy/haar antwoord te motiveer. Kandidaat se antwoord weerspieël insig, diepte van begrip en uitstekende bevoegdheid in effektiewe kommunikasie in 'n diskursiewe opstel. Insiggewend en uniek. Kandidaat verstaan die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer het, met die aanhaling verbind. Kandidaat kan 'n diskursiewe/breedvoerige opstel skryf wat die Baie Goed geldigheid van die aanhaling ondersteun en gebruik voorbeelde uit die beweging en toneelteks. Die 24–26 kandidaat bespreek ten minste 3 van die punte, kies sommige gepaste punte uit die lys wat met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het, verbind kan word. Hy/Sy fokus op die 'waarheid oor die lewe en die maatskaplike situasie' en gebruik die toneelteks wat bestudeer is om sy/haar antwoord te motiveer. Kandidaat se antwoord weerspieël redelike diepte van begrip en die vermoë om dit in 'n diskursiewe opstel te kommunikeer. Kandidaat verwys na die aanhaling en verbind die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer het, met die aanhaling. Kandidaat probeer om die geldigheid van die aanhaling te ondersteun en gebruik voorbeelde uit die beweging en toneelteks. Die kandidaat bespreek ten minste 3 van die Goed 21–23 punte, kies sommige gepaste punte uit die lys wat met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het, verbind kan word. Hy/Sy fokus op die 'waarheid oor die lewe en die maatskaplike situasie' en gebruik die toneelteks wat bestudeer is om sy/haar antwoord te motiveer. Kandidaat se antwoord weerspieël die vermoë om dit in 'n opstel te kommunikeer. Kandidaat kan direk na die aanhaling verwys, maar is meer geneig om 'n verband af te lei, eerder as Bevredigend om dit direk te noem. Hy/Sy bespreek die toneelteks en die teaterbeweging. Kandidaat probeer om 18–20 die beweging en toneelteks te verbind. Kandidaat bespreek sommige van die punte, kies sommige punte uit die lys wat met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het, verbind kan word. Hy/Sy kan meer punte uit die lys dek, maar op 'n oppervlakkige wyse. Sommige foute in uitdrukking kan gevind word. Kandidaat sal waarskynlik 'n verband met die aanhaling aflei eerder as om dit direk te noem. Hy/Sy Gemiddeld verduidelik die toneelteks en teaterbeweging. Kandidaat slaag daarin om sommige voorbeeld(e) van 15–17 drama-teoretici/-praktisyns, toneelstukke of tekste te gee, maar is dikwels nie in staat om dit met die aanhaling te verbind nie. Kandidaat gee sommige basiese beskrywings van punte maar kan nie die teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol verbind nie. Maak gewoonlik breë stellings wat met drie of meer van die punte verbind kan word. Kandidaat sal waarskynlik die aanhaling ignoreer en dit per ongeluk in verband bring, eerder as doelbewus. Hy/Sy beskryf die toneelteks en teaterbeweging. Kandidaat slaag daarin om sommige Elementêr voorbeelde van drama-teoretici/-praktisyns, toneelstukke of tekste te gee, maar is dikwels nie in staat 11–14 om dit met die aanhaling te verbind nie. Kandidaat gee sommige beskrywings van punte, maar kan nie die teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol in verband bring nie. Maak gewoonlik stellings wat met drie of meer van die punte verband hou en fokus dikwels in sy/haar antwoord op die intrige. Kandidaat se antwoord is deurmekaar en vol foute. Kandidaat ignoreer die aanhaling en bring dit per ongeluk in verband, eerder as doelbewus. Swak 0–10 Kandidaat gee sommige beskrywings van punte, maar kan nie die teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol in verband bring nie. Maak algemene stellings. Kandidaat is vaag en rammel voort oor irrelevant inligting. Uitdrukking is foutief. 'n Diskursiewe opstel moet, waar toepaslik, 'n stelling maak, verduidelikings en/of voorbeelde gee. TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994) Die kandidaat moet slegs EEN vraag uit hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON 2.1 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Aanvaar twee goed gemotiveerde punte of vier kort punte. Dit is beskou as die 'most terrible street in Johannesburg' as gevolg van die Paskantoor. Swart mans sou vir dae of selfs weke in 'n ry staan net om 'n werkspermit of pas te kry om hulle in staat te stel om te werk. Dit was baie vernederend omdat hulle dikwels in die proses onmenslik behandel en verkleineer is. Hulle is nie toegelaat om te werk as hulle nie 'n pas gehad het nie en hulle moes die pas wys indien hulle deur die polisie gestop is. As hulle nie een gehad het nie, sou hulle in hegtenis geneem word en vir 'n ongespesifiseerde tyd tronk toe gestuur word. By die Paskantoor is groot mans deur jong, wit klerke bespot en sleg behandel. Hulle is deur amptenare onderwerp aan misbruik en slegte behandeling. Die ergste deel van hierdie stelsel was dat die pas vir beperkte tydperke uitgereik is, wat beteken het dat swart mans dikwels moes teruggaan om hul pasdokumente te hernu. Dit het beteken dat hulle aan dieselfde onregverdige proses onderworpe is van wag vir dae of weke. Dit was ook 'n plek waar hulle vir voornemende werkgewers gewag het wat hulle dikwels uitgebuit het. (4) 2.2 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. 'n 'Six month special' was 'n werkspermit wat die draer toegelaat het om vir 'n tydperk van ses maande te werk. Dit was belangrik vir die draer omdat hy vir 'n volgehoue tydperk (ses maande) kon werk en geld verdien. Dit sou beteken dat hy eers oor ses maande na die Paskantoor sou teruggaan. Dit het hom geld, tyd en die vernedering van wag gespaar. (4) 2.3 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Die gehoor kan met Percy saamstem dat Mbongeni jaloers is op sy 'six month special' in welke geval hulle dalk vir Mbongeni kon 'boe'. OF As hulle soortgelyke ervarings gehad het, sou hulle daarvan bewus gewees het dat selfs 'n 'six month special' nie goed genoeg was nie, want sodra dit verstryk het, moes die werker steeds teruggaan na die Paskantoor om 'n nuwe een te kry en weer aan die hele proses onderwerp moes word. Hulle sal ook bewus wees dat selfs met die 'six month special', mans steeds moes kruip vir werk omdat hulle nie gewaarborg was van werk nie. Hulle is almal steeds uitgebuit en soos honde deur hul wit werkgewers behandel. Hulle kan Mbongeni dus toejuig en in ooreenstemming met hom hoera roep. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 2.4 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Vokaal Volume: Percy kon begin deur hard te praat as hy Morena roep. Hy sou dan sy volume vir reël 3–7 verlaag. Sy volume sal toeneem, want hy is baie opgewonde om 'n 'six month special' te hê. Toon: Hy sou aanvanklik pleit as hy vra vir Morena vra om na Albert Street te kom. Sy toon sal verander na een van woede en bitterheid as hy dink aan die lyding wat deur swart mans by die Paskantoor ervaar word. In die laaste paar reëls sou sy toon verander na een van opgewondenheid omdat hy gelukkig is dat hy 'n 'six month special' het. Fisies Percy sou begin deur op die verhoog rond te loop met sy hande wat sy oë beskerm soos hy in die gehoor vir Morena soek. Hy kan arm- en handgebare gebruik om te beklemtoon hoe nodig hy vir Morena by Albert Street het. Sy gesigsuitdrukking kan sy woede en bitterheid weerspieël as hy praat oor Albert Street, met die wenkbroue gelig of geplooi in 'n frons, sy neusvleuels kan gesper word en kwaai gesigsuitdrukkings. Dit kan in 'n glimlag verander as hy opgewonde raak. (6) 2.5 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar twee goed gemotiveerde punte. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Diskriminasie teen swart mense, en in die besonder van werkers, is duidelik in Mbongeni se stelling: 'But you're still their dog.' Hulle is baie sleg behandel omdat hulle moes wag om 'n pasboek te kry wat hulle die reg sou gee om te werk. Sonder hierdie dokument is hulle nie toegelaat om te werk of om in sekere gebiede gesien te word nie omdat die pasboek eintlik 'n dokument was om die bewegings van swart mense te beheer. In die drama werk Percy en Mbongeni baie hard vir lang ure vir 'n baie klein loon. Hulle word baie sleg behandel deur hul werkgewer, Baas Kom, wat dreig om hulle af te dank elke keer as hulle nie met hom saamstem nie of as hulle oor hul werksomstandighede kla. Hul werkgewer dreig hulle deur te sê dat daar honderde mense op soek is na werk en hulle moet dankbaar wees vir die werk wat hulle het. Die werkgewer laat hulle nie toe om basiese menseregte/ werkerregte te hê nie. As arbeiders het hulle nie die reg tot aksie nie, en moes daarom onregverdige behandeling, diskriminasie en bedreigings om hulle af te dank of hul loon te verminder, aanvaar. Mbongeni sê dat die lewenskoste en inflasie te hoog is. As gevolg van diskriminasie is swart mense nie 'n goeie loon betaal nie en kon skaars met hulle geld uitkom. Hulle het nie genoeg geld vir huur, skoolgeld en lewenskoste gehad nie. Diskriminasie het dus die siklus van armoede onder swart mense verewig. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 2.6 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Die motor verteenwoordig potensiële werk vir Percy en Mbongeni. Hulle spring op en volg die motor soos hulle albei kompeteer vir die wit man se aandag. Hulle probeer hul vaardighede verkoop deur te probeer om beter as die ander een te wees om werk te kry. Hul optrede raak al hoe erger/heftiger soos wat hulle probeer om die potensiële werkgewer te beïndruk. Hulle probeer hul eie kanse verbeter, daarom probeer hulle so na as moontlik aan die motor kom sodat hulle eerste gehoor kan word. Die motor beweeg, daarom sal hulle moet rondhardloop. Van informeel geselsies maak as vriende, is hulle nou mededingers vir 'n werk. (4) 2.7 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Aanvaar EEN gebaar en EEN beweging, ten volle verduidelik. Gebaar 'n Regisseur kan 'n akteur lei om sy/haar arms en hande te gebruik om aandag na die motor te trek en die posisie van die motor aan te dui. Die progressie in dialoog stel voor dat die akteur sy afwagting op die hand, arm en gesig verander, om 'n meer onderdanige effek te skep as hy met die 'baas' praat. In die akteur se gesig, hande, arms, bolyf en die res van sy liggaam – mag die finale reël geïnterpreteer en weerspieël word as 'n gretigheid om tevrede te stel. Beweging Die akteurs kan op en af spring wanneer hulle agterkom daar is 'n motor. Miskien kan hulle hul arms beweeg, groot sirkelvormige bewegings maak om aandag na die motor te trek. Die akteurs moet op 'n sekere punt fisies na die motor beweeg, op 'n opgewekte manier en met afwagting. As hulle die 'baas' vra of hy op soek is na werkers, kan hulle al sy fisiese bewegings beperk om onderdanigheid te toon. Terwyl hulle die 'baas' oortuig dat hulle 'n pas het om te werk, kan hulle regop staan en vertroue uitstraal of hulle kan mekaar stamp en stoot in 'n poging om hulself aan die 'baas' aan te bied. (4) 2.8 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. 'n Subjektiewe antwoord word vereis. Aanvaar 'ja' of 'nee', maar antwoorde moet goed gemotiveer word. Geen punte sal vir slegs 'ja' of 'nee' toegeken word nie. Voorbeeld: Ja: Die drama het slegs twee akteurs wat verskeie karakters uitbeeld en dit is duidelik uit die plakkaat. Hulle lyk vol lewe en energiek. Die relevante inligting is duidelik sigbaar. No: Nie al die inligting op die plakkaat is duidelik nie. Die foto van die akteurs is nie interessant nie en sal nie mense se aandag daarop vestig nie. Dit is 'n swart-en-wit-plakkaat, dus trek dit nie aandag nie. Dele van die skrif op die plakkaat is nie duidelik sigbaar nie. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 2.9 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Leerders sal baat vind deur na 'n opvoering van die toneelteks te kyk, want dit is 'n baie fisiese spelstyl. Leerders sal in staat wees om te sien hoe twee akteurs 'n verskeidenheid rolle speel deur fisies en vokaal van karakter na karakter te transformeer. Dit sal leerders baat as hulle kan sien hoe maklik dit is om van karakter te verander deur die gebruik van gebare, gesigsuitdrukkings, toon, aksent, ens. Hulle sal die vaardighede wat deur die akteurs gebruik word, soos verbale dinamika en mimiek, wat hulle in hul optredes kan gebruik, kan sien. Hulle sal ook sien hoe Arm/Gestroopte Teater-tegnieke gebruik kan word om 'n toneelstuk te skep en dat ingewikkelde kostuums en rekwisiete nie nodig is nie. Deur na die opvoering te kyk, kan die leerders leer hoe om hul stemme en liggame te gebruik om karakters op die verhoog tot lewe te laat kom. Ander vaardighede kan die volgende insluit: fokus, konsentrasie, luister en reageer, aksie en reaksie, emosionele integrasie, die vind van die waarheid in die oomblik, ens. (6) [40] VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY 3.1.1 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Kandidate mag enige drie karakters kies. Voorbeeld: • Jakes Joernalis, intellektueel – lessenaar, tikmasjien, tydskrifte, bv. Drum Magazine, ens. • Mamariti Sjebeen-koningin ('Shebeen Queen'), lui – gemaklike stoel of rusbank, alkohol, drankglase, kartonne sorghumbier, ens. • Lulu Skoolmeisie – skoolsak, boeke, tafel om huiswerk te doen, ens. (6) 3.1.2 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Al die karakters sal hul skok en ongeloof in reaksie op Ruth se siening wys omdat hulle 'n bad as 'n luukse item beskou. Nasieners: Aanvaar enige beskrywings van fisiese reaksies op hierdie stelling bv. hulle kan hul hande in die lug gooi en weer laat sak as 'n teken dat hulle opgee of hul skouers oplig en na Ruth staar. Wys na haar. Verbaasde kyke, kake val oop, ens. Princess kan direk na die gehoor kyk met haar een voet vorentoe en een hand op die heup. (4) 3.1.3 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Toon Aanvanklik liefdevol en vriendelik wanneer Princess aangespreek word. Dit verander na 'n bevelende, aggressiewe toon wanneer hy Charlie aanspreek. Volume Sag wanneer hy liefdevol met Princess praat en verander na hard wanneer hy Charlie beveel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum Tempo Stadige en gelyke tempo wanneer hy met Princess flankeer en verander na vinniger opdragte wanneer hy Charlie aanspreek. (6) 3.2.1 Nasieners: Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Die bad is 'n ongewone item, want die huis is nie gebou om 'n bad te akkommodeer nie en 'n bad kon as 'n luukse item in Sophiatown gesien word. Die meeste van die karakters in die drama is nie daaraan gewoond om 'n bad te gebruik nie. (2) 3.2.2 Dit is gebruik om Mamariti se bier te brou. (2) 3.2.3 Hulle moet na die bad wys om die gehoor se aandag daarop te fokus. Hulle wys na Lulu om met haar die draak te steek en dra by tot die humor van die toneel. Die gebare is bedoel om die karakter in die bad te spot, want dit is die eerste keer dat daar 'n bad in die huis is en die feit dat daar geen water in die bad is nie, maak die toneel baie komies. (2) 3.2.4 Nasieners: Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Lulu. Sy is 'n sestienjarige meisie. Sy is Mamariti se dogter en Mingus se jonger suster. Sy is nie tevrede met Bantoe-onderwys nie. Sy wil 'n beter lewe hê en erken dat sy dit kan kry deur 'n goeie opvoeding. Sy kom goed met die ander karakters oor die weg, behalwe met Princess. Lulu is 'n intelligente, uitgesproke tiener wat namens Mamariti onderhandel. Sy gee 'n eerlike mening oor haar omgewing en situasie, byvoorbeeld wanneer sy 'n opstel oor haar gesin skryf, skryf sy dat haar broer 'n dief is. Sy bewonder Ruth en sien op na haar. (6) 3.2.5 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Gesigsuitdrukking Dit lyk of die meisie se gesig 'n uitdrukking van woede en irritasie uitbeeld. Haar oë is na onder gerig, haar mond is op 'n plooi getrek en haar voorkop is in 'n frons geplooi. Haar kop is weggedraai van die ander karakters. Lyftaal Sy sit met haar skouers vooroor in die bad. Haar arms is styf voor haar bors gevou. Haar knieë is effens opgetrek en haar skouers is weggedraai van die ander karakters af. Haar lyftaal dui op ongelukkigheid/ergernis. (4) 3.2.6 Nasieners: Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Lulu is 'n skoolmeisie. Sy verteenwoordig die duisende skoolkinders wat deur Bantoe-onderwys ontnugter is. Deur haar word die kwessie van onderwys ontwikkel. Sy wil nie skool toe te gaan nie, want sy voel Bantoe-onderwys is waardeloos en berei haar nie voor vir 'n beter toekoms nie. Sy voel dat 'n opvoeding in gedrang erger is as geen opvoeding nie. Mamariti, haar ma, is ongeletterd, maar wil net die beste vir Lulu hê en voel dat enige opvoeding beter is as geen. Lulu se opvoeding is deur die vernietiging van Sophiatown ontwrig en dit weerspieël die lot van baie ander studente in Sophiatown. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 3.2.7 Nasieners: Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Die toneelstuk is van toepassing in 'n moderne Suid-Afrika, want dit bevat universele temas en kwessies. Dit beeld ook die geskiedenis van Sophiatown en Suid-Afrika uit. Dit is 'n dokumentasie van 'n paar van die kwessies wat algemeen in die apartheidsera voorgekom het, soos Bantoe-onderwys, gedwonge verskuiwings, ens. en die impak daarvan op mense se lewens. Dit is waardevol, want ons kan leer uit ons verlede en nie weer dieselfde foute maak nie. Dit gee aan die gehoor 'n begrip van die lewe in Sophiatown tydens die apartheidsera. Dit leer ons ook dat mense van verskillende rasse en kulture in vrede en harmonie kan saamleef. Toneelmatig bevat die toneelstuk kleurvolle karakters, sang, dans, vertelling en wisselende teatertegnieke en -style. Die toneelstuk skep 'n bewustheid van hoe die samelewing sosiaal, polities en ekonomies verander het. (6) [40] VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS 4.1.1 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. • Giel Tjokkie voel dat Giel Ma misbruik, en die enigste rede waarom hy saam met Ma is, is as gevolg van die pensioen wat sy ontvang. Hy sien Giel as iemand met geen ambisie nie en iemand wat sal loop sodra hy 'n bietjie geld kry. Hy is skaam dat sy ma saam met iemand soos Giel woon. • Ma Tjokkie is lief vir sy ma, maar hy is terselfdertyd skaam vir haar reputasie en die feit dat sy ooglopend deur 'n nikswerd soos Giel gemanipuleer en misbruik word. Hy is gefrustreerd dat sy ma 'n lewe van swaarkry aanvaar. • Tiemie Tjokkie is beskermend teenoor sy suster. Hy het die hoop uitgespreek dat sy die grense van die Suburbs sou verlaat en 'n beter lewe vir haarself sou maak. Hy sien haar as 'n snob ('stuck-up'), maar iemand met skoonheid, ambisie en die potensiaal om te ontsnap. Hy is baie ontsteld en teleurgesteld toe hy uitvind dat sy swanger is met Jakes se kind. (6) 4.1.2 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Tjokkie is die 'Siener' waarna in die titel van die drama verwys word. Hy het die vermoë om die toekoms te sien, dikwels op 'n baie abstrakte en simboliese wyse. Die karakters rondom Tjokkie weet dat hy die vermoë het om in die toekoms te sien. As gevolg van die meeste van die karakters se individuele, persoonlike kwessies en, uiteindelik, haglike omstandighede, probeer die karakters Tjokkie manipuleer en boelie om in die toekoms in te sien. Op hierdie manier hoop die karakters om hulle eie situasies te verbeter. Giel wil desperaat hê dat Tjokkie die wenner van die perde sien sodat hy kan ontsnap van die Suburbs sodra hy 'n bietjie geld bymekaargemaak het deur middel van sy wengeld. Jakes wil hê Tjokkie moet sien of hy die pa van Tiemie se kind is omdat hy op hierdie manier 'n permanente houvas op haar sal hê. Giel en Jakes boelie Tjokkie om in die toekoms te sien en deur hul volharding sien hy wel uiteindelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum Dit is dán wanneer die drama 'n tragiese wending inneem. Giel kry sy voorspelling, wen op die perde en verlaat uiteindelik vir Ma en die res van die gesin. Jakes is woedend as gevolg van die nuus dat hy moontlik nie die pa van Tiemie se kind is nie. Hy rand Tiemie aan. Tjokkie voel dat hy eintlik die skuld moet dra en neem tragies sy eie lewe. (6) 4.1.3 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Aanvaar indien kandidate kommentaar lewer oor die taal van elk van die karakters. Die meeste van die karakters se dialoog is deurspek met sleng, bv. 'stuck-up', 'ennieway'. Hul Afrikaans is baie informeel en ook deurspek met Engelse omgangstaal. Dit dui op 'n arm sosio-ekonomiese agtergrond. Hulle is die spreekwoordelike 'wit gemors' in die voorstede. Die dialoog is soms ook baie aggressief en konfronterend, bv. 'bitch', 'gedôner', ens. Dit beklemtoon dat die karakters nie die emosionele gereedskap het om hul gevoelens op 'n volwasse wyse oor te dra nie. (6) 4.1.4 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. In hierdie uittreksel is Tjokkie baie konfronterend. Hy is gefrustreerd met sy ma se leefstylkeuses sowel as haar verlede. Hy is ook teleurgesteld as gevolg van die feit dat Tiemie swanger is. Vokaal Konfronterend en kwaad. Hy sal ook met tye emosioneel wees. Sy tempo sal vinnig wees soos wat hy sy woede ontsluit. Met tye sal hy pouseer soos hy probeer om sy emosies te formuleer. As hy Tiemie uiteindelik konfronteer, sal sy tempo toeneem soos hy sy frustrasie op haar fokus. Meestal sal die volume wat hy gebruik, hard wees soos hy daarop aandring dat die waarheid ontbloot moet word. Dit is slegs wanneer die erns van Tiemie se swangerskap hom laat besef dat sy bestem is om die dieselfde lewe as Ma te leef dat hy sy volume sal wissel en sagter sal praat as hy 'verdomp' herhaal. Hy sal skaars pouseer, want dit is die oomblik in die toneelstuk wanneer hy sy rou emosies ten opsigte van hul lewens in die Suburbs openbaar. Fisies Baie uitdrukkingsvol en geanimeerd. Sy postuur sal aandui dat hy konfronterend is en dalk leun hy in die rigting van die persoon wat hy konfronteer. Hy sal met groot gebare beduie en hy sal 'n gepynigde/ongelowige uitdrukking op sy gesig hê. Sy liggaam sal verander en meer oop wees: van die Tjokkie wat homself klein van postuur hou na die man wat nou die werklikheid met 'n oop houding konfronteer. Tjokkie sal dalk ook heen en weer loop en sy bewegings sal al hoe vinniger wees soos hy meer opgewonde raak. Met tye kan hy sy kop uit pure frustrasie en woede skud. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 4.2 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Laat interpretasies toe wat goed gemotiveer is uit die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Sien globaal na. Beligting • Jakes: Beklemtoon hom as gevaarlik en gee 'n vooruitskouing van die tragedie aan die einde van die toneelstuk. • Tjokkie: Beklemtoon sy woede en later sy toestand van wanhoop. Klank • Die klank van Jakes se motorfiets – beklemtoon sy opstandige en boelieagtige aard. • Die musiek van die radio in die huis – dui op die tydperk, Tiemie se verlange na 'n beter lewe, onheil. • Die perdewedrenkommentaar oor die radio – Giel se dobbelverslawing. Kandidate kan 'n verskeidenheid beligting (insluitend kleure of tipes beligting- effekte) en byklanke wat die tydperk, die sosio-ekonomiese omgewing sowel as die karakters weerspieël, noem. (6) 4.3 Nasieners: Laat interpretasies toe wat goed gemotiveer is uit die teks. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Sien globaal na. Kandidate moet op die verskillende stimuli in die aanhaling reageer, maar dit is belangrik dat argumente deur voorbeelde uit die teks ondersteun word. • Temas is universeel en bly aktueel en relevant – die aard van die toneelstuk laat moderne interpretasies toe. • Tegnies kan die toneelstuk opgevoer word met gebruik van slegs basiese ligte, klank, stel, rekwisiete, ens. • Die karakters is realisties en kostuums is dus maklik beskikbaar en goedkoop. • Die aard van die toneelstuk laat interpretasies in 'n verskeidenheid omgewings toe. Opvoerruimtes kan maklik aangepas word om by 'n spesifieke interpretasie te pas. • Die toneelstuk is didakties en sal 'n waardevolle onderrig- en leerervaring wees. PUNTE BESKRYWER 9–10 Uitstekend Kandidaat het 'n uitstekende begrip van die toneelstuk en gebruik 'n verskeidenheid argumente met relevante voorbeelde as motivering. 7–8 Baie goed Kandidaat het 'n baie goeie begrip van die toneelstuk en gebruik 'n verskeidenheid argumente met voorbeelde as motivering. 5–6 Goed Kandidaat het 'n goeie begrip van die toneelstuk en gebruik enkele argumente met voorbeelde as motivering. 3–4 Gemiddeld Kandidaat het 'n gemiddelde begrip van die toneelstuk. Gebruik slegs een of twee argumente met beperkte voorbeelde uit die toneelstuk as motivering. Geneig om breër stellings oor die toneelteks te maak. 0–2 Swak Kandidaat het 'n swak begrip van die toneelstuk. Maak basiese verwysings na die toneelstuk wat irrelevant is. Dikwels niks meer nie. (10) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE TEATER (NÁ 1994) Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI 5.1.1 Nasieners: Laat interpretasies toe wat geldig, toepaslik en goed gemotiveerd is uit die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Sien globaal na. Sipho Hy dra konserwatiewe klere, gerespekteerde styl, waarskynlik donker broek en 'n wit, gestyfde hemp, moontlik ietwat slonserig omdat hy by Sky se sjebien was. Hy het waarskynlik sy baadjie uitgetrek en sy moue is dalk opgerol. Hy het dalk ook sy das afgehaal. Thando Sy is 'n konserwatiewe onderwyseres en sy werk ook as 'n tolk by Waarheids- en-Versoeningskommissie (WVK). Sy dra beskeie klere, moontlik 'n broekpak of romp en hemp en gemaklike skoene. Mandisa Sy is 'n Britse mode-ontwerper. Flambojante, lewendige, moderne klere wat geskik is vir iemand wat as 'n mode-ontwerper in die Verenigde Koninkryk gewoon en gewerk het. Haar skoene kan uitspattig wees. Haar klere (6) weerspieël haar lewendige, individualistiese persoonlikheid. Wanneer sy by die WVK-verhore is, sal sy dalk minder flambojante klere dra. 5.1.2 Nasieners: Laat interpretasies en tegnieke toe wat goed gemotiveer is uit die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Gegewe omstandighede Sipho Themba is oorlede. Die aankoms van sy veraste liggaam tree op as 'n katalisator vir Sipho se reaksies. Hy het baie verloor: sy verwagte posisie as hoofbibliotekaris, sy vrou (as gevolg van die affair), ens. Dit beïnvloed sy gemoedstoestand/ emosionele toestand en die keuses wat hy daarna maak (oorsaak-tot-effek). OF Thando Sy is seergemaak as gevolg van die verlies van haar ma. Sy het as gevolg daarvan 'n diepgewortelde gevoel van verantwoordelikheid en deernis vir haar pa. Sy is verloof, maar woon by die huis. Sy ervaar innerlike konflik as gevolg van haar begeerte om saam met Mandisa Johannesburg en Londen toe te gaan en haar sensitiewe aard intensiveer haar emosies vir die situasie. OF Mandisa Sy het ook haar pa verloor en neem Sipho as haar nuwe vaderfiguur aan. Sy is in haar Suid-Afrikaanse gesin ingesluit. Sy het van 'n vreemde 'tuisland' na die New Brighton-omgewing toe gekom, wat ook vreemd is vir haar. Sy hoor vir die eerste keer die stories van haar pa se affair en besef dat Thando haar biologiese suster kan wees. Sy is geskok. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 14 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum Emosionele geheue: Akteurs moet hul eie emosies, soortgelyk aan dié wat deur die karakter se gegewe omstandighede gestimuleer word, onthou en hul emosies toepas op die teater- en dramatiese situasie. Akteurs moet emosioneel betrokke raak. Kandidate kan spesifieke emosies noem wat geskik is vir die karakter wat hulle gekies het. Magiese As ('Magic If'): Akteurs moet die vraag vra: 'As ek in hierdie karakter se posisie was, hoe sou ek dink of voel om op te tree/te reageer?' Dit verifieer en motiveer/gee 'n rede vir die akteur se reaksies. (6) 5.1.3 Nasieners: Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde wat op die ontleding van stem en beweging van EEN karakter fokus, met verwysings uit die teks. Sien globaal na. Kandidate mag enige EEN karakters uit die toneelteks kies. Vokaal Die volgende mag bespreek word: tempo, spoed, volume, stemtoon, pousering, frasering, ens. Fisies Die volgende mag bespreek word: gebare, gebruik van die arms, hande, postuur, gesigsuitdrukking, beweging, posisie van die liggaam, ens. (6) 5.2.1 Nasieners: Aanvaar enige relevante idees wat hierdie tipe teater verduidelik. Dit is teater wat 'n voorheen verdeelde samelewing en individue bymekaarbring, deur onderwerp, temas en boodskappe. (2) 5.2.2 Nasieners: Aanvaar enige TWEE kwessies wat geldig, toepaslik en goed gemotiveer is. Sien globaal na. Die volgende is 'n paar kwessies wat veroorsaak het dat Sipho konflik en nood ervaar het. Hierdie lys dien slegs as 'n riglyn. • Wedywering onder broers en susters • Ouerlike voortrekkery • Themba se dood • Luvuyo se dood • Themba se affair met Sindiswa • Themba se aktivisme en ballingskap • Opvoedkundige ongelykhede • Sy pa se begrafnis (4) 5.2.3 Nasieners: Laat interpretasies en tegnieke toe wat geldig, toepaslik en goed gemotiveer is uit die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Sien globaal na. Die volgende dien slegs as 'n riglyn en alle goed gemotiveerde antwoorde moet oorweeg word. Kandidate kan kwessies oor konflik of skeiding in die Makhaya-gesin identifiseer om die reis na vergifnis en versoening te verduidelik. Kandidate kan hul menings oor wat die mense in die gesin bymekaarbring, bespreek. Voorbeeld: Sipho wil net weet dat Themba vir hom lief was. Hierdie wete bevry Sipho om sy broer sowel as sy vrou te vergewe en aan te beweeg. 'n Dieper empatie en begrip vir mekaar sal lei tot vergifnis, waardeur verhoudings genees en individue emosioneel genees word. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 15 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 5.2.4 Nasieners: Kandidate kan dit ook met hul eie persoonlike ervarings in verband bring. Die gehoor empatiseer met die karakters se gevoelens en situasie. Daar is 'n intieme akteur-gehoor-verhouding. Die gehoor kry 'n boodskap dat versoening moontlik is deur middel van waarheid en vergifnis. (4) 5.2.5 Nasieners: Laat interpretasies toe wat geldig, toepaslik en goed gemotiveer is uit die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Sien globaal na. Mandisa Sy woon in Londen en is gewoond aan 'n demokratiese politieke stelsel. Sy kom met haar liberale siening vir haar pa se begrafnis in Suid-Afrika aan. Sy is geskok oor die besonderhede van die apartheid-gruweldade, soos dit eerstehands deur Sipho en Thando vertel word en is gefassineer deur die Waarheid-en- versoeningsproses. Sy is ingelig oor die Waarheid-en-versoeningsproses, gelei deur Biskop Desmond Tutu. In die WVK-proses word die waarheid geopenbaar, en vir die slagoffer lei die keuse om te vergewe tot persoonlike bemagtiging en die vryheid om aan te beweeg. Op sy beurt lei dit tot maatskaplike vryheid en 'n nuwe Suid-Afrika. Sy stem saam dat, as versoening tussen rasse bereik moet word, die waarheid oor oortreders vertel moet word en deur die oortreders beken moet word. Sy stem ook saam dat diegene wat vir misdade teen die mensdom verantwoordelik is, tot verantwoording geroep moet word. Die waarheid oor haar pa en oom se verhouding raak 'n gevoelige snaar aan en raak haar emosioneel dieper. Sy behou egter haar perspektief en verwelkom die waarhede wat oor hul verhouding geopenbaar word. Sy glo dat, as die broers vroeër kon praat, kon versoening vroeër plaasgevind het. Sipho Wanneer Sipho se ervaring van persoonlike verraad, die vermindering van sy gevoel van eiewaarde, sy waardigheid, gedeel word, word dit erken en dus 'bevestig as eg' wanneer hy die gesin se storie met die twee meisies deel. Dit 'sorg vir die verlede' en vestig die grondslag vir die toekoms van die gesin. Dit is 'n parallel met die WVK toe slagoffers se ervarings deur die oortreders en deur die Kommissie erken is. Konfrontasie, die identifisering en erkenning van die trauma van die verlede eerder as die onderdrukking daarvan, is beskou as die middelpunt van die genesingsproses. PUNTE BESKRYWER 8–10 Uitstekend Kandidaat het 'n uitstekende begrip van die toneelteks en die tema van waarheid en versoening soos dit betrekking het op die lewe van 'n breër Suid-Afrikaanse samelewing. Hy/sy is in staat om sy/haar antwoord te ondersteun, die sosio- politieke omgewing van die toneelstuk en die karakters se motiewe te verbind en toepaslike voorbeelde uit die toneelstuk te gebruik om dit met die vraag te verbind. 6–7 Baie goed Kandidaat het 'n baie goeie begrip van die toneelteks en die tema van die waarheid en versoening soos dit betrekking het op die lewe van 'n breër Suid- Afrikaanse samelewing. Hy/sy is in staat om sy/haar antwoord met toepaslike voorbeelde uit die toneelteks te ondersteun. 4–5 Gemiddeld Kandidaat het 'n gemiddelde begrip van die toneelteks en die temas. Is geneig om korrekte stellings te maak, maar dit is ietwat onsamehangend en hou moontlik nie verband nie. 0–3 Swak Kandidaat het 'n swak begrip van die toneelteks en die temas. Maak breë of vae stellings, waarvan baie glad nie met die vraag verbind word nie of hy/sy het baie min om te skryf. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 16 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE 6.1 Nasieners: Aanvaar enige TWEE byklanke. • Seeklanke • Die klok • Die hond wat blaf (2) 6.2 Nasieners: Gee krediet aan enige geldige, toepaslike en goed gemotiveerde idees. Die byklanke kan moontlik 'n gevoel van isolasie, spanning, afstand, ens. skep. Die invloed van die see word gevoel en daar is 'n sterk gevoel van die buitewêreld (die klok wat lui). Daar is 'n stemming van hartseer, depressie, afwagting, ens. (2) 6.3 Nasieners: Aanvaar enige ander, relevante byklanke. • Mishoring –die drama speel af teen die agtergrond van 'n verraderlike see • Stemmingsmusiek – musiek wat dreigend/onheilspellend is • Huilende wind – skep die atmosfeer van die onstuimige weer by die see • Huilende hond – skep die atmosfeer van verlatenheid (3) 6.4 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Thami Sy 'dun hemp is gestryk en sy verslete skoene is blink gepoets' ('threadbare shirt is ironed and his worn out shoes are polished'). Dit kan daarop dui dat Thami sy klere en skoene oppas, alhoewel hulle oud en op gedra is. Hy is 'n karakter met beskeie middele en kan nie nuwe items bekostig nie. Hy het ook selfrespek. Johan Hy is 'nat en windverwaaid, geklee in 'n oliejas-baadjie, sweetpakbroek met kortbroek daaroor en ou tekkies ('damp and windblown, wearing an oilskin top, tracksuit pants with shorts over them and old tackies'). Dit kan daarop dui dat hy buite op 'n boot werk. Hy gee nie aandag aan sy persoonlike voorkoms nie en die ou tekkies kan dui op 'n gebrek aan fondse om dit te vervang, ens. (4) 6.5 Hulle praat albei mekaar se taal, wat daarop dui dat hulle vriende is wat al vir 'n rukkie saam is en saam 'n toekoms in besigheid beplan. (2) 6.6.1 Thami skryf die brief aan sy vrou. (1) 6.6.2 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Thami probeer sy vrou oortuig dat hy reeds 'n werkende konsessie besit en op die punt is om 'n klomp geld te maak. Thami skryf om sy vrou hoop te gee vir 'n besigheidstoekoms. Tog jok hy vir sy vrou omdat die konsessie nie bestaan nie. Die werklikheid is dat hy steeds soek na 'n konsessie om te koop. Die rede waarom hy sy vrou valse hoop gee, is omdat hy haar nie wil ontstel nie. Hy is ook 'n baie trotse man wat voel dat hy vir sy gesin moet sorg. Hy het 'n desperate begeerte om in besigheid te slaag. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 17 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 6.6.3 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Fisies Thami kan frons omdat sy gesigsuitdrukkings dalk sy konflik oor die leuens wat hy in die brief vertel, kan toon. Hy kan onrustig in sy stoel rondskuif om sy ongemak om vir iemand wat hy liefhet te lieg, uit te druk. Hy kan ook 'n gevoel van verligting uitdruk dat hy dit kon regkry om 'n oortuigende brief te skryf en dit wys deur gebare en gesigsuitdrukkings. Vokaal Hy praat met 'n redelik eentonige toon as hy hardop lees wat hy in die brief geskryf het. Daar kan veranderinge in tempo en volume wees soos wat idees ontstaan. Thami kan stop om na te dink oor die daaropvolgende uitlating. (6) 6.7 Nasieners: Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Hy is veronderstel om te werk/die tafel te poets. Hy wil die brief vir Johan (2) wegsteek. 6.8 Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. • Smith is 'die gas'. Smith se aankoms is die katalisator vir die ontwikkelende handeling en stygende spanning van die intrige (storie). • Smith word deur Johan gesien as 'n geleentheid om geld te maak as 'n belegger in die konsessie, maar Smith se weerstand en weiering dien as 'n struikelblok vir Johan se wense. • Dit veroorsaak stygende spanning en Johan se besluit om Smith fisies met die mes te dreig en hom moontlik dood te maak, ontwikkel hierdie spanning verder. • Die konflik/stryd wat uitbreek, veroorsaak 'n verlies vir Johan en daar is 'n verskuiwing in mag aan die einde van die drama waar Johan magteloos gelaat word. • Dit sou moontlik nie gebeur het as Smith nie die situasie betree het nie. • Sonder hierdie situasie sou Thami moontlik nie sy ware finansiële situasie aan Johan geopenbaar het nie. (4) 6.9 Nasieners: Sien globaal na. Antwoorde moet geldig, toepaslike en goed gemotiveerd wees met die noem van spesifieke elemente van 'n realistiese drama, byvoorbeeld: • Die intrige is 'n spieël van die werklikheid ('slice of life') wat die lewe van die karakters in Garnet Lodge weerspieël. • Die stel is realisties, bv. tafel en stoele, ontvangsarea van die lodge en ingangsdeur van buite, ens. • Die karakters is afgerond met 'n verlede, 'n hede en het hoop vir die toekoms. • Situasies is geloofwaardig. • Verhoudings sluit aksie, reaksie en interaksie in. • Dialoog is natuurlik, gebruik van omgangstaal en sleng. • Kostuum en grimering is geloofwaardig. (10) • Beligting en klank weerspieël die omgewing. [40] • Onderwerp is aktueel en relevant vir die konteks. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 18 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET 7.1.1 Kostuum Nasieners: Die volgende dien as 'n riglyn. Gebruik diskresie, laat interpretasie toe. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. 'n Mens kry die gevoel van 'n sprokie by die kostuums van Meisie sowel as Konstabel. Aan die einde van die toneelteks verander Meisie in die stereotipiese 'goeie maagd met die wit rok' en Konstabel haal sy bril af, draai sy baadjie van binne na buite en verander in 'n Pierrot/Harlekyn. (2) 7.1.2 Stel Nasieners: Die volgende dien as 'n riglyn. Gebruik diskresie, laat interpretasie toe. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Die stel (die kombuis) met sy sagte beligting van die olielampe, sinkplaat- mure (vuilpienk en dowwe groen), goiingsakke, potte, panne, breekware, ens. is outyds en skep 'n gevoel van 'n sprokie. Daarby dra die tou wat met tussenposes uit die valdeur val, by tot die gevoel dat die gehoor in 'n sprokieswêreld in vervoer word. (3) 7.1.3 Klank Nasieners: Die volgende dien as 'n riglyn. Gebruik diskresie, laat interpretasie toe. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Die sirkusmusiek waarna in die toneelteks verwys word, is 'effens onrealisties' en het 'n 'effense meganiese, vreemd magiese klank van 'n draaiorrel'. Die sirkusmusiek, saam met die verskillende eienskappe van die 'sagte, kermende wind' en die 'storm' skep 'n spookagtige sprokieseffek. (3) 7.1.4 Karakter Nasieners: Die volgende dien as 'n riglyn. Gebruik diskresie, laat interpretasie toe. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Aanvaar TWEE punte wat goed gemotiveer is uit die toneelteks. Gabriël Hy het homself teruggetrek na die solder vir die laaste sewe jaar en lyk soos iemand wat in 'n toring vasgevang word, of soos iets wat net 'n karakter in 'n sprokie sou doen. Meisie Sy is soos Aspoestertjie wat al die werk doen en aan die einde in 'n pragtige meisie verander. Meisie is ook soos die Slapende Skoonheid wat vir die prins wag om haar van haar omstandighede te red – Meisie is lief vir rose en prik gereeld haar vinger met 'n naald, net soos in die sprokie – byna 'n vooruitskouing van haar dood. Konstabel In Meisie se oë kan Konstabel gesien word as die prins wat haar sal red. Hy is ook soos die wolf in Rooikappie wat beter kan sien en ruik. Konstabel is ook die Fluitspeler van Hamlin – die meisies word deur hom uit die dorp gelei. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 19 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 7.2 Nasieners: Gee krediet aan leerders wat dalk vir Gertie en Miem omgeruil het. A – Gertie B – Miem C – Meisie (3) 7.3.1 Nasieners: Die volgende dien as 'n riglyn. Gebruik diskresie, laat interpretasie toe. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Konstabel vertel die verhaal van hoe hy glo blind geraak het. Hy praat van hoe hy by die huis is saam met sy gesin. Die gesin maak reg om na 'n sonsverduistering te kyk. Konstabel vertel ook hoe hy verder sy 'glas' verloor het wat hy moes gebruik het om na die sonsverduistering te kyk. Hy besluit om sonder sy 'glas' na die sonsverduistering te kyk en sluit af dat 'die son sy oë uitgebrand het.' (3) 7.3.2 Nasieners: Gee EEN punt vir elke karakter. Gertie Sy is 'n oujongnooi en luister met 'n diep verlange vir liefde na die storie wat Konstabel vertel. Sy smag daarna om deur 'n man vasgehou te word en om soos 'n vrou te voel. Haar gesig weerspieël haar belangstelling. Miem Sy is die ouer vrou in die gesin en het 'n lewe gelei. Haar man is in die solder. Haar gesigsuitdrukking toon wantroue en agterdog. Haar gesig toon meer terughoudendheid in vergelyking met die gesigsuitdrukkings van die ander twee karakters. Daar is egter 'n beduidenis van bekoring en belangstelling, wat sy nooit sal erken nie. Meisie Sy is jonk en onskuldig. Sy luister met 'n byna naïewe uitdrukking op haar gesig. Sy geniet Konstabel se storie. Daar is geen agterdog of beheerstheid in haar luister nie. (3) 7.3.3 Nasieners: Die volgende dien as 'n riglyn. Gebruik diskresie, laat interpretasie toe. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Konstabel se doel met die verhaal is om die vroue van die huis te manipuleer. Hy wil hul vertroue wen. Vokaal Konstabel sal 'n geheimsinnige toon skep, 'n toon van afwagting deur die vroue aan te sê om hom nie te onderbreek nie. Hy is baie outoritêr aan die begin van die storie. Sy benadering sou afgemete wees wanneer hy die stemming en atmosfeer daarstel en die vroue se aandag vasvang. Aanvanklik sou hy dalk sagter en stadiger praat omdat hy wil hê dat die vroue baie aandagtig moet luister. Hy sou baie lang pouses gebruik het om die vroue 'n kans te gee om die gebeure wat hy vertel of herleef te visualiseer. Teen die middel van die storie sou hy die tempo laat toeneem, korter pouses gebruik en effens harder praat, veral wanneer hy amper die byklanke namaak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 20 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum Fisies Tydens die inleiding van Konstabel se storie sou sy postuur 'n houding van gesag weerspieël. Hy sal dalk regop sit en amper superieur lyk. Hy kan op net een punt in die ruimte fokus as gevolg van sy blindheid. Hy sal nie oordadige gebare gebruik nie en sal meer op sy kierie op hierdie stadium gefokus wees. Wanneer hy sy storie begin, sal hy dalk in die rigting van die vroue leun om 'n atmosfeer van geheimsinnigheid en spanning te skep. Soos hy die storie vertel, sal Konstabel toenemend geanimeerd (verlewendig) raak. Omdat hy die episode herleef, kan sy postuur en stem dié van 'n klein seuntjie weerspieël. Hy kan dalk meer uitdrukkingsvol in beide sy gesigsuitdrukkings en gebare raak. Konstabel sal meer rondkyk en dalk naboots hoe hy na die sonsverduistering kyk. (8) 7.4 Nasieners: Die volgende dien as 'n riglyn. Gebruik diskresie, laat interpretasie toe. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Afrikaner-Calvinisme Miem • Die sterk matriargale mag van die moeder wat op die plaas agtergelaat is en die omgewing tydens die oorlog moes beskerm – 'n aanduiding van Miem wat agtergebly het om na sake om te sien nadat Gabriël bo in die solder gaan wegkruip het. • Die konstante morele kompas van die kerk wat die oorsaak van 'n sterk godsdienstige skuld en paranoia kan wees – die godsdienstige aanhalings in die teks. • 'n Neurotiese en fanatiese toewyding aan seksuele onderdanigheid, 'n swak selfbeeld en minderwaardigheidskompleks na die vervolging van die Afrikaner deur die Engelse. • Die implikasie is dat die Afrikaner byna enige behandeling sal aanvaar – 'n aanduiding van Gabriël se ablusie-emmer. • Miem is die simbool van Afrikaner-Calvinisme in die vorm van die oorweldigende en versmorende matriargale mag. Sy is soos die tronkbewaarder, maar is self 'n gevangene van haar persoonlike oortuigings en die Calvinistiese reëls waarvolgens sy kies om te leef. Gabriël se bestaan in die solder beperk haar tot die grense van die huis. Sy is skepties en sku teenoor enigiets of enigiemand wat vreemd of onbekend is. Daar is konflik tussen wat Miem werklik begeer en haar Afrikaner-Calvinisme. Gertie • Daar is 'n konflik tussen Gertie se sensuele begeerte sowel as haar verlange na jeugdigheid en Miem se invloed. Sy erken dat sy die kleiner tent by die sirkus besoek het en ook na die parade in die strate gekyk het. Sy glo in die magiese potensiaal van die sirkus ten spyte van haar diepgewortelde skuld. Meisie • Sy is die simbool van die naïewe en die Afrikaner wat wil ontsnap van die versmorende matriargale gesag. Sy begeer om te ontsnap uit die benouende wêreld van haar ma se invloed. Sy begeer transformasie, maar het 'n duidelike gevoel van skuld. Gebruik die rubriek op die volgende bladsy om jou nasien te lei. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 21 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum PUNTE BESKRYWER 11–12 Uitstekend Kandidaat het 'n uitstekende begrip van die toneelstuk, die temas en hoe hulle die konflik ontwikkel. Is in staat om die antwoord te ondersteun, die karakters met konflik en die tema te verbind en toepaslike voorbeelde uit die toneelteks te gebruik. Insigryk en onderskeidend. 9–10 Baie goed Kandidaat het 'n baie goeie begrip van die toneelstuk, die temas en hoe hulle die konflik ontwikkel. Is in staat om die antwoord te ondersteun, die karakters met konflik en die tema te verbind en toepaslike voorbeelde uit die toneelteks te gebruik. 7–8 Goed Kandidaat het 'n goeie begrip van die drama, die temas en hoe hulle die konflik ontwikkel. Is in staat om die antwoord te ondersteun, die karakters met konflik en die tema te verbind en enkele voorbeelde uit die toneelteks te gebruik. 5–6 Gemiddeld Kandidaat het 'n gemiddelde begrip van die toneelstuk en die temas en hoe hulle die konflik ontwikkel. Is in staat om die antwoord te ondersteun, die karakters met konflik te verbind deur een of twee voorbeelde uit die toneelteks te gebruik. Daar is egter geen diepte in die bespreking nie. Basiese voorbeelde van konflik word genoem. 3–4 Elementêr Kandidaat het 'n elementêre begrip van die toneelstuk en die temas en hoe hulle die konflik in die toneelstuk ontwikkel. Is nie in staat om die antwoord te ondersteun of die karakters met konflik te verbind nie. Daar is geen bespreking nie. Basiese voorbeelde van konflik word genoem. 0–2 Swak Kandidaat het 'n swak begrip van die toneelstuk. Moontlik in staat om die name van die karakters te noem. Dikwels niks meer nie. Is geneig om breë stellings oor die toneelteks te maak en verbind nie die karakters met konflik of die tema nie. (12) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 22 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE AFDELING D is VERPLIGTEND. VRAAG 8 8.1 Nasieners: Die volgende dien as 'n riglyn. Gebruik diskresie, laat interpretasie toe. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Aanvaar twee stellings of vier korter punte. • Om vrede te maak met die lewe se probleme en sielkundige behoeftes, identiteit, fantasie, vrees, ens. • Betrek die verbeelding • Vermaak • Genot • Visuele en ouditiewe stimulasie • Leer lewenslesse • Om lewens- en sosiale vaardighede deur middel van uitbeelding op die verhoog te ontwikkel • Brei wêreldbeskouing uit • Verstaan rollespel • Opvoedkundig (4) 8.2 Nasieners: Die volgende dien as 'n riglyn. Gebruik diskresie, laat interpretasie toe. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Oorweeg die entrepreneuriese en besigheidseienskappe van teatergeselskappe en openbare ondersteuning van Die Kunste/Teater, sowel as die intrinsieke waarde van Teater en Drama vir die gehoor, soos ervaar in Dramatiese Kunste-onderrig. (6) 8.3 Nasieners: Die volgende dien as 'n riglyn. Gebruik diskresie. Aanvaar EEN duidelike definisie wat 'n begrip van die begrip 'Teater vir Ontwikkeling' weerspieël. Aanvaar opgesomde weergawes van die stelling in Bron B. • Teater vir Ontwikkeling verseker dat drama ontwikkel en groei. • Skep 'n bewustheid van sosiale kwessies. • Geskep deur 'n groep mense. • Gemik op die ontwikkeling en groei van die gehoor. (2) 8.4 Nasieners: Gebruik diskresie en laat interpretasie toe. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Kandidate kan hul standpunte motiveer deur hul keuse en begrip van óf werkswinkeldramaskepping of geskrewe drama te verduidelik. (6) 8.5 Nasieners: Gebruik die rubriek op die volgende bladsy, asook diskresie, tydens nasien. Sien globaal na. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 23 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum PUNTE BESKRYWERS 7–8 Baie goed Kandidaat het 'n uitstekende begrip van die werkswinkelproses en is in staat om uitstekend te verduidelik waarom dit 'n gewilde keuse in Suid-Afrika was. Is in staat om die antwoord te ondersteun en die sosio-politieke omgewing van Suid- Afrika met die gewildheid van werkswinkeldramas te verbind. Kandidaat gebruik toepaslike voorbeelde van werkswinkeldramas of praktisyns om dit met die vraag te verbind. 5–6 Goed Kandidaat het 'n goeie begrip van die werkswinkelproses en van die Suid- Afrikaanse sosio-politieke konteks waarin hierdie toneelskeppingsproses gewild was. Kan dalk die antwoord met relevante voorbeelde uit die toneelstukke en praktisyns van die werkswinkelproses ondersteun. 3–4 Gemiddeld Kandidaat het 'n beperkte begrip van die werkswinkelproses en min of geen kennis van die rede waarom dit gewild was nie. Maak verkeerde stellings. 0–2 Swak Kandidaat het 'n baie swak begrip van werkswinkeldramaskepping, indien enige. Vae stellings. (8) Nasieners: Die volgende dien as 'n riglyn. Gebruik diskresie, laat variasie toe: nie alle provinsies onderrig dieselfde proses nie. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Werkswinkelteater Hierdie vorm van teater het in die 1970's in Suid-Afrika te voorskyn gekom. Dit het 'n dominante vorm van teater geword wat gebruik is deur mense wat teen apartheid gekant was. Dit is in wese deelnemend en gemeenskaplik van aard. Werkswinkeldramaskepping is samewerkend, onmiddellik, toeganklik en divers. Die skeppingsproses Die proses beperk nie die deelnemers tot gespesialiseerde rolle (regisseur, akteur of dramaturg) nie en hierdie proses verskil in die skepping van elke opvoering, maar daar is sekere herkenbare fases. 1. Die idee/voorneme Die proses begin met 'n idee vir 'n opvoering of die behoefte vir 'n kwessie of opvoedkundige saak wat ondersoek moet word. 2. Waarneming en navorsing Dit is die navorsingsafdeling wat tradisionele navorsingsmetodes, onderhoude (Sophiatown), waarneming (Woza Albert!) of persoonlike ondervinding (The Long March) gebruik. 3. Improvisasie Die hele groep besluit op 'n raamwerk of basiese tema vir die improvisasie. Akteurs improviseer binne die struktuur, gebruik hul waarnemings en navorsing om karakters te skep en op situasies te reageer. Die res van die groep kyk, reageer en gee raad. Die improvisasie sluit dikwels sang en dans in. 4. Seleksie Die verskillende 'stukkies aksie' (tonele) wat deur improvisasie geskep is, word óf deur die lede van die groep gekies óf verwerp óf aangepas. Vanselfsprekend kan nie alles wat hulle bymekaargemaak het, ingesluit word nie, daarom moet hulle kies wat die beste by hul onderwerp pas en wat dramaties werk. Die gekose tonele word dan saamgevoeg deur die verbindingsmiddele om die raamwerk van 'n opvoering te vorm. Dit kan op twee maniere gedoen word. 'n Enkele persoon beheer die proses na die improvisasiestadium (bv. Sophiatown). Dit word die regisseursbenadering genoem. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 24 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum Die groep wat die improvisasie doen, verbind die stukke (bv. Asinamali). Dit is 'n gesamentlike en samewerkende benadering. 5. Opname/Vaslegging Die finale fase kan 'n opname van die produksie in die vorm van 'n manuskrip, klankopname of videoband wees. Sodoende kan die toneelstuk in een of ander vorm bewaar word na die opvoering. Werkswinkeldramas, wat vir professionele optredes ontwerp is, maak gewoonlik van die regisseursbenadering gebruik. Hierdie dramas is geneig om beter gestruktureerd en meer samehangend te wees in teaterterme. Die eindproduk word gesien in terme van die skep van 'n suksesvolle teaterproduksie. Hoekom was dit 'n gewilde keuse? Werkswinkelteater is op demokratiese metodes (nie-outoritêr) gebaseer en was dus die geskikte medium om deur die mense gebruik te word in hul stryd teen die apartheidsregering. Hierdie metode het ongeletterde mense in staat gestel om by te dra tot die skepping van 'n aktuele, diepsinnige opvoering. Geen uitgebreide stelle of beligting of 'n spesiale teaterruimte word benodig nie. • Enigeen kan 'n toneelstuk skep of daarin optree, selfs al kan hulle nie lees of skryf nie. • Geen manuskrip is nodig nie. • Dit is bekostigbaar om op die planke te bring omdat kostuums, rekwisiete, beligting en dekor tot 'n minimum beperk word. • Geen spesiale opvoerruimte is nodig nie. Oor die algemeen word 'n arena- opvoerruimte gebruik. • Die gehoor kan die akteurs informeel omring – hulle het nie stoele nodig nie. • Spesiale effekte word deur die akteurs self geskep met behulp van musikale, vokale en bewegingsvaardighede. • Koste word baie laag gehou. • Daar is geen regisseur nie. • Almal wat aan die toneelstuk deelneem, speel 'n rol in die skeppingsproses. • Die drama kan oor iets handel wat onlangs gebeur het. • Die struktuur van die toneelstuk is so gevarieerd soos die groep se talente. 8.6 Nasieners: Die volgende dien as 'n riglyn. Gebruik diskresie. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. • Kinders moet gepaste teatergedrag leer. • Luister na die storie. • Geen oproerige kommentaar of gedrag nie. • Geniet die opvoering op die verhoog. Jy is nie vandag die akteur nie! • Respekteer jouself en ander om jou. • Moenie die akteurs of lede van die gehoor steur nie; hulle tree lewendig op en kan jou ook hoor! • Hierdie is 'n lewendige opvoering, NIE TV NIE! • Bly in jou stoel! • Selfone moet afgeskakel wees! • Moenie tydens die opvoering eet of drink nie. • Moenie onnodig jou sitplek verlaat nie. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 25 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 8.7 Gebruik die rubriek hieronder as riglyn tydens nasien. PUNTE BESKRYWER 9–10 Uitstekend Kandidaat het 'n uitstekende begrip van die skep van 'n produksie van hierdie aard. Kandidaat 'n uitstekende begrip van die vereistes van die vraag. Hy/sy konseptualiseer, bedink en beskryf die storielyn duidelik. Kandidaat het 'n duidelike begrip van die beginsels en praktyke van die gebruik van die venue en verhooginkleding. 7–8 Baie goed Kandidaat het 'n baie goeie begrip van die vereistes van die vraag. Hy/sy beskryf die storielyn duidelik. Kandidaat het 'n begrip van die beginsels en praktyke van die gebruik van die venue en verhooginkleding. 5–6 Gemiddeld Kandidaat het 'n gemiddelde begrip van die vereistes van die vraag. Hy/sy beskryf die storielyn, maar sekere gapings in kennis mag duidelik wees in terme van die venue en verhooginkleding. 3–4 Elementêr Kandidaat is in staat om een of twee aspekte van die vraag met baie min of oppervlakkige skakels na die vraag te noem. Kandidaat sukkel om 'n antwoord te formuleer. 0–2 Swak Kandidaat het min of geen begrip van die vraag nie. Gee 'n baie swak antwoord wat baie min begrip van die werking van die teater weerspieël. (10) [40] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all