Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

MemorandumDramatic ArtsGrade 12201636 pages

Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 36 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE FEBRUARIE/MAART 2016 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 36 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum ALGEMENE NOTAS AAN DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS 1. Skryf kort opmerkings en gee redes waarom 'n punt opwaarts of afwaarts aangepas is indien die memorandum nie 'n duidelik riglyn gee nie en jy jou eie diskresie moet gebruik. 2. Maak duidelik merkies om aan te dui dat die leerpunt behaal is. 3. Raak aktief by die antwoord betrokke. 4. In gevalle waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde aantal woorde geskryf het, moet nie penaliseer nie (bv. opstelvraag). 5. Die memorandumbesprekingsforum kan nie genoegsaam alle antwoorde voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop wees vir kandidate se antwoorde. Maak seker dat verskillende onderrigstyle nie die kandidaat benadeel nie. 6. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en kwantiteit van die bewyse in die memorandum te evalueer. 7. Standaardiseer die vereiste antwoorde en vind gemeenskaplike definisies en begrippe. 8. Maak seker dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe. 9. Hoofnasieners moet rubrieke met nasieners fasiliteer. Gebruik die vlakbeskrywings van Dramatiese Kunste om die nasienwerk te lei. 10. Hoofnasieners moet beplan en gereeld vergader om seker te maak dat nasienwerk gestandaardiseer is. 11. Woorde in vetdruk is vir maklike verwysing verskaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40) AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en Vaardighede (40) 2. AFDELING A VRAAG 1 is VERPLIGTEND. Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke 20ste-eeuse Teaterbeweging. EPIESE TEATER • Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht • Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • Mother Courage Bertolt Brecht • Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht • Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small OF TEATER VAN DIE ABSURDE • Waiting for Godot Samuel Beckett • Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks • Bagasie André P Brink • The Bald Primadonna Eugene Ionesco • Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks OF POSTMODERNE TEATER • Skrapnel Willem Anker • Top Girls Carol Churchill • Popcorn Ben Elton • Buried Child Sam Shepard 3. AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon, OF VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company, OF VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis 4. AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani, OF VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce, OF VRAAG 7: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae. Albei vrae is VERPLIGTEND. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS VRAAG 1 Die kandidaat moet hierdie vraag in die vorm van 'n opstel antwoord asook die toneelteks wat hy/sy bestudeer het, as voorbeeld gebruik: ÓF Teater van die Absurde ÓF Epiese Teater ÓF Postmoderne Teater. Die opstelle moet nagesien word met behulp van die rubriek en moet die kandidaat se benadering tot die onderwerp in ag neem. Gemotiveerde oorspronklike antwoorde wat insig toon, moet krediet kry. BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT • Het 'n duidelike begrip van die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer het, met die aanhaling verbind. 24–30 • Kan 'n argument konstrueer wat die waarheid van die aanhaling ondersteun en gebruik konkrete, spesifieke voorbeelde uit die beweging en toneelteks. Uitstekend 80–100 • Bespreek vier van die items in die kolpuntlys; kies gepaste punte uit die kolpuntlys wat verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het. A • Fokus op die verskillende doelwitte van teater en bespreek duidelik hoe die toneelteks wat bestudeer is, 'n voorbeeld van 'n sekere motivering is. • Verstaan die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer 21–23 het, met die aanhaling verbind. • Konstrueer 'n argument wat die waarheid van die aanhaling ondersteun en gebruik Baie goed 70–79 voorbeelde uit die beweging en toneelteks. • Bespreek vier van die punte in die kolpuntlys en kies gepaste punte uit die kolpuntlys B wat verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het. • Verwys na die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer 18–20 het, met die aanhaling verbind. • Probeer om die waarheid van die aanhaling te ondersteun; gebruik voorbeelde uit die Goed 60–69 beweging en toneelteks. • Bespreek vier van die punte in die kolpuntlys en kies gepaste punte uit die kolpuntlys C wat verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het. • Kan direk na die aanhaling verwys, maar is meer geneig om 'n verband af te lei. 15–17 • Bespreek die toneelteks en teaterbeweging. • Probeer om die beweging en toneelteks te verbind. Bevredigend 50–59 • Bespreek sommige van die punte in die kolpuntlys, en kies sommige punte uit die kolpuntlys wat verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het. D • Dek meer punte uit die kolpuntlys, maar op 'n oppervlakkige wyse. • Lei 'n verband met die aanhaling af, eerder as om dit direk te noem. • Verduidelik die toneelteks en teaterbeweging. 12–14 • Slaag daarin om sommige voorbeeld(e) van dramateoretici/-praktisyns, toneelstukke of tekste te gee, maar kan dit dikwels nie met die aanhaling verbind nie. Gemiddeld 40–49 • Gee sommige basiese beskrywings van punte in die kolpuntlys maar kan nie die teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol verbind nie. E • Maak oor die algemeen breë stellings wat verband hou met vier of meer van die punte in die kolpuntlys. • Is geneig om die aanhaling te ignoreer en bring dit per ongeluk in verband, eerder as doelbewus. 10–11 • Hy/Sy beskryf die toneelteks en teaterbeweging. • Gee voorbeeld(e) van dramateoretici/-praktisyns, toneelstukke of tekste, maar kan dit Elementêr 30–39 gewoonlik nie met die aanhaling verbind nie. • Gee sommige beskrywings van punte in die kolpuntlys, maar kan nie die F teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol verbind nie. • Maak oor die algemeen stellings wat met vier of meer van die punte in die kolpuntlys verband hou en fokus dikwels in sy/haar antwoord op die intrige. 0–9 • Ignoreer die vraag. • Gee sommige beskrywings van die punte in die kolpuntlys, maar kan nie die Swak 0–29 teaterbeweging, toneelteks en aanhaling verbind nie. • Maak stellings wat na sommige van die punte in die kolpuntlys verwys. G Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum Die volgende is slegs 'n voorbeeld. EPIESE TEATER • Bertold Brecht se idees kom na jare se eksperimente en praktiese ervaring met die teater, akteurs en verskillende regisseurs. • Die basiese konsepte waarop sy teorie gebaseer is, het teen die einde van die 1920's volwassenheid bereik, maar dit was eers in 1930 dat hy die idee van 'n Epiese Teater beklemtoon het. • Sy doel was om die gehoor (emosioneel) te distansieer, om hulle in staat te stel om die wêreld waarin hulle leef, duideliker te sien. • Distansiëring veroorsaak dat die gehoor duideliker sien, eerder as om hulle oortuigings as vanselfsprekend te beskou. • Die term 'epies' kan misleidend wees. Brecht wou 'n duidelike onderskeid tref tussen wat hy as 'n teater van illusie beskou het en 'Dramatiese Teater' genoem het, en sy Epiese Teater. • Brecht was dus hewig gekant teen die idee van skynvertoon ('pretence'), wat 'n tipiese kenmerk van Realisme was. • Hy het beweer dat die 'ou teater' (Realisme) sy waarde verloor het omdat dit die rol van die kyker so ver ondermyn het dat hy/sy niks meer as 'n passiewe toeskouer was nie. • Hy wou hê dat sy toeskouers wakker moes wees en die teater verlaat met die besef dat hulle die probleme wat in die toneelstuk aangeraak is, moet oorweeg en iets aan hierdie probleme in die werklike lewe moet doen. • Brecht se hoofdoel wat om die 'illusie' of die 'spieël van die werklikheid' ('slice of life') te verwyder wat deur Realisme uitgebeeld en aangebied is. • Hy het verskeie tegnieke gebruik om dit te doen, wat almal direk daarop gemik was om die gehoor se aandag te vestig op die feit dat hulle in 'n teater is, eerder as om hulle na 'n kammaland van fantasie weg te voer. • Brecht wou sy gehoor bewus maak van die verskil tussen dit wat hulle op die verhoog sien en die werklikheid. • Verder wou hy hê dat hulle die toneelstuk as direkte kommentaar op die lewe beskou wat bedoel was om op 'n kritiese wyse beskou en beoordeel te word. • Brecht was egter nooit teen die idee van die teater as 'n bron van genot gekant nie. Hy het eerder gevoel dat genot ook geput kan word uit produktiewe deelname, sodat dit wat gesien word nie alleenlik beoordeel word nie, maar op omstandighede buite die teater toegepas kan word. • Dit sou volgens Brecht egter nie moontlik wees nie tensy die toeskouer van die gebeure in die toneelstuk vervreem word. • Hierdie tegniek, wat ook die 'verfremdungseffekt' of vervreemding genoem word, is ontwerp om die gehoor van die aksie op die verhoog te distansieer en om te verseker dat hulle empatie verbreek word, sodat hulle krities sou bly oor die gebeure waarna hulle kyk. • Om die idee te illustreer: die doel van musiek moet byvoorbeeld nie slegs wees om die betekenis van woorde te versterk nie, maar ook om betekenisvolle kommentaar op die aksie verskaf. • 'n Voorbeeld hiervan kom voor in Moeder Courage waar die ironies bitter woorde van 'n liedjie wat oor die karakter se geleidelike morele agteruitgang handel, doelbewus op 'n soet, sorgelose wysie getoonset is. • Die onversoenbaarheid van die wysie en die woorde dwing die gehoor om oor die ware betekenis van die liedjie na te dink. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum • Kaukasiese Krytsirkel en Moeder Courage het liedjies tussen die tonele wat dikwels vertel wat gaan gebeur voordat dit gebeur (dit verwyder dus die emosionele betrokkenheid van spanning en afwagting) dit lewer direk kommentaar op die aksie en die verbinde tonele. • Die vervreemding bied dus stof tot nadenke. • Anders as in Realisme was Brecht se verhoogruimte nie spesifiek nie. Die geskilderde agtergronde was eerder suggestief as voorstellend, bv. steiers, draaiende verhoë, sigbare pype en bedrading wat deur skerp, wit ligte belig is met toneel- en stelwisselinge wat voor die gehoor plaasgevind het. • Stelle was eenvoudig en simbolies, bv. 'n teken kon 'n hotel voorstel, 'n stuk blou lap kon 'n rivier wees. Musikante was sigbaar en kon op die verhoog bly sit as hulle nie deel van die aksie was nie. Die didaktiese aard van die toneelstuk is versterk deur die gebruik van skyfieprojektors en tegniese toerusting. • Deur vervreemding, poog die dramaturg dus om alles in 'n vars en onbekende lig te wys sodat die gehoor gedwing word om krities te kyk na wat hulle (die gehoor) voorheen as vanselfsprekend aanvaar het. Brecht se teorieë oor die teater was baie anders as die Realiste teorieë. • Een so 'n teorie is gebaseer op die idee dat die teater die aksies wat uitgebeeld word, 'vreemd' moet maak eerder as om aktuele, hedendaagse kwessies op 'n realistiese manier uit te beeld. • Historifikasie, wat verwys na die gebruik van materiaal wat uit ander tye en plekke geneem is, was een manier om vervreemding te behaal, maar in teenstelling met die meer aanvaarde, tradisionele teaterpraktyke wat historiese inhoud op 'n kontemporêre manier uitbeeld, het Brecht beweer dat die dramaturg die 'oudheid' ('pastness') van die gebeure moet beklemtoon deur dit van die hede te skei. • Dit was volgens hom die dramaturg se plig om die toeskouer aan te moedig om te dink dat, indien hy/sy dieselfde toestande moes beleef as wat in die toneelstuk uitgebeeld word, hy/sy op 'n ander manier sou optree as gevolg van die lesse wat uit die toneelstuk geleer is. • Die toeskouer sou dan oorweeg wat hy of sy sou doen om 'n positiewe verskil te maak. Met die wete dat verandering wel moontlik is, moet die gehoor dan geïnspireer word om soortgelyke, waardevolle sosiale verbeteringe aan die huidige stand van sake aan te bring. • Volgens Brecht moet die grootste effek van teater buite die teater plaasvind. Deur die toeskouer aan te moedig om sosiale hervorming in sy/haar gemeenskap of omgewing in te stel, voorkom 'n toneelstuk dat dit passiewe gedrag aanmoedig en kan dit 'n belangriker en nuttiger rol in mense se lewens speel. TEATER VAN DIE ABSURDE • Teater van die Absurde, soos dit heel gepas deur Martin Esslin in 1961 benoem is, gee vir die gehoor 'n eksistensialistiese blik op die buitewêreld en forseer die gehoor om hulle eie betekenis te bevraagteken in 'n wêreld waar daar skynbaar geen ware orde of betekenis is nie. • Die onderliggende oortuiging van hierdie filosofie is dat niks 'n definitiewe, spesifieke of herkenbare bestaan het nie. • Dit is eerder gegrond op die idee dat mense is wat hulle van hulself maak; hulle word gevorm deur hulle aksies en die keuses wat hulle deur hulle lewens maak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum Karakters • Volgens die eksistensialiste bestaan karakters bloot in 'n droewige stand van sake eerder as om vaste karakters te wees. Mense self is niks nie. Mense, bewus van hulle menslike toestand, bestaan in 'n droewige wêreld sonder betekenis. • Hulle is dus verlore, deurmekaar en al hulle aksies is dan waardeloos, sinloos, vergeefs en selfs absurd. • Dramaturge soos Beckett en Ionesco het hierdie pessimistiese uitkyk op die mens se sukkelende bestaan gedeel. • Absurdiste is dus gemoeid met die mens se soeke na betekenis en hulle pogings om sin te maak van hulle sinnelose posisie en om hulle hopelose situasie te aanvaar. • Ons vind dus dat absurde drama 'n omgewing skep waar mense geïsoleer word. • Hulle is naragtige karakters wat deur die lewe strompel omdat hulle nie weet wat anders om te doen nie. • Die karakters bly dikwels bymekaar bloot omdat hulle te bang is om in so 'n onverstaanbare wêreld alleen te wees, bv. Estragon en Vladimir in Afspraak met Godot. • Anders as Realisme waar die karakters goed afgerond, volledig ontwikkel en sielkundig oortuigend is, het die karakters in die Teater van die Absurde 'n gebrek aan identiteit en is hulle vervelig, oninteressant en sonder diepte. • In plaas van deugde is die karakters vol foute en omdat hulle nie goed afgerond is nie, bly hulle staties en toon geen ontwikkeling nie. • Hulle kom afstootlik, pateties, miserabel en onbevoeg voor. Hulle is emosioneel leeg en is verteenwoordigend van die menslike toestand soos dit deur die Teater van die Absurde gedefinieer word. • Die karakters is Absurdis-toneelstukke verteenwoordig die mensdom, eerder as om 'n poging te wees om 'n 'werklike' persoon op die verhoog te skep. • Hulle eienskappe word oordryf en die situasies waarin hulle hulself bevind, word meer intens gemaak. Hulle het geen verlede nie en ons kry geen aanduiding van wat die toekoms kan inhou nie. • Absurdis-dramaturge gebruik karakters om hulle standpunt oor die menslike toestand uit te beeld. • Beckett se karakters toon 'n onderlinge afhanklikheid terwyl Ionesco se karakters as 'sosiale marionette' beskryf kan word. • Die karakters word dikwels in pare of groepe voorgestel, soos die twee-manoptredes van vaudeville of musieksaalkomediante. • Absurdis-karakters verskyn dikwels in pare, soos voorheen genoem, en stel 'n eenheid of aspekte van dieselfde persoon voor en is dus spieëlbeelde van mekaar. • Die boemelaars in Afspraak met Godot is van mekaar afhanklik vir vertroosting, ondersteuning en bowenal betekenis. Hulle het mekaar nodig om te voorkom dat hulle eensame en betekenislose lewens lei. Hulle voel genoodsaak om mekaar te verlaat maar voel ook terselfdertyd genoodsaak om bymekaar te bly. Hulle oorweeg dit om van mekaar af weg te gaan, maar doen dit nooit nie en hulle onvermoë om weg te gaan, is nog 'n aanduiding van die onsekerheid en frustrasie wat hulle voel terwyl hulle op 'n verduideliking vir hulle bestaan wag. • As 'n gehoor kan ons net toekyk terwyl hulle dieselfde dinge doen, en luister terwyl hulle dieselfde dinge sê, en die feit aanvaar dat Godot dalk sal kom, of dalk nie. • Soos hulle is ons vasgevang in 'n wêreld waar ons handelinge/aksies ons oorlewing bepaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum Taal en dialoog • Nog 'n belangrike idee was dat mense nie bevoegde kommunikeerders is nie en doelbewus konflik met mekaar skep deur hulle dialoog om betekenis aan 'n betekenislose wêreld te gee. • Taal dien dus as 'n hindernis tot kommunikasie wat die individu dan verder isoleer en spraak selfs meer nutteloos maak. • Beckett bevraagteken die waarde van taal en glo dat taal die vermoë om te kommunikeer, verloor het. • Ionesco wys dat pogings tot kommunikasie dikwels van clichés na betekenislose lettergrepe 'disintegreer'. • In ooreenstemming met die eksistensialistiese idee dat mense geïsoleerd voel in 'n wrede wêreld, fokus Absurdis-dramaturge dikwels op die onvermoë van taal om die gaping tussen die karakters te oorbrug. • Taal is onpersoonlik, outomaties en betekenisloos. Kommunikasie tussen karakters kan min wees, of karakters kan oor mekaar praat sonder om mekaar regtig te beïnvloed. Taal se funksie is dan om die onverwagte, die bisarre en die absurde voor te stel. • Die volgende is voorbeelde van hoe taal in Absurdis- toneelstukke gebruik kan word: o Stilte is net so doeltreffend as kommunikasiemiddel as wat die gesproke woord is, byvoorbeeld in Afspraak met Godot waar daar lang pouses en stiltes is waarin niks gebeur nie. o Daar is betekenislose gesprekke en oppervlakkige kommentaar 'uit gewoonte' wat karakters dikwels uiter. Taal kan beskou word as 'n blote ontsnapping uit die verveligheid van die lewe of omdat die stilte onuithoudbaar word. o Nuwe woorde word geskep om mense se pogings om met mekaar te kommunikeer, uit te beeld. Maar die poging slaag nooit nie. o Banale alledaagse gesprekke word vermeng met literêre taal, dubbele betekenisse, clichés, sleng en herhalings saam met poëtiese taal. o 'n Herhalende dialoogstyl word gebruik om die sikliese aard van die lewe te beklemtoon. Temas wat algemeen in Teater van die Absurde-toneeltekste voorkom, ontbloot: • Die ervaring van tydelikheid en verganklikheid (tyd) • Die gevoel van die tragiese gesukkel om van mens se eie self bewus te word in die genadelose proses van vernuwing en vernietiging wat met verloop van tyd plaasvind (tyd) • Die moeilike kommunikasie tussen mense (taal) • Die nimmereindigende soeke na realiteit in 'n wêreld waarin alles onseker is en die grense tussen drome en wakker wees heeltyd skuif • Die tragiese aard van alle liefdesverhoudings en die selfmisleiding van vriendskap • Die mens se angs voor totale betekenisloosheid en totale vormloosheid van die heelal en al die gebeure waaruit dit bestaan • Die mens is alleen, verlore in 'n wêreld waarin God hom verlaat het • Wetenskap en rede is net illusies, die natuur het wraak geneem Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum POSTMODERNISME • Dit is nie 'n genre wat op 'n sekere tydstip begin het nie. • Dit is 'n beweging wat in die middel-1980's ontstaan het. • Ontwikkel uit die Absurdis-oogpunt. • Verwerp die sekerheid van die Moderne Era. • Bevat geen groot narratief/vertelling of enkele waarheid vanwaar die wêreld beskou kan word nie. • Verwerp die idee dat daar 'n dominante stel oortuigings of 'n netjiese oplossing is. • 'Vernietig' die 'waarheid'. • Verwelkom veelvuldige oogpunte, perspektiewe, realiteite. • Sluit kuns, teater, argitektuur, musiek, films, letterkunde, mode, TV en ander vorms van uitdrukking in. • Leen uit 'n reeks verskillende style. • Verwerp die idee van 'hoë kuns' en 'lae kuns'. • Verwelkom avant-garde-(toekomsgerigte denke/aktivistiese) eksperimentele teater. • Skryf nie 'n 'suiwerheid' in kuns voor nie. • Is sterk teen hoë kuns gekant ('Trashes high art'). • Het nie vaste manier om kuns te skep nie. • Beweeg in die rigting van 'n meer subjektiewe opinie. • Meen dat kultuur aan almal behoort. • Dekonstrueer ('n manier om idees uitmekaar te haal en weer op 'n nuwe, ontwrigte/verdeelde en deurmekaar manier aanmekaar te sit) idees, beelde en konstrukte/konsepte. • Weerspreek idees, beelde en konstrukte/konsepte. • Skryf nie 'n betekenis, standpunt of perspektief voor nie. • Meen dat elke individuele kyker sy/haar eie unieke betekenis skep. • Die mal en chaotiese leefwyse in 'n populêre kultuur word uitgebeeld en gevier. • Geniet nonsens-kuns, -idees, -konstrukte/-konsepte en -teorieë. • Sien ironie en humor. • Beklemtoon HOE dinge gesien word, eerder as WAT gesien word. • Gebruik pastiche: o Tegniek in visuele kuns waar verskillende beelde, mediavorms ens. saamgeflans word om een stuk te vorm o Verwysings en lae verskillende tekste en beelde • Metateater/-teks: o Herinner kykers daaraan dat hulle in die teater is o Bevat karakters wat uit karakter kan tree en met die gehoor kommunikeer o Dit is die kunswerk wat oor homself besin • Stories/Verhale is: o Nielineêr in hulle konstruksie o Refleksief o Op die periferie, selfs onbelangrik o Teorieë of idees o Gebroke o Oorvleuel met baie standpunte en teenstrydige/botsende stemme • Opvoerings is: o Die hooffokus o Die hoofproses o Nie in 'n teks vasgelê nie, omdat dit uit beelde, klanke en multimedia bestaan o Het geen skuldige party nie – niemand is skuldig nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum • Repetisieprosesse is: o Geïmproviseer o Verander o Hersien o Op datum gebring o Omskep deur herhaalde optrede • Die gehoor: o Is baie belangrik o Speel 'n rol o Word dikwels by die dialoog betrek • Toneeltekste: o Het nie 'n duidelike begin, middel of einde nie o Maak die teks net die beginpunt o Het onbeantwoorde vrae • Tekste (visueel, gehoor, die menslike liggaam, ens.) o Kyk na temas of teatertegnieke/-middele o Laat die toneelstuk se einde oop o Verwelkom die idee dat die gehoor hul eie betekenis skep o Vra meer vrae as wat beantwoord word o Bevat visuele beelde en nie-gesproke aksies/handelinge o Dekonstrueer 'n waarheid en aanvaar nie net een realiteit nie o Gebruik tyd, ruimte en struktuur om die struktuur van die gedekonstrueerde of gefragmenteerde storie of intrige te eggo o Het nie noodwendig werklike mense nie o Karakters en mense is bloot 'n voorstelling van gefragmenteerde idees o Begin dikwels op 'n realistiese punt, maar ontrafel en die aksie word onwerklik soos wat die toneelstuk ontwikkel Ken punte soos volg toe: • 'n Totaal van 6 punte as elk van die vier vereiste kolpunte in uitstekende detail bespreek is: (6 x 4 = 24) • 'n Totaal van 2 punte vir 'n uitstekende opstelstruktuur (Inleiding, liggaam van inhoud en gevolgtrekking) • 'n Totaal van 2 punte vir uitstekende beredeneringsdiepte, gemotiveerde stellings en praksering van die argument • 'n Totaal van 2 punte vir relevante verwysings na aanhalings uit die toneelteks Finale totaal vir uitstekende opstel: 24 + 2 +2 + 2 = 30 punte TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. 2.1 Die pingpongbal-neuse verteenwoordig: • Die wit polisiemanne gedurende apartheid • Baas Kom • Eerste Minister • Enige wit karakter Aanvaar enige EEN van die bogenoemde. (2) 2.2.1 Satire bespot/ondermyn/maak na/skeer gek (met) ernstige sosiopolitieke kwessies/figure terwyl bewustheid in die samelewing bevorder word. (2) 2.2.2 Die kandidaat kan na enige twee tonele in die toneelstuk verwys. Woza Albert! het twee akteurs wat verskillende karakters in apartheid Suid- Afrika vertolk. Die akteurs speel twee rasse: wit en swart. Die volgende is voorbeelde: • In die openingstoneel: Percy het 'n pingpongbal-neus wat 'n wit polisieman gedurende apartheid verteenwoordig. Hy vra Mbongeni, wat 'n swart musikant vertolk, vir sy werkspermit. Die toneel beklemtoon hoe polisiemanne gedurende apartheid op werkspermitte by swart werkers aangedring het om na te gaan of hulle in die regte gebied werk, soos in hulle permitte gestel. Dit was 'n beheermeganisme/maatreël wat deur die apartheidsregering gebruik is. • Die karakter Baas Kom het 'n pingpongbal-neus. Baas Kom mishandel sy werkers deur hulle te min te betaal, en hulle te veel te laat werk. Hy laat hulle in swak toestande werk en laat hulle teen mekaar draai, soos gesien in die karakters Bobejaan en Zuluboy by Coronation Brickyard. Aanvaar enige ander geldige en relevante voorbeelde in tonele deur die kandidaat. (3 x 2) (6) 2.3 Die akteurs maak staat op hulle stemme om klankeffekte te skep. Die volgende is voorbeelde: • Sireneklanke word geskep om die indruk van die aankoms van 'n wit polisieman te skep, wat lei tot 'n gespanne atmosfeer want dit het gewoonlik moeilikheid vir die swart gemeenskap/mense beteken. • Die klank van motors wat in Albertstraat verby die twee swart mans ry wat meeding om indiensneming deur die mense wat verby hulle ry. Aanvaar ander geldige en relevante voorbeelde deur die kandidaat. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 2.4 • Die akteurs fokus op dieselfde vaste, denkbeeldige punt. • Hulle oë is wawyd oop en hulle het 'n verbaasde uitdrukking op hulle gesigte. • Hulle ooglyne is op dieselfde vlak en hulle oogposisies fokus in 'n dieselfde rigting. Aanvaar ander geldige en relevante idees. (2) 2.5 • 'n Akteur sal fisies fiks moet wees aangesien daar baie beweging en fisiese aksie is. • Soepel want die akteurs moet in verskillende karakters verander, beide fisies en vokaal en hulle liggame as rekwisiete gebruik. • Gebruik verskillende aksente om verskillende karakters te vertolk/uit te beeld, bv. Auntie Dudu wat saggeaard is en Zuluboy wat arrogant is en Baas Kom wat wit is. • Beheer hulle asemhaling as gevolg van die vinnige bewegings, sang en dans. • Mimiek word vereis om denkbeeldige voorwerpe en mense te skep. • Om goed te fokus, konsentreer en visualiseer. Aanvaar enige geldige en relevante antwoorde deur kandidaat. Aanvaar: • 3 goed gemotiveerde punte of • 6 kort punte (6) 2.6 Aanvaar enige geldige en relevante oefening wat met fokus en konsentrasie verband hou. (2) 2.7 'n Subjektiewe antwoord word vereis solank 'n kandidaat sy/haar antwoord ondersteun met verwysing na die teks en 'n geldige motivering. (4) 2.8 Gebruik die punte en rubriek om jou nasienwerk te lei: • Woza Albert! beeld die onderdrukking van swart mense deur die apartheidsregering uit. • Een van die onderdrukkingsinstrumente was die pasboek. • Geen swart man kon enige werk doen as hy nie 'n pasboek gehad het nie. • Hulle moes in lang rye in Albertstraat vir hulle dokumente wag. • Dit was 'n ontmenslikende en vernederende ervaring vir die mans. • Bv. die toneel waar hulle Morena ontmoet het en hy voorgestel het dat hulle hul pasboeke moes weggooi. • Die werkstoestande by die Coronation Brickyard was skokkend. • Werkers kon enige tyd afgedank word. • Hulle het lang ure gewerk en minimale lone gekry. • Salarisse is nooit verhoog nie. • Die harde werk was vir die wit mense, hulle base. • Die wit mense het in weelde gelewe in groot huise. • Swart mense het in sardientjieblik-huisies gebou met sinkplaat, ou hout, kartondose en plastiek gebly. • Armoede was 'n daaglikse werklikheid. • Bv. Aunty Dudu wat afvalmateriaal/oorskiet in die asblikke soek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT • Toon uitstekende begrip van die lewe en maatskaplike situasie in die toneelstuk , bv. swak onderwys (vleisverkopertoneel), armoede, honger en haweloosheid (Aunty Dudu en ou man). • Kan 'n goed geïntegreerde bespreking oor die sosiopolitieke konteks van die apartheidstydperk neerskryf. Uitstekend 11–12 • Is in staat om die kwessies en lewenswyse volledig te bespreek. • Toon insig en kan hom-/haarself op 'n gedetailleerde wyse uitdruk. • Verskaf spesifieke voorbeelde uit die toneelteks. • Beantwoord alle aspekte van die vraag. • Toon 'n goeie begrip van die lewe en sosiale situasie in die toneelstuk , bv. swak onderwys (vleisverkopertoneel) armoede, honger en haweloosheid (Aunty Dudu en ou man). Baie goed 9–10 • Kan die sosiopolitieke konteks van die apartheidstydperk bespreek. • Is in staat om hom-/haarself duidelik uit te druk. • Toon begrip van die vraag maar sy/haar antwoord het 'n Goed 7–8 gebrek aan detail. • Bespreek van die aspekte van die vraag. • Toon bietjie begrip van die vraag maar sy/haar antwoord het 'n gebrek aan detail. Gemiddeld 5–6 • Is dikwels vaag en veralgemeen. • Gebrek aan aanleg en verskaf basiese antwoord. • Toon min of geen begrip van vraag nie. Elementêr 3–4 • Kan onverskillig, deurmekaar of simplisties wees. • Skryf baie min. • Toon min of geen kennis van die vraag nie. Nie behaal nie 0–2 • Bied irrelevante inligting aan. (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY 3.1 Mingus: • Hy dra net die beste. • Dra slegs klere met die gewilde handelsmerke van daardie tyd (Florsheims, Winthrops, Bostonians, Saxone en Manfield, Arrow-hemde, pakke van Simpsons, Hector Powe, Robert Hall, Dobbs, Woodrow, Borsalino-hoede). • Trek aan soos die Amerikaanse rampokkers van die 50's wat in flieks gewild was. • Sal duur klere aantrek en so sy status as leier van 'n bende vertoon. Indien daardie spesifieke handelsmerke nie beskikbaar was nie, kan huidige handelsmerke soos Gucci, Pierre Cardin, Dolce and Gabana, Armani, Hugo Boss, Armani, ens. gebruik word as geld beskikbaar is. Aanvaar kandidaat se antwoord as dit die dra van goue kettings en ringe insluit. Princess: • Dra 'n kostuum wat die feit dat sy Mingus se meisie is, weerspieël. • Is modieus en dra duur klere wat Mingus aan haar gee. • Sy dra duur juweliersware wat deur Mingus verskaf word. • Haar kostuum kan ook gewilde handelsmerke insluit. Sien holisties na en aanvaar ander geldige, relevante en gemotiveerde modekeuses. (4) 3.2 • Mingus is die leier van die Americans, 'n baie gewilde bende in die 1950's in Sophiatown. • Hy is charismaties, luidrugtig, kordaat, parmantig, aggressief en aantreklik vir baie vroue wat die status en mag wat hy in die gemeenskap het, geniet. • As 'n bendeleier kan hy vroue baie materiële dinge gee waaraan hulle 'n tekort het, soos klere, juweliersware en parfuum. • Mingus glo dat hy verlief is en vra Jakes om namens hom vir Princess 'n liefdesbrief te skryf. • Princess, as sy meisie, word deur baie van die vroue beny omdat sy het wat hulle wil hê. • Haar naam sinspeel ook op iemand koninklik. Sy is trots, hoogmoedig en arrogant. • Sy voel sy is 'onaanraakbaar' in Sophiatown want sy is 'n bendeleier se meisie. • Sy spog hieroor en gebruik dit tot haar voordeel. • Beide wil graag soos hulle rolmodelle, Clark Gable en Marilyn Monroe in die Amerikaanse flieks, wees. Sien holisties na en aanvaar ander geldige en relevante goed gemotiveerde antwoorde. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 3.3 • Die werklikheid van hulle verhouding is dat Mingus 'n dief, moordenaar en rampokker is. • Hy moet heeltyd op sy hoede wees omdat die polisie hom dalk kan vang. • Hy is onbeskof, arrogant en aggressief en behandel Princess soos een van sy besittings. • Hy voel dat hy haar besit omdat hy vir haar duur geskenke koop en haar uit die agterbuurte gered uit. • Hy is uiters beherend en beledigend teenoor Princess. • Princess is arm en het geen ander keuse as om sy beledigings te aanvaar nie, want sy wil uit die krotbuurt wegkom. Sien holisties na en aanvaar ander geldige, relevante en gemotiveerde modekeuses. (3) 3.4 Mingus: • Is 'n rampokker en dit word in sy windmakerige stappie weerspieël. • Sy houding kan regop wees of hy kan 'n sekere arrogansie en hooghartigheid vertoon. • Sy bewegings kan kordaat en oordrewe wees. • Hy kan dreigende gebare maak, soos om onbeskof met sy vinger te wys of sy hande in die lug te gooi. • Sy gesigsuitdrukkings kan geligte wenkbroue en gesperde neusvleuels insluit om sy woede ens. te wys. Princess: • Princess kan pronkerig rondstap met haar neus in die lug. • Haar houding kan haar verhewendheid en 'beter as ander'-houding weerspieël. • Sy het dalk 'n grinnik op haar gesig, veral as Ruth in die rondte is. • Haar gebare: Haar hande kan op haar heupe wees. • Haar arms kan gevou wees asof sy nie omgee wat ander dink of sê nie. Sien holisties na en aanvaar ander geldige, relevante en goed gemotiveerde antwoorde. (6) 3.5 Dekorstel: • Klein, bekrompe lewensruimte in Mamariti se sjebeen verteenwoordiging dat hulle met baie min moes klaarkom. • 'n Klein leefarea vir elke karakter. • Afskortings om elke karakter se ruimte te verteenwoordig. • Klein lessenaar vir Jakes. • Rusbank en kanttafeltjie vir Mamariti om haar drankie op te sit. • Klein ruimte vir Lulu om haar huiswerk te doen. Rekwisiete: • Tikmasjien vir Jakes. • Boeke oral in die ruimte om Lulu se studeerruimte aan te dui. • Tekens en slagspreuke om die omgewing aan te dui. • Bad vir Ruth Sien holisties na en aanvaar ander geldige, relevante en goed gemotiveerde antwoorde. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 16 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 3.6 Subjektiewe antwoord vereis. Aanvaar enige geskikte slagspreuk. Die volgende is 'n paar voorbeelde: • 'Hell No We Won't Go!'; 'I Stay You Go!'; 'Hierdie Land is My Land!'; 'You Have a Problem, You Go!'; 'Hands Off Sophiatown!'; 'Haretsamayi!'; 'Hamba'; 'Suka Wena!'; 'Voetsek' Aanvaar ander geldige en gepaste slagspreuke wat die temas van die toneelteks vasvang. (1) 3.7 Die slagspreuke kan: • As deel van die agtergrond of dekorstel gebruik word. Dit sal die gehoor bewus maak van die boodskap van die toneelstuk . • Die stemming en atmosfeer skep, veral in die laaste toneel wanneer elkeen van die karakters oor hulle ervaring om met geweld uit hulle huise verwyder te word, praat. • Tot die spanning en onsekerheid van die toneel bydra. • Die stemming vasvang, die mense se weerstand teen die gedwonge verplasings en dit versterk die wanhoop en lyding wat deur die mense van Sophiatown verduur is. Aanvaar TWEE goed gemotiveerde punte of VIER punte wat kortliks verduidelik is. Aanvaar ander redelike idees. (4) 3.8 Die volgende is slegs 'n voorbeeld: • Kandidaat kan besin oor die pyn en lyding wat deur die diskriminasie en onderdrukking van apartheid veroorsaak is. • Dit is relevant vir hedendaagse gehore omdat dit hulle leer oor die verlede sodat hulle na die toekoms kan aanbeweeg. • Dit leer hulle om nie die foute van die verlede, soos sistematiese diskriminasie gebaseer op velkleur, te herhaal nie. • Die temas van armoede, misdaad, rampokkery wat deur die mense van Sophiatown moes trotseer is vandag nog relevant en gehore sal hierdie kwessies goed ken. • Gedwonge verplasings vind nog steeds plaas, mense het egter opsies en keuses. • Menseregtegroepe en prokureurs maak deesdae werk van onregverdige praktyke en behandeling deur die regering en gewetenlose gebou- eienaars/verhuurders, anders as in die 1950's toe mense geen keuse gehad het nie. • Gehore sal bewus gemaak word van die feit dat ten spyte van die streng apartheidswette mense van kleur in harmonie saamgewoon het en dat kreatiwiteit geblom het. • Aangesien Sophiatown 'n onvervreembare voorstad was, het sjebeens en dansplekke gefloreer. Die lewe hier was lewendig en opwindend. • Die bekendstelling van jazz, die grammofoon en radio in Sophiatown het 'n positiewe invloed gehad omdat dit daartoe gelei het dat plaaslike groepe soos The Manhattan Brothers, The Jazz Maniacs en The Gay Gaieties gestig is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 17 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum • Dit was in hierdie kultuur dat Dolly Rathebe en Miriam Makeba gewild geword het. Afrika-kunstenaars het inheemse musiek met Amerikaanse musikale elemente gemeng om 'n nuwe straatmusiek, genoem die kwêla, te vorm. • Dit was 'n baie kreatiewe tyd in ons geskiedenis en baie beroemde musikante het in die 1950's in Sophiatown begin optree. • Dit was ook lewendig en kleurvol. • Dit was gekoppel aan 'n florerende tydperk van kreatiewe skryfwerk (Drum-tydskrif), musiek, politiek en intellektuele aktiwiteit. • Daar was 'n lewendige kultuur van partytjies en musiek, Amerikaanse jazz en die geboorte van kwêla, aande by die Odin- of Balansky-bioskope. Kandidaat kan ook sy/haar standpunt dat die toneelstuk nie vandag relevant is nie, bespreek. Dit moet egter goed gemotiveerd en met voorbeelde uit die toneelteks ondersteun wees. Gebruik die volgende rubriek om jou nasienwerk te lei. BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT • Het 'n uitstekende begrip van die geskiedenis van die toneelstuk en hoe dit verband hou met, en deur die temas en boodskappe weerspieël word. • Gee uitstekende beredenering en verduidelik maniere waarop die toneelstuk die sosiopolitieke konteks van die plek vasvang. Uitstekend 11–12 • Skryf 'n goed geïntegreerde antwoord met beredenering en inligting oor die toneelstuk en die plek. • Kan sy/haar antwoord ondersteun, koppel die sosiopolitieke omgewing van die toneelstuk met gebruik van betekenisvolle voorbeelde uit die toneelstuk. • Het 'n baie goeie begrip van die geskiedenis van die toneelstuk en die temas en boodskappe. • Verskaf beredenering en verduidelik sommige maniere waarop Baie goed 9–10 die toneelstuk die sosiopolitieke konteks van die plek vasvang. • Skryf 'n redelik goed geïntegreerde antwoord. • Kan sy/haar antwoord ondersteun met voorbeelde uit die toneelstuk . • Het 'n mate van begrip van die geskiedenis van die toneelstuk en, alhoewel effens gebrekkig, toon 'n mate van begrip van die Goed 7–8 sosiopolitieke konteks, temas en boodskappe. • Verwys in geringe mate na die toneelstuk, maar dit motiveer nie sy/haar antwoord duidelik nie. • Het 'n basiese begrip van die toneelstuk, maar kan dit nie motiveer of koppel aan temas en boodskappe en historiese Gemiddeld 5–6 agtergrond nie. • Neig om breë stellings te maak, baie wat nie duidelik met die vraag verband hou nie. • Het min of geen begrip van die toneelstuk of die temas en boodskappe of die historiese agtergrond nie. Elementêr 3–4 • Kan onakkurate stellings oor die toneelstuk maak. • Gee min of geen redes vir stellings gemaak nie. • Het geen begrip van die toneelstuk of die temas en Nie behaal nie 0–2 boodskappe nie. • Maak irrelevante onsamehangende stellings. (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 18 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS 4.1 Die regisseur se benadering en standpunt is die basis van hierdie antwoord. • Verskuiwings in denke en gevoelens word eerlik weergegee deur die akteurs se aksies en reaksies op mekaar. • Die toneel is realistiese en moet die illusie van 'n werklike gesprek uitbeeld. • Die regisseur moet die akteur se begrip van die denke en gevoelens wat die karakter se verhouding op hierdie tydstip van die toneelstuk uitbeeld, fasiliteer (vergemaklik) en geloofwaardige reaksies uit die akteur kry. • Die akteur moet 'in die oomblik' leef en vokale en fisiese reaksies kan daarom van een opvoering tot die volgende verskil, maar sal altyd realistiese en eg/waar bly. • Stanislavski se metode kan by hierdie antwoord ingesluit word. • Die kandidaat se keuses moet egter deur 'n konteks gemotiveer wees. Sien holisties na. Aanvaar 'n geldige antwoord wat vokale en fisiese spel/opvoerings en die regieprosesse wat die basis van die opvoering is, met Realisme verbind om Tiemie se toenemende wanhoop te vertolk. (6) 4.2 • Tiemie het finaal besluit dat sy nie die soort lewe wil hê waarvoor sy klaarblyklik bestem is nie: om in die suburbs vasgevang te wees, swanger en met 'n man wat haar slaan. • Sy is so vasbeslote en desperaat om uit die suburbs te kom dat sy nie meer deur Jakes geïntimideerd voel nie. Aanvaar enige antwoord wat verwys na Tiemie se desperaatheid of haar verwagtinge en drome en hoeveel dit vir haar beteken. (2) 4.3 • Tiemie wil na 'n vooraanstaande area of voorstad trek en wil nie bly in die laerklas-voorstad waar sy tans woon nie. Aanvaar 'n ander relevante antwoord wat verduidelik waarom Tiemie na die 'dandies' toe wil gaan. (2) 4.4 • Hierdie uittreksel ontmasker Giel uiteindelik as 'n ruggraatlose huigelaar wat mense vir sy eie gewin gebruik. • Deur die hele toneelstuk probeer hy Ma en die ander karakters oortuig dat hy haar liefhet en dat hy nie net by haar bly vir finansiële sekuriteit nie. Maar in hierdie toneel, nadat hy geld op die perde gewen het, verlaat hy Ma. • Selfs toe Jakes Ma, Tiemie en Tjokkie se lewens in gevaar stel, doen Giel niks om hulle te beskerm nie. Krediteer enige TWEE goed gemotiveerde stellings. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 19 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 4.5 Ma: • Is verarm. • Kom finansieel net-net deur en dit word deur haar omgewing en die area waarin hulle bly, weerspieël. • Het baie hartseer deurgemaak met geen ondersteuning van haar afwesige man nie. • Dra verslete en uitgewaste klere. • Maak 'n halfhartige poging om te probeer om respektabel te lyk om Giel se aandag te behou. • Weerspieël die stereotipiese verarmde voorstedelike leefstyl met 'n doek om die kop en pantoffels wat in die huis gedra word. • Dra een of ander rok wat haar vroulikheid wegsteek. • Op 'n stadium loop sy met een of ander skreeubont japon rond. Tiemie: • Woon in dieselfde huis en voorstad as Ma. • Trek baie jonger en meer stylvol aan. • Beeld iemand uit wat ambisieus is en desperaat is om uit die suburbs weg te kom. • Trek meer formeel as Ma aan. • Probeer haar bes om met tweedehandse klere gesofistikeerd te lyk, sodat sy raakgesien sal word en uit die suburbs kan weg te kom. • Dra 'n moderne rokkie met dun bandjies wat die feit dat sy jonk en aanloklik is, beklemtoon. Sien holisties na. Krediteer enige idees wat kennis van die karakters weerspieël. (6) 4.6 • Prosceniumboog/Afgeskorte of geslote stel • Die genre van die toneelstuk is Realisme. (2) 4.7 Die toneelstuk is realisties, probeer daarom om 'n redelik akkurate voorstelling van die stel/verhoogskikking te kry. • Die toneelstuk speel af in die agterplaas van die huis in die suburbs. • Die karakters kuier op die stoep terwyl Tjokkie aan sy kar werk. • Die omgewing wat op die verhoog uitgebeeld word, moet arm/armoedig wees. • Die meubels op die stoep moet kitsch wees en verwering en ouderdom toon. • Dit is belangrik dat die agterdeur (ingang) van die huis sigbaar moet wees omdat dit sentraal tot die aksie van die toneelstuk is. • Die buitekant van die huis kan verwaarlosing toon. • Tjokkie se kar en meganiese toerusting kan sentraal op die verhoog wees omdat dit is waar baie van die aksie plaasvind. • Die stel kan bestaan uit 'n asblik wat oorloop, 'n heining wat herstel moet word en 'n verskeidenheid skrotmetaal wat rondlê. Sien holisties na. Krediteer insigryke idees wat die teks ondersteun. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 20 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 4.8 Gebruik die volgende punte en rubriek om jou nasienwerk te lei. Tema van onbeantwoorde liefde Ma: • Wil iemand hê wat haar vir haarself liefhet. • Giel bly net by Ma sodat hy van haar geld kan af leef. • Is gedeeltelik self verantwoordelik daarvoor dat sy nie liefde vind nie, want sy kies om by Giel te bly en is afhanklik van hom want sy is te bang om alleen te wees. Tiemie: • Wil hê iemand moet haar liefhê en respekteer. • Verduur haar emosionele, sielkundige, verbale en fisiese mishandeling deur Jakes. • Is self verantwoordelik daarvoor dat sy nie ware liefde vind nie, want sy bly by Jakes en raak selfs swanger met sy kind. Jakes: • Stel nie in liefde belang nie. • Wil net 'n vrou hê wat hom goed sal laat lyk. • Kies Tiemie vir hierdie doel want sy is aantreklik en werk saam 'dandies'. • Is self die oorsaak van sy onbeantwoorde liefde want hy waardeer Tiemie nie vir die mens wat sy is nie. Giel: • Het miskien 'n behoefte aan liefde want hy bly by die familie/gesin. • Hy weerspreek (ontken) egter hierdie behoefte aan liefde want hy gaan weg wanneer Tiemie en Tjokkie sterf. • Is self die oorsaak van sy onbeantwoorde liefde want hy respekteer Ma nie en ondersteun haar nie met die huishouding nie. Tjokkie: • Wil hê mense moet hom vir homself liefhê, nie omdat hy in die toekoms kan insien nie. • Hy hou aan om hulle versoeke om die toekoms te voorspel toe te staan en laat hulle daarom toe om slegs op hierdie manier met hom om te gaan. • Is self die oorsaak van sy onbeantwoorde liefde omdat hy nie mense keer om hom vir hulle eie selfsugtige doeleindes te gebruik nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 21 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT • Toon 'n diepgaande begrip van die omgewing, karakters en konteks van Siener in die Suburbs. • Ondersoek omvattend die tema van onbeantwoorde liefde ten opsigte van 'n verskeidenheid aspekte, die meerderheid van die karakters in die toneelstuk ingesluit, maar kan ook 'n Uitstekend 11–12 diepgaande bespreking van 'n spesifieke verhouding met verskeie verwysings na die toneelteks verskaf. • Ondersteun die antwoord. • Verbind die tema met die karakters in die toneelstuk. • Gebruik relevante voorbeelde uit die toneelteks. • Het 'n goeie begrip van die omgewing, karakters en konteks van Siener in die Suburbs. • Ondersoek die tema van onbeantwoorde liefde ten opsigte van 'n verskeidenheid aspekte, sommige karakters in die toneelstuk ingesluit, maar kan ook 'n diepgaande bespreking van 'n Baie goed 9–10 spesifieke verhouding met verskeie verwysings na die toneelteks verskaf. • Ondersteun die antwoord. • Verbind die tema met die karakters in die toneelstuk. • Gebruik relevante voorbeelde uit die toneelteks. • Het 'n begrip van die omgewing, karakters en konteks van Siener in die Suburbs. Goed 7–8 • Verduidelik die omgewing van die toneelstuk. • Verwys na die karakters, maar verbind nie altyd die aanhaling en toneelteks nie. • Het 'n bietjie begrip van die omgewing, karakters en konteks Gemiddeld 5–6 van Siener in die Suburbs. • Skryf op 'n simplistiese en ietwat onverskillige wyse. • Het 'n elementêre begrip van die toneelstuk. • Noem die karakters, maar is geneig om breë stellings oor die Elementêr 3–4 toneelteks te maak. • Koppel nie noodwendig die antwoord aan die aanhaling of tema nie. • Het min of geen begrip van die toneelstuk nie. • Kan dalk een of twee karakters noem, maar dikwels nie meer as Nie behaal nie 0–2 dit nie. • Skryf min of niks nie. (12) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 22 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI 5.1 Sipho is: • 'n 63-jarige assistent-hoof-bibliotekaris. • Seergemaak, verbitterd en kwaad. • Tradisioneel, konserwatief en 'n liefdevolle vader. • Dra alleen die verantwoordelikheid om sy dogter groot te maak. • 'n Slagoffer van apartheid en het sy waardigheid/werksgeleenthede/ selfwaarde as gevolg daarvan verloor. • Het versteekte familiegeheime en betaal die prys daarvoor. Hierdie is slegs 'n paar van die moontlike idees wat nasieners in hierdie antwoord kan vind. Kandidate kan dalk slegs na die foto verwys: sy uitdrukking, sy klere, sy ouderdom of sy stemming/gemoed. Dit is ook aanvaarbaar. Aanvaar enige TWEE goed gemotiveerde, geldige en relevante beskrywings van Sipho se karakter. (4) 5.2 Die regisseur se benadering en standpunt is die basis van die antwoord. • Verskuiwings in denke en gevoelens word eerlik deur die akteurs se aksies en reaksies op mekaar uitgebeeld. • Die toneel is realisties en moet die illusie van 'n werklike gesprek uitbeeld. • Die regisseur moet die akteur se begrip van die denke en gevoelens wat die karakter se verhouding op hierdie punt in die toneelstuk uitbeeld, fasiliteer en geloofwaardige reaksies by die akteur ontlok. • Die akteur moet 'in die oomblik' leef en vokale en fisiese reaksies kan daarom van vertoning tot vertoning verskil, maar dit moet altyd realistiese en waar (eg) wees. • Stanislavski se metode kan by hierdie antwoord ingesluit word. • Die kandidaat se keuses moet egter deur 'n konteks gemotiveer wees. Sien holisties na. Aanvaar geldige antwoorde wat vokale en fisiese vertolkings met Realisme in verband bring. Die regieprosesse is die basis van die vertoning om Sipho se emosies uit te druk. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 23 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 5.3 Kandidaat kan na enige realistiese aspekte van die foto verwys. • Die aandag aan besonderhede, bv. boeke op die rak om die feit dat beide Sipho en Thando lief vir lees en boeke is, te ondersteun (Thando is 'n onderwyseres en Sipho is assistent-hoof-bibliotekaris). • Die gesinsfoto's teen die muur om die feit te ondersteun dat dit 'n gesinsdrama is en dat die gesin/familie vir die karakters en die intrige van die toneelstuk belangrik is. • Die gepastheid van die kostuumkeuses vir die karakters. • Hulle realistiese gebare en gesigsuitdrukkings en staanhoudings. • Enige ander element in die foto wat die realisme in hierdie huis in Madalastraat 46, New Brighton, weergee. Aanvaar enige DRIE goed gemotiveerde aspekte of SES aspekte wat kortliks genoem is, vir ses punte. (6) 5.4 Kandidaat: • Moet werklik toon wat sy/haar begrip is van die term 'blok' ('blocking'), nl. die plasing van akteurs in die verhoogruimte (en nie die algemene wanbegrip van die term 'blok' ['blocking'] nie, waar dit met 'afskerm/maskeer' verwar word wat beteken dat die uitsig van die akteur dalk geblok word.) • Kan die feit noem dat Sipho die ruimte domineer terwyl Thando en Mandisa versigtig toekyk en aan mekaar vashou vir wedersydse ondersteuning en ook die feit dat Sipho van die twee vroue afgesonder/afgeskei is. • Kan die spanning of enige ander aspek van hulle verhouding noem, selfs die vader-dogter/skoondogterverhouding of die 'susterlike' verhouding van die vroue, wat fisies uitgebeeld word. Aanvaar enige redelike antwoord ondersteun deur die visuele stimulusse in BRON E. (4) 5.5.1 Kandidaat kan die volgende noem: • Sipho se ervaring van persoonlike bevryding, beide sielkundig en polities, om 'n einde te maak aan die pyn/seerkry van die verlede, baie as gevolg van apartheid, en dit te laat gaan. • Die pyn wat hy ervaar het as gevolg van sy broer, Themba, se houding en optrede. • Sipho se nuwe vryheid, deur vergifnis gevind, laat hom toe om kreatief, nie destruktief nie, te dink. Hy kan sy eie 'beter' lewe as die hoofbibliotekaris van die New African Public Library, wat nog geskep moet word, visualiseer. • Sipho kan sy pyn, wat hom benadeel het, laat vaar. • Hy kan homself berus en met sy dooie broer, die samelewing en die lewe versoen om na 'n rooskleurige toekoms aan te beweeg. Aanvaar enige SES gedagtes, óf DRIE gemotiveerde idees, óf SES aparte idees. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 24 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 5.5.2 Die kandidaat kan die volgende noem: • Om te kan laat gaan en pyn van die verlede te vergewe, gee ons die vryheid om met ons lewens aan te beweeg. Ons kan vergewe en nie toelaat dat bitterheid en haat ons terughou nie. Daar word van die kandidaat verwag om die waarde van hierdie les op die lewe in die algemeen toe te pas en hy/sy kan ook sy/haar persoonlike ervarings hier noem. Aanvaar enige betekenisvolle antwoord wat na die aanhaling verwys en die waarde om pyn van die verlede te laat gaan om met die lewe aan te gaan, ondersteun. Persoonlike of waargenome alledaagse lewenservarings moet erken word. (4) 5.6 Gebruik die volgende punte en rubriek om jou nasienwerk te lei. • Die aksie/handeling ontwikkel deur die geleidelike onthulling van weggesteekte besonderhede van die verhouding tussen Sipho en sy oorlede broer, Themba. • Die toneelstuk is gestruktureer rondom die reeks stories waarin Sipho identifiseer wat sy broer van hom weggeneem het, meesal as gevolg van wedywering tussen die broers. • Themba het sy baadjie geneem en dit bevestig dat hy voel dat hierdie voorval die wyse saamvat waarop Themba sy ouers se liefde en aandag gedomineer het. • Themba het sy ouers se liefde en aandag weggeneem. • Wanneer Thando hom inlig dat sy Johannesburg toe gaan en dat sy hom van Londen sal laat weet, herken Sipho 'wegneem' as sy lewenspatroon. • Hy beskou dit as die hoogtepunt van al die wyses waarop Themba dit wat hy, Sipho, gewaardeer en gekoester het, ingepalm het. • Hy voel verneuk by sy pa se begrafnis en die laaste keer wat hy sy seun, Luvuyo, gesien het, want in albei gevalle het Themba se status as 'n 'Comrade' hom oorskadu – die verantwoordelike, sorgsame ouer seun wat nie die charisma van die jonger broer gehad het nie. • Sipho begin 'n tirade oor Themba se reputasie as 'n politieke aktivis. Sipho onthul ook die komplekse verhouding tussen hom, sy pa, sy seun en Themba. • Sipho het sy hele lewe lank Themba ondersteun en Themba het hom terugbetaal deur 'n verhouding met sy vrou aan te knoop. Daarom is dit natuurlik dat Sipho weersin en woede teenoor Themba voel. • Deur die waarheid onder die oë te sien en die waarheid te praat, kan Sipho sy duiwels uitdryf en is hy vry om aan te beweeg. • Wanneer Sipho se ervaring van persoonlike verraad, sy dalende selfwaarde, sy waardigheid gedeel word, word dit erken en help dit hom om te berus. • Hy voel nie meer belas daardeur nie omdat hy dit met die meisies gedeel het. • Hy vergewe Themba uiteindelik want die waarheid het hom vry gemaak. Hy besef wat die foute van die verlede was en sal die fondasies van die toekoms vir die familie/gesin vorm, een wat vry is van die emosionele bagasie van die verlede. • Om die verlede te konfronteer en dit te hanteer is sentraal tot die helingsproses sodat hy na die toekoms kan aanbeweeg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 25 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT • Toon 'n diepgaande begrip van die tema van waarheid en versoening op persoonlike en politieke vlak in die toneelstuk. • Bespreek die WVK, Sipho se persoonlike reis, die gevolge van Uitstekend 11–12 apartheid en die werklikhede van die nuwe Sui-Afrika. • Toon uitstekende begrip vir Sipho se pynlike reis na heling. • Skryf 'n goed geïntegreerde bespreking van die belangrikheid van waarheid en versoening op 'n persoonlike vlak. • Toon 'n baie goeie begrip van die tema van waarheid en versoening en Sipho se reis. Baie goed 9–10 • Verwys na elemente van die toneelstuk en die stelling. • Verskaf duidelike insigryke kennis. • Verbind die toneelstuk as 'n geheel in die antwoord. • Het 'n goeie begrip van die tema van waarheid en versoening en Sipho se reis. Goed 7–8 • Kan na 'n paar aspekte van die toneelstuk verwys, maar die antwoord het 'n gebrek aan inhoud en detail. • Skryf duidelik, maar gebrek aan detail. • Het 'n bietjie begrip van die tema van waarheid en versoening Gemiddeld 5–6 en Sipho se reis. • Skryf op simplistiese en ietwat lukrake (onverskillige) wyse. • Noem die tema van waarheid en versoening en Sipho se reis baie min. Elementêr 3–4 • Verwys min na die toneelstuk, indien enigsins. • Toon verwarring oor die inhoud. • Toon min of geen kennis van die toneelstuk nie. Nie behaal nie 0–2 • Toon verwarring oor die inhoud. (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 26 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE 6.1 A=Johan, B=Thami, C=Smith. (3) 6.2 Johan: • Sy drang om geld uit diamante te maak, skep sy aggressie en aanval op Smith. Smith: • Bring finansiële geleenthede/moontlikhede in die drama in. Thami: • Sy begeerte om vir sy gesin te sorg en sy bekommernis oor die mislukking van die diamantkonsessieplanne maak hom vatbaar vir manipulasie deur Johan wat met sy dreigende houding spanning in die toneelstuk laat styg. Die intrige ontwikkel dus tot die klimaks en finale ontknoping/afloop. Aanvaar 'n ander geldige antwoord wat verwys na die ontwikkeling van die intrige en die rol wat elke karakter hierin speel. Sien holisties na. (6) 6.3 Die regisseur se benadering en standpunte is die basis van hierdie antwoord. • Verskuiwings in denke en gevoelens moet eerlik deur die akteur se motivering, dialoog, aksies/optrede, verhoogsake, emosies, sielkunde, houdings en reaksies op mekaar uitgebeeld word. Die toneel is realisties en moet die illusie van 'n werklike gesprek uitbeeld. • Die regisseur moet die akteurs se begrip van die denke en gevoelens wat die karakters se verhoudings op hierdie tydstip van die toneelstuk uitbeeld, fasiliteer. Die akteurs moet versoek word om hulle karakters op geloofwaardige wyse te vertolk en uit te beeld ten opsigte van die volgende: o Vokale uitbeelding: Aspekte soos pas, frasering, intonasie, pousering, artikulasie, aksent, ens. moet geloofwaardig en effektief wees. o Fisiese uitbeelding: Gebare, beweging, energie, gebruik van die hele liggaam, ens. moet geloofwaardig en effektief wees. Die regisseur kan nie spesifieke gebaar- of vokale vertolkings voorskryf nie, dit moet deur die akteurs gemotiveer en op 'n geloofwaardige en individuele manier ontdek word. • Die akteurs moet 'in die oomblik' leef en vokale en fisiese reaksies kan daarom van vertoning tot vertoning verskil, maar dit moet altyd realistiese en waar (eg) wees. • Stanislavski se metode kan by hierdie antwoord ingesluit word. • Die kandidaat se keuses moet egter deur 'n konteks gemotiveer word. Sien holisties na. Aanvaar geldige antwoorde wat vokale en fisiese vertolkings met Realisme in verband bring. Die regieprosesse is die basis van die vertoning om die karakters uit te beeld. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 27 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 6.4 Die opvoer van 'n tipiese produksie van Groundswell moet die volgende weerspieël: • Nuwe Realisme en moet 'n geloofbare gastehuis met aandag aan besonderhede met betrekking tot die dekorstel en rekwisiete op die verhoog aanbied. • Die verhoogplasing: Die omgewing is die barre, wilde Kaapse Weskus. Dit kan as 'n projeksie teen die agterste muur vertoon word of net met beligting en klankeffekte. • 'n Prosceniumboog-verhoog, die akteur-gehoorverhouding, die onsigbare vierde muur, die intiemheid van slegs drie karakters op die verhoog, omring deur die dekorstel. Aanvaar 'n ander geldige, relevante en goed gemotiveerde antwoord gebaseer op sy/haar kennis van die toneelstuk en ook die realistiese vereistes daarvan. VIER punte toegeken vir oortuigende beskrywing of EEN punt elk vir noem van individuele aspekte wat as realistiese verhoogplasing geïdentifiseer is. (4) 6.5 • Die nuwe Suid-Afrika verskaf die 'ruimte' vir elk van die karakters om te ontmoet: fisies in die gastehuis en metafisies met die nuwe demokratiese persoonlike vryheid. • Hulle kan integreer en, op gelyke voet, aansluiting/aanklank by mekaar vind. • Dit bied Thumi ook 'n werksgeleentheid (as bestuurder) om sy loopbaanmoontlikhede te bevorder, meer as in apartheid. • Smith is uitgedien ('has-been'). Hy is afgelê by sy werk wat deur die ou Suid-Afrika gedomineer is (hy is te oud). Dit maak hom nogal magteloos/hulpeloos om aansluiting te vind by die ander as 'n 'gas' in hierdie nuwe metaforiese/figuurlike ruimte wat die nuwe Suid-Afrika verteenwoordig. • Die sosiopolitieke omgewing verskaf beide spanning en geleentheid waarom die aksie en die intrige ontwikkel. Aanvaar 'n ander geldige, relevante en goed gemotiveerde antwoord wat op sy/haar kennis van die toneelteks gebaseer is. (4) 6.6 • Diamante is die basis van die aksie/handeling in die toneelstuk. • Diamante is die basis van Thami en Johan se begeertes. • Die diamantkonsessie is 'n allesoorheersende passie wat uiteindelik, deur hulle desperaatheid, Johan dryf om Smith se lewe met 'n mes te bedreig. • As 'n metafoor verteenwoordig dit die hoop en drome van 'n blinker, meer rooskleurige toekoms met rykdom en die gepaardgaande vryheid en geleenthede, sekuriteit en geluk. • Die sentrale temas van gierigheid, hoop op 'n rooskleurige toekoms, drome van rykdom en suksesvolle besigheid is almal in die skitterende, groot, helder, vonkelende diamant beliggaam/vergestalt. Sien holisties na. Erken verwysings na temas en diamante in die toneelstuk, asook deeglike/gegronde denke en ontleding van die kenmerke van 'n diamant. (Miskien kan Johan/Thami selfs as 'n 'rowwe diamant' beskou word.) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 28 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 6.7 Kandidaat moet na Charles Isherwood se stelling in sy/haar antwoord verwys. Erken verwysings na Mamet, Fugard en Bruce se draaiboekskryfwerk wat ons aan die volgende herinner: • Die opbou van spanning, die desperaatheid van die karakters, die gevaarlike dinge wat hulle doen (bv. vir diamante in die rowwe see myn/ 'n gas met 'n mes dreig). • Die feit dat dit hulle 'laaste kans' op die moontlikheid van rykdom kan wees en die feit dat die toneelstuk boeiend en opwindend is om te kyk. • Alle en enige elemente van die toneelstuk wat die kandidaat boeiend vind, moet in hierdie holistiese antwoord aanvaar word. Verwys na die volgende rubriek as 'n riglyn. BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT • Verwys na die stelling in detail en ontleed alle elemente daarvan. • Maak gedetailleerde verwysings na die toneelstuk en relevante aspekte van alle teaterelemente. Uitstekend 11–12 • Bied relevante aanhalings uit die toneelstuk aan om sy/haar bespreking te ondersteun. • Skryf samehangend en ontwikkel tot 'n gevolgtrekking wat die feit dat Groundswell 'n 'boeiende toneelstuk' is, ondersteun. • Bespreek die stelling op 'n gedetailleerde wyse en verwys na aspekte van die aanhaling en die toneelstuk self. Baie goed 9–10 • Gee voorbeelde uit die toneelstuk wat gedetailleerd en insiggewend is om sy/haar bespreking te versterk. • Weerspieël 'n deeglike begrip van die toneelstuk en die betekenis daarvan. • Het 'n goeie begrip van die elemente van die toneelstuk en hou verband met die instruksie. Goed 7–8 • Verwys na party van die aspekte van die toneelstuk, maar die antwoord het 'n gebrek aan inhoud en detail. • Skryf duidelik, maar daar is 'n gebrek aan detail. • Beskryf en bespreek party aspekte van die toneelstuk en die aanhaling, maar daar is weglatings. Gemiddeld 5–6 • Verskaf 'n antwoord wat gebrekkig is en minder vloeiend en samehangend met betrekking tot uitdrukking is. • Toon 'n bietjie kennis van die toneelstuk, maar verwys nie na die aanhaling nie. Elementêr 3–4 • Verwys na die aanhaling, maar dit is ietwat betekenisloos en irrelevant tot sy/haar bespreking. • Weerspieël feitlik geen kennis van die toneelstuk of begrip van die aanhaling nie. Nie behaal nie 0–2 • Skryf 'n baie kort of deurmekaar antwoord. • Maak foute in die vertolking van die vraag. • Skryf baie min. (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 29 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 7: MIS BY REZA DE WET 7.1 Gabriel is Miem se man en Meisie se vader. (1) 7.2 • Sedert die Groot Depressie, wat sewe jaar voor dié aksie was, het Gabriel hom aan die samelewing onttrek en sedertdien woon hy op die solder. • Hy kyk nie na sy gesin nie. • Miem en Meisie sien om na al sy behoeftes. • Mense kan dalk dink dat hy van sy verstand af is (die kluts kwyt is) aangesien hy nie optree soos iemand wat veronderstel is om die hoof van die huishouding te wees nie. • Hy kommunikeer nie verbaal met enigiemand nie en is amper skimagtig/spookagtig ten opsigte van sy teenwoordigheid. Sien holisties na en ken DRIE punte toe vir EEN gemotiveerde idee. (3) 7.3 • Dit is ironies want Konstabel was inderdaad besig om voor te gee dat hy die vroue beskerm. • Miem het dit net uit woede gesê. • Sy is reg in haar assessering van Konstabel. • Hy gee voor dat hy 'n konstabel is. • Hy het donker, gevaarlike bybedoelings. Krediteer enige idee wat verwys na die feit dat Konstabel nie die mens is wat hy voorgee om te wees nie. Ken slegs EEN punt toe as daar geen verwysing na sy ware voornemens aan die einde van die toneelstuk is nie. (2) 7.4 Kandidaat moet sy/haar begrip van Stanislavski se tegnieke/metodes aan die vertolking/uitbeelding van Miem verbind en dit nie net opnoem nie. Kandidaat kan enige TWEE van Stanislavski se tegnieke (emosionele geheue, die magiese as/of ['the magic if'], superdoelstelling, gegewe omstandighede, aandagsirkels, ens.) gebruik wanneer die vraag beantwoord word. Die volgende is 'n voorbeeld: Die magiese as (The 'magic if'): • Die aktrise wat die rol van Miem speel, kan haarself afvra: As ek in dieselfde situasie as Miem was, hoe sou ek gevoel of gedink het en wat sou ek gedoen het? Byvoorbeeld, wat as ek skielik my gesin moes onderhou omdat my man op die solder gaan skuil het/homself onttrek het? Ek moet nou my gesin onderhou deur sakke te maak waarin mis gestoor word. • Die aktrise sal 'n denkbeeldige maar emosioneel ware konneksie met die rol vestig. Sien holisties na. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 30 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 7.5 Die regisseur se benadering en standpunte is die basis van hierdie antwoord. • Verskuiwings in denke en gevoelens moet eerlik deur die aktrise se aksies en reaksies op ander uitgebeeld word. o Vokale uitbeelding: Aspekte soos pas, frasering, intonasie, pousering, artikulasie, aksent, ens. moet geloofwaardig en effektief wees. o Fisiese uitbeelding: Gebare, beweging, energie, gebruik van die hele liggaam, ens. moet by die elemente hierbo pas en moet geloofwaardig en effektief wees. • Die toneel is realisties en moet die illusie van 'n werklike gesprek uitbeeld. • Die regisseur moet die aktrise se begrip van die denke en gevoelens wat die karakter se verhoudings op hierdie tydstip van die toneelstuk uitbeeld, fasiliteer. Die aktrise moet haar karakter op geloofwaardige wyse vertolk en uitbeeld. Die regisseur kan nie spesifieke gebare of vokale vertolkings voorskryf nie, dit moet deur die aktrise gemotiveer en op 'n geloofwaardige en individuele manier ontdek word. • Die aktrise moet 'in die oomblik' leef en vokale en fisiese reaksies kan daarom van vertoning tot vertoning verskil, maar dit moet altyd realisties en waar (eg) wees. • Stanislavski se metode kan by hierdie antwoord ingesluit word. • Die kandidaat se keuses moet egter deur 'n konteks gemotiveer word. Sien holisties na. Aanvaar 'n ander geldige antwoord wat vokale en fisiese vertolkings in Realisme verbind met die regieprosesse wat die basis is van die vertoning om die karakter uit te beeld. (6) 7.6 Die slopemmer is sentraal tot die aksie/handeling: • Dit is die gehoor se enigste onmiddellike aanduiding van Gabriel se teenwoordigheid. • Dis die enigste skakeling wat Miem en Meisie met Gabriel het. • Miem vra Gabriel om sy afval ondertoe te stuur. Meisie moet die emmer van die tou losmaak en van die afval ontslae raak. Hierdie reëling walg haar. • Die afval in die emmer is in ooreenstemming met die reuk van die mis wat 'n voortdurende herinnering is aan hulle armoedige leefstyl. • Die slopemmer is 'n herinnering aan Gabriel se teenwoordigheid, wat tot die spanning bydra. • Konstabel is aanvanklik nie bewus van hom nie en neem aan dat die vroue alleen en kwesbaar is. Aanvaar DRIE goed gemotiveerde idees. (6) 7.7 Die slopemmer moet laat sak en opgetrek word asof dit vanaf 'n solder gebeur. Dit kan op 'n verhoog uitdagend wees want: • Die tou, met die emmer daaraan vas, sal vanaf die balke of enige ander soort ondersteuning moet hang. • Nie alle verhoë/ruimtes het dit beskikbaar nie. • Die toneelmatige effek van die tou en emmer sal bederf word as dit nie vir die gehoor weggesteek word totdat dit onthul word nie. • 'n Handlanger sal in beheer moet wees van die sak en optrek van die emmer en die tydsberekening van die seine kan problematies wees. Sien holisties na en aanvaar enige TWEE gemotiveerde idees. Gee ook krediet as die kandidaat VIER uitdagings noem. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 31 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 7.8 Die volgende is 'n riglyn. Aanvaar ander goed gemotiveerde antwoorde. Reuk: • Meisie en Miem maak 'n bestaan deur mis aan boere te verkoop. • Die mis blyk ook egter vir Meisie 'n groot frustrasie te wees. • Sy kla by Konstabel dat dit vreeslik ruik en dat dit vlieë lok. • Volgens haar is dit die rede waarom sy nie kêrels het nie. • Sy plant rose voor haar kamervenster om die reuk van die mis te verdoesel. Klanke: • Huilende wind wat Meisie se melankoliese/hartseer gemoed uitbeeld en 'n spookagtige atmosfeer skep. • Hierdie wind klink soos fluisterende stemme of geroep van buite wat jou lok. • Sagte windvlae wat met Meisie se vertelling van haar geheime besoek aan die sirkus saamval. Hierdie windvlae klink soos sagte, lokkende roepstemme van buite. • Dit simboliseer Meisie se behoefte aan vryheid, om buite te kan gaan. • Die wind waai in vlae wat aandui dat haar behoefte sporadies voorkom. • Harde vlae wind gedurende Konstabel se storie oor die sonsverduistering. • Hierdie wind gee 'n bisarre emosionele waarde aan die vertelling. • Die kwepers wat val en die blomme wat uit die tuin weggewaai word, gee die vertelling 'n droomagtige kwaliteit. Aanraking: • Konstabel raak aan die vroue se gesigte, hy gee voor om blind te wees. • Die vroue se hande is grof as gevolg van die stik van die goiingsakke. Verwys na die rubriek hieronder om jou nasienwerk te lei. BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT • Toon 'n diepgaande kennis van die toneelteks. • Vat inligting saam in insigryke kommentaar op die aanhaling • Verbind die aanhaling met die konteks, karakters en aksie. Uitstekend 11–12 • Verwys uitvoerig na voorbeelde uit die toneelteks. • Fokus op die redes waarom Mis as 'n 'noodsaaklike teater- ervaring' of 'magiese realisme' beskou kan word. • Het 'n uitstekende begrip van die toneelstuk. • Fokus op die redes waarom Mis as 'n 'noodsaaklike teater- Baie goed 9–10 ervaring' of 'magiese realisme' beskou kan word. • Verwys na die toneelteks om sy/haar waarnemings te ondersteun. • Het 'n goeie begrip van die toneelstuk. Goed 7–8 • Verwys na 'n paar voorbeelde uit die toneelteks om die aanhaling te ondersteun. • Het 'n grondige begrip van die toneelstuk. • Ondersteun nie altyd die antwoord nie. Gemiddeld 5–6 • Verbind nie altyd die aanhaling met die konteks, karakters en aksie nie. • Gee algemene voorbeelde. • Toon baie beperkte begrip van die toneelstuk. Elementêr 3–4 • Noem die karakters, maar kan verkeerde stellings oor die toneelteks maak. • Verbind nie noodwendig sy/haar antwoord met die aanhaling nie. • Het min of geen begrip van die toneelstuk nie. Nie behaal 0–2 • Kan een of twee karakters noem, maar dikwels niks meer nie. nie • Skryf baie min of niks nie. (12) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 32 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING D: DIE GESKIEDENIS VAN TEATER, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 8 8.1 Aanvaar geldige definisies wat 'n begrip van Realisme as 'n genre weerspieël, byvoorbeeld Realisme: • Was 'n reaksie deur die teater teen die Romantiek. • Beeld die lewe uit soos dit is. • Al die elemente van die teater saamgesmelt om 'n illusie van die werklikheid te skep. • Verteenwoordig 'n 'greep uit die lewe' op die verhoog. (2) 8.2 Kandidaat moet die kenmerke van 'n realistiese toneelstuk verduidelik. Hieronder volg 'n paar voorbeelde van kenmerke: • Dialoog as gesproke woord geskryf • Werklike lewe op verhoog uitgebeeld • Denkbeeldige vierde muur • Prosceniumboog-verhoog/teater – afgeslote stel • Skuilverligting/Versteekte ligte • Realistiese klankeffekte • Alle elemente verenig om illusie of werklikheid te skep • Verskyning/Opkoms van die regisseur • Temas en boodskappe relevant tot die lewe en spesifiek tot 'n omgewing • Oorerwing en omgewing is sleutelinvloede op karakter en tema • Die lewe deur die vyf sintuie uiteengesit/gedetailleer (Darwin) • Gehoor se empatiese reaksie • Ouditorium verdonker • Intieme akteur-gehoorverhouding • Karakters het sielkundige realisme • Karakters is afgerond, hulle het 'n verlede • Karakters ontwikkel en het 'n geloofbare toekoms na die toneelstuk • Goed gemaakte toneelstuk/Toneelmatige stuk (skrywer) – lineêre ontwikkeling van intrige (eksposisie, ontwikkeling van intrige, klimaks en dènouement) • Min karakters op verhoog • Teks en subteks • Eenheid van tyd, plek en aksie/handeling • Gedetailleerde realistiese dekorstel en rekwisiete as 'n omgewing en nie slegs as 'n agterdoek/agtergrond nie Kandidaat kan AGT verskillende kenmerke of VIER goed gemotiveerde stellings noem. Aanvaar ander geldige kenmerke wat 'n begrip van 'n realistiese toneelstuk weerspieël. Kandidaat kan ook verwys na enige realistiese toneelteks wat hy/sy bestudeer het of na gaan kyk het. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 33 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 8.3 Kandidaat moet TWEE van die volgende bewegings kies. Erken kandidaat se verwysings na hierdie bewegings as invloede op die Teater van die Absurde, Epiese Teater en/of Postmodernisme. Konstruktivisme: • Konstruktivisme het met Meyerhold in Rusland begin. • Hy het 'n speelstyl, genoem biomeganika, ontwikkel. • Hy het geglo dat sekere emosies ontlok kan word deur die gebruik van sekere tipes spierbewegings. • Hy het Stanislavski se beskouing/opvatting dat daar interne motivering moet wees voordat 'n emosie ontlok kan word, betwis. • Konstruktivisme is 'n kunsterm. • Die verwesenliking/verwerkliking hiervan in die teater beteken opvoerings en verhooginkleding wat nuttig en nie-dekoratief is. • Dekorstelle bestaan uit strukture, platforms, wiele, trappe en masjien-/ enjinonderdele. • Die groteske (oordrewe/absurde) word gebruik om die menslike toestand uit te beeld. • Multidimensionele gebruik van stellasies en platforms. Dadaïsme: • Hierdie dramabeweging het ten doel om gekheid/dwaasheid en chaos te skep en te ondersoek. • Dit is 'n weerspieëling van die wyse waarop mense die samelewing ervaar. • Daar is geen waarheid of orde om te help om betekenis uit die bestaan te skep nie. Opvoerings is gewoonlik van gedigte (met geen letterlike of bedoelde betekenis nie), wat nonsens-klanke gebruik wat saamgesnoer is. Dadaïsme dui aan dat daar geen betekenis in die werklikheid of in ons interaksies is nie. • Die gehoor kan nie sin maak van hierdie opvoerings nie. Eksistensialisme: • 'n Na-oorlogse filosofie. • Nie 'n beweging nie, maar 'n eklektiese gedagtegang onder Franse filosowe, soos Jean-Paul Sartre en Albert Camus. • Die mens se bestaan word bevraagteken. • Die lewe is 'n betekenislose, toevallige, chaotiese stroom voorvalle. • Die logika van eksistensialisme is onlogies. • Bestaan voor essens/wese/kern. • Nietzsche – 'God is dood'. • Alle bestaan word bevraagteken en die betekenis en doel van die lewe word onder verhoor geneem. • Die verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog het tot nihilisme gelei. • Eksistensialisme het 'n sterk invloed op die Teater van die Absurde. Ekspressionisme: • Die fokus is op emosies: van die gehoor en die kunstenaar. • Objekte verantwoordelik vir uitlok van emosies is nie die fokus nie. • Daar is baie sielkundige introspeksie. • Die temas van Ekspressionisme fokus op mense se ontevredenheid met gesag en materialisme. • Die aard/stemming van die toneelstukke is sarkasties of satiries. • Die filosofie meen dat daar geen absoluutheid/onbeperktheid is nie – nie eens die waarheid nie. • Die enigste waarheid word in elkeen gevind. • Daarom word die waarheid subjektief. • Dit is hierdie subjektiewe werklikheid wat die Ekspressionisme ondersoek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 34 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum Futurisme: • Futurisme het in Italië begin. • Futurisme wil die werklikheid verander. Dit verwerp die verlede. • Die verheerliking van die masjientydperk is die fokus van Futurisme. • Tyd en ruimte word saamgepers en verskeie, onverwante tonele word in 'n enkele dramatiese omgewing opgevoer. • Futurisme wil die tradisionele prosceniumboog-benadering afbreek en al die kunste insluit: sirkus-, vaudeville- en nagklubvertonings wat met opvoerings geïntegreer word. • Multimediategnieke word gebruik om die gehoor tot bewustheid te skok. • Die hele opvoering en ervaring is soms chaoties met multimedia-aanbiedings en die gebruik van baie/verskeie kunsstyle. • Akteurs breek die vierde muur af; tree soms selfs in die ouditorium op. Surrealisme: • Hierdie beweging het in Frankryk begin. • Surrealisme is ook Superrealisme genoem en was 'n opstand teen Realisme. • Artistieke waarheid was die doel van die Surrealistiese kunstenaars. • Surrealiste het 'n ware staat van werklikheid ten doel gehad. • Om dit te bereik, het hulle bekende menslike toestande naas mekaar gestel. • Die band van gewone werklikheid is gebreek. • Alledaagse logika is verwerp. • Jean Cocteau was die belangrikste teaterpraktisyn van Surrealisme. Simbolisme: • Een van die invloedrykste van die vroeë reaksies teen Realisme was Simbolisme. • Hierdie dramabeweging het in die 1880's in Frankryk sy wortels gekry en vroeg in die 20ste eeu doodgeloop. • Simbolisme is antirealisties in die ontkenning dat waarheid gevind kan word in die bewyse wat deur die sintuie of deur rasionele denke verskaf word. • Dit stel voor dat die waarheid intuïtief verstaan/besef word. • Dit probeer om indrukke en gevoelens – 'n subjektiewe werklikheid – te dramatiseer. • Simboliese dramas neig om geheimsinnig en dubbelsinnig te wees. • Produksies word gekenmerk deur hulle eenvoudigheid. • Atmosfeer en stemming word deur beligting, kleur, vorm en lyne geskep. • Toneelspel en regie is figuratief. • Dialoog word op staccato-wyse gelewer. • Dit probeer om die akteurs te help om die gehoor te bereik en meer te deel, die proscenium word dikwels verwyder. Kandidate moet enige TWEE teaterbewegings bespreek. Ken punte soos volg toe: • 5 goed gemotiveerde stellings of • 10 punte kortliks verduidelik (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 35 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 9 9.1 Kandidaat kan enigiets uit die kolpuntlys kies, maar moet 'n goeie rede vir sy/haar keuse gee. Ken EEN punt vir die keuse toe en TWEE punte vir die rede. (3) 9.2 Die kandidaat kry EEN punt vir die noem van die verhoogtipe en TWEE punte vir die akteur-gehoorverhouding. Bv. 'n Kringteater om 'n intieme akteur-gehoorverhouding te skep. Die gehoor sit baie na aan die aksie wat sal help met die tema dat die verskillende 'daaglikse vreugdes' aangegryp moet word. Indien die kandidaat nie 'n verhoog kies nie, kan punte toegeken word gebaseer op die redes vir hierdie keuse. (3) 9.3 Kandidaat kan enige teaterelemente vir opvoeringskepping verduidelik, bv.: • Gebruik van ruimte • Beligting • Klank • Kostuums en grimering • Dekorstel en rekwisiete • Beweging • Dans • Vokale en fisiese kenmerke • Toneelspelstyl • Aantal akteurs/kunstenaars (of geen akteurs/kunstenaars) Krediteer ander redelike elemente. Aanvaar SES kort punte of 'n holistiese antwoord wat aan die vereistes van die vraag voldoen. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 36 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 9.4 Verwys na die rubriek hieronder om jou nasienwerk te lei. Sien holisties na. BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT • Dek relevante aspekte van voorbereiding vir 'n finale praktiese eksamen breedvoerig. • Sluit inligting oor enige van die kolpuntlysitems in asook enige Uitstekend 7–8 van sy/haar gedagtes. • Skryf 'n uitstekende, samehangende, duidelike en oorredende toespraak. • Dek sommige van die voorbereidingsaspekte vir 'n finale praktiese eksamen. Gemiddeld 5–6 • Sluit inligting oor sommige van die kolpuntlysitems in asook sy/haar eie gedagtes. • Skryf 'n goeie toespraak wat interessante punte bevat. • Toon min begrip van die vereistes van die voorbereidingsproses vir 'n praktiese eksamen. Elementêr 3–4 • Gee 'n paar idees wat nie noodwendig met die vraag verband hou nie. • Skryf 'n swak toespraak wat min interessante punte bevat. • Toon min of geen begrip nie van die vraag of die vereistes van Nie behaal nie 0–2 'n praktiese eksamen. • Gee 'n kort toespraak wat swak geskryf is. (8) [20] TOTAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all