You're offline
Skip to content
Memorandum

Dramatic Arts Nov 2020 Afr Memo hlayiso.com

Subject: Dramatic ArtsGrade 12202032 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE NOVEMBER 2020 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 29 bladsye en 3 bylaes. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS 1. Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'memorisering' van kennis wat onderrig en geleer is op elk van die 6 kognitiewe kennisvlakke te bepaal nie, maar ook om die kompleksiteit van die denkproses wat die kandidaat toepas op die kennis wat uit die geheue herwin is, te bepaal. Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer, is Anderson en Krathwohl se hersiene Blooms se Taksonomie.  6 kognitiewe moeilikheidsvlakke  4 kompleksiteitsdenkprosesse 2. Die nasienriglynbesprekingsforum voordat nasien begin, kan nie genoegsaam alle antwoorde voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop wees vir kandidate se antwoorde. Maak seker dat verskillende onderrigstyle nie die leerder/kandidaat benadeel nie. 3. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die nasienriglyne te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om algemene definisies en begrippe te vind. Assimileer die:  Verwagte antwoorde op elke vraag  Die kognitiewe moeilikheidsvlak vereis van die kandidaat  Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word  Aksiewerkwoorde gebruik by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke)  Verwys na die bylaes aan die einde van die nasienriglyne 4. As die nasienriglyn nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie. 5. Maak 'n duidelike merkie langs die betrokke aspekte ten opsigte van kognitiewe vlak/kompleksiteitsdenkproses/konsep/inhoud/vaardighede/kennis wanneer 'n punt toegeken word. Nasieners moet aktief by die antwoord betrokke wees.  Verwys na die bylaes aan die einde van die nasienriglyne 6. Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te verseker dat nasien gestandaardiseer is. 7. Sien globaal na, waar moontlik. Nasieners aanvaar enige korrekte, relevante en goed gemotiveerde antwoorde. 8. Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES Nasien van Opstel- en Antwoordvrae Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die bygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verstaan: 1. Inhoudsmoeilikheidsgraad: Hoe kompleks is die ontwerp van die vraag? Word die inhoud op die korrekte vlak geassesseer? 2. Taakmoeilikheidsgraad: Wat is die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word? 3. Stimulusmoeilikheidsgraad: Hoe moeilik of maklik is dit om die bron te verstaan en toe te pas? 4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word: Wat is die hoeveelheid/aantal (hoeveel) en gehalte/kwaliteit (hoe goed) van die verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne gegee? Is dit in lyn met die item, taak en stimulus? Is die punte toepaslik toegeken en geweeg? –Leong: 2002 Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die hoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg. Dit sal help met die standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se opstelle en antwoorde vir elke deel van die eksamen. Dit sal ook nasionale nasienprosedures, -prosesse en - uitslae standaardiseer. Inleiding tot die Taak  Nasieners lees die taak wat van die item vereis word en som dit op.  Nasieners lees die item en beplan 'n antwoord op die taak.  Nasieners deel antwoordplanne en som verwagtings vir kandidaatantwoorde op/ deel nie net die hoeveelheid (aantal) bewyse nie, maar ook die gehalte van bewyse (hoe goed). Inleiding tot die Rubriek en Ankervraestelle  Opleier hersien rubriek met verwysing na die taak.  Opleier hersien prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse van die antwoord by die taal van die rubriek te pas en deur alle eienskappe ewe veel te laat weeg).  Opleier lei die hersiening van elke ankervraestel en kommentaar. (LET WEL: Ankervraestelle word in volgorde van hoog na laag in elke puntvlak geplaas.) Oefen Individuele Puntetoekenning  Nasieners ken individueel punte aan 'n pak oefenvraestelle toe. Nasieners moet die vraestelle onafhanklik nasien.  Opleier teken punte aan en lei bespreking. (Oefenvraestelle moet puntetelling en kommentaar bevat.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS VRAAG 1 Die volgende dien as 'n riglyn: Die kandidaat moet:  Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord  Die toneelteks gebruik wat hy/sy bestudeer as 'n voorbeeld  Na een van drie teaterbewegings: Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater verwys  Na die bron in sy/haar antwoord verwys  Toon dat die vraag en bron in sy/haar opstel ontleed, verstaan en geïntegreer is Die inhoud van die opstel moet die volgende dek:  Die toneelteks wat die kandidaat bestudeer het en spesifieke voorbeelde  'n Bespreking oor hoe die doelbewuste keuses van die dramaturg rebellie weerspieël  'n Bespreking van die lewensuitdagings wat eie aan die onderwerpmateriaal van die toneelteks is asook voorbeelde vanuit eie lewenservarings van die kandidaat, teks bestudeer, en 20ste-eeuse teaterbeweging  Die 20ste-eeuse teaterbeweging wat die kandidaat gekies het (Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater)  Die vraag  Die bron Nasiener se aantekeninge:  Die kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan, krities ontleed en in die opstel toegepas is  Krediteer kandidate vir ekstra informasie ten opsigte van hul hoofargument. Kandidate wat addisionele voorbeelde, tekse en bewegings van ander toneelstukke relevant tot absurdisme, epies of post-modernisme gebruik moet daarvoor geakkrediteer word in terme van kwaliteit, kwantiteit en relevansie van die voorbeelde genoem  Kennis wat gememoriseer is, moet in 'n oorspronklike argument gekontekstualiseer word wat feitlike, kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe denke toon  Die rubriek op die volgende bladsy is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende te assesseer: o Kognitieweprosesdimensievlakke (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep) o Kompleksiteit van denke deur kandidaat getoon (feitelik, konseptueel, prosedure, metakognitief) o Neem alle instruksies in ag wanneer die opstel nagesien word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT TOON DIE VOLGENDE: Denkproses: Pas feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis in die vraag, bron en inhoud toe. Uitstaande  Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n nuwe, kreatiewe en oorspronklike wyse. 27–30  Evalueer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n Metakognitiewe 90–100 omvattende reeks insiggewend gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. Kennis A+  Ontwerp en skep 'n argument volgens 'n nuwe en unieke patroon wat refleksiewe kreatiewe, Skep kritiese en analitiese denke toon. Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te skep, te herorganiseer, te ontdek, te verander en te verbeter. Denkproses: Ondersoek feitlike, konseptuele, prosedure- en metakognitiewe kennis in die Uitstekend vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n gedifferensieerde, vertolkende en interessante wyse. 24–26 Metakognitiewe  Beoordeel/Assesseer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele 80–89 Kennis bronne in 'n betekenisvolle reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. A  Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon saam wat reflektiewe, kritiese en analitiese Evalueer denke toon. Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te beoordeel, kritiek te lewer, aan te beveel en voor te stel. Denkproses: Ontleed, onderskei en ondersoek feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die Verdienstelik vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n gedifferensieerde en vertolkende wyse. 21–23 Prosedure-  Ontleed/Dissekteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele 70–79 kennis bronne in 'n breë reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. B  Stel 'n argument saam wat kritiese en analitiese denke toon. Ontleed Kognitiewe vlak: Toon vermoë om gevolgtrekkings te maak, begrippe te dekonstrueer, met mekaar in verband te bring, toe te skryf, te ontdek. Denkproses: Ontleed en onderskei feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die vraag, bron Wesenlik en inhoud. Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n georganiseerde, 18–20 gedifferensieerde en verklarende wyse. Prosedure- 60–69 • Integreer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n kennis C breë reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. • Verskaf 'n argument wat kritiese en analitiese denke toon. Toepas Kognitiewe vlak: Toon 'n vermoë om toe te pas, saam te stel en te integreer. Denkproses: Verduidelik, interpreteer en herformuleer feitlike en konseptuele kennis van die Voldoende vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n konvensionele wyse. 15–17 Konseptuele  Interpreteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne 50–59 Kennis in 'n breë reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud, voorspelbaar. D  Verskaf 'n argument wat analitiese denke toon. Begrip Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig, te klassifiseer, op te som, te vergelyk en te verduidelik. Denkproses: Verduidelik en interpreteer feitlike en konseptuele kennis van die vraag, bron en Gemiddeld inhoud. Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n gedifferensieerde wyse. 12–14  Verduidelik voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in Konseptuele 40–49 'n voorspelbare reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. Kennis E  Skryf 'n verduideliking in voorspelbare/algemene denkprosesse. Begrip Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig, klassifiseer, op te som, te vergelyk en te verduidelik. Denkproses: Definieer en pas kennis vanuit geheue toe. Integreer die vereistes van die vraag Elementêr en bron op 'n ongekompliseerde/reguit/fundamentele vlak op 'n algemene wyse. 10–11  Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n Feitlike 30–39 beperkte reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. Kennis F  Skryf 'n verduideliking met voorspelbare denkprosesse. Kognitiewe vlak: Toon elementêre vermoë om probleem op te los, te identifiseer, te noem, in Onthou verband te bring, te definieer. Nie Behaal Nie Denkproses: Onthou en pas kennis vanuit geheue toe. Probeer om vraag en bron te integreer, maar toon beperkte tot basiese vermoë om die vereistes van die vraag en aanhaling op te los. 1–9 Feitlike  Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n 20–29 Kennis beperkte, voorspelbare reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. G Kognitiewe vlak: Toon beperkte vermoë om te identifiseer, te noem, in verband te bring en te Onthou definieer. Nie Behaal Nie Denkproses: Toon geen begrip van die vraag of bron nie, kan nie opstel skryf nie, gee geen voorbeelde uit die toneelteks van die teaterbeweging. OF Feitlike 0  Bied feite aan wat nie verband hou met die vraag nie. OF Kennis H  Nie in staat om te identifiseer, te noem, in verband te bring, te definieer nie. Kognitiewe vlak: Bied gememoriseerde inligting en inhoud aan wat nie die vraag beantwoord Onthou nie. TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON 2.1  Stel: Die meubels/items wat op 'n verhoog gebruik word om die omgewing van die toneelstuk te skep. Die rangskikking van syskerms, agtergronddoeke, rostra, meubels, bokse of ander artikels wat gebruik word om die omgewing vir „n aanbieding te skep (1)  Rekwisiete: Items wat deur 'n akteur gebruik word, bv. 'n stok (1)  Ensemble: 'n Groep wat saamwerk (1)  ‘n Rolverdeling:'n Groep/lys van akteurs/kunstenaars wat aan 'n spesifieke produksie werk (1) 2.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Analise van aspekte van opvoering en blokkering  'n Begrip van wat 'n openingstoneel kragtig maak Die volgende is 'n riglyn: Die openingstoneel is kragtig want:  Die jazz-totem is visueel opwindend en boeiend want die akteurs skep self die totem met hulle liggame  Fisiese aksie is energiek en vergesel deur klankeffekte wat die akteurs self maak want geen vooraf opgeneemde musiek word gebruik nie  Vokaal is ideofone hard en trek die gehoor se aandag  Kunstenaars skep fisies interessante beelde met hulle liggame wat tot die visuele beeld van die scene/toneel bydra  Direkte aanspreek van gehoor hou hulle aandag en laat hulle op die aksie fokus  Die taal (onwelvoeglikhede/aksente/gebruik van Engels en Afrikaans) trek die aandag van die gehoor (6) 2.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  Kennis en begrip van waarom 'n toneelstuk 'emosioneel treffend' kan wees Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk is emosioneel treffend want:  Die liedjies laat die gehoor kwaad en gemobiliseer voel want die woorde skep gevoelens van woede teenoor die onderdrukking  Die gehoor is geaffekteer want die karakters word voorgestel in vernederende en pynlike situasies soos die vleisverkopertjie wat jonk is en nie kan skool toe gaan nie want hy moet vir sy gesin 'n inkomste verdien. Ons kry die bejaarde Aunty Dudu jammer wat in die as blikke soek na afvalkos om te eet want dit is fisies moeilik vir bejaardes om so te leef (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne  Die finale uitroep 'Woza Albert!' lok 'n gees van verset en bevestiging uit deur die oproep van die geeste van die helde van die stryd 2.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  Kennis, begrip en toepassing van die vaardighede wat nodig is om hierdie toneelstuk doeltreffend/effektief op te voer. Die volgende is 'n riglyn: Dit is belangrik dat akteurs 'uitmuntende vaardige' akteurs is want hulle moet die volgende hê: Vokale vaardighede:  Akteurs het sterk stemme nodig wat korrek gebruik word om te verseker dat hulle vir die hele verloop van 'n produksie kan optree  Akteurs moet voortdurend vaardighede ontwikkel en verbeter, soos korrekte asemhaling, resonansie en artikulasie  Verander die vokale kenmerke en stemtoon van die opvoerder om oor te dra hoe 'n persoon ander karakters kan speel bv soos Aunty Dudu Fisiese Vaardighede:  Kommunikeer die boodskappe van die toneelstuk duidelik en doeltreffend deur fisiese karakterisering  Herskep die wêreld van Woza Albert! deur die gebruik van liggaamsgebare, taal en die uitbeelding van hulle karakters  Kommunikeer die boodskappe van die toneelstuk doeltreffend deur die gebruik van dialoog en die emosionele liedjies  Speel baie karakters, bv. Aunty Dudu, vleisverkoper en ou man  Moet kan sing en dans om aan die vereistes van die toneelstuk te voldoen  Transformeer/Verander vokaal en fisies van karakter tot karakter op die verhoog omdat daar slegs twee akteurs is wat verskeie rolle moet speel  Skep klankeffekte/idiofone, want geen vooraf opgeneemde klanke word gebruik nie  Maak die onsigbare wêreld vir die gehoor sigbaar deur die gebruik van mimiek, bv. Morena en die onsigbare verslaggewer (6) 2.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van die karakters  'n Analise van hulle gegewe omstandighede  'n Sintese van hoe karakter gegewe omstandighede en vice versa beïnvloed Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Die volgende is 'n riglyn: Karakters en gegewe omstandighede:  Weerspieël lewe gedurende apartheid want die gehoor word voorgestel aan 'n deursnit van die Suid-Afrikaanse samelewing, verteenwoordigend van ontburgerde, verarmde slagoffers van apartheid  Variasie om verskillende rassegroepe te toon, bv. wit polisieman en Baas Kom en swart werkers, bv. Bobbejaan en Zuluboy wat by Coronation Brickyard werk, en toon die uitbuiting van werkers tydens apartheid  Toon die swaarkry van die onderdruktes en benadeeldes, bv. Aunty Dudu wat in die blikke van die wit mense krap met die hoop dat sy oorskietkos sal vind.  Weerspieël die begeerte van die onderdrukte mense vir 'n redder om hulle te red uit die onderdrukkende en ondraaglike situasies, bv. die vleisverkoper wat nie skool toe kan gaan nie want hy moet vleis verkoop om sy familie te ondersteun  Beklemtoon armoede, bv. vleisverkoper, arm werksomstandighede, bv. in Coronation Brickyard, inperking van beweging, bv. Paswet soos gesien wanneer werkers in Albertstraat desperaat is vir passe sodat hulle werk kan kry. (8) 2.6 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die antwoord kan die volgende insluit:  'n Artikel vir 'n program, opvoering, kulturele byeenkoms, fees en konsert vir Erfenisdag  Die antwoord kan ook die volgende insluit: Kreatiwiteit met die assessering van die waarde van die toneelstuk vandag en COVID-19 omstandighede,omgewing Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk maak 'n belangrike bydrae tot Suid-Afrikaanse Teater want:  Dit maak beswaar teen apartheid  Dit weerspieël die lewens en swaarkry van die mense gedurende apartheid  Die ontburgerdes het 'n stem gekry gedurende die opvoering  Innoverende blokkering, opvoerstyl en vaardighede is gebruik  Dit het die plaaslike spreektaal, karakters en situasies gebruik Die toneelstuk is deesdae net so relevant as wat dit toe was:  Die dramatiese effek is opwindend  Dit hanteer universele kwessies soos armoede, misbruik van mag en swak werksomstandighede  Baie van die kwessies is algemeen in die samelewing vandag, bv. armoede en rassisme  Toneelspelvaardighede is afwisselend en vermaaklik, bv. komedie en dans  Dit is 'n opvoedkundige instrument wat gebruik word om te onderrig en om die massas te mobiliseer oor die onregverdigheid van die apartheidstelsel  Dit dien as ʼn kanaal om die kwessies wat deur die Suid-Afrikaanse regering vir die res van die wêreld gesensor is, te kommunikeer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne  Dit dokumenteer ons geskiedenis (12) Indien die kandidaat slegs fokus op COVID-19 ken slegs 4 punte toe [40] VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY 3.1  Stel: Die meubels/items wat op 'n verhoog gebruik word om die omgewing van die toneelstuk te skep (1)  Rekwisiete: Items wat deur 'n akteur gebruik word, bv. 'n stok (1)  Ensemble: 'n Groep wat saamwerk (1)  ‘n Rolverdeling: 'n Groep/ lys van akteurs/kunstenaars wat aan 'n spesifieke produksie werk (1) 3.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Analise van aspekte van opvoering en blokkering  'n Begrip van wat 'n openingstoneel kragtig maak Die volgende is 'n riglyn: Die openingstoneel is kragtig want:  Jakes se gebruik van die Brechtiaanse tegniek wanneer hy die gehoor direk aanspreek trek onmiddellik aandag en skep 'n opinie by die gehoor  Jakes se beskrywings van Sophiatown ontlok beelde in die verbeelding van die gehoor  Die verhoog self is vol baniere en slagspreuke waarmee die gehoor hulle kan besig hou en sin van kan maak, bv. 'Ons sal nie trek nie!'  Die baniere en slagspreuke betoog heftig teen gedwonge verskuiwing; dit skep 'n kragtige verset  Musiek kan gebruik word om die stemming van Sophiatown, die plek te skep  Karakters is geloofbaar want daar is 'n gevoel van aksie af van die verhoog af en hulle pas Stanislavski se metode/stelsel van die 'Magiese As' en 'Emosionele Geheue' toe om 'n geloofbare karakter te bou  Dit is „n “Townsip-musical”- die toneelstuk begin met „n lied wat handel oor die gedwonge verskuiwings wat reeds die verdere verloop van die gebeure voorspel (6) 3.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit: Kennis en begrip van waarom 'n toneelstuk 'emosioneel treffend' kan wees Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk is emosioneel treffend want:  Dit gebruik musiek om die gehoor aan te spoor om teen gedwonge verskuiwing te protesteer  Die dansery wek emosie by die gehoor want dit is 'n instinktiewe fisiese uitdrukking van vreugde om mens te wees, bv. vreugde, woede en viering  Jakes spreek die gehoor direk aan wat hulle in die toneelwêreld inbring en daardeur 'n persoonlike reaksie van elke lid van die gehoor afdwing  Daar word gesê dat sommige karakters gesterf het; dit skep hartseer en woede, bv. Charlie en Mamariti  Die tema van gedwonge verskuiwings sal 'n hoogs emosionele reaksie ontlok aangesien menseregte geskend is  Die hele toneelstuk is 'n dokument van 'n emosioneel treffende tydperk in ons land se geskiedenis (4) 3.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  Kennis, begrip en toepassing van die vaardighede wat nodig is om hierdie toneelstuk doeltreffend/effektief op te voer. Die volgende is 'n riglyn: Dit is belangrik dat akteurs 'uitmuntende vaardige' akteurs is want hulle moet die volgende hê: Vokale Vaardighede:  Akteurs moet kan sing want die toneelteks bevat liedjies  Akteurs moet sterk stemme hê wat korrek gebruik word om te verseker dat hulle vir die hele verloop die produksie kan optree  Akteurs moet voortdurend vaardighede ontwikkel en verbeter, soos korrekte asemhaling, resonansie en artikulasie Fisiese Vaardighede:  Kommunikeer die boodskappe van die toneelstuk duidelik en doeltreffend deur fisiese karakterisering  Voldoen aan die veelsydige opvoervereistes van die toneelstuk, bv. toneelspel, dans en mimiek  Herskep die wêreld van Sophiatown die plek deur hulle liggaamsgebare, taalgebruik en die uitbeelding van karakters (6) 3.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings. Ten minste twee karakters moet bespreek word Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van die karakters  'n Analise van hulle gegewe omstandighede  'n Sintese van hoe karakter gegewe omstandighede en vice versa beïnvloed Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Die volgende is 'n riglyn: Karakters en gegewe omstandighede:  Weerspieël lewe gedurende apartheid, bv. Mamariti bestuur 'n sjebeen om aan die lewe te kan bly  Is stereotipies en veelsydig om verskillende rassegroepe te toon, bv Mingus, 'n bendelid en leier van die Americans bende en hy verteenwoordig „n persoon wat „n onwettige alternatiewe inkomste verdien deur as „n „Robin Hood‟ op te tree. Lulu verteenwoordig die nie-blanke jeug wat teen die bantoe-onderwysstelsel rebelleer  Wys die swaarkry van die onderdrukte en benadeelde mense, bv. Mamariti wat sukkel om 'n bestaan te maak met haar sjebeen  Weerspieël die begeertes van die onderdrukte mense vir vryheid van hulle onderdrukkende situasie, bv. Fahfee wat 'n politieke aktivis is en 'ondergronds' bedrywig is  Beklemtoon armoede, oorbewoning, gebrek aan geriewe en beperking van (8) beweging 3.6 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Artikel vir 'n program, kulturele byeenkoms,‟n fees of „n konsert oor Erfenisdag  Ander antwoorde kan ook insluit kreatiwiteit in die assessering van die waarde van die toneelstuk vandag en COVID-19 omstandighede/omgewing Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk maak 'n belangrike bydrae tot Suid-Afrikaanse Teater want:  Dit maak beswaar teen apartheid en stel die apartheids-onregverdighede bloot en spoor politieke verandering aan  Dit weerspieël die lewens en swaarkry van die mense gedurende apartheid  Die ontburgerde mense het 'n stem gekry gedurende die opvoering  Innoverende blokkering, opvoerstyl en vaardighede is gebruik  Dit het die plaaslike spreektaal, karakters en situasies uitgebeeld Die toneelstuk is deesdae net so relevant as wat dit toe was want:  Die dramatiese effek is opwindend  Dit hanteer universele kwessies soos armoede, misbruik van mag en swak werksomstandighede  Baie van die kwessies wat uitgelig word, is algemeen in die samelewing vandag, bv. armoede en rassisme  Toneelspelvaardighede is afwisselend en vermaaklik, bv. komedie en dans  Dit is 'n opvoedkundige instrument wat gebruik word om te onderrig en mobiliseer die massas oor die onregverdigheid van die apartheidstelsel  Dit dokumenteer ons baie pynlike geskiedenis (12) Indien die kandidaat slegs fokus op COVID-19 ken slegs 4 punte toe [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS 4.1  Stel: Die meubels/items wat op 'n verhoog gebruik word om die omgewing (1) van die toneelstuk te skep  Rekwisiete: Items wat deur 'n akteur gebruik word, bv. 'n stok (1)  Ensemble: 'n Groep wat saamwerk (1)  ‘n Rolverdeling: 'n Groep/ lys van akteurs/kunstenaars wat aan 'n spesifieke produksie werk (1) 4.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Analise van aspekte van opvoering en blokkering  'n Begrip van wat 'n openingstoneel kragtig maak Die volgende is 'n riglyn: Die openingstoneel is kragtig want:  Die verhoogomgewing weerspieël die sosiopolitieke status van die toneelstuk deur 'n omgewing wat realisties uitgebeeld word  Die verhoogomgewing dui die onderdrukkende en chaotiese omgewing uit waarin die karakters lewe  Die karakters beeld gewone, alledaagse, werkende klas mense uit, bv. Tjokkie wat as 'n werktuigkundige in sy eie agterplaas werk  Die gehoor word onmiddellik in die wêreld van die toneelstuk ingetrek deur die bekende klanke en situasies, bv. Giel en Jakes drink op die stoep en boelie vir Tjokkie (6) 4.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  Kennis en begrip van waarom 'n toneelstuk 'emosioneel treffend' kan wees Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk is emosioneel treffend want:  Die gehoor vind verband met die menslike toestand wat in die toneel aangebied word, bv. Tiemie se desperaatheid om uit die suburbs te ontsnap  Die gesin se desperate situasie kan die gehoor hartseer en gefrustreerd maak want hulle empatiseer met die nood van die karakters  Die karakters is in 'n situasie vasgevang wat met die persoonlike ervarings van lede van die gehoor ooreenkom  Ons leer die karakters so goed ken dat Tjokkie se dood aan die einde van die toneelstuk die gehoor kan laat huil  Die algehele impak van die toneelstuk is louterend want daar kan verligting en verlossing van 'n intens emosionele toestand wees  Die gebruik van Stanislavski se sisteem/metode kan empatie by die gehoor ontlok omdat opregte emosies opgeroep word (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 4.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  Kennis, begrip en toepassing van die vaardighede wat nodig is om hierdie toneelstuk doeltreffend/effektief op te voer. Die volgende is 'n riglyn: Dit is belangrik dat akteurs 'uitmuntende vaardige' akteurs is want hulle moet die volgende hê: Vokale Vaardighede:  Akteurs het sterk stemme nodig wat korrek gebruik word om te verseker dat hulle vir die hele verloop van 'n produksie kan optree  Akteurs moet voortdurend vaardighede ontwikkel en verbeter, soos korrekte asemhaling, resonansie en artikulasie  Verander die vokale kenmerke en stemtoon van die aktrise om oor te dra hoe 'n persoon, bv. Tiemie, sou klink. Fisiese Vaardighede:  Kommunikeer die boodskappe van die toneelstuk duidelik en doeltreffend deur fisiese karakterisering  Herskep die wêreld van Siener in die Suburbs deur die gebruik van maniertjies, taal en die uitbeelding van hulle karakter  Wees vertroud met Stanislavski se sisteem om sodoende 'n gedetailleerde, genuanseerde en geloofwaardige fisiese uitbeelding van elke karakter se lewe te skep (6) 4.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings. Kandidate moet ten minste twee karakters bespreek Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van die karakters  'n Analise van hulle gegewe omstandighede  'n Sintese van hoe karakter gegewe omstandighede en vice versa beïnvloed Die volgende is 'n riglyn: Karakters en gegewe omstandighede:  Weerspieël die lewens van arm wit mense in Suid-Afrika, bv. Tjokkie het geen opleiding nie en moet karre regmaak vir 'n lewe  Beeld Ma uit as 'n enkelma wat probeer om 'n bestaan te maak en wat haar lewe vir haar gesin opoffer  Beeld Tiemie as 'n tipiese jong meisie uit wat uit die suburbs wil ontsnap maar wat deur die gevolge van haar dade vasgevang is  Onthul dat Tjokkie geboelie word en sy hoop en drome is verpletter  Ontmasker Jakes as 'n tipiese boelie wat sy eie persoonlike frustrasies gewelddadig uitdruk Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne  Weerspieël hoe die sielkundige diepte van die toneelstuk help met die uitbeelding van die werklike lewe, bv. die liefde tussen ma en kind – Ma wil nie hê Tiemie moet met dieselfde probleme as sy sit nie (8) 4.6 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Artikel vir 'n program, kulturele byeenkoms,‟n fees of „n konsert ens vir Erfenisdag  Ander antwoorde kan ook insluit kreatiwiteit in die assessering van die waarde van die toneelstuk vandag en COVID-19 omstandighede/omgewing Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk maak 'n belangrike bydrae tot Suid-Afrikaanse Teater want:  Dit weerspieël die lewens en swaarkry van die mense gedurende apartheid  Die arm mense het 'n stem gekry  Dit is gebruik om kwessies van verarmde gemeenskappe te beklemtoon  Dit het as 'n kanaal gedien om die kwessies waaroor daar nie gepraat is nie, te kommunikeer, bv. tienerswangerskap  Die skryfwerk is genuanseer en weerspieël die sielkundige diepte van karakters en hulle motiewe Die toneelstuk is deesdae net so relevant as wat dit toe was want:  Daar sal altyd mense in soortgelyke situasies wees  Dit is toneelmatig realisties en kan aansluiting vind by moderne gehore  Temas is universeel, bv. armoede, enkelouerskap, en vernietigde drome  Baie van die kwessies is vandag algemeen in ons samelewing, bv. tienerswangerskap, mishandeling en onvermoë om 'n bestaan te maak  Die toneelstuk is 'n onderriginstrument  Dit toon die gevolge van jou lewenskeuses of -aksies  Dit dien as 'n kanaal om oënskynlik taboekwessies van die lewe te kommunikeer, bv. ongewenste swangerskap  Dit dokumenteer 'n tydperk van die Suid-Afrikaanse lewe Indien die kandidaat slegs fokus op COVID-19 ken slegs 4 punte toe (12) TOTAAL AFDELING B: [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI 5.1 Prosceniumboog-verhoog, boksstel, eindverhoog (1) 5.2 ar/'usr' – Agter Regs/Upstage Right (1) vl/'dsl' – Voor Links/Downstage Left (1) 5.3 Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van verhoogtipe  'n Analise van voordele om hierdie verhoogtipe te gebruik Die volgende is 'n riglyn: Voordele sluit in:  Rekwisiete en stel kan weg van die verhoog af gestoor word wanneer dit nie gebruik word nie  Die gehoor sit voor die akteurs en kyk na hulle deur 'n onsigbare 4de muur. Dit help om die illusie van die werklikheid op die verhoog te skep.  Beligting kan versteek word of geplaas word om die illusie van werklikheid te skep  Skep 'n illusie van die werklikheid van die wêreld van die toneelstuk deur die gebruik van 'n afgeslote stel wat die mure van 'n kamer weerspieël  Die verhoog verskaf realistiese verskyning/binnekoms en afgaan/uitgaan vir die karakters. Akteurs kan vrylik in en uit die omgewing van die toneelstuk beweeg. (4) 5.4 Nasieners aanvaar vier gedagtes wat relevant en goed gemotiveerd is Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van die storielyn in die toneelstuk Die volgende is 'n riglyn: Sinopsis:  Sipho en Thando wag vir die koms van Sipho se oorlede broer, Themba, se liggaam  Themba se dogter, Mandisa, kom met haar vader, Themba, se as aan.  Die aankoms van die as verskaf 'n katalisator vir die onthulling van die geheime uit die verlede wat tot die klimaks van die toneelstuk lei  Sipho vergewe uiteindelik sy broer en beweeg aan met sy lewe (4) 5.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken die volgende toe:  Een punt vir keuse van ruimte EN  Twee punte vir motivering (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van die verhooginkleding/-blokkering van die produksie  'n Analise van hoe die keuse van ruimte verhooginkleding/blokkering beïnvloed Die volgende is 'n riglyn: Bv. die ruimte kan die volgende insluit:  'n Plaaslike kerk: want dit het 'n saal wat 'n gehoor kan akkommodeer  'n Township-huis, bv. Madalastraat 46, New Brighton, wat normale gesinsdinamiek weerspieël  'n Skoolklaskamer: 'n omgewing waarmee kandidate bekend is  Enige sosiale ruimte bv.‟n “township”/gemeenskapsaal of biblioteek Indien die kandidaat slegs fokus op COVID-19 ken slegs 4 punte toe 5.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate kan hierdie vraag in aantekeningvorm beantwoord (volsinne word nie vereis nie). Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Analise en toepassing van blokkering/stelinkledingvereistes Die volgende is 'n riglyn: Die openingstoneel kan op die volgende wyses opgevoer word:  Indien dit 'n plaaslike kerk is: Die gehoor kan op die kerkbanke sit en Sipho en Thando kan voor in die kerk optree.  'n Township-huis: Lede van die gehoor kan in die huis sit en Sipho en Thando dophou wat voorberei om lughawe toe te gaan.  'n Skoolklaskamer: Tegnologie kan gebruik word om skyfies of videogrepe te vertoon van werklike WVK-gevalle voordat die toneelstuk begin. Stoele kan agter in die klaskamer geplaas word waarop die gehoor kan sit. (6) 5.7 Nasieners aanvaar enige redelike antwoord. Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van dramatiese spanning  'n Beskrywing van 'n spanningsvolle oomblik Die volgende is 'n riglyn: Dramatiese spanning word weergegee wanneer:  Mandisa met die urn (vaas) aankom wat die as van Sipho se broer, Themba, bevat in plaas van sy liggaam in 'n kis soos deur Sipho verwag  Sipho onthul die waarheid oor Themba, bv. Themba het 'n verhouding met Sipho se vrou gehad wat veroorsaak het dat Sipho baie hartseer was en woede teenoor sy broer ervaar het. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 17 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 5.8 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  Kennis en begrip van emosionele geheue en gegewe omstandighede  Toepassing van hierdie inligting om dramatiese spanning uit te beeld Die volgende is 'n riglyn: Emosionele geheue:  Aksies en reaksies moet realisties wees sodat die gehoor die illusie van die werklikheid glo  Empatie wanneer die karakter uitgebeeld word, sal die akteur help om die karakter realisties te vertolk wat die karakters meer geloofbaar sal maak in die voorbeeld wat die kandidaat gekies het  Eerlike emosies sal bydra tot die werklikheid van die spanning uitgebeeld want die opvoeringsgeloofwaardigheid sal deur die gehoor as die waarheid aanvaar word.  Spanning vereis emosie want dit behels konflik en dit ontlok die gehoor se belangstelling in die aksie  Die akteur se liggaam en stem sal die spanning oordra deur veranderinge in volume, vokale toonhoogte en toonkleur, postuur, gebare en beweging op fisiese wyse Gegewe omstandighede:  Die akteur se begrip van elke karakter se gegewe omstandighede sal die karakter se motivering vir die aksie wat tot die spanning lei, ondersteun want hierdie omstandighede motiveer die akteur se reaksie op situasies wat in die toneelstuk voorkom en maak dit meer geloofwaardig  Spanning in die intrige word geskep in die reaksie van die karakters op hierdie gegewe omstandighede, bv. die aankoms van Themba se as.  Lig die akteurs in oor hoe om realisties op die wêreld te reageer om die gehoor van die egtheid van die toneelstuk te oortuig.  Realisme maak dramatiese spanning geloofwaardig deur die weerspieëling van die lewe en die geloofwaardigheid daarvan op die verhoog (8) Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk te lei. 5.9 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die antwoord moet die volgende insluit:  Kennis en begrip van temas en kwessies  'n Evaluering van hoe dit die gemeenskap waardevolle lewenslesse leer Die volgende is 'n riglyn: Waardevolle lewenslesse word geleer deur 'n begrip van die volgende: Kwessies en temas:  Die intrige van die toneelstuk het te make met verlies, liefde, verbanning en die wedywering tussen die broers, Sipho en Themba Makhaya, want Themba het so baie by Sipho 'gesteel': sy draadbus, baadjie, vrou, onderrig/opvoeding, ens. Alles bevat lesse oor hoe om hierdie kwessies in die werklike lewe te hanteer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 18 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne  Westerse vs. Afrika-tradisies word in die toneelstuk weerspieël wat jongmense leer oor hulle kultuur en waardes, soos om respek te hê vir bejaardes  Wedywering tussen broers word by Themba en Sipho gesien en hulle konflik word onthul deur Sipho se onthulling van geheime en waarhede van die verlede – dit beklemtoon hoe die waarheid jou bevry  Liefde word weerspieël in die naam van Sipho se dogter, Thando, Sipho se liefde vir Themba, Sindiswa en Thando, liefde vir familie en ander mense is ook daar, wat die teenmiddel is vir rassisme, vooroordeel, haat en bitterheid  Verlies word weerspieël in die verlies aan 'n broer deur verbanning en die dood, verlies aan menseregte en waardigheid in 'n apartheid-Suid-Afrika (voor 1994) en die terugkry van en herstel van waardigheid en menslikheid, familie en land deur die versoeningsproses (ná 1994)  Waarheid en versoening is waardevolle beginsels om volgens te lewe sodat mense nie met woede en bitterheid hoef te lewe nie  Maatskaplike transformasie en genesing – die WVK het 'n belangrike invloed op die sosiopolitieke omgewing van Suid-Afrika gehad want dit het weer die gruweldae van die verlede ondersoek en dit op 'n wyse geprosesseer wat genesing en amnestie gebring het.  Vergifnis is die sleutel tot persoonlike bevryding en 'n wyse waarop jy met jou lewe kan aanbeweeg  Hierdie toneelstuk is 'n voorbeeld van Teater vir Versoening en die intrige en temas weerspieël die essensie van die WVK wat die kwessies, hoe pynlik ook al, op 'n eerlike manier moes hanteer  Nuwe Suid-Afrikaanse demokrasie en vryhede is kwessies om 'n nuwe maatskaplike, politieke, persoonlike en sielkundige ruimte te help skep om in te leef Al hierdie kwessies is vandag in ons eie gemeenskappe relevant en leer ons waardevolle lewenslesse. (10) [40] VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE 6.1 Prosceniumboog-verhoog,boksstel,eindverhoog (1) 6.2 ar/'usr' – Agter Regs/Upstage Right (1) vl/'dsl' – Voor Links/Downstage Left (1) 6.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van verhoogtipe  'n Analise van voordele om hierdie verhoogtipe te gebruik Die volgende is 'n riglyn: Voordele sluit in:  Rekwisiete en stel kan van die verhoog af gestoor word wanneer dit nie gebruik word nie (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 19 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne  Die gehoor sit voor die akteurs en kyk na hulle deur 'n onsigbare 4de muur. Dit help om die illusie van die werklikheid op die verhoog te skep.  Beligting kan versteek word of geplaas word om die illusie van werklikheid te skep  Skep 'n illusie van die werklikheid van die toneelstuk deur die gebruik van 'n afgeslote stel wat die mure van 'n kamer weerspieël  Die verhoog verskaf realistiese verskyning/binnekoms en afgaan/uitgaan vir die karakters. Akteurs kan vrylik in en uit die omgewing van die toneelstuk beweeg 6.4 Nasieners aanvaar vier relevante goed gemotiveerde gedagtes. Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van die storielyn/intrige in die toneelstuk Die volgende is 'n riglyn: Sinopsis:  In 'n afgeleë Weskus-lodge beplan Johan en Thami hoe om in die toekoms saam hulle fortuin in die nuwe Suid-Afrika te maak  Smith, 'n afgetrede sakeman, registreer by die lodge en die gevolglike aksie draai om Smith se manipulasie sodat geld vir Johan en Thami se diamantduikskema gekry kan word  Die aksie bereik 'n klimaks wanneer Johan vir Smith met 'n mes dreig  Die toneelstuk eindig op 'n punt van hopeloosheid vir die karakters (4) 6.5 Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde.  Een punt vir keuse van ruimte EN  Twee punte vir motivering Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van die blokkering/stelinkleding van die produksie  'n Analise van hoe die keuse van ruimte blokkering/-stelinkleding beïnvloed Die volgende is 'n riglyn: Bv. die ruimte kan die volgende insluit:  In 'n gastehuis: om die realisme van die toneelstuk te versterk  In 'n tronksel: om te wys hoe die karakters in hulle situasie vasgevang is  Skoolklaskamer: dis 'n bekende omgewing vir die leerders en hulle sal die toneelstuk kan opvoer in 'n ruimte wat hulle ken  Enige sosiale ruimte bv. „n township/gemeenskapsaal of biblioteek Indien die kandidaat slegs fokus op COVID-19 ken slegs 4 punte toe (3) 6.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate kan hierdie vraag in aantekeningvorm beantwoord (volsinne word nie vereis nie). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 20 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Analise en toepassing van blokkering/-stelinkledingvereistes  'n Begrip van die rol van die regisseur Die volgende is 'n riglyn: Die openingstoneel kan op die volgende wyses opgevoer word:  'n Gastehuis: Die gehoor kan gaste wees wat in die eetkamergedeelte van die gastehuis sit.  'n Tronksel: Lede van die gehoor kan saam met die akteurs opgesluit wees.  'n Skoolklaskamer: Tegnologie kan gebruik word om skyfies of videogrepe van die omgewing van die toneelstuk te wys. (6) 6.7 Nasieners aanvaar enige redelike antwoord. Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van of dramatiese spanning  'n Beskrywing van 'n spanningsvolle oomblik Die volgende is 'n riglyn: Dramatiese spanning word weergegee wanneer:  Johan die mes uitpluk en Smith dreig wat veroorsaak dat die gehoor 'n skrikwekkende gevolg te wagte is (2) 6.8 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  Kennis en begrip van emosionele geheue en gegewe omstandighede  Toepassing van hierdie inligting om dramatiese spanning uit te beeld Die volgende is 'n riglyn: Emosionele geheue:  Aksies en reaksies moet realisties wees sodat die gehoor die illusie van die werklikheid glo  Empatie wanneer die karakter uitgebeeld word, sal die akteur help om die karakter realisties te vertolk wat die karakters meer geloofbaar sal maak in die voorbeeld wat hulle gekies het  Eerlike emosies sal bydra tot die werklikheid van die spanning uitgebeeld want die opvoeringsgeloofwaardigheid sal deur die gehoor as die waarheid aanvaar word.  Spanning vereis emosie want dit behels konflik en dit ontlok die gehoor se belangstelling in die aksie  Die akteur se liggaam en stem sal die spanning oordra deur verandering in volume, vokale toonhoogte en toonkleur, postuur, gebare en beweging op fisiese wyse Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 21 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Gegewe omstandighede:  Die akteur se begrip van elke karakter se gegewe omstandighede sal die karakter se motivering vir die aksie wat tot die spanning lei, ondersteun want hierdie omstandighede motiveer die akteur se reaksie op situasies wat in die toneelstuk voorkom  Spanning in die intrige word geskep deur die reaksie van die karakters op gegewe omstandighede, bv. die aankoms van Smith by die gastehuis wat spanning veroorsaak want die gehoor verwag dat Jogan en Thami gaan probeer om geld by vir hulle skema by hom te kry  Lig die akteurs in oor hoe om realisties op die wêreld te reageer om die gehoor van die egtheid van die toneelstuk te oortuig. Realisme maak dramatiese spanning geloofbaar deur die weerspieëling van die lewe en die geloofwaardige uitbeelding daarvan op die verhoog (8) 6.9 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die antwoord moet die volgende insluit:  Kennis en begrip van temas en kwessies  'n Evaluering van hoe dit die gemeenskap waardevolle lewenslesse kan leer Die volgende is 'n riglyn: Waardevolle lewenslesse word geleer deur 'n begrip van die volgende: Kwessies en temas:  Sielkundige trauma van die verlede kan ons lewens beïnvloed en ons leer om die verlede te aanvaar en aan te beweeg  Daar is 'n behoefte aan sielkundige ingryping in die lewens van individue wat deur apartheid geaffekteer is. Dit is relevant vir ons lewens en ons eie gemeenskappe  Dit leer ons dat isolasie ongesond is  Die uitdagings om in Suid-Afrika ná apartheid te leef, bv. Johan moet leer van die kompleksiteit van vryheid en hy moet in staat wees om vir sy eie lewe en finansiële toekoms verantwoordelikheid te neem  Persoonlike desperaatheid en die gevolge daarvan  Hoe persoonlike gierigheid lewens kan vernietig  Dit is moeilik om in 'n nuwe Suid-Afrika ons houdings te verander Al hierdie kwessies is vandag nog in ons eie gemeenskappe relevant en leer ons waardevolle lesse. (10) [40] VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET 7.1 Prosceniumboog-verhoog, boksstel,eindverhoog (1) 7.2 ar/'usr' – Agter Regs/Upstage Right (1) vl/'dsl' – Voor Links/Downstage Left (1) 7.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 22 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van verhoogtipe  'n Analise van voordele om hierdie verhoogtipe te gebruik Die volgende is 'n riglyn: Voordele sluit in:  Rekwisiete en stel kan van die verhoog af gestoor word wanneer dit nie gebruik word nie  Die gehoor sit voor die akteurs en kyk na hulle deur 'n onsigbare 4de muur. Dit help om die illusie van die werklikheid op die verhoog te skep.  Beligting kan versteek word of geplaas word om die illusie van werklikheid te skep  Skep 'n illusie van die werklikheid van die wêreld van die toneelstuk deur die gebruik van 'n afgeslote stel wat die mure van 'n kamer weerspieël  Die verhoog verskaf realistiese verskyning/binnekoms en afgaan/uitgaan vir die karakters. Akteurs kan vrylik in en uit die omgewing van die toneelstuk beweeg (4) 7.4 Nasieners aanvaar vier relevante en goed gemotiveerde gedagtes. Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van die storielyn in die toneelstuk Die volgende is 'n riglyn: Sinopsis:  Die toneelstuk vind plaas in 'n Calvinistiese Afrikaner-huis in die konteks van ekonomiese swaarkry  Miem en Meisie werk hard om sakke te maak en om mis te verkoop om 'n lewe te maak  Die huis word geïnfiltreer deur iemand wat voorgee dat hy 'n polisiekonstabel is  Die vroue word almal deur die konstabel se teenwoordigheid beïnvloed  Die konstabel lok uiteindelik Meisie weg van die huis af (4) 7.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken die volgende toe:  Een punt vir keuse van ruimte EN  Twee punte vir motivering Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van die verhoogkleding/-plasingvereistes van die produksie  'n Analise van hoe keuse van ruimte verhoogkleding/-plasing beïnvloed Die volgende is 'n riglyn: Bv. die ruimte kan die volgende insluit:  'n Skuur: Om die 'gegewe omstandighede' (omgewing) waarin die karakters weer te gee – vul sakke met mis  'n Skoolklaskamer: Wat 'n bekende omgewing vir leerders is en hulle sal die toneelstuk in 'n ruimte wat hulle ken, kan opvoer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 23 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne  'n Inrigting: Om die isolasie en beperking van die karakters te toon. Om die dreigende en geheimsinnige aard van die omgewing te toon  Enige sosiale ruimte bv. „n “township” /gemeenskapsaal of biblioteek (3) 7.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate kan hierdie vraag in aantekeningvorm beantwoord (volsinne word nie vereis nie). Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Analise en toepassing van verhoogplasing/-kledingvereistes Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die openingstoneel kan op die volgende wyses opgevoer word:  'n Skuur: Lede van die gehoor en akteurs kan op hooibale sit  'n Skoolklaskamer: Tegnologie kan gebruik word om skyfies of films van die omgewing (verhoogplasing) te vertoon  'n Inrigting: Kostuums kan dwangbuise insluit; onheilspellende en dreigende klankeffekte; lede van die gehoor kan op hospitaalbeddens sit (6) 7.7 Nasieners aanvaar enige redelike antwoord. Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip van of dramatiese spanning  'n Beskrywing van 'n spanningsvolle oomblik Die volgende is 'n riglyn: Dramatiese spanning word weergegee wanneer:  Gertie en Konstabel klop aan die deur want die gehoor verwag dat bykomende bedreigings die huis sal binnekom  Konstabel se dramatiese onthulling aan die einde van die toneelstuk wanneer hy Meisie uit die huis uit lei, want dit is onverwags en skep 'n geskokte reaksie (2) 7.8 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  Kennis en begrip van emosionele geheue en gegewe omstandighede  Toepassing van hierdie inligting om dramatiese spanning uit te beeld Die volgende is 'n riglyn: Emosionele geheue:  Aksies en reaksies moet realisties wees sodat die gehoor die illusie van die werklikheid glo  Empatie wanneer die karakter uitgebeeld word, sal die akteur help om die karakter realisties te vertolk wat die karakters meer geloofbaar sal maak in die voorbeeld wat hy/sy gekies het Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 24 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne  Eerlike emosies sal bydra tot die werklikheid van die spanning uitgebeeld want die opvoeringsgeloofwaardigheid sal deur die gehoor as die waarheid aanvaar word.  Spanning vereis emosie want dit behels konflik en dit ontlok die gehoor se belangstelling in die aksie  Die akteur se liggaam en stem sal die spanning oordra deur verandering in volume, vokale toonhoogte en toonkleur, postuur, gebare en beweging op fisiese wyse Gegewe omstandighede:  Die akteur se begrip van elke karakter se gegewe omstandighede sal die karakter se motivering vir die aksie wat tot die spanning lei, ondersteun want hierdie omstandighede dryf die akteur se reaksie op situasies wat in die toneelstuk voorkom  Spanning in die intrige word geskep deur die reaksie van die karakters op gegewe omstandighede, bv. die aankoms van Konstabel wat onverwags is want enige nuwe aankomeling by die huis word as 'n potensiële bedreiging beskou  Lig die akteurs in oor hoe om realisties op die wêreld te reageer om die gehoor van die egtheid van die toneelstuk te oortuig.  Realisme maak dramatiese spanning geloofbaar deur die weerspieëling van die lewe en die geloofwaardige uitbeelding daarvan op die verhoog (8) 7.9 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die antwoord moet die volgende insluit:  Kennis en begrip van temas en kwessies  'n Evaluering van hoe dit die gemeenskap waardevolle lewenslesse kan leer Die volgende is 'n riglyn: Waardevolle lewenslesse word geleer deur 'n begrip van die volgende: Kwessies en temas:  Groot Depressie in Suid-Afrika en die moed van mense om voort te gaan om 'n bestaan te maak, wys hoe die menslike toestand swaarkry te bowe kom  Die gevolge van isolasie, vrees en paranoia wanneer mense voeling met die werklikheid verloor en ophou om goed te funksioneer, bv. Gabriël wat in die solder bly  Onderdrukking, isolasie, vrees en paranoia verwoes lewens  Ons is in staat om oor ons eie lewens te leer uit die gevolge van die karakters se aksies/optrede  Traumas uit die verlede ons lewens raak en ons leer hoe om dit te hanteer  Dit wys hoe relatief die waarheid is en dat om die waarheid te verberg ernstige gevolge het  Die afwesigheid van vreugde, liefde en warmte in die huis lei tot 'n desperate begeerte na liefde en aandag van enigiemand wat die huis binnekom, bv. die vroue wedywer almal vir Konstabel se aandag Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 25 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne  As gevolg van hulle konserwatiewe en skeptiese aard gaan die vroue se jeug verby  Nuuskierigheid en vryheid van keuse word ontmoedig  Die konserwatiewe Calvinistiese Afrikaner-denkwyse beïnvloed die karakters se gedrag en keuses wat die gemeenskap sal waarsku oor die gevare van fundamentalisme en fanatisime. Al hierdie kwessies is vandag in ons eie gemeenskappe relevant en leer ons waardevolle lewenslesse. (10) TOTAAL AFDELING C: [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 26 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 8 8.1 Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde.  'Teater-isme': 'n filosofie wat met die teater te make het  Dramatiese teaterbewegings/bewegings  Anti-realistiese beweging (2) 8.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken punte toe vir antwoorde wat 'n begrip en kennis van een van die 'teater-ismes' toon of anti-realisme as beweging Die antwoord moet die volgende insluit:  Kennis en begrip van EEN van die 'teater-ismes' Die volgende is 'n riglyn: Ekspressionisme:  Was 'n reaksie teen realisme  Elimineer alle onnodige detail op die stel  Verskuif vrylik in tyd en ruimte  Ten doel om die waarheid oor die innerlike lewe van die mensdom eerder as die eksterne realiteite uit te druk Dadaïsme:  Aanvanklik deur Tristan Tzara geskep  Het die realistiese illusie verpletter  Gepoog om waansinnigheid op die verhoog uit te beeld  Gebruik verpletterde beelde en betekenislose gebrabbel  Karakters het die chaos in die wêreld uitgebeeld Eksistensialisme:  'n Filosofie van Jean-Paul Sartre en Albert Camus  Gebaseer op die veronderstelling 'Ek bestaan daarom is ek'  Eksistensie gaan essensie vooraf  Die mens is gedoem om sy eie keuses in die wêreld te maak  Het te make met die mite van Sisyphus Simbolisme:  Teaterreaksie teen Realisme  Tekens en simbole is gebruik om die vertolking van visuele beelde te openbaar  Verhoë is gestroop van enige onnodige elemente  Rooi beligting is gebruik om woede, passie, die dood, ens. te simboliseer Konstruktivisme:  Die verhoog is beskou as 'n geleentheid vir multimedia  Meervlakstelle  Stelle is van mooiheid gestroop en die kaal dele van strukture is gebruik om plek voor te stel  Aksie kon op verskeie vlakke plaasvind wat meervoudige tydraamwerke uitgebeeld het Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 27 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Surrealisme  Groei uit die simbolistiese beweging van Alfred Jerry, die Dadaiste en Franse ekspressioniste.  In teaterterme is die stel en kostuum ontwerp om realisme te opponeer (4)  Kunstenaars was opsoek na „n nuwe realiteit gebaseer op artistieke waarheid, gedefinieer as „n droom van die onderbewussyn  Soeke na die uitbreiding van kreatiewe realiteit wat op die verhoog uitgebeeld kan word 8.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat verduidelik hoe enige van die 'teater-ismes' in BRON H in die 20ste-eeuse toneelteks wat kandidate bestudeer het, weerspieël word. Kandidate moet na voorbeelde in die toneelstuk verwys. Sien holisties na. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Toepassing van die 'teater-isme' binne die 20ste-eeuse toneelteks  'n Evaluering van die mate waartoe die 'teater-isme' die 20ste-eeuse toneelteks beïnvloed het Die volgende is 'n riglyn: Bv. Eksistensialisme:  Die betekenislose en absurde aktiwiteite van die karakters terwyl hulle wag  Die karakters wag dat hulle bestaan deur mnr. Godot bevestig word  Hulle lewens word deur hulle keuses bepaal (6) 8.4.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien holisties na. Die antwoord moet die volgende insluit:  Kennis en begrip van vokale en fisiese opwarming  'n Stap-vir-stap-verduideliking van 'n vokale en fisiese opwarmingsoefening Die volgende is 'n riglyn: Bv. 'n Vokale opwarming kan 'n artikulasieoefening insluit, bv. 'Red lorry, Yellow lorry'. Die stappe is:  Maak seker die liggaam is in 'n ontspanne en neutrale liggaamsposisie  Maak seker die asemhaling is korrek geplaas  Asem in deur die neus, sonder om die skouers op te lig of die boonste deel van die borskas in te span  Terwyl die volgende gesê word, 'Red lorry, Yellow lorry', word die asem op 'n beheerde wyse uitgelaat  Die oefening word met die volgende fokus gesê: o Sê 'Red lorry, Yellow lorry', met oordrewe artikulasie x10 o Sê 'Red lorry, Yellow lorry', so vinnig as moontlik sonder om artikulasie in gevaar te stel x10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 28 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Fisiese opwarming kan die volgende insluit:  Diafragmatiese Interkostale Asemhaling: Staan in 'n neutrale liggaamsposisie, haal diep deur jou neus asem, hou jou skouers laag, laat jou ribbekas uitsit, haal diep deur jou mond asem in. Asem deur die neus uit sonder om die skouers op te lig of om die boonste deel van die borskas in te span  Begin bo jou kop en rol jou kop afwaarts na jou bors toe, werwel vir werwel. Dit is 'n stadige en versigtige proses.  Gaan voort om in en uit te asem  Gaan voort om die kop af te rol totdat dit jou skouers bereik  Gaan verby die skouers, werwel vir werwel, gaan verby die middel van die liggaam tot net bokant die pelvis  Buig die knieë effens  Onthou om die kop ontspanne te hou en om dit te laat 'hang' (6)  Gaan verby die knieë, werwel vir werwel  Gaan voort totdat die hande die vloer bereik  Volg dieselfde proses wanneer opgerol word na die regop posisie  Herhaal hierdie oefening x4 8.4.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate moet 'n toneelspelstyl kies wat geskik is vir die teaterbeweging gekies. Ken punte soos volg toe:  Een punt vir toneelspelstyl  Drie punte vir motivering van toneelspelstyl Die antwoord mag die volgende insluit:  'n Begrip van 'n toneelspelstyl  'n Korrekte beskrywing van die toneelspelstyl  'n Toepassing van 'n toneelspelstyl wat vir die toneelstuk geskik is  Kennis toon van toneelspelstyle en tegnieke van spesifieke teaterpraktisyns, bv. Stanislavski en Grotowski Die volgende is 'n riglyn: Bv. Ek het die karakter van Vladimir in Waiting for Godot gespeel en die toneelspelstyl van gekspelery/hansworsery is gekies want:  Die karakter is soos 'n pop en tweedimensioneel  Die karakter is stereotipies  Elemente van musiekvertoning en vaudeville is duidelik, bv. in die snaakse manier waarop ek moes loop (4) 8.4.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip en analise van die vaardighede wat in die drie jaar geleer is Die volgende is 'n riglyn: Vokale Vaardighede  Korrekte asemhalingstegnieke – interkostale asemhaling, artikulasie, projeksie, resonansie, ens. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 29 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Fisiese  Liggaamsbewustheid, skep betekenis deur die gebruik van gebare en die kreatiewe gebruik van die liggaam Karakterisering  Vokale en fisiese transformasie, bv. die gebruik van aksente, styl, ritme en stemtoon om 'n spesifieke karakter van 'n spesifieke land of streek te speel Lewensvaardighede  Interpersoonlike vaardighede, organisatoriese vaardighede, wye denke, tydsbestuur, empatie, emosionele sensitiwiteit. Emotiewe-vaardighede (Geduld, uithouvermoë, verdraagsaamheid, effektiewe leierskap, konflikbestuur, selfstandigheid) (8) 8.5 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip van hoe tegnologie die teater versterk het weerspieël. Die antwoord moet die volgende insluit:  'n Begrip en noem van die gebruik van tegnologie soos selfone, YouTube en WhatsApp  'n Bespreking en voorbeelde van die maklike toegang en beskikbaarheid en oplaai of aflaai van video's of selfs die lewendige stroming van jou praktiese werk  'n Bespreking van voorbeelde oor hoe verskillende tipes tegnologie makliker toegang vir dramastudente en 'n groter gehoor gee om inligting mee te deel. (10) TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne BYLAE A: RUBRIEK VIR VRAAG 2, 3 en 4: 12 PUNTE BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT TOON DIE VOLGENDE Denkproses: Toon 'n kreatiewe benadering tot feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis • Ondersoek, beoordeel en kontekstualiseer die vraag op 'n oorspronklike Uitstaande manier • Toon 'n oorspronklike begrip van die vraag Metakognitiewe 11– • Maak waardeoordele gebaseer op 'n geregverdigde stel kriteria Kennis 12 • Gee 'n nuwe perspektief en skep oorspronklike insigte. • Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks estetiese en teoretiese voorbeelde Skep wat insiggewend gekies is Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te verander, te beoordeel, te beredeneer en te herorganiseer. Denkproses: Bied feitlike, konseptuele en prosedurekennis aan. Verdienstelik • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag op 'n interessante wyse • Toon 'n insiggewende begrip van die vraag Prosedure- 9–10 • Verskaf en ontleed 'n wye reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat kennis insiggewend gekies is Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te ondersoek, voor te stel, te Evalueer beoordeel, te evalueer en om gevolgtrekkings te maak. Gemiddeld Denkproses: Bied feitlike en konseptuele kennis aan. • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag Konseptuele • Bied 'n geskikte antwoord aan wat met die vraag verband hou 7–8 Kennis • Gee en ondersoek voorbeelde Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon die vermoë om te ondersoek, te Ontleed kontrasteer, te onderskei, te klassifiseer. Denkproses: Bied feitlike kennis aan. Elementêr • Verstaan die vraag en aanhaling op 'n elementêre vlak • Toon 'n bietjie feitlike kennis Feitelike 5–6 • Verskaf 'n reguit, voorspelbare antwoord wat met die vraag verband hou Kennis • Gee 'n paar voorbeelde Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon die vermoë om aansluiting te vind, te Toepas organiseer, te vertolk, te identifiseer en te integreer Behaal Denkproses: Bied onsamehangende feitelike kennis aan. • Toon 'n basiese begrip van die vraag Feitelike • Verskaf 'n paar reguit/basiese feite wat met die vraag verband hou 3–4 Kennis Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te identifiseer, te noem, te definieer, te vergelyk en te verduidelik Onthou Denkproses: Onthou feitelike kennis. • Toon geen begrip van die vraag nie. • Verskaf feite wat nie met die vraag verband hou nie Nie Behaal Nie 0-2 • Gee geen voorbeelde nie Kognitiewe vlakke: Kandidaat is nie in staat om te identifiseer, te noem, te herken of te definieer nie. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne BYLAE A: RUBRIEK VIR VRAAG 5, 6, 7 en 8: 10 PUNTE BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT Denkproses: Toon 'n kreatiewe benadering tot feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis. • Ondersoek, beoordeel en kontekstualiseer die vraag op 'n oorspronklike Uitstaande manier • Toon 'n oorspronklike begrip van die vraag Metakognitiewe 9–10 • Maak waardeoordele gebaseer op 'n geregverdigde stel kriteria Kennis • Gee 'n nuwe perspektief en skep oorspronklike insigte • Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks teoretiese en estetiese Skep voorbeelde wat insiggewend gekies is Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te verander, te beoordeel, te beredeneer en te herorganiseer. Denkproses: Toon feitlike, konseptuele en prosedurekennis. Verdienstelik • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag op 'n interessante wyse • Toon 'n insiggewende begrip van die vraag Prosedure- 7–8 • Verskaf en ontleed 'n wye reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat kennis insiggewend gekies is Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te ondersoek, voor te stel, te Evalueer beoordeel, te evalueer en om gevolgtrekkings te maak Gemiddeld Denkproses: Toon feitlike en konseptuele kennis. • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag Konseptuele • Bied 'n geskikte antwoord aan wat met die vraag verband hou 5–6 Kennis • Gee en ondersoek voorbeelde Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon die vermoë om te ondersoek, te Ontleed kontrasteer, te onderskei, te klassifiseer Denkproses: Toon feitlike kennis Elementêr • Verstaan die vraag op 'n elementêre vlak. • Toon 'n bietjie feitlike kennis Feitelike 3–4 • Verskaf 'n reguit, voorspelbare antwoord wat met die vraag verband hou Kennis • Gee 'n paar voorbeelde Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon die vermoë om aansluiting te vind, te Toepas organiseer, te vertolk, te identifiseer en te integreer Behaal Denkproses: Herroep feitelike kennis. • Toon 'n basiese begrip van die vraag Feitelike • Verskaf 'n paar reguit/basiese feite wat met die vraag verband hou 1–2 Kennis Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te identifiseer, te noem, te definieer, te vergelyk en te verduidelik Onthou Denkproses: Bied onsamehangende, onverwante feitelike kennis aan • Toon geen begrip van die vraag nie • Verskaf 'n feite wat nie met die vraag verband hou nie Nie Behaal Nie 0 • Gee geen voorbeelde nie Kognitiewe vlakke: Kandidaat is nie in staat om te identifiseer, te noem, te herken of te definieer nie. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne BLOOMS SE TAKSONOMIE Klassifiseringstelsel om verskillende vlakke van mensekennis te definieer en te onderskei DIE DIE KOGNITIEWEPROSES-DIMENSIE: 6 KOGNITIEWE VLAKKE KENNIS- Onthou Verstaan Toepassing Ontleding Evaluering Skep DIMENSIE Feitelik Noem Opsom Reageer Kies Gaan na vir Ontwikkel 4 DENK- Konseptueel Herken Klassifiseer Verskaf Onderskei Bepaal Stel saam PROSES- Prosedure Herroep Verklaar Uitvoer Integreer Beoordeel Ontwerp VLAKKE Metakognitiewe Identifiseer Voorspel Gebruik Dekonstrueer Besin Skep 1. Onthou Herwin gememoriseerde inligting, kennis, feite, definisies, lyste, konvensies, neigings, reekse, klassifikasies, kategorieë, kriteria, metodologie en maniere/wyses om met spesifisiteite van die universele, abstraksiebeginsels, veralgemenings, teorieë en struktuur te hanteer Noem Spesifiseer (tyd of plek) as iets gewens, voorgestel of op besluit Om te identifiseer, spesifiseer of by naam noem Identifiseer Om 'n probleem, behoefte, feit, ens. te herken en te toon wat dit is en dat dit bestaan Om te bewys wie of wat iemand of iets is Kies Kies noukeurig, bepaal of besluit dat dit die beste of geskikste is 2. Verstaan Konstrueer betekenis uit verskillende tipes kennis, organiseer, vergelyk, vertaal, interpreteer en haal uit Verduidelik Maak iets duidelik, maklik te verstaan deur dit in meer besonderhede te beskryf of om relevante feite of inligting daaroor te onthul. Gee 'n rede om te regverdig of verontskuldig ('n aksie of gebeurtenis) Beskryf Om 'n gedetailleerde beskrywing van iets te gee, vertel, te beskryf, uit te druk Motiveer Gee 'n rede, bied feite en argumente om iets te ondersteun aan, noem iets 3. Toepassing Om 'n prosedure uit te voer, te implementeer of te gebruik om 'n probleem in 'n nuwe situasie op tye los of te ontwikkel deur toepassing van verworwe kennis, feite, reëls, tegnieke Voorstel Lei tot, argumenteer, toon, wys, dui aan dat (iets) bestaan of die geval is Vir oorweging voorstel Om 'n idee, moontlike plan of aksie aan ander mense te noem vir oorweging Om 'n idee uit te dink/voort te bring 4. Ontleding Breek inligting in dele op. Bepaal hoe die dele verwant is deur identifisering, onderskeiding of organisering van elemente, verhoudings, beginsels, motiewe, doelwitte of oorsake. Maak afleidings/gevolgtrekkings en vind bewyse om veralgemenings te ondersteun. Reageer/Antwoord Antwoord/Reageer in woorde Bespreek Skryf oor ('n onderwerp) in besonderhede, neem verskillende kwessies of idees of menings/opinies wat daarmee verband hou, in ag of oorweeg dit Skryf Skryf, stel saam, produseer Ontleed Ondersoek iets metodies en in besonderhede, tipies om te ontdek, te verduidelik en te interpreteer Oorweeg Dink aandagtig oor iets, tipies voordat 'n besluit geneem word of 'n oordeel/keuse gemaak word 5. Evaluering Om opinies/menings aan te bied en te verdedig deur oordele oor inligting, geldigheid van idees, of gehalte van werk te maak gebaseer op 'n stel kriteria en standaarde met behulp van kontrolering/nagaan en kritiek Evalueer Om die betekenis/belangrikheid, waarde, doel of toestand van iets deur noukeurige waardebepaling en studie te bepaal, te beoordeel, ten einde te verstaan/begryp, te interpreteer of te lei 6. Skep Gebruik kreatiewe individuele insig en gedagtes om inligting te herorganiseer en saam te stel deur die ontwikkeling, beplanning en skep van 'n nuwe patroon, produk of struktuur Skep Ontwikkel uit eie denke of verbeelding, as 'n kunswerk, 'n uitvinding of iets nuuts Gee aanleiding tot ontstaan Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Dramatic Arts

Explore more published documents in this catalogue.

View all