Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE
NOVEMBER 2013
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2013 papers 





View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 NSC November 2013 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 886.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2013
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 2 DBE/November 2013
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord SES vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae.
AFDELING C: Beantwoord enige TWEE van die vier vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word nie. In AFDELING B sal slegs die eerste DRIE vrae nagesien
word en in AFDELING C slegs die eerste TWEE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.
5. Lees AL die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 3 DBE/November 2013
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 50 PUNTE – 25 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.12) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 'n Tegniek wat in vooruitskatting gebruik word om die onbekende
te voorspel deur feite en inligting wat bekend is te gebruik, word …
genoem.
A ekstrapolasie
B innovering
C opvoeding/onderwys
1.1.2 Goedere wat as sosiaal skadelik beskou word, staan as
…-goedere bekend.
A meriete
B niemeriete
C primêre gesondheidsorg
1.1.3 Wat is die waarde van die vermenigvuldiger as nasionale inkome
met R200 miljoen styg as gevolg van 'n belegging van
R50 miljoen?
A 0,25
B 4
C 6,25
1.1.4 As 'n prysplafon ingestel word, moet daardie prys … as die
markprys wees.
A dieselfde
B hoër
C laer
1.1.5 Die vraagkurwe van 'n monopolis is dieselfde as die …-kurwe.
A gemiddelde-inkomste
B totalekoste
C grensinkomste
1.1.6 As die produkreeks nie verbruikers se voorkeure weerspieël nie,
staan dit as … ondoeltreffendheid bekend.
A produksie-
B toedelings-
C tegniese
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 4 DBE/November 2013
NSS
1.1.7 Die telkaart wat gebruik word om vordering met Swart Ekonomiese
Bemagtiging (SEB) te meet, word deur die … gepubliseer.
A Amalgamated Banks of South Africa (ABSA)
B Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (OBSA)
C Departement van Handel en Nywerheid (DHN)
1.1.8 'n Argument ten gunste van die beskerming van plaaslike
nywerhede is …
A onstabiele loonvlakke.
B die voorkoming van dumping.
C minder werksgeleenthede.
1.1.9 Die belangrikste funksie van die Wêreldhandelsorganisasie
(WHO) is om …
A tariewe en kwotas te hef.
B handelsdispute op te los en belasting in te vorder.
C internasionale handel te monitor en te liberaliseer.
1.1.10 Stagflasie verwys na …
A lae werkloosheid en hoë groei.
B hoë werkloosheid en hoë pryse.
C 'n buitengewone prysstyging.
1.1.11 Toerisme …
A is een van die grootste werkverskaffers wêreldwyd.
B ondersoek alle produkte om 'n toerisme-onderneming
te ontwikkel.
C lewer nie verslag oor strategieë om die omgewing te
beskerm nie.
1.1.12 Minerale hulpbronne is …
A hernubaar.
B vervangbaar.
C niehernubaar. (12 x 2) (24)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 5 DBE/November 2013
NSS
1.2 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die wisselkoersstelsel waar wisselkoerse deur die markkragte van
vraag en aanbod bepaal word
1.2.2 Die meganisme wat kopers en verkopers van goedere en dienste
bymekaarbring
1.2.3 Die Wet wat onbillike diskriminasie in die werkplek verbied
1.2.4 Stygende temperature as gevolg van die vernietiging van die
osoonlaag
1.2.5 Hierdie tipe toerisme behels besoeke aan natuurlike, ongerepte
gebiede (5 x 2) (10)
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Produksiefaktore A glo dat markte inherent stabiel is
1.3.2 Sanksies B 'n markstruktuur met baie kopers en
verkopers
1.3.3 Monopolistiese
kompetisie C 'n markstruktuur met slegs een
verkoper
1.3.4 Globalisering
D insette in die produksie van goedere
1.3.5 Herwinning en dienste
1.3.6 Eksogene benadering E die eksklusiewe reg om 'n produk te
vervaardig
1.3.7 Patent
F skade aan rivierbeddings as gevolg
1.3.8 Negatiewe van verkeerde kommersiële
eksternaliteit ontbossingspraktyke
G 'n wêreldwye interaksie van ekonomieë
met handel as sleutelelement
H handels- en finansiële boetes wat deur
een of meer lande op 'n ander land
gehef word
I die produksie van ekonomiese
goedere uit afvalmateriaal
(8 x 2) (16)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 6 DBE/November 2013
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 50 PUNTE – 25 MINUTE
2.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
die woord(e) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
2.1.1 Kapitaal word op die (finansiële/goedere-) mark verhandel.
2.1.2 Die verhouding tussen 'n land se uitvoerpryse en sy invoerpryse
word die (ruilvoet/handelsbalans) genoem.
2.1.3 'n Doelbewuste maatreël om die waarde van 'n geldeenheid te
verlaag, staan as (depresiasie/devaluasie) bekend.
2.1.4 Lande met fundamentele betalingsbalansprobleme word gewoonlik
deur die (Wêreldbank/Internasionale Monetêre Fonds) bygestaan.
(4 x 2) (8)
2.2 Noem enige DRIE faktore wat die aanbod van buitelandse valuta beïnvloed.
(3 x 2) (6)
2.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE BEGROTINGS-
TOESPRAAK Meneer die Speaker, ek
staan op om ... eina, dit
lyk of ek vasgebind is!
Ons verteenwoordig
gesondheid,
behuising, belasting,
korrupsie, armoede,
ONDERWYSN
provinsies, toelaes
en onderwys.
GESOND-
HEID BELAS-
BEHUISING
TING PROVINSIES TOELAES
ARMOEDE
KORRUPSIE
[Bron: City Press, 26 Februarie 2012]
2.3.1 Wie is die Minister van Finansies wat in die spotprent uitgebeeld
word? (2)
2.3.2 Verduidelik die boodskap wat deur die spotprent oorgedra word.
(2 x 2) (4)
2.3.3 Die grootste deel van owerheidsinkome word aan onderwys
spandeer. Na jou mening, het die ekonomie hieruit voordeel
getrek? Gee moontlike redes. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 7 DBE/November 2013
NSS
2.4 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE LOPENDE REKENING OP SUID-AFRIKA SE BETALINGSBALANS
2011 2012
(2de kwartaal) (2de kwartaal)
R bn. R bn.
Goedere-uitvoere 652,4 688,6
Netto gouduitvoere 70,4 79,2
Goedere-invoere -696,9 -843,5
Handelsbalans 25,9 -75,7
Netto dienste-, inkome- en -114,4 -124,3
lopende oordragbetalings
Saldo op die lopende rekening -88,5 ?
[Aangepas uit SARB Kwartaalblad 2012]
2.4.1 Definieer die begrip betalingsbalans. (2)
2.4.2 Bereken die saldo op die lopende rekening vir die tweede kwartaal
van 2012. (2)
2.4.3 Gee 'n rede vir die verandering in die handelsbalans tussen
2011 en 2012. (2)
2.4.4 Na jou mening, wat kan gedoen word om 'n surplus op die lopende
rekening van die betalingsbalans te verseker? (2 x 2) (4)
2.5 Verduidelik kortliks hoe die Suid-Afrikaanse regering fiskale en monetêre
beleid (vraag-en-aanbodkant) sou toepas om sakesiklusse te effen (glad te
stryk). (2 x 4) (8)
2.6 Verduidelik rekenpligtigheid en privatisering as probleme van openbaresektor-
voorsiening. (2 x 4) (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 8 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE 50 PUNTE – 25 MINUTE
3.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
3.1.1 In 'n monopoliemark sal die marginalekoste-kurwe altyd die
gemiddelde-(koste/inkomste)-kurwe by sy minimum punt sny.
3.1.2 Merietegoedere, byvoorbeeld onderwys, word dikwels (onder-/oor-)
voorsien deur die mark.
3.1.3 Interne koste staan ook as (sosiale/private) koste bekend.
3.1.4 'n Monopolis sal wins maksimeer waar marginale inkomste gelyk is
aan (gemiddelde/marginale) koste. (4 x 2) (8)
3.2 Noem DRIE kenmerke van 'n oligopolie. (3 x 2) (6)
3.3 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MEGAN: Jippie! 'n Nuwe MARKMISLUKKING
werk met 'n beter salaris. Ek
kan egter nie verhuis nie, as
gevolg van die koste en
SIPHO: Eisj! Besoedeling wat deur
ongerief.
nywerhede naby my huis
Wat van my huis, 'n nuwe
veroorsaak word, is sleg vir my
skool vir my kinders en
gesondheid en my mediese koste
familie en vriende wat
is besig om te styg.
agterbly?
A B
3.3.1 Definieer die begrip markmislukking. (2)
3.3.2 Identifiseer die oorsake van markmislukking wat in PRENT A en B
uitgebeeld word. (2 x 2) (4)
3.3.3 Verduidelik hoe produksievlakke en die pryse van goedere en
dienste beïnvloed sal word as besoedelaars vir Sipho se mediese
koste verantwoordelik gehou word. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 9 DBE/November 2013
NSS
3.4 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
CHICKEN LICKEN SPAR
KFC SHOPRITE
MCDONALD'S
WOOLWORTHS
NANDO’S
STEERS OK PICK N PAY
MR PRICE
EDGARS MAKRO
FOSCHINI DION
TRUWORTHS GAME
JET
CLICKS INCREDIBLE
MARKHAM
PEP CONNECTION
3.4.1 Watter markstruktuur word deur die sakeondernemings hierbo
verteenwoordig? (2)
3.4.2 Wat is die aard van die produkte wat in hierdie markstruktuur
aangebied word? (2)
3.4.3 Identifiseer die soort wins wat hierdie sakeondernemings oor die
lang termyn sal toon. (2)
3.4.4 Verduidelik hoe die sakeondernemings hierbo nie-prys-
mededinging kan gebruik om hul markaandeel te vergroot. (2 x 2) (4)
3.5 Bespreek die rol van die sleutelinstellings wat mededinging in Suid-Afrika
reguleer. (2 x 4) (8)
3.6 Verduidelik hoe natuurlike en kunsmatige monopolieë hindernisse kan wees
vir ander produsente wat tot die mark wil toetree. (2 x 4) (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 10 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 4: EKONOMIESE STREWES 50 PUNTE – 25 MINUTE
4.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
die woord(e) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
4.1.1 Ekonomiese ontwikkeling impliseer 'n styging in die
(produksie/menslikekapitaal) -kapasiteit.
4.1.2 Nywerheidsontwikkeling is op die toename van (uitvoere/invoere)
gerig.
4.1.3 Tariewe wat per eenheid of massa bereken word, staan as
(ad valorem-/spesifieke) tariewe bekend.
4.1.4 Direkte subsidies wat in uitvoerbevordering gebruik word, is
(belastingafslag/ kontantbetalings) aan uitvoerders. (4 x 2) (8)
4.2 Noem DRIE groeisektore in Suid-Afrika wat die potensiaal het om werk
te skep. (3 x 2) (6)
4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PERSENTASIE VAN DIE WÊRELDBEVOLKING TEEN
VERSKILLENDE ARMOEDEVLAKKE
100%
90%
80%
Wêreldbevolking (%)
70%
60%
50%
40%
30%
20%
10%
0%
$1,00 $1,25 $1,45 $2,00 $2,50 $10,00
Armoedelyn (VS-dollar per dag)
Die meeste mense oorleef op 'n paar dollar per dag. Dit maak egter nie Onder die armoedelyn
saak waar jy bly nie, ryk of arm, jy sal hoë vlakke van ongelykheid
waarneem. Bo die armoedelyn
[Aangepas uit Wêreldbank Verslag 2012]
4.3.1 Watter tipe aanwyser word deur die staafgrafiek hierbo getoon? (2)
4.3.2 Verduidelik die begrip armoedelyn. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 11 DBE/November 2013
NSS
4.3.3 Watter persentasie (%) van die wêreldbevolking leef bo die
armoedelyn van $2 'n dag? (2)
4.3.4 Noem die ekonomiese begrip wat die omvang van armoede in
verskillende lande meet. (2)
4.3.5 Waarom dink jy vind armes dit moeilik om vry te kom uit armoede? (2)
4.4 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN
Trevor Manuel het 'n Nasionale
Ontwikkelingsplan voorgelê wat feitlik
volle indiensname en hoë ekonomiese
groei teen 2030 voorspel. Die
dokument, opgestel deur die Nasionale
Beplanningskommissie, meen dat die
werkloosheidskoers teen 2030 van die
huidige 25% tot 14% behoort te daal.
Dit sê die ekonomie behoort teen 'n gemiddeld van 5,4% per jaar te groei en
dat die BBP per capita teen 2030 van R50 000 tot R110 000 per persoon
behoort te styg. Die kommissie sê dat hierdie doelwitte bereik kan word deur
onderwys te verbeter en sekere arbeidswette te verslap.
Die Nasionale Ontwikkelingsplan maak voorstelle vir:
• Die uitbreiding van infrastruktuur om uitvoere te bevorder
• Die verlaging van lewenskoste vir arm huishoudings
• Die verlaging van die koste vir klein sakeondernemings om sake te doen.
Belastingaansporings is nodig om werkgewers aan te moedig om jongmense
in diens te neem. Dit stel ook 'n ruimer immigrasiebeleid voor om
hoëvlakvaardighede te lok.
[Aangepas vanaf die Internet, 2012]
4.4.1 Vir watter portefeulje is Trevor Manuel tans verantwoordelik? (2)
4.4.2 Watter ekonomiese aanwyser uit die uittreksel kan gebruik word
om lewenstandaarde te vergelyk? (2)
4.4.3 Hoe kan die Nasionale Ontwikkelingsplan die bevordering van
klein- en mediumondernemings (KMO's) bystaan? (2)
4.4.4 Hoe kan die ekonomie 'n gemiddelde groeikoers van 5,4% per jaar
bereik? (2 x 2) (4)
4.5 Verduidelik Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) as 'n ontwikkelings-
inisiatief. (4 x 2) (8)
4.6 Bespreek kortliks die Noord-Suid-verdeling. (2 x 4) (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 12 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 5: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 50 PUNTE – 25 MINUTE
5.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
5.1.1 Die inflasieteiken vir Suid-Afrika is tans (3–6%/2–5%).
5.1.2 Die indeks wat na produksiekoste verwys, staan as die
(verbruikers/produsente)-prysindeks bekend.
5.1.3 Ouderdomspensioentrekkers en mense met 'n vaste inkomste sal
(bevoordeel word deur/ly onder) algemene prysverhogings.
5.1.4 Belasting wat gehef word op die uitset van goedere wat eksterne
omgewingskoste skep, word (groen/inkomste)-belasting genoem.
(4 x 2) (8)
5.2 Noem enige DRIE voordele van toerisme vir huishoudings. (3 x 2) (6)
5.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TOKSIESE GETY DREIG OM
GEWILDE ERFENISTERREIN TE OORSTROOM
Die Gold Reef City-mynmuseum word deur stygende suurwater bedreig.
Die verlate skag was eens die wêreld se grootste en diepste goudmyn.
Dit ontvang daagliks ongeveer 3 000 besoekers, insluitend honderde
skoolkinders en studente. Die probleem het ontstaan toe myne gesluit en die
pompe wat altyd die watervlak beheer het, afgeskakel is. Die Departement
van Waterwese het aanbeveel dat stappe gedoen moet word om die
watervlak in 'n groot holte (wat as die sentrale kom bekendstaan) onder
Johannesburg te verlaag.
As die water nie vinniger gepomp word nie, sal suurwater die museum teen
Junie 2013 bereik. In sekere gebiede van Johannesburg het die water reeds
die oppervlak bereik. Dit word behandel en na die Vaalrivierstelsel
gekanaliseer.
Volgens Jaco Schoeman, hoofbestuurder van Mine Restoration Investments
(MRI), het ons tegnologie nodig om die gehalte en hoeveelheid water te
hanteer. Hy noem ook dat wette en regulasies aangepak en befonds moet
word.
[Aangepas uit Sunday Times, 30 September 2012]
5.3.1 Definieer die begrip besoedeling. (2)
5.3.2 Na jou mening, waarom is Gold Reef City so 'n gewilde
toeristebestemming? (2 x 2) (4)
5.3.3 Hoe kan die bedreiging van stygende suurwater opgelos word?
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 13 DBE/November 2013
NSS
5.4 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
COP 17 GEEN OPPOSISIE!
... DAAR IS TE
Dobbel met die toekoms VEEL OP DIE SPEL!
van die Planeet
GEREGTIG-
GROOT
ONTWIKKELENDE KERN-
GROOT
GAS
JA! HEID VIR DIE
GROOT BESOEDELAARS KRAG KLIMAAT!
BESOEDE- GROOT
LAARS GROOT STEEN-
OLIE KOOL
SA
VN
[Aangepas uit Mail & Guardian, Desember 2009]
5.4.1 Wat verstaan jy onder die begrip omgewingsvolhoubaarheid? (2)
5.4.2 Beskryf die boodskappe wat deur die spotprent oorgedra word.
(2 x 2) (4)
5.4.3 Na jou mening, wat sal die impak van klimaatsverandering op die
omgewing wees? (2 x 2) (4)
5.5 Verduidelik die effek van toerisme op indiensneming en armoede. (2 x 4) (8)
5.6 Verduidelik hoe die toeken van eiendomsreg deur die openbare sektor tot
omgewingsvolhoubaarheid kan lei. (4 x 2) (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 14 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 6: MAKRO- EN MIKROËKONOMIE 50 PUNTE – 25 MINUTE
6.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord langs die vraagnommer (6.1.1–6.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
6.1.1 Die aanwyser wat rigting gee oor waarheen die ekonomie op pad
is, word 'n (leidende/sloerende) aanwyser genoem.
6.1.2 Funksies en eienaarskap wat van die private na die openbare
sektor oorgedra word, staan as (nasionalisering/privatisering)
bekend.
6.1.3 Die huur wat 'n entrepreneur betaal, word as 'n
(eksplisiete/implisiete) koste beskou.
6.1.4 Besoedeling is 'n vorm van 'n (private/sosiale) koste. (4 x 2) (8)
6.2 Noem die DRIE metodes wat gebruik word om die bruto binnelandse produk
(BBP) te bereken. (3 x 2) (6)
6.3 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PRODUKSIEFAKTORE GOEDERE EN DIENSTE
SAKE-
SEKTOR
Besteding op
produksie-
faktore (I) Inkome
Openbare
dienste (T)
(G)
Uitgawes (G)
GOEDEREMARK
B STAAT
(G+D)
Produksie-
faktore (T) (S)
Openbare FINANSIËLE
dienste MARK Private
Inkome (T) verbruiks-
(lone/rente/ (S) besteding (C)
huur/wins)
PRODUKSIEFAKTORE GOEDERE EN DIENSTE
A
6.3.1 Watter tipe ekonomie word deur die diagram voorgestel? (2)
6.3.2 Benoem A en B in die diagram. (2 x 1) (2)
6.3.3 Identifiseer EEN voorbeeld van 'n inspuiting in die diagram. (2)
6.3.4 Verduidelik die interaksie tussen die sakesektor en die staat.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 15 DBE/November 2013
NSS
6.4 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KOSTE EN VOORDELE VAN DIE VERSKAFFING
VAN ELEKTRISITEIT AAN SKOLE
SKOOL EKONOMIESE KOSTE EKONOMIESE
R miljoen VOORDELE
R miljoen
A 1 0,5
B 2,5 1
C 3 4
6.4.1 Wat is die rasionaal agter die koste-voordeel-ontleding? (2)
6.4.2 Gebruik die inligting in die tabel en teken 'n volledig benoemde
staafgrafiek wat die koste en voordele vir elke alternatief aandui:
Vertikale as: Koste/Voordele R miljoen.
Skaal 1 cm = 0,5 R miljoen
Horisontale as: Skole (6)
6.4.3 Watter skool behoort die elektrisiteit te ontvang? (2)
6.5 Bespreek arbeidsbronne en tegnologie as redes vir internasionale handel.
(2 x 4) (8)
6.6 Onderskei tussen prysleierskap en kartelle as vorms van samespanning.
(2 x 4) (8)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 16 DBE/November 2013
NSS
AFDELING C
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
PUNTETOEKENNING VIR OPSTELANTWOORDE
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING
Inleiding Maks 3
Inhoud
• Hoofdeel Byvoorbeeld:
bespreek/onderskei/differensieer/ Maks 30
verduidelik/analiseer/evalueer/assesseer
• Addisionele deel Byvoorbeeld: teken 'n grafiek of diagram/
lei af/gee 'n oorsig/verduidelik kortliks/ Maks 10
brei uit/jou eie opinie/ondersteun
Slot Maks 2
Interpretasie Maks 5
TOTAAL 50
VRAAG 7: MAKRO-EKONOMIE 50 PUNTE – 40 MINUTE
Fiskale beleid is 'n instrument wat deur die owerheid gebruik word om die ekonomie
te beïnvloed.
• Bespreek in detail die effek van fiskale beleid en sluit 'n Lafferkurwe in. (30 punte)
• Tot watter mate was die Suid-Afrikaanse owerheid suksesvol in die implementering [50]
van sy fiskale beleid? (10 punte)
VRAAG 8: MIKRO-EKONOMIE 50 PUNTE – 40 MINUTE
Markte vorm die middelpunt van ekonomiese aktiwiteite.
• Ontleed, met behulp van grafieke, die verskillende ewewigsposisies (normale wins,
ekonomiese wins en verlies) van die individuele besigheid onder volmaakte
mededinging. (30 punte)
• Ondersoek die voorwaardes waaronder volmaakte mededinging suksesvol
funksioneer. (10 punte) [50]
VRAAG 9: EKONOMIESE STREWES 50 PUNTE – 40 MINUTE
Streeksnywerheidsontwikkeling verwys na beleidsrigtings wat op die verbetering van
die ekonomiese lewensvatbaarheid van spesifieke gebiede gemik is.
• Bespreek streeksnywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika deur te fokus op
Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe en Nywerheidsontwikkelingsones. (30 punte)
• Hoe geskik is die verskillende finansiële aansporings wat deur die Suid-Afrikaanse
owerheid toegestaan word vir die oprigting van nuwe besighede? (10 punte) [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 17 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 10: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
50 PUNTE – 40 MINUTE
Inflasie is 'n ekonomiese probleem wat elke lid van die samelewing al ondervind het.
• Ondersoek die verskillende maatreëls om inflasie te bekamp. (30 punte)
• Ontleed die gevolge van inflasie op inkomste en rykdom. (10 punte) [50]
TOTAAL AFDELING C: 100
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 NSC June 2013 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper