Skip to content

Economics Grade 11 P1 National November 2013 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 11201314 pages

Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the National November 2013 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com 1 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 EKONOMIE V1 MODEL 2013 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model – Memorandum AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 C vaste  1.1.2 B oordraginkomste  1.1.3 A funksionele  1.1.4 C toegevoegde waarde  1.1.5 B progressief  1.1.6 B menslike hulp-  1.1.7 C omgekeerde  1.1.8 A Thabo Mbeki  (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 C minerale, hout, lug en vis  1.2.2 E totale inkomste is gelyk aan totale koste  1.2.3 A hou rekord van internasionale transaksies, byvoorbeeld invoere en uitvoere)  1.2.4 B hoeveelheid goedere en dienste wat 'n persoon met sy inkomste kan koop  1.2.5 F beloon suksesvolle entrepreneurs  1.2.6 I meet die vlak van ontwikkeling van lande  1.2.7 H (Mastercard, Visa, Diner's Club  1.2.8 G bevorder die lewenstandaard en lewensgehalte van die mense in Suider Afrika)  (8 x 1) (8) 1.3 IDENTIFISEER DIE KONSEP 1.3.1 Ekonomiese goedere  1.3.2 Kapitaalvorming  1.3.3 Duursame verbruiksgoedere  1.3.4 Wet op Gelyke Indiensneming  1.3.5 Ouderdomspensioene  1.3.6 Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model – Memorandum AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 2.1.1 Eienaarskap:  of Al die produksiefaktore, behalwe arbeid, word deur die staat besit  Motivering: of Verbruikers, sakesektor en staat werk vir gemeenskaplike goed. Beplanning: of Hulpbronne word toegewys deur middel van 'n beplannings- proses.  (2) 2.1.2 Entrepreneurs lewer 'n baie belangrike bydrae tot groei en vooruitgang in enige ekonomie  Groter werkverskaffing sal outomaties lei tot 'n toename in produksie (Ekonomiese groei) (2) 2.2 2.2.1 Totale waarde van alle eindgoedere wat binne die grens van 'n land geproduseer is in 'n bepaalde periode, gewoonlik een jaar. (2) 2.2.2 Huishouding  (1) 2.2.3 Dit is balanserende item sodat BBP-berekening dieselfde is as die produksie- en inkomemetode.  (2) 2.2.4 3 571  + 854  - 872  = 3 553  (4) 2.2.5 SARB Kwartaalblad (1) 2.3 2.3.1 Tersiêre sektor (1) 2.3.2 Bedrywe wat grondstowwe uit die natuur onttrek/ontgin byvoorbeeld visserye (Aanvaar enige ander relevante voorbeeld) (3) 2.3.3 • Die persentasie bydrae van die primêre en sekondêre sektore het in verhouding tot ander sektore afgeneem, nie noodwendig die hoeveelhede nie. • Die primêre sektor het geleidelik gedaal in bydrae tot die BBP.   • Terwyl die bydrae van die tersiêre sektor toegeneem het om tans die grootste bydrae tot die BBP te lewer.   • Die % bydrae van die sekondêre sektor het oor die jare stabiel gebly.   (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model – Memorandum 2.4 • Sedert 1994 is arbeidswetgewing ingestel wat die regte van werknemers beskerm. • Om die proses aan te help is die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging en die Wet op Gelyke Indiensneming van 1998 ingestel. • Die Nasionale Vaardigheidontwikkelingstrategie het 3,6 miljoen mense in staat gestel om opleiding in die werkplek te verkry. Ongeveer 50 000 werklose jongmense het aan leierskapprogramme deelgeneem. • Sektorale Onderwys-en-Opleidingowerheid (SOOO) speel 'n belangrike rol in die verskaffing van vaardigheidsopleiding wat in die nywerheid in aanvraag is. • Regstellende aksie speel 'n belangrike rol by nuwe aanstellings in die werksplek. • Grondherverdeling en grondherstelprogram  (Enige 2 x 4) (8) 2.5 • Maak 'n aansienlike bydrae tot die BBP In 2011 was die bydrae van die sektor tot die BBP 20,8% • Skep werksgeleenthede  Bv. sekondêre bedrywe verskaf werksgeleenthede aan ongeskoolde werkers (skoonmakers) en geskoolde arbeid (ingenieurs).  • Verseker onafhanklikheid  Ons is in staat om goedere te produseer vir plaaslike sowel as buitelandse markte.  • Verdien buitelandse valuta  Suid-Afrika is nie 'n toonaangewende nywerheidsland nie, nogtans word baie van die plaaslike nywerheidsprodukte uitgevoer. Ons verdien buitelandse valuta wat betaal vir ons land se invoere. • Belangrike beleggingsveld  Sekondêre bedrywe gebruik baie duur masjinerie en toerusting. Plaaslike en internasionale investering word benodig om dit toe te laat. • Verseker strategiese belang in Afrika:  Suid-Afrika het die nodige minerale, tegnologiese vaardighede en infrastruktuur om 'n belangrike rol te speel in die ontwikkeling van Afrika. (Enige 4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model – Memorandum VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 3.1.1 • Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)  • Grondherverdeling  • Grondherstelprogram  • Subsidies op die aankoop van eiendom  (Enige 2 x 1) (2) 3.1.2 Ekonomiese groei sal afneem.  (1 x 2) (2) 3.2 3.2.1 Die persentasie toename in 'n land se ekonomiese groei (2) 3.2.2 1ste kwartaal in 2007 (2) 3.2.3 Ekonomiese groei verwys na produksie terwyl ontwikkeling na die lewensgehalte van 'n individu of huishouding verwys.  (Enige ander relevante antwoord) (2) 3.2.4 Wanneer mense meer geld spandeer op alkohol  sal hulle minder geld oor hê om op noodsaaklike goedere en dienste te spandeer wat 'n verlaging in die lewenstandaard van mense tot gevolg sal hê. (Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 Lorenz-kurwe (2) 3.3.2 Lyn van volmaakte ongelykheid. (2) 3.3.3 Gebied van volmaakte ongelykheid (2) 3.3.4 Inkome-ongelykheid is groter. (2) 3.3.5 Elke lid van die samelewing sal dieselfde inkomste ontvang. (2) 3.4 Bank van uitreiking- Die SARB het die alleenreg om banknote en munte uit te reik Sedert 1963 word Suid-Afrikaanse banknote deur die Suid- Afrikaanse Banknotemaatskappy (SA Munt) gedruk. Met die uitreik van note en munte word die SARB deur die behoeftes van die ekonomie gelei. Owerheidsbankier- Die SARB tree op as die hoofbankier van die staat. Die SARB lewer dienste soortgelyk aan handelsbanke aan die staat. Staatsdepartemente deponeer fondse by die SARB en onttrek fondse deur middel van tjeks. (Enige 2 x 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model – Memorandum 3.5 • Suid-Afrika het die 25ste grootste ekonomie (itv BBP) in die wêreld. • Suid-Afrika het 'n politieke demokrasie en ekonomiese vermoë soortgelyk aan ontwikkelde lande. • Suid-Afrika stel 'n voorbeeld vir die res van Afrika. Suid-Afrika los sy eie politieke probleme op 'n vreedsame wyse op en sy demokratiese beginsels word deur die regstelsel afgedwing.  • Suid-Afrika is 'n onafhanklike fasiliteerder sedert SA in 1994 weer toegelaat is as deel van die wêreldgemeenskap, is SA se standpunt onafhanklik en onpartydig. • Suid-Afrika is betrokke. President Thabo Mbeki was die hoofargitek van NEPAD, waar die fokus hoofsaaklik is op die ekonomiese ontwikkeling van Afrika-lande. (Enige 4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model – Memorandum VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 4.1.1 Gini-koëffisiënt  en BBP per capita (2) 4.1.2 Die bedoeling met 'n progressiewe inkomstebelastingskaal is om die ongelykheidsgaping tussen ryk en arm te verklein. (2) 4.2 4.2.1 Geskoolde  (1) 4.2.2 (a) Inkome as mikpunt Volsin (b) Arbeid kan nie geskei word van die eienaar nie. Volsin (c) Arbeid kan nie opgegaar word nie. Volsin (d) Die aanbod daarvan kan nie skielik verhoog word nie. Volsin (Enige 1 x 2) (2) 4.2.3 C – Ongeskoold  (1) 4.2.4 MIV/Vigs (2) 4.2.5 • Produksie verg arbeid (fisies en verstandelik)  • Die ekonomie benodig daarom 'n geskikte arbeidsmag om te groei. • Die arbeidsmag moet die korrekte getal geskoolde en ongeskoolde arbeid beskikbaar hê. • Onderwys is belangrik in die ontwikkeling van 'n land se arbeidsmag. • Hoe beter opgelei die arbeidsmag is, hoe beter is die produktiwiteit. • Baie Suid-Afrikaanse ondernemings is arbeidsintensief, daarom maak arbeidskoste 'n baie groot deel uit van produksiekoste.  • Vakbonde speel 'n belangrike rol in die beskerming van lone, regte en die waardigheid van werkers. Moedig werkgewers aan om meer te belê in volwasse onderrig en opleiding. (Enige 2 x 2) (4) 4.3 4.3.1 Die begroting (1) 4.3.2 KwaZulu-Natal 23%  (2) 4.3.3 Gauteng  Meer mense /een van die grootste provinsies/ meer ontwikkeling/groter en meer nywerhede  (Enige ander relevante antwoord) (3) 4.3.4 • Vullisverwydering/klinieke/hospitale/werkskepping • Water/elektrisiteit/skole/vaardigheidsontwikkeling  (Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model – Memorandum 4.4 • Draadlose tegnologie het entrepreneurs in verafgeleë gebiede in staat gestel om besighede te open. Kennis word verkry deur kommunikasie • Hierdie sektor maak 'n belangrike bydrae tot die BBP (8% in 2012).  • Dit is 'n bron van werksgeleenthede vir alle vlakke van arbeid.  • Suid-Afrika word toenemend betrek by produksieprosesse van groot buitelandse ondernemings. • Suid-Afrika se reputasie as leier op die gebied van finansiële diensverskaffing kan grootliks toegeskryf word aan 'n ontwikkelde IT- netwerk. (Enige 4 x 2) (8) 4.5 • Word deur die Ontwikkelingsbank beskou as die sleutel tot volhoubare sosiale en ekonomiese ontwikkeling. • Kennis van die inheemse stelsels kan help om plaaslike toestande te verstaan en voorsien 'n produktiewe raamwerk van aktiwiteite waarbinne gemeenskappe gehelp kan word. • Inheemse kennis bied probleemoplossingsplanne of -strategieë vir plaaslike gemeenskappe, veral aan die armes. • Dit lewer 'n belangrike bydrae tot internasionale kennisontwikkeling. • Inheemse kennis is 'n onderbenutte hulpbron in die ontwikkelings- proses. (Enige 4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model – Memorandum AFDELING C Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. STRUKTUUR VAN OPSTEL: PUNTETOEKENNING: Inleiding Maks. 3 Inhoud: • Hoofdeel: Bespreek/Onderskei/Verduidelik/Analiseer/ Maks. 24 Evalueer/Assesseer • Addisionele deel: Gebruik/Trek/Teken 'n grafiek/diagram Maks. 6 …/ Lei af …/Verduidelik kortliks/Brei uit op …/Jou eie opinie Slot Maks. 2 Interpretasie/Rubriek Maks. 5 TOTAAL 40 VRAAG 5 In die praktyk het die meeste ekonomieë 'n gemengde ekonomiese stelsel. • Bespreek Suid-Afrika se gemengde ekonomiese stelsel in terme van kenmerke, voordele en nadele. (24) • Evalueer die staat se doeltreffendheid in die lewering van sosiale dienste aan plaaslike gemeenskappe (6) INLEIDING 'n Gemengde ekonomiese stelsel is 'n ekonomiese stelsel wat die voordele van beide die vryemarkstelsel en die sentrale beplande ekonomie kombineer. Sedert 1994 het Suid-Afrika 'n gemengde ekonomie gekies.  (Enige ander relevante definisie) (Maks. 3) LIGGAAM HOOFDEEL Ekonomiese kenmerke van 'n gemengdemark-ekonomie • Die meeste van die produksiefaktore is in privaat besit en die staat se rol word beperk tot op regulering, stabilisering, herverdeling en allokeer/toewysing • Mense gebruik hulle eie inisiatief om produkte te vervaardig en te verkoop  • Die winsmotief speel 'n belangrike rol in die ekonomie.  • In Suid-Afrika tree die staat op as ondernemer, organiseerder en wetmaker in die produksieproses.  • Die oorgrote meerderheid aktiwiteite is markgeoriënteerd afhangend van die vlak van staatsinmenging.  • Die openbare sektor verskaf infrastruktuur en openbare dienste omdat daar min winsmotief is vir hulle om deur die vrye mark voorsien te word.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model – Memorandum Voordele van 'n gemengdemark-ekonomie • Privaat eienaarskap. Individuele kreatiwiteit en ondernemingsgees dryf die ekonomie.  • Eienaarskap van besittings, bv. huise, motors, ens. is almal oordraagbaar  • Individue het vryheid van keuse om te koop wat ook hy/sy wil. • Die ondernemer is geregtig op 'n wins.  • Moedig mededinging en groei aan.  • Die grootte van die staat hoef nie groter te wees as wat nodig is nie, dit is minder burokrasie en 'n meer doeltreffende toewysing van hulpbronne.  • Die staat is daar om noodsaaklike openbare goedere en dienste te voorsien.  Nadele van 'n gemengdemark-ekonomie • Skaars hulpbronne (veral arbeid, natuurlike hulpbronne) kan vermors word, uitgebuit of uitgeput word weens markmislukkings (verkeerde produksiebesluite, privaat ondernemings se gierigheid).  • Omdat die meeste produksiefaktore privaat besit word, loop individue die risiko van moontlike verliese en bankrotskap.  • Die kwaliteit van goedere kan minderwaardig wees weens 'n gebrek aan beheer deur die staat.  • Sosialiste sou argumenteer dat sekere gemengde ekonomie tè vry is (nie genoeg staatsregulering en inmenging nie) en dat die mengsel nie altyd reg is nie. • Belasting kan hoog wees om openbare goedere en dienste te finansier. Indien die belasting te laag is, sal daar onvoldoende inkome wees om maatskaplike welsyn te finansier.  (Maks. 24) ADDISIONELE DEEL EVALUERING VAN MAATSKAPLIKE DIENSLEWERING • Die staat probeer voorheen benadeelde gemeenskappe op te hef deur maatskaplike dienste (soos behuising, onderwys, basiese dienste soos water en elektrisiteit) aan die armes te voorsien.  - Verhoging in onderwys en opleiding om geletterdheid en volwasse geletterdheid te verbeter, bv. die bou van skole, kolleges, universiteite en technikons.  - Verskaffing van sekuriteit - Uitdaging is groot aangesien geweldsmisdade aan die toeneem is.  - Voorsiening van behuising aan behoeftiges.– Staat bereik nie sy doelwitte nie.  - Met betrekking tot staatspensioen, ongeskiktheidstoelaes, ens. Die staat staan voor die werklikheid dat daar té veel eisers en te min belastingbetalers is.  - Toenemende verskaffing van basiese gesondheidsorg aan gemeenskappe. Gratis gesondheidsorg word nou aan vroue en kinders onder die ouderdom van 6 voorsien.  - Staatsbesteding op MIV/Vigs het toegeneem vanaf R30 miljoen in 1994 na meer as R3,6 biljoen in 2003.  (Maks. 6) Aanvaar enige ander relevante antwoord. SLOT 'n Gemengde ekonomie is die voorkeur ekonomiese stelsel in die meeste lande omdat staatsinmenging nodig is wanneer markte misluk. Die staat het egter baie uitdagings in die lewer van goedere en dienste as gevolg van korrupsie en ondoeltreffendheid. Boonop is die belastingbasis in baie gemengde ekonomieë klein daarom minder geld om doeltreffend te funksioneer. (Enige ander relevante slot) (Maks. 2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model – Memorandum Gebruik die volgende rubriek om die bespreking hierbo te assesseer: PUNTE INTERPRETASIE VAN ONDERWERP Leerder toon 'n beperkte begrip van die onderwerp maar mis 1 belangrike aspekte. (1–10) Leerder interpreteer onderwerp korrek, maar verbind nie die feite met 2 die onderwerp nie. (11–19) Leerder interpreteer onderwerp korrek en gee sekere elemente van 3 die verwagte respons. (20–25) Leerder interpreteer onderwerp korrek en verbind sekere relevante 4 feite met die onderwerp. (26–30) Leerder interpreteer onderwerp korrek en verbind alle relevante feite 5 met die onderwerp. (31–35) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model – Memorandum VRAAG 6 Ontwikkelende lande kan as lae-inkome-, middel-inkome- of nuut geïndustrialiseerde lande geklassifiseer word. • Bespreek die kenmerke van ontwikkelende lande. (24 punte) • Na jou mening, sal die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) suksesvol wees? (6 punte) INLEIDING Hierdie lande word veral in die Suidelike Halfrond gevind, met die uitsondering van Australië.  (Enige ander relevante definisie) (Maks. 3) LIGGAAM HOOFDEEL a) Lae lewenstandaarde  • Besteding deur die openbare sowel as privaat sektore op behuising, onderwys en gesondheidsdienste is laag wanneer met ontwikkelde ekonomieë vergelyk word  • As gevolg daarvan is die lewenstandaard veel laer met talle mense wat onder die armoedegrens leef.  • Aanwysers van lae lewenstandaarde is: swak behuising, lae gesondheid- standaarde, hoë kindersterftesyfers, hoë wanvoedingsvlakke, gebrek aan onderwys.  • Daar word nie verwag dat mense lank sal leef soos hulle eweknieë in ontwikkelde lande te leef nie as gevolg van gesondheids-, voedings- en ander soortgelyke nadele.  b) Lae vlakke van investering  • Lande in ontwikkelende ekonomieë het groot bedrae buitelandse skuld wat hulle moet terugbetaal, wat beteken dat hierdie fondse nie na die nodige kapitaal- projekte soos brûe, hospitale, ens gaan nie.  • Besparing deur die inwoners van die land is min as gevolg van die lae lewenstandaard - die vlak van besteebare inkome is laag – daarom die lae vlakke van kapitaalvorming.  • Ontwikkelingsprogramme word selfs verder vertraag.  c) Lae vlakke van produktiwiteit  • Gemeet deur die uitset per werker ens., is baie laag.  • Dit kan toegeskryf word aan faktore soos swak voeding, ongeletterdheid, gebrek aan goeie gesondheidsdienste, onvoldoende drinkwater, swak sanitasie en afvalverwydering, hoë voorkoms van omgewings- en waterdraende siektes.  • Gebrek aan kapitaalgoedere (investering in fisiese kapitaal, soos masjinerie), lae vlakke van bestuurskundigheid en motivering en 'n gebrek aan toegang tot tegnologie wat ook tot lae vlakke van produktiwiteit bydra.  • Monetêre kapitaal wat die ontwikkeling van menslike kapitaal in meer doeltreffende arbeid, bevoegde bestuurders en ondernemers moet omskep, ontbreek ook  • Lae vlakke van besparing deur inwoners dra ook by tot lae vlakke van produktiwiteit as gevolg van lae vlakke van persoonlike inkomste wat op die daaglikse lewe bestee moet word.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 13 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model – Memorandum d) Hoë bevolkingsgroei en die las van afhanklikes  • Ontwikkelende lande het hoe bevolkings groeikoers (gemeet deur die bruto geboortekoers) en dit veroorsaak probleme soos werkloosheid. Dit plaas ook druk op behuising, onderwys en gesondheidsdienste. • Dit plaas 'n groot las op die ekonomies aktiewe bevolking.  • In ontwikkelde lande is inwoners geneig om kleiner families te hê en sodoende is hulle in staat om meer te spaar.. e) Hoë vlakke van werkloosheid • Lae vlakke van onderwys en opleiding en ondernemerskennis dra by tot die werkloosheidskoers.. • Grootskaalse werkloosheid kom voor wanneer werk nie beskikbaar is vir dié wat na werk soek nie. • Wanneer werkers boonop nie tot hulle volle potensiaal benut word nie, vind onderindiensneming van arbeid plaas. f) Afhanklikheid van die primêre sektor  • Primêre nywerhede neig om in hulle rangorde bestaansboerderymetodes te domineer in plaas van kommersiële boerdery wat die ekonomie moet domineer. • 'n Hoë persentasie van die bevolking is in diens in die primêre sektor. • Primêre produkte is verantwoordelik vir 'n hoë persentasie van die uitvoere en oorheers die ekonomie. g) Gebrekkige infrastruktuur  • Ontwikkelende lande het 'n gebrek aan goeie infrastruktuur (paaie, krag opwek, kommunikasiestelsels) om hulle sekondêre en tersiêre nywerhede ten volle te ontwikkel. • Bestaande infrastruktuur is nie goed is stand gehou nie.  • Swak infrastruktuur belemmer toegang tot markte. (Maks. 24) . ADDISIONELE DEEL NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN (NOP) • Die Nasionale Ontwikkelingsplan beoog om armoede en ongelykheid teen die jaar 2030 te elimineer. • Hierdie plan is deur die Nasionale Beplanningskommissie, Minister Trevor Manuel saamgestel is, bevat 'n groot verskeidenheid beleidsvoorstelle oor wat nodig is om die land se sukses oor die medium- tot langtermyn te verseker.  • Die ontwikkelingsplan is op 6 pilare gebou.  • Die doeltreffendheid van regstellingsmaatreëls, soos swart ekonomiese bemagtiging en gelyke indiensneming moet verbeter.  • Burgers en gemeenskappe moet hul leiers vir hul dade aanspreeklik hou.  • Groei van 'n inklusiewe ekonomie (verhoog indiensname van 11 miljoen tot 24 miljoen)  • Die behoefte om vermoëns te verbeter (openbare vervoer, hawens en water- infrastruktuur)  • Die behoefte aan 'n bekwame en ontwikkelingstaat.  • Verantwoordelikhede van leiers dwarsdeur die samelewing om saam te werk om probleme op te los. (Maks. 6) (Aanvaar enige ander relevante antwoord) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 14 DBE/2013 NSS – Graad 11 Model – Memorandum SLOT Ongeveer vyf-sesdes van die wêreld leef in ontwikkelende lande. (Maks. 2) (Enige ander relevante slot) Gebruik die volgende rubriek om die bespreking hierbo te assesseer: PUNTE INTERPRETASIE VAN ONDERWERP Leerder toon 'n beperkte begrip van die onderwerp maar mis 1 belangrike aspekte. (1–10) Leerder interpreteer onderwerp korrek, maar verbind nie die feite met 2 die onderwerp nie. (11–19) Leerder interpreteer onderwerp korrek en gee sekere elemente van 3 die verwagte respons. (20–25) Leerder interpreteer onderwerp korrek en verbind sekere relevante 4 feite met die onderwerp. (26–30) Leerder interpreteer onderwerp korrek en verbind alle relevante feite 5 met die onderwerp. (31–35) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all