Skip to content

Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11202512 pages

Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2025 EKONOMIE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: • AFDELING A: VERPLIGTEND • AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. • AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 3. Skryf die nommer van die vraag boaan elke antwoord neer. 4. Lees die vrae aandagtig deur en begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 6. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 7. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste aantal oorskry, sal NIE gemerk word NIE. 8. Gebruik slegs swart of blou ink. 9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V2 3 AFDELING A: (VERPLIGTEND) 30 PUNTE – 20 MINUTE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D. 1.1.1 Die boonste segment van ʼn oligopolistiese vraagkurwe is ... A relatief elasties. B relatief onelasties. C eenheidselasties. D perfek elasties. 1.1.2 Totale inkomste word gemaksimeer op die punt waar … A marginale inkomste = 0. B totale inkomste = 100. C marginale koste = 100. D totale koste = 0. 1.1.3 Die prys van ʼn produk in vergelyking met ʼn ander produk: A Ewewigsprys B Markprys C Relatiewe prys D Absolute prys 1.1.4 Koste wat onveranderd bly soos produksie verander: A Vaste koste B Totale vaste koste C Marginale koste D Veranderlike koste 1.1.5 Aardverwarming is die gevolg van die vrystelling van … gasse in die atmosfeer. A bruin B kweekhuis- C natuurlike D waterstof 1.1.6 ʼn Ekonomiese stelsel wat tot die Noord-Suid-verdeling bydra, staan as ... bekend. A gemengde ekonomie B sosialisme C federale stelsel D kapitalisme Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2025) 1.1.7 Die proses waardeur die boonste laag grond afslyt en van een plek na ʼn ander geskuif word. A Besoedeling B Ontbossing C Gronderosie D Ontbinding 1.1.8 Belegging in die vorm van geboue, masjiene en toerusting in ʼn vreemde land staan as ... bekend. A portefeuljebelegging B buitelandse direkte belegging C buitelandse belegging D buitelandse valuta belegging (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Homogeen A geskille oor internasionale handelsooreenkomste 1.2.2 Marginale inkomste B produkte wat in ʼn volmaakte mark en suiwer oligopolie verkoop word 1.2.3 Afgeleide vraag C kennis wat praktiese toepassing vir die daaglikse oorlewing van plaaslike gemeenskappe het 1.2.4 Herwinning D groepering van lande om meer beheer oor die globale ekonomie te hê 1.2.5 Korttermyn E bykomende inkomste verdien vir elke bykomende eenheid wat verkoop word 1.2.6 Verenigde Nasies F die versameling en dikwels herverwerking van weggooimateriaal vir hergebruik 1.2.7 Inheemse kennis G slegs nodig vir wat dit kan produseer 1.2.8 Handelsblokke H aangegaan deur verbruikers wanneer hulle goedere koop I die tydperk waartydens ten minste een insetfaktor vas is (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V2 5 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6.) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 ʼn Situasie waar die monopolistiese mededinger se totale koste gelyk is aan die totale inkomste 1.3.2 Die prys wat vir ʼn produk aangebied word en ʼn sein aan kopers van wat van hulle verwag word om te betaal 1.3.3 Die totale bevrediging wat verkry word deur die verbruik van ʼn produk 1.3.4 Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ʼn spesifieke gebied 1.3.5 Hulpbronne wat uitgeput kan raak as hulle nie volhoubaar bestuur word nie 1.3.6 ʼn Internasionale ooreenkoms wat kernafval bestuur (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2025) AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE inkomstekurwes op die lang termyn. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is die vraag na gewoontevormende goedere prys onelasties? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 2.2.1 Identifiseer die kurwe wat die langtermyn gemiddelde koste in die diagram hierbo verteenwoordig. (1) 2.2.2 Noem enige EEN komponent van totale koste. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term skaalnadele. (2) 2.2.4 Wat impliseer skaalvoordele? (2) 2.2.5 Hoe trek firmas voordeel uit skaalvoordele? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V2 7 2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'n Plaaslike bakkery, “The Bread Basket,” het besluit om die pryse van twee van hul gewildste produkte, ʼn luukse kersiebrood en ʼn basiese witbrood, te verander om die impak op verkope waar te neem. Die volgende data is oor een maand ingesamel. Produk Oorspronklike Oorspronklike Nuwe Nuwe Prys Hoeveelheid prys Hoeveelheid (per eenheid) Verkoop (per Verkoop (eenhede eenheid) (eenhede per maand) per maand) Luukse Kersie- brood R30 500 R35 350 Basiese Witbrood R15 1 200 R17 1 150 2.3.1 Identifiseer die prys van die luukse kersiebrood voor die verhoging. (1) 2.3.2 Identifiseer ʼn minderwaardige produk in die tabel hierbo. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term pryselastisiteit van vraag. (2) 2.3.4 Waarom verskil die pryselastisiteit van vraag na luukse kersiebrood van die pryselastisiteit van basiese witbrood? (2) 2.3.5 Bereken die pryselastisiteit van vraag (PEV) vir die basiese witbrood. Toon ALLE berekeninge. (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik met behulp van ʼn grafiek, hoe ʼn firma sy winsmaksimeringsvlak met behulp van die TI-TK-benadering kan bepaal. (4 x 2) (8) 2.5 Hoe is die kennis van pryselastisiteit van vraag voordelig vir produsente? (4 x 2) (8) [40] . Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2025) VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE bruin omgewingskwessies. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe word ontwikkelende lande negatief deur globalisering beïnvloed? (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VISKWOTAS “ONTWERP OM DIE ARMES UIT TE HOU” Die kwotastelsel wat deur die regering geïmplementeer is, blyk asof dit ontwerp is om klein visvangmaatskappye en arm vissers uit te hou, sê ʼn aksiegroep. Die voorsitter van die Hlanganani Fishing Business Forum het gesê: “Eerstens, het jy die opregte vissers wat nie kwotas gekry het nie en nou sonder ʼn inkomste sit. Dan het jy die klein ouens wat kwotas gekry het, maar die koste van die gebruik van daardie kwotas is so hoog dat hulle nie ʼn bestaan daaruit kan maak nie. Sommige toewysings is net te klein vir mense om werklik ʼn bestaan daaruit te maak en baie opregte vissers sit op die strand, terwyl mense wat nog nooit vissers was nie, uitgaan en vang. Maar ʼn woordvoerder van Mariene en Kusbestuur het gesê: “Die harde werklikheid is dat ons mariene hulpbronne afneem en dit is onmoontlik om regte aan almal toe te ken. Ons ondersoek verskeie moontlike alternatiewe werksgeleenthede vir hierdie gemeenskappe. Ons beplan die ontwikkeling van hawens en ons kyk na die moontlikhede van ekotoerisme.” [Aangepas uit www.iol.co.za] 3.2.1 Identifiseer die behoefte vir die regering om visvangkwotas, volgens die artikel hierbo, in te stel. (1) 3.2.2 Noem EEN strategie wat die regering beplan om te gebruik om alternatiewe werksgeleenthede vir die gemeenskappe te skep. (1) 3.2.3 Definieer kortliks die term kwota. (2) 3.2.4 Beskryf kortliks EEN rede waarom die arm visserman nie by hierdie kwotas sal baat vind nie. (2) 3.2.5 Verduidelik hoe daar verhoed kan word dat mariene hulpbronne uitsterf. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V2 9 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 3.3.1 Identifiseer die tipe ekonomie waarin die primêre sektor die meeste tot die BBP sal bydra. (1) 3.3.2 Noem enige EEN vinnig ontwikkelende land in Afrika. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term Noord-Suid-verdeling. (2) 3.3.4 Waarom is dit belangrik om nuwe tegnologie en patente te beskerm? (2) 3.3.5 Waarom is dit voordelig vir ʼn land om aan vryehandel deel te neem? (4) 3.4 Onderskei tussen BRICS- en G20-handelsgroeperings. (8) 3.5 Ondersoek die negatiewe impak van globalisering op die Suid-Afrikaanse ekonomie. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2025) VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE doelwitte van ʼn besigheid. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe veroorsaak die ontwikkeling van tegnologie globalisering? (2) 4.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 4.2.1 Identifiseer die tipe elastisiteit in die prent hierbo. (1) 4.2.2 Noem enige tipe pryselastisiteit van vraag. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term pryselastisiteit van aanbod. (2) 4.2.4 Waarom neem die vraag na normale goedere toe wanneer inkomstevlakke styg? (2) 4.2.5 Verduidelik waarom pryselastisiteit van vraag ʼn negatiewe teken het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V2 11 4.3 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 4.3.1 Identifiseer EEN gevolg van globalisering uit die inligting hierbo. (1) 4.3.2 Watter globale instelling help lande in finansiële krisisse? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term globalisering. (2) 4.3.4 Verduidelik standaardisering as ʼn oorsaak van globalisering. (2) 4.3.5 Hoe kan internasionale integrasie ekonomiese groei positief (4) beïnvloed? 4.4 Verduidelik kortliks die tendens van die marginale kostekromme. (4 x 2) (8) 4.5 Wat is die voordele vir die bevordering van globalisering? (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2025) AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg beoordeel word. STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE- TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde-respons. • ʼn Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat verband hou met die vraagonderwerp te definieer. Maks. 2 • Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie. • Moenie enige deel van die inleiding in die hoofteks herhaal nie. • Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die hoofteks gaan bespreek. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Maks. 26 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/ Verduidelik Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en Maks. 10 verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor Gevolgtrekking Enige hoërorde gevolgtrekking moet die volgende insluit: • ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om reeds genoemde feite te herhaal • Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is Maks. 2 • Bykomende ondersteunende inligting om die bespreking/analise te versterk • ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die vraag- en aanbodverhoudings met behulp van grafieke (substitute en komplemente). (26) • Waarom is die faktormark nodig in die ekonomie? (10) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die probleme wat die omgewing bedreig. (26) • Evalueer Suid-Afrika se implementering van die Wêreldberaad oor Volhoubare Ontwikkeling (WSSD) se doelwitte. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all