Skip to content

Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 11202316 pages

Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2023 EKONOMIE V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2023) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 C  huur 1.1.2 A  huishoudings 1.1.3 D  burokrasie 1.1.4 C  Waardevermindering/depresiasie 1.1.5 B  bruto binnelandse produk 1.1.6 B  Lorenz-kromme 1.1.7 A  progressief 1.1.8 D  Nasionale Ontwikkelingsplan (8 x 2) (16) 1.2 PAS-ITEMS 1.2.1 C – fasiliteite, aktiwiteite en dienste wat die bedryf en ontwikkeling van ander sektore ondersteun 1.2.2 G – ʼn statistiek wat gebruik word om lande te rangskik in terme van lewensverwagting, onderwys en lewenstandaard 1.2.3 F – hulself oor ʼn lang tydperk vervang 1.2.4 A – bates wat oor ʼn lang tyd in die produksieproses gebruik word 1.2.5 H – byvoegings van geld in die sirkelvloei 1.2.6 B – meet die mate van inkomste-ongelykheid en welvaartverspreiding tussen huishoudings 1.2.7 D – die beste moontlike uitkoms binne ʼn gegewe stel omstandighede 1.2.8 E – bruto nasionale produk gedeel deur bevolking (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V1 3 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Intermediêre goedere  1.3.2 Natuurlike hulpbronne  1.3.3 Kapitaalverdieping  1.3.4 Grondrestitusie  1.3.5 Kontantreserwes  1.3.6 Ekonomies aktiewe bevolking  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2023) AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van duursame goedere. • voertuie  • boeke  • huishoudelike goedere / huishoudelike toestelle / verbruiker elektronika  • meubels  • gereedskap  (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 Hoekom is dit belangrik vir die regering om gemarginaliseerde mense in die ekonomie te bemagtig? Bemagtiging van die gemarginaliseerdes kan die ekonomie ʼn hupstoot gee, wat tot vinniger ekonomiese groei lei.  (Enige 1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer die klassifikasie van bruto kapitaalvorming in die tabel hierbo. Bruto kapitaalvorming volgens soort/tipe bate  (1) 2.2.2 Noem EEN hoof nasionale rekeningaggregaat. • Bruto toegevoegde waarde/bruto binnelandse produk/ BTW/BBP  • Bruto nasionale besteding (BNB)  • Bruto nasionale inkomste (BNI)  (Enige 1 x 1) (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term bruto kapitaalvorming. Bruto kapitaalvorming vind plaas wanneer kapitaalvoorraad soos masjinerie, geboue en voorraad toeneem.  / Bruto kapitaalvorming vind plaas wanneer maatskappye kapitaalgoedere wat verouderd raak, stukkend raak of die einde van hul leeftyd bereik het, met nuwe kapitaalgoedere vervang.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) 2.2.4 Verduidelik die belangrikheid van nasionale rekening- aggregate (groottotale) in ʼn ekonomie. Hulle meet die prestasie van ʼn ekonomie deur inligting oor ekonomiese groei, inflasie en ander ekonomiese aanwysers te verskaf.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V1 5 2.2.5 Hoekom is kapitaalvorming belangrik vir die ekonomie? • Kapitaalvorming lei daartoe dat meer geld in die ekonomie sirkuleer.  • Die akkumulasie van kapitaalgoedere lei tot belegging en die produksie van meer goedere en dienste.  • Dit verhoog die inkomste van die bevolking en stimuleer vraag.  (Enige 2 x 2) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer ʼn vlak van regering uit die inligting hierbo. • Sentrale regering  (1) 2.3.2 Noem die ekonomiese stelsel wat Suid-Afrika tans gebruik. • Gemengde ekonomiese stelsel  (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel. ʼn Ekonomiese stelsel is ʼn stel beginsels en tegnieke waarvolgens ʼn samelewing besluit oor en die eienaarskap, toekenning en gebruik van skaars ekonomiese hulpbronne organiseer, en die produksie, verspreiding en verbruik van goedere en dienste organiseer.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 2.3.4 Verduidelik eienaarskap as 'n kenmerk van ʼn sentraal beplande ekonomie. • Die regering besit en beheer die faktore van produksie.  • Arbeid word egter nie besit nie, maar word deur die regering gelei.  • Die regering kan alle grond, arbeid en kapitaal beheer om die ekonomiese doelwitte van die staat te dien.  • Daar is geen private eiendom (grond en kapitaal) nie aangesien dit alles deur die regering genasionaliseer, onteien of gekonfiskeer is.  (Enige 1 x 2) (2) 2.3.5 Hoe bevoordeel vryheid van keuse die huishoudings as verbruikers van goedere en dienste? • Verbruikers kan by verkopers koop wat goedere teen ʼn laer prys aanbied, wanneer hulle vryheid van keuse het.  • Verbruikers het dalk ʼn geleentheid om die kwaliteit en hoeveelheid goedere te kies wat hulle verkies wanneer hulle koop.  • Vryheid van keuse stel verbruikers in staat om hul behoeftes en begeertes volgens hul smaak en voorkeure te bevredig.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2023) 2.4 Bespreek die kenmerke van ʼn markekonomie. • Die markkragte van vraag en aanbod bepaal wat, hoe en vir wie om te produseer. ✓✓ • Prys dien as tekens/seine in die vrye mark om tekorte en surplusse te voorkom. ✓✓ • Die individu kan op eie inisiatief optree en het vryheid van keuse ten opsigte van alle ekonomiese keuses. ✓✓ • Die meeste van die produksiefaktore is in private besit en beheer. ✓✓ • Besluitneming is gedesentraliseerd ✓✓ • ʼn Markekonomie is aan voortdurende besigheidskommelinge onderhewig. ✓✓ • Markekonomieë is aan markmislukkings onderhewig. ✓✓ (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 4 x 2) (8) 2.5 Ondersoek die aksies wat deur die regering geneem is om toeganklikheid van die ekonomies gemarginaliseerde groepe deur bemagtiging te verhoog. • Die Menslike Hulpbronontwikkelingstrategie is geïmplementeer om die vlakke van armoede, werkloosheid en ongelykheid te verminder.  • Die Suid-Afrikaanse Skolewet, wat in 1994 geïmplementeer is, fokus op die transformasie van onderwys om toegang, kwaliteit, gelykheid en regstelling vir leerders te verbeter sonder enige diskriminasie van enige aard.  • Die Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtigingsbeleid verskaf ʼn basis vir die transformasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie om ongelykheid uit te roei, en om volle deelname van swartmense aan die ekonomiese hoofstroom aan te moedig.  • Die instelling van nuwe arbeidswetgewing het ʼn groot impak op werksgeleenthede in Suid-Afrika gehad, veral die Wet op Arbeidsverhoudinge, die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, die Wet op Gelyke Indiensneming en die Wet op Vaardigheids- ontwikkeling.  • Entrepreneurskap, toelaes, vaardigheidsontwikkeling deur opleiding en ander vorme van bystand om mense te motiveer om selfstandig te word, is geïmplementeer.  • Die Uitgebreide Openbare Werke-program, wat in Mei 2004 van stapel gestuur is, is die grootste werkskeppende inisiatief wat die regering onderneem het.  • Die Nasionale Jeugagentskap, wat in Junie 2009 van stapel gestuur is, het ten doel om mense tussen die ouderdomme van 16 en 25 wat hul opleiding wil voortsit te help, deur aan hulle deeltydse werk te verskaf.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V1 7 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE bronne van rykdom. • Spaargeld  • Erfenis  • Wins gegenereer deur ʼn besigheid te bestuur  • Geluk  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe gaan die Suid-Afrikaanse Reserwebank ingryp wanneer ʼn bank bankmislukking ervaar? Die Reserwebank sal kuratorskap van die bank neem en kan finansiering verskaf om hul verpligtinge na te kom.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer ʼn plan om ekonomiese ontwikkeling in Suid- Afrika te verseker uit die inligting hierbo. Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS)  3.2.2 Noem ʼn kenmerk van ontwikkelende lande. • Lae lewenstandaard  • Lae vlakke van produktiwiteit  • Hoë bevolkingsgroei en afhanklikheidslaste  • Hoë vlakke van werkloosheid  • Afhanklikheid van die primêre sektor  • Gebrek aan infrastruktuur  (Enige 1 x 1) (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling. • Ekonomiese ontwikkeling verwys na ʼn verbetering in die lewenstandaard en welstand van die burgers van ʼn land.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3.2.4 Verduidelik die belangrikheid van inheemse kennisstelsels in die ekonomie. • IKS word as die sleutel tot volhoubare maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling gesien.  • Voorsien ʼn produktiewe raamwerk vir aktiwiteite wat daarop gemik is om gemeenskappe te help.  • Bied probleemoplossingsplanne of -strategieë aan vir plaaslike gemeenskappe, veral die armes.  • Verteenwoordig ʼn belangrike bydrae tot globale ontwikkelingskennis.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2023) 3.2.5 Bespreek kortliks buitelandse valutarisiko’s en swak kredietevaluering as redes vir bankmislukkings. • Ekonomiese ontwikkeling word deur die lewenstandaarde gemeet.  • Lewenstandaard verhoog slegs wanneer inkomste geskep word, wat ʼn direkte gevolg van ekonomiese groei is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Identifiseer ʼn monetêrebeleidsinstrument uit die uittreksel hierbo. Rentekoerse  (1) 3.3.2 Noem enige funksie van die sentrale bank (SARB). • Bank van uitreiking  • Tree op as bankier vir die regering  • Bewaarder van buitelandse reserwes  • Tree op as bankiers se bank  (Enige 1 x 1) (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term prima uitleenkoers. • Die prima uitleenkoers is die laagste koers waarteen ʼn bank geld aan sy gunstelingkliënte sal leen.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3.3.4 Verduidelik die doel van die SARB se monetêre beleid. • Die doel van die Suid-Afrikaanse Reserwebank is om die waarde van die geldeenheid te beskerm in belang van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in die Republiek / prysstabiliteit van die rand te bereik en te handhaaf.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3.3.5 Hoe word die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief deur die voortdurende styging in rentekoerse beïnvloed/geraak? • Beide besighede en verbruikers sal op besteding besnoei.  • Dit sal verdienste laat daal en aandeelpryse laat daal.  • Die koste om sake te doen styg vir openbare (en private) maatskappye.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V1 9 3.4 Bespreek kortliks die redes vir bankmislukkings. • ʼn Swak ekonomiese omgewing maak dit moeilik vir banke om wins te maak.  • Swak en bedrieglike bestuur mag tot mislukking bydra.  • Die oorblootstelling aan mikrolenings en slegte skuld.  • Swak bestuur kan tot likiditeit lei.  • Swak kredietbeheer maatreëls wat in plek is  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 4 x 2) (8) 3.5 Evalueer die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram as ʼn ontwikkelingstrategie in Suid-Afrika. Positiewe aspekte: • Dit was ʼn arbeidsintensiewe program vir openbare werke  • Help met die vermindering van armoede deur meer werk te verskaf  • Dit was ʼn sosio-ekonomiese beleidsraamwerk wat as 'n goue draad in elke regeringsplan deurgeloop het  • Bygestaan met die ontwikkeling van menslike hulpbronne,  een van die mees belangrike hulpbronne wat die ekonomie vir ontwikkeling benodig  • Help met die toename in infrastruktuurontwikkeling  • Die implementering van grondhervorming bevorder  • Dit het gehelp met die voorsiening van huise, water, elektrisiteit en primêre gesondheidsorg  (Enige 2 x 2 Negatief: • Werkloosheidsyfer het aanhou styg  • Armoede en dienslewering is nooit verbeter nie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.) (Enige 2 x 2) (4 + 4) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2023) VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 4.1.1 Noem TWEE maniere waarop lewenstandaarde gemeet kan word. • Verbruik  • Inkomste  (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom word invoere nie by binnelandse besteding ingesluit nie? • Dit is omdat hulle nie deel van binnelandse produksie vorm nie.  • Die inkomste uit hul aankope word in ander lande bestee en nie plaaslik nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer ʼn arbeidskategorie uit bogenoemde inligting. Geskoolde arbeid  (1) 4.2.2 Noem ʼn ekonomiese term wat verwys na hoogs geskoolde werkers wat ʼn land verlaat om beter werksgeleenthede in ander lande te soek. Breindrein  (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term arbeid. Arbeid is die gebruik van menslike geestelike en fisiese inspanning om goedere en dienste te produseer om 'n beloning in die vorm van inkomste te kry.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.2.4 Verduidelik die verskil tussen nominale en reële lone. ʼn Nominale loon word nie vir inflasie aangepas nie, terwyl ʼn reële loon ʼn loon is wat vir inflasie aangepas is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.2.5 Hoe kan die kwaliteit van arbeid in Suid-Afrika verbeter word? • Verhoogde toegang tot gemeenskapskolleges en tegniese en beroepsopleidingskolleges.  • Implementering van ʼn nasionale minimum loon.  • Om te verseker dat indiensnemings belasting aansporing korrek werk en ʼn nasionale strategie teen korrupsie daarstel.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V1 11 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer ʼn funksie van geld uit bogenoemde inligting. Ruilmiddel  (1) 4.3.2 Noem die Suid-Afrikaanse geldeenheid. Rand/ZAR  (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term mikro-lenings. Mikro-lenings is die praktyk om klein lenings toe te staan aan behoeftiges wat gewoonlik klein bedrae is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.3.4 Verduidelik die rol van die Nasionale Kredietwet in die ekonomie. • Die Nasionale Kredietwet het ten doel om te verseker dat leners nie buitensporige hoë rentekoerse gehef word nie.  • Dit verseker ook dat lenings slegs toegestaan word aan mense wat in staat is om die skuld te delg. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) 4.3.5 Hoe kan die regering die waarde van geld in ʼn land stabiliseer? Die regering stabiliseer die waarde van geld deur: • Stabilisering van die algemene prysvlak  • Hou inflasie op ʼn minimum vlak  • Die gebruik van monetêre beleid as ʼn instrument om inflasie te beheer bv. rentekoerse  • Verhoging van die rentekoers as inflasie bo die Reserwebank se boonste perk styg,  om besteding te beperk en vraag te verminder, wat weer die waarde van geld stabiliseer  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) 4.4 Onderskei tussen werklike en geldvloei. Werklike vloei: • Produksiefaktore vloei vanaf die huishoudings na produsente via die faktormarkte.  • Goedere en dienste vloei vanaf die produsente via die goederemarkte na huishoudings en ander gebruikers van goedere en dienste.  • Produksiefaktore en goedere en dienste vloei van die buiteland na Suid-Afrika (invoere).  • Produksiefaktore en goedere en dienste vloei van Suid-Afrika na die buiteland (uitvoere).  (Enige 2 x 2) Geldvloei • Faktorvergoeding verteenwoordig die uitgawes van produsente en die inkomste van huishoudings (lone, huur, rente en wins).  • Aan die ander kant verteenwoordig verbruiksbesteding die besteding van huishoudings en die inkomste van produsente.  (2 x 2) (4 + 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2023) 4.5 Verduidelik die verband tussen bankmislukking en ekonomiese aktiwiteite. • Die banke is baie belangrike instellings in enige gegewe ekonomie as gevolg van hul rol om die ekonomie te finansier.  • Bankmislukkings belemmer die geldvoorraad in die ekonomie.  • Wanneer banke misluk, verloor maatskappye die befondsing en word gedwing om hul bedrywighede te besnoei.  • Dit lei daartoe dat werkloosheidsyfers styg as gevolg van afleggings, lae winste en vermindering in produksie deur hierdie firmas.  • As ʼn bank nie die deposito’s ten volle verseker het nie, sal die leners waarskynlik verliese ly en ʼn vermindering van hul rykdom hê.  • Dit word in die reële ekonomie deur verminderde vraag na goedere en dienste oorgedra.  • Tydens likwidasie van banke word die bates verkoop om die deposante terug te betaal.  • Dit kan baie lank neem en lei tot die verlies aan waarde vir geld.  • Wanneer een bank misluk, veroorsaak dit dat ander banke ʼn inkrimping van geldvoorraad het.  • Die ander banke kan dalk meer pessimisties oor die ekonomie raak en hul lenings in die ekonomie probeer verminder.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V1 13 AFDELING C VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE • Bespreek in detail die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor. (26 punte) • Ondersoek die verband tussen die verskillende sektore in die ekonomie. (10 punte) INLEIDING Die tersiêre sektor is ʼn ekonomiese sektor wat betrokke is met die voorsiening van dienste.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (2) (Maks. 26) (26) HOOFDEEL Dra by tot BBP  • Die tersiêre sektor se bydrae tot BBP word op 62 persent in Suid Afrika geskat.  • In die huidige tegnologiese omgewing, word dit voorspel dat groei in die tersiêre sektor ʼn groter rol in BBP se bydrae in die toekoms sal speel.  • Die werklike bydrae van die tersiêre sektor tot BBP mag onderskat word.  • Baie noodsaaklike dienste word nie ingesluit nie, soos dienste van tuisteskeppers, asook dienste wat deur besighede vir hulself verskaf word in die primêre en sekondêre sektore bv. rekenaardienste, boekhou en opleiding.  Bydrae tot werkskepping • Suid-Afrika verdien buitelandse inkomste deur die uitvoer van primêre sektor produkte soos vrugte, neute, graan en verskeie minerale. • Die buitelandse valuta wat verdien was, word gebruik om vir noodsaaklike invoere soos olie te betaal. • Suid-Afrika is een van die grootste en mees diverse mineraalprodusente en voer ʼn verskeidenheid minerale uit. Bydrae tot uitvoere • Die tersiêre sektor voer ʼn aansienlike aantal dienste na lande buite Suid Afrika uit. • Dit is gewoonlik in die vorm van vrag, versekering, vervoer, reis, tantieme, lisensiefooie en dienste soos kommunikasie Bydrae tot ekonomiese groei • Die groei in die tersiêre sektor is veel groter as dié van die primêre sektor en die van die sekondêre sektor. • Die tersiêre sektor is die dryfkrag, wat impetus aan die ander sektore gee. Bron van inkomste vir die staat • Besighede moet belasting aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) betaal. • Hierdie geld word gebruik om om basiese dienste soos infrastruktuur (paaie, behuising, publieke vervoer ens.) en welsynsdienste aan Suid Afrikaners te verskaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2023) Skep markte vir verbruikersprodukte • Vir produkte om te verkoop, moet verbruikers weet wat beskikbaar is. • Hierdie sektor sê vir verbruikers watter produkte beskikbaar is, byvoorbeeld advertering. (Maksimum van 8 punte vir en voorbeelde) ADDISIONELE DEEL • Die primêre sektor is afhanklik van die sekondêre sektor vir vervaardigde produkte soos masjinerie en toerusting.  • Die sekondêre sektor is afhanklik van die primêre sektor vir die grondstowwe en produkte wat dit dan prosesseer na produkte wat meer bruikbaar is.  • Beide die primêre en sekondêre sektore is afhanklik van die tersiêre sektor vir die voorsiening van dienste.  • Die primêre en sekondêre sektore is ook afhanklik van die tersiêre sektor vir die voorsiening van produkte om weer te verkoop, soos handelaars in vars produkte.  • Die tersiêre sektor is ook afhanklik van die vervaardigde goedere  soos kantoor-toerusting, kantoor meubelment en skryfbehoeftes.  • In die sekondêre sektor, maak vervaardigers komponente wat ander vervaardigers in hul finale produkte gebruik.  • Besighede in ʼn sektor is ook afhanklik van ander besighede in dieselfde sektor.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks.) 10) (10) GEVOLGTREKKING • Die tersiêre sektor is vinnig besig om te verander met die toenemende gebruik van tegnologie in die dienstesektor. (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde gevolgtrekking.) (Maks. 2) (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V1 15 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES • Bespreek in detail die verskillende metodes wat gebruik word om inkomste en rykdom te herverdeel. (26 punte) • Evalueer Suid-Afrika se ekonomiese groeiprestasie. (10 punte) INLEIDING Herverdeling is ʼn proses van hertoewysing van inkomste; rykdom en hulpbronne gelyk onder die burgers om sosiale en ekonomiese ongelykhede te verminder.  (Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.) (Maks. 2) (2) HOOFDEEL Belasting  • Die regering kan begin om herverdeling te verseker deur belasting te gebruik.  • Progressiewe belastingstelsel sal gebruik word aangesien dit bepaal dat die hoër inkomste meer belasting betaal.  • Die inkomste wat uit belasting ingesamel word, word gebruik om die arm burgers in die land by te staan.  Maatskaplike toelaes (kontantvoordele)  • Kontanttoelaes word deur die regering aan ontvangers betaal sonder dat enige diens gelewer word.  • Hulle help die armes om die basiese lewenskoste in die land die hoof te bied.  • Die belangrikste kontanttoelaes in Suid-Afrika is ouer-persone-toelaes; kinderondersteuningstoelaes; ongeskiktheidstoelaes; ens.  • Suid-Afrika is die grootste welsynstaat ter wêreld en bestee die grootste deel van sy BBP aan maatskaplike toelaes en maatskaplike bystand.  Betalings in natura  • Dit is noodsaaklike dienste wat die regering verseker dat dit gratis aan behoeftiges verskaf word.  • Hulle bestaan uit primêre gesondheidsorg; basiese onderwys; voedingskemas; beskerming en infrastruktuur.  • Alhoewel dit nie bydra tot die ophoping van bates om langtermyn-welvaart te genereer nie, bevredig dit basiese behoeftes.  Onderwys  • Verbeterde onderwysstelsel verhoog onderwysvlakke in lae-inkomste gesinne in ʼn land.  • Dit verbeter die mense se vooruitsigte in die arbeidsmark.  • Onderwys maak werkers duidelik meer mededingend in ʼn moeilike arbeidsmark.  • Die aanbod van hoogs geskoolde arbeid moet toeneem as werkloosheid en armoede verminder wil word.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2023) Arbeidspraktyk  • Uitwissing van die arbeidsongelykhede verbeter die algemene werksomstandighede vir alle Suid-Afrikaners.  • Die implementering van ʼn minimum loon en werkloosheidsversekering help om relatiewe armoede te verminder vir mense wat baie lae lone verdien.  • Strategieë om die jeug te help om hul eerste werk te kry, sluit in ʼn loonsubsidie, ʼn soeksubsidie en verminderde regulasies vir eerste poste.  Makro-ekonomiese beleid  • Voordele van sterk makro-ekonomiese prestasie en ekonomiese groei is dat belastinginkomste gegenereer word om maatskaplike uitgawes te finansier. • Makro-ekonomiese beleide soos GEAR en AsgiSA beïnvloed die verspreiding van inkomste en rykdom op verskeie maniere.  • Streeksontwikkelingsbeleide verminder geografiese ongelykhede van inkomste en rykdom.  Herverdelingmetodes  • Suid-Afrika se transformasie sedert 1994 het strategieë beklemtoon om ongelykhede en lewensomstandighede vir alle Suid-Afrikaners uit te skakel.  • Intervensies wat ʼn vinniger herverdeling van inkomste, rykdom en geleenthede aan voorheen benadeeldes sal verseker.  • Dit sluit in Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB), regstellende aksie, grondherverdeling en eiendomsubsidies.  (Maks. 26) (26) ADDISIONELE DEEL • Swak strukturele groei en COVID-19-pandemie het sosio-ekonomiese uitdagings vererger.  • Suid-Afrika het van sy pre-pandemie BBP herstel, maar nie sy indiensnemingvlak nie.  • Hoë werkloosheidsvlakke was duidelik sigbaar gedurende hierdie tydperk.  • Aan die einde van 2022 was daar nog byna ʼn halfmiljoen minder werksgeleenthede as aan die einde van 2019 met vroue en jeugdiges wat aanhoudend meer geraak is.  • Private verbruik en beleggings sal die hoofdryfvere van groei.  • Die werksgroei, die lewenskoste, verhoogde rentekoerse en die afname in koopkrag het ʼn groot impak op ekonomiese groei gehad.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10) (10) GEVOLGTREKKING Die regering speel ʼn belangrike rol in die herverdeling van inkomste sodat voorheen benadeelde groepe voordeel trek en deelneem aan ekonomiese aktiwiteite om groei en ontwikkeling in die ekonomie te verseker. (Maks. 2) (2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all