Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2023
GRAAD 11
EKONOMIE
VRAESTEL 2
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
12 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2023 papers %202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--10eadb80-f5fa-4b02-aeb9-25b32d577661/v1-8ccca882fcb617599f02/card.webp)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5526925c-49e0-4b9a-b046-25907db21c52/v1-8369a9c5c3d05882deb7/card.webp)


%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0/v1-8e598dd0c603301c95cf/card.webp)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--3148e25e-81ec-43d7-b75c-08a95adf3209/v1-4b682825f1733c1beef4/card.webp)
View all

_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)


Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)
Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng November Exam · 2023. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Gauteng November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Gauteng November Exam 2023
Questions in this paper
- Question 1.1Dynamics of Markets: Costs & Revenue16 marks
- Question 1.2Dynamics of Markets: Relationships8 marks
- Question 1.3Dynamics of Markets: Relationships6 marks
- Question 2Dynamics of Markets: Costs & Revenue40 marks
- Question 3Environmental Sustainability40 marks
- Question 4Dynamics of Markets: Costs & Revenue40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 2
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste aantal
oorskry, sal NIE nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 1 – 2 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 3
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Watter van die volgende is ʼn potensiële nadeel van ʼn monopolie vir die
samelewing as geheel?
A Verhoogde doeltreffendheid
B Minder innovering
C Produk verskeidenheid
D Laer pryse
1.1.2 Die verskil tussen totale koste en veranderlike koste is … koste.
A marginale
B gemiddelde
C vasgestelde
D eenheids-
1.1.3 Skaalvoordele vind plaas wanneer …
A die koste per eenheid afneem en die uitset toeneem.
B die koste per eenheid toeneem en die uitset afneem.
C die koste per eenheid en die uitset afneem.
D die koste per eenheid en die uitset toeneem.
1.1.4 Wanneer die aanbod van ʼn goed afneem, bly ewewigsprys dieselfde. Wat
is die pryselastisiteit van vraag van die goed?
A –1
B Nul
C +1
D Oneindig
1.1.5. Wat is teenwoordig in ʼn doeane-unie, maar nie in ʼn vryhandelsgebied
nie?
A ʼn Gemeenskaplike eksterne tarief met die res van die wêreld.
B ʼn Gemeenskaplike monetêre stelsel.
C ʼn Gemeenskaplike belastingstelsel.
D Die vrye beweging van alle goedere, dienste en produksiefaktore.
1.1.6 DBI/FDI beweeg fisiese ... tussen lande
A goedere
B hulpbronne
C tegnologie
D kapitaal
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 4
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
1.1.7 Aardverwarming is die gevolg van die vrystelling van … gasse in die
atmosfeer.
A natuurlike
B waterstof
C kweekhuis
D suurstofryke
1.1.8 Die term groen ekonomie verwys na …
A ʼn ekonomie wat groen is.
B omgewingsvriendelike produksie-aktiwiteite.
C besoedelingstowwe wat deur fabrieke vrygestel word.
D inflasie.
(8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK
neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Rekeningkundige A Vraag neem toe wanneer inkomste toeneem
wins
B Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ʼn
1.2.2 Kartel spesifieke area
1.2.3 Langtermyn C Firmas wat goedere en dienste in verskeie lande
produseer
1.2.4 Normale goedere
D Kom gewoonlik voor in ʼn oligopolisitiese
1.2.5 Multinasionale markstruktuur
ondernemings
E Internasionale ooreenkomste wat daarop gemik
1.2.6 Portefeulje- is om kweekhuisgasse te verminder
beleggings
F Lank genoeg sodat alle faktorinsette gevarieer
1.2.7 Kyoto-protokol kan word
1.2.8 Biodiversiteit G Die verskil tussen ʼn firma se totale inkomste en
eksplisiete koste
H Die aankoop van finansiële bates wat maklik in
kontant omgeskakel kan word
I Word deur verbruikers aangegaan wanneer
hulle goedere koop
(8 x 1) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 5
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Pryse wat uitgedruk word as ʼn vergelyking met ander pryse
1.3.2 Totale inkomste gedeel deur die hoeveelheid verkoop
1.3.3 ʼn Verandering in prys sal ʼn groter persentasie verandering in die
hoeveelheid aanbod veroorsaak
1.3.4 Die geleentheidskoste om ʼn goed of diens te produseer is laer as die
ander land se geleentheidskoste
1.3.5 Die voorsiening van finansiering deur die regering om plaaslike
besighede te ondersteun
1.3.6 Die versameling en dikwels herverwerking van weggooimateriaal vir
hergebruik
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 6
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is die GI -en MI-kromme gelyk in die volmaakte mark? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Natuurlike
Arbeidsmark hulpbronne
mark
Kapitaalmark Voertuie
2.2.1 Identifiseer ʼn voorbeeld uit die inligting hierbo wat in ʼn goedere mark
gevind word. (1)
2.2.2 Noem EEN produksiefaktor wat nie in die bogenoemde inligting genoem
word nie. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term mark. (2)
2.2.4 Verduidelik die positiewe impak van mededinging op markte. (2)
2.2.5 Hoe beïnvloed natuurrampe die aanbod van produksiefaktore in die mark?
(2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 7
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KOSTE- EN INKOMSTEKURWE VIR 'N FIRMA
Prys
MK
GK
A
B
C
D
MI GI
O Hoeveelheid
2.3.1 In die grafiek hierbo, teen watter prys vind allokatiewe doeltreffendheid
plaas? (1)
2.3.2 Watter letter dui die winsmaksimering van die firma hierbo aan? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term onvolmaakte mark. (2)
2.3.4 Wat sal waarskynlik met die vraag na hierdie firma se uitset op die
langtermyn gebeur? (2)
2.3.5 Verduidelik die patroon van die MK-kromme. (2 x 2) (4)
2.4 Bespreek kortliks die SMART-beginsel in die ontwerp van die doelwitte van
besighede. (4 x 2) (8)
2.5 Hoe kan ʼn firma se doelwit in ʼn oligopolistiese mark verskil van die doelwit van ʼn
firma in ʼn volkome-mededingende mark? (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 8
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE vervoermiddels wat wêreldwyd betrokke is. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan die regering bevel -en beheermaatreëls suksesvol gebruik om
omgewingsvolhoubaarheid te verseker? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: google images]
3.2.1 Identifiseer EEN gevolg van globalisering uit die inligting hierbo. (1)
3.2.2 Watter globale instelling help lande in ʼn finansiële krisis? (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term globalisering. (2)
3.2.4 Wat is die effek van globalisering op ontwikkelende lande? (2)
3.2.5 Verduidelik die effek van ekonomiese integrasie binne die wêreld. (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 9
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
3.3 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: com/south-africa/pictures-pikitup-workers-strike-turns-joburg-city-dirt]
3.3.1 Identifiseer die bruin omgewingskwessie wat hierbo geïllustreer word. (1)
3.3.2 Watter gebiede in ʼn land is dikwels hoogs besoedel? (1)
3.3.3 Beskryf die term omgewingsvolhoubaarheid. (2)
3.3.4 Verduidelik omgewingsbelasting as ʼn manier om die omgewing te
onderhou. (2)
3.3.5 Waarom word nywerhede dikwels geblameer vir hulle bydra tot
omgewings- en lugbesoedeling? (2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik kortliks die hoofdoelwitte van die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte
(MODe.) (4 x 2) (8)
3.5 Hoe kan vloede die ekonomie negatief beïnvloed? (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 10
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE hindernisse vir toetrede tot ʼn monopoliemark. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe sal die verwydering van Suid-Afrika uit die vryhandelsone die land se
ekonomie beïnvloed? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PLAASLIKE BESIGHEDE GEKREUPEL ONDER KRAGONDERBREKINGS
Beurtkrag en kragonderbrekings het besigheidsure, produksie en inkomste
verminder. Sommige besighede moes ook groot bedrae aan alternatiewe
kragbronne bestee terwyl ander nie hierdie bykomende koste kan bekostig nie.
Kragonderbrekings het bedryfskoste verhoog, wat lei tot verlies aan inkomste en
dalende winsgrense, wat winsgewendheid beïnvloed.
[Bron:https://germistoncitynews.co.za/305016/businesses-bear-the-brunt-of-power-woes/]
4.2.1 Identifiseer die beperking wat besighede in die gesig staar in die uittreksel
hierbo. (1)
4.2.2 Noem enige EEN voorbeeld van eksplisiete koste wat deur besighede
aangegaan word. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term inkomste. (2)
4.2.4 Waarna moet die besigheid kyk wanneer daar op ʼn vlak van uitset besluit
word? (2)
4.2.5 Ontleed die rol van wins in ʼn besigheid. (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 11
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: googleimages]
4.3.1 Identifiseer die tipe ekonomie waarin die primêre sektor die meeste tot
BBP sal bydra. (1)
4.3.2 Noem enige EEN vinnig-ontwikkelende land in Afrika. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term Noord/Suid-verdeling. (2)
4.3.4 Hoe beïnvloed toegang tot veilige drinkwater lewensverwagting? (2)
4.3.5 Vergelyk die kenmerke van ryk (Noord) en arm (Suid) lande. (2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik kortliks, met behulp van die onderstaande grafieke, hoe pryse vir ʼn
individuele produsent in ʼn volmaakte mark bepaal word. (4 x 2) (8)
P MARK P INDIVIDUELE PRODUSENT
V A
P1 P1
S D
O Q Hoeveelheid O q q1 q2 Hoeveelheid
4.5 Wat is die voordele van die bevordering van globalisering? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 12
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie. Maks. 2
• ʼn Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat verband hou met die
vraagonderwerp te definieer.
• Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek Maks. 26
krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Teken
ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee is en verduidelik/
Voltooi die gegewe grafiek/Assesseer/Debatteer
ʼn Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/voorbeelde. Maks. 10
Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/Aflei/
Vergelyk/ Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote lys van feite.
Gevolgtrekking
Enige gevolgtrekking van hoër orde moet die volgende insluit: Maks. 2
• ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds genoem
is, te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk
• ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek, in detail, die pryselastisiteit van vraag (PEV) sonder die hulp van grafieke.
(26 punte)
• Hoe kan die regering die pryselastisiteit van aanbod van noodsaaklike goedere
verhoog? (10 punte) [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Ondersoek, in detail, die probleme wat die omgewing bedreig. (26 punte)
• Evalueer die implementering van die doelwitte van die Wêreldberaad oor
Volhoubare Ontwikkeling in Suid-Afrika. (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--10eadb80-f5fa-4b02-aeb9-25b32d577661/v1-8ccca882fcb617599f02/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2023 QP (Eng)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5526925c-49e0-4b9a-b046-25907db21c52/v1-8369a9c5c3d05882deb7/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Eng)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0/v1-8e598dd0c603301c95cf/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2023 Question Paper (Afr)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--3148e25e-81ec-43d7-b75c-08a95adf3209/v1-4b682825f1733c1beef4/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2023 Question Paper (Eng)
More from Grade 11 Economics

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Mpumalanga June 2024 Memo

Memorandum