Skip to content

Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 11202416 pages

Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November Exam 2024

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONAL SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2024 EKONOMIE V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 16 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2024) AFDELING A VRAAG 1 1.1 1.1.1 B (winste)  1.1.2 A (geknikte)  1.1.3 A (positief)  1.1.4 D (veranderlike koste)  1.1.5 B (niehernubare)  1.1.6 C (inheemse kennis)  1.1.7 D (Basel Konvensie)  1.1.8 C (Noord-Suid verdeling)  (8 x 2) (16) 1.2 1.2.1 F – Die verskil tussen ʼn firma se totale inkomste en eksplisiete koste  1.2.2 I – Hulle werk in ʼn oligopoliemarkstruktuur.  1.2.3 E – Lank genoeg sodat alle faktorinsette gevarieerd kan wees.  1.2.4 A – Die koste per eenheid neem toe terwyl hoeveelhede wat geproduseer word, toeneem.  1.2.5 C – Firmas wat goedere en dienste in verskeie lande produseer  1.2.6 G – Aankoop van finansiële bates wat maklik omgeskakel kan word in kontant.  1.2.7 D – Internasionale ooreenkomste wat daarop gemik is om kweekhuisgasse te verminder  1.2.8 B – Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ʼn spesifieke area  (8 x 1) (8) 1.3 1.3.1 Wet van dalende marginale nut  1.3.2 Homogeen  1.3.3 Wins  1.3.4 Koolstofkrediete  1.3.5 Handelsblok  1.3.6 Aardverwarming  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) EKONOMIE V2 3 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van perfekte mededingers. • JSE  • Varsproduktemark  (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom gaan produsente voort om hul produksie te verhoog? • Hulle gaan voort om hul produksie te verhoog solank bykomende inkomste verdien uit die verkoop van ʼn bykomende eenheid groter is as die bykomende koste aangegaan vir die vervaardiging van die ekstra eenheid.  (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer die markstruktuur in die prent. • Onvolmaakte mark / Monopolie  (1) 2.2.2 Noem EEN kenmerk van die markstruktuur wat in VRAAG 2.2.1 geϊdentifiseer is. • Unieke produk met geen noue plaasvervanger nie  • Tegniese en allokatiewe ondoeltreffendheid  • Perfekte inligting  • Ekonomiese wins op die lange duur  • Afwaartse skuins vraagkurwe  • Slegs een verskaffer  • Geen mededinging  • Moeilike toegang tot mark  • Monopolis beheer prys  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term markstruktuur. • Markstruktuur verwys na die wyse waarop ʼn mark georganiseerd is.  (2) 2.2.4 Waarom is perfekte mededingers prysnemers? • Perfekte mededingers is prysnemers omdat daar baie verkopers in die mark is en ʼn enkele firma ʼn onbeduidende rol in die mark speel.  • Pryse word deur die markkragte van vraag en aanbod in die bedryf bepaal en ʼn individuele firma neem die prys wat in die bedryf bepaal word.  (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2024) 2.2.5 Hoe vind verbruikers baat by perfek mededingende ondernemings? • Verbruikers trek voordeel omdat daar baie verkopers is en hulle kan tussen verskillende verkopers kies.  • Verbruikers het ʼn voordeel om teen lae pryse te koop.  • Omdat daar baie verkopers is, verbeter die kwaliteit van die produkte wat in die mark verkoop word.  • Verbruikers word nie deur produsente uitgebuit, omdat hulle kan kies by watter produsent om te koop.  (2 x 2) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer die hoeveelheid wanneer die firma sy winste in die tabel hierbo maksimeer. • Hoeveelheid 4  (1) 2.3.2 Wat is die gemiddelde inkomste wanneer slegs een eenheid verkoop word? • R7  (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term marginale inkomste. • Marginale inkomste verwys na die bykomende of ekstra inkomste verdien uit die verkoop van een bykomende eenheid.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.3.4 Waarom is die gemiddelde vaste koste (GVK) -kromme afwaarts skuins van links na regs? • Gemiddelde vaste koste is afwaarts skuins omdat die vaste koste van die vervaardiging van ʼn enkele eenheid afneem soos meer eenhede vervaardig word.  (2) 2.3.5 Bereken die marginale koste vir hoeveelheid 4 met behulp van die inligting in die tabel hierbo. Toon ALLE berekeninge. Verandering in TK ÷ Verandering in H  8 – 10/4 – 3  – 2/1  –2 (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) EKONOMIE V2 5 2.4 Onderskei tussen rekeningkundige wins en ekonomiese wins. REKENINGKUNDIGE WINS EKONOMIESE WINS • Ook bekend as totale wins  • Dit is die ekstra wins wat die • Dit is die verskil tussen totale firma maak  inkomste uit verkope en totale • Is die wins wat die besigheid koste  maak bykomend tot normale • Rekeningkundige wins = Inkomste wins  minus eksplisiete koste  • Dit staan ook as surplus of (Maks. 4)oortollige of ekstra wins bekend  • Ekonomiese wins = inkomste minus eksplisiete koste plus implisiete koste  (Maks. 4) (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 4 punte vir blote lys van feite.) (Mak. 8) (4 x 2) (8) 2.5 Ontleed die rol van winste in ʼn besigheid. • Winste is noodsaaklik om besighede te motiveer, hulpbronnetoewysing te lei, aanmoediging van innovasie en die versekering van ekonomiese groei.  • Dit help die besigheid om voort te gaan om in die mark te bly bestaan, deur hul eksplisiete en implisiete koste te bereik.  • Besigheid werk met die doel om meer te verdien as wat belê is en wins is die oormaat van inkomste bo koste.  • Winste stel die besighede in staat om die finansiële sukses te meet en om groei moontlik te maak.  • Wins beïnvloed ook die toekenning van hulpbronne, dit is ʼn doeltreffendheidsaanwyser, en dit is ʼn beloning vir innovasie en vir risikoneming.  (Aanvaar enige korrekte en relevante antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 2 punte vir blote lys van feite.) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2024) VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van globalisering. • Handel  • Internasionalisering  • Regionalisering  • Belangrike infrastruktuur  (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe dra groen belasting by tot omgewingsvolhoubaarheid? • Groen belasting ontmoedig die gebruik van hulpbronne wat omgewingskade veroorsaak omdat dit tot ʼn toename in besoedeling lei.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer die tipe besoedeling in die spotprent hierbo. • Lugbesoedeling  (1) 3.2.2 Identifiseer die omgewingskwessie in die spotprent hierbo. • Groen omgewingskwessie  (1) 3.2.3 Beskryf die term besoedeling kortliks. • Besoedeling is die bekendstelling van kontaminante in die natuurlike omgewing wat nadelige verandering veroorsaak.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2.4 Hoe veroorsaak menslike aktiwiteite die agteruitgang van die omgewing? • Direkte en indirekte menslike aktiwiteit soos onttrekking van hulpbronne uit die natuur is ʼn belangrike oorsaak van die agteruitgang van die omgewing.  • Menslike aktiwiteit veroorsaak erosie van natuurlike omgewing deur die uitputting van hulpbronne, vernietiging van ekosisteme en die uitsterwing van dier- en plantspesies.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 1) (2) 3.2.5 Hoe kan produsente tot ekonomiese groei bydra en terselfdetyd die omgewing beskerm? • Produsente moet meer hernubare hulpbronne as nie- hernubare hulpbronne gebruik.  • Afvalwater wat deur nywerhede gegenereer word, moet herwin word om skoon water te produseer.  • Natuurlike hulpbronne moet versigtig gebruik word sodat ekonomiese groei en ekologiese bewaring saamgaan.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) EKONOMIE V2 7 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Identifiseer enige EEN handelsblok in die uittreksel hierbo. • Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied (AfKVHG)  • Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU)  (1) 3.3.2 Noem die organisasie wat handel tussen lande reguleer. • Wêreldhandelsorganisasie (WHO)  (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term vryehandel. • Vryehandel verwys na die vrye beweging van goedere en produksiefaktore tussen lande.  • Wanneer produsente en verbruikers vry is om goedere en dienste by enige plek in die wêreld sonder die inmenging van die regering te koop  (Aanvaar enige ander korrekte relevante beskrywing) (2) 3.3.4 Verduidelik die hoofdoel van die organisasie in VRAAG 3.3.2 genoem. • Die hoofdoel van die WHO is om sy lede te help om handel te gebruik as ʼn manier om lewenstandaarde te verhoog, werk te skep en mense se lewens te verbeter.  (2) 3.3.5 Ondersoek die positiewe impak van vryehandel op die Suid- Afrikaanse ekonomie. Vryehandel het: • verbruikers in staat gestel om toegang tot hoër gehalte goedere en lae pryse te verkry.  • toename in ekonomiese groei en help om die lewenstandaard te verbeter.  • verbeterde doeltreffendheid en innovasie in die produksie van goedere en dienste.  • mededinging en regverdigheid bevorder, wat lei tot meer werksgeleenthede geskep word.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die toekenning van eiendomsreg as ʼn maatreël om die omgewing te onderhou. • Die toekenning van eiendomsreg het ʼn bewaringseffek as mense sorg vir dinge wat aan hulle behoort.  • Gee mense eiendomsreg oor plante en diere om te verhoed dat hulle uitsterf.  • Plante en diere mag dan bewaar word teen minimum koste vir die belastingbetaler.  • Wanneer plaasboere eiendomsreg ontvang om op hulle plase te jag, sal hulle na die wild kyk en ook ʼn inkomste deur die toeriste wat die wild gaan bekyk, verdien.  • Dit is onprakties om privaat eiendomsreg op lug uit te brei  • Maar die beginsel van besoedelaars wat slagoffers betaal om besoedeling te verminder word soms deur regerings gevolg.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (ʼn Maksimum van 4 punte sal gegee word vir blote.) (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2024) 3.5 Ontleed die belangrikheid van die versorging van woude vir die ekonomie en die omgewing. Woude moet versorg word omdat: • mense is afhanklik van woude omdat woude suurstof genereer vir die lug wat hulle inasem.  • die hout word gebruik vir die vervaardiging van meubels, boeke en allerhande ander houtprodukte.  • hulle bied habitatte vir diere en bied waterskeidingsbeskerming  • hulle voorkom gronderosie en help om die omgewing te onderhou. √√ • hulle versag klimaatsverandering en bied bevorderlike toestande vir landbou-aktiwiteite.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir ʼn blote lys van feite/voorbeelde.) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) EKONOMIE V2 9 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 4.1.1 Noem enige TWEE metodes om die omgewing te beskerm. • Prysgebaseerde metode  • Markgebaseerde metode  • Gebruik van wette en regulasies  (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom is dit belangrik vir besighede om doelwitte te stel? • Die stel van doelwitte help die onderneming om die rigting wat dit sal neem, te kan definieer – doelwitte moet ooreenstem met die onderneming se missie- en visiestellings  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.21 Identifiseer die oorspronklike vraagkurwe in die motormark-grafiek hierbo. • 𝐕𝟏  (2 x 1) (1) 4.2.2 Watter mark verteenwoordig die faktormark in die grafiek hierbo. • Staalmark  (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term substituutprodukte • Substituutgoedere is goedere wat in die plek van ander goedere gebruik word wat voldoen aan dieselfde behoefte of begeerte.  (2) 4.2.4 Wat het ʼn verskuiwing van 𝐕𝟏 na 𝐕𝟐 in die staalbedryf veroorsaak? • Die toename in die vraag na motors het ʼn toename in die vraag na staal in die staalmark veroorsaak.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.2.5 Wat is die impak op die werknemers in die staalmark as die vraag na motors van 𝐕𝟏 na 𝐕𝟐 toeneem? • Indiensneming in die staalbedryf sal toeneem en daar sal meer geleenthede vir bevordering wees.  • Werknemers sal meer inkomste as gevolg van oortyd gewerk, verdien.  • Werknemers se lewenstandaard sal verbeter omdat hulle meer goedere en dienste sal kan koop.  (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2024) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer die jaar waarin stropery van renosters die hoogste was. • 2014  (1) 4.3.2 Wat is die hoofrede vir die stropery van renosters? • Renosterhorings  • Geld  (Enige EEN) (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term ekosisteem. • Ekosisteem is ʼn plaaslike groep onafhanklike organismes saam met die omgewing wat hulle bewoon en afhanglik van is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.3.4 Hoe kan die bewustheid van die belangrikheid van flora en fauna geskep word? • Om kinders en volwassenes meer bewus te maak van omgewingskwessies deur die media soos radio en televisie asook skoolbesoeke  • Die oprigting van gemeenskaps wild reservate as nasionale parke  • Organisering van velduitstappies en begeleide omgewingstoere  • Gebruik sosiale media soos Facebook, Twitter, Instagram en Tik-Tok om meer bewustheid te skep  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.3.5 Hoe beïnvloed klimaatsverandering die ekonomiese omgewing? • Verlies aan habitatte en biodiversiteit beïnvloed die toerisme sektor negatief omdat toeriste deur die skoonheid van die natuur en inheemse plante aangetrek word  • Die landbousektor word negatief geraak aangesien droë seisoene langer word en nat seisoene begin later.  • Die vervaardiging van hout neem af omdat woude heeltemal uitgewis kan word. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) EKONOMIE V2 11 4.4 Bespreek kortliks die verband tussen faktor- en produkmarkte. • Die faktormark is ʼn mark waar produksiefaktore soos natuurlike hulpbronne, arbeid, kapitaal en entrepreneursvaardighede gekoop en verkoop word.  • Produsente gebruik hierdie produksiefaktore om goedere en dienste te produseer wat in die produkmark gekoop en verkoop word, soos duursame, semi-duursame en nie-duursame verbruikersgoedere en dienste.  • Wanneer die vraag na ʼn sekere produk in die produkmark afneem, kan dit ook na ʼn afname in die vraag na faktore van produksie in die faktormark lei.  • As die aanbod van een produksiefaktor in die faktormark afneem, kan dit daartoe lei dat ondernemings minder produseer en dit sal prysstygings in die produkmark tot gevolg hê.  • Veranderinge in die faktormark sal veranderinge in die produkmark veroorsaak en omgekeerd, aangesien hierdie markte interafhanklik is.  (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (4 x 2) (8) 4.5 Watter probleme sal in die ekonomie ondervind word as nie-hernubare hulpbronne buitensporig verbruik word? Oormatige gebruik van hierdie hulpbronne sou: • Daartoe lei dat hulle uitgeput raak en die vervaardigingsektor negatief beinvloed  • Vermindering van die hoeveelheid voedselproduksie wat tot voedselonsekerheid kan lei  • Lei tot ʼn ernstige afname in ekonomiese aktiwiteit  • Dit lei tot afleggings en werksverliese in die ekonomie  • Veroorsaak oormatige lugbesoedeling as gevolg van die onttrekking van hierdie hulpbronne  • Veroorsaak suurreën wat tot aardverwarming lei  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite.) (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2024) AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg beoordeel word. VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE • Bespreek in detail die pryselastisiteit van vraag sonder die hulp van grafieke. (26 punte) • Waarom is die elastisiteit van vraag belangrik vir produsente? (10 punte) INLEIDING Pryselastisiteit van vraag meet hoeveel verbruikers reageer op ʼn verandering in die prys van ʼn produk / meet hoe sensitief die vraag van die produk vir ʼn verandering in die prys van die produk is / Pryselastisiteit van die vraag sal die sensitiwiteit van ʼn produk bepaal wanneer daar ʼn verandering in prys is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (2) LIGGAAM: HOOFGEDEELTE Perfek elastiese vraag  • Die kleinste prysverandering sal tot ʼn oneindige verandering in hoeveelheid wat gevra word, lei.  • Dit word ook na as oneindige elastisiteit verwys.  • Hierdie pryselastisiteit is gelyk aan oneindigheid.  • Produsente kan nie die prys verander nie, maar moet ander maniere vind om inkomste te verhoog.  Perfek onelastiese vraag  • Die vraag sal geen reaksie op enige of alle prysveranderings toon nie.  • Pryselastisiteit van vraag is nul.  • Die implikasie is dat ʼn verandering in prys geen verandering in die hoeveelheid wat verbruikers eis, sal veroorsaak nie.  • Produsente kan pryse verhoog om inkomste te verhoog aangesien die vraag nie sal verander nie.  Unitêre elastiese vraag  • Kom voor wanneer ʼn spesifieke verandering in prys presies dieselfde verandering in vraag veroorsaak.  • As die prys met 10% styg, sal die hoeveelheid wat gevra word met 10% styg.  • Die waarde van elastisiteit is gelyk aan 1.  • Produsente sal dalk ander metodes om inkomste te verhoog moet oorweeg.  Relatief onelasties  • Die waarde is minder as 1, maar meer as 0.  • Die vraag reageer nie baie op veranderinge in prys nie.  • Om inkomste te verbeter, verhoog slegs prys.  • Goedere en dienste met ʼn relatief onelastiese vraag is dinge soos sout, mediese sorg, tabakprodukte en petrol (brandstof).  • Hulle het almal ʼn elastisiteitskoëffisiënt van minder as 1, wat beteken dat die hoeveelheid wat gevra word nie baie sensitief is vir ʼn verandering in die prys nie.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) EKONOMIE V2 13 Relatief elasties  • Kom voor wanneer ʼn klein verandering in prys ʼn groot verandering in die hoeveelheid wat gevra word, veroorsaak.  • Pryselastisiteit is groter as een, maar minder as oneindig.  • Om inkomste te verbeter, moet pryse verlaag word.  (Maks. 26) BYKOMENDE DEEL Waarom is die elastisiteit van vraag belangrik vir produsente? • Dit sê vir ʼn produsent dat daar vir elke aksie ʼn reaksie is.  • Deur pryselastisiteit van vraag te bestudeer, kan ons voorspel wat die verandering in prys sal wees vir die produsente.  • Pryselastisiteit van vraag is nuttig om firmas te help besluit hoe om hul totale inkomste te verhoog  • Om sy totale inkomste te verhoog, kan die produsent die prys verhoog om meer inkomste per produk te kry;  en laat die prys daal om die hoeveelheid wat verkoop word, te verhoog.  • As die kopers sensitief is vir die prys (elastiese vraag), sal hulle meer koop as die prys daal,  dus moet die produsente die prys laat daal.  • As die kopers nie sensitief vir die prys (onelastiese vraag) is nie, sal hulle nie minder koop nie, al styg die prys,  dus moet die produsent die prys laat styg.  • Om verkope te verhoog, verhoog die prys wanneer die vraag onelasties is,  of laat die prys daal wanneer die vraag elasties is.  • Produsente wil weet hoe sensitief die markaanbod vir ʼn verandering in die prys van die produk is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde reaksie.) (ʼn Maksimum van 4 punte sal toegeken word vir blote notering/feite.) (Maks. 10) GEVOLGTREKKING Dit is belangrik dat produsente die kooppatrone van verbruikers bestudeer om dienoorkomstig te beplan.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde gevolgtrekking) (Maks. 2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
14 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2024) VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES • Bespreek in detail die oorsake van globalisering. (26 punte) • In watter opsig word Suid-Afrika negatief deur die Noord-Suid verdeling geraak? (10 punte) INLEIDING Globalisering is die proses van interaksie tussen die lande van die wêreld om hul ekonomieë en samelewings saam te bring om die wêreldekonomie te ontwikkel /globalisering is die interaksie en interkoppeling van ekonomieë vir doeleindes van handel.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (2) LIGGAAM: HOOFDEEL Oorsake van globalisering Handelsliberalisering/Vrymaking van die handel  • Handelsliberalisering is die verwydering of vermindering van handelshindernisse tussen lande, bv. invoerregte  • Die doel van handelsliberalisering was om internasionale handel te stimuleer  • Dit het na die Tweede Wêreldoorlog begin met die stigting van AOTH deur die Verenigde Nasies.  • AOTH-lede het onderhandel vir die opheffing van handelsbeperkings en hindernisse sowel as om metodes te vind om internasionale handel te verhoog.  • Hierdie rol is deur die WHO in 1994 oorgeneem.  • Die WHO verseker dat handelsooreenkomste tussen lande vereer word en tree as bemiddelaar in handelsgeskille op.  • Die verwydering van handelsbeperkings is daarop gemik om direkte buitelandse belegging aan te moedig om nywerhede verder te ontwikkel en verbruikers se koopkrag te verhoog.  • Die uitvloei van hierdie aksies was die vorming van uitvoerverwerking sones (EPZs) deur baie lande waarin geen handelstariewe gehef is nie.  • Deur handelsliberalisering het sommige lande vryehandelsgebiede VHG gevorm, waar ooreenkomste bereik is waardeur deelnemende lande alle handelshindernisse onderling op goedere / dienste wat verhandel word, verwyder.  • Die effek van ʼn VHG is dat die totale handelsvolume toegeneem het omdat lande kan spesialiseer in die produkte wat hulle die goedkoopste kan produseer.  Multinasionale ondernemings • Multinasionale ondernemings is maatskappye wat vervaardiging, diens en handelsbesighede in verskeie lande vestig.  • Multinasionale korporasies het ontwikkel omdat dit baie duur was om fabrieke tydens die industriële fase te vestig.  • In baie gevalle het besighede begin saamwerk en groot korporasies gevorm wat meestal gesamentlike aandelemaatskappye was wat deur aandeelhouers besit is.  • Hierdie multinasionale korporasies het skakels regoor die wêreld gebruik om hul markte uit te brei en massa hoeveelhede goedere te produseer.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) EKONOMIE V2 15 Kapitaalliberalisering  • Geld kan met spoed en gemak oor die wêreld beweeg word.  byvoorbeeld finansiering van nuwe tegnologie in ontwikkelende lande.  • Ontwikkeling van tegnologie en kunsmatige intelligensie  • Moderne tegnologie het die manier waarop produksie geïmplementeer word en hoe vervaardiging bestuur word, verander.  • Masjienleer het sagteware verbeter vir besighede om in staat te wees om verbruikersgedrag regoor die wêreld te voorspel.  Standaardisering  • Namate lande geïndustrialiseer geraak het, het ʼn groot hoeveelheid produkte die markte as gevolg van massaproduksie oorstroom.  • Dit het tot die ontwikkeling van massabemarkingstrukture gelei.  • Aspekte van massabemarking sluit in die ontwikkeling van massiewe winkels en massa-advertering wat groot gehore deur uitsaaitegnologie en gedrukte media kan bereik  byvoorbeeld Coca-Cola, Nike, ens.  Skaarste aan hulpbronne  • Wêreldhandel verwys na die koop van goedere en dienste deur regerings, maatskappye en individue regoor die wêreld.  • Die rede vir wêreldhandel is skaarste aan hulpbronne en produkte.  • Geen land het al die goedere wat hy nodig het nie, en ook kan een land nie alles produseer wat dit nodig het nie.  Ontwikkeling van vervoer  • Nuwe tegnologieë wat op die gebied van vervoer ontwikkel is, insluitend moderne infrastruktuur soos snelweë wat lande verbind, vervoernetwerke en vinnige vervoermiddels per see, lug en land.  • Hawens en lughawens het groter geword met meer kapasiteit om verskillende lande met mekaar te verbind.  Ontwikkeling van tegnologiestelsels  • Die ontwikkeling van kommunikasietegnologie het lande in staat gestel om oor die hele wêreld verbind te word.  • Sommige van hierdie ontwikkelings sluit in: selfone, rekenaars en die internet wat onmiddellike skakels na mense of besighede in enige land in die wêreld te plaas, om te praat, boodskappe te stuur en geld oor te dra.  • Die skakels word moontlik gemaak deur nuwe kommunikasietegnologie met behulp van landlyne, satelliete of onderwater kabelverbindings.  • Die spoed waarteen inligting oorgedra word, het aansienlik toegeneem.  • Radio, televisie en sosiale media kan nou inligting in ware tyd stuur  • Elektroniese finansieringsmarkte maak dit moontlik om geld maklik oor te dra.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 26) (26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
16 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2024) BYKOMENDE DEEL In watter opsig word Suid-Afrika negatief deur die Noord-Suid verdeling geraak? • Afhanklikheid van die primêre sektor – Suid-Afrika is steeds grootliks afhanklik van die primêre sektor as ʼn bron van inkomste / minerale word na Noordelike lande uitgevoer.  • Die lande in die Suide, insluitend Suid-Afrika, is steeds in sekere gebiede dig bevolk.  • Groot werkloosheidsvlakke – Suid-Afrika het ʼn groot groep jeugdiges wat werkloos is – selfs gegradueerdes kry nie maklik werk nie / gebrek aan fondse vir vaardighede.  • Lae lewensverwagtinge in die land – faktore soos TB / malaria / MIV en Vigs is groot probleme / onvoldoende gesondheidsorg, veral in landelike gebiede.  • Toenemende vlakke van armoede – ramings is dat 50% van die Suid-Afrikaanse bevolking in armoede is/ onvermoë van die regering om ekonomiese groei en BDI’s te skep.  • Gebrek aan ekonomiese groei en ontwikkeling – aspekte soos droogtes, korrupsie, wanbestuur en disinvestering is groot kommer.  • Lae geletterdheidsvlakke en hoërskool- en tersiêre uitvalsyfers – gebrek aan rigting, motivering, fondse, ens. is negatiewe faktore.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde reaksie.) (ʼn Maksimum van 4 punte sal vir blote notering/feite toegeken word.) (Maks. 10) (10) GEVOLGTREKKING Die wêreld het ʼn globale dorp geword en integrasie en handel is belangrik vir enige ekonomie om te groei. Alle lande moet teen mekaar meeding vir markaandeel en die ontwikkelende lande kan nie met die hoogs gesubsidieerde ontwikkelde lande se bedrywe meeding nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde gevolgtrekking) (Maks.2) (2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all