Skip to content

Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11202213 pages

Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 EKONOMIE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy. 7. Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae. 8. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde voldoen aan die kognitiewe vlakke van die vrae. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) 30 PUNTE − 20 MINUTE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D. 1.1.1 Om onakkuraatheid in die berekening van Bruto Binnelandse Produk te vermy, word slegs … ingesluit. A finale goedere en dienste B half-vervaardigde goedere en dienste C kapitaalgoedere en dienste D grondstowwe 1.1.2 In ʼn sentraal beplande ekonomie word alle probleme deur ... opgelos. A die buitelandse sektor B produsente C privaat individue D die regering 1.1.3 Die sekondêre sektor in SA, volgens nasionale rekeninge, bestaan uit die … industrie. A vervoer B elektrisiteit C kleinhandel D mynbou 1.1.4 Die lewenstandaard van ʼn bevolking word die beste beskryf deur die ... A per capita inkomste. B lae ekonomiese groei. C afname in uitgawes. D sekondêre onderwys. 1.1.5 Fiat-geld … A het intrinsieke waarde. B is Krugerrande. C het slegs waarde omdat dit algemeen as ʼn ruilmiddel aanvaar word. D is onwettig om te gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 1.1.6 In Suid-Afrika word die waarde van geld gestabiliseer deur die … A fiskale beleid van die tesourie. B monetêre beleid van die SARB. C Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsbeleid. D groei-, indiensnemings- en herverdelingsbeleid. 1.1.7 SANRAL is verantwoordelik vir die instandhouding van … in Suid- Afrika. A spoorwegnetwerke B nasionale paaie C hawens en lughawens D skoolgeboue 1.1.8 Die tersiêre sektor speel ʼn dominante rol in alle ... ekonomieë. A ontwikkelde B ontwikkelende C opkomende D gemengde (8 x 2) (16) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 5 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Markprys A dienste soos vervoer en kommunikasie 1.2.2 Maatskaplike B die grootste bedreiging vir werkers se dienste gesondheid in Suid-Afrika 1.2.3 Infrastruktuur C vryemark-ekonomie 1.2.4 Ontasbare D die huidige prys waarteen ʼn item of diens gekoop of verkoop kan word 1.2.5 Makro-ekonomie E ’n beleid wat daarop gemik is om die eienaarskap van landbougrond van swart- mense in die ekonomie te verhoog 1.2.6 Ekonomiese F onderwys, gesondheid en welsyn regressie/ agteruitgang 1.2.7 Grondherverdelings G dienste soos regs-, mediese en finansiële -program dienste 1.2.8 MIV/Vigs H ekonomiese aggregate I beweeg agteruit na ʼn minder ontwikkelde land (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die bedrag wat die werker elke dag, elke week of aan die einde van ʼn maand ontvang 1.3.2 Goedere wat gebruik of vernietig word in die proses om gebruik te word 1.3.3 Kom voor wanneer die kapitaalvoorraad teen dieselfde koers as die arbeidsmag groei 1.3.4 Plaaslike kennis wat eie is aan ʼn sekere kultuur of samelewing 1.3.5 Die prys wat ʼn lener moet betaal om op krediet te koop 1.3.6 BBP teen basiese pryse, plus belasting op produkte, minus subsidies op produkte (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 7 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE groepe gemarginaliseerde mense in die ekonomie. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom word intermediêre goedere en dienste uitgesluit wanneer die waarde van BBP bereken word? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Aangepas van google images] 2.2.1 Noem enige ander deelnemer in ʼn oop ekonomie. (1) 2.2.2 Dui die vloei aan wat deur goedere en dienste verteenwoordig word. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese kringloop. (2) 2.2.4 Verduidelik die interaksie tussen huishoudings en firmas. (2) 2.2.5 Hoe kan die sakesektor meer positief tot die ekonomie bydra? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VRAAG NA NATUURLIKE HULPBRONNE (grond) [Aangepas uit google images] 2.3.1 Noem ʼn voorbeeld van ʼn nie-hernubare hulpbron. (1) 2.3.2 Wat is die belangrikheid van natuurlike hulpbronne vir die ekonomie? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term natuurlike hulpbron. (2) 2.3.4 Verduidelik die verband tussen die skaarste aan grond en huur. (2) 2.3.5 Teken die grafiek oor in jou ANTWOORDEBOEK en wys wat sal gebeur met die prys van grond (huur) as daar ʼn verhoging in die vraag na grond is. (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek die kenmerke van ʼn markekonomie. (4 x 2) (8) 2.5 Hoe verseker Swart Ekonomiese Bemagtiging gemeenskapsdeelname in Suid-Afrika? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 9 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE komponente van die monetêre stelsel in Suid- Afrika. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe verskil rykdom van inkomste? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GINI-KOEFFISIËN IN SUID-AFRIKA 2006–2015 Die Gini-koëffisiënt in Suid-Afrika was 0,65 punte in 2015; met minder ongelykheid in inkomste binne die landelike gebiede van die mees suidelike land van Afrika. ʼn Ideale situasie is een waarin inkomste perfek versprei is met die gelyke nul. Suid-Afrika het die wêreld se hoogste ongelykheid in inkomsteverspreiding gehad [Bron: StatsSA] 3.2.1 Noem die indeks wat die persentasie van die bevolking beskryf wat onder die armoede grensinkomste leef. (1) 3.2.2 Dui aan wat ʼn Gini-koëffisiënt van een beteken. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term Gini-koëffisiënt. (2) 3.2.4 Verduidelik die verhouding tussen die Lorenz-kromme en die Gini- koëffisiënt. (2) 3.2.5 Hoe kan die regering ongelykheid in inkomsteverspreiding verminder? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 3.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. SENTRALE BANK IN SUID- AFRIKA Die Sentrale Bank gebruik die monetêre beleidsinstrumente om die vlak van inflasie te beïnvloed. Veranderinge in die repokoers raak die breër ekonomie. Die Nasionale Tesourie stel in oorleg met die sentrale bank die inflasieteiken vas, wat as maatstaf dien waarteen prysstabiliteit gemeet word. [Aangepas uit resbank.co.za] 3.3.1 Noem enige funksie van die Suid-Afrikaanse Reserwebank. (1) 3.3.2 Noem die inflasieteiken-gebied in Suid-Afrika. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term terugkoopkoers (repo). (2) 3.3.4 Verduidelik die rol van die SARB wanneer bankmislukking plaasvind. (2) 3.3.5 Hoe kan Suid-Afrika se monetêre beleid tot ʼn hoër ekonomiese groeikoers bydra? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks ruilmiddel en rekeneenheid as funksies van geld. (4 x 2) (8) 3.5 Ontleed die voordele van mikro-finansiering in die ekonomie. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 11 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE bronne van rykdom. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe sal ʼn verhoging in rentekoerse verbruikersbesteding beïnvloed? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: https://marketbusinessnews.com] 4.2.1 Noem ʼn voorbeeld van kapitaalgoedere. (1) 4.2.2 Dui die vergoeding vir kapitaal aan. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term kapitaalvorming. (2) 4.2.4 Dui die belangrikheid van besparings aan vir die skepping van kapitaalgoedere. (2) 4.2.5 Waarom is kapitaalvorming belangrik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022) 4.3 Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE REËLE BBP-GROEIKOERS [Aangepas en vertaal uit tradingeconomics.com] 4.3.1 Identifiseer die tydperk waarin groei in reële BBP die laagste is. (1) 4.3.2 Noem ʼn ekonomiese aanwyser wat gebruik word om ekonomiese groei te meet. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese groei. (2) 4.3.4 Verduidelik faktore wat tot verhoogde ekonomiese groei kan lei. (2) 4.3.5 Waarom ervaar Suid-Afrika lae ekonomiese groeikoersvlakke? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kredietkaarte en elektroniese fondsoorplasings as maniere om betalings te maak. (8) 4.5 Evalueer die Suid-Afrikaanse regering se doeltreffendheid in die lewering van sosio-ekonomiese dienste. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 13 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord. • ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf. • Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE. Maks. 2 • Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE. • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Maks. 26 Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer ʼn Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word. Maks. 10 Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot • Die slot is ʼn samevatting van die bespreking van die onderwerp en behoort as ’n hoërorde-antwoord beskou te word. • Die slot kan die vorm aanneem van ʼn eie mening, voorbeelde om jou bespreking te ondersteun of ʼn teenstrydige sienswyse van wat bespreek is. Maks. 2 • Geen aspek van die inleiding of die slot mag in die inhoud ingesluit word nie. TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die ekonomiese belangrikheid van die primêre sektor. (26 punte) • Ontleed die negatiewe impak van die globale pandemie (Covid-19) op die ekonomiese struktuur in Suid-Afrika. (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die kenmerke van ontwikkelende lande in detail. (26 punte) • Hoe beoog die Nasionale Ontwikkelingsplan om ekonomiese te verhoog groei en ontwikkeling in Suid-Afrika? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all