Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2018
GRAAD 11
EKONOMIE
VRAESTEL 1
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
12 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2018 papers %20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a/v1-2bd0c5915023c7f66cee/card.webp)
%20%20November%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676/v1-0909dc7bc84ae94600fe/card.webp)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f/v1-119e7c2a8c8fe00ddddf/card.webp)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)

View all

_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)


Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2018 QP (Afr)
Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 827.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Gauteng November 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
2
(Vraestel 1) GRAAD 11
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
(Vraestel 1)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende deeglik voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord ENIGE TWEE van die DRIE vrae.
AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
3. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur.
5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
6. Laat 2 – ree ls tussen onderafdelings van vrae oop.
7. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en konteks
van jou antwoorde in ooreenstemming is met die kognitiewe vereistes van die vrae.
8. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
3
(Vraestel 1) GRAAD 11
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende
vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.1.1 Die grootte van die ekonomiese sektore word gemeet in terme van
hulle bydraes tot die …
A BBP.
B BBI.
C BNP.
D GPS.
1.1.2 Besluitneming in ʼn markekonomie is …
A gekonsentreerd.
B gedesentraliseerd.
C outokraties.
D gesentraliseerd.
1.1.3 Die koers waarteen kapitaalvorming plaasvind dui op
ekonomiese …
A transformasie.
B demokratisering.
C ontwikkeling.
D gelykheid.
1.1.4 Die telekommunikasie regulatoriese owerheid van Suid-Afrika is ...
A IDASA.
B ICASA.
C SABC.
D NAPTOSA.
1.1.5 Die Reserwebank gebruik die … beleid om groei in die geld
voorraad te beïnvloed.
A fiskale
B begroting
C vraag en aanbod
D monetêre
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
4
(Vraestel 1) GRAAD 11
1.1.6 Die lewensstandaard van ʼn bevolking word die beste beskryf
deur ...
A per kapita inkome.
B lae ekonomiese groei.
C daling in uitgawes.
D sekondêre opvoeding.
1.1.7 Die landswye staatsingryping om werksgeleenthede te skep vir
armes en weerlose mense staan bekend as …
A Industriële beleidsaksieplan.
B Regstellende aksie.
C Uitgebreide openbare werkeprogram.
D Swart ekonomiese bemagtiging.
1.1.8 Die hoofdoelwit van NEPAD is om ...
A oorloë te stop.
B te stem gedurende verkiesings.
C armoede uit te wis.
D protes optogte te ondersteun. (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B om by ʼn item in KOLOM A te pas. Skryf slegs die
letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Produksiefaktore A ʼn handelsooreenkoms tussen ʼn groep
ontluikende markte
1.2.2 Makroekonomie
B opleiding en gesondheid
1.2.3 Markekonomie
C weerspieël die demografiese en
1.2.4 Vervoer infrastruktuur geslagsamestelling van ʼn land
1.2.5 BRICS D ekonomiese somtotale
1.2.6 Gelyke indiensname E die ekonomiese stelsel wat in Suid-Afrika
gebruik word
1.2.7 Privatisering
F verkeersligte en spoorlyne
1.2.8 Sosiale aanduiders
G insette in die produksieproses
H verkoop van staatsbeheerde
ondernemings aan privaat eienaars
I basiese ekonomiese probleme word deur
markkragte opgelos
(8 x 1) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
5
(Vraestel 1) GRAAD 11
1.3 Identifiseer die term wat beskryf word deur elk van die volgende stelling.
Skryf slegs die term langs die vraag nommer (1.3.1 – 1.3.6) in die
ANTWOORDBOEK neer. (Geen afkortings en akronieme mag gebruik
word nie.)
1.3.1 Die somtotaal van uitgawes op goedere en dienste deur inwoners
van ʼn land
1.3.2 Die eienaars van produksiefaktore
1.3.3 Die sektor wat die grootste bydrae lewer tot die BBP in Suid-Afrika
en baie werksgeleenthede skep
1.3.4 Kennis wat uniek is tot ʼn spesifieke kultuur of gemeenskap
1.3.5 Die indeks wat die ongelykheid in inkomste bereken
1.3.6 Die prys wat die lener vir kredietaankope betaal (6 x 1) (6)
AFDELING A: [30]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
6
(Vraestel 1) GRAAD 11
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in jou antwoordboek.
VRAAG 2: MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van Parastatale (SBO’s). (2 x 1) (2)
2.1.2 Watter invloed het ʼn verhoging in rentekoerse op armes? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
UITTOG VAN KOMMERSIËLE BOERE ’N BEDREIGING
VIR SUID-AFRIKA SE VOEDSELSEKERHEID
Landboudeskundiges waarsku dat die landbousektor in Suid-Afrika in die
moeilikheid is en het ʼn versoek tot die regering gerig om op te tree om
kommersiële boere te keer om die land te verlaat. Tans verlaat een suiwelboer
die bedryf elke week omdat hulle nie geld maak nie. Hulle het hoëkoste-
produsente geword.
Suid-Afrika as ʼn land begin al hoe meer invoer. Die langtermyn gevolg is dat
voedsel duurder gaan wees. Die armes sal swaarkry, omdat hulle 40 – 50 %
van hul inkomste op voedsel spandeer. Op ʼn tydstip waar voedselsekerheid ʼn
groot kwessie in die wêreld is, is dit sekerlik ʼn probleem dat Suid-Afrikaanse
boere die land verlaat.
[Aangepas uit Sunday Times (Sipho Masondo)]
2.2.1 Gee EEN voorbeeld van ʼn insetkoste vir suiwelboere in Suid-Afrika. (1)
2.2.2 Noem ʼn negatiewe effek wat die uittog van boere op die verbruiker
sal hê. (1)
2.2.3 Verduidelik kortliks die konsep kommersiële boerdery. (2)
2.2.4 Verduidelik kortliks die primêre sektor. (2)
2.2.5 Waarom is die uittog van kommersiële boere ʼn bedreiging vir Suid-
Afrika se ekonomie? (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
7
(Vraestel 1) GRAAD 11
2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRUTO TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW) VOLGENS EKONOMIESE
AKTIWITEIT
Teen Heersende pryse 2016 Teen Konstante pryse 2016
(Rm) (Rm)
Primêre Sektor 398 770 Primêre Sektor 291 143
Sekondêre Sektor 815 816 Sekondêre Sektor 556 935
Tersiêre Sektor 2 654 870 Tersiêre Sektor 1 945 596
BTW teen Basiese pryse 3 869 456 BTW teen Basiese pryse 2 793 674
[Aangepas uit: SARB Quarterly Bulletin, Maart 2017]
2.3.1 Watter metode word gebruik in die berekening van die Bruto
Toegevoegde waarde (BTW) in die bostaande tabel. (1)
2.3.2 Watter jaar word huidiglik gebruik as basisjaar deur die SARB? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks Bruto Toegevoegde Waarde. (2)
2.3.4 Verduidelik kortliks die term Bruto Nasionale Produk (BNP). (2)
2.3.5 Onderskei tussen BBP teen heersende pryse en BBP teen
konstante pryse. (2 x 2) (4)
2.4 Onderskei tussen geld kapitaal en reële kapitaal. (2 x 4) (8)
2.5 Waarom verkies die meeste lande ʼn gemengde ekonomiese stelsel? (8)
[40]
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE ekonomiese aanwysers wat gebruik word om Suid-
Afrika te vergelyk met die res van Afrika. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan tegnologie ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika versnel?
(1 x 2) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
8
(Vraestel 1) GRAAD 11
3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LEWENSVERWAGTING TENDENSE IN AFRIKA
Afrika-maand – as kontinent vier ons dit, vanaf Ras ben Sakka in Tunisië tot
in Kaap Agulhas in Suid-Afrika
Lewensverwagting het met meer as 20% verbeter in verskeie lande tussen
2000 en 2016, volgens syfers deur die Werêldbank. Baie hiervan is as gevolg
van meer bekostigbare medikasie en die beskikbaarheid van antiretrovirale
middels.
LEWENSVERWAGTING LEWENSVERWAGTING
JAAR BY GEBOORTE BY GEBOORTE MET
SONDER HIV/VIGS HIV/VIGS
2014 65,5 52,1
2015 66,3 56,0
2016 67,9 58,7
2017 67,1 61,2
[Aangepas uit bron: www.statssa.gov.za /Public Sector Manager – Mei 2017]
3.2.1 Noem die tipe aanwyser waaronder lewensverwagting geklassifiseer
word. (1)
3.2.2 Gee EEN rede vir lae lewensverwagtingsvlakke in Afrika. (1)
3.2.3 Verduidelik die term lewensverwagting. (2)
3.2.4 Watter effek sal MIV / VIGS hê op produktiwiteitsvlakke? (2)
3.2.5 Evalueer die faktore wat die verandering in lewensverwagting van
52,1 jaar tot 61,2 jaar teweeg gebring? (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
9
(Vraestel 1) GRAAD 11
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PLATTELANDSE-STEDELIKE MIGRASIE
RESULTAAT VAN TREK- EN DRUKFAKTORE
Die proses van verstedeliking word gekoppel aan vlakke van ontwikkeling in
terme van behuising, familie groottes en hoe mense lewe in ʼn land.
Alhoewel daar geglo word dat verstedeliking tot beter lewensomstandighede
lei, is dit nie altyd die geval nie. In baie gevalle is dit makliker vir plattelandse
inwoners om in hul basiese behoeftes te voorsien.
[Aangepas uit bron: Google images.com]
3.3.1 Noem EEN positiewe effek van plattelandse-stedelike migrasie. (1)
3.3.2 Gee EEN woord vir plattelandse-stedelike migrasie. (1)
3.3.3 Watter drukfaktor veroorsaak Xenofobië in groot stede? (2)
3.3.4 Waarom is dit nie altyd die geval dat verstedeliking tot beter lewens-
omstandighede lei nie? (2)
3.3.5 Wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om die migrasie van die
platteland na stede te voorkom? (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek geld as ruilmiddel en waardedraer. (2 x 4) (8)
3.5 Evalueer die effektiwiteit van onderwys in terme van dienslewering. (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
10
(Vraestel 1) GRAAD 11
VRAAG 4: MAKROEKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE– 30 MINUTE
4.1 Antwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE metodes wat gebruik word in die berekening van die
nasionale inkome syfers. (2 x 1) (2)
4.1.2 Wat is die rol van die Gini-koëffisient? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
SA het ʼn eetlus vir kitskos
Vergeet Duitse motors en luukse horlosies, want kits-kos verbruik kan die
mees betroubare aanduider wees van welvaart van die Suid-Afrikaanse
middelklas.
Annabel Bishop, hoof ekonoom van Investec het onlangs gesê dat reële
inkomste per persoon besig is om te krimp. Die Bruto Nasionale Inkome het
afgeneem, nie as gevolg van inflasie nie, maar ekonomiese aktiwiteite het
verlangsaam. Besigheidsvertroue is laag en werkloosheid bly in die omgewing
van 25%. Hoekom is dit dan dat verbruik van kitskosse steeds toeneem?
Volgens Insig navorsing, is een van die redes die toename van vroue in die
arbeidsmag. Dit beteken meer dubbel-inkomste-huishoudings- en hoër
besteebare inkomste. Volgens BMI is Suid-Afrika ook ʼn tipiese “hoë vleis-
verbruiker” en ʼn “sterk uit-eet kultuur”, waarvan beide drywende faktore is vir
kitskosondernemings.
[Aangepas uit Bron: mg.co.za/business]
4.2.1 Noem EEN voorbeeld van nie-duursame goedere in die kitskos
industrie. (1)
4.2.2 Wat dra by tot die groei in kitskos verbruik in Suid-Afrika? (1)
4.2.3 Watter invloed san ʼn hoër besteebare inkomste hê op produksie? (2)
4.2.4 Verduidelik kortliks BNI (Bruto Nasionale Inkome). (2)
4.2.5 Verduidelik TWEE ekonomiese aktiwiteite wat plaasvind tydens die
inkrimpingsfase van die ekonomie. (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
11
(Vraestel 1) GRAAD 11
4.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Grondhervorming – ʼn pillaar vir radikale ekonomiese transformasie
Maleshoane Mokhochane-Moeti, ʼn bees en saaiboer van Wesselsbron
in die Vrystaat, sê Operasie Phakisa (Maak gou in Sesotho) is die
antwoord op die groei van die landbou-ekonomie. Sy het land bekom
deur die grondherverdelingsprogram in 2005 en dit was waar haar liefde
vir landbou ontstaan het. Sy sê dat, as ʼn swart vrou, is dit ʼn eer om deel
van die bekendstellingprogram te wees.
Gedurende die bekendstelling, het die Departement van Landboukunde,
Bosbou en Visserye, ʼn ooreenkoms met China aangegaan. “Die
ooreenkoms sal die uitvoer van Suid-Afrikaanse beesvleis na China
uitbrei en meer geleenthede vir swart kleinveeboere in Suid-Afrika tot
die Chinese mark bied.”
[Bron: Public Sector Manager – Mei 2017]
4.3.1 Gee EEN voorbeelde van saaiboere. (1)
4.3.2 Watter handelsooreenkoms is Suid-Afrika en China deel van? (1)
4.3.3 Hoe kan die armes deur grondhervorming bevoordeel word? (2)
4.3.4 Verduidelik kortliks die belangrikste fokus area van Operasie
Phakisa. (2)
4.3.5 Onderskei tussen landredistribusie en landrestitusie. (2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik metodes wat gebruik kan word om welvaart te skep, deur te
spaar. (4 x 2) (8)
4.5 Hoe kan die regering se verkrygingsbeleid die gemarginaliseerde inwoners
van Suid-Afrika bevoordeel? (8)
[40]
AFDELING B: [80]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
12
(Vraestel 1) GRAAD 11
AFDELING C
Beantwoord slegs EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal as volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding Maks. (2)
Liggaam
Hoofgedeelte:Bespreek in besonderhede / in-dieptebespreking /
Maks. (26)
ondersoek / bespreek krities / ontleed / analiseer / vergelyk /
evalueer / onderskei / verduidelik / assesseer / debatteer
Addisionele gedeelte
Gee eie mening / bespreek krities / evalueer / evalueer krities /
teken ʼn grafiek en verduidelik / gebruik die gegewe grafiek en
Maks. (10)
verduidelik / voltooi die gegewe grafiek / bereken / lei af / vergelyk /
verduidelik / onderskei / interpreteer / debatteer kortliks / voorstelle
Slot / samevatting:
Enige hoërorde samevatting behoort die volgende te bevat:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige
genoemde feite te herhaal
Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feit
Maks. (2)
Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking /
analise te versterk
ʼn Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis
Aanbevelings / voorstelle
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die ekonomiese belangrikheid van infrastruktuur in Suid-Afrika. (26)
Hoe kan ons die waterkrisis in Suid-Afrika oplos? (10)
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die karaktereienskappe van ontwikkelende lande. (26)
Evalueer inkome ongelykheid met behulp van ʼn grafiek. (10)
AFDELING C: [40]
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a/v1-2bd0c5915023c7f66cee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2022 QP (Afr)
%20%20November%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676/v1-0909dc7bc84ae94600fe/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2016 QP (Afr)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2015 QP (Afr)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f/v1-119e7c2a8c8fe00ddddf/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)
More from Grade 11 Economics

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Mpumalanga June 2024 Memo

Memorandum