Skip to content

Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2015 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11201512 pages

Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN 2015 GRAAD 11 EKONOMIE VRAESTEL 1 PUNTE :150 TYD : 2 uur 12 Bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 VRAESTEL 1 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE VRAESTEL 1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende versigtig voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK. • AFDELING A: VERPLIGTEND • AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. • AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 3. Skryf die nommer van elke vraag bokant die antwoord. 4. Lees die vrae noukeurig en begin elke vraag op ʼn NUWE BLADSY. 5. Los lyne oop tussen onderafdelings van vrae, bv tussen 6.1 en 6.2 6. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoord voldoen aan die kognitiewe vereistes van die vrae. 7. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde meer as die vereiste hoeveelheid sal NIE nagesien word NIE. 8. Gebruik slegs swart of blou ink. 9. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 VRAESTEL 1 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde verskaf vir die volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – C) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK. 1.1.1 Ekonomiese goedere behels die goedere wat … A vry en volop is. B vereis dat die verbruiker ʼn prys daarvoor betaal. C noodsaaklike goedere en dienste is. 1.1.2 Die primêre sektor van die Suid Afrikaanse ekonomie is … A die grootste. B klein omdat ons ʼn tekort aan basiese grondstowwe het. C afnemend ten opsigte van die belangrikheid tot die BBP. 1.1.3 In ʼn sentraal-beplande ekonomie is … A besluitneming gedesentraliseerd. B die produksiefaktore in privaatbesit. C privaat inisiatief en vryheid van keuse beperk. 1.1.4 Die gereelde betaling aan die eienaar of grondeienaar vir die reg om eiendom to beset of die eiendom te gebruik word … genoem. A uitgawes B netto inkomste C huur 1.1.5 Die Menslike Ontwikkelingsindeks (MOI) bepaal die vlak van ekonomiese … van alle lande in die wêreld. A ontwikkeling B groei C belangrikheid 1.1.6 Watter EEN van die volgende transaksies kan nie by ʼn kitsbank plaasvind nie? A deponering van munte B kontantonttrekkings C inter-rekening oordragte b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 VRAESTEL 1 1.1.7 Die waarde van die geldeenheid in Suid-Afrika word gestabiliseer deur … A die fiskale beleid van die tesourie. B die monetêre beleid van die SARB. C die Nuwe Ekonomiese Groei Rigting. 1.1.8 Die totale geldaanbod in die ekonomie is bekend as … A M2. B M3. C M1. (8x2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat pas by die item in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A-I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Geografiese A Masjinerie en toerusting vervang mense in mobiliteit die produksieproses 1.2.2 Kapitaal-intensief B Begrotingsbesteding oorskry inkomste C Die koers waarteen een geldeenheid 1.2.3 Likwiditeit teenoor ʼn ander verwissel word D ʼn Groep van twee of meer lande wat 1.2.4 Tekort dieselfde geldeenheid gebruik E Die beweging van produksiefaktore vanaf 1.2.5 ʼn Gemeenskaplike een gebied na ʼn ander Monetêre Area (GMA) F Die spoed waarteen geld in kontant omskep kan word 1.2.6 Aandele G Gedeeltelike eienaarskap in ʼn onderneming en die eienaar toelaat om 1.2.7 Inheemse kennis aan winsdeling deel te neem wanneer dividende verklaar word 1.2.8 Bevolkingsgroei H Die verandering in die aantal mense van ʼn land oor ʼn tydperk I Die plaaslike kennis wat uniek is tot ʼn gegewe kultuur of samelewing (8x1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 VRAESTEL 1 1.3 Identifiseer die konsep wat in elk van die volgende stellings beskryf word. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK. 1.3.1 Die studie betrokke by die gedrag van individuele verbruikers, huishoudings of firma’s 1.3.2 Die waarde van die produksiefaktore wat aan mense en verbruikers behoort 1.3.3 Die laagste koers waarteen ʼn bank geld uitleen aan sy beste kliënte 1.3.4 Die verskil tussen die waarde van goedere geproduseer en die insetkoste wat gedurende die verskillende produksiefases gebruik word 1.3.5 Die toestand waar daar ʼn onderaanbod van iets is, of nie geredelik beskikbaar is nie 1.3.6 Om grond aan mense terug te besorg van wie dit onder dwang weggeneem is (6x1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 VRAESTEL 1 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2 MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae: 2.1.1 Noem TWEE kategorieë van natuurlike hulpbronne. (2x1) (2) 2.1.2 Hoekom verdien werkers wat oor skaars vaardighede beskik hoër lone? (1x2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. Die arbeids produktiwiteitsgaping Salaris verhogings Inflasievlakke INFLASIE TEENOOR SALARIS STYGINGS Bron: Statsa 2.2.1 Gedurende watter jare was inflasievlakke hoër as salarisvlakke? (1x2) (2) 2.2.2 Wat is arbeids-produktiwiteits gaping? (2) 2.2.3 Noem ʼn rede waarom salarisverhogings hoër was as inflasie tussen 2009 en 2011. (2) 2.2.4 In jou opinie, wat is die gevolge wanneer salarisverhogings aanpassings vinniger is as inflasie. (2x2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 VRAESTEL 1 2.3 Bestudeer die inligting in die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. Die markstelsel is soos ʼn onsigbare hand Sonder ʼn konstante vloei van goedere in en uit ʼn stad, sal dit binne ʼn week op die rand van hongersnood wees. ʼn Groot verskeidenheid van die regte tipe en hoeveelheid voedsel is nodig. Die vraag is hoe mense elke aand rustig kan slaap sonder die vrees dat die delikate ekonomiese prosesse waarvan die stad afhanklik is kan ingee? Al die bogenoemde word bereik sonder enige dwang of gesentraliseerde aanwysers deur enige iemand. Ekonomiese lewe begin sonder direkte regerings-aanwysers. Honderde of duisende kommoditeite word deur miljoene mense vervaardig, maar sonder enige meesterplan. Die markekonomie met al sy onvolmaakthede is inderdaad ʼn wondervolle ding. Die drie sentrale vrae, Wat? Hoe? En Vir Wie? word opgelos deur ʼn onsigbare mag, waarna Adam Smith verwys as ʼn onsigbare hand. Aangepas Vanaf Ekonomie deur by P. Samuelson 2.3.1 Watter ekonomiese stelsel word in die uittreksel geïllustreer? (1) 2.3.2 Noem enige ander ekonomiese stelsel. (1) 2.3.3 Wat beteken gesentraliseerde rigting? (4) 2.3.4 Waarom beskryf Adam Smith die ekonomiese proses as ʼn “onsigbare hand”? (2x2) (4) 2.4 Onderskei tussen reële beleggings en finansiële beleggings. (2x4) (8) 2.5 Bespreek die hoofredes vir privatisering. (4x2) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 VRAESTEL 1 VRAAG 3 EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE bronne vir welvaartskepping. (2x1) (2) 3.1.2 Hoe sal die geldvoorraad beïnvloed word indien die SARB staatseffekte op die opemark verkoop? (1x2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. Kwintiel Kumulatiewe % van huishoudings Kumulatiewe % of inkomste 1 20 10 2 40 25 3 60 45 4 80 65 5 100 100 3.2.1 Definieer die konsep Lorenz kurwe. (2) 3.2.2 Wat is die aanwysers van die Gini-koëffisiënt? (2) 3.2.3 Gebruik die inligting in die tabel om die Lorenz-kurwe te trek. (6) 3.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord dan die vrae wat volg. 2015 – die jaar waarin die SAOG integrasie versterk moet word By ʼn Buitengewone Konvensie van SAOG leiers sal die besprekingspunt handel oor hoe die streek se nywerheidsvermoë verbeter kan word, dit poog om weg te beweeg vanaf ʼn ekonomiese rigting wat slegs fokus op verbruik en kommoditeits-uitvoere, na ʼn volhoubare ontwikkelings-rigting, gebaseer op waarde-toevoeging en ekonomiese voordele. Nywerheidsontwikkeling word lankal beskryf as een van die hoof dryfvere vir streeks- integrasie in die SAOG, soos dit die diversifikasie van ekonomieë voorstaan, asook die ontwikkeling van produksievermoë, die skepping van werk en om armoede te verlig. Bron: Aangepas uit: SANF 15 nr 1. Jan 2015 3.3.1 Waarvoor staan die afkorting SAOG? (2) 3.3.2 Noem enige TWEE ander lidlande van SAOG. (1x2) (2) 3.3.3 Volgens die uittreksel, hoe kan ʼn land sy nywerheidsvermoë onder die SAOG verbeter? (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 VRAESTEL 1 3.3.4 Hoekom kan nywerheidsontwikkeling beskou word as die dryfveer vir streeksontwikkeling? (4) 3.4 Differensieer tussen ʼn ontwikkelende ekonomie en ontwikkelde ekonomie. (2x4) (8) 3.5 Evalueer gratis basiese huishoudelike dienste wat deur plaaslike owerhede verskaf word. (4x2) (8) [40] VRAAG 4 MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE groepe van mense wat in Suid-Afrika gemarginaliseerd is. (2x1) (2) 4.1.2 Hoe sal die prys van ᾽n produk die winste van ʼn entrepreneur beïnvloed? (1x2) (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. Finale verbruikersbesteding deur huishoudings (Teen konstante 2010 pryse)(R miljoene) 2012 2013 2014 Duursame goedere: 175 319 191 062 201 145 Meubels, huishoudelike toestelle, 28 535 30 157 31 806 ens. Persoonlike vervoertoerusting 104 908 115 950 121 713 Rekenaars en verwante toerusting 7 805 9 055 10 290 Ontspannings- en vermaaksgoedere 24 835 25 972 27 023 Ander duursame goedere 9 236 9 928 10 313 Semi-duursame goedere: 149 519 157 441 162 412 Klerasie en skoene 87 941 92 359 95 430 Huishoudelike tekstiele, stofferings, 24 265 25 865 26 978 glasware, ens. Motorbande, onderdele en toebehore 15 744 16 287 16 321 Ontspannings- en vermaaksgoedere 11 031 11 710 11 953 Diverse goedere 10 538 11 220 11 730 Bron: SARB Kwartaalverslag (Junie 2015) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 VRAESTEL 1 4.2.1 Definieer duursame goedere. (2) 4.2.2 Op watter kategorie van die duursame goedere spandeer huishoudings die meeste van hulle inkomste in 2014? (2) 4.2.3 Verduidelik wat “teen konstante pryse” beteken. (2) 4.2.4 Beskryf die tendens in die klerasie en skoenkategorie oor die tydperk sedert 2012? Motiveer jou antwoord. (2x2) (4) 4.3 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg. RIKA VIGS HONGERTE Bron: ‘Internet economics cartoon’ 4.3.1 Noem TWEE redes hoekom Afrika, volgens die spotprent, deur armoede geteister word? (2) 4.3.2 Definieer die konsep armoede. (2) 4.3.3 Wat is ʼn armoedegaping? (2) 4.3.4 Verduidelik hoe sosiale toelae gebruik word om armoede in Suid- Afrika te verlig. (2x2) (4) 4.4 Onderskei tussen finansiële banke en mikro-leners. (2x4) (8) 4.5 Bespreek die oogmerke van GEAR. (4x2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 VRAESTEL 1 AFDELING C Beantwoord EEN van die volgende vrae uit die afdeling in die ANTWOORDBOEK. STRUKTUUR VAN OPSTEL: PUNTE TOEKENNING: Inleiding Maks. 2 Body: Hoofgedeelte: Bespreek breedvoerig/in-diepte bespreking/ ondersoek/bespreek krities/vergelyk/ontleed/evalueer/ Maks. 26 onderskei/differensieer/verduidelik/assesseer/debateer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/bespreek krities/ evalueer/evalueer krities/teken ᾽n grafiek en verduidelik/ gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/voltooi die Maks. 10 gegewe grafiek en verduidelik/bereken/gevolgtrekkings/ vergelyk/verduidelik/onderskei/interpreteer/debateer kortliks Samevatting: Enige hoër-orde samevatting behoort die volgende te behels: • ᾽n Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om feite te herhaal Maks. 2 • Enige mening of waarde-skatting oor die bespreekte feite • Addisionele, ondersteunende inligting om die bespreking/analise te ondersteun • ᾽n Teenstrydige standpunt met motivering, indien benodig Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5 MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Die infrastruktuur vervul ʼn belangrike rol in die ontwikkeling van die ekonomie. • Bespreek die volgende aspekte van die Suid-Afrikaanse infrastruktuur volledig: 1. Kommunikasie 2. Vervoer (26 punte) • Hoe sal die selfoon industrie die uitsluiting van armes vanuit telekommunikasie verminder? (10 punte) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 VRAESTEL 1 VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE Geld het noemenswaardig oor ʼn tydperk ontwikkel of evolusie ondergaan. Dit word feitlik nie erken in sy tradisionele vorm nie. • Bespreek al die geld-verwante instrumente. (26 punte) • Hoe effektief is die SARB beheer oor die aktiwiteite van handelsbanke in Suid-Afrika? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all