Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2019
GRAAD 11
EKONOMIE
VRAESTEL 2
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
12 bladsye
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers %20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)

%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
%20November%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1/v1-770f6a3dad5fae38d9da/card.webp)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67/v1-8bc5a498f0fbc7f36cda/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a/v1-2bd0c5915023c7f66cee/card.webp)
View all

_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)


Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Gauteng November 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 2 GP/November 2019
Graad 11
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nie programmeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 3 GP/November 2019
Graad 11
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 ʼn Verandering in die hoeveelheid aangevra as gevolg van ʼn verandering in
inkomste word na verwys as ... -elastisiteit.
A prys
B inkomste
C aanbod
D aanbod en inkomste
1.1.2 In onvolmaakte markte word minder goedere geproduseer teen hoër pryse
omdat daar …
A konstante allokering van hulpbronne is.
B effektiewe allokering van hulpbronne is.
C oneffektiewe allokering van hulpbronne is.
D geen wetlike beperkinge is nie.
1.1.3 Gemiddelde veranderlike koste word bereken deur ...
A veranderlike koste te deel deur die aantal eenhede geproduseer.
B vaste koste te deel deur die eenhede geproduseer.
C vaste koste minus veranderlike koste.
D totale koste plus vaste koste.
1.1.4 Tennisballe en tennisrakette is ... produkte.
A substituut
B komplementêre
C homogene
D heterogene
1.1.5 Die instansie wat verantwoordelik is om lande te ondersteun met
betalingsbalans verliese, is die ...
A ILO.
B Wêreldbank.
C SARB.
D IMF.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 4 GP/November 2019
Graad 11
1.1.6 Handelsliberalisering verwys na …
A die vrye beweging van goedere en dienste.
B die vrye beweging van mense.
C die vestiging van handelversperrings tussen Suid-Afrika en die res
van die wêreld.
D. invoer- en uitvoerbeperkinge.
1.1.7 Huishoudings wat afhanklik is van ... is geneig om in armoede te bly.
A ekonomiese toelaes
B belastingintensiewe toelaes
C staatssalarisse
D maatskaplike toelaes
1.1.8 Watter van die volgende faktore is vir die uitputting van die osoonlaag
verantwoordelik?
A Koolstofmonoksied
B Ultravioletstrale
C Koolstofdioksied
D Besoedeling (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer,
byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Prysmaker A Mense wat ʼn belang in die sukses van
die onderneming het
1.2.2 Patent
B ʼn Lae bevolkingsdigtheid en baie van die
1.2.3 Besigheidsdoelwit grond is aan landbou toegewy
1.2.4 Langtermyn C Kom voor wanneer ʼn land meer van ʼn
produk kan produseer as ʼn ander land
1.2.5 Landelike gebiede wat dieselfde hoeveelheid hulpbronne
gebruik
1.2.6 Absolute voordeel
D Versperrings tot marktoetrede
1.2.7 Aardverwarming
E Periode wat lank genoeg is sodat die
1.2.8 Private eiendomsreg insette verander kan word
F In staat om die markprys te beïnvloed
deur die hoeveelheid beskikbaar aan die
mark te verander
G Maak soveel wins as moontlik
H Uitlaatgasse en klimaatsverandering
I Mense gee om vir flora en fauna indien
hulle regte gegee word om dit te besit
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 5 GP/November 2019
Graad 11
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer
1.3.1 Die verwantskap tussen die verandering in die prys van een produk en die
hoeveelheid gevra van ʼn ander goed
1.3.2 Die prys van ʼn goed of diens, in terme van ʼn ander goed of diens
1.3.3 ʼn Kombinasie van volmaakte mededinging en onvolmaakte mededinging
1.3.4 ʼn Manier om natuurlike hulpbronne te gebruik sonder om die ekologiese
balans van ʼn gebied te vernietig
1.3.5 Beperk die hoeveelheid van ʼn produk wat ingevoer kan word
1.3.6 Die afneem in die hoeveelheid mense wat in landelike gebiede
woon omdat hulle na stede toe trek om te werk en te woon
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE monopolieë in Suid-Afrika. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe het skaarsheid ʼn impak op totale nut? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 6 GP/November 2019
Graad 11
2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DRIE MONOPOLIEË WAT SUID-AFRIKA MOET BEËINDIG
Entiteite wat deur wetgewing beskerm word, manifesteer in monopolieë, wat lei tot
beperkte mededinging. Hierdie wetgewende monopolieë maak keer-op-keer op die
belastingbetaler se rande staat om hulle te red van die gevolge van wat chroniese
onderprestasie blyk te wees. Hieronder is ʼn lys van nywerhede wat oorskadu word
deur staatsbeheerde monopolieë en wat, indien gedereguleer en geprivatiseer
word, baie groter opbrengste aan die burgers van Suid-Afrika sal lewer.
Lugvaart
Energieverskaffing
Spoorweë
[Bron: https://rationalstandard.com]
2.2.1 Hoe word monopolieë beskerm? (2)
2.2.2 Identifiseer TWEE van die drie staatsmonopolieë geïmpliseer in die
uittreksel. (2)
2.2.3 Verduidelik die rol van ʼn monopolie as prysmaker. (2)
2.2.4 Waarom dink jy behoort Suid-Afrika die monopolieë in die bogenoemde
uittreksel beëindig? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 7 GP/November 2019
Graad 11
2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
(Rs.)
[Bron: http://www.economicsdicussion.net/theory-of-production]
2.3.1 Waarvoor staan die afkorting TveK? (1)
2.3.2 Hoekom is die TVK-kurwe horisontaal? (1)
2.3.3 Gee die formule vir totale koste soos gesien in die grafiek hier bo. (2)
2.3.4 Verduidelik die term korttermyn in terme van vaste en veranderlike
insette. (2)
2.3.5 Wat behels die marginale koste van ʼn besigheid? (4)
2.4 Bespreek nie-prysmetodes om markaandeel te verhoog. (4 x 2) (8)
2.5 Watter redes sal jy verskaf vir die reaksie van produsente tot
prysveranderinge? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 8 GP/November 2019
Graad 11
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem twee aanwysers wat gebruik word om armoede te meet. (2 x 1) (2)
3.1.2 Waarom is dit voordelig vir ʼn land om by vryhandel betrokke te
raak? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MEER MENSE ONTVANG TOELAES AS MENSE WAT WERK
Daar is nou meer mense wat maatskaplike toelaes in Suid-Afrika ontvang as wat daar
mense is wat werk.
Dit is een van die bevindinge van die jongste peiling van die Suid-Afrikaanse Instituut vir
Rasseverhoudinge (IRR).
“Hierdie hoër getalle kan tot maatskaplike en politieke chaos lei,” het Gerbrandt van
Heerden, ʼn ontleder van dié instituut, gesê.
“Die Suid-Afrikaanse ekonomie is tans in ʼn resessie en die regering gaan dit besonders
moeilik vind om die koste van sy welsynsprogramme te dra. Namate die ekonomie
stagneer, en die inkomste van belasting verminder, sal die vraag na toelaes ook toeneem.
Die regering sal sy begroting op ander gebiede moet sny om te voldoen aan die eise van
hoër toelaes.”
“Ons voorspel dat dit sal lei na nog hoër vlakke van gewelddadige protesaksies.”
“Die regering se onvermoë om meer en verhoogde toelaes te verskaf sal lewenstandaarde
nou laat stagneer of selfs laat agteruitgaan.”
“Die armes en werkloses is die mense wat die ergste daardeur geraak sal word en dit kan
ʼn nuwe soort ellende vir hulle veroorsaak, wat die desperaatheid in arm gemeenskappe
sal verhoog."
[Bron: https://maroelamedia.co.za]
3.2.1 Waar kry die regering die fondse om maatskaplike toelaes te betaal? (1)
3.2.2 Hoe beïnvloed die betaling van maatskaplike toelaes die arm mense? (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term absolute armoede. (2)
3.2.4 Identifiseer TWEE pogings deur die regering om armoede in Suid-Afrika te
verlig. (2)
3.2.5 Hoe kan oneffektiewe beleide / regeringspogings tot armoede lei?
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 9 GP/November 2019
Graad 11
3.3 Bestudeer die strokiesprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.3.1 Identifiseer TWEE omgewingskwessies (probleme) wat uit die strokiesprent
afgelei kan word. (2)
3.3.2 Verduidelik volhoubare ekonomiese ontwikkeling. (2)
3.3.3 Noem aksiestappe wat huishoudings kan neem om die hoeveelheid
giftige materiaal wat ons gebruik, te verminder. (2 x 1) (2)
3.3.4 Wat kan die regering doen om die onvolhoubare gebruik van die
omgewing te voorkom? (2 x 2) (4)
3.4 Tabuleer TWEE verskille om die Noord-Suid-verdeling te illustreer. (2 x 4) (8)
3.5 Hoe dra ongelyke inkomstevlakke en tekort aan onderwys by tot
armoede? (2 x 4) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 10 GP/November 2019
Graad 11
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE soorte besoedeling. (2 x 1) (2)
4.1.2 Watter effek sal ʼn pryselastiese vraag op die produseerder hê? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande strokiesprent en beantwoord die vrae wat volg.
Melk R35,00 !!!
R30,00 Maar ek moét Melk
dit hê!!! R35,00
4.2.1 Identifiseer die verskynsel deur die strokiesprent uitgebeeld. (1)
4.2.2 Noem EEN voorbeeld van normale goedere. (1)
4.2.3 Verduidelik volmaak onelastiese vraag. (2)
4.2.4 ʼn Produk het ʼn pryselastisiteit van 1,58. Watter soort elastisiteit
van vraag verteenwoordig dit? Motiveer jou antwoord. (2)
4.2.5 Waarom is die pryselastisiteit van vraag belangrik vir die
produsent? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 11 GP/November 2019
Graad 11
4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.3.1 Noem EEN hooffunksie van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO). (1)
4.3.2 Hoekom word die VSA gesien as ʼn eerstewêreld-land? (1)
4.3.3 Verduidelik die begrip vryhandel kortliks. (2)
4.3.4 Verduidelik die verhouding tussen vergelykende voordeel en vryhandel. (2)
4.3.5 Watter voordeel sal lande trek uit die gebruik van ʼn vryhandelsbeleid? (4)
4.4 Verduidelik met behulp van ʼn grafiek die verband tussen ʼn toename in verbruik,
totale nut en grensnut. (8)
4.5 In watter mate beskerm internasionale ooreenkomste die omgewing? (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 12 GP/November 2019
Graad 11
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord.
ʼn Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp
verband hou, te definieer.
Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie. Maks. 2
Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking / Ondersoek /
Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /
Differensieer / Verduidelik / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik ʼn
grafiek wat gegee en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek. Maks. 26
Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer /
Evalueer krities / Bereken / Aflei / Vergelyk / Skep ʼn grafiek en
verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Maak
voorstelle. Maks. 10
Slot
Enige hoërode-slot behoort die volgende in te sluit:
ʼn Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite
wat reeds genoem is, te herhaal
Maks. 2
Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking / analise
verstrek
ʼn Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Verduidelik substituut en komplimentêre produkte volledig deur van grafieke gebruik
te maak. (26)
Wat is die verhouding tussen die produkmark en die faktormark? (10)
[40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die oorsake van armoede in detail. (26)
Is die Suid-Afrikaanse regering suksesvol in hul pogings om armoede te verlig? (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2019 Memo (Afrikaans)
%20November%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1/v1-770f6a3dad5fae38d9da/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67/v1-8bc5a498f0fbc7f36cda/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2019 Question Paper (Afr)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a/v1-2bd0c5915023c7f66cee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2022 QP (Afr)
More from Grade 11 Economics

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Mpumalanga June 2024 Memo

Memorandum