Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2022
GRAAD 11
EKONOMIE
(VRAESTEL 1)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
13 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2022 papers 
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7/v1-246dcbadc0627dabf2f5/card.webp)
%20%20November%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676/v1-0909dc7bc84ae94600fe/card.webp)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)

View all

_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)


Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2022 QP (Afr)
Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 891.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Gauteng November 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 2
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
• AFDELING A: VERPLIGTEND
• AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae
• AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien
word NIE. By AFDELING B sal slegs die eerste TWEE vrae nagesien word en by
AFDELING C, slegs die eerste EEN.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Dui die vraagnommer aan bokant elke antwoord aan.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 3
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.1.1 ʼn … is ʼn ekonomiese stelsel waar ekonomiese besluite slegs deur die
markkragte van vraag en aanbod bepaal word.
A Markekonomie
B Sentrale beplande ekonomiese stelsel
C Gemengde ekonomie
D Kapitalistiese ekonomie
1.1.2 Die primêre sektor van die Suid-Afrikaanse ekonomie is …
A klein, as gevolg van ʼn tekort aan roumateriaal.
B die grootste sektor.
C skaars.
D besig om belangrikheid as deel van die BBP te verloor.
1.1.3 Daar is minder armoede onder die mense in ontwikkelde lande want …
A daar is volkomeindiensname.
B die winsmotief lei toteiebelang.
C die privaatsektor is uitgesluit.
D die regering speel ʼn baie groot rol in die ekonomie.
1.1.4 Die Rusland-Oekraïne konflik affekteer Suid-Afrikaners ten opsigte van …
A elektrisiteitstariewe.
B gesondheidsorg.
C die beskikbaarheid en pryse van sekere voedselgewasse.
D die beskikbaarheid en koste van onderwys.
1.1.5 Die belastingsstelsel wat Suid-Afrika gebruik is …
A proporsioneel.
B progressief.
C regressief.
D al die bogenoemde.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 4
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
1.1.6 Die … is die prys waarteen die Suid-Afrikaanse Reserwebank geld
uitleen aan ander banke.
A rentekoers
B repokoers
C wins
D rand
1.1.7 Die … word gebruik as ʼn maatstaf vir die lewenstandaard in ʼn land.
A vlak van per kapita inkomste
B inflasiekoers
C betalingsbalansrekening
D ekonomiese groeikoers
1.1.8 Die … is die mees onlangse ontwikkelingstrategie wat deur Suid-Afrika
gevolg word.
A Herkonstruksie en Ontwikkelingsprogram
B Gesamentlike Inisiatief oor die Aanleer van Prioriteitsvaardighede
C Nuwe Groeipad
D Nasionale Ontwikkelingsplan (8 x 2) (16)
1.2 PASSENDE ITEMS
Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A – K) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK
neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Natuurlike huplbronne A voldoen aan huidige behoeftes sonder om
toekomstige generasies se behoeftes te
1.2.2 Optimale mengsel benadeel
1.2.3 Produktiwiteit B gratis gawes vanuit die natuur
1.2.4 Menslike hulpbron- C verteenwoordig besteding op kapitaalvoorraad
ontwikkeling
D nywerhede in die primêre sektor
1.2.5 Monetêre beleid
E verhouding tussen insette en uitsette
1.2.6 Onderhoubare ontwikkeling
F die beste moontlike uitkomste binne die gegewe
1.2.7 Bruto kapitaalformasie omstandighede
1.2.8 SAOG G verbeter die standaard en lewenskwaliteit van
die mense in Suiderlike Afrika
H kombinasie van ekonomiese stelsels
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 5
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
I formele en spesifieke aktiwiteite wat die
vermoë van individue verbeter om hulle
volle potensiaal te bereik
J inkomste metode
K maatstawwe wat die SARB in plek stel
om geldvoorraad te beheer
(8 x 1) (8)
1.3 TERMINOLOGIE
Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Dit dui die waarde van finale uitset geproduseer deur elke sektor van die
ekonomie aan
1.3.2 Goedere wat vernietig word tydens verbruik
1.3.3 Die verkoop van meer as 50% van die aandele in ʼn staatsonderneming
aan die privaatsektor
1.3.4 ʼn Groep lande wat ʼn gemeenskaplike geldeenheid gebruik
1.3.5 Ontwikkelingsbystand deur buitelandse lande in die vorm van toelae,
gesubsidieerde lenings, masjinerie en kundigheid
1.3.6 Die proses wat plaasvind om roumateriaal na verbruikersgoedere te
omskep (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 6
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE faktore wat die prys van natuurlike hulpbronne
beïnvloed. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom word invoere uitgesluit onder binnelandse besteding? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Minister van vervoer Mbalula belowe “beslis” die oplossing vir e-tol,
hierdie keer.
Mbalula belowe keer op keer ʼn aankondiging oor e-tol vandat hy sy posisie
aanvaar het in Mei 2019 met verskeie spertye wat gekom en gegaan het.
Tydens die persinligtingsessie in Pretoria op Donderdag, het Mnr Mbalula gesê
die besluit sal geneem word tydens die Medium-Termyn Begrotings
Beleidsverklaring in Oktober.
“Ek en die Minister van Finansies het instruksie van die President ontvang dat
die saak onder die aandag van die kabinet gebring moet word. Dit sal ʼn saak
wees wat deur die kabinet afgehandel sal word tydens die Mediumtermyn-
begrotings- beleidsverklaring. Hierdie is ʼn definitiewe saak.” het hy bygelas.
Mbalula het gesê dat die kabinet ʼn ruk terug reeds ʼn besluit geneem het wat die
brandstofheffing sou beïnvloed. Een van die voorstelle was om die
brandstofheffing in Gauteng te verhoog met die doel om verlore inkomste van e-
tol te verhaal.
[Bron: www.fin24.co.za/30june2022]
2.2.1 Noem enige EEN vorm van vervoer. (1)
2.2.2 Watter agentskap is verantwoordelik vir die bou en instandhouding van
nasionale paaie in Suid-Afrika? (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term infrastruktuur. (2)
2.2.4 Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van vervoer vir die ekonomie. (2)
2.2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die funksionering van publieke
vervoer in die land verbeter? (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 7
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
2.3 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DEMOKRASIE
[Bron:http://www.opendemocracy.net]
2.3.1 Watter ekonomiese stelsel word deur die prent hierbo uitgebeeld? (1)
2.3.2 Wie allokeer die hulpbronne in die stelsel wat hierbo uitgebeeld word? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel. (2)
2.3.4 Verduidelik EEN voordeel van die ekonomiese stelsel wat in die prent
hierbo uitgebeeld word. (2)
2.3.5 Hoe bevoordeel eiebelang ʼn ekonomie? (2 x 2) (4)
2.4 Bespreek die rol van huishoudings in ʼn oop sirkelvloei. (4 x 2) (8)
2.5 Hoe het die oorlog in die Oekraïne omgewingsagteruitgang beïnvloed? (4 x 2) (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 8
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE funksies van die Sentrale Bank. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoekom is geld ingestel as ʼn ruilmiddel? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LORENZ-KROMME
120
100
Gelykheidslyn
80
60
Land A
40
C
Land B
20
D
0
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
Kumulatiewe populasie %
[Aangepas vanuit: Fokus op Ekonomie]
3.2.1 Vanuit die bostaande grafiek, identifiseer die land met die ongelykste
verspreiding. (1)
3.2.2 Wat beteken die Gini-koëffisiënt van nul? (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die konsep Lorenz-kromme. (2)
3.2.4 Verduidelik die verhouding tussen die Lorenz-kromme en die Gini-
koëffisiënt. (2)
3.2.5 Veronderstel dat die oppervlak tussen Land A en die gelykheidslyn 20 is
en dat die totale oppervlak (C + D) onder die gelykheidslyn 100 is,
bereken die Gini-koëffisiënt. Toon ALLE berekeninge. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 9
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE MOI POSISIE
Suid-Afrika spog met ʼn hoogs ontwikkelde ekonomie en bevorderde infrastruktuur.
Dit is ʼn betekenisvolle rolspeler op die Afrika kontinent.
Die ontwikkeling het egter stadiger geword en die nasie het een van die hoogste
ongelykheidskoerse in die wêreld.
Globale posisie: 113
Lewensverwagting: 63,4
BBP: 349,4 billion USD
Bruto Nasionale Inkomste Per Kapita: USD 11,923
MOI posisie in Afrika: 8
[Aangepas vanuit: africanexponent.com]
3.3.1 Noem enige EEN eienskap van ontwikkelende lande. (1)
3.3.2 Watter aanwyser word gebruik wanneer MOI gemeet word? (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling. (2)
3.3.4 Verduidelik die gebruik van per kapita syfers. (2)
3.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die gehalte van menslike
hulpbronne verbeter? (4)
3.4 Beskryf kortliks die belangrikheid van inheemse kennisstelsels. (4 x 2) (8)
3.5 Evalueer die Herkonstruksie en Ontwikkelingsprogram as ʼn ontwikkelings-
strategie in Suid-Afrika. (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 10
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om Bruto Binnelandse
Produk te bereken. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoekom is welvaart belangriker as inkomste? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE BRUTO BINNELANDSE PRODUK – 2019
Teen huidige pryse 2018 2019
Vergoeding vir werknemers 2 320 179 2 418 544
Netto bedryfsurplus 1 249 182 1 296 696
Verbruik van vaste kapitaal 638 782 713 078
Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste 4 245 848 4 428 317
Ander belasting op produksie 101 936 105 061
Minus: Ander subsidies op produksie 6 492 9 798
Bruto waarde toegevoeg teen basiese 4 173 328 4 523 580
pryse
Belasting op produkte 545 558 564 866
Minus: Subsidies op produkte 12 951 10 821
Bruto binnelandse produk teen 4 873 899 5 077 625
markpryse
[Bron: SARB – QB Maart 2020]
4.2.1 Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte. (1)
4.2.2 Noem EEN vorm van vergoeding vir werknemers. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term huidige pryse. (2)
4.2.4 Verduidelik die doel van subsidies op produksie. (2)
4.2.5 Bereken die verbruik op vaste kapitaal as ʼn persentasie van die BWT teen
faktorkoste vir 2019. Toon ALLE berekeninge. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 11
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
4.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ʼn Dekade om die NOP visie ʼn realiteit te maak
Die jaar 2020 merk die 26ste jaar van demokrasie in Suid-Afrika. Dit merk ook dat
ons slegs 10 jaar oor het om die visie, soos uiteengesit in die Nasionale
Ontwikkelingsplan (NOP) te behaal.
Die plan bepaal jaar-op-jaar doelwitte wat deur die regering behaal moet word.
Dit sluit onder andere die ontbinding van strukturele ekonomiese elemente in wat
onveranderd bly en nog steeds ekonomiese groei ondermyn.
[Bron: Aangepas vanuit https://mg.co.za/article/]
4.3.1 Wat is die hoofdoel van die NOP? (1)
4.3.2 In watter jaar beoog die NOP om die hoofdoel te bereik? (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese groei. (2)
4.3.4 Verduidelik die negatiewe effek wat die NOP op belastingbetalers kan hê. (2)
4.3.5 Hoe sal die Suid-Afrikaanse ekonomie voordeel trek uit die
implementering van die NOP? (2 x 2) (4)
4.4 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor. (4 x 2) (8)
4.5 Analiseer Suid-Afrika se beperkings met betrekking tot ekonomiese groei. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 12
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding:
Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord.
• ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp
verband hou, te definieer of te omskryf.
Maks. 2
• MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• MOENIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal
NIE.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Trek ʼn grafiek en verduidelik/ Maks. 26
Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/
Debatteer
ʼn Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/
voorbeelde.
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/
Interpreteer/Verduidelik kortliks/Hoe?/Stel voor/Analiseer/Evalueer Maks. 10
ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir bloot die lys van
feite.
Slot:
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:
• ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
• Enige mening of waarde-oordeel van die bespreekte feite, met
Maks. 2
voorbeelde om jou bespreking te staaf
• Addisionele, ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
• ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 13
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek, in diepte, die belangrikheid van entrepreneursvaardighede. (26 punte)
• Hoe kan die regering entrepreneurs van klein besighede bystaan wat negatief deur
die COVID-19 pandemie geaffekteer is? (10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek die funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank onder die volgende
opskrifte:
o Bankier vir die regering (8)
o Bank van uitreiking (8)
o Bankier se bank (10) (26 punte)
• Hoe sal die Goewerneur van die Reserwebank monetêre beleid gebruik om die
hoeveelheid geld in die land te beïnvloed?
(10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7/v1-246dcbadc0627dabf2f5/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2018 QP (Afr)
%20%20November%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676/v1-0909dc7bc84ae94600fe/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2016 QP (Afr)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2015 QP (Afr)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
More from Grade 11 Economics

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Mpumalanga June 2024 Memo

Memorandum