Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2021
GRAAD 11
NASIENRIGLYNE
EKONOMIE (VRAESTEL 1)
18 bladsye
Skip to contentAll 2022 papers %20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)

%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7/v1-246dcbadc0627dabf2f5/card.webp)
%20%20November%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676/v1-0909dc7bc84ae94600fe/card.webp)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)
View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 860.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Gauteng November 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A – markekonomie ✓✓
1.1.2 D – is besig om belangrikheid as deel van die BBP te verloor. ✓✓
1.1.3 A – daar is volkome indiensame ✓✓
1.1.4 C – die beskikbaarheid en pryse van sekere voedselgewasse ✓✓
1.1.5 B – progressief ✓✓
1.1.6 B – repokoers ✓✓
1.1.7 A – vlak van per kapita inkomste ✓✓
1.1.8 D – Nasionale Ontwikkelingsplan ✓✓ (16)
1.2 PASSENDE ITEMS
1.2.1 B – gratis gawes vanuit die natuur ✓
1.2.2 F – die beste moontlike uitkomste binne die gegewe omstandighede ✓
1.2.3 E – verhouding tussen insette en uitsette ✓
1.2.4 I – formele en spesifieke aktiwiteite wat die vermoë van individue
verbeter om hulle volle potensiaal te bereik ✓
1.2.5 K – maatstawwe wat die SARB in plek stel om geldvoorraad te
beheer ✓
1.2.6 A – voldoen aan huidige behoeftes sonder om toekomstige
generasies se behoeftes te benadeel ✓
1.2.7 C – verteenwoordig besteding op kapitaalvoorraad ✓
1.2.8 G – verbeter die standaard en lewenskwaliteit van die mense in
Suiderlike Afrika ✓ (8 x 1) (8)
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
1.3 TERMINOLOGIE
1.3.1 Produksiemetode ✓
1.3.2 Nie-duursame goedere ✓
1.3.3 Privatisering ✓
1.3.4 Monetêre unie ✓
1.3.5 Buitelandse hulpverlening ✓
1.3.6 Vervaardiging ✓ (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
AFDELING B
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE faktore wat die prys van natuurlike hulpbronne
beïnvloed.
• Aanbod en vraag ✓
• Klimaat ✓
• Ligging ✓
• Kwaliteit van hulpbronne ✓
• Tegnologie ✓ (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom word invoere uitgesluit onder binnelandse besteding?
• Invoere word uitgelsuit omdat dit nie deel vorm van binnelandse
produksie nie. ✓✓
• Die inkomste verwerf uit die verkope van invoere word bestee in ander
lande en nie plaaslik nie. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
2.2 DATA RESPONS
2.2.1 Noem enige EEN vorm van vervoer.
• Spoorweg ✓
• Lugvervoer ✓
• Watervervoer ✓ (Enige 1 x 1) (1)
2.2.2 Watter Suid-Afrikaanse agentskap is verantwoordelik vir die bou en
instandhouding van nasionale paaie in Suid-Afrika?
• Suid-Afrikaanse Nasionale Paaie Agentskap (SANPA)/(SANRAL) ✓ (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term infrastruktuur
• Infrastruktuur is basiese fasiliteite, dienste en installasies wat benodig
word vir die funksionering van ʼn ekonomie, onder andere, geboue, paaie
en die beskikbaarheid van elektrisiteit wat produktiwiteit aanhuts. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.2.4 Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van vervoer vir die ekonomie.
• Vervoer bring die verbruiker en die vervaardiger bymekaar. ✓✓
• Vervoer maak ʼn waardevolle bydrae tot die bruto binnelandse produk
van die land. ✓✓
• Vervoer skep indiensnemingsgeleenthede in die toerismebedryf. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
2.2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die funksionering van publieke
vervoer in die land verbeter?
Die regering kan publieke vervoer verbeter deur:
• Die gebruik van publieke vervoer te vergemaklik deur die verbetering
van voertuig-ontwerp en die toepassing van buite-vervoer tariewe. ✓✓
• Die aanmoediging van nouer samewerking tussen munisipaliteite en
minibus-taxi’s en inligtingsisteme om vervoer-bedrywighede beter te
kan bestuur. ✓✓
• Werk saam met besighede wat innoverende toeps ontwerp om
pendeltipe oplossings aan groot maatskappye te lewer in plaas van die
tradisionele parkeringstelsels aan werknemers te verskaf. ✓✓
• Die voorsiening van toegewyde bane vir publieke vervoer wat
verkeersopeenhopings verminder. ✓✓
• Die regulering van publieke vervoertariewe. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
2.3 DATA RESPONS
2.3.1 Watter ekonomiese stelsel word deur die prent hierbo uitgebeeld?
• Sentraal Beplande Ekonomie/Bevelekonomie ✓ (1)
2.3.2 Wie allokeer die hulpbronne in die stelsel wat hierbo uitgebeeld
word?
• Die regering (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel.
• Dit is die wyse waarby lande en regerings hulpbronne versprei asook
hoe die handel van goedere en dienste plaasvind.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.3.4 Verduidelik EEN voordeel van die ekonomiese stelsel wat in die
prent hierbo uitgebeeld word.
• Effektiewe gebruik van hulpbronne: Die regering bepaal op watter
manier hulpbronne benut word. ✓✓
• Verbetering in persoonlike welvaart: Hulpbronne word effektief
aangewend om maksimum produktiwiteit en minimale vermorsing te
behaal. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
2.3.5 Hoe bevoordeel eiebelang ʼn ekonomie?
Eiebelang is een van die vernaamste dryfkragte in ʼn markekonomie
omdat:
• Besighede gedrewe is om goedere en dienste teen die laagste
moontlike koste te vervaardig sodat maksimum wins gemaak kan
word en verbruikers teen lae pryse kan aankoop. ✓✓
• Hulle ook gemotiveerd is om skaars hulpbronne te gebruik en slegs
goedere en dienste te vervaardig wat in lyn is met die gemeenskap
se behoeftes en begeertes en sodoende behaal hulle
toewysingsdoeltreffendheid. ✓✓
• Besighede probeer om winste te maksimeer en verliese te
minimaliseer wat lei tot ekonomiese groei. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
2.4 Bespreek die rol van huishoudings in ʼn oop sirkelvloei.
• Huishoudings is die grootse verbruikers van ekonomiese goedere en dienste
– hulle gebruik hul inkomste om goedere en dienste by firmas te koop. ✓✓
• Huishoudings is die primêre ekonomiese deelnemers omdat hulle die vier
produksiefaktore besit. ✓✓
• Huishoudings verkoop produksiefaktore in die faktormark aan firmas. ✓✓
• Huishoudings ontvang vergoeding vanaf firmas in die vorm van lone, huur,
rente en wins. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
2.5 Hoe het die oorlog in Oekraïne omgewingsagteruitgang beïnvloed?
• Toename in besoedelingsvlakke as gevolg van die groot aantal tenks en
ander militêre toerusting wat koolstofmonoksied vrystel. ✓✓
• Brandende infrastruktuur as gevolg van lugaanvalle en ander plofbare
metodes, veroorsaak die agteruitgang van lugkwaliteit. ✓✓
• Bestralingsvlakke het toegeneem as gevolg van beskadiging aan kernkrag
fasiliteite in en om die Oekraïne. ✓✓
• Hierdie bestralingsvlakke het reeds die kwaliteit van die grond rondom die
geteikende gebiede geaffekteer. ✓✓
• Daar was ʼn toename in geraasbesoedeling as gevolg van vliegtuie wat
oorvlieg en lugaanvalle. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
[40]
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE funksies van die Sentrale Bank.
• Bankier vir kommersiële banke. ✓
• Dien as bankier vir die regering. ✓
• Die bewaarder van goud en buitelandse valuta reserwes. ✓
• Verskaf ekonomiese en statistiese dienste. ✓ (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Hoekom was geld bekendgestel as ʼn ruilmiddel?
• Om handel te vereenvoudig. ✓✓
• Om die tekortkominge van die ruilhandelstelsel te oorkom. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
3.2 DATA RESPONS
3.2.1 Vanuit die bostaande grafiek, identifiseer die land met die ongelykste
verdeling.
Land B ✓ (1)
3.2.2 Wat is die betekenis van ʼn Gini-koëffisiënt van nul?
Dit is ʼn aanduiding van gelyke inkomste verdeling/perfekte gelykheid. ✓✓ (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term Lorenz-kromme.
ʼn Grafiek wat die verdeling van inkomste (of welvaart) binne ʼn ekonomie
aandui. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.4 Verduidelik die verhouding tussen die Lorenz-kromme en die Gini-
koëffisiënt.
• Hoe meer ongelyk ʼn land se inkomste verdeling is, hoe groter is die
kurwe tussen die 45 grade lyn en die Lorenz-kromme en hoe hoër isdie
Gini-koëffisiënt. ✓✓
• Indien daar volkome gelykheid is, sal die Lorenz-kromme dieselfde as
die 45 grade lyn wees en die Gini-koëffisiënt sal gelyk wees aan
nul. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
3.2.5 Veronderstel dat die oppervlak tussen Land A en die gelykheidslyn 20
is en dat die totale oppervlak (C + D) onder die gelykheidslyn 100 is,
bereken die Gini-koëffisiënt. Toon ALLE berekeninge.
Gini- koëffisiënt = C/C + D
= 20 ✓ /100 ✓
= 0,2 ✓✓ (4)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
3.3 DATA RESPONS
3.3.1 Noem enige EEN eienskap van ontwikkelende lande.
• Lae lewenstandaard ✓
• Lae per kapita inkomste ✓
• Ongelyke verdeling van inkomste ✓
• Lae lewensverwagting ✓
• Gebrek aan onderrig ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1) (1)
3.3.2 Watter aanwyser word gebruik wanneer MOI gemeet word?
• Lewensverwagting ✓
• Onderrig ✓
• BBP per kapita ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1) (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.
• Dit is die verbetering in die lewenstandaard van die inwoners in ʼn
land. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.4 Verduidelik die gebruik van per kapita syfers.
• Om die lewenstandaard van ʼn land te bepaal. ✓✓
• Om welvaartsvlakke van verskillende lande te vergelyk. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
3.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die gehalte van menslike
hulpbronne verbeter?
Die regering kan:
• In die kwaliteit van onderrig belê ✓✓
• Indiensopleiding verskaf ✓✓ (2 x 2) (4)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
3.4 Beskryf kortliks die belangrikheid van inheemse kennisstelsels.
• IKS word beskou as die sleutel tot onderhoubare sosiale en ekonomiese
ontwikkeling. ✓✓
• IKS kan ʼn produktiewe raamwerk verskaf vir die aktiwiteite wat bedoel is om
gemeenskappe by te staan. ✓✓
• Hierdie stelsels bied probleemoplossingsplanne of strategieë vir plaaslike
gemeenskappe, veral vir gemeenskappe wat armoede ervaar. ✓✓
• IKS verteenwoording ʼn belangrike bydrae tot wêreldwye
ontwikkelingskennis. ✓✓ (4 x 2) (8)
3.5 Evalueer die Herkonstruksie en Ontwikkelingsprogram as ʼn
ontwikkelingsstrategie in Suid-Afrika.
Positiewe aspekte:
• Die HOP was ʼn arbeidsintensiewe program vir openbare werke. ✓✓
• Die HOP het bygedra tot die afname in armoede as gevolg van die
werksgeleenthede wat geskep is. ✓✓
• Dit was ʼn sosio-ekonomiese beleidsraamwerk wat deurlopend ingesluit was
in elke regeringsplan. ✓✓
• Bygestaan in die ontwikkeling van menslike hulpbronne, een van diè
noodsaaklikste hulpbronne benodig vir ekonomiese ontwikkeling. ✓✓
• Bygestaan in die toename van infrastruktuur ontwikkeling. ✓✓
• Die HOP het die implementasie van grondhervorming bevorder. ✓✓
• Bygestaan in die voorsiening van huise, water, elektrisiteit en primêre
gesondheidsorg. ✓✓
Negatiewe aspekte:
• Die werkloosheidsyfer het aanhou toeneem. ✓✓
• Armoede en dienslewering het nooit verbeter nie. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om Bruto Binnelandse
Produk te bereken.
• Produksie metode ✓
• Inkomste metode ✓
• Bestedingsmetode ✓ (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Hoekom is welvaart belangriker as inkomste?
• Welvaart is belangriker om sosiale ongelykheid te begryp omdat dit
inkomste skep dus is die ongelykheid in inkomste afhangend van die
ongelykheid in welvaart. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
4.2 DATA RESPONS
4.2.1 Geen EEN voorbeeld van belasting op produkte.
• BTW ✓
• Aksynsbelasting ✓ (1)
4.2.2 Noem EEN vorm van vergoeding vir werknemers.
Salarisse en lone ✓ (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term huidige pryse.
• Huidige pryse meet BBP deur die werklike prys in die ekonomie te
gebruik. ✓
• Huidige pryse maak geen aanpassing vir inflasie nie. ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.2.4 Verduidelik die doel van subsidies op produksie.
• Subsidies op produksie verminder die produksiekoste vir die
vervaardiger en moedig die vervaardiging van noodsaaklike goedere
aan.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
4.2.5 Bereken die verbruik op vaste kapitaal as ʼn persentasie van die BWT
teen faktorkoste vir 2019. Toon ALLE berekeninge.
713 078 ✓/4 428 317 ✓ 100
16,1% ✓✓ (4)
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
4.3 DATA RESPONS
4.3.1 Wat is die hoofdoel van die NOP?
• Om armoede en ongelykheid te elimineer.✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
4.3.2 In watter jaar beoog die NOP om die hoofdoel te bereik?
2030 ✓ (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese groei.
• Dit is ʼn toename in die produksie kapasiteit van ʼn land. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
4.3.4 Verduidelik die negatiewe effek wat die NOP op belastingbetalers kan
hê.
• Die implementering van die NOP benodig meer regeringsinkomste dus
moet meer belasting ingevorder word deur middel van ʼn verhoogde
belastingskoers. ✓✓
• Verminder die besteebare inkomste van individue. ✓✓
• Hoër vlakke van bedrog en korrupsie belemmer dienslewering aan die
armes. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
4.3.5 Hoe sal die Suid-Afrikaanse ekonomie voordeel trek uit die
implementering van die NOP?
Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal voordeel trek deur:
• Die vermindering van jeug werkloosheid ✓✓
• Die voorsiening van wyer werksgeleenthede vir die jeug ✓✓
• Die toenemende mededingingskapasiteit van die ekonomie ✓✓
• Die verbetering in die lewenstandaard van die mense ✓✓
• Die toenemende tempo van industrialisasie ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
4.4 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor.
• Die tersiêre sektor dra by tot die waarde van Suid-Afrika se BBP. ✓✓
• Die sektor skep werksgeleenthede aangesien hierdie sektor dienslewering
aanbied. ✓✓
• Dit is ʼn bron van staatsinkomste. ✓✓
• Die sektor dien as ʼn mark vir verbruikersgoedere. ✓✓
• Die tersiêre sektor dra by tot SA se uitvoerwaarde. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 4 x 2) (8)
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
4.5 Analiseer Suid-Afrika se beperkings met betrekking tot ekonomiese groei.
• Die oorevaluering en die wisselvalligheid van Suid-Afrika se geldeenheid.
• Daar is onvoldoende nasionale infrastruktuur om ekonomiese groei te
bevorder.
• Suid-Afrika het ʼn tekort aan geskoolde arbeid.
• Versperrings tot toetrede in die mark, beperkte mededinging en minimale
nuwe beleggingsgeleenthede.
• Tekortkominge in regeringsorganisering, kapasiteit en leierskap.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding:
Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord.
• ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp
verband hou, te definieer of te omskryf.
Maks. 2
• MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• MOENIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal
NIE.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Trek ʼn grafiek en verduidelik/ Maks. 26
Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/
Debatteer
ʼn Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/
voorbeelde.
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/
Interpreteer/Verduidelik kortliks/Hoe?/Stel voor/Analiseer/Evalueer Maks. 10
ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir bloot die lys van
feite.
Slot:
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:
• ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
• Enige mening of waarde-oordeel van die bespreekte feite, met
Maks. 2
voorbeelde om jou bespreking te staaf
• Addisionele, ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
• ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek, in diepte, die belangrikheid van entrepreneursvaardighede.
(26 punte)
• Hoe kan die regering entrepreneurs van klein besighede bystaan wat negatief
deur die COVID-19 pandemie geaffekteer is? (10 punte) [40]
INLEIDING
ʼn Tekort aan entrepreneurskap sal lei tot ʼn tekort in goedere en dienste in die
ekonomie, minder mededinging, toename in pryse en sal dus ʼn afname in ekonomiese
groei vir Suid-Afrika veroorsaak. ✓✓
OF
ʼn Entrepreneur is die persoon wat die risiko neem om ʼn besigheid te begin en te
finansier met die doel om verbruikers se behoeftes en begeertes te bevredig deur die
effektiewe kombinasie van die ander produksiefaktore en die generering van wins. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 2)
HOOFDEEL
Entrepreneurskap vervul ʼn uiterse belangrike rol in die vervaardigingsprosedure om die
volgende redes:
Kombineer die ander produksiefaktore: ✓
• Die entrepreneur kombineer produksiefaktore met die doel om goedere en dienste
te vervaardig wat aan die behoeftes en begeertes van verbruikers voldoen. ✓
• Entrepreneurs moet genoegsame kapitaal; natuurlike hulpbronne en geskoolde
arbeid op die regte tyd en plek, en in die regte hoeveelhede saamvoeg. ✓✓
• Sodoende, sal entrepreneurs altyd poog om die grootste moontlike wins te
maak.✓✓
Demonstreer inisiatief: ✓
• Entrepreneurs neem inisiatief om besighede te begin. ✓✓
• Hulle skep nuwe besigheidsidees om ʼn wins te behaal in die mark. ✓✓
• Geen entrepreneur behoort ʼn besigheid te vestig tensy hulle genoeg navorsing
gedoen het om uit te vind of die besigheidsidee ʼn sukses sal wees. ✓✓
• Die entrepreneur moet die gelykbreekpunt bereken voordat ʼn besigheid begin. ✓✓
• Die gelykbreekpunt is die punt waar uitgawes gelyk is aan inkomste. ✓✓
• Enige inkomste wat gemaak word na die gelykbreekpunt word geklassifiseer as
wins. ✓✓
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
Neem risiko’s: ✓
• In ʼn markekonomie is dit die rol van die entrepreneur om risiko’s te aanvaar of te
neem. ✓✓
• Die entrepreneur is verantwoordelik vir al die verliese indien die besigheidsidee
misluk of as die besigheid bankrot verklaar word.✓✓
Maak besluite: ✓
• Entrepreneurs maak besluite ten opsigte van wat om te produseer, waar om die
besigheid te vestig en vir wie om te vervaardig. ✓✓
• Entrepreneurs besluit oor kwessies soos; om te fokus op kwaliteit of kwantiteit,
om grond te koop of ʼn perseel te huur, by wie om voorraad of rou materiaal aan
te koop en watter vorm van eienaarskap gekies sal word, bv. alleeneienaar,
vennootskap, maatskappy ens. ✓✓
Die ekonomiese belangrikheid van entrepreneurskap: ✓
• Entrepreneurs vertolk ʼn baie belangrike rol in die bydrae tot groei en vooruitgang
in enige ekonomie.✓✓
• Suid-Afrika het ʼn baie hoë werkloosheidskoers.✓✓
• Die formele sektor beskik nie oor die kapasiteit om werksgeleenthede vir die hele
bevolking van Suid-Afrika te voorsien nie.✓✓
• Dus, speel entrepreneurs wat klein besighede in die informele sektor begin, ʼn
belangrike rol in die voorsiening van inkomste en indiensneming.✓✓
• Behalwe vir werkskepping, stel nuwe entrepreneurs nuwe goedere en dienste
bekend aan die mark. Dit verhoog mededinging en verminder inflasie en goedere
kan teen goedkoper pryse verkoop word.✓✓
• Die belastingsinkomste van die regering neem toe omdat die wins van
entrepreneurs belas word.✓✓
• Hierdie positiewe impak op die ekonomie gebeur op dieselfde tyd en die staat
kan dan minder bestee op werkloosheidsbetalings asook ander sosiale
welvaartsdienste omdat welvaart meer eweredig versprei word.✓✓
(Maks. 26 punte)
ADDISIONELE GEDEELTE
Hoe kan die regering entrepreneurs van klein besighede bystaan wat negatief
deur die COVID-19 pandemie geaffekteer is?
• Die regering kan belastingsverligting toestaan aan klein besighede vir ʼn
spesifieke tydperk.✓✓
• Vir die klein en medium besighede wat, direk of indirek, negatief deur die
COVID-19 pandemie beïnvloed is, kan die regering skuldverligting toestaan. Dit is
ʼn sagte-lening fasiliteit wat entrepreneurs kan bystaan om hul besighede aan die
gang te hou tydens die pandemie.✓✓
• Entrepreneurs wat klein besighede besit, wat plaaslik vervaardig, wat higiëniese
en mediese produkte asook voedsel items verskaf, wat hoog in aanvraag is om
die verspreiding van die COVID-19 virus te bekamp en bestuur, ontvang
veerkragfasiliteite soos bedryfskapitaal, voorraad, oorbruggingsfinansiering,
bestellingsfinansiering asook toerustingfinansiering.✓✓
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
• Fasiliteer grootmaat aankoopgeleenthede vir spaza winkels sodat hulle die
potensiaal verkry om as ʼn mark vir plaaslik vervaardigde goedere te
funksioneer. ✓✓
• Die regering kan ʼn ondersteuningsfonds op die been bring vir klein- en
gemeenskapsboere.✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10)
SLOT
Suid-Afrika besit ʼn oorvloed van natuurlike hulpbronne en indien die bronne effektief
benut en ten volle ontwikkel word, kan ons land oor ʼn volhoubare en florerende
ekonomie beskik. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante slot.) (Maks. 2) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek die funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank onder die
volgende opskrifte:
• Bankier vir die regering (8)
• Bank van uitreiking (8)
• Bankier se bank (10) (26 punte)
• Hoe sal die Goewerneur van die Reserwebank monetêre beleid gebruik om
die hoeveelheid geld in die land te beïnvloed? (10 punte) [40]
INLEIDING
Die sentrale bank is die monetêre gesag van enige land. Suid-Afrika se sentrale bank
is gestig in 1920. Die hooffunksie van die SARB is om Suid-Afrika se monetêre gesag
te wees. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (Maks. 2)
HOOFDEEL
Bankier vir die regering:
• Die Reserwebank is die hoofbankier van die staat. ✓✓
• Die SARB lewer dienste aan die regering soortgelyk aan dié van kommersiële
banke aan hul kliënte. ✓✓
• Regeringsdepartemente deponeer hul fondse by die Reserwebank en onttrek
tjeks teen hulle rekeninge. ✓✓
• Die Reserwebank bied lenings, buitelandse valuta en finansiële raad aan die
regering. ✓✓
• Dit voorsien ook monetêre raad aan die regering. ✓✓
(Maks. 8)
16
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
Bank van uitreiking:
• Die SARB het alleenreg om banknote en munte uit te reik. ✓✓
• Die Suid-Afrikaanse Muntmaatskappy munt Suid-Afrika se muntstukke. ✓✓
• Beide die maatskappye is filiale van die SARB. ✓✓
• Tydens die uitreiking van banknote en muntstukke word die SARB gelei deur die
behoeftes van die ekonomie. ✓✓ (Maks. 8)
Bankier se bank:
• Die SARB bepaal en hou die minimum kontantreserwes, wat banke verplig is om
na te kom indien hulle solvent wil bly. ✓✓
• Die SARB tree op as ʼn verrekeningsbank deur interbankverpligtinge te
vereffen. ✓✓
• Kommersiële banke hoef nie die verskeie tjeks aan mekaar uit te betaal nie, omdat
die SARB die saldo's tussen die banke vereffen. ✓✓
• Die SARB is die laaste uitweg uitlener. ✓✓
• Die SARB staan lenings toe aan kommersiële banke wanneer dié banke ʼn
likwiditeitsprobleem ervaar. ✓✓
• Die SARB hou toesig oor die kommersiële banke. ✓✓
• Dit verseker dat die banke in lyn met die Bankwet bedryf word. ✓✓
• Die SARB verseker dat alle banke monetêre beleid implementeer. ✓✓
(Maks. 10)
(Maks. 26 punte)
ADDISIONELE GEDEELTE
Hoe sal die Goewerneur van die Reserwebank monetêre beleid gebruik om die
hoeveelheid geld beskikbaar in die land te beïnvloed?
Die SARB kan die hoeveelheid geldvoorraad van die land beïnvloed deur:
• Die vermeerdering van geldvoorraad deur geld by die ekonomie te voeg. ✓✓
• Die vermindering van geldvoorraad deur geld uit die ekonomie te onttrek. ✓✓
• Die inkrimping van ekonomiese aktiwiteite in tye van resessie en depressie. ✓✓
• Ekonomiese stimulering deur die geldvoorraad te vermeerder. ✓✓
• Die ekonomie af te koel deur die geldvoorraad tydens inflasie te verminder. ✓✓
• Ekonomiese stimulering deur die vermindering van die repokoers. Aangesien die
repokoers die rentekoers bepaal, sal kommersiële banke die rentekoers
dienooreenkomstig verminder. ✓✓
• Om die minimum persentasie kontantreserwes aan te pas en sodoende die
geldvoorraad te beïnvloed. ✓✓
• Om die geldvoorraad te beperk met die verkoop van sekuriteite aan banke of die
geldvoorraad te vermeerder met die aankoop van sekuriteite by banke. ✓✓
• Die gebruik van intensiewe morele oortuiging waarin banke versoek word om meer
versigtig lenings toe te staan of hulle aan te moedig om meer lenings goed te
keur. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10 punte)
17
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
SLOT
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank kan ekonomiese groei en ontwikkeling verbeter en
bevorder deur die korrekte ontwerp en implementering van monetêre beleid. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante slot.) (Maks. 2) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
18
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7/v1-246dcbadc0627dabf2f5/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2018 QP (Afr)
%20%20November%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676/v1-0909dc7bc84ae94600fe/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2016 QP (Afr)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2015 QP (Afr)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper