Skip to content

Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11202412 pages

Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the North West November Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

North West November Exam 2024

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 11 EKONOMIE V2 NOVEMBER 2024 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 2 NW/November 2024 Graad 11 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 3 NW/November 2024 Graad 11 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Die … prys van 'n produk dui aan of die produk goedkoper of duurder is in vergelyking met 'n ander produk. A absolute B rak C relatiewe D direkte 1.1.2 Die individuele besigheid binne die perfekte mark sal ... wins maak in die langtermyn. A normale B nul C ekonomiese D bonormale 1.1.3 Wanneer die vraag na 'n produk afneem met 'n toename in inkomste, is dit 'n … produk. A abnormale B meerderwaardige C normale D minderwaardige 1.1.4 Wanneer 'n produk … is, moet produsente pryse verlaag om inkomste te verhoog. A relatief elasties B volmaak elasties C unitêr elasties D volmaak onelasties 1.1.5 … is die praktyk om beheer oor 'n ander land te neem. A Kapitalisme B Kolonialisme C Ideologie D Uitbuiting Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 4 NW/November 2024 Graad 11 1.1.6 Die … monitor internasionale handelsooreenkomste. A Internasionale Monetêre Fonds B Wêreldhandelsorganisasie C Wêreldbank D Algemene Ooreenkoms oor Tariewe en Handel 1.1.7 … is 'n beleid wat daarna streef om 'n basiese lewensgehalte vir alle mense te bied. A Koolstofkrediete B Internasionale protokolle C Volhoubare ontwikkeling D SMOG 1.1.8 Die omgewingsheffing op koolstofdioksied-vrystellings van nuwe motor voertuie wat in Suid-Afrika vervaardig word. A Bemarkbare permitte B Kwaliteit standaarde C Vrywillige ooreenkomste D Groenbelasting (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Inflasie A 'n reusemaatskappy met takke in ander lande 1.2.2 Korttermyn B lone, elektrisiteit en brandstof 1.2.3 Nutseenheid C 'n volgehoue verhoging in die algemene 1.2.4 Komplimentêre prysvlak produkte D unieke produkte 1.2.5 Ontbossing E nie alle kostes kan aangepas word nie 1.2.6 Heterogeen F bevrediging verkry uit die verbruik van 1.2.7 Veranderlike koste goedere en dienste 1.2.8 Multinasionale G vernietiging van woude om plek te maak korporasie vir behuising H goedere wat in samewerking met mekaar gebruik word I totale bevrediging van die verbruik van plaasvervangers (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 5 NW/November 2024 Graad 11 1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Vraag word net gevra ter wille van wat dit kan lewer en nie om sy eie onthalwe nie 1.3.2 Groot besighede wat gewoonlik prysveranderings in die mark inisieer 1.3.3 Lande wat nuwe beleggingsgeleenthede bied 1.3.4 Die verwydering van handelsversperrings tussen lande 1.3.5 Beweging van mense uit landelike gebiede na stedelike gebiede 1.3.6 Gasse wat hitte in die atmosfeer vasvang (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 6 NW/November 2024 Graad 11 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE produksiefaktore. (2 x 1) (2) 2.1.1 Hoekom sal 'n besigheid kostes hê, wanneer produksie nul is? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: https://siddharthnair98.medium.com/cola-war] 2.2.1 Noem EEN produk handelsmerk wat in die spotprent hierbo uitgebeeld word. (1) 2.2.2 Identifiseer die verwantskap tussen die produkte in die spotprent hierbo. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term monopolistiese mededinging. (2) 2.2.4 Hoekom sal verskaffers van hierdie tipe produkte aanbevole verkoopspryse hê? (1 x 2) (2) 2.2.5 Hoe kommunikeer verskaffers in hierdie marksegment hul uniekheid aan verbruikers? (2 x 2) (4) 2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 7 NW/November 2024 Graad 11 TOTALE KOSTE SKEDULE Vaste Veranderlike Totale Gemiddelde Marginale Hoeveelheid koste (VK) koste (VK) koste (TK) koste (GK) koste (MK) 0 R100 R0 R100 R0 R0 5 R100 R90 R190 R38 R18 10 R100 R190 R290 R29 R20 15 R100 R320 R420 R28 R26 20 R100 R460 R560 R28 R28 25 R100 R650 R750 R30 R38 30 R100 R860 R960 R32 R42 35 R100 R1 160 R1 260 R36 R60 40 R100 R1 500 R1 600 R40 R68 2.3.1 Identifiseer die skedule in die tabel hierbo. (1) 2.3.2 Wat is die totale koste (TK) om 35 eenhede te vervaardig? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term skaalbesparing. (2) 2.3.4 Verduidelik die konsep langtermyn in terme van koste in ʼn besigheid. (2) 2.3.5 Verduidelik die vorm van die marginale kostekromme (MK). (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik met behulp van 'n grafiek hoe 'n onderneming sy wins maksimaliseringsvlak kan bepaal. (2 x 4) (8) 2.4 Ondersoek die implikasie van nie-prysmededinging op oligopolie. (4 x 2) (8) [40] VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 8 NW/November 2024 Graad 11 3.1.1 Noem enige TWEE multinasionale ondernemings wat in Suid - Afrika handeldryf. (2 x 1) (2) 3.1.2 Verduidelik die verband tussen armoede en omgewingsverval. (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Tegnologie Vrye beweging Multinasionale van kapitaal korporasies Globalisering Arbeidsmobiliteit Verlaagde tariewe Verbeterde vervoer [Bron: https://www.economicshelp.org/blog] 3.2.1 Identifiseer EEN oorsaak van globalisering in die diagram hierbo. (1) 3.2.2 Noem EEN organisasie wat betrokke is by die bevordering van globalisering. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term globalisering. (2) 3.2.4 Hoekom dryf lande handel? (1 x 2) (2) 3.2.5 Verduidelik die belangrikheid van die verbetering van infrastruktuur op die groei in globalisering. (2 x 2) (4) 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 9 NW/November 2024 Graad 11 OMGEWING (BUITELUG) LUGBESOEDING Sleutelfeite: Lugbesoedeling is een van die grootste omgewingsrisiko's vir gesondheid. Deur die vlakke van lugbesoedeling te verminder, kan lande die las van siektes soos beroertes, hartsiektes, longkanker en beide chroniese en akute respiratoriese siektes, insluitend asma, verminder. In 2019 het 99% van die wêreld se bevolking op plekke gewoon waar die WGO se luggehalte-riglyne nie nagekom is nie. Die gekombineerde uitwerking van omgewingslugbesoedeling en huishoudelike lugbesoedeling word jaarliks met 6,7 miljoen voortydige sterftes geassosieer. Omringende (buitelug) lugbesoedeling het na raming 4,2 miljoen voortydige sterftes wêreldwyd in 2019 veroorsaak. Sowat 89% van daardie voortydige sterftes het in lae- en middelinkomstelande voorgekom, en die grootste getal in die WGO se Suidoos-Asië en Westelike- Stille Oseaan streke. Beleide en beleggings wat skoner vervoer, energiedoeltreffende huise, kragopwekking, nywerheid en beter munisipale afvalbestuur ondersteun, sal sleutelbronne van buitelugbesoedeling verminder. Toegang tot skoon huishoudelike energie sal ook omgewingslugbesoedeling in sommige streke aansienlik verminder. [Bron: https://www.who.int/news-room/fact-sheets] 3.3.1 Noem die gesondheidsorganisasie wat die navorsing saamgestel het in die uittreksel hierbo. (1) 3.3.2 Identifiseer die bruin omgewingskwessie wat in die uittreksel hierbo bespreek is. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term geneties gemodifiseerde organismes. (2) 3.3.4 Verduidelik die impak van CO2 (koolstofdioksied) vrystellings op die Suid-Afrikaanse ekonomie. (1 x 2) (2) 3.3.5 Hoe kan Suid-Afrika hul 350 – 420 MtCO2e (metrieke ton koolstofdioksied-ekwivalent) teiken bereik teen 2030? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek die doelwitte van die Wêreldhandelsorganisasie. (4 x 2) (8) 3.5 Analiseer landbou-ontwikkeling, ontbossing en gronddegradasie as probleme wat die omgewing bedreig. (2 x 4) (8) [40] VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 10 NW/November 2024 Graad 11 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE produkte waar vraag nie deur prysstygings of prysdalings beïnvloed word nie. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe verbeter handelsliberalisering ekonomiese ontwikkeling? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. PRYSELASTISITEIT VAN AANBOD A Prys/Inkomste/Koste R5 R3 A 0 100 150 Hoeveelheid 4.2.1 Noem die tipe pryselastisiteit van aanbod wat in die grafiek hierbo geïllustreer word. (1) 4.2.2 Identifiseer die hoeveelheid verskaf, teen R5,00 per eenheid. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term pryselastisiteit van aanbod. (2) 4.2.4 Hoekom kan 'n boer nie die aanbod van sy produk verhoog as die prys van sy produk verhoog nie? (1 x 2) (2) 4.2.5 Bereken pryselastisiteit van aanbod (PEA). Toon ALLE berekeninge. (2 x 2) (4) 4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 11 NW/November 2024 Graad 11 AARDEDAG ENIGE ANDER DAG Sug! Plaas- mark Aarde [Bron: https://www.nbcnews.com/news/world/five-great-earth-day-cartoons] 4.3.1 Identifiseer die omgewingsdag wat in die spotprent hierbo gevier word. (1) 4.3.2 Noem die belangrikheid daarvan om mense bewus te maak van die toestand van die omgewing. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term volhoubare ontwikkeling. (2) 4.3.4 Verduidelik hoe Suid-Afrika wetgewing gebruik om die omgewing te beskerm. (1 x 2) (2) 4.3.5 Hoe sal prysgedrewe metodes geïmplementeer word om die impak van besoedeling te verminder? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kortliks die faktore wat die elastisiteit van vraag bepaal. (4 x 2) (8) 4.5 Evalueer direkte buitelandse investering as 'n rede vir globalisering. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 12 NW/November 2024 Graad 11 AFDELING C 40 PUNTE – 40 PUNTE Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is die laerorde-antwoord. Maks. 2  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf.  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.  MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Maks. 26 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/ Verduidelik/Assesseer/Debatteer/Teken 'n grafiek en verduidelik 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Maks. 10 Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/ Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe/Stel voor/Analiseer 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende insluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling van feite wat reeds genoem is  Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise te versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL: 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail die kenmerke van volmaakte markte en monopolieë. (26)  Analiseer die verskillende tipes doelwitte wat 'n sakeonderneming moet bereik. (10) [40] VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Debatteer die positiewe en negatiewe gevolge van globalisering. (26)  Analiseer die impak van die Noord/Suid-verdeling op globalisering. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all