Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
EKONOMIE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 


%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6b67e6d2-13b6-4ae0-82b3-20b6593e609b/v1-e2da5fe07f9ef2387faa/card.webp)


View all

_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)


Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)
Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: Verpligtend
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Beantwoord vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van jou
antwoorde moet voldoen aan die kognitiewe vereistes van die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
6. Lees AL die vrae sorgvuldig deur.
7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
8. Laat 2 tot 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg oorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 1.1.9 C.
1.1.1 Wat sal die ekonomiese wins wees as jy ’n inkome van R10 000,
eksplisiete koste van R6 000 en implisiete koste van R2 500 het?
A 10 000
B 1 500
C 500
D 15 000
1.1.2 Gemiddelde veranderlike koste word bereken deur ...
A veranderlike koste te deel deur die aantal eenhede geproduseer.
B vaste koste te deel deur die eenhede geproduseer.
C vaste koste minus veranderlike koste.
D totale koste plus vaste koste.
1.1.3 ’n Positiewe waarde van kruiselastisiteit van vraag, sal ...
A in die teenoorgestelde rigting as prys beweeg.
B nie beïnvloed word deur prys nie.
C in dieselfde rigting beweeg as prys.
D onafhanklik wees van verwante goedere.
1.1.4 EEN van die volgende is ’n bydraende faktor tot die Noord-Suid-
verdeling.
A Beweeglikheid van arbeid
B Verhoogde pryse
C Politieke stabiliteit
D Koers van ontwikkeling
1.1.5 Totale nut kan gedefinieer word as ...
A totale bevrediging verkry deur alle nut bymekaar te tel.
B bevrediging verkry uit die verbruik van die laaste eenheid.
C meting van die waarde van bevrediging.
D die verskil in metings van nut.
1.1.6 Omgewings-degradering kan beskryf word as ...
A toegelaat word dat landbou-afloop lei tot die uitroei en doodmaak
van vis stroomaf.
B die gebruik van sonkrag teen ’n versnelde koers.
C die gebruik van olie om brandstof mee te maak.
D herwinning.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
1.1.7 Die Wet op Nasionale Bosbou streef daarna om ...
A kwaliteit lug te beskerm en te verbeter.
B te verseker dat plaaslike gemeenskappe deel in die voordele van
woude.
C standaarde vir rommelverwydering te stel.
D volhoubare bestuur aan te moedig en woude te ontwikkel en te
beskerm.
1.1.8 Uitvoerbevordering verwys na ...
A die produksie van goedere wat voorheen ingevoer is.
B die subsidiëring van produsente om meer vir uitvoer te produseer.
C die verwydering van handelsbeperkings.
D reëls in verband met handel wat wêreldwyd dieselfde is. (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld. 1.2.2 H.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Verlies A vind plaas wanneer lande besluit om
ekonomies saam te werk
1.2.2 Monopolieë B ’n buitelandse maatskappy investeer in
besighede in ander lande se fisiese bates
1.2.3 Streekvorming C paar groot verkopers oorheers die mark
1.2.4 Inkome elastisiteit D mense het ’n neiging om te probeer
van vraag voorkom dat fauna en flora uitsterf
1.2.5 Buitelandse direkte E hindernisse beskerm hulle teen
investering mededinging van ander besighede
F meet die reaksie van vraag tot die
verandering in inkome
1.2.6 Omgewings- G uitbuiting van natuurlike hulpbronne
volhoubaarheid sonder om die ekologiese balans in ’n
gebied te versteur
1.2.7 Oligopolie H vind plaas wanneer ’n besigheid se
kostes sy inkome oorskry
1.2.8 Private eiendomsreg I ’n formele ooreenkoms tussen lande
J mense gee om vir flora en fauna indien
hulle regte gegee word om dit te besit
(8 x 1) (8)
Kopiereg oorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 5
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Vind plaas wanneer die eenheidskoste daal terwyl die hoeveelheid
geproduseer toeneem
1.3.2 Baie kopers en verkopers verkoop gedifferensieerde produkte
1.3.3 ’n Situasie waar arm families nie uit armoede kan wegbreek nie
1.3.4 ’n Periode waar slegs een produksiefaktor aangepas kan word
1.3.5 Die bekendstelling van besoedelingsfaktore tot die omgewing
1.3.6 Aanwyser wat oor die algemeen gebruik word om inkomeverspreiding
tussen groepe mense aan te dui (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE voorbeelde van vaste koste. (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat sal ’n produsent aanmoedig om voort te gaan om sy produksie te
laat toeneem? (2)
2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MARK VIR PETROL
PETROLMARK
PRYS V A1
A
E2
P1
P E
A1
V
A
H1 H HOEVEELHEID
2.2.1 Wat is die impak op die prys en hoeveelheid deur die skuif van die
aanbodkurwe van AA na A1A1? (2)
2.2.2 Verduidelik die frase omgekeerde verhouding. (2)
2.2.3 Wat kan die oorsaak wees van ’n skuif van die aanbodkurwe van
AA na A1A1? (2)
2.2.4 Teken die grafiek van die komplementêre produk (petrol) en dui aan
wat die reaksie sal wees. (4)
Kopiereg oorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 7
2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OLIGOPOLIEË
ʼn Paar groot oligopolieë domineer ’n oligopoliemark, d.w.s. ʼn aantal
maatskappye wat selfone vervaardig domineer die selfoonnetwerk in Suid-
Afrika. Die produkte is dieselfde en word deur ’n paar maatskappye verkoop.
Verder verkry die produkte handelsmerke a.g.v. uitermatige mededinging en
omdat daar groot langtermyn toegangshindernisse is, maak die maatskappye
buitensporige winste. Die mededingende maatskappye het ’n ongewone
interafhanklikheid, tot by die punt dat hulle byna as een funksioneer.
[Aangepas uit Markitects./co.za]
2.3.1 Noem enige TWEE kenmerke van ’n oligopolie volgens die uittreksel. (2)
2.3.2 Verduidelik die begrip toegangshindernis. (2)
2.3.3 Waarom vind samespanning tussen maatskappye plaas? (2)
2.3.4 Hoe help handelsmerke om ’n maatskappy te bedryf in ’n oligopolie
markstruktuur? (2 x 2) (4)
2.4 Bespreek aard van die produk en toetrede as kenmerke van ’n volmaakte
mark, kortliks. (8)
2.5 Verduidelik, met die hulp van grafieke, hoe ’n toename in die vraag na ’n
produk, die faktormark kan beïnvloed. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE aspekte wat die vlak van ontwikkeling in ’n land
aandui. (2 x 1) (2)
3.1.2 Waarom is dit vir ons belangrik om die omgewing te onderhou? (2)
3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VRYMAKING VAN DIE HANDEL
[Bron: www.cartoonstock.com]
3.2.1 Watter ekonomiese begrip kan geassosieer word met ‘Die aarde is rond,
ons sal daar uitkom’? (1)
3.2.2 Waarvoor staan die afkorting WHO? (1)
3.2.3 Verduidelik kortliks die begrip vryhandel. (2)
3.2.4 Verduidelik die verhouding tussen vergelykende voordeel en vryhandel. (2)
3.2.5 Watter voordeel sal lande trek uit die gebruik van ’n vryhandelsbeleid? (4)
Kopiereg oorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 9
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BESKERMING VAN DIE OMGEWING
Die aarde is ’n ekosisteem wat beskerming verdien. Sonder ons omgewing,
sal dit onmoontlik vir ons as mense wees om te floreer. Dit is elkeen van ons
se plig om te help om die omgewing te beskerm. Elke keer wanneer jy die
hoeveelheid water wat jy gebruik verminder, brandstof bespaar,
elektrisiteitsverbruik verminder, verhoed dat items op stortingsterreine
beland of natuurlike hulpbronne bespaar, help jy die omgewing beskerm op
belangrike maniere.
[Bron: www.consumerprotect.com]
3.3.1 Identifiseer enige TWEE maniere, uit die uittreksel, hoe om die
omgewing te beskerm. (2)
3.3.2 Beskryf kortliks die begrip ekosisteem. (2)
3.3.3 Verduidelik prysbeleid as ’n metode om die omgewing te beskerm.
(1 x 2) (2)
3.3.4 Waarom is dit belangrik vir mense om die omgewing te beskerm? (4)
3.4 Verduidelik veranderinge in indiensnemingsvoorwaardes en veranderinge in
kultuur as gevolge van globalisasie. (8)
3.5 Waarkom dink jy is dit belangrik vir die ekonomie en die omgewing om na
woude te sien? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE lidlande van die SAOG-streek. (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom hel die gemiddelde vastekoste-kurwe opwaarts van links na
regs? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MK
Prys
GTK
P e MI / GI
0
Hoeveelheid
4.2.1 Watter markstruktuur word hierbo voorgestel? (1)
4.2.2 Watter soort wins word in bostaande grafiek aangetoon? (1)
4.2.3 Verduidelik kortliks punt ‘e’ op die grafiek. (2)
4.2.4 Verduidelik die helling van die marginalekoste-kurwe. (2)
4.2.5 Hoekom is MI en GI gelyk aan mekaar in die grafiek? (4)
Kopiereg oorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 11
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VERLIES AAN BIODIVERSITEIT EN GLOBALE KLIMAATSVERANDERING
Globale klimaatsverandering vind vandag plaas teen ’n ongekende koers,
hoofsaaklik as gevolg van ’n styging in die vrystelling van kweekhuisgasse soos
CO2. Globale temperature het toegeneem met ongeveer 0,6–0,7 °C en dit word
voorspel dat dit verder sal styg tot 1,4 – 5,8 °C in 2100. Verlies aan biodiversiteit
het ’n ernstige kwessie geword in baie plekke regoor die wêreld. Baie faktore
soos ’n verlies aan habitat, agteruitgang, oormatige lading van voedingstowwe,
lug- en waterbesoedeling, oorbenutting en onvolhoubare gebruik van natuurlike
hulpbronne dra by tot die verlies aan biodiversiteit.
4.3.1 Noem enige TWEE faktore wat tot die verlies aan biodiversiteit bydra.
(2 x 1) (2)
4.3.2 Wat is die hoofoorsaak van klimaatsverandering? (2)
4.3.3 Verduidelik kortliks bruin omgewingskwessies. (2)
4.3.4 Hoe beïnvloed klimaatsveranderinge die ekonomiese omgewing?
(2 x 2) (4)
4.4 Bespreek kortliks die SMART-beginsel om doelwitte vir besighede te ontwerp. (8)
4.5 Hoe sal Suid-Afrika voordeel trek uit integrasie met ander ekonomieë? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.
ʼn Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp
verband hou, te definieer. Maks. 2
Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Maks. 26
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Differensieer/
Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Trek 'n grafiek en verduidelik/ Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle Maks. 10
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
ʼn Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
reeds genoem is, te herhaal Maks. 2
Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
ʼn Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek soorte pryselastisiteit van vraag met behulp van grafieke met volledige
byskrifte. (26)
Watter redes sal jy verskaf vir die reaksie van verbruikers tot prysveranderinge? (10)
[40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die oorsake van armoede in detail. (26)
Was Suid-Afrika suksesvol in sy pogings om die uitdagende kwessies van armoede
aan te spreek? (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg oorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6b67e6d2-13b6-4ae0-82b3-20b6593e609b/v1-e2da5fe07f9ef2387faa/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)
More from Grade 11 Economics

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Mpumalanga June 2024 Memo

Memorandum