Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
EKONOMIE V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 


%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f/v1-119e7c2a8c8fe00ddddf/card.webp)


View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9/v1-82fd7d39bb1666f71aa2/card.webp)

Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)
Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 886.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A Ekonomiese huur
1.1.2 B Voorkeurverkryging
1.1.3 D Semi-duursaam
1.1.4 C Bruto Binnelandse Produk
1.1.5 B Volle indiensname
1.1.6 D Kapitaalwins-belasting
1.1.7 A Eiendom subsidie
1.1.8 D Vryhandelgebied (8 X 2) (16)
1.2 PAS ITEMS
1.2.1 D Wanneer ʼn land se kapitaal-voorraad toeneem teen dieselfde
koers as die arbeidsmag
1.2.2 F Waarde van alle bates wat individue, besighede en die
regering besit
1.2.3 B Betrokke in die produksie of ontginning van grondstowwe
1.2.4 E Gebeur wanneer produksiefaktore nie optimaal toegeken
word nie
1.2.5 C Rekords van alle finale goedere en dienste wat ʼn land
produseer en die waarde daarvan
1.2.6 A Meet die lewenskoste
1.2.7 I Persentasie van mense in ʼn land wat kan lees en skryf
1.2.8 G Verbruikers kan betaal vir hul aankope (8 x 1) (8)
1.3 GEE BEGRIP
1.3.1 Geslote
1.3.2 Entrepreneur
1.3.3 Tasbare
1.3.4 Monetêre beleid
1.3.5 Produktiwiteit
1.3.6 Rente (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V1 3
AFDELING B Beantwoord TWEE van die vrae uit hierdie afdeling
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem TWEE sosiale dienste wat die regering verskaf.
Onderwys
Gesondheid
Sosiale beskerming
Behuising
Openbare orde en veiligheid
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom word intermediêre goedere en dienste uitgesluit by die
berekening van die waarde van die BBP?
Insluiting daarvan sal lei tot dubbeltelling.
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Wat word in bostaande tabel geïllustreer?
Bruto toegevoegde waarde teen konstante pryse (1)
2.2.2 Watter ekonomiese aktiwiteit het die meeste bygedra in 2017?
Vervaardiging (1)
2.2.3 Verduidelik kortliks die begrip konstante pryse.
Is pryse waarby inflasie ingesluit is
Ook bekend as reële pryse
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
2.2.4 Hoe word die BTW teen basiese pryse omgeskakel na BBP teen
markpryse?
BTW teen basiese pryse plus belasting op produkte minus
subsidies op produkte is gelyk aan BBP teen markpryse. (2)
2.2.5 Bereken die totale bydrae van die sekondêre sektor tot die BBP
teen konstante pryse vir 2016. Toon alle berekeninge.
98 396 +16 297 + 27 789 = 142 482
OF 142 482 slegs 2 punte (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Watter soort ekonomiese stelsel word hierbo weerspieël?
Gemengde ekonomiese stelsel (1)
2.3.2 Wie ken hulpbronne toe in die bogenoemde ekonomiese stelsel?
Regering en private individue (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
2.3.3 Verduidelik die begrip gemengde ekonomiese stelsel.
ʼn Mengsel van mark- en beplande ekonomieë waar hulpbronne
toegeken word volgens die besluite van die privaat sektor en die
regering.
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2)
2.3.4. Watter rol word deur die regering gespeel in hierdie ekonomiese
stelsel?
Regering gebruik beleide en regulasies om die omgewing te skep
en te bewaar bv. regerings sal monopolistiese se gedrag
hokslaan.
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
2.3.5 Hoe doeltreffend is die Suid-Afrikaanse regering m.b.t. diens-
lewering van sosiale dienste?
Vordering is gemaak met die verskaffing van onderwys,
gesondheid en behuising en ander sosiale geriewe aan die
ekonomies gemarginaliseerde groepe.
Die armoede probleem bestaan nog steeds en inkome
ongelykhede bly baie groot.
Intussen versprei MIV/Vigs met rasse skrede.
Sosiale dienslewering is in ʼn krisis in Suid-Afrika.
Daar is onlangs optogte onderneem teen swak dienslewering.
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)
[Aanvaar beide negatiewe en positiewe antwoorde]
(Enige 2 x 2) (4)
2.4 Verskaf kortliks die redes waarom mense gemarginaliseer word.
Mense raak gemarginaliseer om verskeie redes:
Die groot groep is die werkloses waarvan jong werklose mense onder die
ouderdom van 30 ʼn groot gedeelte uitmaak.
Plaaswerkers met geen grond huishoudings met vroue en kinders aan
die hoof, weeskinders, mense wat lei a.g.v. MIV/Vigs.
Baie van hierdie mense het nie ʼn inkome nie en is afhanklik van sosiale
toelaes.
Gemarginaliseerde groepe is die gevolg van diskriminasie bv. geslag,
ras.
Oorlog en konflik lei tot mense wat van hulle huise vlug en
gemarginaliseer raak bv. vlugtelinge en immigrante.
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 4 x 2) (8)
2.5 Hoekom is dit moeilik om reële kapitaal te verander?
Dit is moeilik om reële kapitaal te verander omdat:
Dit beweeglikheid verloor
Reële kapitaal vir verskillende doele aangewend word.
Gebou is beroepsbeweeglik omdat dit vir verskillende doelwitte gebruik kan
word
Dit geografies onbeweeglik is, want dit is onmoontlik om die gebou na ʼn
ander plek te verskuif
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V1 5
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE ekonomiese aanwysers.
Bevolking
Infrastruktuur
Verbruik, armoede en rykdom
Produksie
Regerings finansies
Buitelandse handel
Ekonomiese vryheid en mededingendheid (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe verskil rykdom van inkome?
Rykdom bestaan uit eiendom, voertuie en toerusting wat op ʼn
spesifieke tydperk besit word.
Inkome is die vergoeding wat eienaars van produksiefaktore
ontvang vir die gebruik daarvan in die produksieproses.
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Noem enige vervoerstelsel in Suid-Afrika wat in bostaande
prentjie aangedui word.
Busstelsel/padvervoer
Vliegtuie/lugvervoer
Trein/Gautrein/spoorvervoer (1)
3.2.2 Watter Agentskap onderhou nasionale- en tolpaaie in Suid-
Afrika?
Suid-Afrikaanse Nasionale Pad Agentskap (SANRAL) (1)
3.2.3 Hoekom het die regering die Spoed Bus Vervoerstelsel in Suid-
Afrika ingestel?
Dit spreek opeenhopings op die paaie aan
Dra by tot ekonomiese groei
Verskaf ʼn innoverende manier om hoë kwaliteit openbare
vervoernetwerk te implementeer
Wêreldklas en bekostigbaar
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
3.2.4 Verduidelik die rede waarom die regering geld belê in openbare
vervoer.
Om vervoerstelsel vir beide plattelandse en stedelike gebiede te
verbeter
Om vervoerstelsel meer bekostigbaar te maak vir pendelaars
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.2.5 Wat is die positiewe impak van die Taxi her-kapitalisering
program?
Om ʼn taxi-industrie te hê wat ʼn sterk ekonomie ondersteun
Plaas passasiers eerste en voldoen aan die land se sosio-
ekonomiese doelwitte.
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
3.3 DATA RESPONSE
3.3.1 Waarvoor staan SAOG?
Suider-Afrikaanse Ontwikkelings Gemeenskap (1)
3.3.2 Noem enige lidstaat van die SAOG in bostaande kaart.
Suid-Afrika
Lesotho
Namibië
Botswana
Swaziland
Mosambiek
Angola
DRK
Tanzanië
Mauritius
Seychelles
Zimbabwe (Enige 1 x 1) (1)
3.3.3 Wat is die hooffokus van die SAOG?
Bevorder ekonomiese samewerking en integrasie tussen
lidlande
Versterk streek eenheid, vrede en sekuriteit
Bekendstel van gemeenskaplike ekonomiese, politieke en sosiale
waardes en stelsel
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
3.3.4 Verduidelik kortliks verstedeliking as ʼn sosiale aanwyser.
Suid-Afrika is die negende mees verstedelikte land in Afrika
Die vlak van verstedeliking van ʼn land is ʼn aanwyser van die vlak
van ontwikkeling
Nywerheidsaktiwiteite is ʼn trekkrag en sulke aktiwiteite gebeur in
stedelike gebiede
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
3.3.5 Hoe beïnvloed die MIV/Vigs epidemie die ekonomiese groei?
Miljoene kinders is wees gelaat
Die aantal onderwysers neem af en dit verlaag die kwaliteit van
onderwys
Besighede sukkel om siek personeel te betaal en nuwe werkers
op te lei
Produktiwiteitsvlakke van die arbeidsmag word ook negatief
beïnvloed
Indiensname het afgeneem
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V1 7
3.4 Verduidelik kortliks hoe rykdom geskep word deur besparings.
Rykdom word geskep deur besparings: selfs al is rykdom oorgeërf,
iemand uit ʼn vorige geslag moes die geld gespaar het met die doel om die
bate aan te koop
Besparing kom van inkome, inkome wat nie bestee word nie, word
gespaar
Mense akkumuleer rykdom, of spaar wanneer hulle nie al hulle inkome
bestee nie
Hulle vergaar rykdom wanneer hulle hul kontant hou, deposito’s maak, geld
belê en premies betaal op versekeringspolisse
Besighede investeer hul winste ten einde hulle besigheid uit te brei
Regerings vergaar rykdom en spaar wanneer dit ʼn surplus op die begroting
het.
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 4 x 2) (8)
3.5 Hoekom is inheemse kennisstelsels belangrik vir plaaslike
gemeenskappe?
IKS is belangrik deurdat dit:
Sosiale en ekonomiese ontwikkeling volhou.
Mense help om plaaslike toestande te verstaan
Verskaf ʼn produktiewe raamwerk vir aktiwiteite wat daarop gemik is om
gemeenskappe te help.
Planne bied vir probleemoplossing of strategieë vir plaaslike
gemeenskappe, veral die armes.
ʼn Belangrike bydrae lewer to globale ontwikkelings kennis.
Dit bronne in die ontwikkelings proses onderbenut.
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) Maks. 8
[40]
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1 Noem TWEE soorte primêre sektor bedrywighede.
Landbou
Visvang-bedryf
Mynbou (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Watter uitwerking het lae ekonomiese groeikoerse op die
ekonomie?
Sal lei tot toename in armoede
Wanvoeding
Minder werksgeleenthede
Honger/hongersnood
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer die metode wat in bostaande tabel gebruik is.
Bestedings metode/BBP (B) (1)
4.2.2 Noem enige ander metode wat gebruik kan word om die BBP teen
markpryse te bereken.
Produksie metode/BBP (P)
Inkome metode/BBP (I) (Enige 1 x 1) (1)
4.2.3 Verduidelik die volgende komponente: BBB (GDE) = C+ G+ I.
Bruto binnelandse besteding = Verbruiksbesteding deur huishoudings
+ Staatsbesteding + Investering deur Suid-Afrikaanse besighede (2)
4.2.4 Verduidelik kortliks die begrip ‘Bruto Binnelandse Besteding’.
BBB dui op die totale geldwaarde wat binne die grense van ʼn land
bestee word
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2)
4.2.5 Bereken die BBP teen markpryse. Toon alle berekeninge.
360 000 + 45 000 – 65 000 = 340 000
OF 340 000 [as slegs die antwoord gegee is, 2 punte] (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Watter persentasie is die inskrywings in hoërskole? (1)
57%
4.3.2 Watter invloed het die geletterdheidskoers op rykdom?
Minder werksvooruitsigte (1)
4.3.3 Wat lei tot die lae inskrywings by tersiêre onderwys?
Matriekdruipelinge
Versuim om te voldoen aan vereistes vir toelating
Gebrek aan motivering
Sosio-ekonomiese redes
Tiener swangerskappe
Armoede
Dwelmmisbruik
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
4.3.4 Verduidelik hoe ʼn gebrek aan onderwys kan lei tot lae lewenspeil.
Gebrek aan onderwys kan lei tot:
Lae per capita inkome
Minder toegang tot goedere en dienste
Swak behuising
Lae gesondheidstandaarde
Lae lewensverwagting
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V1 9
4.3.5 Hoe behoort hoë onderwys ongelykhede aangespreek te word
om die lewenspeil in Suid-Afrika te verbeter?
Die lewenspeil kan verbeter word deur:
Behoorlike opleiding en vaardigheidsverbreding van skoolbesture
om meer doeltreffend en effektief te raak
Verskaffing van gesonde opvoedkundige infrastruktuur in die vorm
van laboratoriums en biblioteke
Deur vaardighede van onderwysers te verbeter en hulle her op te
lei
Aandring op ʼn gesonde onderwys en leer omgewing
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
4.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.
Ekonomiese groei Ekonomiese ontwikkeling
Is ʼn toename in die produksie Is ʼn toename in die lewenspeil van
kapasiteit van die mense in ʼn land
ekonomie
Word gemeet as ʼn persentasie Handel met probleme soos onderwys,
verandering in reële BBP geletterdheid, gesondheid,
werkskepping en omgewings
volhoubaarheid
Handel met goedere en Besorg oor mense en menslike
dienste ontwikkeling
Is nodige inset vir ekonomiese Groei behoort te lei tot ontwikkeling
ontwikkeling
(Enige 2 x 2) (Enige 2 x 2) (8)
4.5 Hoekom is kapitaalvorming belangrik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie?
Kapitaalgoedere verhoog die doeltreffendheid van arbeid en verhoog
ekonomiese aktiwiteite
Dit verhoog die land se vermoë om rykdom te produseer
Wanneer die kapitaalvoorraad van ʼn land groei, teen ʼn koers wat hoër is
as die groeikoers van die arbeidsmag, lei dit tot ʼn toename in die reële
BBP.
Skep werksgeleenthede
Dui aan hoeveel van die nuwe toegevoegde waarde in die ekonomie is
geïnvesteer eerder as verbruik
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) Max.8 (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING C (BEANTWOORD EEN VRAAG UIT HIERDIE AFDELING)
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING:
Inleiding:
ʼn Goeie beginpunt is om ʼn begrip of sleutelwoord te definieer
wat in die vraag voorkom.
Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal
nie.
Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan Maks. 2
bespreek.
Inhoud:
Hoofgedeelte: Bespreek in in detail/In-diepte bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer
Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Maks.. 26
Addisionele gedeelte: Eie opinie/Bespreek krities/
Evalueer/Kritiese evaluasie/Teken ʼn grafiek en
verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi
die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Onderskei/
Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor/Gebruik die
inligting en argumenteer, debatteer, evalueer ... Maks. 10
Slot:
Die slot is ʼn opsomming van wat bespreek is in die inhoud en
behoort ʼn hoërorde antwoord te wees.
Die slot kan in die vorm wees van ʼn eie opinie met voorbeelde
om die bespreking te ondersteun of weersprekende siening
van wat bespreek is.
Geen aspek van die inleiding of die inhoud mag in die slot
ingesluit word nie. Maks. 2
TOTAAL: 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die eienskappe van arbeid kortliks. (26 punte)
Teken ʼn grafiek wat ʼn vaste aanbod van grond aandui en verduidelik kortliks hoe
ʼn styging in vraag ʼn uitwerking sal hê op die huur. (10 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V1 11
INLEIDING
Arbeid is die gebruik van geestelike en fisiese menslike krag om goedere en dienste
te produseer en ʼn vergoeding te ontvang in die vorm van ʼn inkome.
(Aanvaar enige korrekte toepaslike inleiding) Maks. 2
HOOFGEDEELTE
Eienskappe van arbeid
Arbeid kan nie van die werker geskei word nie
Arbeid word verskaf deur mense en kan nie van hul menswees geskei word
nie
Die kwaliteit van ʼn mens se werk word beïnvloed deur sy gevoelens.
Algemene werkstevredenheid, wat regverdige vergoeding en aangename
werksomstandighede insluit, dra by tot die kwaliteit en kwantiteit van werk wat
gedoen word.
Arbeid kan nie gestoor of gebêre word nie
Mense kan nie hulle werk wegbêre nie, byvoorbeeld as hulle jonk en gesond
is en dit dan verkoop wanneer hulle oud en onproduktief is
Arbeidsvermoë, of dit nou gebruik is of nie, verdwyn met tyd.
Arbeid wat tydens ʼn staking verlore is, kan nooit weer teruggekry word
nie
Die arbeidsmoeite wat jy versuim het om in te sit toe jy partytjie gaan hou het,
op die vooraand van ʼn eksamen, is verewig verlore
Arbeid verskil in kwaliteit
Die kwaliteit van werk wat deur identies opgeleide persone gedoen word, of
selfs deur dieselfde persoon op verskillende tye, kan en is geneig om te
verskil
Hoe meer omvattend en ingewikkeld ʼn taak is, hoe groter is die verskil in die
kwaliteit van die werk
Hoe eenvoudiger en korter die taak, hoe minder verskil is daar
Daarom is arbeidspesialisasie onafwendbaar
Take word korter en eenvoudiger gemaak
Dit verseker dat die kwaliteit van werk konsekwent is
Die vraag na arbeid is ʼn afgeleide vraag
Die vraag na arbeid is ʼn afgeleide vraag omdat dit afhang van die vraag na die
goedere en dienste wat met behulp van die arbeid insette geproduseer
word.
Die vraag na arbeid hang ook af van die produktiwiteit van die werkers asook
die beskikbaarheid van die ander produksiefaktore.
Die aanbod van arbeid hang af van die grootte en samestelling van die
bevolking sowel as migrasie
Die kwaliteit van arbeid wat in enige land aangebied word, hang af van die
grootte en groeikoers van die bevolking, die samestelling van die bevolking en
gedeelte van die bevolking wat kan en wil werk.
Arbeid is redelik onbeweeglik
Werkende mense is normaalweg nie geneë om te trek nie, so arbeid wor
beskou as redelik onbeweeglik
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
Die aanbod van arbeid kan nie verhoog word oor ʼn kort tydperk nie
Die aanbod van arbeid is afhanklik van die gegewe arbeidsmag van ʼn land
As meer werkers in ʼn nywerheid vereis word kan die aanbod van arbeid nie
dadelik styg nie, want beskikbare werkloses moet eers opgelei word
Arbeid is gekoppel aan menseregte
Werkers se prestasies en werkgewers se behandeling van werkers in die
werkplek is gekoppel aan menseregte van individuele werkers
Alle werkers moet hierdie regte respekteer
Maks. 26
(Indien slegs genoem maks. van 8 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V1 13
ADDISIONELE GEDEETE
Teken ʼn grafiek wat ʼn vaste aanbod van grond aandui en verduidelik kortliks
hoe ʼn styging in vraag ʼn uitwerking sal hê op die huur.
Huur vir grond met ʼn vaste aanbod
Huur A
V1
V
R1 E1
Ekonomiese huur
Re E V1
V
A
0
He Hoeveelheid
1 punt vir asse
1 punt vir A
2 punte vir skuif van VV na V1V1
1 punt vir Ekonomiese huur
[Maks. 5 punte]
Die aanbod van grond is vas (AA) en die oorspronklike vraagkurwe vir grond, is
(VV)
Waar VV gelyk is aan AA by punt E, is die ewewigspunt E en die ewewigsprys of
die huurprys Re en die ewewigshoeveelheid Qe
As die vraag na land toeneem, skuif die vraagkurwe na regs na V1V1
Waar V1V1 gelyk is aan A1A1 by punt E1 met die ewewigsprys R1 en
ewewigshoeveelheid Qe
Die verskil tussen Re en R1 is die ekonomiese huur (Maks. 5 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
Slot
ʼn Opgeleide, geleerde arbeidsmag is noodsaaklik vir ʼn land se ekonomiese welstand
omdat hierdie werkers verantwoordelik is vir die meeste van die land se
produksie. (Aanvaar enige korrekte toepaslike slot) (2)
[40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
Bespreek die funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank onder
die volgende hoofde:
Regerings bank (8)
Bank van uitgifte (8)
Banke se bank (10) 26 punte
Hoe sal die Goewerneur van die Reserwebank monetêre beleid
aanwend om die hoeveelheid geld in die land te beïnvloed? 10 punte
INLEIDING
Die sentrale bank is die monetêre owerheid van ʼn land. Suid-Afrika se sentrale bank
is in 1920 gestig. Die hooffunksies van die SARB is om as monetêre owerheid te
dien
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) Maks. 2
HOOFGEDEELTE
Regeringsbankier
Die Reserwebank is die hoofbankier van die staat.
Dit lewer dienste aan die regering wat soortgelyk is aan dié wat handelsbanke
aan hulle klante lewer.
Staatsdepartemente deponeer hulle fondse by die Reserwebank en wissel tjeks
op hulle rekeninge.
Die Reserwebank verskaf ook lenings, buitelandse valuta en finansiële advies
aan die regering.
Verskaf ook monetêre advies aan die regering. Maks. 8
Bank van uitgifte
SARB het die alleenreg om banknote en munte uit te reik.
Die Suid-Afrikaanse Munt Maatskappy munt SA se munte.
Beide hierdie maatskappye is filiale van die SARB.
Die SARB word deur die behoeftes van die ekonomie gelei in die uitreiking an
munte en note. Maks. 8
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V1 15
Banke se bank
SARB verklaar en hou die minimum kontantreserwes wat van alle banke
vereis word ten einde solvent te bly.
SARB tree op as ʼn bank van vereffening deur interbanktransaksies te
hanteer.
Die banke hoef nie verskeie tjeks aan mekaar te betaal nie, maar die SARB
sal die saldo’s tussen die banke vereffen.
Die SARB is ʼn lener in die laaste instansie.
Dit staan lenings toe aan handelsbanke indien die bank ʼn likiditeitsprobleem
ondervind.
Die SARB hou toesig oor die handelsbanke.
Dit verseker dat die banke optree volgens die Wet op Banke.
Die SARB verseker dat alle banke die monetêre beleid toepas.
Maks. 10 punte
Maks. 26 punte
ADDISIONELE GEDEELTE
Hoe sal die Goewerneur van die Reserwebank monetêre beleid aanwend om die
hoeveelheid geld in die land te beïnvloed?
Die SARB kan die hoeveelheid geld in ʼn land beïnvloed deur:
Die geldvoorraad te verhoog deur geld tot die ekonomie toe te voeg
Of die aanbod van geld te verlaag deur geld uit die ekonomie te onttrek
Inkrimping van ekonomiese aktiwiteite tydens resessies en depressies
Die ekonomie te stimuleer deur die geldvoorraad te verhoog
Die ekonomie te laat afkoel deur die aanbod van geld te verminder tydens
inflasie
Die ekonomie te stimuleer deur ʼn daling in die repokoers en rentekoerse
te gebruik sodat banke hulle rentekoerse verlaag
Die aanbod van geld te beïnvloed deur die persentasie van deposito’s wat banke
as kontantreserwes moet hou
Beperking van die aanbod van geld deur sekuriteite te verkoop aan banke
of die teenoorgestelde indien die aanbod van die geldvoorraad moet styg
Morele oorreding om banke te vra om meer versigtig te wees met die
toestaan van lenings
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) Maks. 10 punte
SLOT
Die missie van die SARB is om die interne en eksterne waarde van die rand te
beskerm. Dit het beheer oor alle geldkwessies in Suid-Afrika
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) Maks. 2 (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Eng)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Gauteng June 2018 Memo
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f/v1-119e7c2a8c8fe00ddddf/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 North West June 2018 Memo

Memorandum
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo (Eng)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9/v1-82fd7d39bb1666f71aa2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Eng)

Question paper