Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
EKONOMIE V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers %20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6b67e6d2-13b6-4ae0-82b3-20b6593e609b/v1-e2da5fe07f9ef2387faa/card.webp)





View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)
Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 929.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 B 1 500
1.1.2 A veranderlike koste te deel deur die aantal eenhede geproduseer.
1.1.3 C in dieselfde rigting beweeg as prys
1.1.4 D koers van ontwikkeling
1.1.5 A totale bevrediging verkry deur alle nut bymekaar te tel
1.1.6 A wanneer toegelaat word dat landbou-afloop lei tot die uitroei en
doodmaak van vis stroomaf
1.1.7 D volhoubare bestuur aan te moedig en woude te ontwikkel en te
beskerm
1.1.8 B subsidiëring van produsente om meer vir uitvoer te produseer
(8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 H vind plaas wanneer ’n besigheid se kostes sy inkome oorskry
1.2.2 E hindernisse beskerm hulle teen mededinging van ander
besighede
1.2.3 A vind plaas wanneer ekonomieë besluit om saam te werk
1.2.4 F meet die reaksie van vraag tot die verandering in inkome
1.2.5 B ’n buitelandse maatskappy investeer in besighede in ander lande
se fisiese bates
1.2.6 G uitbuiting van natuurlike hulpbronne sonder om die ekologiese
balans in ’n gebied te versteur
1.2.7 C paar groot verkopers oorheers die mark
1.2.8 J mense gee om vir flora en fauna indien hulle die regte gegee
word om dit te besit (8 x 1) (8)
1.3 1.3.1 Skaalvoordele
1.3.2 Monopolistiese kompetisie
1.3.3 Armoedestrik
1.3.4 Korttermyn
1.3.5 Besoedeling
1.3.6 Gini-koëffisiënt (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 3
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Noem TWEE voorbeelde van vaste koste.
Huur
Lone en salarisse
(Aanvaar enige toepaslike antwoord) (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat sal ’n produsent aanmoedig om voort te gaan om sy
produksie te laat toeneem?
Besighede sal wil produseer waar die addisionele inkome wat hul
ontvang vir elke eenheid, gelyk is aan die addisionele produksiekoste
van die eenheid (2)
2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
2.2.1 Wat is die impak op die prys en hoeveelheid deur die skuif van
die aanbodkurwe van AA na A1A1?
Styging in prys van petrol en ’n daling in hoeveelheid gevra (2)
2.2.2 Verduidelik die frase omgekeerde verhouding.
Soos een veranderlike daal, styg die ander (2)
2.2.3 Wat kan die oorsaak wees van ’n skuif van die aanbodkurwe van
AA na A1A1?
Globale resessie
Styging in die prys van steenkool
Depresiasie van die geldeenheid
(Aanvaar enige toepaslike antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
2.2.4 Teken die grafiek van die komplementêre produk (vir petrol) en
toon aan wat die reaksie sal wees.
Prys van V A
motors
V1
E
P
P1 E1
V
V1
H1 H Hoeveelheid
(4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Noem enige TWEE kenmerke van ’n oligopolie volgens die
uittreksel.
Produkte is soortgelyk en word verkoop deur ’n paar vervaardigers
Produkte het handelsmerke a.g.v. uitsonderlike mededinging
Hindernisse tot toetrede (2 x 1) (2)
2.3.2 Verduidelik die begrip toegangshindernis.
Dit is nie maklik om tot die mark toe of uit te tree nie, ’n hindernis wat
verhoed dat nuwe besighede die mark toetree (2)
2.3.3 Waarom vind samespanning tussen maatskappye plaas?
Hulle span saam met mekaar ten einde winste te maksimeer
Om toetrede tot die mark te beperk
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.3.4 Hoe help handelsmerke om ’n maatskappy te bedryf in ’n
oligopolie-markstruktuur?
Help om:
’n Produk te onderskei van sy mededingende handelsmerke
Handelsmerklojaliteit te bevorder
Klante te lok
(Aanvaar enige korrekte alternatiewe antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 5
2.4 Bespreek aard van die produk en toetrede, as kenmerke van ’n volmaakte
mark, kortliks.
Aard van die produk:
Die produk is homogeen
Dit is in alle opsigte identies, daar is geen handelsmerke nie (2 x 2)
Toetrede:
Toe- en uittrede is gratis
Daar is geen hindernisse tot toetrede nie (2 x 2)
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Maksimum van 4 punte indien slegs genoem) (8)
2.5 Verduidelik, met die hulp van grafieke, hoe ’n toename in vraag na ’n
produk, die faktormark kan beïnvloed.
PRODUKTEMARK FAKTORMARK
V1
A
V1
A
V V
P1
P1
P
P
V1 V1
V
V
h h1 Hoeveelheid H H1 Hoeveelheid
Puntetoekenning – Maksimum 4 punte
Toename in vraag in beide markte = 2 punte
Aanduiding van toename in prys = 1 punt
Aanduiding van die effek van produktemark na faktormark = 1 punt
Wanneer die vraag na ʼn sekere produk in die produktemark toeneem, beïnvloed
dit die vraag na ʼn natuurlike hulpbron wat die produk vervaardig.
Die vraag na die produk vermeerder van VV na V1 V1 . Dit sal lei tot ʼn toename
in vraag in die faktormark van VV na V1 V1.
Dit sal lei tot die toename in prys.
Byvoorbeeld, die styging in die vraag na klere sal lei tot ’n styging in die vraag
na katoen of sy, wat natuurlike hulpbronne is vir die produksie van klere.
(Aanvaar enige korrekte relevante interpretasie) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 3
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE aspekte wat die vlak van ontwikkeling in ’n land
aandui.
Ekonomiese aktiwiteit / Groei
Vlakke van indiensname
Vlakke van armoede
Gesondheidsorg en lewensverwagting
Vlakke van onderwys
Sosiale organisasie
Veiligheid en sekuriteit insluitende misdaadvlakke
Bestuur en politieke stabiliteit
(Enige twee korrekte toepaslike antwoorde) (2 x 1) (2)
3.1.2 Waarom is dit vir ons belangrik om die omgewing te onderhou?
Die omgewing is ’n ekostelsel waarvan die gemeenskap en die
ekonomie afhanklik is. Indien dit nie onderhou word nie, sal die
gemeenskap nie oorleef nie en die ekonomie sal nie floreer nie
(Enige korrekte toepaslike antwoord) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Watter ekonomiese begrip kan geassosieer word met die frase ‘Die
aarde is rond, ons sal daar uitkom’?
Globalisasie (1)
3.2.2 Waarvoor staan die afkorting WHO?
Wêreld Handelsorganisasie (1)
3.2.3 Verduidelik kortliks die begrip vryhandel.
Dit is die afskaffing of vermindering van handelstariewe soos
invoerkwotas en doeanebelasting (2)
3.2.4 Verduidelik die verhouding tussen vergelykende voordeel en
vryhandel.
Vryhandel lei tot spesialisasie: ’n land sal fokus op die produkte wat hulle
teen die laagste koste kan produseer, in vergelyking met ander lande
(Aanvaar enige ande korrekte relevante response) (2)
3.2.5 Watter voordeel sal lande trek uit die gebruik van ’n
vryhandelsbeleid?
Verhoog toegang tot beter kwaliteit en goedere met laer pryse
Verhoog ekonomiese groei
Verbeter doeltreffendheid en innovasie
Bevorder mededinging en regverdigheid
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 7
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer enige TWEE maniere, uit die uittreksel, hoe om die
omgewing te beskerm.
Verminder die hoeveelheid water wat jy gebruik
Bespaar op brandstof
Verminder die gebruik van elektrisiteit
Verhoed dat items op stortingsterreine beland
Bespaar op natuurlike hulpbronne (2 x 1) (2)
3.3.2 Beskryf kortliks die begrip ekosisteem.
Dit is ’n plaaslike groep interafhanklike organismes tesame met die
omgewing waar hulle hul bevind en waarvan hulle afhanklik is (2)
3.3.3 Verduidelik prysbeleid as ’n metode om die omgewing te beskerm.
Dit is om die prys van nie-hernieubare hulpbronne te verhoog, veral vir
mense wat dit ondoeltreffend aanwend
Wanneer aanbod beperk is en vraag neem steeds toe, sal die
ewewigsprys toeneem
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2)
3.3.4 Waarkom is dit belangrik vir mense om die omgewing te beskerm?
Die ekostelsels waarbinne ons lewe, voorsien dienste vir mense en alle
ander spesies
Ons woude verwyder koolstofdioksied en ander besoedelingstowwe uit
die lug wat ons inasem en dit koel ook die lug se temperatuur af
Ons vleilande bewaar stormwater
Omgewing ondersteun lewe
As die omgewing beskerm word, is ons verseker van beter
gesondheid, voedsel ens. kwaliteit lug
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (4)
3.4 Verduidelik veranderinge in indiensnemingsvoorwaardes en veranderinge
in kultuur as gevolge van globalisasie.
Veranderinge in indiensnemingsvoorwaardes:
Globalisasie veroorsaak dat MNO’s BDI’s maak in besighede in ontwikkelende
lande en dit skep werksgeleenthede
BDI’s verskaf lonende werksgeleenthede
Dit het gelei tot werksverlies in ontwikkelde lande (2 x 2)
Veranderinge in kultuur:
Daar is ’n toename in die begeerte om buitelandse idees te gebruik
Globalisasie het gelei tot verskeie kulture wat saamgevoeg word
Mense van een kultuur ontdek tekortkominge in hulle kultuur wanneer hulle in
kontak kom met ander kulture
Hulle pas aspekte van ander kulture aan wat meer in lyn is met die tye
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
3.5 Waarom dink jy dat dit belangrik is vir die ekonomie en die omgewing om na
woude om te sien?
Daar moet na woude omgesien word omdat:
Menslike wesens afhanklik is daarvan
Dit suurstof genereer of die lug wat ons inasem
Dit in die produksie van meubels, boeke en alle ander houtprodukte word
gebruik
Dit habitatte vir diere verskaf
Dit beskerming teen vermorsing van water bied
Dit gronderosie voorkom
Dit klimaatsveranderinge verminder
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 9
VRAAG 4
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE lidlande van die SAOG-streek.
Angola
Botswana
DRK
Lesotho
Madagaskar
Malawi
Mauritius
Mosambiek
Namibië
Seychelles
Suid-Afrika
Swaziland
Tanzanië
Zambië
Zimbabwe (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom hel die gemiddelde vastekoste-kurwe opwaarts van links na
regs?
Want sy waarde neem af vir elke hoeveelheid wat geproduseer word
(1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Watter markstruktuur word hierbo voorgestel?
Volmaakte mark (1)
4.2.2 Watter soort wins word aangetoon in bostaande grafiek?
Normale wins (1)
4.2.3 Verduidelik kortliks punt ‘e’ op die grafiek.
’n Ewewigspunt waar marginale koste gelyk is aan marginale inkomste (2)
4.2.4 Verduidelik die helling van die marginalekoste-kurwe.
Die marginalekoste-kurwe daal aanvanklik skerp afwaarts, styg dan
geleidelik opwaarts, want daar is ’n verandering in totale koste
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
4.2.5 Hoekom is MI en GI gelyk aan mekaar in die grafiek?
Want die prys is konstant; ekstra inkome word ontvang vir ’n ekstra
eenheid (MI) en dis gelyk aan die prys
En inkome per eenheid is ook gelyk aan die prys
Daarom is marginale inkome gelyk aan gemiddelde inkome
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Noem enige TWEE faktore wat tot die verlies aan biodiversiteit
bydra.
Verlies aan habit
Agteruitgang
Oormatige lading van voedingstowwe
Lug- en waterbesoedeling
Oor-uitbuiting en onvolhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne
(2 x 1) (2)
4.3.2 Wat is die hoofoorsaak van klimaatsverandering?
Aardverwarming (2)
4.3.3 Verduidelik kortliks bruin omgewingskwessies.
Bruin omgewingskwessies fokus op die verstandhouding dat sosiale
kwessies nie van die omgewing geskei kan word nie (2)
4.3.4 Hoe beïnvloed klimaatsveranderinge die ekonomiese omgewing?
Verlies aan habitatte en biodiversiteit het ʼn negatiewe invloed op die
toerisme-sektor want toeriste word gelok deur die skoonheid van die
natuur en inheemse plante
Die landbousektor word negatief beïnvloed want droë seisoene raak
langer en nat seisoene begin laat
Die vervaardiging van hout neem af want woude kan geheel en al
verlore raak
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2 x 2) (4)
4.4 Bespreek kortliks die SMART-beginsel om doelwitte vir besighede te
ontwerp.
Spesifiek: Die idee moet geïdentifiseer en verstaan word, bv. die besigheid
moet die mees winsgewende in die land word
Meetbaar: Dit moet moontlik wees om te toets of te meet of die doelwitte
bereik is. bv. vir ’n besigheid om sy doelwit te bereik, moet dit ’n wins van
R5 000 ’n maand behaal
Haalbaar: Alle partye moet saamstem oor die voorgestelde doelwit
Relevant: Die doelwit moet binne die bereik van die besigheid wees, bv. die
besigheid moet by magte wees om die vereiste wins te realiseer
Tyd spesifiek: Daar moet ’n tydsbeperking wees waarbinne die doel bereik
moet word, bv. die besigheid moet die mees winsgewende wees binne ’n
periode van vyf jaar
(Enige 4 van bogenoemde) (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 11
4.5 Hoe sal Suid-Afrika voordeel trek uit integrasie met ander ekonomieë?
Suid-Afrika sal voordeel trek uit die volgende:
Verlaging in die koste van handel
Verbeterde beskikbaarheid van ’n wyer verskeidenheid van goedere en
dienste
Verbetering in werksgeleenthede
Die mark neig om uit te brei, wat lei tot die deel van tegnologie en die vloei
van investering oor grense heen
Politieke samewerking tussen lidlande lei tot sterker ekonomiese bande
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-TOEKENNING
Inleiding
ʼn Goeie begin sal wees om die begrip of
sleutelwoord wat in die vraag gebruik word, te
definieer.
Sluit ander sinne in om die onderwerp te
ondersteun. Maks. 2
Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding
insluit nie.
Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou
inhoud herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud
gaan bespreek.
Inhoud
Hoofgedeelte: Maks. 26
Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek /
Bespreek krities /Ontleed/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer /
Debatteer
Addisionele gedeelte: Maks. 10
Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer
krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die
gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe
grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik /
Onderskei / Interpreteer / Debatteer
Slot
Enige toepaslike hoër-orde slot wat die volgende
behoort in te sluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is / ontleed
sonder om reeds genoemde feite, in die inhoud, te Maks. 2
herhaal
ʼn Mening of waarde- oordeel oor die bespreekte
feite
Addisionele ondersteunende inligting om bespreking
te versterk / ontleding
ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien
vereis
Aanbevelings
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 13
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek soorte pryselastisiteit van vraag, met behulp van grafieke met
volledige byskrifte. (26)
Watter redes sal jy verskaf vir die reaksie van verbruikers tot
prysveranderinge? (10)
INLEIDING
Pryselastisiteit van vraag meet tot watter mate verbruikers reageer of hoe sensitief
hulle is vir prysveranderinge. Reaksie van hoeveelheid aangevra tot ’n verandering in
prys. (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike inleiding) (2)
INHOUD
Volmaak elastiese vraag
p V
0
Hoeveelheid
Die kleinste % verandering in prys lei tot ’n oneindige % verandering in hoeveelheid
gevra.
Word ook na verwys as oneindige elastisiteit.
Die pryselastisiteit van vraag is ∞. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
Volmaak onelastiese vraag
Prys
V
P2
P1
0 H Hoeveelheid
Die vraag toon geen reaksie op prysveranderinge nie
Die pryselastisiteit van vraag is nul
Dit beteken ’n prysverandering sal lei tot geen verandering in die hoeveelheid
wat verbruikers aanvra nie (5)
Eenheid-elastisiteit vraag
Prys
A
P2
P1
A
H2 H1 Hoeveelheid
0
Vind plaas wanneer ’n spesifieke % verandering in prys lei tot presies dieselfde
% verandering in hoeveelheid aangevra
As ’n prys styg met 10%, sal hoeveelheid aangevra ook met 10% styg
Die waarde van elastisiteit is gelyk aan een (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 15
Relatief elastiese vraag
prys
V
P2
P1 V
0 H2 H1
Hoeveelheid
Vind plaas wanneer ’n klein % verandering in prys, lei tot ’n groter % verandering
in hoeveelheid aangevra
Pryselastisiteit is groter as een, maar kleiner as oneindig
Om inkome te verbeter, behoort pryse verlaag te word (5)
Relatief onelastiese vraag
Prys V
P2
P1
V Hoeveelheid
H2 H1
Vind plaas wanneer hoeveelheid gevra nie so sterk op veranderinge in prys reageer
nie
Pryselastisiteit is minder as 1 maar groter as 0
Om inkome te verbeter, moet pryse styg (5)
(Maks. 8 punte indien slegs genoem en voorbeelde gegee)
(Maks. 5 punte indien slegs genoem en voorbeelde gegee) (26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
ADDISIONELE GEDEELTE
Watter redes sal jy verskaf vir die reaksie van verbruikers tot prysveranderinge?
Die beskikbaarheid van naby substitute: indien ’n naby substituut beskikbaar is,
sal die vraag na ’n produk baie elasties wees, want verbruikers sal verkies om die
substituut te koop.
Die vraag na noodsaaklike produkte soos basiese voedselsoorte, medisyne en
elektrisiteit is prysonelasties omdat dit benodig word vir oorlewing.
Verbruikers reageer maklik op prysstyging vir duursame goedere, want duursame
goedere hou vir ’n lang tydperk, besteding kan uitgestel word.
As pryse daal, sal verbruikers vinnig wees om die produk te koop want hulle
beskou dit as ’n winskoop.
Veranderinge in prys van gewoontevormende produkte sal nie ’n invloed hê op die
hoeveelheid aangevra nie.
Verbruikers is sensitief vir prysveranderings indien ’n produk vir ’n langer periode
gebruik kan word.
As ’n produk slegs een moontlike gebruik het, sal verbruikers meer sensitief wees
wanneer die prys styg.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (10)
SLOT
Dit is belangrik vir produsente om kooppatrone van verbruikers te bestudeer en
dienooreenkomstig te beplan
(Aanvaar enige toepaslike hoër-orde slot) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 17
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die oorsake van armoede in detail.
Was Suid-Afrika suksesvol in sy probeerslae om die uitdagende kwessies
van armoede aan te spreek?
INLEIDING
Armoede is wanneer dit nie vir mense moontlik is om in hulle basiese behoeftes te
voorsien nie en hul lewenspeil is laag.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding) (2)
INHOUD
Werkloosheid
Sonder ’n ordentlike inkome kan mense nie hulle basiese behoeftes bevredig nie. Arm
mense steun swaar op bestaansboerdery vir ’n lewe.
Onvoldoende infrastruktuur
Groot plattelandse gebiede en hul ongelyke verspreiding maak dit duur om voldoende
infrastruktuur te voorsien; dit is ’n hoofoorsaak van armoede in Suid-Afrika.
Die volgende moet verbeter word: vervoerstelsels en inligtingstegnologie nodig wat
om besigheid te doen, skoon water en sanitasie, energie en stedelike
ontwikkeling
Swak gesondheidstoestande:
Siektes verminder die hoeveelheid werk wat swak of siek mense kan doen, dit verlaag
hulle inkome en dryf hulle dieper in armoede in.
Siektes soos MIV en Vigs kan dood veroorsaak en dit sny die hoofbron van inkome af
vir die gesin.
Hoë mediese kostes wat baie arm families nie kan bekostig nie
Gebrek aan onderwys:
Dit verhoed mense om ordentlike werk te kry wat hulle en hulle families uit armoede
sal lig.
’n Gebrek aan onderwys vergroot die gaping tussen vaardighede wat die ekonomie
benodig om in daardie behoeftes te voorsien.
Hoë bevolkingsgroei:
Groot aantal mense met te min hulpbronne, te min werksgeleenthede en nie genoeg
kos nie, is basiese oorsake van armoede.
Oorbevolking lei tot ’n agteruitgang van die natuurlike omgewing, insluitende
waterbronne, grond en woude.
Welsynsafhanklikheid:
Sosiale toelaes kan dien as ’n afskrikmiddel vir mense om te werk of werk te soek.
Sommige mense verkies om van toelaes te lewe en so hulle basiese behoeftes te
bevredig en so bly armoede voortbestaan.
Wanfunksionerende regering:
Baie ontwikkelende lande het hulle eie ongeluk bewerkstellig, omdat hulle dikwels
onstabiel en korrup is.
Hulle respekteer en eer nie altyd die begroting, prosedures en protokolle nie.
Swak demokrasie versteur die toekenning van hulpbronne, wat lei tot nie-
dienslewering, mense ontvang nie basiese behoeftes nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
Oorlog en konflik:
’n Groot gedeelte van vandag se globale armoede word aangetref in oorlog verskeurde
lande en lande waar konflik heers.
Geld word dikwels vermors op wapens. Onderwys word ontwrig, wat lei tot meer
armoede
Gebrek aan produktiewe hulpbronne:
In arm lande is daar nie genoeg produktiewe hulpbronne om volhoubare lewensbestaan
te verseker nie
Menslike kapitaal is laag a.g.v. honger, siektes en lae geletterdheidsvlakke.
Natuurlike hulpbronne neem af, omdat bome afgesaag word en grond uitgeput word.
Kapitaal is nodig vir toekomstige investering, maar ’n gebrek aan besparing maak dit
onmoontlik.
Arm landelike nedersettings benodig teerpaaie, kragopwekkers, besproeiingskanale,
trokke, ens.
Entrepreneurskap bestaan nie, a.g.v. ’n gebrek aan opleiding en
vaardigheidsontwikkeling
Globale finansiële krisis
Arm lande het nie genoeg geld vir investering nie, wat belangrik is vir ontwikkeling en
groei.
Ekonomiese groei word nie regverdig verdeel nie en die ekonomiese krisis vergroot
verder die gaping tussen ryk en arm.
Stygende voedselpryse, vorm gedeeltelik nuwe biobrandstof beleide, wat lei tot hongerte
vir baie mense en dit vererger globale armoede
Verstedeliking en geforseerde hervestiging
Migrasie binne ’n land lei dikwels tot armoede.
Sommige mense wat in landelike gebiede bly, verkies om na stede te trek, want hulle
sien min moontlikhede om ’n inkome in die landelike gebiede, vêr van markte, te verdien.
Soms word mense geforseer om te trek om plek te maak vir ontwikkelingskemas.
In beide gevalle, word mense dikwels gedwing om in informele nedersettings op die rand
van stede te bly.
(8 punte indien slegs genoem en voorbeelde gegee ) (26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) EKONOMIE V2 19
ADDISIONELE GEDEELTE
Was Suid-Afrika suksesvol in sy pogings om die uitdagende kwessies van
armoede aan te spreek?
Die regering was suksesvol op die volgende maniere:
Die aantal begunstigdes van sosiale toelaes het drasties toegeneem
Die regering het probeer om baie skole te bou ten einde die ongeletterdheidsvlakke
te verlaag
Die nuwe voorgestelde nasionale ontwikkelingsplan, met die doelwit om armoede uit
te roei en ongelykheid te verminder teen 2030
Toegang tot water en formele behuising het gestyg van 63,5% tot 79,8%
Die meeste mense het toegang tot elektrisiteit
Die regering het ook ‘geen fooi’ skole, voedingskemas en ook vervoer na skole,
ingestel
Negatiewe:
Swak gesondheid en werkloosheid is steeds ’n probleem
Die land benodig meer skepping van werksgeleenthede. bv. KMMO’s. Klem moet
op goeie leierskap geplaas word (10)
SLOT
Die Suid-Afrikaanse regering het probeer om armoede te verlig, maar daar is nog
steeds baie wat gedoen kan word.
(Aanvaar enige toepaslike slot) (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6b67e6d2-13b6-4ae0-82b3-20b6593e609b/v1-e2da5fe07f9ef2387faa/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper