Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2018
GRAAD 11
EKONOMIE
VRAESTEL 2
NASIENRIGLYNE
21 bladsye
Skip to contentAll 2018 papers %20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f/v1-119e7c2a8c8fe00ddddf/card.webp)

%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5975bf34-03af-4bd2-bcb3-da6ecc7ce502/v1-87626b6327ce78e8e67a/card.webp)


View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June 2018 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng June · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Gauteng June 2018
- Paper 1Question paperQuestion paper (2)MemoMemo (2)
- Paper 2MemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
(Vraestel 2)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C totale
1.1.2 A Verlaging in die prys van ʼn produk en ʼn verhoging in die
vraag van die substituutproduk
1.1.3 C swart
1.1.4 D konstante terugkeer tot skaal
1.1.5 B MK = MI
1.1.6 D monopolie
1.1.7 B onelasties
1.1.8 A inkomste (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 D ʼn Gevoel van waardeloosheid; ʼn gebrek aan waarde; die
nadelige effek wat saam met ʼn spesifieke aktiwiteit kom.
1.2.2 A Goedere met ʼn negatiewe inkomste vraagelastisiteit
1.2.3 I Daar is baie besighede wat soortgelyke produkte, maar nie
identiese produkte produseer nie.
1.2.4 B Vereniging van vervaardigers of verskaffers wat geskep
word om hoё pryse en beperkte mededinging te skep.
1.2.5 C Die besigheid se totale inkomste minus die eksplisiete koste
1.2.6 H Produksiemetodes wat meer masjinerie en toerusting
gebruik as arbeiders om die produk te produseer
1.2.7 E Die hoeveelheid uitsette waar totale inkomste gelyk is aan
totalE koste en die besigheid verdien geen ekonomiese
wins nie
1.2.8 G Pryselastisiteit van vraag (8 x 1) (8)
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Komplimentêre goedere
1.3.2 Relatiewe pryse
1.3.3 Heterogene / gedifferensieerde
1.3.4 Eksplisiete koste
1.3.5 Marginale koste
1.3.6 Pryselastisiteit van aanbod (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae van hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MIKROEKONOMICS
2.1 2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van monopolieë in Suid-Afrika.
Eskom
Telkom
Denel
Spoornet
Suid-Afrikaanse Posdienste
De Beers
(Aanvaar enige ander korrekte relevante voorbeeld) (2 x 1) (2)
2.1.2 Watter effek sal ʼn verhoging in die absolute pryse hê op die
verbruiker se spanderingsmag?
ʼn Negatiewe effek, want as die prys verhoog sal die verbruiker
minder geld hê om te spandeer om behoeftes en begeertes te
bevredig.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Hoekom sal die verkoper nie ʼn uitverkoping gebruik as daar ʼn
eenheidselastisiteit van vraag is nie?
Dit skep min of meer dieselfde verhoging in die vraag na die
produk (1)
2.2.2 Gee ʼn voorbeeld van ʼn produk met ʼn eenheidselastisiteit van
vraag.
Klere / klerebedryf (1)
2.2.3 Verduidelik kortliks die konsep elastisiteit.
Die meting van die sensitiwiteit of beweging tussen twee
veranderlikes wat verwant is.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
2.2.4 Bereken die pryselastisiteit van vraag deur gebruik te maak
van die grafiek. Toon ALLE berekeninge.
e = % Verandering in hoeveelheid gevra
% Verandering in die prys
e=
e = 1 (6)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Volgens die artikel, hoe lank is die korttermyn?
Daar is geen spesifieke tydduur nie (1)
2.3.2 Identifiseer die totale vaste koste in die grafiek.
R50 / 50 (1)
2.3.3 Beskryf die konsep totale veranderlike koste.
Die koste wat verander soos wat produksie / uitsette verander
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.4 Hoekom is alle koste in die langtermyn veranderlik?
Alle pryse verander oor ʼn tydperk as gevolg van inflasie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.5 Die prys van die produk wat verkoop word in die grafiek
hierbo is R100. Wat sal die wins / verlies wees as GEEN
produkte vervaardig word NIE.Toon ALLE berekeninge.
Wins / verlies = totale inkomste – totale koste
of
= (prys x hoeveelheid) – (totale vaste koste + totale
veranderlike koste)
= (100 x 0) – (50 + 0)
of
= 0 – 50
= -R50 (verlies) (moet die verlies aantoon om 2 punte
te kry) (4)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
2.4 Vergelyk die prysbeheer van ʼn monopolie teenoor die van ʼn volmaakte
mededinger.
Monopolie
Die monopolie het totale of volle beheer oor die prys
Die monopolie is ʼn prysmaker
Die monopolie kan die prys verander sonder om ander markkragte te
oorweeg
Die monopolie kan nie die prys verhoog bo die verbruiker se vermoeё
om die produk te koop nie (Maks 4)
Volmaakte mededinging
Individuele besighede in volmaakte mededinging kan nie die prys op
hulle eie verander nie
Hulle is prysnemers
Markkragte van vraag en aanbod bepaal die prys van die produk
Daar is te veel verskaffers vir individuele verskaffers om die prys te
beïnvloed (Maks 4)
(2 x 4) (8)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe as feite / voorbeelde net genoem is
2.5 Hoe sal sameswering tussen maatskappye ʼn negatiewe impak op
verbruikers hê?
Sameswering sal ʼn negatiewe impak op die verbruiker hê omdat
dit die prys van goedere en dienste verhoog.
dit die hoeveelheid aangebied verlaag, dit lei tot tekorte en skaarstes.
dit lei tot oneffektiewe gebruik van produksiefaktore, lei tot vermorsing, en
produktiewe ondoeltreffendheid.
dit lei tot die skep van monopolieё.
dit lei tot allokasie ondoeltreffendheid – verkeerde kombinasie van
produkte voorsien om behoeftes te bevredig.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe as feite / voorbeelde net genoem is) (8)
[40]
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
VRAAG 3: MIKROEKONOMIE
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE karaktereienskappe van ʼn volmaakte
mededinger.
Baie kopers en verkopers
Produk is homogeen
Prysnemers
Geen owerheidsinmenging
Vryelike toetrede en uittrede tot die mark
Volledige markinligting
Geen sameswering moontlik nie
Individuele besighede het ʼn horisontale vraagkurwe
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) (2 x 1)
3.1.2 Hoe kan skaalekonomie die prys van ʼn produk beïnvloed?
Skaalekonomie sal die prys positief beïnvloed, want soos meer
produkte vervaardig word so sal die produksiekoste verminder en
dus sal pryse ook verminder. (1 x 2) (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Watter markstruktuur in die illustrasie, het baie mededinging
en ʼn gedifferensieerde produk?
Monopolistiese mededinging (1)
3.2.2 Watter beheer het ʼn volmaakte mededinger oor die prys,
volgens die illustrasie?
Geen (1)
3.2.3 Hoe is dit moontlik vir ʼn monopolie om die enigste verskaffer
van ʼn produk of diens te wees?
Die produk wat hulle verkoop is uniek en niemand anders
verkoop ʼn gelyksoortige produk nie
Hulle word gewoonlik deur ʼn patent, kopiereg of wet
beskerm
Toetrede tot die mark vereis gewoonlik baie kapitaal, en sonder
staatsondersteuning is dit nie moontlik om so ʼn maatskappy te
begin en met ʼn monopolie mee te ding nie
Monopolieë het gewoonlik groot infrastruktuur
ondersteuning (1 x 2) (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
3.2.4. Oligopolieë is die enigste markstruktuur wat kan saamspan.
Verduidelik hoekom.
Daar is slegs 3 of 4 (min) verkopers, wat dit maklik vir hulle maak
om bymekaar te kom en saam te span (2)
3.2.5 Hoe sal nuwe verskaffers in volmaakte mededinging die prys
en hoeveelheid van ʼn produk kan beïnvloed, asook die
winsgewendheid oor die langtermyn?
Oor die langtermyn sal meer besighede tot die mark toetree, en
hierdie mededinging sal lei tot laer pryse.
Meer verkopers sal die hoeveelheid aangebied verhoog en dit
mag selfs lei tot ʼn surplus aanbod.
Hierdie medediging lei dan daartoe dat die individuele besigheid
slegs normale wins in die langtermyn maak.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Noem EEN mobiele datamaatskappy wat in die artikel hierbo
genoem hierbo.
Vodacom
MTN
Cell C
8ta (Enige 1 x 1) (1)
3.3.2 Volgens die artikel, hoekom kan die huidige promosiepryse
nie volhoubaar wees nie?
Die pryse is onder kosprys (1)
3.3.3 Watter tipe markstruktuur word verteenwoordig in die artikel
hierbo?
Oligopolie (2)
3.3.4 Verduidelik prysleierskap.
Prysleiers kom voor as een besigheid in die industrie, gewoonlik
die grootste een, die markprys stel. Die ander besighede volg en
stel dieselfde pryse. (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
3.3.5 Watter advies sal jy Vodacom gee, anders as om hulle pryse te
verlaag, ten einde meer kliёnte te kry?
Vodacom moet nie-prys mededingingsmetodes gebruik
Hulle behoort reklame te gebruik om handelsmerk-lojaliteit vir
die produk te kry
Vodacom moet handelsmerk-lojaliteit gebruik – kliёnte moet glo
hulle produk is die beste
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
(Die blote noem van voorbeelde verwant aan die selfoon
industrie – net ʼn maksimum van 2 punte)
3.4 Bespreek die karaktereienskappe van monopolistiese mededinging.
Aansienlike aantal kopers en verkopers
- Die tipe van mededinging behels ʼn groot aantal verkopers, wat tipies
bestaan uit klein ondernemings en geen onderneming het totale
markbeheer nie.
Monopolistiese mededingers het min prysbeheer
- Mededinging vind nie plaas deur pryse nie, maar deur gediffirensieerde
produkte.
Produkte is gediffierensieerd
- Gediffierensieerde produkte verskil slegs in ʼn geringe mate, en die
verkopers bemark hulle produkte as unieke produkte deur reklame /
handelsmerk lojaliteit is ook belangrik.
Marktoetrede en -uittrede is relatief maklik
- Toetrede en uittrede is relatief maklik, aangesien daar geen wetlike
beperkinge of patentregte is nie
Kopers en verkopers het onvolledige inligting
- Beide die kopers en verkopers het volledige kennis omtrent
marktoestande, aangesien daar baie produkte en verkopers is (4 x 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir die blote noem van feite en
voorbeelde) (8)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
3.5 Gebruik ʼn grafiek en verduidelik die verhouding tussen ʼn verhoging in
verbruik, totale nut en grensnut.
Nut /
utiliteit
TN
Hoeveelheid verbruik
GN
(Maks 4)
Aangesien die eenhede vermeerder word, neem die totale nut teen ʼn laer koers
toe terwyl grensnut teen ʼn vinnige koers verminder
Die totale nutkurwe se helling is opwaarts en die grensnut kromme is
afwaarts
Soos verbruik toeneem tot by vyf eenhede, word grensnut negatief, terwyl totale
nut verminder
(Aanvaar enige relevante korrekte verduideliking) (Maks 4) (8)
[40]
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
VRAAG 4: MIKROEKONOMIE
4.1 4.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van vaste koste oor die
korttermyn.
Huur
Onderhoudskoste van geboue
Toerusting terugbetaling
Oorhoofse kostes
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
4.1.2 Watter effek sal ʼn prysverhoging op sigarette hê op die
aanvraag van rokers?
Die effek op rokers se vraag sal klein tot geen effek hê nie omdat
dit ʼn verslawende produk is en rokers sal nog steeds die sigarette
aanvra, al is die prys hoog
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde) (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Volgens die tabel hierbo, hoeveel biere behoort ʼn persoon te
drink voordat hy volkome bevredig is?
3 biere (1)
4.2.2 Wat is die formule om marginale nut te bereken?
MN = ∆TN / ∆H (Q) (1)
4.2.3 Verduidelik die konsep dalende marginale nut.
Die wet van dalende marginale nut verklaar dat die marginale nut
verkry uit die verbruik van goedere en dienste daal soos meer
eenhede verbruik word gedurende ʼn spesifieke tydperk. (2)
4.2.4 Onderskei tussen ekonomiese wins en normale wins.
Ekomomiese wins is die wins wat gemaak word bo normale wins
en normale wins is die minimum wins wat ʼn entrepreneur moet
maak om in besigheid te bly. Koste word gedek maar geen
addisionele wins word gemaak nie (2)
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
4.2.5 Hoekom is dit belangrik vir ʼn entrepreneur om implisiete koste
en eksplisiete koste te dek?
As slegs eksplisiete koste – werklike betaling vir die produksie-
faktore wat gebruik word om goedere en dienste te
produseer – gebruik word sal die entrepreneur nie vergoed
word vir sy geleentheidskoste nie
As implisiete koste – die geleentheidskoste vir die gebruik van
die entrepreneur se bronne in die proses om goedere en
dienste te produseer - gedek word sal die entrepreneur nie
sy bronne op ʼn ander plek gebruik nie, maar voortgaan met die
besigheid
Dit is hoekom die rekenkundige wins van die ekonomiese wins
verskil. Die rekenkundige wins bereken net wanneer die
inkomste die eksplisiete koste oorskry, ekonomiese wins
bereken wanneer die inkomste die eksplisiete en implisiete
koste oorskry
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Watter prent illustreer ʼn onelastiese vraag?
Prent B (1)
4.3.2 Wat is die aard van die produk in prent B?
ʼn Noodsaaklike produk (1)
4.3.3 Gee die formule om pryselastisiteit van vraag te bereken.
e=
(2)
4.3.4 Verduidelik EEN faktor wat pryselastisiteit van vraag bepaal.
Die beskikbaarheid van sustitute – Hoe groter die
hoeveelheid substitute en hoe meer verwant die substitute aan
mekaar is, hoe makliker is dit vir huishoudings om alternatiewe
produkte te gebruik as die prys van een produk verhoog.
Die tydperk onder oorweging – die pryselastisiteit van ʼn
produk neig om meer elasties te wees oor die lang termyn,
vergelykend met die kort termyn. Huishoudings het meer tyd om
aan te pas by prysveranderinge
Die graad van noodsaklikheid of luuksheid – noodsaaklike
goedere en dienste se pryse is meer onelasties en luukse
goedere is meer pryselasties
Die hoeveelheid inkomste wat op die produk bestee
word - hoe kleiner die verhoudig van inkomste spandeer op ʼn
produk, hoe meer prysonelasties is die vraag (2)
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
4.3.5 Onderskei tussen normale goedere en minderwaardige
goedere.
Normale goedere
- Behels goedere wat in groter aanvraag is indien inkomste
vermeerder, bv. vleis en melk
Minderwaardige goedere
- Behels goedere wat in minder aanvraag is indien inkomste
vermeerder, bv. melksakkies en goedkoop toiletpapier (4)
4.4 Verduidelik die SMART begrip wat ʼn besigheid sal volg om suksesvol te
wees.
Spesifiek – die idee moet geïdentifiseer en verstaan word en nie net ʼn
toevallige idee wees nie
Meetbaar – dit moet moontlik wees om te toets en te meet of die doelwit
bereik is
Saamstem – in ʼn klein besigheid is dit maklik om die doelwit te stel want
net die eienaar moet saamstem, in ʼn groter besigheid is daar baie
rolspelers wat moet saamstem
Realisties – die doelwit moet nie buite bereik wees nie en die besigheid
moet ʼn wins kan maak
Tydspesifiek wees – daar moet ʼn tydslimiet wees waarbinne die doelwit
bereik moet kan word (4 x 2) (8)
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe as feite en voorbeelde net genoem is)
4.5 Hoe kan dit die entrepreneur help om sy / haar prys van die produk te
verhoog of te verlaag indien hy / sy bewus is van die elastisiteit van die
vraagkurwe?
Volmaak onelasties – die hoeveelheid gevra sal nie reageer op enige
verandering in die prys van die produk nie. Vervaardigers kan die prys
verhoog en hulle inkomste verhoog deur die prys van die produk te
verhoog, maar die hoeveelheid gevra sal nie verander nie
Volmaak elasties – vraag is baie sensitief en ʼn verandering in die prys en
die verlaging in die prys sal die vraag verhoog, asook die inkomste
Relatief elasties – deur inkomste te verhoog sal die pryse verhoog
Relatief onelasties – om inkomste te verbeter, verhoog net die prysAs
die prys verhoog sal die inkomste verhoog en die vraag bly min of meer
onveranderd
Eenheidselasties – prysverandering het geen effek op die inkomste
nie. Verkope en inkomste sal konstant bly
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8)
TOTAAL AFDELING B: 80
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORD-
BOEK. Jou antwoord sal soos volg nagesien word.
VRAAG 5: MICROEKONOMIE
Bespreek, met behulp van grafieke, die volgende korttermyn
ewewigsposisies vir ʼn volmaakte mark:
o Ekonomiese wins (10 punte)
o Ekonomiese verlies (8 punte)
o Normale wins (8 punte) (26 punte)
Hoe suksesvol sal ʼn oligopolie wees om sy markaandeel te vergroot deur die
prys van die produk te verhoog? (10 punte)
INLEIDING
ʼn Volmaakte mededinger is ʼn mark met ʼn groot hoeveelheid kopers en verkopers.
OF
ʼn Mark is die plek waar kopers en verkopers ontmoet, saamstem oor ʼn prys en om
goedere en dienste te lewer
OF
Die korttermyn is ʼn periode waar een van die kostes vas moet wees (Maks. 2)
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
LIGGAAM
HOOFDEEL
EKONOMIESE WINS
Prys / MK
Koste /
Inkomste
GK
GI
MI
Hoeveelheid
PUNTETOEKENNING
Korrekte tekening en benoeming van kostekurwe: 1 punt
Korrekte tekening en benoeming van inkomstekurwe: 1 punt
Korrekte aanduiding van die wins maksimeringspunt: 1 punt
Korrekte aanduiding van die ekonomiese winsgebied: 1 punt
Maks 4 punte
Die minimum punt waar die korttermyn gemiddelde kostekurwe (GK) laer is as
die markprys.
Die besigheid is in ewewig (winsmaksimering) by punt e waar MI = MK en die
besigheid sal hoeveelheid van 7 produseer met ʼn markprys van R10 (P1)
Totale inkomste is gelyk aan 0Q1 x 0P1 (R10 x 7) en totale koste is gelyk aan
0Q1 x 0C (R8 x 7)
Die ekonomiese wins word verteenwoordig deur die gebied CP1eM (R14)(6)
(Maks 10)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
EKONOMIESE VERLIES
MK
Prys /
Koste /
Inkomste GK
12 / C
GI
MI
10 /
P1
7 / Q1 Hoeveelheid
PUNTETOEKENNING
Korrekte tekening en benoeming van kostekurwe: 1 punt
Korrekte tekening en benoeming van inkomstekurwe: 1 punt
Korrekte aanduiding van die wins maksimeringspunt: 1 punt
Korrekte aanduiding van die ekonomiese winsgebied: 1 punt
Maks 4 punte
Die minimum punt waar die korttermyn gemiddelde kostekurwe (GK) hoёr is as
die markprys of GI
Die besigheid is in ewewig (winsmaksimering) by punt e waar MI = MK en die
besigheid sal ʼn hoeveelheid van 7 (Q1) produseer met ʼn markprys van R10
(P1)
Totale inkomste is gelyk aan 0Q1 x 0P1 (R10 x 7) en totale koste is gelyk aan
0C x 0Q1 (R12 x 7)
Die ekonomiese velies word verteenwoordig deur die gebied P1CeB (-R14)
(4)
(Maks 8)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
NORMALE WINS
Prys /
MK
Koste /
Inkomste GK
10 / MI
P1 GI
7 / Q1 Hoeveelheid
PUNTETOEKENNING
Korrekte tekening en benoeming van kostekurwe: 1 punt
Korrekte tekening en benoeming van inkomstekurwe: 1 punt
Korrekte aanduiding van die wins maksimeringspunt: 1 punt
Korrekte aanduiding van die normale winsgebied: 1 punt
Maks 4 punte
By punt e waar MI = MK sal die besigheid Q1 (7) hoeveelheid produseer teen ʼn
markprys P1 (R10)
Die laagste punt van GK is ʼn raakpunt aan die GI / MI kurwe
Dit impliseer dat GK = GI en totale koste is gelyk aan totale inkomste
(0P1eQ1 / 700)
Normale winsverdienste wat benodig word om die entrepreneur te verhoed om
die mark te verlaat (4)
(Maks 8)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks. 26)
16
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
ADDISIONELE DEEL
Hoe suksesvol sal ʼn oligopolie wees om sy markaandeel te vergroot deur die
prys van die produk te verander?
Die oligopolie sal nie pryse gebruik om markaandeel te verhoog nie
Omdat daar net ʼn paar maatskappye is wat dieselfde produk verkoop, is hulle
afhanklik van mekaar, soos in die geval van oligopolieë
As een maatskappy die prys verlaag sal die ander maatskappye volg, en die
verwagte verhoging in die hoeveelheid gevra sal nie gebeur nie, of minder wees as
verwag
As die maatskappy egter die prys verhoog sal die ander maatskappy nie hulle
pryse verhoog nie en sal die verlies aan kliёnte baie groter wees as verwag.
Dit lei daartoe dat oligopolieë ʼn geknikte vraagkurwe het
Die oligopolieë sal dus nie-prys metodes gebruik om hulle markaandeel te
verhoog
As die maatskappy egter die grootste maatskappy in die oligopolie is kan hulle die
prys verhoog en die ander sal volg met prysverhogings, omdat hulle die prysleier
is
As al die oligopolieë saamkom en deur sameswering die prys verhoog sal die
verbruiker die hoёr prys moet betaal
Hulle kan ook ʼn kartel vorm en met hierdie “monopolie” pryse beheer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Maks. 10)
SLOT
Besighede onder volmaakte mededinging kan slegs normale wins oor die langtermyn
maak, omdat meer besighede tot die mark toetree om winste te deel wat op die
korttermyn gemaak is
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoёr-orde antwoord)
(Maks. 2) [40]
17
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
VRAAG 6: MIKROEKONOMIE
Bespreek, met die hulp van grafieke, die vraag-verhouding tussen
substituut goedere en komplimentêre goedere. (26 punte)
Hoe afhanklik is die produkmark van die faktormark? (10 punte)
INLEIDING
ʼn Substituutproduk is ʼn produk wat in die plek van ʼn ander produk gebruik kan
word
OF
Komplementêre goedere is goedere wat gesamentlik gebruik word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) (Maks. 2)
LIGGAAM
HOOFDEEL
Vraag na substituutgoedere
ʼn Verhoging in die prys van goedere verhoog die vraag en prys na ʼn substituut
produk, ceteris paribus, en vice versa
Die verbruiker kan kies tussen die twee produkte en dieselfde graad van
bevrediging hê
18
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
PRODUK A PRODUK B
A1
Prys Prys Ao
Ao
16 10
12 e 7 e
V1
Vo Vo
0 70 100 Hoeveelheid 0 Qo Q1 Hoeveelheid
(Maks 8 )
Die grafieke verwys na die mark van twee produkte, produk A en produk B
Die ewewigsprys van produk A is R12, terwyl die van produk B R7 is.
Veronderstel daar is ʼn groot verlaging in die aanbod van produk A (Ao na A1) as
gevolg van ʼn erge droogte. Dit sal lei tot ʼn toename in Produk A se prys tot
R16
Die wet van vraag bepaal dat wanneer pryse verhoog (van R12 tot R16) die
hoeveelheid gevra verminder van (100 tot 70)
Sommige verbruikers sal oorskakel vanaf Produk A na Produk B
Die vraagkurwe van Produk B sal regs skuif (Vo tot V1) en die ewewigsprys sal
skuif van R7 tot R10
Terwyl ʼn verhoging in produk B ook sal voorkom, is dit steeds relatief goedkoper
as produk A (R10 relatief tot R16) (Maks 6)
(14)
19
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
Vraag na komplimentêre goedere
Volgens die wet van vraag, sal ʼn verlaging in die prys van ʼn produk ʼn verhoging in
die hoeveelheid van die produk gevra veroorsaak
As meer van die produk gebruik word, sal die huishouding ook meer van die
komplementêre goedere gebruik
PRODUK A PRODUK B
A1
Prys Ao Prys Ao
P1 P1
Po Po
V1
Vo Vo
0 Q1 Q0 Hoeveelheid 0 Q1 Q0 Hoeveelheid
(Maks 6)
ʼn Verhoging in die prys van produk A verlaag die vraag en die prys van die
komplementêre produk, produk B , ceteris paribus, en omgekeerd.
Verbruikers sal minder van produk A koop en die vraagkurwe skuif links van V1 tot
V0, en daar is ʼn afname in die ewewigsprys van produk B
Hulle kan die besigheid verloor en inkomste verloor as die vraag na hulle produk
verlaag, sonder dat hulle daarvan bewus is
Daarom is dit nodig dat hulle optree as die prys van ander produkte verander en
hulle vinnig kan beïnvloed (Maks 6)
(12)
(Maks. 26)
20
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 11
ADDISIONELE DEEL
Hoe afhanklik is die produkmark van die faktormark?
Die faktormark is ʼn mark waar die produksiefaktore gekoop en verkoop word
Die produkmark is die mark waar goedere en dienste gekoop en verkoop word
Die produkmark is afhanklik van die faktormark vir die beskikbaarheid van
produksiefaktore
As die aanbod van een produksiefaktor verander, sal dit beide die faktormark en
die produkmark beïnvloed
ʼn Verandering in die aanbod van beesvelle sal die beesvelle-mark negatief
beïnvloed nie, omdat daar ʼn afname in die aanbod van beesvelle is
Dit kan ook ʼn invloed op die skoenvervaardiger hê omdat minder skoene in die
produkmark beskikbaar sal wees
As die vraag na skoene in die produkmark toeneem sal die vraag na die
produksiefaktore in die faktormark ook toeneem
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Maks. 10)
SLOT
Om die verhouding tussen substituut goedere en komplimentêre goedere te verstaan
en om tred te hou met prysverandering is dit belangrik vir verskaffers van hierdie
produkte, omdat dit die winste beïnvloed
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër-orde slot)
(Maks. 2) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
21
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f/v1-119e7c2a8c8fe00ddddf/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2019 Memo (Afrikaans)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5975bf34-03af-4bd2-bcb3-da6ecc7ce502/v1-87626b6327ce78e8e67a/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Gauteng June 2018 Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper