Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2017
GRAAD 11
EKONOMIE
VRAESTEL 2
MEMORANDUM
21 bladsye
Skip to contentAll 2017 papers 
%20November%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1/v1-770f6a3dad5fae38d9da/card.webp)
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6b67e6d2-13b6-4ae0-82b3-20b6593e609b/v1-e2da5fe07f9ef2387faa/card.webp)


View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng June · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Gauteng June 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Dynamics of Markets: Relationships16 marks
- Question 1.2Dynamics of Markets: Relationships8 marks
- Question 1.3Price Elasticity6 marks
- Question 2Dynamics of Markets: Relationships39 marks
- Question 3Dynamics of Markets: Costs & Revenue40 marks
- Question 4Dynamics of Markets: Costs & Revenue40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
ECONOMICS
(Paper 2)
MEMORANDUM
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C Tyd
1.1.2 B nut
1.1.3 A elasties
1.1.4 D Relatiewe
1.1.5 C afwaardse neiging
1.1.6 D gemiddelde inkomste
1.1.7 A Ekonomiese skaal
1.1.8 B Goederemark
(8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 H Wanneer iets ondervoorsien word of nie geredelik beskikbaar
is nie
1.2.2 F Die verandering van vraag van produk A as die prys van
produk B verander
1.2.3 D Enige mark wat nie die karaktereienskappe van ʼn volmaakte
mark voldoen het nie
1.2.4 B Groot mededingers wat probeer om mekaar se markaandele
oor te neem deur die stelselmatige vermindering van pryse
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
1.2.5 C Versperrings tot marktoetrede
1.2.6 G Algemene besigheidsuitgawes wat nie deel is van wat
geproduseer is nie
1.2.7 A Vaste koste plus veranderlike koste
1.2.8 E Toenemende gemiddelde koste soos wat die bydrae van die
veranderlike insette duurder word
(8 x 1) (8)
1.3 EENWOORD-ITEMS
1.3.1 Eenheidselasties
1.3.2 Inkomste elastisieteit van vraag
1.3.3 Markaandeel
1.3.4 Heterogene produk/ gedifferensieërde produkte
1.3.5 Marginale inkomste
1.3.6 Eksternaliteite
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Gee TWEE voorbeelde van komplimentêre goedere.
• Tennisballe en ʼn tennisraket
• Brood en botter
• Shampoe en kondisioner
(Aanvaar enige relevante voorbeeld.)
(2x1)(2)
2.1.2 Hoe sal die verlaging van relatiewe pryse mense se lewenstandaard
beïnvloed?
• Vermindering in relatiewe pryse is ʼn aanduididing dat inflasie afneem en dat die
mense meer besteebare inkomste het om te spandeer.
(1x2)(2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Watter maatskappy betrokke by ʼn oorname in die artikel hierbo genoem
is ʼn Suid-Afrikaanse maatskappy en in watter industrie is hulle betrokke?
• SABMiller
• Vervaardig bier
(2)
2.2.2 Noem TWEE voorbeelde van Oligopolie industrieë wat genoem word in die
artikel hierbo.
• Die energie-industrie
• Bank industrie
• Supermark industrie
• Telekoms en radio industrie
• IT dienste
• Rekenkundiges
(2)
2.2.3 Verduidelik kartelle.
• ʼn Assosiasie wat vervaardigers of verskaffers vorm om hoë pryse te handhaaf en
kompetisie te beperk.
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
(2)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
2.2.4 Watter effek het “onkompenterende industrieë” op die ekonomie? Motiveer
jou antwoord.
• Nie-kompeterende industrië het ʼn negetiewe effek op die ekonomie.
• Gebrek aan kompetisie lei tot hoë pryse wat gevra word deur vervaardigers omdat
daar geen kompetisie is nie.
• Dit lei ook tot onproduktiwiteit en vermorsing van hulpbronne.
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
(4)
2.3 DATA RESPONS
2.3.1 Watter wins is die grootste volgens die diagram?
• Rekenkundige wins
(2)
2.3.2 Gee TWEE voorbeelde van implisiete kostes.
• Die salaris wat hy kon verdien het
• Die huurinkomste op sy eiendom wat hy kon verdien het
(Aanvaar enige relevante voorbeeld.)
(2)
2.3.3 Verduidelik eksplisiete koste.
• Eksplisiete koste is betaling van geld vir die produksiefaktore en ander insette wat
in die produksieproses gebruik is
• Eksplisiete koste is kostes vir die verkryging van die produksiefaktore van buite
die besigheid
(Aanvaar enige relevante antwoord)
(2)
2.3.4 Hoekom word implisiete koste slegs deur Ekonome gebruik en nie
Rekenmeesters nie?
• Implisiete kostes is die kostes vir die gebruik van die produksiefaktore van die
eienaar of entrepreneur
• Die koste vir die gebruik van die eienaar se produksie faktoreeerder as om van
buite bronne gebruik te maak
• Die eienaar se geleentheidskoste word in berekening gebring. (2 x 2)(4)
2.4 Onderskei tussen langtermyn koste en korttermyn koste.
Langtermyn koste
• Dit is die termyn waartydens die besigheid alle uitsette kan verhoog, geen
produksiefaktore is vas nie.
• Hulle is nie beperk tot die verhoging van veranderlike insette nie.
• Die termyn waarin geen insette vas is nie, alle insette is veranderlik.
• In die langtermyn kan besighede probeer om op grootskaal te produseer.
(Aanvaar enige relevante antwoord)
(Maks 4 Punte)
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
Korttermyn koste
• Die tydperk waarin die besigheid gekonfronteer word met ten minste een van die
produksiekostes wat vas is.
• Een van die insette kan nie verhoog word nie.
• Vaste insette verander nie in die korttermyn nie, veranderlike insette
verander.
• As ʼn besigheid sy produksie wil verhoog in die korttermyn, kan hy slegs die aantal
arbeiders verhoog.
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
(Maks 4 Punte)
(2 x 4)(8)
2.5 Verduidelik die belangrikheid van pryselastisiteit van vraag vir die produsent.
• Dui vir ʼn produsent aan dat elke aksie ʼn reaksie het.
• Deur die bestudering van pryselastisiteit van vraag, kan ons voorspel wat die
verandering in prys sal wees vir die vervaardiger.
• Pryselastisiteit van vraag word gebruik om besighede te help om te besluit hoe om
hulle totale inkomste te verhoog.
• Om totale inkomste vir die produsent te verhoog kan (1) prys verhoog word en
meer inkomste verkry word; en die verlaging van prys kan die hoeveelheid
verkope verhoog.
• As die koper prys sensitief is (elastiese vraag), sal hulle meer koop as die prys
verlaag so die produsent behoort sy prys te verlaag.
• As die koper nie prys sensitief (onelastiese vraag) is nie sal hulle nie minder koop
as die prys verhoog nie, so die produsent behoort die prys te verhoog.
• Om verkope te verhoog, verhoog die prys as die vraag onelasties is, of
verlaag die prys as die vraag elasties is.
• Produsente wil weet hoe sensitief die markaanbod is vir ʼn verandering in die prys
van ʼn produk. (4 x 2)(8)
[40]
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
VRAAG 3
3.1 3.1.1 Gee TWEE karaktereienskappe van ʼn volmaakte mark.
• Baie verkopers
• Geen beheer oor die prys/prysnemer
• Homogene produk
• Geen hindernisse tot toetrede of uittrede
• Volledige inligting
• Geen sameswering
• Ongereguleerde mark
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
(2 x 1)(2)
3.1.2 Hoekom sal ʼn produsent van ʼn produk met ʼn prys eenheids-
elastisiteit van vraag nie prys gebruik om sy winste te verbeter nie?
• Die produsent sal nie sy prys verhoog omdat die vraag met dieselfde
hoeveelheid sal verlaag en geen addisionele inkomste sal gemaak word
nie.
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
(1 x 2)(2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Gee die waarde van A en verduidelik jou antwoord.
• A=20 ✓
• Vaste koste bly konstant ongeag van die uitsette ✓
(2)
3.2.2 Gee enige TWEE voorbeelde van vaste koste.
• Verhurings
• Versekeringspremies
• Leningterugbetalings
(Aanvaar enige relevante voorbeeld.)
(2)
3.2.3 Hoekom verander veranderlike koste?
• Veranderlike kostes verander soos wat uitsette verander, wanneer uitsette
geproduseer word word meer van ʼn spesifieke insetfaktor gebruik, byvoorbeeld
elektrisiteit, arbeid
• As minder geproduseer word, word minder insette gebruik.
(2)
3.2.4 Bereken die waarde van B. Wys alle berekeninge.
B=
=
=3
(4)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Watter verhouding het die McDonalds Big Mac met die aartappelskyfies en
die koeldrank?
• Hulle is komplimentêre produkte
(1)
3.3.2 Verduidelik wat kompliment of komplimentêre goedere is?
• Dit is verskillende goedere wat saam gebruik word om ʼn spesifieke behoefte te
bevredig.
(2)
3.3.3 Wat sal met die vraag na die aartappelskyfies gebeur as die prys van die
Big Mac burger verminder? Motiveer jou antwoord.
• Die vraag na skyfies sal verhoog
• As die prys van die Big Mac burger verlaag sal die vraag na die Big Mac
burgers verhoog.
• As die skyfies saam met die Big Mac burger verbruik word en meer burgers
word gevra, sal meer skyfies gevra word
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (3)
3.3.4 Die prys van die Big Mac burger is R23.00 en die prys van ʼn Burger
King Whopper burger is R25.00. Verduidelik die relatiewe prys van
die burgers en as ek die Big Mac burger kies wat sal die Burger King
Whopper burger wees?
• Die Big Mac burger is relatief goedkoper as die Whopper burger. ✓✓
• ʼn Relatiewe prys is ʼn prys van ʼn goedere of diens relatief tot die prys van ʼn
ander goedere of diens.✓✓
• As ek die Big Mac burger kies dan word die Whopper burger my
geleentheidkoste.✓✓
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (2 x 2)(4)
3.4 Bespreek die doelwitte van ʼn besigheid.
• Oorleweing: Die aanvanklike doel van ʼn besigheid is om net te oorleef.
Nuwe besighede word gekonfronteer met beperkings in hulle vordering en
sukses.
• Winsmmaksimering: Om so veel wins as moontlik te maak. Wins is die
verskil tussen die inkomste en die koste van die besigheid.
• Inkomstemaksimering: Somige besighede het hoë kostes. As hulle ʼn groot
arbeidsmark het, groot besigheidsperseel, ens.
• Verkope maksimering: Verkope verwys na die hoeveelheid goedere en dienste
verkoop.
Om so veel as moontlik kliënte te bereik en die gewildheid van die besigheid te
verhoog al mag die wins van die besigheid val as laer pryse gevra word om
hierdie doelwit te bereik.
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (4 x 2)(8)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
3.5 Teken ʼn grafiek om die konsep van MI en MK te verduidelik om
winsmaksimering te bepaal.
Wins maksimeringspunt Wins maksimeringspunt
Koste/ (Monopolie) Koste/ (Volmaakte kompetisie)
inkomste inkomste
MK
MK
MI=GI
MI
Hoeveelheid Hoeveelheid
Punteallokasie vir grafiek:
Benoeming van asse 1 punt
Korrekte tekening van MK-kurwe 1 punt
Korrekte tekening van MI-kurwe 1 punt
Indikasie van maksimum winspunt 1 punt
(Maksimum 4 punte vir die grafiek)
• Besighede kan totale inkomste gebruik – totale koste om die uitsetvlak te bepaal
wat die wins sal maksimeer.
• Besighede wil presies weet hoeveel eenhede hulle moet produseer om hulle wins
te maksimeer en kan dus die marginale inkomste – marginale koste gebruik
• Die wins van ʼn besigheid sal op sy maksimum wees as marginale inkomste gelyk
is aan marginale koste(MI=MK)
• Die hoeveelheid wat ʼn besigheid behoort te produseer om wins te maksimeer is
waar MK-kurwe met die MI-kurwe kruis. By hierdie punt is die laaste eenheids-
koste presies gelyk aan die hoeveelheid geld wat dit sal inbring
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (Maks 4 punte vir verduideliking van grafiek)
(2 x 4)(8)
[40]
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
VRAAG 4 40 PUNTE
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE tipes winste wat ʼn besigheid kan maak.
• Rekenkundige wins
• Normale wins
• Ekonomiese wins
(2x1)(2)
4.1.2 Hoe vergelyk die goedere en die faktormarkte met mekaar?
•
Produksiefaktore word deur die produsent gekoop van die faktormarkte om
goedere en dienste te vervaardig en weer op die goederemark te verkoop
(1x2)(2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Noem die produk met die hoogste prys onelastisiteit tot vraag.
• Tequila
(1)
4.2.2 Verduidelik volmaakte onelastiese vraag.
• Perfek elastiese vraag het ʼn elastiese koëffisiënt van nul en word deur ʼn
vertikale lyn voorgestel.
• Dit dui daarop dat ʼn verandering in die prys geen effek op die hoeveelheid
gevra sal hê nie.
(2)
4.2.3 Appels het ʼn prys elastisiteit van - 0.58. Watter elastisiteit verteenwoordig
dit? Motiveer jou antwoord.
• Appels het ʼn meer onelastiese vraag omdat -0.58 kleiner as 1 is
• Die vraag vir ʼn produk is onelasties, as die hoeveelheid gevra deur die
verbruiker nie sterk reageer op ʼn verandering in die prys nie.
(3)
4.2.4 Verduidelik die prys elastisiteit van vraag vir sigarette.
• Sigarette is ʼn gewoontevormende produk.
• ʼn Verandering in die prys sal ʼn relatiewe klein verandering in die
hoeveelheid gevra hê.
• Verbruikers is verslaaf aan die produk; hulle will voortgaan met die verbruik
van die pruduk al verhoog die prys.
• Die vraag vir sigarette neig om prys onelasties te wees.
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
4.3.1 DATARESPONS
Gee die folmule vir GTK.
GTK = (2)
4.3.2 Hoekom is die GverK altyd onder die GTK?
• GTK is Gemiddelde Totale Koste en sluit gemiddelde vaste koste en
gemiddelde veranderlike koste in. (2)
4.3.3 Wat word deur punt F in die grafiek aan gedui?
• Sluitingspunt (2)
4.3.4 Verduidelik die vorm van die GTK, GverK en MK.
• Die MK, GverK en GTK het ʼn U-vorm.
• Soos die hoeveelheid eenhede verhoog van nul, begin hulle by hoë
waardesneem af en bereik ʼn minimumpunt en vermeerder teen ʼn
verhogende koers.
• Marginale koste sny ook deur gemiddelde totale koste en gemiddelde
veranderlike koste by hulle minimum waardes
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (2x2)(4)
4.4 Hoe kan oligopolies hulle markaandeel vergroot?
• Oligopolies sal nie-prysmetodes gebruik om hulle markaandeel te
verhoog.
• Oligopolie besighede neig om nie in terme van prys met mekaar te
kompeteer nie.
• Hulle sal produkhandelsmerke en bemarking gebruik om groter
markaandeel te verkry.
• Besighede in oligopolies is afhanklik van mekaar. Dit beteken dat elke
besigheid dit sal oorweeg hoe die ander besighede sal reageer oor besluite
wat hulle maak
• Besighede probeer om pryskompetisie te voorkom omdat dit
winsgewendheid van die verskillende besighede verlaag
• Tipes nie-prys kompetisie sluit die volgende in:
o Om handelsmerk lojaliteit te bou
o Verlengde besigheidsure
o Doen besigheid deur middel van die internet
o Na-verkope diens
o Aanbieding van addisionele dienste
o Lojaliteitspryse vir verbruikers
o Deur-tot-deur aflewering
(Aanvaar enige relevante antwoord. Voorbeelde slegs 1 punt elk en maks
2 punte) (4x2)(8)
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
4.5 Gebruik ʼn grafiek om die effek van ʼn prysverhoging van beesvleis aan te toon
wanneer verbruikers beesvleis met hoendervleis kan vervang.
Mark vir beesvleis Mark vir hoendervleis
Prys
Prys A1 A
V1
A
V
V
A1
V
A A V1
V
Hoeveelheid Hoeveelheid
(Maks 4 punte vir elke grafiek) (2 x 4)(8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
AFDELING C
Beantwoord slegs EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL: PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / Ondersoek / Bespreek krities
Maks. 26
/Ontleed (Analiseer) / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Verduidelik /
Assesseer / Debatteer.
Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer /
Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe
Maks.10
grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af /
Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe?
Gevolgtrekking:
➢ Enige relevante hoërorde gevolgtrekking wat die volgende insluit:
➢ ʼn Kort opsomming van wat bespreek is / geanaliseer is sonder ʼn
herhaling van feite wat reeds in die liggaam genoem is
Maks. 2
➢ ʼn Opinie of waarde-oordeel van die feite bespreek
➢ Addisionele informasie om die bespreking te ondersteun / analiseer
➢ ʼn Kontroversionele standpunt met motivering, indien benodig
➢ Aanvbevelings
TOTAAL 40
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
VRAAG 5
“Pryselastisiteit van aanbod sal altyd positief wees as gevolg van die wet van aanbod.”
• Met behulp van grafieke verduidelik die verskillende kategorieë van
pryselastisiteit van aanbod. (26 punte)
• Verduidelik die pryselastisiteit van aanbod vir mielies in die kort- en
langtermyn. (10 punte)
[40]
INLEIDING
Pryselastisiteit van aanbod meet hoe sensitief die markaanbod is tot ʼn verandering in die prys
van die produk.
(Aanvaar enige relevante definisie.)
(Maks 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Pryselastisiteit van aanbod kan in die volgende afdelings verdeel word:
Perfekonelastiese aanbod
Beskrywing
Perfekonelastiese aanbod
Prys
A
P PEA=0
Q Hoeveelheid
(maks 6 insl. grafiek)
• Enige % verandering in prys sal geen uitwerking op die hoeveelheid aangebied
hê.
• Verskaffers kan nie die aanbod verhoog nie
• PEA = 0
• Aanbodkurwe is ʼn vertikale kurwe
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
Perfkete elastiese aanbod
• Selfs die kleinste verandering in prys sal ʼn oneindige groot verandering in
die hoeveelheid aangebied bring.
• PEA =∞
• Aanbodkurwe is horisontaal.
Perfekte elastiese aanbod
Prys
A
0 Q1 Q2 Hoeveelheid
(maks 6 insl. grafiek)
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
Relatiewe elastiese aanbod
• Persentasie verandering in die hoeveelheid aangebied is meer as die % verandering
in die prys
• Produsente kan maklik die produksie verhoog.
• PEA> 1.
• Aanbodkurwe is plat, die helling van die grafiek begin op die y-as, op ʼn vlak van
nul.
Relatiewe elastiese aanbod
Prys
A
P2
Q1 Q2 Hoeveelheid
(maks 6 insl. grafiek)
16
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
Relatiewe onelastiese aanbod
• Persentasie verandering in die hoeveelheid aangebied is minder as die
persentasie verandering in die prys √√
• Produsente sukkel om aan te pas by ʼn prysverhoging. √√
• PEA< 1. √√
Relatiewe onelastiese aanbod
Prys A
P2
P1
Q1 Q2 Hoeveelheid
(maks 6 insl. grafiek)
17
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
Eenheidselastiese aanbod
• ʼn Verandering in die prys sal presies dieselfde wees as die verandering in
die hoeveelheid aangebied
• Die aanbodkurwe lyk presies soos ʼn normale aanbodkurwe wat opwaarts
neig van links na regs teen ʼn 45 º helling.
• PEA = 1.
Eenheidselastiese aanbod
Prys
A
P2
P1
Q1 Q2 Hoeveelheid
(maks 6 insl. grafiek) (26)
LIGGAAM: ADDISIONELE DEEL
Verduidelik die pryselastisiteit van aanbod vir mielies in die kort- en langtermyn.
Korttermyn
• In die korttermyn is die meeste aanbodkurwes onelasties omdat vervaardigers
nie genoeg tyd het om te reageer op die verandering van die prys nie.
• As die mielieprys verhoog, het boere ʼn volle groeiseisoen nodig om hulle produksie
aan te pas by die prysverhoging.
• ʼn Verlaging sal nie noodwendig lei tot ʼn vinnige afname in die hoeveelheid verskaf
nie.
• Boere met mielies sal heel waarskynlik nog steeds verplig wees om te oes en die
mielies teen die laer prys te verkoop en inkomste te verloor.
18
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
Langtermyn
• Die pryselastisiteit word meer elasties in die langtermyn.
• In die langtermyn kan die boer sy produksievlakke aanpas as gevolg van die
verandering in die pryse.
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
(Maks 10)
SLOT
Die sleutel tot die voorspelling van elastisiteit is om te weet of die produsente hulle produksie
kan verander.
Die produsent se vermoë om aan te pas by prysverandering hang van kostes, beskikbaarheid
en mobiliteit van produksiefaktore af.
(Aanvaar enige relevante slot.)
(Maks 2)
[40]
VRAAG 6
“Die optrede van ekonomiese deelnemers kan beskryf word deur markstrukture.”
• Vergelyk volledig die eienskappe van ʼn monopolie met ʼn monopolistiese
mededinging.
(26 punte)
• Hoekom sal die owerheid ʼn monopolie ondersteun of lisensieer? (10 punte)
[40]
INLEIDING
Geen mark het al die eienskappe van ʼn volmaakte mark nie en word onvolmaakte markte
genoem. Dit is ook so van monopolië en monopolistiese mededingingsmarkte.
(Aanvaar enige relevante definisie.)
(Maks 2)
19
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
LIGGAAM: HOOFDEEL
EIENSKAPPE MONOPOLIË MONOPOLISTIESE
MEDEDINGING
Hoeveelheid besighede in ʼn Enkele verskaffer of besigheid ʼn Groot hoeveelheid
die industrie bv. Eskom. Daar is geen besighede of
kompetisie nie. Een besigheid verskaffersbv. KFC,
beheer die aanbod van goedere Nandos en Tagos. Daar is ʼn
en dienste van die hele element van kompetisie.
mark.
Produkte ʼn Unieke produk word Gedifferensieerde produkte,
vervaardig. Daar is geen is dieselfde maar nie identies
substituut nie. Die produk kan
nie. Hulle is dieselfde en
nie maklik vervang word nie. bevredig dieselfde behoeftes
van verbruikers. Daar
Verbruikers het geen ander keuse
in die prys of die hoeveelheid van
mag verskille wees in die
die produk nie. verpakking maar die produk is
dieselfde.
Vryheid tot toetrede en Daar is hindernisse tot toetrede. Maklike toegang tot die
uittrede tot die mark Toegang tot die mark is totaal mark. Daar is totale vryheid
beperk. Die hindernisse word tot toetrede en uittrede tot die
veroorsaak deur patente en ander mark.
vorme van intellektuele
eiendomsregte.
Helling van die vraag- Afwaardse vraagkurwe vir die Afwaartse helling vraag-
kurwe besigheid en dieselfde vir die kurwe vir die industrie, en
industrie. Dit is ook dit is elasties.
onelasties.
Kontrole oor die prys Die besigheid is ʼn prysmaker Besighede het min beheer
Die monopolis kan die mark oor die prys. Elke
beïnvloed deur die hoeveelheid besigheid verkoop teen sy eie
aangebied tot die mark. prys, omdat ʼn enkele prys
nie bepaal kan word vir
gedifferensieerde produkte
nie
Relatiewe markaandeel Totale mark behoort aan een Relatiewe klein aandeel tot die
besigheid. totale mark
Informasie Daar is perfekte kennis en Inligting is onvolledig.
inligting is volledig.
Maks. 13 Maks. 13
(OPSKRIFTE EN VOORBEELDE MAKS 8 PUNTE)
(26)
20
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 2) Graad 11
LIGGAAM: ADDISIONELE DEEL
Hoekom sal die owerheid ʼn monopolie ondersteun of lisensieer?
• Om die intellektuele vaardighede en regte van die produsent te beskerm
• Sommige produkte is baie gevaarlik om te produseer, daar moet ʼn vlak van
verantwoordelikheid wees.
• Om produsente te motiveer om voort te gaan met die vaardigheid, die besigheid te
laat groei en meer mense in diens te neem
• Van die ekonomiese winste wat gemaak word, kry die owerheid meer
belastinginkomste.
• Om die maatskappy te monitor, veral as dit noodsaaklike dienste soos elektrisieteit
verskaf bv. pryse, voorsiening van elektrisiteit aan almal, bv in plattelandse gebiede
en die konstantheid van die voorsiening
(Aanvaar enige relevante verduideliking.)
(Maks 10)
SLOT
Beide markte neig om onefektief te wees omdat onvolmaakte markte misluk om
hulpbronne effektief te allokeer.
(Aanvaar enige relevante slot.)
(Maks 2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
21
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)
%20November%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1/v1-770f6a3dad5fae38d9da/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2019 Memo (Afrikaans)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6b67e6d2-13b6-4ae0-82b3-20b6593e609b/v1-e2da5fe07f9ef2387faa/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Gauteng June 2017 Memo

Question paper
Economics Grade 11 Paper 2 Gauteng June 2017 Question Paper
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper