Skip to content

Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2017 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11201713 pages

Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2017 GRAAD 11 EKONOMIE VRAESTEL 1 TYD: 2 uur PUNTE: 150 13 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (Vraestel 1) Graad 11 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE (Vraestel 1) TYD: 2 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies versigtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord ENIGE TWEE van die DRIE vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die TWEE vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. In AFDELING B sal slegs die eerste TWEE nagesien word en in AFDELING C slegs die eerste EEN. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur en begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 6. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 7. Beantwoord die vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van jou antwoorde moet in ooreenstemming met die vereistes van die vrae wees. 8. Gebruik slegs swart of blou ink. 9. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (Vraestel 1) Graad 11 VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) van jou antwoord langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.1.1 Ekonomies gemarginaliseerde groepe sluit in ... A vroue en fisies gestremde persone. B polisie en soldate. C swart en wit mense. D onderwysers en verpleegsters. 1.1.2 ʼn Unieke kenmerk van hierdie produksiefaktor is dat dit vas is en nie verskyf kan word nie. A Kapitaal B Arbeid C Land D Entrepreneurskap 1.1.3 Die Suid-Afrikaanse arbeidsmag bestaan uit werkers tussen die ouderdomme van ... jaar. A 15 – 48 B 21 – 50 C 15 – 64 D 21 – 60 1.1.4 Om basiese pryse na markpryse om te skakel, word belasting op produkte ... A afgetrek. B bygetel. C vermenigvuldig. D geïgnoreer. 1.1.5 Die begrotingsrede word in die parlement voorgelê deur die ... A President. B Minister van Handel en Nywerheid. C Goewerneur van die SARB. D Minister van Finansies. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (Vraestel 1) Graad 11 1.1.6 BBP per kapita meet ekonomiese ... in ʼn land. A ontwikkeling B groei C gelykheid D stabiliteit 1.1.7 Groot publieke korporasies of besighede wat deur die staat beheer of besit word is bekend as ... A maatskappye. B publieke maatskappye. C private maatskappye. D parastatale. 1.1.8 Die model wat die vloei van goedere en dienste asook die vloei van produksiefaktore aandui staan bekend as die ... A ekonomiese siklus B monotêre vloei C kringloop-diagram D sakesiklus (8x2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B om by ʼn item in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A – H) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Sentraal beplande A Hulpbronne soos minerale en grond ekonomie B BBP (I) @ basiese pryse 1.2.2 Kapitaalgoedere C C+I+G 1.2.3 Nie-hernubare hulpbronne D Die staat besit al die 1.2.4 Sluit belasting en subsidies produksiefaktore op produksie in E Kommunikasie, vervoer en energie 1.2.5 SARB F Goedere wat gebruik word om ander 1.2.6 Sekondêre sektor goedere te produseer 1.2.7 BBB G Publiseer die BBP-syfers 1.2.8 Infrastruktuur H Proses om rou materiaal gronds- stowwe om te sit in finale produkte (8x1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (Vraestel 1) Graad 11 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.3.1 Die vergoeding van werknemers, plus netto bedryfsurplus, plus vastekapitaalverbruik 1.3.2 Hierdie metode is die waarde van alle finale produksie van al drie sektore in die ekonomie. 1.3.3 Die waarde van alle finale produksiepryse wat deur verbruikers betaal word 1.3.4 Die geld wat deur verskeie staatsdepartemente bestee word op goedere en dienste om die gemeenskap te bevoordeel 1.3.5 Goedere wat nog nie gereed is om aan die finale verbruiker te verkoop te word nie 1.3.6 Die proses waardeur die staat privaatondernemings beheer en oorneem (6x1) (6) TOTAAL AFDELING A: [30] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (Vraestel 1) Graad 11 AFDELING B Beantwoord enige TWEE uit die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDBOEK. VRAAG 2 MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE kategorieë van natuurlike hulpbronne. (2x1) (2) 2.1.2 Hoe word BNI bereken? (1x2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg. [Sakenuus / (aangepas), Maart 2015] 2.2.1 Met watter ekonomiese stelsel word kapitalisme verbind? (1) 2.2.2 Bepreek kortliks die ekonomiese stelsel genoem in Vraag 2.2.1. (1x2) (2) 2.2.3 Verduidelik waarom Samuelson sê dat die markekonomie ʼn “wonderlike ding” is. (1) 2.2.4 Verduidelik DRIE nadele van geen staatsinmenging. (3x2) (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (Vraestel 1) Graad 11 2.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. GEKONSOLIDEERDE OWERHEIDSBESTEDING VOLGENS FUNKSIE R biljoen 2014/15 2015/16 2016/17 Basiese Onderwys 253.8 213.7 228.8 Gesondheid 145.7 159.4 168.4 Verdediging, openbare orde 163.6 171.5 181.5 en veiligheid Naskoolse onderwys en 253.8 64.2 68.7 opleiding Ekonomiese sake en landbou 50.0 213.0 238.4 Menslike nedersetting en 235.7 178.2 182.6 munisipale infrastruktuur Algemene openbare dienste 65.1 97.5 73.7 Sosiale beskerming 144.5 154.4 167.5 Geallokeerde besteding 1 875.3 1 251.8 1 309.6 Skuld-dienste koste 114.9 120.1 147.7 Gebeurlikheidsreserwes 3.0 6.0 Gekonsolideerde besteding 1 252.3 1 380.9 1 463.3 [Aangepas uit: Nasionale Tesourie Begrotings Hoogtepunte, Februarie 2016] 2.3.1 Identifiseer die beplande besteding op gesondheid in 2016 / 2017. (1) 2.3.2 Die gegewe totale owerheidsbesteding in 2016 / 2017 beloop ʼn bedrag van R 1 463.3 biljoen. Bereken die persentasie van die begroting wat toegeken is aan basiese onderwys in dié jaar. (1x2) (2) 2.3.3 Die Minister van Finansies het in die 2016 Begroting gesê dat “personeelbesteding ingekort gaan word en besparingsmaatreëls versterk gaan word.” Voorsien bewyse om die Minister se stelling te ondersteun. (1x3) (3) 2.3.4 Noem die kategorie in die tabel wat die bedrag insluit wat gespandeer is op ouderdomspensioene. (1x2) (2) 2.3.5 Watter afleidings kan gedoen word omtrent die skuld-dienste koste? Gee ʼn rede hiervoor. (1x2) (2) 2.4 Bespreek kortliks die doeltreffendheid in die lewering van sosiale dienste in Suid-Afrika. (2x4) (8) 2.5 Hoe word entrepreneurs vergoed vir hul bydra tot die ekonomie in Suid- Afrika? (2x4) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (Vraestel 1) Graad 11 VRAAG 3 MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van sosiale dienste. (2x1) (2) 3.1.2 Waarom word die betaling vir invoere ʼn lekkasie genoem? (1x2) (2) 3.2 Bestudeer die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg. Is Suid-Afrika besig om in die regte rigting te beweeg om ʼn vervaardigingsindustrie te word? Suid-Afrika se vervaardigingsektor is neerslagtig, met ʼn dalende bydrae tot die BBP (Bruto Binnelandse Produk) oor die afgelope twee dekades. Erken as een van die top drie ekonomiese sektore in terme van waardetoevoeging, werkverskaffing, uitvoere verdienste en inkome wat uit elke R1 wat belê word verdien word, het vervaardiging die kapasiteit om enige ekonomie te laat piek. Hoe ook al, met globale mededingendheid aan die groei in ontluikende lande oor die afgelope jaar, was meer as 300 000 werksgeleenthede verloor aan ander lande vanaf 2008, met Shina se leeu- aandeel aan die bopunt. Die Staat moet nuwe lewe in die vervaardigingsektor plaas, en daar moet aansienlik herfokus word deur die staat, privaatsektor en onderwys en ʼn padkaart saamgestel word wat huidige tekortkominge aanspreek en mededingende voordele oorweeg wat Suid-Afrika se vervaardigingsplekke as een van die wêreld se grootste vervaardigingsmiddelpunt kan plaas. [Mail & Guardian, Februarie 6 tot 12, 2015] 3.2.1 Noem TWEE sektore wat waarde toevoeg tot die BBP in Suid- Afrika. (2x1) (2) 3.2.2 Verduidelik internasionale mededingendheid. (2) 3.2.3 Wat moet gedoen word om die vervaardigingsektor te “verbeter”? (2x2) (4) 3.2.4 Hoekom is die sekondêre sektor so belangrik vir ʼn land se ekonomie? (1x2) (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (Vraestel 1) Graad 11 3.3 Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae wat volg: BBP teen huidige pryse 2014 Rm Landbou, bosbou en visserye 185 634 Mynbou en steengroewery 185 634 Vervaardiging 316 268 Elektrisiteit, gas en water 150 000 Konstruksie 300 000 Groot en kleinhandel 680 000 Vervoer, berging en kommunikasie 316 605 Finansies 732 000 Gemeenskaps- sosiale en persoonlike dienste 588 000 Primêre inkomste vanaf die res van die wêreld 82 235 Primêre inkomste aan die res van die wêreld 183 779 Belasting op produkte 404 939 Subsidies op produkte 12 972 [Aangepas uit: SARB kwartaalblad, September 2015] 3.3.1 Watter metode word in die bostaande tabel gebruik om die BBP te bereken? (1) 3.3.2 Gee EEN voorbeeld van ʼn belasting op produkte. (1) 3.3.3 Bereken die bruto binnelandse produk teen markpryse. (Toon alle berekeninge) (4) 3.3.4 Waarom is daar so ʼn groot verskil tussen primêre inkomste vanaf die res van die wêreld teenoor primêre inkomste aan die res van die wêreld? (2x2) (4) 3.4 Verduidelik die verskil tussen geldkapitaal en reële kapitaal. (2x4) (8) 3.5 Hoe het die sellulêre foon industrie gehelp dat die armes toegang tot kommunikasie kan verkry? (4x2) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (Vraestel 1) Graad 11 VRAAG 4 MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE markte in die kringloopdiagram. (2x1) (2) 4.1.2 Waarom sal ʼn besigheid ʼn salaris of ʼn loon aan ʼn lid van ʼn huishouding betaal? (1x2) (2) 4.2 Bestudeer die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg. Produksie uitset en lone lei tot voorspoed ʼn Toename in arbeidsproduktiwiteit lei tot meer werksgeleenthede, beter inkomste en aansienlike profyt. Ongelukkig groei Suid-Afrika se produktiwiteit baie stadig. In die afgelope paar jare het produktiwiteit gegroei van 1.3 % na 1.5 %. Produktiwiteit meet hoe vinnig goedere en dienste geproduseer word binne ʼn bepaalde tydperk. In baie industrieë in China, oorskry nominale lone die van Suid-Afrika. Produktiwiteit, meer as BBP, is ons grootste sentrale ekonomiese probleem. Dit is onmoontlik vir ons om ʼn ryk land te word tensy lone nie vinniger as inflasie groei nie, maar dis nie moontlik indien produktiwiteit nie toeneem nie. ʼn Nasionale doelwit om produktiwiteit te verbeter, moet ingestel word. “Ons moet ʼn ernstige en volgehoue gesprek voer oor hoe om die nalatenskap van apartheid te oorkom en te fokus op die mislukkings van ons huidige programme om vaardighede op groot skaal te ontwikkel. Ons moet al hierdie dinge nou doen, voordat ons vermoë om te vertrou en saam te werk vergiftig word deur meer jare van slegte keuses wat lae produktiwiteit meebring. Luke Jordan (PhD) in Ekonomie. [Mail & Guardian (Business) September 24 tot Oktober 1, 2015] 4.2.1 Watter produksiefaktor word verbind tot produktiwiteit? (1) 4.2.2 Wat is die vergoeding vir hierdie produksiefaktor genoem in Vraag 4.2.1? (1) 4.2.3 “ʼn Toename in arbeidsproduktiwiteit lei tot meer werksgeleenthede, beter inkomste en aansienlike winste.” Watter impak sal dit op die Suid-Afrikaanse ekonomie hê? (2x2) (4) 4.2.4 Waarom is dit onmoontlik vir Suid-Afrika om ʼn ryk land te word? (1x2) (2) 4.2.5 Noem enige TWEE faktore wat die kwaliteit van ʼn arbeidsmag bepaal. (2x1) (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (Vraestel 1) Graad 11 4.3 Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae wat volg. Finale verbruiksbesteding deur huishoudings Kategorie 1ste 2de 3de 4de Kw Kw Kw Kw Duursame goedere 5.9 12.5 9.4 6.9 Semi-duursame goedere 7.6 8.5 7.1 3.1 Nie-duursame goedere 2.4 2.7 0.5 0.2 Dienste 0.1 -2.1 0.1 1.7 Totaal 2.4 2.5 2.1 2.0 [Bron: Kwartaallikse Bulletin, Maart 2015] 4.3.1 Wat is jou mening oor die persentasie van verbruikersbesteding in die 4de kwartaal, in vergelyking met die vorige kwartale? (1x2) (2) 4.3.2 Hoe bereken ons finale verbruikersbesteding? Verduidelik die komponente ten volle. (4x1) (4) 4.3.3 Waarom spandeer armer huishoudings die grootste gedeelte van hul inkomste op voedsel in vergelyking met ryker huishoudings? (1x2) (2) 4.3.4 Verduidelik hoe verbruik werksgeleenthede stimuleer. (1x2) (2) 4.4 Onderskei tussen nominale lone en reële lone. (2x4) (8) 4.5 Waarom is kapitaalgoedere en dienste belangrik vir produseerders van goedere en dienste? (4x2) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (Vraestel 1) Graad 11 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in jou ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / In-diepte bespreking / Ondersoek / Bespreek Maks. 26 krities / Ontleed / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / onderskei / Verduidelik / Assesseer / Debatteer. Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe Maks. 10 grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Voorstelle Slot / samevatting: Enige hoër-orde samevatting behoort die volgende te bevat: • ʼn Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige genoemde feite te herhaal • Enige opinie of waardeskatting omtrent die Maks. 2 bespreekte feit • Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te versterk • ʼn Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis • Aanbevelings / voorstelle Totaal 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 13 (Vraestel 1) Graad 11 VRAAG 5 40 PUNTE – 40 MINUTE "As ʼn ekonomiese hulpbron, omvat ʼn land al die natuurlike hulpbronne wat gebruik kan word in die produksie van goedere en dienste.” • Bespreek die eienskappe en die belangrikheid van hierdie produksiefaktor. (26) • Verduidelik kortliks wat die impak van die droogte op die primêre, sekondêre en tersiêre sektore van Suid-Afrika het. (10) [40] VRAAG 6 40 PUNTE – 40 MINUTE “Suid-Afrika is een van baie lande in die wêreld met ʼn gemengde ekonomie.” • Bespreek die kenmerke, voordele en nadele van ʼn land met ʼn gemengde ekonomiese stelsel. (26) • Ontleed die probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar met te veel regeringsinmenging of betrokkenheid in die ekonomie. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all