Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2017
GRAAD 11
EKONOMIE
VRAESTEL 1
MEMORANDUM
16 bladsye
Skip to contentAll 2017 papers %20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5975bf34-03af-4bd2-bcb3-da6ecc7ce502/v1-87626b6327ce78e8e67a/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f/v1-119e7c2a8c8fe00ddddf/card.webp)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67/v1-8bc5a498f0fbc7f36cda/card.webp)

%20November%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1/v1-770f6a3dad5fae38d9da/card.webp)
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng June · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 919.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Gauteng June 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
(Vraestel 1)
MEMORANDUM
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A √√ (vroue en fisies gestremde persone)
1.1.2 C √√ (land)
1.1.3 C √√ (15 – 64)
1.1.4 B √√ (Bygetel)
1.1.5 D √√ (Minister van Finansies)
1.1.6 A √√ (Ontwikkeling)
1.1.7 D √√ (Parastatale)
1.1.8 C √√ (Kringloop-diagram)
(8x2)
(16)
1.2 KOLOMME
1.2.1 D √ (Die staat besit al die produksiefaktore)
1.2.2 F √ (Goedere wat gebruik word om ander goedere te produseer)
1.2.3 A √ (Hulpbronne soos minerale en grond)
1.2.4 B √ (BBP (I) @ basiese pryse)
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
1.2.5 G √ (Publiseer die BBP-syfers)
1.2.6 H √ (Proses om rou materiaal om te sit in finale produkte)
1.2.7 C √ (C + I + G)
1.2.8 E √ (Kommunikasie, vervoer en energie)
(8x1)
(8)
1.3 KONSEPTE
1.3.1 √ Faktorkoste
1.3.2 √ Produksie / Toegevoegde waarde
1.3.3 √ Markpryse
1.3.4 √ Sosiale welsyn / welsyn
1.3.5 √ Intermediêre goedere
1.3.6 √ Nasionalisering
TOTAAL AFDELING A: [30]
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
AFDELING B
Beantwoord TWEE uit die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2 MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae:
2.1.1 Noem enige TWEE klassifikasies van natuurlike hulpbronne. (2x1) (2)
• hernubare hulpbronne√
• nie-hernubare hulpbronne√
2.1.2 Hoe word BNI bereken? (1x2) (2)
• BNI = BBI + netto primêre inkomste (primêre inkomste van oorsee
minus primêre inkomste na oorsee) √√
2.2 DATA RESPONS
2.2.1 Met watter ekonomiese stelsel word kapitalisme verbind? (1)
• Vryemarkstelsel√√
2.2.2 Definieër die ekonomiese stelsel genoem in Vraag 2.2.1. (1x2) (2)
• Is ʼn ekonomiese stelsel waar pryse en hoeveelheid deur markkragte
soos vraag en aanbod vasgestel word √√/ die besluite van wat, hoe en
vir wie geproduseer moet word, word deur die privaatsektor vasgestel. √√
2.2.3 Verduidelik waarom die markekonomie ʼn wonderlike ding is, volgens
Samuelson. (1)
• Ekonomiese lewe gaan voort sonder direkte owerheidsinmenging. √
2.2.4 Verduidelik TWEE nadele van geen staatsinmenging. (3x2) (6)
• Gebrek aan infrastruktuur.√√
• Daar sal geen hawens of geen paaie wees om besigheid te maak of produkte te
vervoer nie. √√
• Meer werkloosheid
• Meer armoede
• Geen ekonomiese groei
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer die beplande besteding op gesondheid in 2016 / 2017 (1)
• R168.4b√
2.3.2 Die gegewe totale owerheidsbesteding in 2016 / 2017 beloop ʼn bedrag
van R 1 463.3 biljoen. Bereken die persentasie van die begroting wat
toegeken is aan Basiese Onderwys in 2016 / 17. (1x2) (2)
• (228,8 / R1 463.3) x 100 = 15.6 %√√
2.3.3 “Die Minister van Finansies het in die 2016 Begroting gesê dat
Personeelbesteding ingekort gaan word en besparingsmaatreëls
versterk gaan word”. Voorsien bewyse om die Minister se stelling te
ondersteun. (1x3) (3)
• Die Staat poog om besteding te snoei – Spandering op Algemene
staatsdienste daal√ van (2015) R97.5b √na (2016) R73.7b√
2.3.4 Noem die kategorie in die tabel wat die bedrag insluit wat gespandeer
word op ouderdomspensioene. (1x2) (2)
• Sosiale beskerming√√
2.3.5 Watter afleidings kan gedoen word omtrent die skuld-dienste koste?
(1x2) (2)
• Gebeurlikheidsreserwe√√
2.4 Bespreek kortliks die doeltreffendheid in die lewering van sosiale dienste
in Suid-Afrika. . (8)
• Onderwys en opleiding√
Onderwys is die enkele grootste uitgawe-item in die begroting√√
Dit sluit in basiese onderwys in skole VOO-kolleges en universiteite, om
geletterdheid te verhoog. √√
• Gesondheidsorg√
Om basiese gesondheidsdienste aan die gemeenskap te verskaf. √√
Vraag na gesondheidsorg gaan waarskynlik toeneem namate meer pasiënte
behandeling moet ontvang vir MIV/Vigs en TB. √√
• Behuisingsfunksie√
Sluit die voorsiening van behuising aan armes in. √√
• Sosiale sekuriteit√
Probeer die basiese behoeftes van sommige individue bevredig. √√
Dit beskerm ook en bevorder die regte van weerlose groepe soos kinders, ouer
persone, vroue en mense met gebreke. √√
• Openbare orde en veiligheid√
Fisiese beskerming sluit in die weermag, polisie, kriminele regstelsel en
korrektiewe dienste√√
Dit is kollektiewe dienste√√
Die kwaliteit en doeltreffendheid van hierdie dienste maak dat gemeenskappe en
individue veilig en beskermd voel, of nie. √√
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
2.5 Hoe word entrepreneurs vir hul bydra tot die ekonomie in Suid-Afrika vergoed?
(4x2) (8)
• Wins is die vergoeding wat die entrepreneur ontvang vir die risiko wat hy
neem om ʼn sakeonderneming te bedryf. √√
• Bruto wins is die verskil tussen verkope en die koste van verkope. √√
Bruto wins is die verskil tussen verkope van die maand minus bedrag aan
grondstowwe bestee. √√
Hulle kan dan bepaal of die prys van hul produkte te hoog of te laag is. √√
Netto wins is bruto wins plus ander inkomste minus alle uitgawes wat die
onderneming moet aangaan om te funksioneer. √√
Netto wins behoort aan die entrepreneur. √√
Netto wins dui aan of die onderneming se lopende uitgawe √√ (elektrisiteit,
telefoon, water, skryfbehoeftes, ens.) te hoog is, en die entrepreneurs se wins
onnodig verlaag. √√
[40]
VRAAG 3 MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae:
3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van sosiale dienste. (2x1) (2)
• onderwys√
• gesondheid√
• behuising en gemeenskapsdienste√
• sosiale beskerming√
• publieke orde en veiligheid√
(Aanvaar enige TWEE relevante antwoorde.)
3.1.2 Waarom word die betaling vir invoere ʼn lekkasie genoem? (1x2) (2)
• Wanneer betaling vir invoere gemaak word, vloei die geld na ʼn ander
land. / Geld vloei uit die sirkulêre kringloop van die land na die ander lande. √√
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Noem TWEE sektore wat waarde toevoeg tot die BBP in Suid-Afrika.
(2x1) (2)
• Primêre sektor√
• Sekondêre sektor√
• Tersiêre sektor√ (Enige TWEE)
3.2.2 Verduidelik internasionale mededingendheid. (2)
• Internasionale mededingendheid is die vermoë van plaaslike ondernemings /
fabrieke om die prys en kwaliteit van hul produksie-uitsette met die van ander
lande te vergelyk en seker te maak dat dit aan ander lande se standaarde
voldoen. √√
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
3.2.3 Wat moet gedoen word om die vervaardigingsektor te verbeter?
(2x2) (4)
• Die staat moet herfokus op besighede en onderwys en nuwe beleide
optrek wat hedendaagse uitdagings in die vervaardigingsektor aanspreek√√
• mededingende voordele oorweeg wat SA se vervaardigingsektor as een
van die wêreld se grootste vervaardigingsmiddelpunte sal plaas. √√
• Die vervaardigingsektor uitbrei. √√
3.2.4 Waarom is die sekondêre sektor so belangrik vir ʼn land se ekonomie?
(1x2) (2)
• Die sekondêre sektor dra by tot die BBP√√
• Skep werksgeleenthede√√
• Waarborg ekonomiese onafhanklikheid√√
• Verdien buitelandse valuta√√
• Bied ʼn belangrike beleggingsgebied√√
• Waarborg strategiese belangrikheid in Afrika√√
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Watter metode word in die bostaande tabel gebruik om die BBP te bereken?
• Produksiemetode √ (1)
3.3.2 Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte.
• BTW√
• Sondebelasting√
• Aksynsbelasting√ (Enige EEN) (1)
3.3.3 Bereken bruto binnelandse produk teen markprys.
(Toon alle berekeninge.)
• 3 454 141 √+ 404 939√ – 12 972√ = 3 846 108√ (4)
BBP @ Basiese pryse + Belasting op produkte – Subsidies op produkte =
BBP @ Mark pryse
3.3.4 Waarom is daar so ʼn groot verskil tussen primêre inkome vanaf die
wêreld as primêre inkome aan die wêreld? (2x2) (4)
• Suid-Afrika gebruik baie meer buitelandse produksiefaktore as
enige ander land.
• Suid-Afrika het minder gesofistikeerde faktore soos arbeiders / ʼn tekort
aan vaardighede.
• Baie buitelandse ondernemings doen besigheid in Suid-Afrika.
(Aanvaar enige ander korrekte antwoord)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
3.4 Verduidelik die verskil tussen geldkapitaal en reële kapitaal (2x4) (8)
• Geldkapitaal
Die geld wat gebruik word om kapitaalgoedere mee te koop. √√
Geld is net kapitaal as dit gebruik word om kapitaalgoedere te
koop ten einde verdure produksie moontlik te maak. √√
• Reële kapitaal
Toerusting en masjinerie wat met geldkapitaal gekoop is om te gebruik
in die produksieproses waartydens nuttige goedere en dienste
vervaardig word. √√
word verdeel in vaste kapitaal bv. grond en geboue, voertuie,
toerusting en meubels. √√
Hierdie goedere word duursame kapitaalgoedere genoem want hulle
word meer as een maal in die produksieproses gebruik. √√
Bedryfs of vlottende kapitaal is roerende bates, bv. kontant vir
daaglikse uitgawes en items soos grondstowwe en gedeeltelik
verwerkte goedere√√.
Omdat die goedere slegs een maal in die produksieproses gebruik
word, word dit as nie-duursame kapitaalgoedere geklassifiseer. √√
3.5 Hoe het die sellulêre foonindustrie daartoe bygedra om die uitsluiting van
armes tot kommunikasie te beperk? (4x2) (8)
• Sellulêre fone is redelik wyd beskikbaar. √√
• Die stelsel is goedkoop om te gebruik. √√
• Die fone kan gebruik word selfs al het iemand nie eers ʼn vaste adres nie. √√
• Die gebruikers hoef nie te wag vir die beskikbaarheid van lyn-verbindings
nie d.w.s die fone is enige tyd toeganklik. √√
• Die maandelikse betalings hoef nie so hoog te wees nie. √√
• Die pryse van die fone self wissel van die goedkoopste tot die duurste om in die
smaak en voorkeure van die verbruiker te voorsien. √√
• Daar is ʼn wye keuse van fone wat in die behoeftes, smaak en voorkeur van die
verbruikers voldoen. √√
(Aanvaar enige relevante antwoord.) [40]
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
VRAAG 4 MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae
4.1.1 Noem enige TWEE markte in die kringloop diagram. (2x1) (2)
• produkte mark / goedere en dienstemarkte√
• faktormark / arbeidsmark√
4.1.2 Waarom sal ʼn besigheid ʼn salaris of loon aan ʼn lid van ʼn
huishouding betaal? (1x2) (2)
• Die huishouding bied arbeid aan die besigheid wat hierdie faktor nodig
het om goedere en dienste te produseer.
• In ruil vir hul arbeid ontvang die huishouding ʼn salaris of ʼn loon as
vergoeding.√√
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Watter produksiefaktor word gemeet deur produktiwiteit? (1)
• Arbeid√
4.2.2 Wat is die vergoeding vir hierdie faktor genoem in Vraag 4.2. (1)
• Salarisse en Lone√
4.2.3 “ʼn Toename in arbeidsproduktiwiteit lei tot meer werksgeleenthede,
beter inkomste en aansienlike winste.”
Watter impak sal dit op die Suid-Afrikaanse ekonomie hê? (2x2) (4)
• Dit sal tot ʼn voorspoed / opswaaifase lei. √√
• Ekonomiese groei
• Ekonomiese ontwikkeling
(aanvaar enige relevante antwoord)
4.2.4 Waarom is dit onmoontlik vir Suid-Afrika om ʼn ryk land te word? (1x2) (2)
• Inflasie groei vinniger as lone. √√ /
• Produktiwiteit groei baie stadig. √√
4.2.5 Noem enige TWEE faktore wat die kwaliteit van ʼn arbeidsmag bepaal.
(2x1) (2)
• Skoolopvoeding√
• Vaardigheidsopleiding√
• Gesondheid√
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Wat is jou eie mening oor die persentasie van verbruiksbesteding in
die 4de kwartaal, in vergelyking met die vorige kwartale. (1x2) (2)
• Verbruiksbesteding op dienste het toegeneem gedurende die vierde
kwartaal. √
• Verbruiksbesteding op duursame goedere, nie duursame goedere en
semi-duursame goedere het gedaal gedurende die vierdie kwartaal √
4.3.2 Verduidelik die formule vir die berekening van finale verbruiksbesteding
deur huishoudings. (4x1) (4)
• Duursame goedere√
• Plus Semi-duursame goedere√
• Plus Nie-duursame goedere√
• Plus dienste. √
4.3.3 Waarom spandeer armer huishoudings die grootste gedeelte van hul
inkomste op voedsel in vergelyking met meer ryker huishoudings? (1x2) (2)
• Almal moet eet en as die inkomste min is word alles op kos spandeer
en niks bly oor vir enigiets anders nie. √√
(Aanvaar enige relevante antwoord)
4.3.4 Verduidelik hoe verbruik werksgeleenthede stimuleer. (1x2) (2)
• As verbruik toeneem moet besighede hul produksie vermeerder en om
meer te produseer beteken meer produksiefaktore soos arbeid sal
benodig word om meer goedere en dienste te produseer. √√
4.4 Onderskei tussen nominale lone en reële lone. (2x4) (8)
• Nominale loon
die bedrag wat die werker daagliks, weekliks of maandeliks ontvang. bv. √√
byvoordele soos ʼn maatskappymotor of ʼn kleretoelaag kan ook deel wees
van die vergoedingspakket. √√
• Reële loon
die hoeveelheid goedere en dienste wat ʼn mens met die nominale loon
kan koop. √√
dit staan bekend as die koopkrag van die nominale loon. √√
4.5 Waarom is kapitaalgoedere en dienste belangrik vir produseerders van
goedere en dienste? (4x2) (8)
• Hierdie goedere help om ander goedere te vervaardig en word nie direk
opgebruik nie. √√
• Bv. masjinerie en toerusting wat gebruik word in produksie. √√
• Word gekoop deur vervaardigers van goedere en dienste. √√
• Staan ook bekend as intermediêre goedere. √√
• Sluit ook goedere en dienste in wat half-klaar is of die finale stadium moet
bereik voordat dit vir verbruik gereed is. √√
• Vereis nog prosessering ten einde dit ʼn finale produk te maak. √√ [40]
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
AFDELING C
Beantwoord slegs EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in jou antwoordboek.
Jou antwoord sal as volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede /
in-dieptebespreking / ondersoek / bespreek krities /
Maks. 26
ontleed / analiseer / vergelyk / evalueer / onderskei /
verduidelik / assesseer / debatteer.
Addisionele gedeelte: Gee eie mening / bespreek
krities / evalueer / evalueer krities / teken ʼn grafiek
en verduidelik / gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik / voltooi die gegewe grafiek / bereken / lei Maks. 10
af / vergelyk / verduidelik / onderskei / interpreteer /
debatteer kortliks / hoe? / voorstelle
Slot/samevatting:
Enige hoër orde samevatting behoort die volgende
te bevat:
• ʼn Kort opsomming van wat bespreek is, sonder
om enige genoemde feite te herhaal
• Enige opinie of waardeskatting omtrent die
Maks. 2
bespreek te feit
• Addisionele ondersteunende inligting om die
bespreking / analise te versterk
• ʼn Weersprekende standpunt met motivering,
indien vereis
• Aanbevelings / voorstelle
Totaal 40
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
VRAAG 5 40 PUNTE – 40 MINUTE
“As ʼn ekonomiese hulpbron, omvat ʼn land al die natuurlike hulpbronne wat gebruik kan
word in die produksie van goedere en dienste.”
• In die lig van die bogenoemde stelling, bespreek die eienskappe en die belangrikheid
van hierdie produksiefaktor. (26)
• Verduidelik kortliks die impak van die droogte op die primêre, sekondêre en tersiêre
sektore van Suid-Afrika. (10)
[40]
INLEIDING
Natuurlike hulpbronne is al die middele wat in die natuur beskikbaar is en wat as insette
in die produksieproses gebruik kan word. √√
(Aanvaar enige relevante antwoord) (1x2) (2)
LIGGAAM
Eienskappe van natuurlike hulpbronne
• Natuurlike hulpbronne is skaars√
Skaarsheid is die belangrikste kenmerk van natuurlike hulpbronne.
Natuurlike hulpbronne is skaars in verhouding tot mense se vereistes
(hoeveelheid) en die gehalte wat in die produksieproses benodig word. √√
Daar is nie genoeg natuurlike hulpbronne van die vereiste gehalte om al die
goed te maak wat al die mense in die wêreld graag sou wou hê nie. √√
Sommige natuurlike hulpbronne soos plante groei relatief maklik, maar dit
neem die aarde miljoene jare om ander natuurlike hulpbronne soos olie aan te
vul. √√
Natuurlike hulpbronne soos landbougewasse mag dalk ook nie van die vereiste
gehalte wees nie, die suikerinhoud van druiwe kan dit bv. nutteloos maak vir
die produksie van sap of wyn. √√
• Natuurlike hulpbronne het ʼn prys√
Mense moet betaal om natuurlike hulpbronne te kan gebruik. √√
As ekonomiese produk is die vergoeding vir natuurlike hulpbronne huur. √√
Die huur word bepaal deur die gehalte en hoeveelheid van die beskikbare
natuurlike hulpbronne. √√
As natuurlike hulpbronne skaars is, sal die huur hoër wees en as die gehalte laag
is, sal die huur laer wees. √√
• Ongelyke verspreiding van natuurlike hulpbronne√
Natuurlike hulpbronne is nie eweredig oor alle lande versprei nie. √√
Sekere wêrelddele is ryk aan natuurlike hulpbronne, ander nie. √√
SA bv. het groot afsettings van goud en ander minerale, terwyl Japan nie groot
mineraalafsettings het nie. √√
Die surplus hulpbronne in een land en die skaarste daaraan in ʼn ander land het
tot internasionale handel gelei. √√
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
• Waardetoevoeging tot natuurlike hulpbronne√
Die meeste natuurlike hulpbronne is nie nuttig (bruikbaar) in hulle natuurlike
vorm nie. √√
Dit moet verander of omskep word om dit bruikbaar te maak. √√
bv. hout moet deur middel van ʼn produksieproses in meubels verander
word. √√
Die produksieproses voeg vorm nut tot die produk toe sodat dit in mense se
behoeftes en begeertes kan voorsien. √√
Kapitaaltoerusting soos gereedskap of masjinerie moet eers gebruik word om
die hout in meubels te omskep, wat dan ʼn menslike behoefte sal bevredig. √√
Ten einde ʼn natuurlike hulpbron bruikbaar te maak moet dit deur ʼn produksieproses
gaan. √√
Ekonomiese belangrikheid van natuurlike hulpbronne. √√
Suid-Afrika het ʼn groot verskeidenheid natuurlike hulpbronne, onder andere
• Landbou, bosbou en visserye√
Landboubedrywighede is ʼn belangrike deel van SA se ekonomie. √√
Landbou, bosbou en visserye voorsien in al SA se behoeftes. √√
SA is ʼn netto-uitvoerder van voedsel bv. vars vrugte, wyn en hout vir die vervaardiging
van meubels na Europese en ander Afrika-markte. √√
Hoewel die direkte bydrae van landbou tot die totale produksie van die land aansienlik
gedaal het, bied dit steeds werksgeleenthede vir tussen ses en tien miljoen mense in die
land. √√
• Die mynbedryf√
SA het ʼn groot verskeidenheid minerale bronne van hoë gehalte in aansienlike
hoeveelhede. √√
Goud verskaf ons land se grootste mineraalinkomste. √√
Die land verdien jaarliks miljarde rande uit goudhandel. √√
Mynbou verskaf werk aan derduisende werkers in SA. √√
Die buitelandse valuta wat verdien word met die uitvoer van minerale betaal vir
noodsaaklik invoere soos olie. √√
(Maks: 8 punte vir opskrifte en voorbeelde) (8x1) (8)
(Aanvaar enige relevante antwoord) (26 punte)
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
ADDISIONELE GEDEELTE
Verduidelik kortliks die impak van die droogte op die primêre, sekondêre en tersiêre
sektore van Suid-Afrika.
• Die droogte sal die meeste impak hê op die primêre sektor veral op
landbouproduksie. √√
• ʼn Afname in produksie-uitsette kan vir baie plaasboere bankrotskap beteken. √√
• ʼn Afname in produksie kan tot werkverliese lei. √√
• Veeboere kan groot skade lei bv. hul kuddes kan doodgaan. √√
• Die droogte kan druk plaas op voedselpryse, veral voedselsoorte soos mieliemeel,
vleis, hoender en melkprodukte. √√
• Die sekondêre sektor (vervaardiging / produksie) aktiwiteite sal afneem en mense
kan hul werk verloor. √√
• Suid-Afrika sal landbouprodukte moet invoer vanaf ander lande teen hoë koste. √√
• Afname in uitsette / produksie√√
• Afname in landbou uitvoere√√
• Lae ekonomiese groei in die primêre sektor sal ʼn negatiewe impak het op die land
se BBP en ekonomiese groei. √√
(Maks. 5x2) (10)
SLOT
Dit is elkeen van ons se verantwoordelikheid om ons natuurlike hulpbronne te
bewaar en te beskerm. √√ (Maks. 2)
(Aanvaar enige relevante antwoord.) [40]
VRAAG 6
“Suid-Afrika is een van baie lande met ʼn gemengde ekonomie in die wêreld”.
• Bespreek die kenmerke, voordele en nadele van ʼn land met ʼn gemengde ekonomiese
stelsel. (26)
• Ontleed die probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar met te veel
regeringsinmenging of betrokkenheid in die ekonomie. (10)
[40]
INLEIDING
Suid-Afrika het ʼn gemengde ekonomiese stelsel waarbinne die voordele van
beide ekonomiese stelsels gekombineer word. Suid-Afrika het ʼn ongewone
ekonomiese geskiedenis wat nog steeds ʼn invloed op baie van sy maatskaplike en
ekonomiese eienskappe het. √√ (Maks. 2)
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
LIGGAAM / HOOFGEDEELTE
Kenmerke van ʼn gemengde stelsel
• Die meeste van die produksiefaktore word privaat besit, maar die staat beheer dit. √√
• Dit beteken dat die staat sal inmeng om markmislukkings reg te stel waar
markondoeltreffendheid voorkom. √√
• Mense gebruik hulle eie inisiatief om produkte te vervaardig en te verkoop en dienste te
lewer om in verbruikers se behoeftes en begeertes te voorsien. √√
• Die winsmotief speel dus ʼn belangrike rol in die ekonomie. √√
• Hulpbronne word beskou as ʼn manier om goedere en dienste vir finansiële
gewin te verskaf. √√
• Die mate waartoe ekonomiese bedrywighede deur die mark gerig word, word deur
die vlak van die regering se berokkenheid bepaal. √√
• Dit kan ontleed word deur staatsbesteding as ʼn persentasie van die BBP te
ondersoek. √√
• Lande waar 35 – 60 % van die BBP uit staatsbesteding bestaan word as sosiale
welsynstate beskou. √√
• Die openbare sektor verskaf die infrastruktuur en openbare dienste aangesien daar
min winsmotief hiervoor is. √√
• Indien dit deur die vrye mark voorsien sou word. √√
• Dieselfde is van toepassing op welsynsdienste aan die armes, die bejaardes en
gestremdes. Dit is ʼn voorbeeld van hoe die staat sy herverdelingsrol uitoefen. √√
VOORDELE
• Privaateienaarskap is een van die belangrikste voordele van hierdie stelsel
• Individuele skeppingsvermoë en die ondernemingsgees van die entrepreneur is die
stukrag van die ekonomie. √√
• Dit stel die mark in staat om vinnig te reageer op veranderinge in smaak, voorkeure en
behoeftes. √√
• Die regering hoef nie onnodig groot te wees nie. Dit het minder burokrasie enʼn meer
doeltreffende toewysing van hulpbronne tot gevolg. √√
• Eienaarskap van besittings bv. ʼn huis of motor is oordraagbaar. Individue het die vryheid
van keuse om te koop wat hulle wil hê. √√
• Hoewel entrepreneurskap en vryheid van keuse tot mededinging tussen ondernemings
lei, speel die staat nog steeds ʼn rol deur noodsaaklike openbare goedere en dienste te
verskaf. √√
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) Graad 11
NADELE
• Markmislukking vind plaas wanneer skaars hulpbronne verkwis of uitgebuit word
as gevolg van verkeerde produksiebesluite of die hebsug van privaat
sakeondernemings. √√
• Arbeid word dikwels uitgebuit indien die rol wat die staat speel te klein is. √√
• Terwyl kapitaliste beweer dat gemengde ekonomieë deur staatsregulasies en
inmenging belemmer word, voer sosialiste aan dat sommige gemengde
ekonomieë te vry is. √√
• Omdat dit baie moeilik is om die regte balans te verkry, kan dit gebeur dat daar
of te veel staatsinmenging is (wat sakebedrywighede belemmer) of dat vrye
markte misluk wanneer daar ʼn gebrek aan staatsbeheer is. √√
• Afhangende van die vlak van inmenging deur die staat kan belastings redelik
hoog wees om openbare goedere en dienste te befonds. √√
• Dit kan mense ontmoedig om te werk. √√
• Aan die ander kant, as belastings te laag is, sal daar onvoldoende inkomste wees
vir die befondsing van welsyn. √√
• Dit sal tot die ontstaan van ʼn toenemend ongelyke samelewing lei. √√
• Aangesien die meeste produksiefaktore privaat besit word, loop die individu die
risiko van moontlike verliese en bankrotskap. √√
(Maks. 8 punte vir opskri9fte en voorbeelde)
ADDISIONELE GEDEELTE
Ontleed die probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar met te veel
regeringsinmenging of betrokkenheid in die ekonomie.
• -Hoë vlakke van armoede vereis meer staatsinmenging om armes te help. √√
• -Dienslewering optogte versoek meer staatsondersteuning om mense te help om hul
basiese behoeftes te bevredig. √√
• - Misdaadvlakke en algemene wetteloosheid vereis meer polisie ondersteuning. √√
• - Instandhouding en uitbreiding van huidige infrastruktuur (bv. elektrisiteit en publieke
vervoer) vereis uitgebreide staatsinmenging. √√
• -Ongelykheid kan aangespreek word deur onderrig, behuisingvoorsiening and
herverdeling van inkomste programme. √√ bv. land√
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (Maks. 10)
SLOT
In Suid-Afrika is die staat in die produksieproses betrokke as entreptreneur,
organiseerder en wetgewer. √√ (Maks. 2)
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
16
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5975bf34-03af-4bd2-bcb3-da6ecc7ce502/v1-87626b6327ce78e8e67a/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f/v1-119e7c2a8c8fe00ddddf/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67/v1-8bc5a498f0fbc7f36cda/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2019 Question Paper (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)
%20November%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1/v1-770f6a3dad5fae38d9da/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2019 Memo (Afrikaans)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper