Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2019
GRAAD 11
EKONOMIE
VRAESTEL 1
13 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2019 papers %20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)

%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f/v1-119e7c2a8c8fe00ddddf/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf/v1-ce29d1fb605cdf299464/card.webp)

View all

_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)


Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2019 Question Paper (Afr)
Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng June · 2019 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 908.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Gauteng June 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 2
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
(Vraestel 1)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae in die ANTWOORDBOEK, soos volg:
AFDELING A: VERPLIGTEND.
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae.
AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae.
2. Beantwoord SLEGS die aantal vrae benodig. Addisionele antwoorde sal
NIE nagesien word NIE. In AFDELING B sal slegs die eerste TWEE vrae
gemerk word en in AFDELING C slegs die eerste EEN.
3. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord.
5. Lees AL die vrae noukerig deur.
6. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 2 – 3 lyne oop tussen onderafdelings van die vrae.
8. Beantwoord die vrae in vol sinne en verseker dat die formaat, inhoud en konteks
van jou antwoorde voldoen aan die vereistes van die vrae.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 3
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK.
1.1.1 Watter sektor dra die meeste by tot Suid-Afrika se BBP?
A Primêre
B Sekondêre
C Buitelandse Sektor
D Tersiêre
1.1.2 Besoedeling word veroorsaak wanneer elektrisiteit gegenereer word vanaf
…
A steenkool.
B uranium.
C water.
D wind.
1.1.3 Een van die voordele van ʼn sentraal beplande ekonomie is, …
A keuse.
B innovering.
C risiko.
D volle indiensneming.
1.1.4 Vaste kapitaal ___________
A is die voorraad van al die goedere wat geldwaarde het.
B verander vorm tydens die produksieproses.
C is ʼn metode waarmee ons goedere en dienste kan ruil.
D is ʼn voorbeeld van ʼn nie-duursame produk.
1.1.5 Die Suid-Afrikaanse arbeidsmag word gekenmerk deur _______ arbeid .
A geskoolde
B ongeskoolde
C half-geskoolde
D hoogsgeskoolde
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 4
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
1.1.6 Marginale groepe word uitgesluit van die …
A samelewing.
B politiek.
C ekonomie.
D beskerming.
1.1.7 Dubbeltelling is ʼn probleem wat voorkom wanneer die … -metode van
BBP gebruik word.
A produksie
B bestedings
C inkomste
D verbruiks
1.1.8 In Suid-Afrika se nasionale rekeninge word daar na finale
verbruikersbesteding verwys as besteding deur …
A toeriste.
B huishoudings.
C besighede.
D buitelanders. (8×2) (16)
1.2 PASITEMS
Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat pas by die konsep in KOLOM A. Skryf slegs die
letter (A – J) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Kapitaalverbreding A Het ʼn verwagte lewensduur van meer as een jaar
1.2.2 Vaardigheidsont- B Uitbetalings in die vorm van staatspensioene en
wikkelingswet ongeskiktheidstoelae
1.2.3 Duursame goedere C Hulpbronne wat toegeken word deur die regering
1.2.4 Oordragsbetalings D Nywerhede in die primêre sektor
1.2.5 Ekonomiese stelsels E Stel entrepreneurs in staat om in afgeleë en
landelike gebiede klein besighede te begin
1.2.6 Sentrale beplande F Vermeeder teen dieselfde tempo as die
ekonomie tempotoename in die arbeidsmag
1.2.7 Uittrekkingsnywerhede G Metodes wat lande gebruik om hulpbronne toe te
ken
1.2.8 Verkryging H Het ʼn verwagte lewensduur van ʼn paar maande
I Mense teen wie gediskrimineer word
J Die stappe wat gebruik word tydens die aankope
van goedere en dienste
K Die doelwit is om die kwaliteit van werkers se
werkslewe te verbeter
(8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 5
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
1.3 KONSEPTE
Gee EEN term vir elk van die onderstaande beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK. (GEEN AFKORTINGS,
AKRONIEME OF VOORBEELDE SAL AANVAAR WORD NIE)
1.3.1 Skaars hulpbronne wat mense bereid is om voor te betaal.
1.3.2 ʼn Manier om ʼn kwalifikasie te kry wat bestaan uit ʼn leerkomponent
asook werksplekondervinding.
1.3.3 Besighede onder regeringsbesit.
1.3.4 Totale waarde van alle finale goedere en dienste wat geproduseer
word tydens ʼn sekere tydperk binne die grense van ʼn land.
1.3.5 Die rekord van die vloei van geld met betrekking tot invoere en
uitvoere van goedere en dienste.
1.3.6 ʼn Ekonomiese sisteem wat die voordele van ʼn sentraal beplande
stelsel en ʼn vrye mark ekonomie kombineer.
(6 ×1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 6
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae van die afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE eienskappe van natuurlike hulpbronne. (2×1) (2)
2.1.2 Hoekom is gemeenskapsdeelname belangrik? (1×2) (2)
2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
REGERINGSBESTEDING-FUNKSIE KLASSIFIKASIE SUID-AFRIKAANSE
BEGROTING 2018/2019
R biljoen 2018/2019
Onderwys en Kultuur R351.1bn
Gesondheid (2.2.5)
Distriksgesondheidsdienste R90.2bn
Sentrale gesondheidsdienste R38.6bn
Provinsiale gesondheidsdienste R34.3bn
Ander gesondheid R33.8bn
Fasiliteitsbestuur en onderhoud R8.5bn
Veiligheid en Sekuriteit R200.1bn
Skuld dienskoste R180.1bn
[Bron: www.treasury.gov.za 02/2018]
2.2.1 Noem die regeringsbestedingsklassifikasie wat in die tabel gebruik
word. (1)
2.2.2 Dui aan op watter diens die regering die meeste bestee. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die konsep finale vebruiksbesteding deur die regering. (2)
2.2.4 Hoekom spandeer die regering meer geld op onderwys? (2)
2.2.5 Bereken die totale gesondheidsbesteding in die tabel. Wys alle
berekeninge. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 7
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Waterkrisis: Kaapstad
Droogte sal ʼn groot invloed op SA se ekonomie hê
Kaapstad het tot op die laaste baklei om dag nul (day zero) terug te stoot na 2019 toe.
ʼn Groot deel van die geveg was daarop gemik om die nasionale regering se aandag te
trek om te verseker dat die krisis deur die hoogste gesag hanteer word.
Nie net sal die droogte ʼn groot knou aan Kaapstad se plaaslike finansies gee nie, maar
daar word geglo dat Suid-Afrika se ekonomie ook daaronder sal ly.
Moody’s, die kredietagentskap wat oor SA se finansiële status besluit, beraam dat dit
12 biljoen rand ($ 1 biljoen) sal kos om “volhoubare” infrastruktuur en sanitasie-
ontwikkelings oor die volgende vyf jaar te bou.
Fin24 rapporteer dat die Wes Kaapse ekonomie 13% van SA se BBP opmaak. So,
indien die provinsie 2% se produksie verloor, sal dit lei tot ʼn afname in SA se produksie
met 0.26%.
[Bron: Engineering news February 2018]
2.3.1 Identifiseer EEN moontlike rede vir waterbeperkings in die Wes-Kaap. (1)
2.3.2 Wat is Dag Nul (Day Zero)? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die konsep Bruto Nasionale Inkome (BNI). (2)
2.3.4 Hoekom word Suid-Afrika se ekonomie ook bedreig? (2)
2.3.5 Watter rol kan die regering speel in die voorkoming van watertekorte in
die toekoms? (2x2) (4)
2.4 Bespreek die entrepreneur se rol as ʼn werkskepper en hul bydrae om kompetisie
te verseker. (4×2) (8)
2.5 Hoe suksesvol is die regering om geleenthede te skep vir voorheen benadeelde
individue deur bemagtiging? (2×4) (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 8
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 3 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE primêre sektor handelinge. (2×1) (2)
3.1.2 Hoe effektief bemark plaaslike regering die rol van gemeenskaps-
deelname? (1×2) (2)
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SENTRALE BEPLANDE EKONOMIESE STELSEL
Indien daar geen winkel in ʼn landelike gebied is nie, sal die regering een van die
landsburgers aansê om ʼn “spaza”-winkel in die area te begin. Deur dit te doen,
besluit die regering wat, hoe en wanneer om te produseer sodat die samelewing
opgehef kan word.
[Bron: Economics Fast track]
3.2.1 Na watter tipe ekonomiese stelsel verwys die uittreksel? (1)
3.2.2 Wie is verantwoordelik vir die toewysing van hulpbronne, volgens die
uittreksel? (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die konsep ekonomiese stelsel. (2)
3.2.4 Verduidelik hoe dienslewering in Suid-Afrika verbeter kan word. (2)
3.2.5 Hoekom word Suid-Afrika geklassifiseer as ʼn gemengde ekonomiese
stelsel? (2x2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 9
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
PETROLPRYS-TOENAME
Motoriste sal meer betaal vir ʼn liter petrol by die pompe vanaf Woensdag (06 Maart 2019), te
wyte aan ʼn toename in die internasionale prys van petroleum asook ʼn swakker plaaslike
geldeenheid (Rand).
Gebaseer op die huidige plaaslike en internasionale faktore, sal petrolpryse vir Maart 2019 soos
volg aangepas word:
• Petrol (93 Oktaan): 74 sent-toename
• Petrol (95 Oktaan): 74 sent-toename
• Hierdie prystoenames skop in saam met die tolfooie wat regoor die land toeneem op
Vrydag (1 Maart 2019) asook die addisionele toenames in die Algehele Petrol en
Padongelukkefonds tarief wat effek neem in April.
[Bron: Business Tech 04 March 2019]
3.3.1 Watter regeringsdepartement is verantwoordelik vir die bepaling van
petrolpryse? (1)
3.3.2 Identifiseer die grootste oorsaak van die petrolprystoenames in Suid-Afrika. (1)
3.3.3 Verduidelik kortliks die impak van die petrolprystoenames op die
gemiddelde Suid-Afrikaanse burger. (2)
3.3.4 Hoekom het vervoerkoste ʼn invloed op die pryse van goedere en dienste? (2)
3.3.5 Wat kan die regering doen om die lewe van lae-inkomste huishoudings te
verbeter tydens hierdie moeilike tye? (2x2) (4)
3.4 Onderskei tussen duursame goedere en nie-duursame goedere. (4x2) (8)
3.5 Evalueer die sukses van Suid-Afrika se kommunikasie-infrastruktuur. (4x2) (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 10
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 4 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE kategorieë van kapitaal. (2)
4.1.2 Hoe sal ʼn toename in investeringsbesteding die ekonomie beïnvloed? (2)
4.2 Bestudeer die volgende sirkeldiagramme wat verband hou met Suid-Afrika se
goudproduksie en beantwoord die vrae wat volg:
GOUDPRODUKSIE
Suid-Afrika
67.7% China
11.8%
Ander Australië
35.2% 8.6%
Australië
1.3% Amerika
8.1%
Ander Suid-Afrika
8.6% 7.7%
Ozbekistan
Amerika 3.0% Rusland
Kanada 3.7% Ghana 7.7%
5.1%
Peru
3.4% 6.8%
Rusland
13.7% Kanada Indonesië
3.6% 4.0%
1970 2009
[bron:http://goldsheetlinks.com]
4.2.1 Na watter sektor verwys die sirkeldiagramme? (1)
4.2.2 Watter land was die grootste goudprodusent in die wêreld tydens die
1970’s? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die konsep sekondêre sektor. (2)
4.2.4 Wat het met SA se goudproduksie gebeur vanaf 1970 tot en met 2009?
Staaf jou antwoord met berekeninge. (2)
4.2.5 Analiseer die ekonomiese impak van die tendens op die Suid-Afrikaanse
ekonomie sedert 2009.
(2×2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 11
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
4.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
NASIONALE INKOMSTETABELLE VAN SUID-AFRIKA
R miljoene
2016 2017
Vergoeding van werknemers 1 451 1 576
Netto bedryfsurplus 922 961
Verbruik van vaste kapitaal 406 443
Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste 2 779 2 980
Ander belasting op produksie 56 64
MINUS: Subsidies op produksie 15 14
…(A)… 2 820 3 030
Belasting op produkte 338 374
MINUS: Subsidies op produkte 20 19
Bruto Binnelandse Produk teen markpryse 3 138 3 385
[Aangepas uit SARB Quarterly Bulletin, September 2018]
4.3.1 Watter metode van berekening is in die tabel gebruik om die Bruto
Binnelandse Produk (BBP) te bepaal? (1)
4.3.2 Gee die naam vir die ontbrekende item A. (1) (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die konsep Netto bedryfsurplus. (2)
4.3.4 Verduidelik kortliks die belangrikheid van die nasionale rekeninge. (2)
4.3.5 Bereken die vergoeding van werknemers as ʼn persentasie van die
BBP teen markpryse in 2017. Wys ALLE berekeninge. Rond af na
TWEE desimale plekke. (4)
4.4 Bespreek die eienskappe van arbeid as ʼn produksiefaktor. (4×2) (8)
4.5 Hoe effektief is die voorsiening van sosiale dienste in Suid-Afrika? (4×2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 12
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in die ANTWOORDBOEK.
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE
TOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Die inleiding is ʼn lae-orde antwoord.
ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband hou
met die onderwerp, te definieer.
Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
Moenie enige deel van die inleiding in die lyf herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te verduidelik wat jy in die liggaam
gaan bespreek.
Liggaam Maks. 26
Hoofdeel: Bespreek ten volle / Stel ondersoek in / Bespreek krities /
Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Verduidelik / Asseseer /
Debateer
Addisionele Deel: Gee eie opinie / Bespreek krities / Evalueer / Teken
ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik /
Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Maks. 10
Debateer kortliks / Hoe / Stel voor / Gebruik die inligting en
argumenteer, debateer, evalueer
Slot Maks. 2
Enige toepaslike hoër-orde slot wat die volgende moet insluit:
ʼn Opsomming van wat bespreek was / geanaliseer sonder om
feite te herhaal wat reeds in die liggaam voorkom
ʼn Opinie- of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is.
Ekstra ondersteunende inligting wat die bespreking / analise
versterk
ʼn Teenoorgestelde siening met motivering, indien nodig
Aanbevelings
TOTAAL 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 13
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 5 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor. (26)
Evalueer die groei in die samestelling van die tersiêre sektor. (10)
VRAAG 6 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die ekonomiese eienskappe, voordele en nadele van ʼn markekonomie.
(26)
Evalueer die doeltreffendheid van die staat om die nadele van die marksisteem aan
te spreek. (10)
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f/v1-119e7c2a8c8fe00ddddf/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf/v1-ce29d1fb605cdf299464/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
More from Grade 11 Economics

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Mpumalanga June 2024 Memo

Memorandum