Skip to content

Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2019 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11201914 pages

Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng June 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2019 GRAAD 11 EKONOMIE VRAESTEL 2 TYD: 2 uur PUNTE: 150 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (VRAESTEL 2) GRAAD 11 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE (Vraestel 2) TYD: 2 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae in die ANTWOORDBOEK, soos volg: AFDELING A: VERPLIGTEND. AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord SLEGS die aantal vrae benodig. Addisionele antwoorde sal NIE gemerk word NIE. In AFDELING B sal slegs die eerste TWEE vrae gemerk word en in AFDELING C slegs die eerste EEN. 3. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord. 5. Lees AL die vrae noukeurig. 6. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2 – 3 lyne oop tussen onderafdelings van die vrae. 8. Beantwoord die vrae in vol sinne en verseker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde voldoen aan die vereistes van die vrae. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (VRAESTEL 2) GRAAD 11 AFDELING A: (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae voorsien. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.1.1 ʼn Verandering in inkomste wat lei tot ʼn verandering in vraag staan bekend as … A kruis-elastisiteit. B prys-elastisiteit. C inkomste-elastisiteit. D vraag-elastisiteit. 1.1.2 ʼn Volmaakte markfirma moet dit oorweeg om te sluit wanneer … A MI = MK. B TI = TK. C MI = GTK. D MI = GVK. 1.1.3 Monopolieë produseer goedere wat … is in natuur. A homogeen B uniek C gediffirensiëerd D soortgelyk 1.1.4 ʼn Markstruktuur wat normale wins op die lang termyn maak, staan bekend as ʼn … A oligopolie. B monopolie. C volmaakte mark. D duopolie. 1.1.5 Die addisionele koste wat deur die produsent betaal word vir elke addisionele eenheid geproduseer. A Marginale wins B Marginale inkomste C Gemiddelde koste D Marginale koste b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (VRAESTEL 2) GRAAD 11 1.1.6 ʼn Roomys kos R5 en ʼn koeldrank kos R10. Indien ʼn verbruiker die koeldrank koop, wat sal sy / haar geleentheidskoste wees? A 2 roomyse B 1 roomys C 2 koeldranke D 1 koeldrank en 1 roomys 1.1.7 Indien Capitec Bank se bankkostes vermeerder, sal die vraag na FNB produkte … A toeneem. B afneem. C dieselfde bly. D stop. 1.1.8 Winsmaksimering is waar die vertikale afstand tussen … en TK die grootste is. A TFK (Totale vaste koste) B TI (Totale Inkomste) C Totale veranderlike koste (TVK) D MK (Marginale koste) (8 x 2) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (VRAESTEL 2) GRAAD 11 1.2 PASITEMS Kies ʼn BESKRYWING van Kolom B wat pas by die KONSEP in Kolom A. Skryf slegs die letter (A – K) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK. Kolom A Kolom B 1.2.1 Ekonomieë van skaal A Gekruisde markstruktuur wat saamgestel word vanuit ʼn monopolie en ʼn volmaakte mark. 1.2.2 Marginale Inkomste B Markstruktuur wat unieke produkte verkoop. 1.2.3 Duopolie C Bepaal die prys van goedere met behulp van vraag en aanbod. 1.2.4 Relatiewe pryse D Produkte wat saam funksioneer. 1.2.5 Implisiete Koste E Addisionele inkomste wat verkry word vir elke addisionele eenheid wat verkoop word. 1.2.6 Samespanning F Markstruktuur oorheers deur twee firmas. 1.2.7 Monopolistiese G Die prys van een produk wat vergelyk word met ʼn ander produk om Mededinging geleentheidskoste te bepaal. 1.2.8 Mark Kragte H Wanneer verkopers ʼn ooreenkoms sluit wat kompetisie beperk en pryse vasstel. I Die geleentheidskoste wanneer hulpbronne gebruik word wat in die firma se besit is. J Die ware koste om goedere te produseer. K Soos wat die firma meer uitset produseer, word dit meer effektief en die produksiekoste per eenheid verminder. (8 x 1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (VRAESTEL 2) GRAAD 11 1.3 KONSEPTE Gee EEN term vir elk van die onderstaande beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK. (GEEN AFKORTINGS, AKRONIEME OF VOORBEELDE SAL AANVAAR WORD NIE) 1.3.1 ʼn Toename in die prys van een produk sal die vraag na ʼn ander produk vermeerder. 1.3.2 ʼn Koste wat verander volgens die produksievlakke. 1.3.3 Die koste word bepaal deur die vaste koste en veranderlike koste saam te tel. 1.3.4 Die verandering in die hoeveelheid aangevra wanneer daar ʼn spesifieke verandering in die prys plaasvind. 1.3.5 Die hoeveelheid bevrediging wat ʼn verbruiker put uit die verbruik van goedere en dienste. 1.3.6 Die verandering in vraag is gelykstaande aan die verandering in prys. (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (VRAESTEL 2) GRAAD 11 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae van die afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae 2.1.1 Noem enige TWEE metodes van nie-prys mededinging. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoekom sal ʼn verandering in die prys van ʼn produk die vebruiker se vraag na die produk beïnvloed? (1 x 2) (2) (4) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Prys MK GTK 120 e Ekonomiese Wins V = MI = GI 105 50 Hoeveelheid 2.2.1 Watter markstruktuur word deur die grafiek verteenwoordig? (1) 2.2.2 Wat word deur punt e op die grafiek verteenwoordig? (1) 2.2.3 Verduidelik kortliks die konsep prysnemer. (2) 2.2.4 Hoekom is die vraagkurwe van die markstruktuur ʼn horisontale lyn? (2) 2.2.5 Bepaal die ekonomiese wins wat deur die firma gemaak word. Wys ALLE berekeninge. (4) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (VRAESTEL 2) GRAAD 11 2.3 Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae wat volg: Kom ONS vermeeder ons pryse vanaf volgende maand met 20%! GOEIE Dan hoef ons nie IDEE! te baklei om meer geld te maak nie! Maatskappy C Maatskappy A Maatskappy B [https://yp.scmp.com/presented-channel/yp-exclusive/article/105732/consumers-bear- brunt-when-businesses-collude-fix] 2.3.1 Watter onwettige aktiwiteit word verteenwoordig in die spotprent? (1) 2.3.2 In watter markstruktuur is die aktiwiteit moontlik? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die konsep kartel. (2) 2.3.4 Hoekom is dit meer voordelig vir firmas om saam te span in plaas daarvan om mee te ding? (2) 2.3.5 Evalueer die impak wat die prysvasstelling van die drie maatskappye sal hê op die armes? (2 x 2) (4) (10) 2.4 Verduidelik, met behulp van ʼn volledig benoemde grafiek, die gekinkte (gebuigde) vraagkurwe. (8) 2.5 Evalueer die aard van die produk asook die toetrede / uittrede tot die mark as eienskappe van ʼn Monopolistiese Mededingende Mark en ʼn Oligopolie. (2 x 4) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (VRAESTEL 2) GRAAD 11 VRAAG 3 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE tipes aanbod-elastisiteite. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe sal ʼn firma daarby baat om die vraag-elastisiteit van ʼn produk in ag te neem voordat hulle die prys verander? (1 x 2) (2) (4) 3.2 Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg: Lekkergoed verbruik TN MN 0 - - 1 31 31 2 56 25 3 A 20 4 76 B 5 71 -5 3.2.1 Waarvoor staan die afkorting TN? (1) 3.2.2 Hoekom spandeer mense geld op goedere en dienste? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die konsep verminderende marginale nut. (2) 3.2.4 Hoekom sal ʼn verbruiker ontevrede word met die oorgebruik van ʼn produk of diens? (2) 3.2.5 Bepaal die ontbrekende waardes A en B in die tabel. Wys ALLE berekeninge. (2 x 2) (4) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (VRAESTEL 2) GRAAD 11 3.3 Bestudeer die grafieke en beantwoord die vrae wat volg. Mark vir “ i-Phones” Mark vir “ i-Phone” herlaaiers A A Prys Prys V V Hoeveelheid Hoeveelheid 3.3.1 Watter tipe goedere word vertoonwoordig deur die grafieke hierbo? (1) 3.3.2 Hoekom sal die “i-Phone” as ʼn luukse produk geklassifiseer word? (1) 3.3.3 Hoe het die ontwikkeling van tegnologie die behoeftes / vraag van verbruikers beïnvloed? (2) 3.3.4 Wat sal met die vraag van “i-Phone”herlaaiers gebeur as die prys van “i-Phones”verminder? (2) 3.3.5 Verduidelik die tipe elastisiteit van die “i-Phone” as die prys-elastisiteit van vraag se koëffisiënt 0,8 is. (2 x 2) (4) (10) 3.4 Bestudeer ten volle die verhouding tussen markte vir goedere en dienste en markte vir faktore van produksie. (2 x 4) (8) 3.5 Evalueer die impak van ʼn tekort aan grond op die produksie van voedsel met behulp van benoemde grafieke. (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (VRAESTEL 2) GRAAD 11 VRAAG 4 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE faktore wat die elastisiteit van vraag beïnvloed. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom sal verbruikers voordeel trek onder ʼn volmaakte mark eerder as ʼn monopolie? (1 x 2) (2) (4) 4.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg: Hoë risiko van beurtkrag Elektrisiteitsvoorsiener Eskom sê daar is ʼn hoë risiko van beurtkrag, veral in die aand tussen 17:00 en 21:00. Dit word toegeskryf aan die aantal kragopwekkingseenhede wat buite werking is weens onderhoud. Daar is ook ʼn moontlikheid dat die eenhede nie betyds elektrisiteit sal opwek om aan die verbruikersvraag te voldoen nie. “Ons moedig inwoners en besighede aan om spaarsamig te werk met elektrisiteit.” het Eskom gemaan in ʼn mediaberig. Verbruikers word aangeraai om die beurtkrag- skedules dop te hou op die munisipale webtuistes met die aanname dat beurtkrag sal plaasvind. [Aangepas vanaf News 24 (www.fin24.com/Economy/Eskom) 27 September 2018] 4.2.1 In watter tipe markstruktuur funksioneer Eskom? (1) 4.2.2 Watter strategie kan Eskom gebruik om beurtkrag te voorkom? (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die konsep prysvassteller. (2) 4.2.4 Hoe sal produktiwiteit beïnvloed word deur beurtkrag? (2) 4.2.5 Hoe is dit moontlik vir Eskom om beurtkrag te implementeer en nie verbruikers te verloor nie? (2 x2) (4) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (VRAESTEL 2) GRAAD 11 4.3 Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg: Prys Hoeveelheid TI TK Wins 10 0 0 25 -25 10 5 A 30 20 10 10 100 35 65 10 15 150 40 B 10 20 200 45 155 4.3.1 Identifiseer die markstruktuur in die tabel. (1) 4.3.2 Wat word verteenwoordig deur die -25 in die winskolom? (1) 4.3.3 Bepaal die waardes van A en B. (2) 4.3.4 Hoekom is daar ʼn waarde vir TK wanneer produksie 0 (nul) is? (2) 4.3.5 Met behulp van ʼn goed benoemde grafiek, verteenwoordig TI en TK op dieselfde assestelsel. (4) (10) 4.4 Onderskei tussen produktiewe (tegniese) doeltreffendheid en allokasie (toewysings) doeltreffendheid as eienskappe van volmaakte mededinging. (2 x 4) (8) 4.5 Evalueer die impak van die wet van verminderde opbrengs op die produsent. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 13 (VRAESTEL 2) GRAAD 11 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in die ANTWOORDBOEK. STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE- TOEKENNING Inleiding Maks. 2 Die inleiding is ʼn lae-orde antwoord.  ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband hou met die onderwerp, te definieer.  Moet nie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.  Moet nie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.  Vermy om in die inleiding te verduidelik wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Maks. 26 Hoofdeel: Bespreek ten volle / Stel ondersoek in / Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Verduidelik / Assesseer / Debateer Addisionele Deel: Gee eie opinie / Bespreek krities / Evalueer / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Maks. 10 Debateer kortliks / Hoe / Stel voor / Gebruik die inligting en argumenteer, debateer, evalueer Slot Maks. 2 Enige toepaslike hoërorde-slot wat die volgende moet insluit:  ʼn Opsomming van wat bespreek is / geanaliseer sonder om feite te herhaal wat reeds in die liggaam voorkom.  ʼn Opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is.  Ekstra ondersteunende inligting wat die bespreking / analise versterk.  ʼn Teenoorgestelde siening met motivering, indien nodig.  Aanbevelings TOTAAL 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 14 (VRAESTEL 2) GRAAD 11 VRAAG 5 40 PUNTE – 40 MINUTE  Vergelyk, ten volle, die markstruktuur van ʼn volmaakte mark met ʼn monopolie, met gebruikmaking van die eienskappe. (Geen grafieke word benodig nie) (26)  Met verwysing na die onderstaande grafieke, verduidelik hoe die prysbepalings- proses plaasvind in die volmaakte mark. Die Mark Die Produsent V A 15 e 10 10 V = GI = MI 5 A 100 V 100 (10) [40] VRAAG 6 40 PUNTE – 40 MINUTE  Verduidelik, ten volle, die pryselastisiteit van vraag met die hulp van grafieke. (26)  Evalueer hoe ʼn monopolis soos Eskom kan baat by die gebruik van pryselastisiteit van vraag vir hulle produk. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all