Skip to content

Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 11201916 pages

Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 EKONOMIE V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A  absolute 1.1.2 B  makers 1.1.3 A  versonke 1.1.4 C  onelasties 1.1.5 D  verwoestyning 1.1.6 C  Armoede-gaping 1.1.7 D  Wêreld-handelsorganisasie 1.1.8 B  eindigende (8 x 2) (16) 1.2 PAS ITEMS 1.2.1 F  goedere teen ʼn gegewe prys te koop aangebied 1.2.2 D  wettige blokkasie tot toetrede 1.2.3 G  werklike besteding deur ʼn besigheid wanneer ʼn faktor- inset aangekoop word 1.2.4 I  toename in inkome lei tot kleiner hoeveelhede van hierdie goedere wat aangevra word 1.2.5 A  omskakeling van oop gebiede of plaasgrond na residensiële gebiede, handelsgebiede, kantore of oprigting van dorpe 1.2.6 H  wanneer mense nie vir werk soek nie, omdat hulle daarop staatmaak om toelaes te ontvang 1.2.7 B  saamgroepeer van lande om meer beheer oor die globale ekonomie te verkry 1.2.8 E  uitputting van hulpbronne, soos lug, grond en water (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V2 3 1.3 GEE EEN BEGRIP 1.3.1 Normale wins  1.3.2 Geleentheidskoste  1.3.3 Totale nut  1.3.4 Gini-koëffisiënt  1.3.5 Bedreigde spesies  1.3.6 Buitelandse direkte investering  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING B VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van komplementêre goedere.  Skoene en skoenveters   Flitse en batterye   Rekenaar hardeware en rekenaar sagteware   Drukker in ink  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe beïnvloed ʼn toename in vraag die prys van ʼn produk/diens?  ʼn Groter vraag na ʼn produk/diens lok die pryse en trek dit op – goedere/dienste sal vir die verbruikers duurder raak.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2) 2.2 2.2.1 Wat verteenwoordig die skadu gedeelte in die grafiek?  Ekonomiese wins  (1) 2.2.2 Watter punt op die grafiek toon winsmaksimering aan?  E (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die begrip monopolie.  Monopolie is ʼn markstruktuur waarbinne slegs een verkoper funksioneer en toegang geblok is.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2) 2.2.4 Verduidelik toetrede as ʼn kenmerk van ʼn monopolie.  Daar is hindernisse tot toetrede tot die mark.   Toegang tot die mark is heeltemal geblok/versper.  (1 x 2) (2) (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) 2.2.5 Maak gebruik van die inligting op die grafiek en bereken die wins of verlies. Toon ALLE berekeninge. Wins/Verlies = TI – TK  = (100 x 50) – (80 x 50) = 5 000 – 4 000  = 1 000 (Wins)  OF Wins/Verlies = (GI – GK) x Hoeveelheid  = 100 – 80 x 50 = 20 x 50 = 1 000  (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V2 5 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer, uit die tabel, die hoeveelheid waarteen wins gemaksimeer sal word.  8 eenhede  (1) 2.3.2 Op watter markstruktuur is bogenoemde data van toepassing?  Volmaakte mark  (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die begrip wins. Positiewe verskil tussen die bedrag verdien en die bedrag bestee by die aankope, bedryf of produksie van iets.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2) 2.3.4 Waaruit bestaan totale koste? Totale koste bestaan uit veranderlike koste wat wissel na gelang van die uitsetvlak en vaste koste wat onafhanklik van die uitsetvlak is.  (2) (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) 2.3.5 Maak gebruik van bogenoemde data en teken ʼn vraagkurwe. Prys 90 000  VV 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Hoeveelheid  Puntetoekenning maksimum = 4 punte Byskrifte van beide asse = 1 punte Byskrifte van die asse = 1 punte Korrekte vorm en byskrif van die vraagkurwe = 2 punte (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 2.4 Bespreek kortliks die aard van die produk en prysbeheer as kenmerke van monopolistiese mededinging. Aard van die produk  Monopolistiese mededinging bied gedifferensieerde produkte, wat beteken dat dit soortgelyk aan mekaar is, maar verskil tog ietwat van mekaar.   Die verskil is in die verbeelding van die verbruikers – hulle beskou die produk van ʼn spesifieke besigheid as uniek en verhewe bo enige ander produk wat aan dieselfde groep behoort en skep sodoende ʼn sin van waarde.   Produk differensiasie mag werklik of denkbeeldig wees – werklike verskille is soos ontwerp, materiaal wat gebruik is en vaardighede, waar denkbeeldige verskille d.m.v. advertensies, handelsmerke, ens. is.   Differensiasie beteken nie om die produk te verander nie, soms is dit net genoeg om ʼn nuwe advertensie veldtog te skep of die verpakking te verander.  Maks. 4 Prysbeheer  Besighede het beduidende beheer oor die pryse van hulle goedere en dienste as wat ʼn monopolie het – hulle kan nie hulle pryse vasstel nie.   Die enigste beheer wat hulle het, hang af van die handelsmerk sterkte van die lojaliteit.   Kompetisie vind nie deur prys plaas nie maar deur gedifferensieerde produkte  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) Maks. 4 (8) 2.5 Ondersoek die belangrikheid van inkomste-elastisiteit van vraag vir besighede. Inkomste-elastisiteit van vraag is belangrik want:  Kennis van inkomste-elastisiteit van vraag help ondernemings om die uitwerking van die ekonomiese siklus op verkope te voorspel.   Luukse produkte met hoë inkomste-elastisiteit dui op groter wisselvalligheid by verkope oor die sakesiklus, as noodsaaklikhede waar die vraag van verbruikers minder sensitief is vir veranderinge in die siklus.   Dit help om goedere op die basis van die verhouding tussen inkomste en vraag te klassifiseer. As vraag na ʼn produk verhoog tesame met inkomste, word dit na verwys as normale goedere, maar as die vraag daal met ʼn toename in inkomste, is dit minderwaardige goedere.   ʼn Onderneming kan die impak op ʼn verandering in inkomste op die verkoop hoeveelhede en verkoop inkome, voorspel.   Kennis van inkomste-elastisiteit van vraag, help die onderneming om te besluit om pryse te verhoog of te verlaag as gevolg van ʼn verandering in verbruiker inkomste.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord). (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V2 7 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 Beantwoord die volgende vrae: 3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van verbruikersafval. Papier;  Glas;  Bottels;  Blikkies;  Plastiek  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2) 3.1.2 Hoekom is dit voordelig vir ʼn land om by vryhandel betrokke te wees? Vryhandel veroorsaak internasionale spesialisasie omdat dit die verskillende lande in staat stel om produkte te vervaardig waarin hulle ʼn voordeel het.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer die soort armoede waarna in die uittreksel verwys word. Absolute armoede  (1) 3.2.2 Noem EEN kenmerk van armoede.  Armoede is geneig om erger in plattelandse gebiede te wees.   Vroue maak ʼn beduidende deel van die meeste armes in die wêreld uit.   Minderheid etniese-groepe en inheemse mense word baie erg beïnvloed.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die begrip armoede.  Armoede is om nie genoeg geld te hê om basiese behoeftes, insluitende voedsel, klere en beskerming, te bevredig nie.   Armoede kom voor wanneer die hulpbronne minder is as wat vereis word om die basiese fisiese behoefte aan voedsel, klere en beskerming te bevredig.   Armoede word gemeet aan mense wat onder ʼn sekere vlak van inkomste val, wat die armoedelyn genoem word. (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord.) (2) 3.2.4 Verduidelik gebrek aan hulpbronne as ʼn oorsaak van armoede.  Arm mense het nie toegang tot basiese hulpbronne soos vervoer, gesondheid, voedsel en onderwys nie.   Dit is onmoontlik vir hulle om hulle basiese behoeftes te bevredig en hulle is kwesbaar vir siektes.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 3.2.5 Hoe word die Suid-Afrikaanse regering deur hoë vlakke van armoede in die land beïnvloed?  Die regering belas die rykes teen ʼn hoër koers om sosiale toelaes vir die armes te befonds.   Meer geld word vir die verspreiding van sosiale toelaes gebruik.   Groot bedrae geld word vir welsyn begroot, wat minder geld laat vir besteding op die ontwikkeling van ander behoeftes soos doeltreffende gesondheid.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Oor watter produk beskik LAND A ʼn absolute voordeel?  Motors  (1) 3.3.2 Wie het die teorie van vergelykende voordeel ontwikkel?  David Ricardo  (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die begrip vryhandel. Vryhandel beteken dat daar geen vorm van beskerming is, wat gebruik kan word om nuwe nywerhede in ontwikkelende lande te beskerm nie. (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord.) (2) 3.3.4 Verduidelik die teorie van absolute voordeel. Volgens die teorie van absolute voordeel sal lande handel dryf wanneer een land ʼn produk meer doeltreffend produseer as ʼn ander land, al het hulle dieselfde hulpbronne gebruik.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord.) (2) 3.3.5 Hoe is dit moontlik vir lande in ILLUSTRASIE 2 om handel te dryf?  Volgens die teorie van vergelykende voordeel kan lande handel dryf, selfs al het een land die absolute voordeel in beide produkte.   Handel kan plaasvind deurdat elke land spesialiseer in die produk waarin hulle die vergelykende voordeel het – die geleentheidskoste in die produksie van goedere verskil in die twee lande.  Land A sal spesialiseer in lemoene terwyl Land B in olie sal spesialiseer.   Land A kry olie van Land B en Land B sal lemoene van Land A verkry.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V2 9 3.4 Verduidelik kortliks handelsliberalisering en standaardisasie as oorsake van globalisasie. Handelsliberalisering  Handelsliberalisering beteken die afskaffing of vermindering van handelshindernisse wat handel tussen lande beperk.   Hierdie hindernisse sluit tariewe, soos heffings en bybetalings en nie- tariewe soos lisensiëring reëls en kwotas, in.   Handelsliberalisering bevorder vryhandel wat lande toelaat om handel sonder regulerende hindernisse te dryf.  Maks. 4 Standaardisasie  Standaardisasie is wanneer reëls vir handel dieselfde reg oor die wêreld is, wat dit makliker maak vir lande om internasionaal handel te dryf en te investeer – lande moet aan ʼn vaste stel reëls voldoen.   Diegene wat onderworpe is aan die reëls, handel op dieselfde manier, wat globalisasie bevorder.   Die instellings sluit die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) in wat internasionale handelsooreenkomste, tarief beleid en die beskerming van intellektuele eiendom, fasiliteer.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) Maks. 4 (8) 3.5 Hoe kan mens ʼn positiewe uitwerking op die omgewing het? Mense mag die omgewing op ʼn positiewe manier beïnvloed, deur:  mere en die see skoon te maak, wat ʼn positiewe invloed op die omgewing sal hê.   afval te herwin en plante en groente te groei en ook deur bome te plant, sal die hoeveelheid afval in die omgewing verminder word.   betrokke te wees by opvoedkundige programme oor hoe om die omgewing te bewaar – praat met ander oor die impak van omgewing degradering, maak mense van die skade wat hulle aan die omgewing kan veroorsaak bewus.   rommelstrooiing of afval in onvanpaste plekke weg te gooi te vermy – verbruik van minder hulpbronne, sal lei tot ʼn laer produksie-uitset en afval verminder.   die bewaring van energie deur energiebesparende gloeilampe te gebruik.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE beginsels van volhoubare ontwikkeling.  Goeie bestuur   Uitroei van armoede   Ekonomiese herstel   Verantwoording   Deursigtigheid   Aandag aan sosiale dienste skenk  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom is dit belangrik vir besighede om doelwitte te stel?  Stel van doelwitte help die besigheid om die rigting wat hulle wil inslaan, te definieer – doelwitte behoort in lyn met die besigheid se missie- en visie-stellings te wees.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Watter soort kruis-elastisiteit word in bostaande tabel voorgestel?  Positiewe kruis-elastisiteit  (1) 4.2.2 Gee EEN voorbeeld van goedere vir kruis-elastisiteit van vraag, soos hierbo aangedui.  Tee en koffie   Bees en skaap   Botter en margarine  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die begrip kruis-elastisiteit van vraag.  Kruis-elastisiteit van vraag is die verhouding tussen veranderinge in die prys van een produk en die gevolglike veranderinge in die hoeveelheid aangevra van ʼn ander produk.  (2) 4.2.4 Verduidelik kruis-elastisiteit van onverwante goedere.  As die produkte nie verwant is nie, kan dit nie met ʼn ander produk vervang word nie en dit lei tot geen verandering in vraag by enige prysverandering, so elastisiteit van vraag sal nul wees.  (2) (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V2 11 4.2.5 Gebruik die bostaande inligting en bereken die kruis-elastisiteit van vraag. % verandering in hoeveelheid gevra van Produk Y Kruis-elastisiteit van vraag =  % verandering in prys van Produk X 50% =  20% = 2  (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Wat word deur die bostaande prent verteenwoordig?  Noord/Suid verdeel  (1) 4.3.2 Watter deel van die aardbol, volgens bostaande prent, word deur ontwikkelende lande verteenwoordig?  Suid / laer gedeelte / onder die ewenaar  (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die begrip rykdom. ʼn Voorraad van bates wat finansiële waarde het en deur individue, besighede en die regering besit word.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2) 4.3.4 Onderskei tussen lande in die Noorde en lande in die Suide verdeel, in terme van vlakke van onderwys. Lande in die Noorde het hoër vlakke van onderwys as land in die Suide.  (2) 4.3.5 Wat is die positiewe effekte van globalisasie op Suid-Afrika?  Meer toegang vir Suid-Afrika tot wêreldmarkte.   Maatskappye trek voordeel uit verhoogde handel.   Globale finansiële markte help met die belegging oplewing in Suid-Afrika en dra tot die gesonde bankstelsel by.   Die vermindering van handel hindernisse het gelei tot ʼn wyer verskeidenheid van produkte en dienste wat vir verbruikers beskikbaar is.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 4.4 Onderskei tussen skaalvoordele en nie-skaalvoordele van ekonomie. Skaalvoordele  Skaalvoordele verwys na die situasie waar die hoeveelheid uitsette toeneem en die eenheidskoste afneem.   Die onderneming se eenheidskoste daal soos die skaal van die besigheid toeneem – persentasie verandering in inset is kleiner as die persentasie verandering in die uitset.   Soos die besigheid meer produseer, sal die koste van die addisionele eenhede laer wees as dié van die vorige eenhede.  Maks. 4 Nie-skaalvoordele  Gebeur wanneer die eenheidskoste styg as die hoeveelheid geproduseer afneem – wanneer die langtermyn gemiddelde koste kurwe begin om te styg.   Soos die besigheid produksie verhoog, ondervind dit aanvanklik ʼn daling in gemiddelde koste per eenheid en soos wat dit voortgaan om hul skaal van hulle besigheid te verhoog, bly die gemiddelde koste kontant, gevolg deur nie-skaalvoordele.   Dan sal hoër vlakke van operasionele verkwisting ondervind word, a.g.v. ʼn gebrek aan behoorlike beheer en koördinasie weens die moeilikheid daarvan om ʼn groter arbeidsmag te bestuur en dit lei tot nie- skaalvoordele.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) Maks. 4 (8) 4.5 Evalueer die sukses van sosiale toelaes op armoedeverligting in SA. Suksesvol  Dien as ʼn bron van inkomste vir die begunstigdes, soos ouer mense wat nie langer in diens geneem kan word nie.   Begunstigdes kan basiese behoeftes bekostig en hulle lewenspeil verbeter.   Verskaf ʼn veiligheidsnet vir die weeskinders en gestremdes, ens.   Ondersteun nie net die begunstigdes nie, maar bied ʼn breër ondersteuning – waar die hele huishouding van die toelae afhanklik is.  Nie-suksesvol  Die toelae word nie net deur die begunstigde gebruik nie, maar deur die hele huishouding, met die gevolg hul lewenspeil word nie verbeter nie.   Toestaan van sosiale toelaes lei daartoe dat mense lui raak om werk te kry of te skep en dit veroorsaak dat hulle vasgevang word in armoede.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V2 13 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 5  Bespreek die kenmerke van ʼn volmaakte mark, in detail. (26)  Ondersoek die positiewe uitwerking van mededinging op markte. (10) INLEIDING ʼn Volmaakte mark is ʼn hipotetiese model van ʼn mark waar daar geen enkele verbruiker of produsent is wat ʼn invloed op die markprys het nie. Kopers en verkopers het geen voorkeur waar hulle die produkte wil koop of verkoop nie, want die produkte is dieselfde.  (2) (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) HOOFGEDEELTE KENMERKE VAN ’N VOLMAAKTE MARK Aantal kopers en verkopers   Die aantal kopers en verkopers is so baie dat individuele mark deelnemers onbeduidend in verhouding tot die mark as ʼn geheel is.   Geen individuele koper of verkoper het ʼn invloed op die markprys nie omdat elkeen ʼn prysnemer is.  Aard van die produk   Alle produkte wat in die spesifieke mark verkoop word, is homogeen.   Dit is dieselfde in alle aspekte van kwaliteit, voorkoms en enige spesifieke kenmerk.   Dit maak geen verskil waar die koper die produk koop of by wie nie.  Vryheid van toe- en uittrede   Daar is geen faktore wat die produsent se besluit om tot die mark toe te tree of uit te tree, beïnvloed nie.   Ondernemings is vry om tot die mark toe te tree, waar daar geleenthede is om wins te realiseer en vry om te onttrek waar verliese voorkom.   Die mark is totaal toeganklik, daar is geen wetlike, finansiële of tegnologiese hindernisse wat toe- en uittrede kan verhinder nie.  Beweeglikheid van produksiefaktore   Alle produksiefaktore is totaal beweeglik en kan vryelik tussen markte, sonder enige beperkinge beweeg.   Arbeid kan enige tyd tussen werke skuif.   Produsente het toegang tot produksie tegnologie en hulpbronne, geen produsent betaal meer vir ʼn produksiefaktore as ʼn ander nie.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) Volledige kennis   Kopers besit volledige kennis oor pryse, kwaliteit en beskikbaarheid van goedere en dienste.   Verkopers het volledige kennis oor produksiekoste en markgeleenthede.   As een besigheid neig om sy prys hoër as die markprys vas te stel, sal kopers onmiddellik daarvan bewus raak en hulle produkte aankoop by besighede wie se prys steeds laer as die markprys is.  Geen samespanning   Samespanning vind nie in ʼn volmaakte mark plaas nie, want verkopers reageer onafhanklik van andere.  Ongereguleerde markte   Kopers en verkopers word nie deur regeringsinmenging beïnvloed nie.  (Ken maksimum 8 punte toe vir slegs die noem van feite en voorbeelde) (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (26) ADDISIONELE GEDEELTE Mededinging het ʼn positiewe invloed op die markte, omdat:  Deur mededinging te bevorder, lei dit tot die beste toekenning van hulpbronne, laagste pryse, hoogste kwaliteit en die grootste materiële vooruitgang.   Mededinging verbeter produktiwiteit en internasionale mededingendheid van markte en bevorder dinamiese markte en ekonomiese groei.   Markte wat heftige mededinging in die gesig staar, word aanhoudend gedwing om meer doeltreffend en meer produktief te wees.  Hulle weet dat hulle mededingers konstant besig is om maniere te soek om koste te verminder ten einde winste te verhoog.   Mededinging lei daartoe dat markte innoverend is, want innovasie is noodsaaklik vir sukses.  Innovasie lei tot nuwe produkte en nuwe produksie tegnologieë word ontwikkel.   Mededinging laat nuwe ondernemings toe om tot die mark wat gewoonlik deur ʼn paar ondernemings gedomineer is, toe te tree.   Mededinging dwing besluite om op markfaktore soos vraag, kostes, tegnologie eerder as op onvolledige inligting gebaseer te word.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (5 x 2) (10) SLOT Volmaakte markte is regtig skaars en hulle dien as ’n maatstaf vir die onvolmaakte markte.  (Aanvaar enige korrekte hoër-orde gevolgtrekking.) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V2 15 VRAAG 6  Bespreek openbare sektor inmenging as ʼn maatreël om volhoubare ontwikkeling te verseker. (26)  Ondersoek hoe internasionale handel die omgewing kan beïnvloed. (10) INLEIDING Omgewingsvolhoubaarheid beteken die vermoë van die omgewing om sy ekonomiese gebruik van ekonomiese aktiwiteit te oorleef.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (2) HOOFGEDEELTE OPENBARE SEKTOR INMENGINGSMAATREËLS OM VOLHOUBARE ONTWIKKELNG TE VERSEKER. Toestaan van eiendomsregte   Bogenoemde het ʼn uitwerking op bewaring omdat mense na dinge wat aan hulle behoort kyk.   Om te verhoed dat plante en diere uitgewis word, kan eiendomsreg daaroor aan mense toegestaan word.   Die plante en diere sal dan teen ʼn minimale koste van die belastingbetaler, bewaar kan word.   As eiendomsreg na gemeenskaplike goedere soos skoon lug, uitgebrei kan word kan die regering besoedelaars vir die reg om te besoedel laat betaal.  Heffings op die gebruik van die omgewing   Verbruikers en produsente betaal ʼn maandelikse fooi aan die regering vir die afval wat hulle produseer en die storting daarvan in die omgewing.   Verbruikers betaal munisipale heffings vir vullisverwydering en riolering.   Nywerhede mag ook heffings betaal op uitlaatgasse en so ook eienaars van voertuie wanneer hulle nuwe voertuie koop.   Die kostes behoort proporsioneel volgens die afval wat geproduseer word te wees.   ʼn Vaste totale heffing soos ʼn maandelikse heffing sal nie afval produsente aanmoedig om afval te verminder nie.  Omgewingsubsidies   Regering kan subsidies verskaf om aktiwiteite wat skade aan die omgewing verminder, aan te moedig.  Subsidies kan wees vir:  Ontwikkeling van ʼn nuwe tegniek of toerusting bv. om energie te bespaar, rook te verminder of om omgewingsvriendelike energie te gebruik soos wind, gety of sonenergie.   Aanmoediging van die produksie van omgewingsvriendelike substitute soos loodvrye petrol.   Aanmoediging van herwinning, soos bottels, blikkies en karton.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) Omgewingsbelasting / groenbelasting   Hierdie belasting sal die prys van skadelike goedere verhoog en mense sal na alternatiewe begin kyk, bv. die heffing op motorbande.   Ten einde sosiale doeltreffende uitset te bereik, behoort die belastingkoers gelyk aan die marginale eksterne koste te wees.  Bemarkbare permitte   Die regering gee vir elke besigheid ʼn lisensie om tot ʼn sekere mate te besoedel.   Besighede verkoop hulle lisensies aan ander besighede.   In Suid-Afrika word bemarkbare permitte deur die Departement van Minerale en Energie uitgereik.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Ken ʼn maksimum van 8 punte vir slegs noem van feite of voorbeelde) (26) ADDISIONELE GEDEELTE Internasionale handel beïnvloed die omgewing negatief deur:  Uitgebreide handel wat die verkoop van produksie vir die wêreld as ʼn geheel vergroot en daar toe lei dat die totale hoeveelheid besoedeling en skade aan die omgewing heel waarskynlik vergroot.   Toenemende lugbesoedeling en ander invloede op die omgewing deur energie wat aangewend word vir vervoer.   Stygende landbou verbouing wat tot degradering en gronderosie lei wat te wyte is aan oorverbouing.   Handel met spesifieke soorte handel soos giftige afval en bedreigde spesies het ooglopende impak op die omgewing.   Wydverspreide subsidies op chemiese kunsmis en plaagdoders bevorder skadelike boerderymetodes vir die omgewing.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (5 x 2) (10) SLOT Vir omgewingsvolhoubaarheid om bereik te word, moet daar werklike toewyding van regerings, markte en internasionale gemeenskappe wees om hulle optrede teen die omgewing te verander.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike hoër-orde antwoord) (2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all