Skip to content

Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11201916 pages

Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 EKONOMIE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *IECONA2* Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 6. Lees die vrae aandagtig deur. 7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 8. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D. 1.1.1 Die prys wat op die mark vir ʼn produk gekwoteer is en wat seine aan die kopers stuur word die … prys genoem. A absolute B relatiewe C reële D konstante 1.1.2 Besighede wat hulle eie pryse vasstel, word prys … genoem. A -nemers B -makers C onderhandelaars D soekers 1.1.3 Die koste wat reeds aangegaan is en nie weer verhaal kan word nie, word … koste genoem. A versonke B implisiete C vaste D veranderlike 1.1.4 As die prys van ʼn pakkie sigarette gestyg het, sal die vraag daarna dieselfde bly, wat beteken die vraag na sigarette is … A volmaak elasties. B elasties. C onelasties. D eenheid elasties. 1.1.5 Wat word die degradering van grond in droë-lande genoem? A Omgewingsagteruitgang B Gronderosie C Ontbossing D Verwoestyning Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 1.1.6 Die gemiddelde tekorte van die totale bevolking van die armoedelyn is die … A armoedestrik. B armoedekoers. C armoede-gaping. D koppetellingkoers. 1.1.7 Internasionale handelsooreenkoms dispute word deur die … bemiddel. A Verenigde Nasies B Wêreld-Gesondheidsorganisasie C Internasionale Monetêre Fonds D Wêreld-handelsorganisasie 1.1.8 Hulpbronne wat uitgeput kan raak, indien dit nie op ʼn volhoubare manier bestuur word nie, staan as … hulpbronne bekend. A natuurlike B eindigende C mensgemaakte D hernieubare (8 x 2) (16) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V2 5 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat pas by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Aanbod A omskakeling van oop gebiede of plaasgrond na residensiële gebiede, handelsgebiede, kantore of oprigting van dorpe 1.2.2 Lisensie B saamgroepeer van lande om meer beheer oor die globale ekonomie te verkry 1.2.3 Eksplisiete koste C kopers en verkopers ontmoet 1.2.4 Minderwaardige goedere D wettige blokkasie tot toetrede 1.2.5 Grondverbruik E uitputting van hulpbronne, soos lug, grond en water 1.2.6 Welsyn-afhanklikheid F goedere teen ʼn gegewe prys te koop aangebied 1.2.7 Handelsblokke G werklike besteding deur ʼn besigheid wanneer ʼn faktor-inset aangekoop word 1.2.8 Omgewingsdegradering H wanneer mense nie vir werk soek nie, omdat hulle daarop staatmaak om toelaes te ontvang I toename in inkome lei tot kleiner hoeveelhede van hierdie goedere wat aangevra word (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Minimum verdienste wat ʼn entrepreneur sal verhoed om sy produksiefaktore êrens anders aan te wend 1.3.2 Die waarde van die volgende beste alternatief wat opgeoffer is 1.3.3 Die totale bevrediging verkry uit die verbruik van ʼn produk 1.3.4 Meet die gelykheid en ongelykheid wat in of tussen groepe mense bestaan 1.3.5 Diere- of plantlewe wat in ernstige gevaar verkeer om uitgewis te word 1.3.6 ʼn Soort investering wanneer ʼn land ʼn besigheid in ʼn ander land oprig (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V2 7 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van komplementêre goedere. (2) 2.1.2 Hoe beïnvloed ʼn toename in vraag die prys van ʼn produk/diens? (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. Prys/MI/MK/GK 2.2.1 Wat verteenwoordig die skadu-gedeelte in die grafiek? (1) 2.2.2 Watter punt op die grafiek toon winsmaksimering aan? (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die begrip monopolie. (2) 2.2.4 Verduidelik toetrede as ʼn kenmerk van ʼn monopolie. (2) 2.2.5 Maak gebruik van die inligting op die grafiek en bereken die wins of verlies. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 2.3 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. INKOME EN KOSTE SKEDULE OOR DIE KORTTERMYN HOEVEELHEID PRYS TOTALE TOTALE TOTALE INKOME KOSTE WINS/VERLIES 0 90 000 0 60 000 -60 000 1 90 000 90 000 110 000 -20 000 2 90 000 180 000 160 000 30 000 3 90 000 270 000 200 000 70 000 4 90 000 360 000 250 000 110 000 5 90 000 450 000 310 000 140 000 6 90 000 540 000 380 000 160 000 7 90 000 630 000 460 000 170 000 8 90 000 720 000 550 000 170 000 9 90 000 810 000 650 000 160 000 10 90 000 900 000 760 000 140 000 2.3.1 Identifiseer, uit die tabel, die hoeveelheid waarteen wins gemaksimeer sal word. (1) 2.3.2 Op watter markstruktuur is bogenoemde data van toepassing? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die begrip wins. (2) 2.3.4 Waaruit bestaan totale koste? (2) 2.3.5 Maak gebruik van die inligting van bogenoemde data en teken ʼn vraagkurwe. (4) 2.4 Bespreek kortliks die aard van die produk en prysbeheer as kenmerke van monopolistiese mededinging. (2 x 4) (8) 2.5 Ondersoek die belangrikheid van inkomste-elastisiteit van vraag vir besighede. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V2 9 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van verbruikers-afval. (2) 3.1.2 Hoekom is dit voordelig vir ʼn land om by vryhandel betrokke te wees? (2) 3.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. ARMOEDE: WÊRELDBANK BIED HUPSTOOT AAN LENINGS VIR AFRIKA Die Wêreldbank se nuwe president het planne aangekondig om lenings aan Afrika-lande ʼn hupstoot te gee, ten einde armoede te help beveg. Hy het onderneem om die bank se teen-armoede missie so op te stel dat dit meer van sy toelaes en lenings aan Afrika-lande toestaan. Afrika is besig om armoede te verminder en daar is ietwat van ʼn daling in sommige lande, maar as ʼn geheel is daar ʼn styging in die aantal mense wat in uiterste armoede leef. [Aangepas uit Northafricapost.com, 6 Mei 2019] 3.2.1 Identifiseer die soort armoede waarna in die uittreksel verwys word. (1) 3.2.2 Noem EEN kenmerk van armoede. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die begrip armoede. (2) 3.2.4 Verduidelik gebrek aan hulpbronne as ʼn oorsaak van armoede. (2) 3.2.5 Hoe word die Suid-Afrikaanse regering deur hoë vlakke van armoede in die land beïnvloed? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 3.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. ABSOLUTE EN VERGELYKENDE VOORDELE VAN VRYHANDEL Lande oorweeg dit om met mekaar handel te dryf. Hulle besluit sal gebaseer word op of ʼn land oor ʼn absolute of vergelykende voordeel beskik. ILLUSTRASIE 1 LAND MIELIES MOTORS LAND A 80 150 LAND B 100 75 ILLUSTRASIE 2 LAND OLIE LEMOENE LAND A 40 20 LAND B 30 10 3.3.1 Oor watter produk beskik LAND A ʼn absolute voordeel? (1) 3.3.2 Wie het die teorie van vergelykende voordeel ontwikkel? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die begrip vryhandel. (2) 3.3.4 Verduidelik die teorie van absolute voordeel. (2) 3.3.5 Hoe is dit moontlik vir lande in ILLUSTRASIE 2 om handel te dryf? (4) 3.4 Verduidelik kortliks handelsliberalisering en standaardisasie as oorsake van globalisasie. (8) 3.5 Hoe kan die mens ʼn positiewe uitwerking op die omgewing het? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V2 11 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE beginsels van volhoubare ontwikkeling. (2) 4.1.2 Hoekom is dit belangrik vir besighede om doelwitte te stel? (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. KRUIS-ELASTISITEIT VAN VRAAG PRODUK X EN PRODUK Y IS SUBSTITUTE PRYS VAN PRODUK X HOEVEELHEID AANGEVRA VAN PRODUK Y 50 100 60 150 4.2.1 Watter soort kruis-elastisiteit word in bostaande tabel voorgestel? (1) 4.2.2 Noem EEN voorbeeld van goedere vir kruis-elastisiteit van vraag, soos hierbo aangedui. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die begrip kruis-elastisiteit van vraag. (2) 4.2.4 Verduidelik kruis-elastisiteit van onverwante goedere. (2) 4.2.5 Gebruik die bostaande inligting en bereken die kruis-elastisiteit van vraag. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 4.3 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg. DIE GLOBALE VERDEEL EN DIE ONGELYKE VERSPREIDING VAN RYKDOM TUSSEN DIE NOORDE EN DIE SUIDE 4.3.1 Wat word deur die bostaande prentjie verteenwoordig? (1) 4.3.2 Watter deel van die aardbol, volgens bostaande prent, word deur ontwikkelende lande verteenwoordig? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die begrip rykdom. (2) 4.3.4 Onderskei tussen lande in die Noorde en lande in die Suide verdeel, in terme van vlakke van onderwys. (2) 4.3.5 Wat is die positiewe effekte van globalisasie op Suid-Afrika? (4) 4.4 Onderskei tussen skaalvoordele en nie-skaalvoordele van ekonomie. (8) 4.5 Evalueer die sukses van sosiale toelaes op armoedeverligting in Suid-Afrika. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V2 13 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE- TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde antwoord. x ʼn Goeie beginpunt is om die hoofterm wat met die onderwerp van die vraag verband hou, te definieer. Maks. 2 x Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie. x Moenie enige deel van die inleiding in jou inhoud herhaal nie. x Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Maks. 26 Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer kritiese /Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/ Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle Maks. 10 Slot Enige hoër-orde slot behoort in te sluit: x ʼn Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder om feit wat genoem is reeds, te herhaal. Maks. 2 x Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is. x Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk. x ʼn Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang. x Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE x Bespreek die kenmerke van ʼn volmaakte mark, in detail. (26 punte) x Ondersoek die positiewe uitwerking van mededinging op markte. (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE x Bespreek openbare sektor inmenging as ʼn maatreël om volhoubare ontwikkeling te verseker. (26 punte) x Ondersoek hoe internasionale handel die omgewing kan beïnvloed. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com  
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all