Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2019
EKONOMIE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*IECONA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 

%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67/v1-8bc5a498f0fbc7f36cda/card.webp)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--56b7b885-58d6-4588-92c4-20c8e00e6db3/v1-e579df86a3adec8ee1da/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--510a7177-50ad-4345-929a-fd687dd1fb91/v1-71bce4e72b2f4997a2e0/card.webp)

View all

_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)


Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)
Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 921.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele vrae wat beantwoord
is, sal NIE nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae noukeurig.
6. Begin ELKE vraag boaan ’n NUWE bladsy.
7. Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.
8. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en konteks
van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die ooreenstemmende
vraagnommer (1.1.1−1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.9 D.
1.1.1 Die grootste bedreiging vir werkers se gesondheid in Suid-Afrika,
is …
A longontsteking.
B tuberkulose.
C MIV en Vigs.
D lae lone.
1.1.2 Dubbeltelling is ’n probleem wat voorkom wanneer die ... -metode
gebruik word om die BBP te bereken.
A produksie
B inkome
C bestedings
D binnelandse
1.1.3 Een van die voordele van ’n sentraal beplande ekonomie is …
A keuse.
B volle indiensname.
C risiko.
D innovering.
1.1.4 Voedselsekuriteit maak van … ’n belangrike nywerheid.
A landbou
B water
C energie
D kleinhandel
1.1.5 Die waarde van die Gini-koëffisiënt wissel tussen …
A 100 en 1 000.
B 10 en 100.
C 1 en 10.
D 0 en 1.
1.1.6 Die persentasie van mense in ’n land wat kan lees en skryf, staan as
die … -koers bekend.
A bevolkings
B ontwikkelings
C ongeletterdheids
D geletterheids
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1.1.7 Die probleme wat met ruilhandel geassosieer was, is uitgeskakel
deur die ... funksie van geld.
A rekeneenheid
B stoor van waarde
C ruilmiddel
D algemene aanvaarding
1.1.8 Die primêre doel van NEPAD is om ...
A oorloë te stop.
B armoede uit te wis.
C in verkiesings te stem.
D optogte te ondersteun. (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf
slegs die korrekte letter (A−I) langs die ooreenstemmende vraagnommer
(1.2.1−1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Ekonomies bedrywige A Hou vir langer periodes
bevolking
1.2.2 Finale goedere B Speel ’n belangrike rol in ontwikkelde
lande
1.2.3 Sosiale dienste C Gebruik deur sentrale bank om totale
geldvoorraad te beïnvloed
1.2.4 Tersiêre sektor D Ouderdomme tussen 14 en 65
1.2.5 Lopende Betaalstelsel E Tot stand gebring om internasionale
handel te monitor en te liberaliseer
1.2.6 Ruimtelike F Onderwys, gesondheid en welsyn
Ontwikkelings Inisiatief
1.2.7 Monetêre beleid G Progressiewe stelsel
1.2.8 Wêreldhandels- H Nie gebruik as insette om ander
organisasie goedere mee te produseer
I Verkose gebiede wat sekere voordele
bied aan mynbou, vervaardiging en
ander besighede
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 5
1.3 Gee EEN begrip vir elk van die volgende omskrywings. Skryf slegs die begrip
langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Die prys wat aan die eienaars van natuurlike hulpbronne betaal word
vir hul gebruik
1.3.2 Die vloei van goedere en dienste tussen die deelnemers aan die
ekonomiese kringloop
1.3.3 Goedere en dienste waarvan die voorsiening daarvan voordele inhou
vir die verbruiker en die gemeenskap
1.3.4 Voorraad van kapitale bates van huishoudings, wat verdiende en
gespaarde geld, op een of ander tyd, verteenwoordig
1.3.5 Plaaslike kennis wat uniek is aan ’n sekere kultuurgroep of
gemeenskap
1.3.6 Besighede wat klein lenings aan mense aanbied, vir wie dit
onmoontlik is om lenings by banke te verkry (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE deelnemers aan ’n geslote ekonomie. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is die primêre sektor belangrik vir die Suid-Afrikaanse
ekonomie? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
ALGEMENE OWERHEIDSBESTEDING VERMINDERINGS VOLGENS HOOF
EKONOMIESE KLASSIFIKASIE
R miljoen 2019/20 2020/21 2021/22
Vergoeding aan -106 -93 -98
werknemers
Oordragte en Subsidies -2 468 -4 211 -8 909
Goedere en Dienste -5 -5 -6
Totaal -2 579 -4 309 - 9 013
[Bron: www.treasury.go.za]
2.2.1 Noem die ander klassifikasie van verbruiksbesteding deur die
owerheid. (1)
2.2.2 Waaruit bestaan ‘vergoeding aan werknemers’? (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die begrip finale verbruiksbesteding deur die
owerheid. (2)
2.2.4 Verduidelik die belangrikheid van die finale verbruiksbesteding deur
huishoudings. (2)
2.2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die geskatte verminderings in
bogenoemde tabel bereik? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 7
2.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
INFRASTRUKTUUR-ONTWIKKELING
Die Suid-Afrikaanse regering bestee baie op infrastruktuur. In sy
begrotingstoespraak het Minister Tito Mboweni vier dinge genoem om SA se
infrastruktuur te verbeter:
om ’n sinvolle pyplyn-projek te skep.
om die wet meer vaartbelyn te maak ten einde dit makliker te maak om te
bou.
beter inligting aan almal.
om werklik te bou.
Die infrastruktuur-fonds is ’n sentrale pilaar van die Begroting en van
prioritisering. Dit sal R526 miljard se begrotingsprojekte versnel deur die
privaatsektor in te bring en finansiële instansies te ontwikkel. Daarmee saam,
sal die regering R100 miljard oor die volgende dekade bewillig.
[Aangepas uit www.treasury.gov.za]
2.3.1 Noem enige EEN komponent van kommunikasie-infrastruktuur. (1)
2.3.2 Wanneer begin Suid-Afrika se fiskale jaar? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die begrip infrastruktuur. (2)
2.3.4 Verduidelik die belangrikheid van kommunikasie-infrastruktuur vir
besighede. (2)
2.3.5 Hoe sal die R100 miljard langtermynbelegging die ekonomie
beïnvloed? (4)
2.4 Bespreek die nadele van ’n gemengde ekonomie. (4 x 2) (8)
2.5 Evalueer die regering se betrokkenheid in die verhoging van toegang tot
ekonomiese geleenthede. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE geld geassosieerde instrumente. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe bevorder die Suid-Afrikaanse regering inheemse
kennisstelsels? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
MONETÊRE BELEIDSKOMITEE SNY TERUGKOOPKOERS
(REPOKOERS)
[Aangepas uit https://images.app.goo.gl]
3.2.1 Wat is Suid-Afrika se sentrale bank se naam? (1)
3.2.2 Noem enige ander instrument van die monetêre beleid, behalwe
rentekoerse. (1)
3.2.3 Verduidelik kortliks die begrip terugkoopkoers (repokoers). (2)
3 .2.4 Verduidelik kortliks regerings-bankier as ’n funksie van die sentrale
bank. (2)
3.2.5 Hoe sal ’n daling in rentekoerse verbruiksbesteding beïnvloed? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 9
3.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
EKONOMIESE ONTWIKKELING VOLGENS SOSIALE AANWYSER
[Bron: UNESCO Instituut vir Statistieke databasis]
3.3.1 Noem die sosiale aanwyser in bostaande grafiek. (1)
3.3.2 Wat is die neiging van die aantal nie-skoolgaande kinders in die
laaste dekade? (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die begrip sosiale aanwyser. (2)
3.3.4 Verduidelik waarom baie kinders skool verlaat in ontwikkelende
lande. (2)
3.3.5 Bereken die persentasie van die vroulike (female) bevolking wat in
2016 skool verlaat het. Toon ALLE berekeninge. (4)
3.4 Bespreek lae lewensverwagting en lae vlakke van produktiwiteit as
kenmerke van ontwikkelende lande. (4 x 2) (8)
3.5 Ontleed die gevolge van bankmislukking. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 4: MAKRO EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE komponente van die sekondêre sektor. (2 x 1) (2)
4.1.2 Wat is die doel van ekonomiese aanwysers? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: marketbusinessnews.com]
4.2.1 Watter ekonomiese stelsel word op die beginsel van die ‘onsigbare
hand’ gebaseer? (1)
4.2.2 Wie ken die hulpbronne in bogenoemde stelsel toe? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die begrip ekonomiese stelsel. (2)
4.2.4 Verduidelik hoe dienslewering in Suid-Afrika verbeter kan word. (2)
4.2.5 Hoe is eie-belang voordelig vir ’n ekonomie? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 11
4.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:
NOP 2030 – DIE STAAT KAN NIE DOELWITTE ALLEEN BEREIK NIE
Om SA se vaardigheidsbasis te verbeter en studente uit arm en middel
inkome gesinne te ondersteun, is krities vir die groei en ontwikkeling van SA
se ekonomie.
Volgens ’n verslag uitgereik deur die departement van hoër onderwys en
opleiding, woon ’n baie klein aantal mense tersiêre instansies in Suid-Afrika
by, die minste van die vyf BRICS-lande.
Volgens die NOP, word aktiewe burgery in die laaste 10 jaar voor 2030
benodig, waar inwoners (burgers) pogings aanwend om hulself op te hef
asook diegene om hulle, ten einde die doelwitte te bereik.
[Bron: www.businesslive.co.za]
4.3.1 Noem enige ander ontwikkelingstrategie wat in Suid-Afrika
aangewend is. (1)
4.3.2 Noem ’n voorbeeld van wat inwoners van Suid-Afrika kan doen om
hulself op te hef. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die begrip ekonomiese ontwikkeling. (2)
4.3.4 Verduidelik die hoofdoelwit van die Nasionale Ontwikkelingsplan
(NDP). (2)
4.3.5 Hoe sal Suid-Afrika se vaardigheidsbasis deur die implementering
van die NOP verbeter word? (4)
4.4 Onderskei tussen duursame en nie-duursame goedere. (4 x 2) (8)
4.5 Ontleed die rol van Suid-Afrika in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelings-
gemeenskap (SAOG). (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in die ANTWOORDEBOEK.
Maak seker dat antwoorde die struktuur wat hieronder aangedui word, volg sodat die
maksimum aantal punte behaal word:
PUNTE
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding:
’n Goeie beginpunt is om ’n begrip of sleutelwoord te definieer wat in die
vraag voorkom.
Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.
Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek. Maks. 2
Inhoud:
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/ Bespreek
krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer Onderskei/Differensieer/Verduidelik/
Assesseer/Debatteer Maks. 26
Addisionele gedeelte: Eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Kritiese
evaluasie/Teken ’n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/ Lei af/Vergelyk/Onderskei/
Interpreteer/Debatteer kortliks Maks. 10
Slot:
Die slot is ’n opsomming van wat bespreek is in die inhoud en behoort ’n
hoër orde antwoord te wees.
Die slot kan in die vorm wees van ’n eie opinie voorbeelde om die
bespreking te ondersteun of weersprekende siening van wat bespreek is.
Geen aspek van die inleiding of die inhoud mag in die slot ingesluit word Maks. 2
nie.
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die kenmerke van kapitaal in detail. (26 punte)
Ontleed die positiewe uitwerkings van kapitaalverdieping. (10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40MINUTE
Bespreek, die volgende metodes wat in die herverdeling van inkome en rykdom
aangewend word, in detail:
- Belastings (10 punte)
- Kontanttoelaes (8 punte)
- In natura voordele (8 punte)
Ontleed die regering se poging om ekonomiese ongelykheid in Suid-Afrika
aan te spreek. (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Eng)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67/v1-8bc5a498f0fbc7f36cda/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2019 Question Paper (Afr)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--56b7b885-58d6-4588-92c4-20c8e00e6db3/v1-e579df86a3adec8ee1da/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2019 Question Paper (Eng)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--510a7177-50ad-4345-929a-fd687dd1fb91/v1-71bce4e72b2f4997a2e0/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
More from Grade 11 Economics

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Mpumalanga June 2024 Memo

Memorandum