Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2019
EKONOMIE V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67/v1-8bc5a498f0fbc7f36cda/card.webp)


%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C – MIV en Vigs
1.1.2 A – produksie
1.1.3 B – volle indiensname
1.1.4 A – landbou
1.1.5 D – 0 en 1
1.1.6 D – geletterdheid
1.1.7 C – ruilmiddel
1.1.8 B – armoede uit te wis (8 x 2) (16)
1.2 PAS-ITEMS
1.2.1 D – Ouderdomme tussen 14 en 65
1.2.2 H – Nie gebruik as insette om ander goedere mee te produseer
1.2.3 F – Onderwys, gesondheid en welsyn
1.2.4 B – Speel ’n belangrike rol in ontwikkelde lande
1.2.5 G – Progressiewe stelsel
1.2.6 I – Verkose gebiede wat sekere voordele bied aan mynbou,
vervaardiging en ander besighede
1.2.7 C – Gebruik deur sentrale bank om totale geldvoorraad te
beïnvloed
1.2.8 E – Tot stand gebring om internasionale handel te monitor en te
liberaliseer (8 x 1) (8)
1.3 GEE EEN BEGRIP
1.3.1 Huur
1.3.2 Reële vloei
1.3.3 Meriete goedere
1.3.4 Rykdom
1.3.5 Inheemse Kennisstelsel
1.3.6 Mikro-uitleners (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 3
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE deelnemers aan ’n geslote ekonomie.
Huishoudings/verbruikers
Sake ondernemings/besighede
Regering/staat (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is die primêre sektor belangrik vir die Suid-Afrikaanse
ekonomie?
Dit is belangrik a.g.v. die bydrae tot uitvoere, werkskepping en
stygende ekonomiese groei
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Noem die ander klassifikasie van verbruiksbesteding deur die
owerheid.
Funksionele klassifikasie (1)
2.2.2 Waaruit bestaan ‘vergoeding aan werknemers’?
Salarisse en lone (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die begrip finale verbruiksbesteding deur die
owerheid.
Toon aan hoe die regering sy inkome aanwend om goedere en
dienste wat die openbare sektor benodig, te finansier.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
2.2.4 Verduidelik die belangrikheid van die finale verbruiksbesteding
deur huishoudings.
Dit assesseer huishoudelike voorraad van duursame goedere wat
die vlak van die land se ekonomiese ontwikkeling onthul
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
2.2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die geskatte
verminderings in bogenoemde tabel bereik?
Die regering kan die verminderings bereik deur:
programme en projekte wat nie belangrik is nie, af te skaal
dienslewering modelle te wysig
maatreëls soos verlaagde koste en verbeterde doeltreffendheid
aan te wend
tegnologie meer doeltreffend aan te wend
korrupsie te hanteer en te korrigeer
staatsdepartemente te verminder
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Noem enige EEN komponent van kommunikasie infrastruktuur.
Posdienste
Die media
Vaste-lyn telefone
Selfone
Ondersese kabels
Breë-band
Internet
Plaaslike verbinding
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1)
2.3.2 Wanneer begin Suid-Afrika se fiskale jaar?
1 April (1)
2.3.3 Omskryf kortliks die begrip infrastruktuur.
Infrastruktuur is die basiese geriewe, dienste en installasies wat
benodig word vir die funksionering van ’n ekonomie, soos geboue,
paaie en kragtoevoer wat produksie moontlik maak.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
2.3.4 Verduidelik die belangrikheid van kommunikasie infrastruktuur
vir besighede.
Kommunikasie infrastruktuur help besighede om:
pryse te monitor
beskikbaarheid van grondstowwe en dienste te kontroleer
finansiële veranderinge soos rentekoerse, te volg
hulself ingelig te hou
binnelandse en buitelandse ekonomiese toestande te vergelyk en
te assesseer
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
2.3.5 Hoe sal die R100 miljard langtermynbelegging die ekonomie
beïnvloed?
Dit sal die ekonomie positief beïnvloed deur:
meer werksgeleenthede te skep
ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling te bevorder
beleggers te lok
politieke stabiliteit te handhaaf
Dit sal die ekonomie negatief beïnvloed deur:
stygende staatsbesteding
toenemende begrotingstekort
stygende rentekoerse
toenemende skade aan die omgewing
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 5
2.4 Bespreek die nadele van ’n gemengde ekonomie.
Verspreiding van inkome is steeds nie gelyk, as werkers nog in die
privaatsektor uitgebuit word, nie.
Daar is probleme met werkloosheid, inflasie en sakesiklusse.
Wanneer ’n regering in ’n gemengde ekonomie domineer, bestaan die
risiko van burokrasie en korrupsie.
Gemengde ekonomieë bereik nie die hoë vlakke van doeltreffendheid wat
markekonomie bereik nie.
Die omgewing en menseregte word misbruik en armoede neem toe.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 4 x 2) (8)
2.5 Evalueer die regering se betrokkenheid in die verhoging van toegang tot
ekonomiese geleenthede.
Die regering het daarin geslaag om toegang tot ekonomiese geleenthede te
verhoog, deur:
Afskaffing van wetlike beperkinge wat die toetrede van swart mense tot
die hoofstroom ekonomie geblokkeer het.
Die bekendstelling van beleide wat nuwe geleenthede bied en die vlakke
van deelname verhoog van swart mense in die eienaarskap, bestuur en
beheer van ekonomiese aktiwiteite – SEB.
Verbetering in die voorsiening van infrastruktuur (kommunikasie, vervoer
en elektrisiteit) aan arm gebiede.
Desentralisering van ekonomiese aktiwiteite aan voorheen benadeelde
gebiede d.m.v. streekontwikkelingsprogramme.
Verskaffing van gratis onderwys om kwalifikasies van voorheen
benadeelde individue te verbeter.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Aanvaar argumente wat dui op die mislukking van die regering om
toegang tot ekonomiese geleenthede verhoog.) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE geld geassosieerde instrumente.
tjeks
debietkaarte
kredietkaarte
reisigerstjeks
posorders
elektroniese oordragte (EFT) (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe bevorder die Suid-Afrikaanse regering inheemse kennisstelsels?
Die Suid-Afrikaanse regering het ’n IKS (Inheemse Kennisstelsels)
beleid wat in 2004 deur die Kabinet aanvaar is.
Dit erken dat inheemse kennis voortgaan om baie belangrik te wees in
die oorlewing en welsyn van die meerderheid van Suid-Afrikaners.
Dit streef daarna om alle aspekte van hierdie kennis te bevorder en te
bewaar.
Wetenskaplikes werk nog met inheemse gemeenskappe om
volhoubare landbou en goeie ekologiese praktyke toe te pas.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Wat is Suid-Afrika se sentrale bank se naam?
Suid-Afrikaanse Reserwebank
3.2.2 Noem enige ander instrument van die monetêre beleid, behalwe
rentekoerse.
Ope-mark transaksies
Morele oorreding
Kontantreserwe vereistes
Wisselkoers beheer / Wisselkoersbeleid (Enige 1 x 1) (1)
3.2.3 Verduidelik kortliks die begrip terugkoopkoers (‘repokoers’).
Dit is die koers waarteen kommersiële banke geld leen by die
Reserwebank, ten einde die gaping tussen die vraag na lenings en die
hoeveelheid geld wat hulle tot hul beskikking het, uit te skakel.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
3.2.4 Verduidelik kortliks regeringsbankier as ’n funksie van die sentrale
bank.
Die sentrale bank is die hoofbankier van die staat:
Dit lewer dienste aan die staat wat soortgelyk is aan dit wat
handelsbanke aan hulle kliënte lewer.
Staatsdepartemente deponeer hulle fondse by die sentrale bank en
trek tjeks teen hulle rekeninge.
Die sentrale bank verskaf ook lenings, buitelandse valuta en finansiële
advies aan die regering (Tesourie)
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 7
3.2.5 Hoe sal ’n daling in rentekoerse verbruiksbesteding beïnvloed?
’n Daling in rentekoerse sal lei tot:
handelsbanke wat die prima uitleenkoers verlaag
’n lae prima uitleenkoers moedig mense aan om meer te leen
’n groter hoeveelheid geld wat beskikbaar vir besteding is.
’n toename in besteding op goedere en dienste
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Noem die sosiale aanwyser in bostaande grafiek.
Onderwys (1)
3.3.2 Wat is die neiging van die aantal nie-skoolgaande kinders in die
laaste dekade?
Dit neem af/daal (1)
3.3.3 Omskryf kortliks die begrip sosiale aanwyser.
Sosiale aanwysers is numeriese maatstawwe wat die welstand
van individue en gemeenskappe weerspieël.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
3.3.4 Verduidelik waarom baie kinders skool in ontwikkelende lande
verlaat.
Gebrek aan fondse
Hoë vlakke van armoede
Hoë werkloosheidsvlakke
Gebrek aan onderwysfasiliteite
Dwelms
Tienerswangerskappe
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
3.3.5 Bereken die persentasie van die vroulike (female) bevolking wat
in 2016 skool verlaat het. Toon alle berekeninge.
34,3 + 30,0 + 67,4 = 131,7
131,7/263 x 100
= 50,07%/50,1%
(Maks. 2 punte indien slegs die antwoord gegee is) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
3.4 Bespreek lae lewensverwagting en lae vlakke van produktiwiteit as
kenmerke van ontwikkelende lande.
Lae lewensverwagting
Ontwikkelende lande het ʼn korter lewensverwagting, gemiddeld 51
jaar, in vergelyking met 75 jaar vir ontwikkelde lande.
Dit beteken ’n kleiner gedeelte van ’n ontwikkelende land se
bevolking is vir ’n doeltreffende arbeidsmag beskikbaar.
Meeste van die arbeidsmag baklei ’n oneindige oorlog teen siektes en
wanvoeding. (Enige 2 x 2)
Lae vlakke van produktiwiteit
Meeste ontwikkelende lande het laer arbeidsproduktiwiteit a.g.v. ’n
gebrek aan kapitale investering en ervare bestuur.
Hierdie lande kan nie genoeg produseer nie, want hulle beskik nie oor
die nodige vaardighede (onderwys en opleiding), gereedskap en
masjinerie nie.
Hulle kan nie genoeg werksgeleenthede skep nie.
Lae vlakke van gesondheid onder werkers in ontwikkelende lande,
het ʼn groot invloed op sekere sektore van die arbeidsmag.
(Enige 2 x 2) (8)
3.5 Ontleed die gevolge van bankmislukking.
Die bank sal nie meer deposito’s aan deposante kan uitbetaal nie.
Vertroue in die banksektor is verbreek, wat tot wydverspreide
kontantonttrekkings lei.
Beleggers sal nie in staat wees om lenings te verkry om uit te brei of
nuwe besighede te begin nie, wat sal tot ’n afname in ekonomiese groei
lei.
Werknemers van die bank sal werkloos raak, wat die las op die regering
sal vergroot.
Bank mislukkings het ’n negatiewe vermenigvuldigerseffek op die
ekonomie – afname in investering, daling in vraag en afdankings lei
almal tot ’n resessie.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 9
VRAAG 4: MAKRO EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE komponente van die sekondêre sektor.
vervaardiging
elektrisiteit, gas en water
konstruksie
voedselverwerking
olie-suiwering
energie-produksie (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Wat is die doel van ekonomiese aanwysers?
Ekonomiese aanwysers maak voorsiening vir die ontleding van
ekonomiese gebeurtenisse en vooruitskattings van toekomstige
gebeurtenisse.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Watter ekonomiese stelsel word op die beginsel van die
‘onsigbare hand’ gebaseer?
Vrye markekonomie/Kapitalisme (1)
4.2.2 Wie ken die hulpbronne in bogenoemde stelsel toe?
Besighede / Produsente (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die begrip ekonomiese stelsel.
Dit is ’n wyse waarop lande en regerings hulpbronne toeken en handel
dryf met goedere en dienste.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
4.2.4 Verduidelik hoe dienslewering in Suid-Afrika verbeter kan word.
Infrastruktuur vir water, sanitasie, telekommunikasie en vervoer
moet verbeter word.
Bestuur van omgewingshulpbronne moet verbeter word.
SA moet sy ekonomiese groei spoedig verbeter.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
4.2.5 Hoe is eie-belang voordelig vir ’n ekonomie?
Eie-belang is een van die hoof dryfkragte in ’n mark-ekonomie wanneer:
besighede gedryf word om goedere en dienste teen ’n minimum
koste te produseer
hulle ook gedrewe is om skaars hulpbronne aan te wend om slegs
goedere en dienste te produseer wat die gemeenskap die meeste
aanvra, ten einde allokatiewe doeltreffendheid te bereik.
besighede probeer om wins te maksimeer en verliese te
minimaliseer.
eienaars van produksiefaktore probeer om inkome te maksimeer.
dit sal tot ekonomiese groei lei.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Noem enige ander ontwikkelingstrategie wat in Suid-Afrika
aangewend is.
Heropbou en Ontwikkelingsprogram (HOP)
Nasionale Groei Pad (NGP)
Versnelde Gedeelde Groei-inisiatief van Suid-Afrika (AsgiSA)
Uitgebreide Openbare Werke Program (UOWP)
Groei, Werkskepping en Herverdeling van inkomste (GEAR)
JIPSA
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1)
4.3.2 Noem ’n voorbeeld van wat inwoners van Suid-Afrika kan doen
om hulself op te hef.
Stig hulle eie besighede / self indiensname
Kry meer opleiding / vaardighede
Wees by gemeenskapsprojekte betrokke
Woon BBOV (‘ABET’) klasse by
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 1) (1)
4.3.3 Omskryf kortliks die begrip ekonomiese ontwikkeling.
Dit is ’n verbetering in die lewenspeil van die mense in ’n land.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2)
4.3.4 Verduidelik die hoofdoelwit van die Nasionale Ontwikkelingsplan.
Om armoede uit te skakel en ongelykheid teen 2030 te
verminder.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
4.3.5 Hoe sal Suid-Afrika se vaardigheid basis deur die implementering
van die NOP verbeter word?
Suid-Afrika se vaardigheidsbasis sal verbeter word deur:
Investering in onderwys en opleiding.
Toenemende inskrywings by hoëronderwysinstellings deur die
implementering van gratis hoër onderwys.
Vorming van vennootskappe met die privaatsektor om meer indiens
opleidingsgeleenthede te skep/Leerderskappe.
Skep van meer werksgeleenthede.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 11
4.4 Onderskei tussen duursame en nie-duursame goedere.
Duursame goedere Nie-duursame goedere
Het ’n verwagte lewensduur van Word verbruik en vernietig in die
meer as een jaar proses van verbruik.
Lewer konstante bevrediging Kan slegs een maal gebruik word.
Voorbeelde sluit in grond, Byvoorbeeld gloeilampe, papierprodukte en
voertuie en toerusting. voedselprodukte.
(Aanvaar enige ander korrekte (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike
toepaslike antwoord) antwoord)
(Enige 2 x 2) (Enige 2 x 2) (8)
4.5 Ontleed die rol van Suid-Afrika in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelings-
gemeenskap (SAOG).
Suid-Afrika is die huidige voorsitter van die SAOG.
Die land is ook die deurgang na buitelandse direkte investering aan die
ontwikkelende wêreld.
SA lok sommige van die SAOG se arbeidsmag uit alle sfere, insluitend
ongeskoolde, halfgeskoolde en hoogs geskoolde arbeid.
Suid-Afrika se grootste uitvoermark is die SAOG.
Suid-Afrika het ’n leidende rol gespeel in die streek, met betrekking tot
kwessies soos nouer samewerking en ekonomiese integrasie.
Dit sluit in die stigting van ’n vryhandel-gebied in die streek, die ontwikkeling
van basiese infrastruktuur en die ontwikkeling van menslike hulpbronne
Beide Suid-Afrika se landbou-en nywerheidsektor is afhanklik van streek
waterbronne, veral vir toekomstige ontwikkeling.
Toekomstige water-invoere word vanuit lande verder noord verwag.
’n Ander belangrike belang in Suid-Afrika in die streek, is dié van beperking
op immigrasie.
Suid-Afrika is een van die grootste bydraers tot pogings vir die handhawing
van streek- en wêreldvrede, bv. in Rwanda en Darfur Sudan
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING C
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
Beantwoord EEN van die twee vrae in die ANTWOORDEBOEK.
Bespreek die kenmerke van kapitaal in detail. (26)
Ontleed die positiewe uitwerkings van kapitaalverdieping (10)
INLEIDING
Kapitaal sluit in alle goedere wat benodig word om toekomstige behoeftes te
bevredig, insluitend masjinerie en fabrieksgeboue.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding) (2)
HOOFGEDEELTE
KENMERKE VAN KAPITAAL
Kapitaal word besit
Dit behoort aan of word besit deur iemand, soos ’n sakeonderneming of die
regering.
Produsente besluit dikwels om nie kapitaalgoedere te koop nie, maar om eerder
te huur en die huurgeld te betaal.
Die verhuurder besit dan die kapitaal.
Kapitaal word verbruik in die produksieproses.
Bedryfskapitaal items soos grondstowwe, word gedurende die produksieproses
opgebruik.
Tydens die produksieproses van goedere en dienste, word kapitaalgoedere
verbruik.
Vaste kapitaal items soos masjinerie word oor lang tydsperiodes ‘verbruik’ –
slytasie.
Besighede behoort van hulle winste eenkant te hou, ten einde verweerde
kapitaalgoedere te vervang.
Kapitaal het ’n beperkte lewensduur.
Sommige kapitaalgoedere soos masjinerie en toerusting is onderhewig aan
slytasie.
Hulle waarde verminder met tyd.
Dit mag ook verouderd of verslete raak a.g.v. tegnologiese vooruitgang.
Kapitaalvorming vereis opoffering.
Om kapitaalgoedere te produseer of aan te koop, staan as kapitaalvorming of
investering bekend.
Fondse wat vir kapitaalvorming benodig word, word uit besparings verkry.
Besparings verteenwoordig huidige inkome wat opgeoffer word deur
ekonomiese deelnemers.
Meeste besparings kom van privaat sakeondernemings, met kleiner besparings
deur huishoudings en die
regering.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 13
Kapitaal verhoog produksie doeltreffendheid.
Kapitaalgoedere maak spesialisasie moontlik.
Wanneer meer kapitaalgoedere oor ’n sekere tydsperiode geproduseer word, kan
minder verbruiksgoedere oor dieselfde tydsperiode geproduseer word.
Die voordeel van die opoffering is dat die produksie van kapitaalgoedere tot ’n
groter produksiekapasiteit sal lei.
Moderne produksieprosesse bestaan uit elemente van menslike en masjien-
arbeid, maar masjien-arbeid is meer doeltreffend as menslike arbeid alleen.
Doeltreffendheid lei tot hulpbronne wat baie verder gerek word. Maks. (26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Kapitaal verdieping het die volgende positiewe effekte:
Produktiwiteit per werker neem toe as die hoeveelheid kapitaal per werker
toeneem.
Doeltreffendheid per werker styg.
As produktiwiteit per werker styg, sal reële lone ook styg.
Die ekonomie sal uitbrei, wat sal lei tot ’n volgehoue reële ekonomiese groei,
selfs sonder die tegnologiese proses.
Kapitaal verdieping word ook beskou as ’n hoof faktor – indien nie ’n voorvereiste
– vir ekonomiese ontwikkeling in ontluikende markte.
Dit is een van die mees belangrikste bronne van groei in moderne ekonomieë.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) Maks. (10)
SLOT
Die belangrikheid van kapitaal lê in sy verhouding met ekonomiese groei en dit moet
groei teen ’n koers wat gelyk of hoër is as die toename in die arbeidsmag.
(Aanvaar enige ander hoër-order gevolgtrekking.)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
Bespreek, die volgende metodes wat in die herverdeling van inkome en
rykdom aangewend word, in detail:
- Belastings (10)
- Kontant toelaes (8)
- In natura voordele (8)
Ontleed die regering se poging om ekonomiese ongelykheid in Suid-Afrika
aan te spreek. (10)
INLEIDING
Herverdeling verwys na die prosesse wat inkome en rykdom meer gelyk verdeel onder
die inwoners van ’n land, ten einde ongelykheid te verminder.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding)
HOOFGEDEELTE
Belastings
Verskeie vorme van belasting en rykdom belasting is ingestel om die ongelyke
verdeling van inkome in Suid-Afrika, aan te spreek.
Hoër inkome verdieners en ryk mense word belas om kontantvoordele en in natura
voordele te bied aan lae inkome verdieners en ander arm mense.
Progressiewe individuele inkomstebelasting – waar hoë inkome verdieners teen
hoër koerse belas word.
Rykdombelasting – in Suid-Afrika, word eiendomme soos huise en fabrieksgeboue
in stedelike gebiede jaarliks belas.
Kapitaalwinsbelasting word gehef op winste verdien deur die verkoop van
kapitaalgoedere, bv. eiendom en aandele.
Oordragbetalings word betaal wanneer eiendom gekoop word.
Erfbelasting word gehef wanneer geld by ’n oorlede persoon of familielid geërf
word.
Boedelbelasting – gehef op die waarde van boedels van oorlede persone wat
R3,5 miljoen oorskry.
Grondbelasting op plase is ingestel om inkome ongelykheid aan te spreek.
Hierdie belastings word aangewend om uitgawes te finansier vir ontwikkeling wat
die armes meer sal bevoordeel. (Maks. 10)
Kontant toelaes
Die hoof kontanttoelaes in Suid-Afrika is ouderdomspensioen, gestremdheid
toelaes, kindertoelaes en werkloosheidsversekering.
Dit staan ook bekend as sosiale-sekuriteitbetalings.
Suid-Afrika is die grootste welsynstaat in die wêreld en het R567 miljard in die
2019/2020 fiskale jaar toegestaan.
Hierdie soort toelaes help met die herverdeling van inkome.
ʼn Groot gedeelte van BBP word op sosiale-toelaes bestee. (Maks. 8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 15
In natura voordele
Hierdie is in natura betalings.
Dit bestaan uit primêre gesondheidsorg, basiese onderwys, beskerming en
infrastruktuur.
Arm huishoudings ontvang ook welsyn toelaes, gratis munisipale dienste soos ’n
beperkte hoeveelheid gratis water en elektrisiteit, sanitasie en behuising
subsidies per huishouding, per maand.
Hierdie betalings dra nie by tot die versameling van bates om langtermyn rykdom
te skep nie.
Dit bevredig basiese behoeftes en help om inkome en rykdom te herverdeel.
(Maks. 8)
ADDISIONELE GEDEELTE
Ontleed die regering se poging om ekonomiese ongelykheid in Suid-Afrika aan
te spreek.
Die Suid-Afrikaanse regering het die volgende maatreëls ten einde ekonomiese
ongelykheid aan te spreek:
Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging
Hierdie wet lê die grondslag vir die transformasie van die Suid-Afrikaanse
ekonomie sodat die aantal swartmense wat die land se ekonomie besit, bestuur
en beheer, kan vermeerder.
Inkome ongelykheid sal beduidend afneem.
Een aanduiding van vlak van transformasie is swart aandeelhouding op die
JEB.
Grondrestitusie en grondherverdeling
Grondrestitusie – doel is om grond terug te besorg aan diegene wat dit verloor
het as gevolg van rasse diskriminerende wetgewing na 1913
Grondherverdeling – fokus op grond vir woongebied en produksie gebiede.
Die regering mik daarna om 30% van die land se landbougrond te herverdeel aan
voorheen benadeelde persone.
Eiendom subsidies
Dit word gebruik om begunstigdes te help om eienaarskap te bekom van vaste
residensiële eiendom.
Die regering se behuising-subsidieskema (HOP huise) voorsien ook befondsing
opsies aan alle kwalifiserende persone wat minder as R3 500 verdien.
Vaste residensiële eiendom is ideale rykdom bates omdat dit ook gebruik kan
word as kollateraal vir enige soort lening.
Regstellende aksie
Die beleid en praktyk om voorheen benadeelde groepe te bevoordeel
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
SLOT
Die Suid-Afrikaanse regering het stappe gedoen om in te meng in die werking van
die markstelsel, ten einde te verseker dat herverdeling van rykdom en inkome
versnel word.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot) (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67/v1-8bc5a498f0fbc7f36cda/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2019 Memo (Afrikaans)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper