Skip to content

Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11202212 pages

Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 EKONOMIE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2−3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) 30 PUNTE − 20 MINUTE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D. 1.1.1 ʼn … verhouding bestaan tussen die prys van ʼn produk en die hoeveelheid vraag van die plaasvervanger. A Positiewe B Negatiewe C Zero/Nul D Neutrale 1.1.2 In Suid-Afrika is markte van effekte, aandele en rekenaarskyfies voorbeelde van werklike markte wat naby daaraan kom om … markte te wees. A monopolie B perfekte C oligopolie D monopolistiese 1.1.3 ʼn Tydperk waartydens ten minste een produksiefaktor nie verander kan word nie, word ... genoem. A langtermyn B onmiddellike termyn C laaste keer D korttermyn 1.1.4 Die koste wat ʼn besigheid betaal, of dit geen produkte vervaardig of verkoop nie, word ... koste genoem. A vaste B veranderlike C totale D gemiddelde 1.1.5 Handelsliberalisering verwys na die … A vrye beweging van mense. B toepassing van handelsversperrings/-beperkings tussen lande. C vrye beweging van goedere en dienste tussen lande. D beweging van kapitaal tussen lande. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) 1.1.6 Volmaakte pryselastiese aanvraag word deur ʼn vraagkurwe wat … is, verteenwoordig. A vertikaal B reghoekig C horisontaal D positief hellend 1.1.7 Maatskappye wat goedere of dienste in verskeie lande produseer sonder om in ʼn enkele land gekonsentreer te wees, word ... maatskappye genoem. A plaaslike B nasionale C internasionale D multinasionale 1.1.8 Internasionale handelsooreenkomsgeskille word deur die ... bemiddel. A Wêreldhandelsorganisasie (WHO) B Verenigde Nasies (VN) C Internasionale Monetêre Fonds (IMF) D Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Mark A produksie en inset met dieselfde persentasie verhoog 1.2.2 Nut B doelwit is om stabilisering van kweekhuisgaskonsentrasies in die atmosfeer te bereik 1.2.3 Minderwaardige C meganisme waar kopers en verkopers goedere ontmoet om pryse van goedere en dienste te onderhandel 1.2.4 Konstante terugkeer na D GI = GVK skaal 1.2.5 Afskakelpunt E mag om ʼn behoefte te bevredig 1.2.6 Buitelandse Direkte F in kleiner hoeveelheid gevra wanneer Belegging inkomste toeneem 1.2.7 G20 G die verkryging van eienaarskap van besighede in ʼn ander land in die vorm van geboue en kapitaaltoerusting 1.2.8 Kyoto-protokol H sterk Westerse ekonomieë I maatstaf van inkomstegelykheid (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 5 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die werklike prys van ʼn individuele item op ʼn sekere tyd 1.3.2 Produkte wat in alle opsigte dieselfde is 1.3.3 Waarde van die beste alternatief wanneer ʼn besluit geneem word 1.3.4 Toekomstige veranderinge in reënval en temperatuur 1.3.5 Die vervanging van voorheen ingevoerde goedere deur plaaslik vervaardigde goedere 1.3.6 Koste of voordele wat na die derde party oorspoel/oorloop (6 x 1) (6) TOTAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Antwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste. (2) 2.1.2 Waarom is die vraagkurwe van ʼn perfekte mededinger horisontaal skuins? (2) 2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VRAAGVERHOUDINGS – SUBSTITUUTGOEDERE Gestel daar is twee produkte, lugversorger en verkoeler, wat algemeen as substituut deur die verbruiker gebruik word. Die verandering in hul pryse en hoeveelheid aangevra word in die tabel hieronder gegee. LUGVERSORGER VERKOELER PRYS HOEVEELHEID PRYS HOEVEELHEID (IN RAND) AANGEVRA (IN RAND) AANGEVRA 22 000 100 13 000 200 28 000 60 13 000 500 [Bron: google.com/search] 2.2.1 Noem enige EEN voorbeeld van ʼn paar substituutgoedere. (1) 2.2.2 Hoe is die verhouding tussen die prys en hoeveelheid van komplementêre goedere? (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die konsep substituutgoedere. (2) 2.2.4 Verduidelik kortliks relatiewe prys in ekonomie. (2) 2.2.5 Ondersoek die verband tussen die produk- en faktormarkte. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 7 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Noem die tipe pryselastisiteit van vraag wat in die bostaande grafiek uitgebeeld word. (2) 2.3.2 Identifiseer die hoeveelheid goedere wat aangevra word wanneer die prys tot R80 styg. 2.3.3 Beskryf kortliks die konsep pryselastisiteit van vraag. (2) 2.3.4 Verduidelik kortliks die duursaamheid van die produk as ʼn determinant van pryselastisiteit van vraag. (2) 2.3.5 Bereken die pryselastisiteit van vraag vanaf die bostaande grafiek. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.4 Verduidelik kortliks, sonder die gebruik van ʼn grafiek, kruiselastisiteit van vraag. (8) 2.5 Ondersoek die voordele van skaalbesparings vir die produsent. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE soorte besoedeling. (2) 3.1.2 Wat is die negatiewe impak van globalisering op die omgewing? (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: Polyp.org.uk] 3.2.1 Waar funksioneer maatskappye soos Du Pont en IBM? (1) 3.2.2 Skryf die akroniem NAVHO (NAFTA) voluit. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die konsep vryhandel. (2) 3.2.4 Verduidelik kortliks die rol van die WHO (Wêreldhandelorganisasie). (2) 3.2.5 Hoe sal ontwikkelde lande daaruit voordeel trek om met Afrika-lande handel te dryf? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 9 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Lande en hul ekonomieë is oor die hele wêreld geïntegreer as gevolg van handeldryf en vorm een globale wêreld. Dit word moontlik gemaak deur vooruitgang in tegnologie, kommunikasie, vervoer en infrastruktuur. *ONE WORLD – EEN WÊRELD [Bron: www.bartley.com] 3.3.1 Noem enige EEN oorsaak van globalisering. (1) 3.3.2 Noem die hoofelement van globalisering. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die konsep globalisering. (2) 3.3.4 Verduidelik kortliks kulturele veranderinge as ʼn gevolg van globalisering. (2) 3.3.5 Hoe baat lande in die Suide by direkte buitelandse belegging? (4) 3.4 Tabuleer enige TWEE verskille om die Noord-Suid-verdeling te illustreer. (8) 3.5 Ondersoek die negatiewe impak van ontbossing. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE faktore wat die aanvraag na goedere en dienste beïnvloed. (2) 4.1.2 Hoekom is dit belangrik om biodiversiteit te beskerm? (2) 4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HOE SOU PRYSELASTISITEIT VIR VOORSIENING VAN KERNENERGIE WEES? Pryselastisiteit van aanbod vir energie wat deur kernkragsentrales opgewek word, sal waarskynlik redelik laag wees, waarskynlik minder as 1. Een van die faktore wat pryselastisiteit van aanbod beïnvloed, is die tyd wat dit neem om die aanvraag te vul – die bou van ʼn nuwe kragsentrale neem ʼn lang tyd, wat voorstel dat ʼn styging in prys nie noodwendig deur ʼn vinnige toename in die hoeveelheid verskaf, bereik kan word nie. [Vertaal en aangepas uit http://www.mytutor.co.za] 4.2.1 Noem die graad van pryselastisiteit van aanbod wat gelyk aan 1 is. (1) 4.2.2 Gee die formule wat gebruik word om pryselastisiteit van aanbod te bereken. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die konsep aanbod. (2) 4.2.4 Verduidelik kortliks onverwante produkte. (2) 4.2.5 Hoekom is pryselastisiteit van aanbod belangrik? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 11 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. AARDVERWARMING EN KWEEKHUISGASVRYSTELLING Die vrystelling van kweekhuisgasse en aardverwarming raak nie net mense en hul eiendomme nie, maar die verhoogde besoedeling van verskeie tipes beïnvloed ook die land en waterdiere op negatiewe maniere. Een van die beduidende gevolge van aardverwarming is die smelting van gletsers; as gevolg hiervan word die ysbere van hul leefarea ontneem, en is dus op die rand van uitsterwing. [Bron: https://www.google.com] 4.3.1 Identifiseer EEN effek van aardverwarming uit die uittreksel. (1) 4.3.2 Noem die hoofoorsaak van aardverwarming. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die konsep aardverwarming. (2) 4.3.4 Verduidelik kortliks die belangrikheid van omgewings- volhoubaarheid. (2) 4.3.5 Ondersoek die negatiewe impak van gevaarlike afval. (4) 4.4 Met behulp van grafieke vergelyk ekonomiese en normale winste in ʼn volmaakte mark. (8) 4.5 Evalueer die voordele van die Suid-Afrikaanse ekonomie geïntegreer met ander lande. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord. • ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf. • Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE. Maks. 2 • Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE. • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/ Maks. 26 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik ʼn Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word. Bykomende gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken Maks. 10 word. Slot Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit: • ʼn Kort opsomming van dit wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite wat reeds genoem is • Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is Maks. 2 • Bykomende ondersteunende inligting om die bespreking/ontleding te versterk • ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die kenmerke van ʼn monopolie. (26 punte) • Hoe oorleef ʼn monopolistiese mededingende firma kompetisie in die mark? (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail maatreëls wat deur die regering gebruik is om volhoubare ontwikkeling te verseker. (26 punte) • Hoe kan verbruikers bydra om die agteruitgang van die omgewing te verminder? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all