Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
EKONOMIE V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo (Afr)
Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 893.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape November 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A – Positief
1.1.2 B – Perfekte
1.1.3 D – Korttermyn
1.1.4 A – Vaste
1.1.5 C – Vrye beweging van goedere en dienste tussen lande
1.1.6 C – Horisontaal
1.1.7 D – Multinasionale
1.1.8 B – Verenigde Nasies (VN) (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 C – meganisme waar kopers en verkopers ontmoet om pryse van
goedere te beding
1.2.2 E – mag om ʼn behoefte te bevredig
1.2.3 F – in kleiner hoeveelheid gevra wanneer inkomste toeneem
1.2.4 A – produksie en inset verhoog met dieselfde persentasie
1.2.5 D – GI = GVK
1.2.6 G – die verkryging van eienaarskap van besighede in ʼn ander land
in die vorm van geboue en kapitaaltoerusting
1.2.7 H – sterk Westerse ekonomieë
1.2.8 B – doelwit is om die stabilisering van kweekhuis-gaskonsentrasies
in die atmosfeer te bereik
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 3
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Nominale prys
1.3.2 Homogeen
1.3.3 Geleentheidskoste
1.3.4 Klimaatsverandering
1.3.5 Invoervervanging
1.3.6 Eksternaliteit (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste.
• Elektrisiteit
• Water
• Grondstowwe
• Lone
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is die vraagkurwe van ʼn perfekte mededinger
horisontaal skuins?
• Die vraagkurwe is horisontaal skuins omdat die firma enige
hoeveelheid goedere teen die heersende markprys kan verkoop,
selfs ʼn klein styging in prys kan tot nul aanvraag lei
• Dit dui aan dat die firma geen beheer oor die prys het nie
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Noem enige EEN voorbeeld van ʼn paar substituutgoedere/
-produkte.
• Botter en margarien
• Bees- en skaapvleis
• Koffie en tee
• Lugversorger en verkoeler
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (1)
2.2.2 Hoe is die verhouding tussen die prys en hoeveelheid van
komplementêre goedere?
• Negatief/indirek eweredig (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die konsep substituutgoedere.
• Substituutgoedere is goedere/produkte wat in die plek van ʼn
ander gebruik kan word.
• Dit is ʼn goed/produk wat maklik deur verbruikers met ander
goedere/produkte vervang kan word.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 5
2.2.4 Verduidelik kortliks relatiewe prys in ekonomie.
• ʼn Relatiewe prys is die prys van een goed/produk met ander
• Relatiewe prys vertel hoeveel goedkoper of duurder ʼn produk in
vergelyking met ʼn ander produk is
• Om ʼn relatiewe prys van ʼn produk te verkry, deel die prys van een
produk deur ʼn ander.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2)
2.2.5 Ondersoek die verband tussen die produk- en faktormarkte.
• Produkmark kan nie sonder die faktormark bestaan nie
• ʼn Toename in goedere en dienste in die produkmark sal tot ʼn
toename in vraag na produksiefaktore in die faktormark lei
• Produksiefaktore in die faktormark is slegs waardevol wanneer dit
vir produksiedoeleindes in die produkmark benodig word
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Noem die tipe pryselastisiteit van vraag wat in die bostaande
grafiek uitgebeeld word.
Relatiewe elastiese vraag (1)
2.3.2 Identifiseer die hoeveelheid goedere wat aangevra word wanneer
die prys tot R80 styg.
50 eenhede (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die konsep pryselastisiteit van vraag.
Pryselastisiteit van vraag is die reaksie van die hoeveelheid gevra op
die prysveranderings.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2)
2.3.4 Verduidelik kortliks duursaamheid van die produk as ʼn
determinant van pryselastisiteit van vraag.
• Hoe duursamer ʼn produk is, hoe meer elasties sal die vraag
wees
• As die produk vir ʼn lang tyd hou, sal verbruikers deur prysstygings
beïnvloed word en sal hulle meer huiwerig wees om die produk te
koop
• Produkte wat nie duursaam is nie, het ʼn onelastiese
aanvraag
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
2.3.5 Bereken die pryselastisiteit van vraag vanaf die bostaande
grafiek. Toon ALLE berekeninge.
% verandeling in hoeveelheid aangevra
Pryselastisiteit van vraag =
% verandering in prys
50 – 110
%ΔHvld = x 100
110
= 55%
80 – 65
%∆P = x 100
65
= 23%
= 55%/23%
= 2,4% (4)
2.4 Verduidelik kortliks, sonder die gebruik van ʼn grafiek, kruiselastisiteit
van vraag.
• Kruiselastisiteit van vraag meet die reaksie van die hoeveelheid gevra
van ʼn spesifieke goedere op veranderinge in die prys van verwante
goedere
• Kruiselastisiteit van vraag fokus op die effek van prysstygings op ander
goed
• Hoe hoër die waarde van die kruiselastisiteit van vraag , hoe sterker sal
die effek/uitwerking op die vraag na die verwante produk wees
• Substituutgoedere sal ʼn positiewe kruiselastisiteit van vraag hê, omdat
die vraag na een produk styg wanneer die prys vir die Substituutgoedere
toeneem
• Items wat sterk substitute het, het ʼn hoër kruiselastisiteit van vraag
• Komplemente sal ʼn negatiewe kruiselastisiteit van vraag hê namate die
prys van een item toeneem, ʼn item wat nou met daardie item
geassosieer word en nodig is vir sy verbruik neem af omdat die vraag
na die hoofgoed ook gedaal het
• Kruiselastisiteit van vraag is nuttig vir besighede omdat hulle dit gebruik
om pryse vir hul goedere en dienste vas te stel
• Regerings, besighede en ekonome gebruik kruiselastisiteit van vraag
om te bepaal wat die rimpeleffek van prysveranderings op verwante
produkte sal wees
• Regerings, ekonome en besighede sal dan meer versigtig wees om
pryse of belasting te verhoog, want dit sal die verwante produk ook
raak.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 7
2.5 Ondersoek die voordele van skaalbesparings vir die produsent.
• Skaalbesparings is kostevoordele wat kan voorkom wanneer ʼn
besigheid sy produksieskaal vergroot en meer doeltreffend word, wat tot
ʼn verlaagde koste per eenheid lei
• Die koste van produksie (insluitend vaste en veranderlike koste) word
oor meer produksie-eenhede versprei wat groter ondernemings ʼn
mededingende voordeel bo kleineres bied, want hoe groter die
onderneming, hoe laer is sy koste per eenheid.
• Besighede sal hul prysmededingendheid in globale markte kan
verbeter
• Besighede ervaar verhoogde winste, genereer ʼn hoër opbrengs op
kapitaalbelegging en kan groei
• Soos ʼn besigheid groei, stol dit en word minder kwesbaar vir eksterne
bedreigings, soos vyandige oornames
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (8)
[40]
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE soorte besoedeling.
• Lugbesoedeling
• Water-/seebesoedeling
• Grond-/omgewingsbesoedeling
• Geraasbesoedeling (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Wat is die negatiewe impak van globalisering op die
omgewing?
• Hernubare hulpbronne sal uitgeput/op raak as gevolg van
buitensporige vraag na goedere en natuurlike hulpbronne sowel
as die vlak van ontwikkeling wêreldwyd
• Water, woude, plante en dierespesies word op groot skaal
gebruik om steeds toenemende behoeftes en begeerte te
bevredig ten koste van toekomstige geslagte
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Waar funksioneer maatskappye soos Du Pont en IBM?
Wêreldwyd/Internasionaal (1)
3.2.2 Skryf die akroniem NAVHA (NAFTA) voluit.
• Noord-Amerikaanse Vryhandelsagentskap (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die konsep vryhandel.
• Vryhandel is die beleid wat toelaat dat goedere en dienste oor
internasionale grense gekoop en verkoop kan word met min of geen
regeringstariewe, kwotas, subsidies of verbod om hul uitruil te
beperk.
• Vryhandel is die beleid waarvolgens ʼn regering nie teen invoer
diskrimineer of met uitvoere inmeng deur tariewe te hef nie.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2)
3.2.4 Verduidelik kortliks die rol van die WHO (Wêreldhandelsorganisasie).
• Hanteer die globale handelsreëls, om te verseker dat internasionale
handel so glad, voorspelbaar en vrylik moontlik vloei
• Moniteer internasionale handelsooreenkomste
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2)
3.2.5 Hoe sal ontwikkelde lande daaruit voordeel trek om met Afrika-lande
handel te dryf?
• Hulle trek voordeel uit goedkoper arbeid uit Afrika-lande
• Afrika-lande, veral Suid-Afrika, beskik oor ʼn oorvloed van minerale
hulpbronne wat skaars in ontwikkelde lande is.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Noem enige EEN oorsaak van globalisering.
• Ontwikkeling van tegnologie
• Kapitaal-liberalisering
• Multinasionale ondernemings
• Standaardisering (1)
3.3.2 Noem die hoofelement van globalisering.
Handel (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 9
3.3.3 Beskryf kortliks die konsep globalisering.
Globalisering is die proses van interaksie tussen die lande van die
wêreld om hul ekonomieë en samelewings bymekaar te bring om ʼn
globale ekonomie te ontwikkel.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2)
3.3.4 Verduidelik kortliks kulturele veranderinge as ʼn gevolg van
globalisering.
• Globalisering het daartoe gelei dat verskeie kulture saam
gekom het
• Mense van een kultuur ontdek tekortkominge in hul kultuur
wanneer hulle met ander kulture in aanraking kom
• Hulle neem aspekte van ander kulture wat meer met huidige tye
in pas, aan
• Samelewings het uitgebrei namate hulle mense van ander
kulture en agtergronde ingeneem het en ʼn hele nuwe kultuur
van hul eie geskep het
• Kookstyle, tale, musiekstyle, kunsvorme en gebruike het
internasionaal as gevolg van globalisering versprei
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2)
3.3.5 Hoe baat lande in die Suide by direkte buitelandse belegging?
Lande in die Suide baat deur:
• Verhoogde indiensneming en inkomstegroei
• Verbeterde ekonomiese groei en ontwikkeling
• Uitbreiding van nywerhede binne die land
• Uitbreiding van die belastingbasis wat tot meer inkomste vir die
regering lei
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(Enige 2 x 2) (4)
3.4 Tabuleer enige TWEE verskille om die Noord-Suid-verdeling te
illustreer.
NOORD SUID
Hoogs ontwikkelde infrastruktuur Swak infrastruktuur
Hoë vlakke van produksie en Lae vlakke van produksie en
verbruik verbruik
Geïndustrialiseerde lande Nie-geïndustrialiseer
Gemiddelde inkomste is baie Gemiddelde inkomste is laag
hoog
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(Enige 2 x 2 + Enige 2 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
3.5 Ondersoek die negatiewe impak van ontbossing.
• Wanneer woude skoongemaak word, word plantegroei wat as
grondbedekking dien verwyder en soos reënwater daardeur vloei, word
voedingstowwe asook ander organiese materiaal uitgespoel.
• Die grond in baie ontboste streke is soortgelyk nie geskik vir die
instandhouding van jaarlikse gewasprodukte nie.
• Sodra bome weg is, kan groot hoeveelhede water tot blitsvloede lei,
waarvan baie rampe in dele oor die wêreld veroorsaak het.
• Dit kan die negatiewe uitwerking op die ekonomiese lewensvatbaarheid
van verskeie besighede en aansienlike sterftes in die natuurlewehabitat tot
gevolg hê.
• Ontbossing lei tot die verlies van aansienlike hoeveelheid biodiversiteit, die
uitsterwing en vernietiging van baie dier- en plantspesies, waarvan baie
onbekend bly en waarvan die voordele onbekend sal bly.
• Die verlies van bome en ander plantegroei kan klimaatsverandering,
verwoestyning, gronderosie, minder oeste, oorstromings, verhoogde
kweekhuisgasse in die atmosfeer en ʼn magdom probleme vir inheemse
mense veroorsaak.
• Die verwydering van woude het gronderosie verhoog en die dreinering van
water in die riviere en mere in gevaar gestel.
• Ontbossing lei daartoe dat minder water in die lug na die grond teruggekeer
word, wat dan droër grond en onvermoë om gewasse te kweek
veroorsaak.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (8)
[40]
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
KWESSIES
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE faktore wat die aanvraag na goedere en dienste
beïnvloed.
• Prys van die produk
• Inkomste van verbruikers
• Beskikbaarheid van substitute
• Smaak en voorkeure van verbruikers
• Modetendense
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Hoekom is dit belangrik om biodiversiteit te beskerm?
Dit is belangrik om biodiversiteit te beskerm omdat:
• Biodiversiteit verwys nie net na spesies nie, maar ook na
ekosisteem en verskille in gene binne ʼn enkele spesie
• ʼn Gesonde ekosisteem voorsien skoon water, suiwer lug, reguleer
klimaat, voorsien voedsel ens.
• Mense maak ook staat op gesonde ekosisteem om medisyne,
brandstof en energie, suurstof om asem te haal ens., te
verskaf.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 11
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Noem die graad van pryselastisiteit van aanbod wat gelyk aan
1 is.
Eenheidspryselastisiteit van aanbod (1)
4.2.2 Gee die formule wat gebruik word om pryselastisiteit van
aanbod te bereken.
%Δ van hoeveelheid voorsien
PES =
%Δ in prys (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die konsep aanbod.
Aanbod is die hoeveelheid van ʼn produk of diens wat teen ʼn
spesifieke prys aan verbruikers beskikbaar is.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2)
4.2.4 Verduidelik kortliks onverwante produkte.
• Onverwante produkte het geen kruiselastisiteit van vraag
waarde nie
• Hulle bestaan onafhanklik
• Produk A het niks met produk B te doen nie. (2)
4.2.5 Hoekom is pryselastisiteit van aanbod belangrik?
• Dit meet hoeveel die hoeveelheid van ʼn produk of diens
gelewer reageer op ʼn verandering in prys.
• Dit is nodig vir ʼn firma om te weet hoe vinnig en doeltreffend
dit op veranderende marktoestande kan reageer, veral
prysveranderings.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer EEN effek van aardverwarming uit die uittreksel.
Smelt van gletsers (1)
4.3.2 Noem die hoofoorsaak van aardverwarming.
Menslike aktiwiteite (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
4.3.3 Beskryf kortliks die konsep aardverwarming.
Aardverwarming is die geleidelike toename in die algehele temperatuur
van die aarde se atmosfeer wat algemeen toegeskryf word aan die
kweekhuiseffek wat veroorsaak word deur verhoogde vlakke van
koolstofdioksied en ander besoedelingstowwe / Aardverwarming is
die langtermynverhitting van die aarde se klimaatstelsel as gevolg van
menslike aktiwiteite, hoofsaaklik die verbranding van fossielbrandstof,
wat die hittevangende kweekhuisgasvlakke in die aarde se atmosfeer
verhoog.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2)
4.3.4 Verduidelik kortliks die belangrikheid van omgewings-
volhoubaarheid.
Volhoubaarheid is belangrik omdat:
• Mense moet binne die perke van die omgewing leef
• Dit verbeter die kwaliteit van mense se lewens, beskerm die
ekosisteem en bewaar natuurlike hulpbronne vir toekomstige
generasies.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2)
4.3.5 Ondersoek die negatiewe impak van gevaarlike afval.
Gevaarlike afval kan:
• ʼn Bedreiging vir menslike gesondheid en omgewing inhou
• Versprei en besoedel lug, water en grond
• Beïnvloed produktiwiteit deur grondwaterbronne te besoedel en
stel plant- en dierelewe in gevaar
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4)
4.4 Met behulp van grafieke vergelyk ekonomiese en normale winste in ʼn
perfekte mark.
Puntetoekenning
Korrekte tekening en byskrifte van kostekrommes in elke grafiek = 1 punt
Korrekte tekening en byskrifte van inkomstekrommes in elke grafiek = 1 punt
Ekonomiese winsgebied = 2 punte
Normale winsgebied = 2 punte
Benoeming van die as in elke grafiek = 1 punt
Maksimum = 8 punte (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 13
4.5 Evalueer die voordele van die Suid-Afrikaanse ekonomie geïntegreer
met ander lande.
• Ekonomiese integrasie lei dikwels tot ʼn verlaging in die koste van
handel
• Daar sal verbeterde beskikbaarheid van goedere en dienste wees en
winste in doeltreffendheid wat tot groter koopkrag lei
• Indiensnemingsgeleenthede is geneig om te verbeter omdat
handelsliberalisering tot markuitbreiding, tegnologiedeling en
oorgrensbelegging lei
• Politieke samewerking tussen lande kan ook verbeter as gevolg van
sterker ekonomiese bande, wat ʼn aansporing bied om konflikte vreedsaam
op te los en lei tot groter stabiliteit
• Suid-Afrika sal by verbeterde direkte buitelandse investering baat vind.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
• Bespreek in detail die kenmerke van ʼn monopolie. (26 punte)
• Hoe oorleef ʼn monopolistiese mededingende firma kompetisie in die mark?
A
(10 punte)
INLEIDING
Monopolie bestaan wanneer daar net een verkoper van ʼn produk is, met geen nabye
substitute nie en toetrede tot die mark heeltemal geblokkeer word.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 2)
HOOFGEDEELTE
Aantal produsente
• Die monopolis is die enigste verkoper in die bedryf en het volle beheer oor die
verskaffing van ʼn produk
• Dit verteenwoordig die totale bedryf, met volledige markkrag bv. De Beers,
Eskom
• Dit stel die monopolis in staat om aansienlike invloed op die kopers uit te
oefen
Aard van die produk
• Die produk is uniek en het geen nabye plaasvervangers nie
• Bv. elektrisiteit en kleinhandelvervoer
• Kopers kan slegs by die monopolie koop of sonder die produk gaan
Wins
• Die monopolie maak ʼn korttermyn verlies en ekonomiese winste op beide die kort
en lang termyn
• Dit is meer waarskynlik dat die massiewe markkrag en hoë pryse sal verseker dat
dit bonormale winste maak
Tegniese meerderwaardigheid
• Monopolie het ʼn tegniese voordeel bo potensiële mededingers
• Sy toegang tot hulpbronne en tegniese meerderwaardigheid maak dit vir ander
moeilik om mee te ding
• Dit kan die monopolis vir ʼn geruime tyd in sy posisie hou, byvoorbeeld in die
rekenaarsagteware-industrie
Beheer oor pryse
• ʼn Monopolie het volle beheer oor die prys van ʼn produk of diens – maar dit word
beperk deur aanvraag om buitensporige hoë pryse te vra
• Dit beheer die prys deur uitset te manipuleer en te beperk om ʼn tekort te skep wat
ʼn styging in pryse veroorsaak
• Monopolieë is dus prysmakers omdat hulle die mag het om hul eie prys te
bepaal
• ʼn Monopolie kan slegs besluit op watter punt op die vraagkromme hy wil
produseer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 15
Gunstige omstandighede
• Soms kan entrepreneurs gunstige omstandighede in ʼn sekere geografiese gebied
geniet
• Bv. daar mag net een verskaffer van melk, ʼn hardewarewinkel of hotel in ʼn
spesifieke dorp wees
• Daar kan selfs wette wees wat die mark beskerm, bv. poskantore in
Suid-Afrika
Markinligting
• ʼn Monopolie het volle kennis van al die huidige marktoestande omdat dit die
enigste verkoper in die mark beskikbaar is wat die bedryf as ʼn geheel
verteenwoordig
• Nuwe firmas wat die mark wil betree, sal nie dieselfde inligting tot hulle
beskikking hê nie en dit belemmer hul vermoë om die mark te betree
• Monopolieë weerhou inligting van verbruikers as sodanig is dit moeilik vir hulle
om ingeligte besluite te neem aangesien hulle dalk nie ten volle bewus is van die
behoeftes van verbruikers nie
Uitbuiting van verbruikers
• Die monopolis produseer dalk minder produkte teen ʼn hoër prys in vergelyking
met besighede onder volmaakte mededinging
• Bv. De Beers, omdat die monopolis die enigste produsent van die produk in die
mark is, is daar altyd die moontlikheid van verbruikersuitbuiting.
• Die meeste regerings neem stappe om teen sulke praktyke te waak en nuwe en
bestaande monopolieë word gewoonlik goed gemonitor
Marktoetrede
• Toegang tot die mark is heeltemal geblokkeer en dit is onmoontlik vir ander
besighede om die mark te betree
• Sommige monopolieë word deur wetgewing wat deur die regering aanvaar word
geskep wat een firma eksklusiewe reg gee om ʼn spesifieke produk te
vervaardig
• Die regering kan patente, lisensies en kopiereg gebruik om marktoetrede te
beperk en te verhoed dat ongewenste of onbevoegde firmas die mark
betree
• Die hindernisse verhoed dat ander produsente die mark betree om dieselfde tipe
produk te verskaf
• Hoë aanvangskoste sluit kapitaalinvestering en navorsing en ontwikkeling in wat
vir ander firmas moeilik kan wees om te bekostig
Skaalbesparings
• Die blote grootte van die groot besigheid gee dit ʼn kostevoordeel bo ʼn kleiner
mededinger en dit sal dit onmoontlik maak vir die kleiner besigheid om mee te
ding
(ʼn Maksimum van 8 punte vir blote lys van feite/voorbeelde)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
ADDISIONELE GEDEELTE
Monopolistiese mededingende firma oorleef deur nie-prysmededinging deur te
gebruik, deur:
• Gedifferensieerde produkte aan te bied wat dit minder pryselasties
maak
• Kompeteer op grond van nie-prysfaktore
• Gebruik handelsmerk om verskille aan te dui wanneer daar met ander
verskaffers in die mark gemeeding word
• Aggressiewe advertensieveldtogte wat van stapel gestuur kan word om
klante te lok
• Verlenging van inkopie-ure wat vir kliënte geriefliker sal wees om van hul
dienste gebruik te maak, bv. 24-uur diens
• Die verskaffing van gratis aflewerings binne ʼn sekere reeks besigheid wat ʼn
verskansing bo ander mededinging verseker
(ʼn Maksimum van 2 punte vir blote lys van feite en voorbeelde.)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10)
SLOT
Produsente moet kies en die beperkte hulpbronne verstandig aanwend om meer
goedere teen die hoogste moontlike prys te produseer, want nie alle
geleenthede lewer dieselfde beloning nie.
Daar is nie ruimte vir monopoliefirmas in ʼn gemengde ekonomie soos in Suid-
Afrika nie, aangesien dit tot verbruikersuitbuiting, onregverdige mededinging en
buitensporige hoë pryse lei
ʼn Monopolie het ʼn neiging om verbruikers uit te buit, so dit is baie belangrik dat
hulle ʼn semistaatsinstelling is of deur die regering gemonitor word.
(Aanvaar enige ander hoë-orde gevolgtrekking.) ( Maks. 2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 17
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
• Bespreek in detail maatreëls wat deur die regering gebruik is om
volhoubare ontwikkeling te verseker. (26 punte)
• Hoe kan verbruikers bydra om die agteruitgang van die omgewing te
verminder? (10 punte)
INLEIDING
Omgewingsvolhoubaarheid behels ontwikkelings om in die behoeftes van die
huidige generasie te voorsien sonder om die vermoë van toekomstige generasie om
in hul behoeftes te voorsien, in gevaar te stel.
Dit is die vermoë van die omgewing om die gebruik daarvan vir toekomstige
ekonomiese aktiwiteit, te oorleef.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 2)
HOOFGEDEELTE
Toekenning van eiendomsreg
• Eiendomsregte is titels op die eienaarskap van vaste eiendom wat deur die wet
afgedwing word
• Hulle het ʼn bewaringseffek aangesien hulle verseker dat mense goed na die
hulpbronne wat aan hulle behoort omsien en enigiets sal doen om hulle teen
agteruitgang te beskerm
• Mense word eiendomsreg toegeken om te voorkom dat fauna en flora uitsterf en
dit het min koste vir die belastingbetaler
• Eiendomsregte regte kan na algemene goedere uitgebrei word soos skoon lug
waar die slagoffers die besoedelaars kan aankla vir die reg om te
besoedel
• Eiendomsreg bemagtig eienaars om kontrakte met besighede te onderhandel wat
die gebied se hulpbronne wil ontgin
Bevel en beheer
• Die regering neem soms direkte beheer om die omgewing te onderhou
• Dit behels dat die regering minimum aanvaarbare vlakke van omgewingskwaliteit
en maksimum toegelate vlakke van uitlaatgasse of hulpbrongebruik stel
• Inspekteurs monitor die aktiwiteite en lê boetes op indien die vasgestelde vlakke
nie nagekom word nie
• Daar is drie benaderings tot die ontwerp van bevel- en beheerstelsels:
o Hoeveelheidstandaarde wat fokus op hoeveelhede besoedeling wat
veroorsaak word, bv. gasvrystellings
o Gehaltestandaarde wat op omgewingsimpak fokus, byvoorbeeld standaarde
word gestel vir lug- en watersuiwerheid
o Sosiale impakstandaarde wat fokus op die negatiewe effek op mense
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
Hef omgewingsbelasting
• Dit is belasting wat deur die regering gehef word om die omgewing teen mense en
besighede te beskerm
• Dit kan op die uitset of verbruik van ʼn goed afgedwing word waar eksterne
omgewingskoste ookal gegenereer word
• Dit staan ook as groenbelastings bekend, bv. belasting op bande
• Dit sal as ʼn aansporing vir produsente dien om besoedeling te verminder
• Die doel van groenbelasting is om te verseker dat besoedelaars die koste dra
• Omgewingsbelasting (groenbelasting) kan by die koste van goedere en dienste
gevoeg word vir die negatiewe impak wat dit op die omgewing het
• Belasting kan op petrol, papier, vrystelling van gasse ens., gehef word
• In 2003 het die regering die gebruik van bio-afbreekbare plastieksakke wat
verbruikers voor moes betaal deur wetgewing afdwing
• Die hoop is dat hulle minder sakke sal gebruik en rommelvrye omgewing sal
verseker
Betaal omgewingsubsidies
• Subsidies kan toegeken word aan besighede wat bereid is om besoedeling en
afval te verminder, wat hulle aanmoedig om omgewingsvriendelike maniere van
produksie te gebruik
• Subsidies kan vir die ontwikkeling van nuwe tegnologie of toerusting wees (bv.
sonenergie, verminder rook), omgewingsvriendelike substitute (bv. loodvrye petrol)
herwinning van afval (bv. bottels, blikkies, karton, ens.)
• Emissiegasse van fabrieke kan verminder word deur nuwe tegnologie te
gebruik
Reik bemarkbare permitte uit
• Die regering bepaal eers die hoeveelheid besoedeling wat elke firma in die gebied
toegelaat word om te skep
• Dan kan die regering dalk vir die besoedeling hef en kan ʼn belasting verhoog om
daarvoor te betaal
• Bemarkbare permitte/lisensies word aan die besighede verkoop wat hulle in staat
stel om tot ʼn sekere mate te besoedel
• Indien firma meer wil besoedel as wat dit toegewys is, kan dit sekere permitte
koop van daardie firmas in die area wat minder gebruik as hul toekennings
• Die permitte word verkoop teen pryse wat deur vraag en aanbod op die mark
bepaal word
• Die doel van bemarkbare permitte is om firmas aan te moedig om tegnologieë te
vind wat besoedeling verminder
• Emissieheffing is gebaseer op die hoeveelheid en/of inhoud van
besoedelingstowwe wat in die omgewing vrygestel word
• Hoe meer besoedeling die firma skep, hoe meer betaal hy aan emissie-
heffings
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V2 19
Onderwys
• Die regering moet opvoedkundige veldtogte hê om bewustheid oor
omgewingsagteruitgang en die gevolge daarvan te skep
• Die insluiting van onderwerpe oor omgewingsvolhoubaarheid in die
skoolkurrikulum bevorder bewustheid
• Onderrig maak mense bewus van die impak van hul optrede op die
omgewing
• Greening the Nation-program is ʼn program wat daarop gemik is om bewustheid
onder leerders en gemeenskapslede te skep van die behoefte om bome te plant
om teen aardverwarming te help
Vrywillige ooreenkomste
• Dit is ooreenkomste tussen die regering en besighede vrywillig om negatiewe
omgewingsimpakte van nywerhede aan te spreek
• Besighede verkies meestal onderhandelinge sodat hulle hul spesifieke behoeftes
kan pasmaak en dit by hul beplanning kan insluit
• Ooreenkomste kan formeel wees, wat wetlik bindend kontrak of informeel
is.
• Regering en besighede kom bymekaar en maak formele ooreenkomste om
besoedeling te verminder sonder om drastiese maatreëls soos om wette en
regulasies in te stel, te gebruik
• Besighede verkies vrywillige ooreenkomste omdat dit by hul omstandighede
pas
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 26)
ADDISIONELE DEEL
Verbruikers kan bydra deur:
• herwinning van afvalmateriaal om besoedeling en klimaatsverandering te
verminder
• vermy die verbranding van fossielbrandstof en veldbrande
• loodvrye petrol gebruik
• vermy rommelstrooiing, maak eerder gebruik van dromme vir afval-
materiaal
• betrokke te wees by skoonmaakveldtogte in hul gemeenskappe
• die gebruik van omgewingsvriendelike en energiebesparende goedere, bv.
fluoresserende gloeilampe, sonkrag-geisers
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Maksimum 2 punte vir blote lys van feite en voorbeelde.) (Maks. 10)
SLOT
Ten spyte van maatreëls wat deur die regering getref is om die omgewing te
onderhou, is dit belangrik dat alle deelnemers in die ekonomie hande vat en
maatreëls op ʼn morele grondslag tref om omgewingsbesoedeling en-agteruitgang te
verminder.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 2) (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper