Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
EKONOMIE V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 




%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo (Afr)
Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 870.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape November 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A finale goedere en dienste
1.1.2 D regering
1.1.3 B elektrisiteit
1.1.4 A per kapita inkomste
1.1.5 C het slegs waarde omdat dit algemeen as ʼn ruilmiddel
aanvaar word
1.1.6 C monetêre beleid van die SARB
1.1.7 B Nasionale paaie
1.1.8 A ontwikkelde (8 x 2) (16)
1.2 PAS-ITEMS
1.2.1 D die huidige prys waarteen ʼn item of diens gekoop of
verkoop mag word
1.2.2 F onderwys, gesondheid en welsyn
1.2.3 A dienste soos vervoer en kommunikasie
1.2.4 G dienste soos regs-, mediese en finansiële dienste
1.2.5 H ekonomiese aggregate
1.2.6 I beweeg agteruit na ʼn minder ontwikkelde land
1.2.7 E ’n beleid wat daarop gemik is om die eienaarskap van
landbougrond van swartmense in die ekonomie te
verhoog
1.2.8 B die grootste bedreiging vir werkers se gesondheid in
Suid-Afrika (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 3
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Salaris
1.3.2 Nie-duursaam
1.3.3 Kapitaalverdieping
1.3.4 Inheemse kennis
1.3.5 Rentekoers
1.3.6 Bruto Binnelandse Produk teen markpryse (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE groepe gemarginaliseerde mense in die
ekonomie.
• Arm landelike gemeenskappe
• Die gestremdes
• Vroue
• Die bejaardes
• Vlugtelinge
• Skoolverlaterende jeug (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom word intermediêre goedere en dienste uitgesluit
wanneer die waarde van BBP bereken word?
• Hulle word uitgesluit aangesien die tel daarvan tot
dubbeltelling sal lei.
• Om akkuraatheid van die syfers te verseker.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Noem enige ander deelnemer in ʼn oop ekonomie.
• Regering
• Buitelandse sektor (Enige 1 x 1) (1)
2.2.2 Dui die vloei aan wat deur goedere en dienste
verteenwoordig word.
• Reële/Werklike vloei (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese kringloop.
• ʼn Deurlopende vloei van besteding, produksie en inkomste
tussen verskillende ekonomiese deelnemers.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 5
2.2.4 Verduidelik die interaksie tussen huishoudings en firmas.
• Huishoudings verkoop hul produksiefaktore aan die firmas en
kry ʼn inkomste in ruil daarvoor
• Firmas produseer goedere en dienste wat hulle aan
huishoudings verkoop en in ruil daarvoor verdien hulle ʼn
wins.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
2.2.5 Hoe kan die sakesektor meer positief tot die ekonomie bydra?
Die sakesektor kan meer positief bydra deur:
• meer te belê in arbeidsintensiewe projekte met die
fokus op die vaardigheidsontwikkeling van werkers
• herbelegging van hul winste in bruto
kapitaalvormingsprogramme
• om hul besigheidsbedrywighede te diversifiseer
deur ʼn gedifferensieerde produk in te bring
• ondersteuning van Suid-Afrikaanse besighede in terme van
die verkryging van grondstowwe en die verhoging van die
markaandeel vir Suid-Afrikaanse vervaardigde goedere en
dienste plaaslik en in die buiteland.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(Enige 2 x 2) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Noem ʼn voorbeeld van ʼn nie-hernubare hulpbron.
• Goud
• Diamante
• Fossielbrandstof
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(Enige 1 x 1) (1)
2.3.2 Wat is die belangrikheid van natuurlike hulpbronne vir die
ekonomie?
• Hulle vorm die basis van produksie in die primêre sektor/dit
dien as ʼn bron van voedsel
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(Enige 1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
2.3.3 Beskryf kortliks die term natuurlike hulpbron.
• Alle middele wat deur die natuur beskikbaar gestel word om
as insette in die produksieproses gebruik te word.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2)
2.3.4 Verduidelik die verband tussen skaarste aan grond en huur.
• As grond skaars is, sal die huur hoog wees en as grond
redelik beskikbaar is, sal die huur laer wees.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2)
2.3.5 Teken die grafiek oor in jou ANTWOORDEBOEK en wys wat
met die prys van grond (huur) sal gebeur as daar ʼn toename
in die vraag na grond is.
• 1 punt vir asse
• 1 punt vir A
• 1 punt vir verskuiwing van VV to V1V1
• 2 punte vir Ekonomiese huur
• (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 7
2.4 Bespreek die kenmerke van ʼn markekonomie.
• Die markkragte van vraag en aanbod bepaal wat, hoe en vir wie om te
produseer.
• Pryse dien as seine/aanduidings in die vrye mark om tekorte en
surplusse te voorkom
• Die individu kan op eie inisiatief optree en het vryheid van keuse met
betrekking tot alle ekonomiese keuses.
• Die meeste van die produksiefaktore is in private besit en beheer.
• Besluitneming is gedesentraliseerd
• ʼn Markekonomie is onderhewig aan voortdurende besigheids-
skommelinge
• Markekonomieë is onderhewig aan markmislukkings.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (8)
2.5 Hoe verseker Swart Ekonomiese Bemagtiging gemeenskaps-
deelname in Suid-Afrika?
SEB verseker gemeenskapsdeelname in Suid-Afrika deur:
• poog om rykdom so wyd as moontlik deur gemeenskappe te versprei
deur ekonomiese bemagtiging van voorheen benadeelde groepe.
• die verskaffing van toegang vir klein- en medium-ondernemings tot
die markte.
• om swart eienaars van ondernemings en openbare ondernemings,
asook groot ondernemings, te betrek sodat hulle by alle
besluitneming ingesluit word.
• ondersteuning van swart besighede sodat swartmense ʼn groter rol in
die ekonomie kan speel.
• toegang tot die aandelebeurs vir swart eienaars toe te laat.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite en
voorbeelde.)
(8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE komponente van die monetêre stelsel in
Suid-Afrika.
• Nasionale tesourie
• Suid-Afrikaanse Reserwebank
• Finansiële instellings (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe verskil rykdom van inkomste?
• Rykdom bestaan uit eiendom, voertuie en toerusting wat op
ʼn spesifieke tydstip besit word.
• Inkomste is die beloning wat eienaars van produksiefaktore
ontvang vir die gebruik daarvan in die produksieproses.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Noem die indeks wat die persentasie van die bevolking beskryf
wat onder die armoedegrensinkomste leef.
Koptelling-indeks (1)
3.2.2 Dui aan wat ʼn Gini-koëffisiënt van een beteken.
Volmaakte inkomste-ongelykheid / mees onregverdige
verdeling (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term Gini-koëffisiënt.
Die Gini-koëffisiënt is ʼn maatstaf vir die verspreiding van inkomste
oor ʼn bevolking / ʼn Statistiese maatstaf wat gebruik word om die
ongelykheid van inkomsteverdeling uit te druk.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.4 Verduidelik die verband tussen die Lorenz-kromme en die Gini-
koëffisiënt.
• Hoe verder die Lorenz-kromme weg is van die lyn van
gelykheid, hoe hoër sal die Gini-koëffisiënt wees
• Hoe nader die Lorenz-kromme aan die gelykheidslyn is,
hoe laer sal die Gini-koëffisiënt wees.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 9
3.2.5 Hoe kan die regering ongelykheid in inkomsteverspreiding
verminder?
Die regering kan ongelykheid van inkomsteverdeling verminder deur:
• Verhoog die minimum loon tot ʼn lewende loon
• Belegging in onderwys
• Gebruik ʼn progressiewe belasting- en voordelestelsel wat
proporsioneel meer belasting neem van diegene op hoër vlakke
van inkomste, en herverdeel welsynsvoordele aan diegene met
laer inkomste.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Noem enige funksie van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
• Regering se bankier
• Bank van uitreiking
• Bankier se bank
• Bewaarder van goud en buitelandse valutareserwes
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x
1) (1)
3.3.2 Noem die inflasie-teikengebied in Suid-Afrika.
• 3–6%
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term terugkoop (repo)koers.
• Repokoers is die koers waarteen die sentrale bank van ʼn land
geld aan kommersiële banke leen in die geval van enige tekort
aan fondse.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.4 Verduidelik die rol van die SARB wanneer bankmislukking
plaasvind.
• SARB gryp in om ʼn verlies aan vertroue in die banksektor
te voorkom.
• Die SARB waarborg dat deposante nie die geld wat hulle in ʼn
geregistreerde bank inbetaal het, sal verloor nie.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
3.3.5 Hoe kan Suid-Afrika se monetêre beleid tot ʼn hoër ekonomiese
groeikoers bydra?
Dit kan bydra deur:
• handhawing van lae en stabiele inflasie
• stimulering van totale vraag met lae rentekoerse
• verlaging van rentekoerse, wat die koste van lenings verlaag, lei
tot hoër beleggingsaktiwiteit en die aankoop van duursame
verbruikersgoedere
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks ruilmiddel en rekeneenheid as funksies van geld.
Ruilmiddel
• Die primêre funksie van geld is aanvaarding as betaling vir goedere en
dienste
• Goedere word vir geld geruil wat omruiling baie makliker maak
• Voordat mense geld as ruilmiddel gebruik het, moes hulle ruilhandel
doen.
• Geld oorkom die tekortkominge van ruilhandel.
• Geld olie die meganisme van ruil en veroorsaak dat die ekonomie meer
produktief is. (Enige 2 x 2)
Geld as ʼn rekeneenheid
• Geld word gebruik om die relatiewe waarde/waarde van ʼn goedere en
dienste te meet.
• Dit word gebruik as die standaard eenheidseenheid om die pryse van alle
items aan te dui
• As ʼn eenheid van bedrag/maat, stel geld mense in staat om onmiddellik
die waarde van produkte te ken
• Dit maak dit maklik om die waarde van goed volgens hul pryse te vergelyk
en ekonomiese berekeninge te doen.
• Ons gebruik geld om die relatiewe waarde van die produksiefaktore,
goedere en dienste te meet. (Enige 2 x 2) (8)
3.5 Ontleed die voordele van mikro-finansiering in die ekonomie.
• Toegang tot noodsaaklike finansiële dienste bemagtig individue ekonomies
en sosiaal
• Dit skep selfstandigheid en ekonomiese volhoubaarheid in arm
gemeenskappe waar werksgeleenthede met salarisse skaars is.
• Klein lenings stel entrepreneurs in staat om mikro, klein en medium
ondernemings te begin of uit te brei.
• Entrepreneurs wat suksesvolle besighede skep, skep op hul beurt werk,
handel en algehele ekonomiese verbetering binne ʼn gemeenskap.
• Vir sake-eienaars is mikrolenings ʼn manier om toegang tot fondse te kry,
selfs met geen kredietgeskiedenis of ʼn swak krediettelling nie.
• Mikro-finansiering kan vroue help om die siklus van armoede te breek.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE bronne van rykdom.
• Spaargeld
• Erfenis
• Entrepreneuriese aktiwiteite
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe sal ʼn verhoging in rentekoerse verbruikersbesteding
beïnvloed?
ʼn Verhoging in rentekoerse sal tot gevolg hê:
• die handelsbanke verhoog ook die prima uitleenkoers
• ʼn hoë primakoers wat mense ontmoedig om meer te
leen.
• dalende hoeveelheid geld wat beskikbaar vir besteding is.
• besteding aan goedere en dienste neem ook af .
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Enige1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Noem ʼn voorbeeld van kapitaalgoedere.
• Masjiene
• Toerusting
• Gereedskap
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Enige 1 x 1) (1)
4.2.2 Dui die vergoeding vir kapitaal aan.
Deur rente (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term kapitaalvorming.
• Kapitaalvorming verwys na ʼn proses waardeur kapitaal-
goedere geproduseer of aangekoop word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
4.2.4 Skets die belangrikheid van spaargeld wat belangrik vir die
skepping van kapitaalgoedere is.
• Die fondse wat benodig word vir die produksie of aankoop
van kapitaalgoedere word uit spaargeld verkry.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
4.2.5 Waarom is kapitaalvorming belangrik vir die Suid-Afrikaanse
ekonomie?
• Kapitaalgoedere verhoog die doeltreffendheid van arbeid en
verhoog al die ekonomiese aktiwiteite
• Verhoog die land se vermoë om rykdom te produseer
• Wanneer die voorraad vaste kapitaal in ʼn land groei teen ʼn
tempo wat groter is as die groeikoers van die arbeidsmag, sal dit
tot ʼn toename in reële BBP lei.
• Skep werk/werksgeleenthede
• Toon hoeveel van die nuwe waardetoevoeging in die ekonomie
eerder belê as verbruik word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer die tydperk waarin groei in reële BBP die laagste is.
2de kwartaal van 2020/2020
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
4.3.2 Noem ʼn ekonomiese aanwyser wat gebruik word om ekonomiese
groei te meet.
• Reële BBP (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.
• Dit is ʼn toename in die produksievermoë van ʼn land.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
4.3.4 Verduidelik faktore wat tot verhoogde ekonomiese groei kan lei.
• ʼn Toename in kapitaalinvestering
• Verhoogde arbeidsproduktiwiteit
• Verbetering in tegnologie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
4.3.5 Waarom ervaar Suid-Afrika lae ekonomiese groeikoersvlakke?
Suid-Afrika ervaar lae ekonomiese groeivlakke as gevolg van:
• die oorwaardering en wisselvalligheid van Suid-Afrika se
geldeenheid
• ʼn onvoldoende nasionale infrastruktuur
• tekort aan geskoolde arbeid
• hindernisse tot toetrede, beperkinge op mededinging en beperkte
nuwe beleggingsgeleenthede
• tekortkominge in staatsorganisasie, kapasiteit en leierskap
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 13
4.4 Bespreek kredietkaarte en elektroniese fondsoorplasings as maniere
om betalings te maak.
Kredietkaarte
• ʼn Kredietkaart stel die kaarthouer in staat om produkte op krediet te
koop.
• ʼn Mens het nie geld in sy/haar rekening nodig om met ʼn kredietkaart te
betaal nie.
• ʼn Kredietkaart het ʼn vaste kredietlimiet
• Elke maand moet die kaarthouer ʼn sekere bedrag deponeer om die
skuld te delg.
• Voorbeelde sluit in bankkredietkaarte soos Visa- en Master-kaarte,
handelaars kredietkaarte soos Makro of Woolworths. (Enige 2 x 2)
Elektroniese fondsoorplasings
• Een van die nuutste vorme van betaling.
• Geld word elektronies van een rekening na ʼn ander oorgeplaas deur
die internet te gebruik.
• Hierdie betalings staan ook as EFT-betalings bekend.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (8)
4.5 Evalueer die Suid-Afrikaanse regering se doeltreffendheid in die
lewering van sosio-ekonomiese dienste.
POSITIEWE
• Voorsiening van gratis basiese onderwys en die maak van dit as ʼn
prioriteit deur vroeë kinderontwikkeling om te verseker dat alle kinders
toegang tot onderwys kry.
• Voorsiening van gratis gesondheidsorg deur sy openbare
gesondheidsklinieke en hospitale wat toeganklik vir alle burgers is.
• Voorsiening van maatskaplike toelae-voordeel aan miljoene arm Suid-
Afrikaners.
• Voorsiening van voedingsetes aan baie openbare skole in die land.
• Baie huishoudings het elektrisiteit geïnstalleer en het toegang tot skoon
water en sanitasie.
• Huise was vir miljoene gesinne gebou.
• Die regering het aansienlike pogings aangewend om werk te skep deur
sy Uitgebreide Openbare Werke-program (EPWP).
• Daar was pogings om landbou en voedselsekerheid in landelike
gebiede te bevorder deur verskillende projekte deur die Departement
van Landbou.
NEGATIEWE
• Die aantal mense wat werkloos is, het die afgelope jare toegeneem
• Korrupsie het dienslewering in die land belemmer
• Die swak toestand van gesondheidsorgsentrums met groot tekorte.
• Toename in armoedevlakke namate meer mense hulself sonder werk
bevind.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING C
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
• Bespreek in detail die ekonomiese belangrikheid van die primêre sektor.
(26 punte)
• Ontleed die negatiewe impak van die wêreldwye pandemie (Covid-19)
op die ekonomiese struktuur in Suid-Afrika. (10 punte)
INLEIDING
• Die primêre sektor (primêre industrie) bestaan uit ekonomiese aktiwiteite wat
gebaseer is op natuurlike hulpbronne wat van die aarde af kom, bv. mynbou,
boerdery, bosbou en visvang.
(Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.) (2)
HOOFGEDEELTE
Voorsien voedsel en minerale
• Die landbousektor produseer ʼn wye reeks produkte.
• Suid-Afrika is nie selfvoorsienend nie en daarom word sommige
landbouprodukte ingevoer.
• Mynbou was die dryfkrag agter die geskiedenis en ontwikkeling van die Suid-
Afrika se ekonomie.
• Suid-Afrika is byna selfstandig in minerale behalwe vir ru-olie en ander
olieprodukte wat ingevoer moet word.
Verdien buitelandse valuta
• Suid-Afrika verdien buitelandse inkomste deur primêre sektor produkte soos
vrugte, neute, graan en verskeie minerale uit te voer.
• Die buitelandse valuta wat verdien word, word gebruik om vir nodige invoere
soos olie te betaal.
• Suid-Afrika is een van die grootste en mees diverse mineraalprodusente en
voer ʼn verskeidenheid minerale uit.
Lei werkers op en skep werksgeleenthede
• Werkers moet opgelei word om die masjinerie te gebruik
• Werksgeleenthede word in die mynbedryf geskep
• Landbou is ʼn belangrike werkgewer vir landelike mense, hoewel die getalle
die afgelope paar jaar afgeneem het
Voorsiening van grondstowwe vir sekondêre nywerhede
• Landbou, visvang, bosbou en mynbou speel ʼn belangrike rol in die
ontwikkeling en vestiging van vervaardigingsbedrywe in Suid-Afrika.
• Inmaak fabrieke is voorbeelde van nywerhede wat gestig is om grondstowwe
soos vrugte te verwerk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 15
Bydrae tot BBP
• Ten spyte van die afname in die bydrae van die landbousektor tot die BBP,
speel dit steeds ʼn belangrike rol in die verskaffing van werksgeleenthede
• Die sektor lok steeds aansienlike buitelandse beleggings na die land.
Bron van kapitaalvorming
• Beide landbou- en mynboubedrywe benodig baie kapitaalgoedere in die
produksieproses.
• Buitelandse investering speel ʼn baie belangrike rol in die groei van hierdie
bedrywe.
• Kapitaalvorming in die landbousektor groei bestendig as gevolg van hoë
kommoditeitspryse.
Stimulering van navorsing en ontwikkeling
• In die primêre sektor is daar navorsings instellings wat navorsing doen oor
metodes om produktiwiteit en kwaliteit te bevorder
• Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) en die Wetenskaplike en
Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) is voorbeelde van sulke instellings.
(Maks.) (26)
ADDISIONELE DEEL
• Al drie sektore en hul werkers is negatief deur die pandemie geraak.
• Die sektore en werkers wat die meeste deur die COVID-19-pandemie geraak
is, was die mynbou-/mineraalsektore, die konstruksiesektor, die
vervoersektor en meeste van die dienstesektore soos kleinhandel en
verblyf.
• Verminderde ekonomiese aktiwiteite het tot verminderde vraag na arbeid en
kapitaal gelei.
• Dit het op sy beurt gelei tot verminderde inkomste vir alle deelnemers aan die
ekonomie.
• Huishoudings wat van ongeskoolde arbeidsinkomste afhanklik is, het die
meeste gely omdat hierdie werkers die meeste ná die ineenstorting ingeperk
was.
• Mynbou en minerale is geraak deur die inperking sowel as die daling in die
mineraalpryse op die wêreldmark.
• Daar was ʼn afname in BBP-groei wat grootliks te wyte was aan die daling in
ekonomiese aktiwiteit tesame met wydverspreide ontwrigtings in beide
internasionale en binnelandse voorsieningskettings.
• Laer BBP-groei en toenemende werkloosheid lei tot stygende werkloosheid-
en armoedekoerse.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks.) (10)
SLOT
Terwyl die land probeer om beheer oor die pandemie te kry, is dit belangrik vir die
regering om kwesbare bevolkings (vroue) te beskerm, kwesbare sektore en
eksterne handelsdiversifikasie te ondersteun.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde gevolgtrekking.)
(Maks.) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 6
• Bespreek in detail die kenmerke van ontwikkelende lande. (26 punte)
• Hoe beoog die Nasionale Ontwikkelingsplan om ekonomiese groei en
ontwikkeling in Suid-Afrika te verhoog? (10 punte)
INLEIDING
Die drie belangrikste kenmerke van ontwikkelende lande is – Lae reële inkomste
per capita. Hoë bevolkingsgroeikoers/grootte. Hoë werkloosheidsyfers. (2)
(Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.)
HOOFGEDEELTE
Lae lewenstandaard
• Lae lewenstandaarde hou ook met lae vlakke van onderwys verband.
• Die vlak en doeltreffendheid van onderwys word deur die volwasse
geletterdheidsyfer uitgedruk.
• Dit is ʼn persentasie mense van 15 jaar en ouer wat kan lees, skryf en
praat.
• Geletterdheidsyfers in ontwikkelende lande is laag in vergelyking met dié in
ontwikkelde lande.
• Onderwystekorte en die apartheids nalatenskap het ernstige
vaardigheidstekorte in Suid-Afrika veroorsaak.
• Die belangrikste manier om armoede vir individue te ontsnap, is onderwys.
• ʼn Verbeterde onderwysstelsel is nodig om die ekonomie as ʼn geheel te laat
groei
Lae vlakke van produktiwiteit
• Produktiwiteit is noodsaaklik vir ʼn nasie se ontwikkeling en sy inwoners se
welsyn.
• Die lae vlakke van arbeidsproduktiwiteit in die meeste ontwikkelende lande
word deur ʼn gebrek aan kapitaalbeleggings, lae onderwysstandaarde en
ervare bestuur veroorsaak.
Hoë bevolkingsgroei en afhanklikheidslaste
• Ontwikkelende lande het gewoonlik ʼn hoë bevolkingsgroei as gevolg van baie
hoë geboortesyfers.
• ʼn Hoë bevolkingsgroeikoers veroorsaak ʼn aantal probleme soos werkloosheid,
druk op behuising, onderwys en gesondheidsdienste.
• Die arbeidsmag in ontwikkelende lande moet byna twee keer soveel kinders
en bejaardes as in ryker lande onderhou.
• Die hoë geboortesyfers verander in hoë afhanklikheidsverhoudings.
• Kinders en bejaardes moet deur ʼn land se arbeidsmag ondersteun word .
Hoë vlakke van werkloosheid
• ʼn Land met ʼn hoë bevolkingsgroeikoers en lae vlakke van ekonomiese groei
sal nie genoeg werksgeleenthede kan verskaf nie.
• Arbeid word ook onderbenut in ontwikkelende lande in vergelyking met
ontwikkelde lande.
• Meer werksgeleenthede moet geskep word om die vinnige bevolkingsgroei te
akkommodeer – ʼn doelwit wat gewoonlik nie bereik word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) EKONOMIE V1 17
Afhanklikheid van die primêre sektor
• Meeste van die mense in ontwikkelende lande woon en werk in landelike
gebiede.
• Hulle is baie afhanklik van bestaansboerdery vir ʼn bestaan.
• Hierdie lande is afhanklik van die uitvoer van hul primêre produkte.
• Arm lande kry minder vir hul uitvoere en moet meer vir hul invoere betaal.
Gebrek aan infrastruktuur
• In die meeste ontwikkelende lande is infrastruktuur dikwels gebrekkig of dit
word swak geonderhoud.
• Swak infrastruktuur beperk ekonomiese groei aangesien daar swak toegang
tot markte is.
• Infrastruktuur speel ʼn belangrike rol in die verbetering van mededingendheid
en die fasilitering van internasionale handel (Maks.) (26)
ADDISIONELE DEEL
• Verbetering van arbeiders se vaardighede deur middel van beter onderwys
en opleiding
• Verbetering van die funksionering van vraag en aanbod in die arbeids-
mark
• Stimulering van uitvoere waar Suid-Afrika ʼn vergelykende voordeel het bv.
mynbou en toerisme
• Groeiende belegging in sosiale en ekonomiese infrastruktuur
• Verhoog produktiwiteit deur meer mense ʼn geleentheid te gee om aan die
ekonomie deel te neem.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (10)
SLOT
Die koronavirus (COVID-19) pandemie en die ekonomiese stilstand is ʼn ernstige
knou vir die wêreldekonomie en veral armer lande.
(Aanvaar enige korrekte hoërorde gevolgtrekking.) (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper