Skip to content

Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 11201918 pages

Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng November 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 1 GP/November 2019 Nasienriglyne GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2019 GRAAD 11 EKONOMIE VRAESTEL 2 NASIENRIGLYNE 18 bladsye Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 2 GP/November 2019 Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B ✓✓ (inkomste) 1.1.2 C ✓✓ (oneffektiewe allokering van hulpbronne is) 1.1.3 A ✓✓ (veranderlike koste te deel deur die aantal eenhede geproduseer) 1.1.4 B ✓✓ (komplementêre) 1.1.5 D ✓✓ (IMF) 1.1.6 A ✓✓ (vrye beweging van goedere en dienste) 1.1.7 D ✓✓ (maatskaplike toelaes) 1.1.8 B ✓✓ (Ultravioletstrale) (8 x 2) (16) 1.2 PAS-ITEMS 1.2.1 F ✓ (In staat om die markprys te beïnvloed deur die hoeveelheid beskikbaar aan die mark te verander) 1.2.2 D✓ (Versperrings tot marktoetrede) 1.2.3 G✓ (Maak soveel wins as moontlik) 1.2.4 E✓ (Periode wat lank genoeg is sodat die insette verander kan word) 1.2.5 B✓ (ʼn Lae bevolkingsdigtheid en baie van die grond is aan landbou toegewy) 1.2.6 C ✓ (Kom voor wanneer ʼn land meer van ʼn produk kan produseer as ʼn ander land wat dieselfde hoeveelheid hulpbronne gebruik) 1.2.7 H ✓ (Uitlaatgasse en klimaatsverandering) 1.2.8 I ✓ (Mense gee om vir flora en fauna indien hulle regte gegee word om dit te besit) (8 x 1) (8) 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Kruiselinge elastisiteit ✓ 1.3.2 Relatiewe prys ✓. 1.3.3 Monopolistiese mededinging ✓ 1.3.4 Volhoubaarheid / Omgewingsvolhoubaarheid ✓ 1.3.5 Invoervervanging ✓ 1.3.6 Verstedeliking ✓ (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 3 GP/November 2019 Nasienriglyne AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE monopolistiese nywerhede in Suid-Afrika. Eskom✓ / Rand Water✓ / enige ander relevante antwoord ✓ (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe het skaarsheid ʼn impak op totale nut? Die individu moet kies watter goedere en dienste moet gekoop word met hulle beperkte hulpbronne om maksimum bevredigend te kry. ✓✓ (1 x 2) (2) 2.2 2.2.1 Hoe word monopolieë beskerm? • Deur wetgewing ✓✓ • Versperring soos ʼn patent ✓✓ (2) 2.2.2 Identifiseer TWEE van die drie staatsmonopolieë geïmpliseer in die uittreksel • SAL ✓ • Eskom ✓ • Transnet ✓ (Enige 2 x 1) (2) 2.2.3 Verduidelik die rol van ʼn monopolie as prysmaker Die monopolis word beskou as ʼn prysmaker omdat dit in staat is om die markprys te beïnvloed deur die hoeveelheid beskikbaar aan die mark te verander. ✓✓ (Enige ander relevante antwoord) (2) 2.2.4 Waarom dink jy behoort Suid-Afrika die monopolieë in die bogenoemde uittreksel te beëindig? • Ondepresteerders: Belastinggelde word aangewend om hierdie monopolieë se onderprestasie teen te werk.✓✓ • Geen plaasvervangers: Die verbruiker word met geen ander keuse gelaat nie aangesien hulle die enigste verskaffers van hierdie spesifieke dienste / produkte is. ✓✓ • Beperkte mededinging: Meer mededinging sal lei tot meer doeltreffendheid en billiker pryse. ✓✓ • Beperkte toegang: Toegang tot die mark vir alternatiewe mededinging word versper. ✓✓ (Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 4 GP/November 2019 Nasienriglyne 2.3 2.3.1 Waarvoor staan die afkorting TveK? Totale Veranderlike Koste ✓ (1) 2.3.2 Hoekom is die TVK-kurwe horisontaal? • Totale Vaste Koste bly konstant. ✓ • Totale Vaste Koste is ʼn vaste bedrag en nie gekoppel aan die produksie of uitsette nie. ✓ (Enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 2.3.3 Gee die formule vir totale koste soos gesien in die grafiek hier bo. Totale Koste = Vaste Koste + Veranderlike Koste ✓✓ (2) 2.3.4 Verduidelik die term korttermyn in terme van vaste en veranderlike insette. • Die korttermyn is die produksietydperk waartydens slegs die veranderlike produksiefaktore kan verander, terwyl vaste insette konstant bly. Die tydperk is te kort vir vaste insette om te verander.✓✓ • ʼn Periode waar sommige vaste produksiefaktore nie kan verander nie. ✓✓ (2) 2.3.5 Wat behels die marginale koste van ʼn besigheid? • Die verhoging in totale koste wanneer een addisionele eenheid geproduseer word. ✓✓ • Die verandering in totale koste, as gevolg van ʼn verandering in die hoeveelheid uitsette geproduseer deur ʼn firma. ✓✓ • As jy die marginale koste ken, sal jy weet hoeveel dit kos om ʼn addisionele eenheid te produseer. ✓✓ • Marginale koste moet bereken word en saam met marginale inkomste bepaal dit die winsmaksimeringspunt van ʼn besigheid. ✓✓ (Enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek nie-prysmetodes om markaandeel te verhoog. • Om lojaliteit aan ʼn handelsnaam te skep ✓✓ • Om langer winkel- en sake-ure te hê ✓✓ • Om sake oor die internet te doen (bankdienste en inkopies) ✓✓ • Om goeie naverkoopdienste te verskaf ✓✓ • Om bykomende dienste te verskaf (soos gratis reisversekering deur banke) ✓✓ • Om klante te beloon vir lojaliteit ✓✓ • Om deur-tot-deur-aflewering aan te bied ✓✓ (Enige 4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 5 GP/November 2019 Nasienriglyne 2.5 Watter redes sal jy verskaf vir die reaksie van verbruikers tot prysveranderinge? • Die beskikbaarheid van substitute – hoe groter die hoeveelheid plaasvervangers is en hoe nader die substitute aan mekaar is, hoe makliker is dit vir huishoudings om alternatiewe goedere te begin gebruik. ✓✓ • Die tydperk wat ter sprake is – Huishoudings het tyd om aan te pas by prysveranderinge deur hulle gedrag op die lang termyn te verander; hoe langer prysverhogings bly voortduur hoe meer sal verbruikers hul vraag na die produk aanpas. ✓✓ • Die mate van noodsaaklikheid of luuksheid van die produk – Goedere wat huishoudings as noodsaaklik beskou, is geneig om meer prysonelasties te wees. ✓✓ • Die proporsie van inkomste wat aan die produk gespandeer word – Hoe kleiner die proporsie van inkomste is wat aan ʼn produk gespandeer word, hoe meer prysonelasties sal die vraag na die produk wees. ✓✓ (4 x 2) (8) [40] VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem twee aanwysers wat gebruik word om armoede te meet. • Koopkragpariteit ✓ • Koste van basiese behoeftes-metode ✓ • Kos-energie inname metode ✓ (Enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2) 3.1.2 Waarom is dit voordelig vir ʼn land om by vryhandel betrokke te raak? Dit bevorder internasionale handel ✓ en bevorder ook direkte buitelandse beleggings. ✓ (Enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 3.2.1 Waar kry die regering die fondse om maatskaplike toelaes te betaal? Uit belastinginkomste ✓ (Enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 3.2.2 Hoe beïnvloed die betaling van maatskaplike toelaes die arm mense? Dit verhoog hul lewenstandaard ✓ / stel hulle in staat om in basiese behoeftes te voorsien ✓ (Enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term absolute armoede. Gebrek aan basiese menslike behoeftes soos kos, skuiling en skoon water. ✓✓(Enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 6 GP/November 2019 Nasienriglyne 3.2.4 Identifiseer TWEE pogings deur die regering om armoede in Suid-Afrika te verlig. • Die regering het met die volgende strategieë vorendag gekom: HOP, GEAR, ASGISA, Nuwe Groeipad. ✓ • Die regering kan werk skep. ✓ • Die regering kan maatskaplike toelaes gee. ✓ • Die regering kan mense oplei en vaardighede leer. ✓ • Die regering kan die prys van basiese goedere vasstel. ✓ • Die regering kan sekere dienste gratis verrig. ✓ • Toegang tot basiese dienste.✓ • Werkskeppingsprogramme en inkomste hulp.✓ • Verandering van arbeidswetgewing. ✓ (Enige ander korrekte relevante antwoord) (Enige 2 x 1) (2) 3.2.5 Hoe kan oneffektiewe beleide / regeringspogings tot armoede lei? • Slegte owerheidsbeleide kan armoede vererger in plaas van verbeter. ✓✓ • Diskriminasie teen sekere etniese groepe mag voorkom as gevolg van ʼn ander groep in beheer van die owerheid en dit kan lei tot armoede onder sekere groepe in die samelewing. ✓✓ • Soms kan ʼn beleid onwetend gevolge hê, byvoorbeeld grondhervorming kan daartoe lei dat grond aan onbevoegde boere gegee word. ✓✓ • Korrupsie kan lei tot slegte owerheidsoptrede, waar projekte ingestel word, nie op grond van die goeie uitkomste vir die bevolking nie, maar as gevolg van omkoopgeld. ✓✓ (2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 Identifiseer TWEE omgewingskwessies (probleme) wat uit die strokiesprent afgelei kan word. • Klimaatsverandering ✓ • Verlies van biodiversiteit ✓ • Energiekrisis ✓ • Oorbenutting van natuurlike hulpbronne ✓ • Agteruitgang van grond ✓ • Oorbevolking ✓ • Besoedeling ✓ • Afvalbestuur ✓ (Enige 2 x 1) (2) 3.3.2 Verduidelik volhoubare ekonomiese ontwikkeling. Volhoubare ekonomiese ontwikkeling is die ontwikkeling van ʼn gebied deur die gebruik van tegnieke en benaderinge wat die omgewing sal beskerm vir toekomstige gebruik. ✓✓ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 7 GP/November 2019 Nasienriglyne 3.3.3 Noem aksiestappe wat huishoudings kan neem om die hoeveelheid giftige materiaal wat ons gebruik, te verminder. • Huishoudings kan blikkies, papier, plastiekhouers en bottels herwin✓ • Maak meer van saamryklubs en openbare voertuie gebruik om aantal voertuie op die paaie te verminder✓ • Van sonkrag en waterbesparende toestelle gebruik maak✓ • Nie-giftige skoonmaakmiddels gebruik✓ • Gebruik van regte soort stortingsterreine, spesiaal toegeken vir storting✓ • Skep van omgewingsvriendelike tuine deur inheemse, waterbesparende plante te plant, organiese afvalkompos te gebruik en giftige insekdoders en onkruiddoders te vermy✓ (Enige relevante antwoord) (Enige 2 x 1) (2) 3.3.4 Wat kan die regering doen om die onvolhoubare gebruik van die omgewing te voorkom? • Gepaste owerheidsbeleide wat kan lei tot ʼn verhoging in die beskerming van die omgewing. ✓✓ • Verwyder skadelike bymiddels uit petrol soos lood. ✓✓ • Moedig die gebruik van omgewingsvriendelike energiebronne soos wind, golf, en son-energie aan teenoor die energie verwek deur fossielbrandstowwe. ✓✓ • Deur seker te maak dat alle nuwe geboue energiedoeltreffend is. ✓✓ • Maak regulasies wat besoedeling sal bekamp, soos die suksesvolle beleid om plastiese inkopiesakke te verminder. ✓✓ (Enige relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.4 Tabuleer TWEE verskille om die Noord-Suid-verdeling te illustreer. NOORD SUID • Hoogsontwikkelde infrastruktuur. ✓✓ • Swak infrastruktuur. ✓✓ • Hoë produksie en verbruikers- • Lae produksie en verbruikers- vlakke. ✓✓ vlakke. ✓✓ • Geïndustrialiseerde lande ✓✓ • Nie-geïndustrialiseerde. ✓✓ • Gemiddelde inkomste is baie • Gemiddelde inkomste is baie hoog. ✓✓ laag. ✓✓ MAKS: 4 PUNTE MAKS: 4 PUNTE (2 x 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 8 GP/November 2019 Nasienriglyne 3.5 Hoe dra ongelyke inkomstevlakke en tekort aan onderwys by tot armoede? Verskil in inkomstevlakke • Die lone en salarisse wat verdien word vir verskeie werke is nie dieselfde nie. ✓✓ • Daar is hoog betaalde werkers in die finansiële en tegnologiese sektore. Werkers in die lae-besoldigde posisies sal nie hulle basiese behoeftes kan bevredig nie. ✓✓ ( Maks 2 x 2) Tekort aan onderwys • Baie arm lande is nie in staat om onderwys te befonds nie. ✓✓ • Dit lei tot ʼn groot persentasie van die bevolking wat ongeskoold is en nie die vaardighede besit wat in die werkplek benodig word nie. ✓✓ • Tekort aan onderwyskwalifikasies lei gewoonlik tot laer indiensnemingsvlakke, lae produktiwiteit en laer inkomstevlakke. ✓✓ Maks (2 x 2) (2 x 4) (8) [40] VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE soorte besoedeling. • Grondbesoedeling ✓ • Lugbesoedeling ✓ • Waterbesoedeling ✓ • Geraasbesoedeling ✓ (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Watter effek sal ʼn pryselastiese vraag op die produseerder hê? As die prys van ʼn produk vermeerder: • Die hoeveelheid aangevra verminder wat lei tot ʼn vermindering in totale inkomste. ✓✓ • Dit sal maklik wees vir die verbruiker om die duur produk te vervang met ʼn goedkoper produk en die vervaardiger sal kliënte verloor. ✓✓ (Aanvaar die teenoorgestelde, dit is, die effek van ʼn daling in prys.) (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 9 GP/November 2019 Nasienriglyne 4.2 4.2.1 Identifiseer die verskynsel deur die strokiesprent uitgebeeld. Pryselastisiteit van vraag / onelastiese vraag (1) 4.2.2 Noem EEN voorbeeld van normale goedere. Enige produk wat mededingend in verbruik en uitsluitbaar is bv. Mediese dienste✓ (Enige ander relevante voorbeeld) (1) 4.2.3 Verduidelik volmaak onelastiese vraag. • Pryselastisiteit is gelyk aan nul en word deur ʼn vertikale lyn voorgestel. ✓✓ • Dit dui daarop dat ʼn verandering in die prys geen effek op die hoeveelheid gevra sal hê nie. ✓✓ (2) 4.2.4 ʼn Produk het ʼn pryselastisiteit van 1,58. Watter soort elastisiteit van vraag verteenwoordig dit? Motiveer jou antwoord. Pryselastiese vraag (Pryselastisiteit < 1) ✓ Die hoeveelheid wat die verbruiker vra, reageer sterk op ʼn prysverandering ✓/ die persentasie verandering in die hoeveelheid gevra is groter as die persentasie verandering in prys. ✓ (2) 4.2.5 Waarom is die pryselastisiteit van vraag belangrik vir die produsent? • Dui vir ʼn produsent aan dat elke aksie ʼn reaksie het. ✓✓ • Deur die bestudering van pryselastisiteit van vraag, kan ons voorspel wat die verandering in prys sal wees vir die vervaardiger. ✓✓ • Pryselastisiteit van vraag word gebruik om besighede te help om te besluit hoe om hulle totale inkomste te verhoog. ✓✓ • Om totale inkomste te verhoog kan die produsent die prys verhoog en meer inkomste verkry per produk en die verlaging van prys kan die hoeveelheid verkope verhoog. ✓✓ • As die koper pryssensitief is (elastiese vraag), sal hulle meer koop as die prys verlaag so die produsent behoort sy prys te verlaag. ✓✓ • As die koper nie pryssensitief (onelastiese vraag) is nie, sal hulle nie minder koop as die prys verhoog nie, so die produsent behoort die prys te verhoog. ✓✓ • Om verkope te verhoog, verhoog die prys as die vraag onelasties is, of verlaag die prys as die vraag elasties is. ✓✓ • Produsente wil weet hoe sensitief die markaanbod is vir ʼn verandering in die prys van ʼn produk. ✓✓ (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 10 GP/November 2019 Nasienriglyne 4.3 4.3.1 Noem EEN hooffunksie van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO). • Bevorder vryhandel ✓ • Voorsien die voordele van ekonomiese ontwikkeling vir alle lande beskikbaar ✓ • Beding laer tariewe ✓ • Klaar handelsdispute op ✓ (Enige 1) 4.3.2 Hoekom word die VSA gesien as ʼn eerstewêreld-land? Omdat die VSA • Ekonomies beter ontwikkeld is✓ • Se inwoners ʼn hoër lewensverwagting het✓ • ʼn Effektiewe en funksionele onderwys- en gesondheidstelsel het ✓ • ʼn Hoogsontwikkelde infrastruktuur het. ✓ • Hoë produksie en verbruikersvlakke het. ✓ • ʼn Geïndustrialiseerde land is ✓ • Se gemiddelde inkomste baie hoog is. ✓ (Enige ander korrekte relevante antwoord) (Enige 1) 4.3.3 Verduidelik kortliks die begrip vryhandel. Dit is die afskaffing of vermindering van handelstariewe soos invoerkwotas en doeanebelasting ✓✓ (2) 4.3.4 Verduidelik die verhouding tussen vergelykende voordeel en vryhandel. Vryhandel lei tot spesialisasie: ʼn land sal fokus op die produkte wat hulle teen die laagste koste kan produseer, in vergelyking met ander lande.✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.5 Watter voordeel sal lande trek uit die gebruik van ʼn vryhandelsbeleid? • Verhoog toegang tot beter kwaliteit en goedere teen laer pryse ✓✓ • Verhoog ekonomiese groei ✓✓ • Verbeter doeltreffendheid en innovasie ✓✓ • Bevorder mededinging en regverdigheid ✓✓ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 11 GP/November 2019 Nasienriglyne 4.4 Verduidelik met behulp van ʼn grafiek die verband tussen ʼn toename in verbruik, totale nut en grensnut. TN✓ (Maks: 4) Verduideliking van grafiek • Aangesien die eenhede vermeerder word, neem die totale nut teen ʼn laer koers toe ✓✓ • terwyl marginale nut teen ʼn vinnige koers verminder. ✓✓ • Die totale nutkurwe se helling is opwaarts en die totale marginale nut kromme is afwaarts. ✓✓ • Soos verbruik aanhou tot by eenheid 5, word marginale nut negatief terwyl totale nut verminder. ✓✓ (Aanvaar enige relevante korrekte verduideliking.) (Maks. 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 12 GP/November 2019 Nasienriglyne 4.5 In watter mate beskerm internasionale ooreenkomste die omgewing? Die Wêreldberaad oor Volhoubare Ontwikkeling 2002✓ • Gehou in Sandton Johannesburg in 2002✓✓ • Bespreek uitdagings soos die verbetering van mense se lewens en die bewaring van natuurlike hulpbronne in ʼn wêreld met ʼn steeds groeiende bevolking ✓✓en toenemende vraag na voedsel, water, skuiling, sanitasie, energie, gesondheids- dienste en ekonomiese sekuriteit. ✓✓ • Spesifieke prestasies: o Biodiversiteit en bewaring word belangrike kwessies om die tempo van uitsterwing van spesies te verminder. ✓✓ o Toegang tot bronne van energie en water vir arm mense het toegeneem. ✓✓ o Lood is verwyder uit petrol. ✓✓ (Enige relevante antwoord) Die Kyoto-Protokol✓ • Die Kyoto-Protokol is in 1997 onderhandel en in 2005 onderteken. ✓✓ • Die ooreenkoms is geteken deur 170 lande, Die VSA, wat die wêreld se hoogste uitset van koolstofdioksied het, het nie die Kyoto-Protokol onderteken nie. ✓✓ • Die Protokol het wetlike bindingsdoelwitte getel om kweekhuisgasse te verminder. ✓✓ (Enige relevante antwoord) Die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte ✓ • Die MOD is agt internasionale ontwikkelingsdoelwitte bindend aan al 193 Verenigde Nasies lidlande. ✓✓ • Doelwit 1: Uitskakeling van uiterste armoede en honger✓✓ • Doelwit 2: Behaal universele primêre onderwys. ✓✓ • Doelwit 3: Bevorder geslagsgelykheid en bemagtiging van vroue. ✓✓ • Doelwit 4: Verminder kindersterftesyfers. ✓✓ • Doelwit 5: Verbeter moeders se gesondheid. ✓✓ • Doelwit 6: Beveg HIV/VIGS, malaria en ander siektes. ✓✓ • Doelwit 7: Verseker omgewingsvolhoubaarheid. ✓✓ • Doelwit 8: Ontwikkel ʼn globale vennootskap vir ontwikkeling. ✓✓ • Kommer oor die volhoubaarheid van die omgewing het die volgende doelstellings: o Integrasie van die doelwitte vir volhoubare ontwikkeling in ʼn land se beleid en programme om die verlies aan omgewingshulpbronne om te swaai. ✓✓ o Vermindering in die koers van biodiversiteitsverlies teen 2010✓✓ o Die vermindering met die helfte van die persentasie mense sonder toegang tot veilige drinkwater en basiese sanitasie✓✓ o Die behaling van merkbare verbetering in die lewens van ten minste 100 miljoen krotbuurt inwoners teen 2020✓✓ (Enige relevante antwoord) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 13 GP/November 2019 Nasienriglyne COP 17 konferensie, Durban 2011 • Cop 17 was die 17de Konferensie van die Partye by die Kyoto Protokol oor klimaatsverandering. ✓✓ • COP 17 het ʼn Groen Klimaatsfonds daargestel om die ontwikkelende lande te help om skoner bronne van energie te kry en aan te pas by klimaatsveranderinge. ✓✓ • Daar is gehoop dat lande sou bydra tot die fonds en dat dit in 2012 kon begin funksioneer. ✓✓ (Enige relevante antwoord) (Enige 4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 AFDELING C VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Verduidelik substituut en komplimentêre produkte volledig deur van grafieke gebruik te maak. (26) • Wat is die verhouding tussen die produkmark en die faktormark? (10) [40] INLEIDING ʼn Vraagverhouding vind plaas wanneer twee of meer goedere en dienste op dieselfde tyd gevra word omdat hulle saam gebruik word. ✓✓ (Aanvaar enige relevante inleiding.) (Maks 2) HOOFDEEL Daar is twee soorte vraag verhoudings: substituut en komplementêre. ✓✓ Substituut • ʼn Substituutproduk is ʼn produk wat gebruik word in die plek van ʼn ander produk. ✓✓ • Sekere produkte het spesifieke verhoudings wat vraag gaan beïnvloed. ✓✓ • Byvoorbeeld: as jy beesvleis wil koop maar dit is te duur, dan sal jy geneig wees om die goedkoper alternatief te koop, bv. hoender. In hierdie geval is die hoender die substituutproduk. ✓✓ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 14 GP/November 2019 Nasienriglyne VERDUIDELIKING VAN DIE GRAFIEK Prys van beesvleis • Die prys van beesvleis sal van P tot P1 styg a.g.v. ʼn daling in aanbod (aanbodkurwe sal skuif van AA na A1A1). ✓✓ • Dit lei tot ʼn daling in die hoeveelheid en vraag na beesvleis van H na H1. ✓✓ Vraag na hoender • Die vraag na die substituutproduk, naamlik hoender, styg vanaf VV na V1V1. ✓✓ • Omdat daar ʼn toename in vraag is, sal die prys ook van P na P1 styg. ✓✓ Dit impliseer dat ʼn toename in die prys van een produk sal lei tot ʼn toename in die vraag na substituutprodukte. ✓✓ (Maks 13) Komplementêre Produkte is komplementêre produkte wanneer hulle saam gebruik word om ʼn behoefte te bevredig ✓✓bv. tee en melk. ✓ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 15 GP/November 2019 Nasienriglyne VERDUIDELIKING VAN DIE GRAFIEK Prys van tee • Die prys van tee styg as gevolg van ʼn daling in die aanbod. ✓✓ • Aanbodkurwe sal skuif van AA tot A1A1, ✓✓ • Die prys van tee styg van P tot P1✓✓ • Hoeveelheid aangevra vir tee daal van H tot H1 ✓✓ Die vraag na melk • Die styging in die prys van tee sal ʼn daling in die vraag na melk veroorsaak. ✓✓ • Mense gaan minder tee koop, daarom sal hulle minder melk benodig. ✓✓ • Dit veroorsaak dat die vraagkurwe (VV) na links skuif tot by V1V1, en die hoeveelheid aangevra sal daal van H tot H1 en die prys sal daal van P tot P1. ✓✓ Vir komplementêre goedere, wanneer die prys van die een produk styg, sal die vraag na komplementêre produkte daal. As die prys van een produk daal sal die vraag na komplementêre produkte styg. ✓✓ (Maks 13) (Maks 26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 16 GP/November 2019 Nasienriglyne ADDISIONELE GEDEELTE • Die faktormark is ʼn mark waar die produksiefaktore gekoop en verkoop word. ✓✓ • Die produktemark is ʼn mark waar goedere en dienste gekoop en verkoop word. ✓✓ • Die produktemark is afhanklik van die faktormark vir die beskikbaarheid van die produksiefaktore. ✓✓ • Wanneer die aanbod van een produksiefaktor verander sal dit beide die faktormark en produktemark beïnvloed. ✓✓ • ʼn Verandering in die aanbod van velle sal die velle mark negatief beïnvloed omdat daar minder velle aangebied word. ✓✓ • Dit sal skoenvervaardigers beïnvloed en daar sal minder skoene en sakke beskikbaar wees in die produktemark vir skoene en sakke. ✓✓ • Wanneer die vraag na skoene in die produkmark vermeerder sal die vraag na produksiefaktore in die faktormark ook styg. ✓✓ (Maks 10) SLOT Dit is belangrik dat die produk- en faktormark nou saamwerk en mekaar verstaan omdat hulle afhanklik is van mekaar; die een kan nie sonder die ander bestaan nie. ✓✓ (Aanvaar enige relevante korrekte slot.) (Maks 2) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek die oorsake van armoede in detail. (26) • Is die Suid-Afrikaanse regering suksesvol in hul pogings om armoede te verlig? (10) [40] INLEIDING Armoede is wanneer dit nie vir mense moontlik is om in hulle basiese behoeftes te voorsien nie en hul lewenspeil laag is. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding) (Maks 2) HOOFDEEL Werkloosheid ✓ Sonder ʼn ordentlike inkomste kan mense nie hulle basiese behoeftes bevredig nie. Arm mense steun swaar op bestaansboerdery vir ʼn lewe. ✓✓ Onvoldoende infrastruktuur ✓ Groot plattelandse gebiede en hul ongelyke verspreiding maak dit duur om voldoende infrastruktuur te voorsien; ✓✓ dit is ʼn hoofoorsaak van armoede in Suid-Afrika. ✓✓ Die volgende moet verbeter word: vervoerstelsels en inligtingstegnologie nodig wat om besigheid te doen, skoon water en sanitasie, energie en stedelike ontwikkeling ✓✓ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 17 GP/November 2019 Nasienriglyne Swak gesondheidstoestande: ✓ Siektes verminder die hoeveelheid werk wat swak of siek mense kan doen, dit verlaag hulle inkome en dryf hulle dieper in armoede in. ✓✓ Siektes soos MIV en Vigs kan dood veroorsaak en dit sny die hoofbron van inkomste af vir die gesin. ✓✓ Hoë mediese kostes wat baie arm families nie kan bekostig nie ✓✓ Gebrek aan onderwys: ✓ Dit verhoed mense om ordentlike werk te kry wat hulle en hulle families uit armoede sal lig. ✓✓ ʼn Gebrek aan onderwys vergroot die gaping tussen vaardighede wat die ekonomie benodig om in daardie behoeftes te voorsien. ✓✓ Hoë bevolkingsgroei: ✓ Groot aantal mense met te min hulpbronne, te min werksgeleenthede en nie genoeg kos nie, is basiese oorsake van armoede. ✓✓ Oorbevolking lei tot ʼn agteruitgang van die natuurlike omgewing, insluitende waterbronne, grond en woude. ✓✓ Welsynsafhanklikheid: ✓ Sosiale toelaes kan dien as ʼn afskrikmiddel vir mense om te werk of werk te soek. ✓✓ Sommige mense verkies om van toelaes te lewe en so hulle basiese behoeftes te bevredig en so bly armoede voortbestaan. ✓✓ Wanfunksionerende regering: ✓ Baie ontwikkelende lande het hulle eie ongeluk bewerkstellig, omdat hulle dikwels onstabiel en korrup is. ✓✓ Hulle respekteer en onderhou nie altyd die begroting, prosedures en protokolle nie. ✓✓ Swak demokrasie versteur die toekenning van hulpbronne, wat lei tot nie-dienslewering, mense ontvang nie basiese behoeftes nie. ✓✓ Oorlog en konflik: ✓ ʼn Groot gedeelte van vandag se globale armoede word aangetref in oorlog verskeurde lande en lande waar konflik heers. ✓✓ Geld word dikwels vermors op wapens. Onderwys word ontwrig, wat lei tot meer armoede ✓✓ Gebrek aan produktiewe hulpbronne: ✓ In arm lande is daar nie genoeg produktiewe hulpbronne om volhoubare lewensbestaan te verseker nie ✓✓ Menslike kapitaal is laag a.g.v. honger, siektes en lae geletterdheidsvlakke. ✓✓ Natuurlike hulpbronne neem af, omdat bome afgesaag word en grond uitgeput word. ✓✓ Kapitaal is nodig vir toekomstige investering, maar ʼn gebrek aan besparing maak dit onmoontlik. ✓✓ Arm landelike nedersettings benodig teerpaaie, kragopwekkers, besproeiingskanale, trokke, ens. ✓✓ Entrepreneurskap bestaan nie, a.g.v. ʼn gebrek aan opleiding en vaardigheidsontwikkeling ✓✓ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/Graad 11 18 GP/November 2019 Nasienriglyne Globale finansiële krisis ✓ Arm lande het nie genoeg geld vir investering nie, wat belangrik is vir ontwikkeling en groei. ✓✓ Ekonomiese groei word nie regverdig verdeel nie en die ekonomiese krisis vergroot verder die gaping tussen ryk en arm. ✓✓ Stygende voedselpryse, vorm gedeeltelik nuwe biobrandstof beleide, wat lei tot hongerte vir baie mense en dit vererger globale armoede. ✓✓ Verstedeliking en geforseerde hervestiging ✓ Migrasie binne ʼn land lei dikwels tot armoede. ✓✓ Sommige mense wat in landelike gebiede bly, verkies om na stede te trek, want hulle sien min moontlikhede om ʼn inkomste in die landelike gebiede, ver van markte, te verdien.✓✓ Soms word mense geforseer om te trek om plek te maak vir ontwikkelingskemas. ✓✓ In beide gevalle, word mense dikwels gedwing om in informele nedersettings op die rand van stede te bly. ✓✓ (8 punte indien slegs genoem en voorbeelde gegee ) (Maks 26) ADDISIONELE GEDEELTE Was Suid-Afrika suksesvol in sy pogings om die uitdagende kwessies van armoede aan te spreek? Die regering was suksesvol op die volgende maniere: • Die aantal begunstigdes van sosiale toelaes het drasties toegeneem ✓✓ • Die regering het probeer om baie skole te bou ten einde die ongeletterdheidsvlakke te verlaag ✓✓ • Die nuwe voorgestelde nasionale ontwikkelingsplan, met die doelwit om armoede uit te roei en ongelykheid te verminder teen 2030 ✓✓ • Toegang tot water en formele behuising het gestyg van 63,5% tot 79,8% ✓✓ • Die meeste mense het toegang tot elektrisiteit ✓✓ • Die regering het ook ‘geen fooi’ skole, voedingskemas en ook vervoer na skole, ingestel ✓✓ Negatiewe: • Swak gesondheid en werkloosheid is steeds ʼn probleem ✓✓ • Die land benodig die skepping van meer werksgeleenthede. bv. KMMO’s. Klem moet op goeie leierskap geplaas word ✓✓ (Enige ander relevante feite) (Maks 10) SLOT Die Suid-Afrikaanse regering het probeer om armoede te verlig, maar daar is nog steeds baie wat gedoen kan word. ✓✓ (Aanvaar enige toepaslike slot) (Maks 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all