Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2019
GRAAD 11
EKONOMIE
VRAESTEL 1
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
13 bladsye
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers %20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf/v1-ce29d1fb605cdf299464/card.webp)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67/v1-8bc5a498f0fbc7f36cda/card.webp)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7/v1-246dcbadc0627dabf2f5/card.webp)
%20%20November%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676/v1-0909dc7bc84ae94600fe/card.webp)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)
View all

_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)


Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 QP (Afr)
Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Gauteng November 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 GP/November 2019
Graad 11
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in jou ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord die korrekte aantal vrae soos verlang. Oortollige antwoorde sal
NIE gemerk word NIE.
3. Nommer jou antwoorde volgens die numeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur, voordat jy dit antwoord.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Los 2–3 lyne tussen die onderafdelings van jou vrae oop.
8. Antwoorde moet in vol sinne wees en maak seker dat jou antwoord se
formaat, inhoud en konteks ooreenstem met die kognitiewe regulasies van die
vraag.
9. Maak slegs gebruik van swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 GP/November 2019
Graad 11
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9. D.
1.1.1 Platinum in die grond kan die beste geklassifiseer word as watter
produksiefaktor?
A Kapitaal
B Arbeid
C Natuurlike hulpbronne
D Edelmetale
1.1.2 Makro-ekonomie handel oor …
A totale ekonomie.
B die gedrag van besighede.
C die aktiwiteite van individuele eenhede.
D regeringsaankope.
1.1.3 In ʼn beplande of bevels-ekonomie, word al die ekonomiese besluite
geneem deur die …
A kiesers.
B produseerders.
C verbruikers.
D regering.
1.1.4 In Suid-Afrika, is mynbou die verantwoordelikheid van die Departement
van …
A Openbare Werke.
B Omgewing.
C Minerale Hulpbronne.
D Energie.
1.1.5 Die waarde van die gini-koëffisiënt varieer tussen …
A 0 en 1.
B 10 en 100.
C 1 en 10.
D 100 en 1000.
1.1.6 … meet die ekonomiese groei in persentasie van een periode tot
ʼn volgende periode.
A Reële ekonomiese groeikoers
B Ekonomiese groeikoers
C Inflasiekoers
D BBI
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 GP/November 2019
Graad 11
1.1.7 Die … bestaan uit ʼn groep lande wat tariewe en kwotas op handel
tussen hulle afskaf.
A gemeenskapsmark
B monetêre unie
C doeane unie
D vryehandelsgebied
1.1.8 Die primêre doelwit van NEPAD is om ...
A oorlog te keer.
B te stem in verkiesings.
C armoede uit te wis.
D betogers te ondersteun.
(8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A– I) langs die vraagnommer (1.2.1. tot 1.2.8) in die
ANTWOORDBOEK neer, bv 1.2.9 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Kapitaalverdieping A Handelsooreenkoms tussen ʼn groep
ontluikende markte
1.2.2 Nie-hernubaar
B Die oordrag van rykdom van een
1.2.3 Kapitalisme generasie tot die volgende
1.2.4 Bruto Kapitaalvorming C Ontstaan wanneer die arbeid-
kapitaal verhouding verhoog
1.2.5 Produktiwiteit
D Produksie word beheer deur
1.2.6 Erfenis privaat eienaars
1.2.7 BRICS E Produksie van kapitaalgoedere
1.2.8 Kwasi Geld F Verhouding van uitset tot inset
G Bankspaarrekening en depositos
H Vergoeding van die produksiefaktore
I Mineraal hulpbronne en fossiel-
brandstowwe word uitgeput wanneer
hierdie bronne gemyn word
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 GP/November 2019
Graad 11
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
korrekte term langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.6) in die
ANTWOORDBOEK neer.
Afkortings en akronieme sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Afname in die monetêre waarde van bates oor tyd
1.3.2 Goedere en dienste wat huishoudings, die besigheidsektor en
die regering bereid is om ʼn prys voor te betaal
1.3.3 Staatsbeheerde ondernemings soos SAUK en ESKOM
1.3.4 Belasting en regeringsbesteding word gebruik om ekonomiese
groei te beïnvloed.
1.3.5 ʼn Statistiek wat gebruik word om lande in ʼn rangorde te plaas volgens
die vlak van menslike ontwikkeling
1.3.6 Persentasie depositos by banke wat in kontant by die
Reserwe Bank gehou word om voorsiening te maak vir alle moontlike
onttrekkings (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 GP/November 2019
Graad 11
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE soorte kapitaal. (2x1) (2)
2.1.2 Hoekom is die aanbod van grond vas? (2)
2.2 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: https://www.globalwoodmarketsinfo.com/]
2.2.1 Noem die industrie in die primêre sektor wat voorgestel word in die
bostaande prent. (2)
2.2.2 Wat is die verhouding tussen die primêre en sekondêre sektors? (2)
2.2.3 Verduidelik kortliks hoekom 'n minimum loon in die landbousektor
in Suid-Afrika bekend gestel is. (2)
2.2.4 Waarom is die bydrae tot BBP belangrik in die primêre sektor? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 GP/November 2019
Graad 11
2.3 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
BRUTO TOEGEVOEGDE WAARDE 2018, KWARTAAL 3
R (miljoene)
Bruto toegevoegde waarde by primêre sektor 427 270
Bruto toegevoegde waarde by sekondêre sektor 833 994
Bruto toegevoegde waarde by tersiêre sektor 2 713 609
Bruto toegevoegde waarde teen basiese pryse 3 974 873
[Bron: SARB quarterly bulletin, December 2018]
2.3.1 Watter metode word in die bostaande berekening van die bruto
binnelandse produk gebruik? (1)
2.3.2 Watter jaar word huidiglik deur die SARB gebruik as basis jaar? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die konsep Bruto Toegevoegde Waarde. (2)
2.3.4 Verduidelik kortliks Bruto Nasionale Produk (BNP). (2)
2.3.5 Bereken die totale bydrae van die sekondêre sektor tot die Bruto
Toegevoede Waarde teen basiese pryse. Toon al jou berekeninge. (4)
2.4 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor in die
ekonomie. (8)
2.5 Hoe kan verkryging die gemarginaliseerde mense in Suid-Afrika
bevoordeel? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 GP/November 2019
Graad 11
VRAAG 3: EKONOMIESE SREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van maatskaplike toelaes. (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat is inkome ongelykheid? (2)
3.2 Bestudeer die kaart hieronder en beanwoord die vrae wat volg.
SAOG
Demokratiese
Republiek van die
Kongo
Vernigde
Republiek
van Tanzanië
Zambië
Zimbabwe Mosambiek
Namibië
Botswana
Suid-Afrika
3.2.1 Noem TWEE lidlande van die SAOG. (2)
3.2.2 Waarvoor staan die afkorting SAOG? (2)
3.2.3 Noem EEN ekonomiese doelwit van SAOG. (2)
3.2.4 Bespreek Suid-Afrika se belang in Afrika kortliks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 GP/November 2019
Graad 11
3.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
LORENZ KURWE
% Inkomste
% van populasie
3.3.1 Benoem die kurwe wat die Lorenz-kurwe voorstel. (2)
3.3.2 Verduidelik kortliks die term Lorenz-kurwe. (2)
3.3.3 Wat gebeur wanneer die Lorenz-kurwe wegbeweeg van die lyn
van gelyke verdeling? (2)
3.3.4 Hoekom is daar so ʼn ongelyke verspreiding van inkomste en
rykdom in ʼn land soos Suid-Afrika? (4)
3.4 Hoe verwyder streeks ekonomiese integrasie handelsversperrings tussen
lidlande? (8)
3.5 Verduidelik lae lewensverwagting en gebrek aan opleiding as eienskappe
van ʼn ontwikkelende land. (2 x 4) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 GP/November 2019
Graad 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE metodes om die BBP te bepaal. (2)
4.1.2 Verduidelik hoe verbruik indiensneming kan stimuleer. (2)
4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Kuba se nuwe grondwet sal nie sy ekonomie herstel nie.
“Die hervormings is ʼn belangrike simboliese stap,” het die Amerikaanse universiteits
geleerde van Kuba, William LeoGrande gesê. “Wettiging van private eiendom plaas
die private sektor op ʼn wetlike ferm fondasie, wat dit nie gehad het nie. Deur weg te
doen met die ou verbintenis om ʼn kommunistiese samelewing te bou, bevestig die
nuwe grondwet die erkenning dat ʼn gemengde ekonomie die toekoms is.”
[Bron: https://www.bloomberg.com]
4.2.1 Na watter ekonomiese stelsel word verwys in die bostaande
uittreksel? (1)
4.2.2 Wie allokeer die hulpbronne in die bogenoemde uittreksel? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel. (2)
4.2.4 Waarom word Suid-Afrika as ʼn gemengde ekonomie beskou? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 GP/November 2019
Graad 11
4.3 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKAANSE BANKE WAT MISLUK HET
Jaar van
Bank Redes
kuratorskap
VBS Mutual Bank 2018 Wanbestuur en likiditeits probleme
Wanbestuur en likiditeits
Afrika Bank 2014 probleme, spesifiek rondom
roekelose uitlening.
Saambou Bank 2002 Wanbestuur en likiditeits probleme
Nuwe Republiek Wanbestuur en likiditeits probleme
2002
Bank
[Bron https://www.businesstech.co.za/news/banking]
4.3.1 Noem TWEE risikos wat banke in die gesig staar. (2)
4.3.2 Hoe hanteer die Suid-Afrikaanse Reserwebank bankmislukking? (2)
4.3.3 Wie is die slagoffers van bankmislukkings? (2)
4.3.4 Verduidelik kortliks ruilmiddel en geld as ʼn waardedraer as funksies
van geld. (4)
4.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling. (8)
4.5 Bespreek redes vir die ongelyke verspreiding van inkome. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 GP/November 2019
Graad 11
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat in die vraag
voorkom te definieer of om te omskryf.
Gee addisionele inligting om die onderwerp te ondersteun.
Moenie in die inleiding enige deel van die vraag insluit nie. Maks. 2
Moenie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam
bespreek nie.
Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in detail / In diepte bespreking /
Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed / Vergelyk / Evalueer /
Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Assesseer / Debatteer Maks. 26
Addisionele gedeelte: Gee eie opinie / Bespreek krities /
Evalueer / Evalueer krities / Trek ʼn grafiek en verduidelik /
Gebruik ʼn grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek /
Bereken / Bepaal / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Vertolk /
Debatteer kortliks Maks. 10
Gevolgtrekking
Die gevolgtrekking is ʼn samevatting van die onderwerp wat
bespreek is in die liggaam en moet as ʼn HOË-ORDE
respons gesien word.
Die gevolgtrekking kan die vorm van ʼn eie opinie, Maks. 2
voorbeelde, argumente om die bespreking van die
onderwerp in die liggaam te ondersteun of teen te staan.
Geen aspek van beide die inleiding en liggaam moet in die
gevolgtrekking herhaal word nie.
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 13 GP/November 2019
Graad 11
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek in detail Suid-Afrika se infrastruktuur. (26 punte)
In jou opinie wat het die voortdurende energie krisis in Suid-Afrika
veroorsaak sedert 2008? (10 punte)
[40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank onder die
volgende hoofde:
o Regeringsbank (8)
o Bank van uitgifte (8)
o Banke se bank (10) (26 punte)
Hoe sal die Goewerneur van die Reserwebank monetêre beleid
aanwend om die hoeveelheid geld in die land te beïnvloed? (10 punte)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf/v1-ce29d1fb605cdf299464/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67/v1-8bc5a498f0fbc7f36cda/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2019 Question Paper (Afr)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7/v1-246dcbadc0627dabf2f5/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2018 QP (Afr)
%20%20November%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676/v1-0909dc7bc84ae94600fe/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2016 QP (Afr)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2015 QP (Afr)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)
More from Grade 11 Economics

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Mpumalanga June 2024 Memo

Memorandum