Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2017
GRAAD 11
EKONOMIE
VRAESTEL 2
EKSAMEN RIGLYNE
21 bladsye
1
Skip to contentAll 2017 papers 
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5975bf34-03af-4bd2-bcb3-da6ecc7ce502/v1-87626b6327ce78e8e67a/card.webp)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf/v1-ce29d1fb605cdf299464/card.webp)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)

View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 922.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Gauteng November 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
(Vraestel 2)
MEMORANDUM
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1:
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE VRAE
1.1.1 C volledig onelasties
1.1.2 A toeneem
1.1.3 B dieselfde plek waar totale koste begin
1.1.4 D TI
1.1.5 C Jipsa
1.1.6 A Wêreld Handels Organisasie
1.1.7 D koolstofvrystelling
1.1.8 B Millennium Ontwikkelings Doelwitte
(8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 H As die kruis-pryselastisiteit van vraag positief is
1.2.2 F Daar is baie firmas wat goedere produseer wat dieselfde is maar nie
heeltemal identies is nie
1.2.3 D Die firma produseer meer, dit word meer effektief en die koste van
produksie van elke eenheid se gemiddeld daal
1.2.4 B Die verandering in die besigheid se totale inkomste as gevolg van ʼn
ekstra eenheid van uitset
1.2.5 C Arm mense beweeg van landelike gebiede na die stede met die
verwagting om werk te kry
1.2.6 G Groot organisasies wat goedere en dienste produseer in meer as
een land reg oor die wêreld
1.2.7 A ʼn Bron word teen ʼn vinniger koers verbruik as waarteen die bron
weer genereer kan word
1.2.8 E Verander produktiewe landbougrond in ʼn onproduktiewe woestyn as
gevolg van slegte grondbestuur
(8 x 1) (8)
1.3 EEN WOORD ITEMS
1.3.1 Wet van verminderende marginale nut
1.3.2 Homogene
1.3.3 Wins
1.3.4 Armoedegaping
1.3.5 Handelsblok / handelsooreenkoms
1.3.6 Besoedeling
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
2
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Gee TWEE faktore wat die pryselastisiteit van aanbod beïnvloed.
Die aantal verskaffers in die mark
Tyd wat dit neem om die produk te produseer
Aard van die produk en die duursaamheid
(Aanvaar enige relevante faktore)
(2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe sal ʼn verhoging in die kapitaal wat in die langtermyn gebruik word
die besigheid bevoordeel?
Hulle baat by grootskaalse produksie
Die grootte van die produksie potensiaal verhoog soos kapitaal
verhoog
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.2 DATA RESPONS
2.2.1 Watter prent verteenwoordig ʼn perfekte onelastiese pryselastisiteit van
vraag?
Prent A (2)
2.2.2 Verduidelik elastisiteit van vraag volledig.
Elastisiteit dui die respons of sensitiwiteit van een veranderlike aan as die
ander verander. ʼn Persentasie verandering van die veranderlike van die
afhanklike veranderlike, met ʼn verandering van een persent in die
onafhanklike veranderlike. (2)
2.2.3 Hoekom is die verandering in die hoeveelheid gevra groter as die
verandering in die prys van prent B?
Die hoeveelheid gevra reageer as gevolg van ʼn verandering in die prys,
maar met ʼn groter persentasie as die verandering in die prys.
Vervaardigers wat hulle inkomste wil verhoog kan dit doen deur die prys
van die produk te verlaag, omdat die verandering in die hoeveelheid
gevra proporsioneel groter sal wees as die verandering in die prys van
die produk. (2)
3
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
2.2.4 Bereken die pryselastisiteit van die vraag vir prent B. Toon alle
berekeninge. Persentasie verandering in die hoeveelheid gevra
Qd 100
Qd 1
600 480 100
600 1
120 100
600 1
20%
Persentasie verandering in die prys
P 100
P 1
5,50 5 100
5 1
0,5 100
5 1
10%
% veranderi ng in die hoeveelhei d gevra
Elastisiteit =
% veranderi ng in die prys
20%
10%
2
(4)
2.3 DATA RESPONS
2.3.1 Hoekom is die tabel hierbo ʼn aanduiding van die korttermyn?
Die totale koste sluit vaste koste in wat slegs in die korttermyn kan
voorkom. (2)
2.3.2 Wat is die verhouding tussen Totale Veranderlike Koste en die Totale
produk?
Totale veranderlike koste neem toe as die totale produksie toeneem /
positiewe verhouding beide verhoog saam. (2)
2.3.3 Verduidelik Marginale Koste.
Marginale koste is die koste van die produksie van een addisionele
eenheid. (2)
4
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
2.3.4 Bereken A in die tabel hierbo. Toon alle berekeninge.
ΔTK
MK
ΔQ
60
10
= 6 (4)
2.4 Onderskei tussen winsmaksimering en inkomstemaksimering as doelwitte van
ʼn besigheid.
Winsmaksimering
Winsmaksimering beteken om soveel wins as moontlik te maak.
Wins is die verskil tussen die inkomste en die koste van ʼn besigheid.
Om wins te maksimeer moet die besigheid op ʼn vlak produseer waar die
koste van produksie baie laag is en die inkomste verdien baie hoog is.
Die winsmaksimeringsdoelwitte kan alleen behaal word as die besigheid al ʼn
geruime tyd in die mark is en suksesvol teen ander besighede meegeding
het.
(Aanvaar enige relvante antwoord)
(Maks 4 punte)
Inkomstemaksimering
Sommige besighede het hoë kostes.
Besighede moet voldoende inkomste verdien om die koste te dek.
Deur teen laer pryse te verkoop of om ander tegnieke te gebruik soos
reklame, kan die besigheid sy inkomste verhoog.
Die inkomste is verbind met verkope.
(Aanvaar enige relevante antwoord)(Ken ʼn maks. van 4 punte toe vir
opskrifte, voorbeelde en die lys van feite)
(Maks 4 punte)
(2 x 4) (8)
5
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
2.5 Op watter manier sal kennis oor pryselastisiteit van vraag die entrepreneur
help om ʼn besluit te neem om sy winsvlakke aan te pas.
Perfek Die hoeveelheid gevra bly onveranderd ongeag van ʼn
onelasties verandering in die prys
Vervaardigers kan hulle inkomste verhoog deur die prys van
die produk te verhoog
Onelasties Die hoeveelheid gevra reageer teenoor ʼn verandering in die
prys
Vervaardigers word aangemoedig om hulle inkomste te
verhoog deur die prys van die produk te verhoog, die
persentasie verandering in vraag is proposioneel kleiner as die
verandering in die prys van die produk
Eenheids- Die persentasie verandering in die hoeveelheid gevra is
elasties dieselfde as die persentasie verandering in die prys van die
produk
Vervaardigers kan nie die prys van die produk verhoog nie
omdat die persentasie verandering in die hoeveelheid gevra
dieselfde is as die verandering in die prys
Elasties Die hoeveelheid gevra reageer as gevolg van die verandering
in die prys van die produk, maar met ʼn groter persentasie as
die verandering in die prys
Vervaardigers wat hulle inkomste wil verhoog kan dit doen
deur die prys van die produk te verlaag, omdat die persentasie
verandering in die vraag proporsioneel groter is as die
persentasie verandering in die prys van die produk
Perfek As die vraag perfek elasties is sal dit lei tot ʼn verandering in
elasties prys en ʼn oneindige verandering in die hoeveelheid
gevra.
Inkomste sal oneindig verhoog met ʼn verlaging in die
prys.
(Ken ʼn maks. van 2 punte toe vir opskrifte, voorbeelde en die lys van feite) (8)
[40]
6
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
VRAAG 3
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE beleide en wetgewings wat deur die Departement van
Omgewingsake gebruik word om die omgewing te beskerm.
Die Nasionale Omgewingsbestuur: Beskermingsgebiedewet (57 van
2003)
Die Nasionale Omgewingsbestuur: Beskermingsgebied Aangepastewet
(31 van 2004)
Die Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit (10 van 2004)
Die Kusbestuurswet: Integrale Kusbestuur (24 van 2008)
Die Nasionale Omgewingsbestuur: Afvalwet (59 van 2008)
Die nuwe Nasionale Omgewingsbestuur: Lugkwaliteitwet (39 van
2004)
Maatreëls om brandstofvrystelling te verminder.
Bewusmakingsveldtogte en vennootskapsprojekte met verskeie
organisasies
Atmosfeer Besoedelingsvoorkomingswet (45 van1965)
Bewaring van Landbouwet (43 van 1983)
Omgewingsrasionaliseringswette (151 van 1997)
Minerale en Petroleum bronne Ontwikkelingswette (28 van 2002)
Nasionale Veld en Boswet (101 van 1998)
Nasionale Waterwet (36 van 1998)
(Aanvaar enige relevante beleid of wetgewing)
(2 x 1) (2)
3.1.2 Hoekom sal onvoldoende opleiding in die gemeenskap lei tot chroniese
armoede?
Mense in die gemeenskap het nie toegang tot aanvaarbare opleiding nie en
bly ongeskoold hulle lewe lank of vir ʼn lang tydperk. (1 x 2) (2)
3.2 DATA RESPONS
3.2.1 Wat stel die prent hierbo voor?
Armoede (1)
3.2.2 Wat is die armoedelyn wat genoem word in die prent hierbo?
Die armoedelyn is die minimum lewensstandaard gebaseer op die koste van
ʼn algemene mandjie basiese kosprodukte. Die bedrag geld wat nodig is om
vir hierdie basiese produkte te betaal bepaal die armoedelyn (1)
7
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
3.2.3 Stel die prent absolute of relatiewe armoede voor? Motiveer jou
antwoord.
Absolute armoede
Hulle kan nie hulle basiese behoeftes soos kos, skuiling en klere bevredig
nie (2)
3.2.4 Hoe kan internskapsprogramme bydra tot die verligting van armoede?
Die student verkry praktiese ondervinding sowel as teoretiese
kennis
Verbeter hulle kans om beter werk te kry na die internskap
Verkry vaardighede om ʼn entrepreneur te word,
Om moontlike verdienstes te verbeter en ʼn beter lewenstandaard te
handhaaf
(Aanvaar enige relevante antwoord) (2)
3.2.5 Wat kan moontlik die oorsaak wees van bogenoemde scenario?
Werkloosheid:Siektes verminder die hoeveelheid werk wat siek mense
kan doen, dit verminder hulle inkomste en veroorsaak groter armoede.
Gebrek aan opleiding: Dit verhoed dat mense ʼn ordentlike werk kan
kry wat hulle en hulle gesinne uit armoede sal lig.
Globale finansiële krisis: Arm lande het nie geld vir beleggings nie
wat belangrik is vir ontwikkeling en groei; dit vergroot die gaping tussen
ryk en arm.
Gebrek aan produktiewe hulpbronne: In arm lande is daar nie
genoeg produktiewe hulpbronne om ʼn volhoubare bestaan te verseker
nie.
Disfunksionele owerhede: Baie regerings het hulle eie teëspoed en
gebrek aan fisiese en sosiale infrastruktuur veroorsaak wat die armes
verder negatief beïnvloed.
Omgewings en klimaatsveranderinge: Meer droogtes, vloede en
verandering in klimaatspatrone vra ʼn skuif in gewasse en landbou
tegnieke wat mense nie maklik kan maak nie. Arm mense is swak
toegerus om hierdie aanpassings te maak om aan te pas by die
veranderde reënpatrone.
Oorlog en konflik: ʼn Groot gedeelte van vandag se globale armoede
is as gevolg van oorlog geteisterde en lande wat konflik beleef het.
(2 x 2) (4)
8
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
3.3 DATA RESPONS
3.3.1 Hoekom is dit nodig vir die owerheid om visvangkwotas in te stel,
volgens die artikel hierbo?
Die marine hulpbronne verminder / is aan die kwyn (1)
3.3.2 Noem ʼn oplossing wat die owerheid beplan om alternatiewe
werkskepping in die gemeenskap te skep
Hulle beplan ʼn nuwe hawe
Kyk na eko-toerisme (1)
3.3.3 Verduidelik die kwotasisteem wat deur die owerheid ingestel is.
ʼn Kwota beperk die hoeveelheid vis wat een persoon per dag mag vang /
beperk die hoeveelheid vis wat toegelaat word om uit die see geneem te
word (2)
3.3.4 Bespreek die redes waarom die arm visserman nie sal baat by hierdie
kwotas nie.
Die koste van ʼn kwota is baie hoog
Hulle het nie dieselfde infrastuktuur as die groter maatskappye nie
Die kwota is nie groot genoeg om die koste te dek en nog ʼn goeie
lewensstandaard te handhaaf nie
(Aanvaar enige relevante verduideliking.) (2)
3.3.5 Hoe kan ons voorkom dat ons “visvoorraad verdwyn”?
Stop die oor-verbruik van vis.
Stop die besoedeling van die oseaan wat lei tot die dood van sommige
vissoorte.
Stop die groot buitelandse skepe van die grootskaalse vangste van ons
oseaan se visse.
Ons moet vistelingsprogramme aanmoedig.
(Aanvaar enige relevante antwoord) (2 x 2) (4)
9
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
3.4 Bespreek die inkomste ondersteuningsprogramme wat die owerheid het om
armoede te verlig.
Maatskaplike toelaes- Geld wat deur die staat aan mense betaal word om
hulle te help om hulle basiese behoeftes te bevredig. Voorbeelde:
Kinderondersteuningstoelaag, pleegsorgtoelae, pensioentoelaes,
gestremdheidstoelaes.
Sosiale lone: Toegang tot basiese dienste - toegang tot basiese
goedere soos water, behuising, onderwys en mediese dienste.
Die staat subsidieer dienste en verhoog so die inkomste van die arm
huishoudings.
Werkskeppingsprogramme verhoog die huishoudings se inkomste.
Gemeenskaps Gebaseerde Publieke Werkprogramme – die doel is om
werkloosheid, armoede en honger te verlig. Die program verskaf
korttermyn werksgeleenthede gerig op landelike omgewings.
Uitgebreide Publieke Werksprogram – verskaf werk aan werkloses en
ongeskooldes.
Die Nasionale Jeugdiens – verskaf geleenthede aan werklose jong mense
tussen die ouderdom van 18 en 35
Internskappe – om die tekort aan geskoolde arbeid werkloosheid onder
jongmense aan te spreek. Laat leerders werk en studeer .
Grondhervorming en Voedsel Sekuriteitsprogramme poog om meer swart
mense toegang te gee tot landbougrond.
(Ken ʼn maks. van 4 punte toe vir opskrifte, voorbeelde en die lys van feite)
(4 x 2) (8)
3.5 Hoe beïnvloed omgewingsverwaarlosing die Suid-Afrikaanse Ekonomie?
Die klimaat van Suid-Afrika word beïnvloed deur die veranderinge in die globale
klimaat.
Hierdie verandering in die klimaat mag ʼn groot effek hê op die verskillende
sektore van die Suid-Afrikaanse gemeenskap en die ekonomie.
Die verhoging in die temperatuur en die verandering in die reënvalpatrone het ʼn
groot impak op gesondheidsverwante kwessies soos velkanker.
Klimaatsverandering kan verwoestyning vererger, grond sal suurder word en
landbouproduksie sal afneem as korrektiewe maatreëls nie toegepas word
nie.
Die kosproduksie wat moet toeneem om die toename in die bevolking te dek
word direk bedreig deur klimaatsverandering.
Watervoorrade sal verminder as gevolg van ʼn afname in reënval en lei tot ʼn
verhoging in produksiekoste.
Verlies aan hulpbronne, bome wat nooit weer sal groei nie wat lei tot
ontbossing.
(Aanvaar enige relevante antwoord.)(Ken ʼn maks. van 2 punte toe vir opskrifte,
voorbeelde en die lys van feite) (8)
[40]
10
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
VRAAG 4 40 PUNTE
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE winste wat ʼn besigheid kan maak.
Rekeningkundige wins
Ekonomiese wins
Normale wins (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe sal die Kyoto Protokol die omgewing help?
Deur die vermindering van emissies van kweekhuisgasse, wat lei tot
aardverwarming.
(Aanvaar enige relevante antwoord) (1 x 2) (2)
4.2 DATA RESPONS
4.2.1 Beskryf ʼn komplementêre produk.
Komplimentêre produkte is verskillende produkte wat saam gebruik word om
ʼn begeerte of behoefte te bevredig, bv. ʼn tennis bal en tennisraket.
(Aanvaar enige relevante voorbeeld.) (2)
4.2.2 Hoekom is dit belangrik vir die produsent om die verhouding tussen
komplimentêre produkte te verstaan?
Stel produsente in staat om te voorspel watter impak ʼn verandering in die prys
van ʼn komplimentêre produk op die vraag na hulle produk sal hê.
Hulle sal dan in staat wees om maatreëls in plek te stel om dit te voorkom en
hulle wins te maksimeer.
Dit is koste effektiewe maatreëls soos om meer te produseer met dieselfde
insette- dus meer produktief te wees. (2)
11
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
4.2.3 In jou antwoordboek teken die grafiek vir Produk Y oor en illustreer
grafies wat die impak van ʼn prysverhoging (van P0 tot P1) van produk X
op die komplimentêre produk Y sal hê.
Prys Produk Y
V1 V0
A0
P0
P1
V0
A0
V1
Q1Q0 HOEVEELHEID
(6)
4.3 DATA RESPONS
4.3.1 Verduidelik die ekonomiese boodskap wat voorgestel word in die prent
hierbo.
Noord / Suid verdeling
Lande van die Suide het minder industrieë as die in die Noorde en
daarom is die lande in die Suide afhanklik van die lande in die Noorde.
(1)
4.3.2 Watter vasteland is in die hand van die kort mannetjie, volgens die prent
hierbo?
Afrika (1)
12
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
4.3.3 Noem TWEE organisasies wat gestig is om die vloei van handel tussen
lande te beheer.
Wêreld Handelsorganisasie
IMF
Wêreld bank (2)
4.3.4 Verduidelik globalisering se effek op ontwikkelende lande.
Globalisering het ʼn negatiewe effek op ontwikkelende lande.
Verlies aan kultuur en identiteit.
Die besoedeling van grootskaalse produksie in ontwikkelende lande lei
tot droogtes, vloede en natuurrampe in ontwikkelende lande.
Die uitputting van natuurlike hulpbronne (byvoorbeeld mineraalprodukte)
in ontwikkelende lande.
(Aanvaar enige relevante effek) (2)
4.3.5 Watter faktore dra by tot bogenoemde scenario
Kapitalisme: Is bekend om tot ongelykheid te lei omdat dit gebaseer is
op die winsmotief en die versameling van rykdom.
Globalisering: Hoofoorsaak van ongelykheid reg oor die wêreld.
Sommige ontwikkelde lande buit arm lande uit sodat ontwikkelende
lande afhanklik raak vir hul oorlewing van die ontwikkelde lande.
Immigrasie: Wanneer immigrasie patrone tussen lande ongelyk is lei
dit tot ongelykheid.
Koers van ontwikkeling: Lande in die Noorde en Suide het
verskillende vlakke van ekonomiese groei. ʼn Stadige groei verwys na
ontwikkelende of onder-ontwikkelende lande in die Suide, terwyl ʼn hoë
koers van ontwikkeling verwys na die Noorde.
Opkoms van ekonomiese magte: Ontwikkelde lande met toegang tot
kapitaal verkry ekonomiese mag. Hulle kan goedere meer effektief
produseer, nuwe produkte ontwikkel en nuwe tegnologie gebruik, en
voer meeste goedere uit na ander lande. Die kompetisie tussen
opkomende ekonomiese magte maak dit moeilik vir ontwikkelende lande
om te oorleef.
Internasionale infrastrukture: Lande van die Noorde het die meeste
vervoersisteme. Internasionale kommunikasienetwerke is amper
heeltemal onder die beheer van die lande in die Noorde en die Suide
betaal duur vir hierdie dienste.
Nuwe tegnologie: Die navorsing, ontwikkeling en produksie van nuwe
tegnologie is in die hande van groot korporasies in die Noorde.
Finansiële hulp en skuld: Baie lande in die Suide kry hulle fondse en
krediet van die lande in die Noorde, gewoonlik teen hoë rentekoerse.
Hierdie hoë koerse veroorsaak dat skuld oploop, leners betaal op die
einde meer as wat hulle ontvang het in die vorm van beleggings.
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
13
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
4.4 Bespreek kortliks die karaktereienskappe van nut.
Tevredenheid is abstrak omdat nut nie gemeet kan word nie – daar is geen
standaard manier om iemand se nut te meet nie, so ekonome ken ʼn waarde toe
en noem dit “utils”.
Nut is subjektief – dit verskil van persoon tot persoon, – die bevrediging
wat twee mense kry deur dieselfde produk te verbruik verskil as gevolg van
hulle persoonlike voorkeure bv. vir sommige mense sal roomys ʼn hoë nut
hê terwyl ander mense eerder koeldrank sou verkies.
Nut verskil van een situasie tot die ander / (Van tyd tot tyd) – bv. warm
klere verskaf bevrediging in die winter teenoor in die somer.
Nut verskil van plek tot plek – swemklere sal bevredigend wees by die
strand maar nie in die klaskamer nie.
(Ken slegs 4 punte toe vir opskrifte, voorbeelde en die lys van feite)
(4 x 2) (8)
4.5 Hoe beïnvloed armoede die mense van Suid-Afrika?
Die arm mense se trots en waardigheid word negatief beïnvloed.
Armoede dwing mense om misdade te pleeg om te oorleef.
Armoede kan die sosiale stabiliteit beïnvloed en ʼn gebrek aan gemeenskaplike
respek en onverdraagsaamheid tot gevolg hê.
Armoede lei tot migrasie van mense van landelike gebiede tot stede in die hoop
om beter werk te kry.
Armoede lei tot die afname in die vraag en dit lei tot verdere werkloosheid en
meer armoede (armoedesiklus)
Armoede lei tot gesondheidsprobleme as mense nie genoeg kos kry nie, veral
kinders van arm gesinne lei die meeste.
Mense word negatief en hou op om na werk te soek.
(Ken slegs 2 punte toe vir opskrifte, voorbeelde en die lys van feite.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
14
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
„n Goeie vertrekpunt behoort „n bepaling te wees van die
hoofkonsep wat verwant is aan die vraag
Moenie enige deel van die vraag insluit in jou inleiding nie Maks. 2
Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie
Vermy deur in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / Diepgaande bespreking /
Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed (Analiseer) / Vergelyk / Evalueer / Maks. 26
Onderskei / Verduidelik / Assesseer / Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer /
Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe Maks. 10
grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af /
Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks /
Hoe? / Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is Maks. 2
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking / ontleding
versterk
• ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
15
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
VRAAG 5
Produkmarkte kan nie bestaan sonder die faktor markte nie en die omgekeerde is
ook waar.
Bespreek volledig die produk en faktormarkte en verwys na die
interafhanklikheid van hierdie twee markte. (26 punte)
Hoekom is die volmaakte mededinger ʼn prysnemer? Illustreer jou antwoord met
ʼn grafiek. (10 punte)
[40]
.
INLEIDING
ʼn Mark is ʼn plek waar kopers en verkopers bymekaar kom, ooreenkom op ʼn prys en ʼn
goedere of diens uitruil.
(Aanvaar enige relevante definisie)
(Maks 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Produkmark
Produkmarkte is plekke waar goedere en dienste gekoop kan word.
Dit is nie altyd fisiese plekke soos ʼn supermark nie, dit kan ook ʼn webwerf of
advertensie in ʼn tydskrif wees.
Markte van goedere soos motors, kos en rekenaars, ens.
Die deelnemers in die ekonomie wat ʼn behoefte het aan produkte van hierdie mark
is: huishoudings, besighede, staat en die buitelandse sektor.
Die produkmark vorm ʼn skakel tussen die koper van goedere en dienste en die firma
wat goedere en dienste verkoop.
Die vraag na goedere en dienste is afhanklik van faktore soos inkomste, die grootte
van die bevolking en die smaak en voorkeure van verbruikers.
ʼn Verhoging in hierdie faktore lei tot ʼn verhoging in vraag na die goedere en dienste
plaaslik, in die streek, nasionaal en internasionaal..(Maks. 10 punte)
Faktormarkte
Die faktormark is die plek waar die produksiefaktore gekoop kan word.
Enige besigheid of individue kan land, kapitaal, arbeid en entrepreneurskap koop op
die faktormark.
Elke faktor word in aparte markte verkoop.
ʼn Produksiefaktor soos grond en kapitaal kan gekoop word om produkte en dienste
onmiddelik te vervaardig of as ʼn belegging.
Hierdie faktore verhoog in waarde oor tyd.
Arbeid het ʼn afgeleide vraag en word slegs gevra om te kan produseer.
Daar is geen nut om arbeid te koop nie behalwe as dit nodig is om onmiddellike
uitsette te produseer
As die vraag na sekere goedere en dienste val, sal die vraag na arbeid om hierdie
goedere en dienste te vervaardig ook val.
(Maks. 10 punte)
16
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
Interafhanklikheid van markte
Produkmarkte kan nie sonder faktormarkte bestaan nie en omgekeerd.
Veranderinge in die faktormarkte het ʼn direkte effek op die produkte (uitsette)
markte.
Produksie faktore het slegs waarde as dit in die produksieproses gebruik word,
Die produksiefaktore is nie altyd beskikbaar nie.
Die prys van produksiefaktore word bepaal deur die vraag en aanbod daarvan.
Die koste om ʼn produk te produseer hang af van die koste van die produksiefaktore
wat gebruik word in die produksieproses.
Grond is beperk – Kosproduksie word beïnvloed deur faktore soos droogte en swak
grond gehalte of grond wat vir ander produksie prosesse gebruik word.
Arbeid is oorvloedig in aanbod in meeste lande.As ʼn tekort aan geskoolde
arbeid bestaan, sal die prys van goedere en dienste wat geskoolde arbeid nodig het
styg.
As ʼn tekort aan grond ontstaan sal dit die produksie van kos negatief beïnvloed.
Dienste soos gesondheidsorg en onderwys sal negatief beïnvloed word deur ʼn tekort
aan geskoolde arbeid.
Daar is ʼn groot afname in die aanbod van geskoolde arbeid in Suid-Afrika as gevolg
van die effek van HIV / VIGS en emigrasie.
Baie industrieë is arbeidsintensief, is wat beteken dat al die produksie met die hand
gedoen word.
Meeste goedere en dienste word op grootskaal geproduseer – kapitaal intensief –
baie mense is werkloos omdat hulle vaardighede nie langer benodig word vir die
produksie nie.
Daar was ʼn toename in masjinerie en toerusting.
ʼn Toename in die koste veroorsaak dat die aanbod-kurwe van die produk na links
skuif, dit is duurder vir die firma om die produk tee produseer.
Ken slegs 'n maksimum van 8 punte toe vir opskrifte, voorbeelde en die lys van
feite.)
(Maks. 26)
17
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
ADDISIONELE DEEL
Hoekom is die volmaakte mededinger ʼn prysnemer? Illustreer jou antwoord met ʼn
grafiek.
In ʼn volmaakte mark is daar baie kopers en verkopers.
Dit is nie moontlik vir een firma op hulle eie die prys te beïnvloed nie.
Nie een van die produsente kan ʼn hoë prys vra omdat dit sal lei dat hulle
markaandeel sal verloor aan ander produsente.
Die prysverandering in ʼn volmaakte mark word bepaal deur vraag en aanbod met
geen eksterne faktore wat dit hoër of laer maak nie.
Soos wat nuwe firmas met gemak kan toetree tot die mark, word die prys met elke
nuwe toetrede afgedruk. Die prys deur die individuele firma gevra moet dieselfde
as die mark wees.
Die individuele firma se vraag-kurwe is horisontaal of perfek elasties.
(Verduideliking Maks 6 punte)
Prys Prys
V A
P1-GI=MI
P1 P1
E
Hoeveelheid
Hoeveelheid
Die industrie Die individuele firma
(Grafieke Maksimum 4 punte)
(Maks. 10)
SLOT
Sonder markte sou owerhede moes ingryp en dit kan lei tot markmislukking.
(Aanvaar enige relevante slot)
(Maks. 2)
[40]
18
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
VRAAG 6
Internasionale handel het oor die jare floreer as gevolg van die vele voordele wat dit
aan verskillende lande regoor die wêreld gebied het.
Verduidelik volledig Absolute en Vergelykende voordeel en hoe dit globalisering
kan help of benadeel. (26 punte)
Hoe het globalisering Suid-Afrika negatief beïnvloed? (10 punte)
[40]
INLEIDING
Wêreldhandel is tot voordeel van ʼn land as hulle die surplus produksie aan ander lande kan
verkoop en koop wat hulle nie self kan produseer nie.
(Aanvaar enige relevante definisie)
(Maks. 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Absolute Voordeel
Die teorie van absolute voordeel is ontwikkel deur Adam Smith.
Sekere lande het ʼn voordeel bo ander lande as dit kom by die beskikbaarheid of die
vermoë om sekere goedere en dienste te produseer.
ʼn Absolute voordeel beteken dat ʼn land ʼn monopolie het oor ʼn produk of dit kan
produseer teen ʼn laer koste of hoër produktiwiteit.
Waar een land goedere kan produseer met minder hulpbronne as ʼn ander land.
Om ʼn absolute voordeel te hê beteken om iets meer effektief te produseer as ander
lande.
Voorbeeld: Suid-Afrika het die meerderheid van die wêreld se diamante en het die
beste metodes om dit te ontgin en te verfyn, ons het ʼn absolute voordeel met die
handel van diamante.
Ontwikkelde lande het gewoonlik ʼn absolute voordeel oor ontwikkelende lande in die
vervaardiging van hoë-waarde goedere wat gevorderde tegnologie en geskoolde
tegnici benodig.
Lande het verskillende absolute voordele in die vervaardiging van goedere omdat hulle
verskillende grond, klimaat en vaardighede het.
Lande moet dit produseer waarin hulle die beste is.
(Maks. 10 punte)
Vergelykende Voordeel
Die Engelse ekonoom David Ricardo het hierdie beginsel van vergelykende voordeel
gebruik om vas te stel watter produk ʼn land in moet spesialiseer.
Waar een land goedere teen laer geleentheidskoste kan produseer – minder word
opgeoffer in die produksieproses.
Al het ʼn land geen absolute voordeel nie, kan dit nog steeds baat om ʼn vergelykende
voordeel te hê.
ʼn Land is toegerus om ʼn produk te produseer teen laer koste as ander lande as dit
spesialiseer in daardie produk.
Hierdie voordeel kan voorkom as beter tegnologie ontwikkel word, beter vaardighede
ontwikkel word en goedkoper arbeid aangebied word of hoër produktiwiteit
plaasvind.
19
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
Lande sal voordeel trek uit spesialisering soos koste van produksie wat verlaag in
vergelyking met ander produkte en dienste.
Voer daardie produkte in wat benodig word, waar die produksiekoste hoog is in
vergelyking met ander produkte en dienste.
ʼn Land kan ʼn vergelykende voordeel ontwikkel oor tyd soos wat kennis en vaardighede
ontwikkel en hulle arbeid verbeter of infrastruktuur van die land verbeter.
(Maks. 10 punte)
Die voordeel vir handel gebaseer op absolute en vergelykende voordeel
Natuurlike hulpbronne is oneweredig versprei – tussen lande en sommige lande is
beter daaraan toe as ander met die produksie van sekere produkte.
Internasionale handel help met die verspreiding.
Spesialisering – Lande kan spesialiseer in die produksie van daardie produkte
waarin hulle die beste is.
Beter keuses van goedere – Lande kan produkte verkry wat hulle andersins nie
sou kon hê nie. Dit verhoog die verskeidenheid van goedere vir die
verbruiker
Hoë volumes van handel – dra by tot ekonomiese groei en verhoog dus die
lewensstandaard van lande.
Beter lewensstandaard en groter werkskepping – Nuwe werksgeleenthede kan
geskep word as handel floreer en hoër inkomstes vir huishoudings en ʼn beter vlak
van welvaart as die basiese infrastrukture, gesondheidsorg en onderwys
verbeter.
Ekonomiese groei – Verhoogde handel voorsien markte van produkte en dit
stimuleer produksie en werkskepping. Dit lei tot ekonomiese groei en trek
buitelandse kapitale beleggings in nuwe besighede aan, verhoog staatsinkomste en
verbeter die infrastruktuur.
Groter bewusmaking van globale probleme –dit beklemtoon sosiale, ekonomiese
en omgewingsprobleme en stimuleer hulp vir hierdie probleme.
(Maks. 10 punte)
Die nadeel van handel gebaseer op absolute en vergelykende voordeel
Markkragte – ʼn Land met meer mag kan ʼn land met minder forseer om handel te
dryf wat minder voordeel vir hulle het.
Vervoer – koste betrokke in internasionale handel verhoog die produksiekoste as
daar ʼn groot afstand tussen lande is.
Handels Struikelblokke – Struikelblokke tot handel soos die instel van tariewe,
kwotas en ander onregverdige hindernisse soos veiligheids regulasies sal die
voordeel van internasionale handel laat verdwyn.
Afhanklikheid – As ʼn land te afhanklik word van ʼn ander land ofʼn paar industrieë
en die prys val kan dit lei tot grootskaalse werkloosheid.
Nuwe / baba industrieë – Internasionale handel kan nuwe industrieë in ʼn land
benadeel, omdat hulle produksiekoste hoog is aan die begin.
Spesialisering – mag ʼn negatiewe effek hê as ʼn oorlog begin of as ʼn natuurramp
voorkom en in- en uitvoere stop.
Wanneer invoere meer as uitvoere word, word die betalingsbalans negatief.
(Maks. 8 punte)
(Ken slegs 8 punte toe vir opskrifte, voorbeelde en die lys van feite) (Maks. 26)
20
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11
ADDISIONELE DEEL
Hoe het globalisering Suid-Afrika negatief beïnvloed?
Die land moet die toenemende kompetisie hanteer.
Krisisse in die finansiële markte in ontwikkelde lande het ʼn effek op ons markte.
Onstabiele omstandighede in naburige lande kan Suid-Afrika negatief beïnvloed en
die persepsie wat ander lande oor Suid-Afrika het kan lei tot onttrekking van
buitelandse beleggings.
Die vraag na minder geskoolde arbeid het verminder.
Die verhoogde vlakke van produksie het gelei tot verhoogde vlakke van besoedeling
wat skadelik is vir ons omgewing.
Die storting van goedkoop produkte het industrieë soos die klerevervaardiging, die
hoenderindustrie en die staalindustrie nadelig beïnvloed.
Suid-Afrika word op dieselfde standaard as ander ontwikkelende lande gemeet en
kompeteer vir Buitelandse Direkte Beleggings. Die afgradering deur
internasionale agente het ʼn negatiewe impak op ons skuld terugbetaling van
internasionale lenings sowel as die vermoë om nuwe lenings te kry om die tekort
op die betalings balans en Nasionale begroting te dek.
(Maks. 10)
SLOT
Twee basiese beginsels om te bepaal of dit die moeite werd is of nie vir twee lande om met
mekaar handel te dryf.
(Aanvaar enige ander relevante slot.)
(Maks. 2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
21
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5975bf34-03af-4bd2-bcb3-da6ecc7ce502/v1-87626b6327ce78e8e67a/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf/v1-ce29d1fb605cdf299464/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 Memo
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper