Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2017
GRAAD 11
EKONOMIE
VRAESTEL 1
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
13 bladsye
.
Skip to contentAll 2017 papers %20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7/v1-246dcbadc0627dabf2f5/card.webp)
%20%20November%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676/v1-0909dc7bc84ae94600fe/card.webp)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)
%20November%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1/v1-770f6a3dad5fae38d9da/card.webp)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)

View all

_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)


Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2017 QP (Afr)
Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 993.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Gauteng November 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
2
Vraestel 1 GRAAD 11
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
Vraestel 1
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die DRIE vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die TWEE vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die nommer van die vraag bo-aan elke antwoord.
5. Lees die vrae sorgvuldig deur.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Los 2 – 3 lyne oop tussen onderafdelings of vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die
vrae.
9. Gebruik slegs blou of swart ink.
10. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
3
Vraestel 1 GRAAD 11
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK.
1.1.1 Hulpbronne in die produksieproses is bekend as ...
A insette.
B uitsette.
C intermediêre goedere.
D finale goedere.
1.1.2 Die belegging van Walmart in Massmart word ... genoem.
A kapitaalverbreding
B kapitaalverdieping
C direkte buitelandse belegging
D ekonomiese groei
1.1.3 ʼn Voordeel van die sentraal-beplande ekonomie is ...
A keuse.
B innovering.
C risiko.
D volle indiensneming.
1.1.4 SANRAL is verantwoordelik vir die instandhouding van ... in
Suid-Afrika.
A hawens en lughawens
B spoornetwerke
C nasionale paaie
D skoolgeboue
1.1.5 Die … word gebruik om die lewensstandaard in ʼn land te bepaal.
A vlak van per kapita inkomste
B inflasiekoers
C betalingsbalans
D sirkulêre vloei
1.1.6 Die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte behels ...
A beter hoër onderwys.
B verlaging in kindersterftes.
C beter vaardigheidsontwikkeling onder die jeug.
D lae rentekoerse.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
4
Vraestel 1 GRAAD 11
1.1.7 ʼn Grafiek wat ongelyke verdeling van inkomste tussen
huishoudings aandui is bekend as die …
A Laffer kurwe.
B Phillips kurwe.
C Kringloopdiagram.
D Lorenz kromme.
1.1.8 Die … is die prys waarteen die Suid-Afrikaanse Reserwebank geld
aan ander banke leen.
A prima uitleenkoers
B terugkoopkoers
C wins
D opbrengs (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B om by ʼn item in KOLOM A te pas. Skryf slegs die
letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 MTBR A Ondernemings wat deur die owerhede
beheer word
1.2.2 Disinvestering
B Staatsinmenging om werkers te beskerm
1.2.3 OBSA teen onbillike arbeidspraktyke
1.2.4 SBO C Die verwantskap tussen insette en uitsette
1.2.5 Minimum lone D ʼn Beleid wat daarop gemik is om swart
eienaarskap van landbougrond in die
1.2.6 Grondhervormings ekonomie te vermeerder
program
E ʼn Proses waar buitelandse lande hulle
1.2.7 Produktiwiteit ondernemings vanuit ʼn land onttrek
1.2.8 Nasionale inkomste F Die dokument dui aan hoe die regering
beoog om sy uitgawes oor ʼn gegewe
tydperk te finansier.
G Die somtotaal vir die vergoeding van die
produksiefaktore in ʼn land
H Die instansie is in 1983 gestig om
ekonomiese ontwikkeling in Suider Afrika te
bevorder.
I Swart Ekonomiese Bemagtiging
J Regstellende Aksie
(8 x 1) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
5
Vraestel 1 GRAAD 11
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings.. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.3.1 Die inkomste per huishouding van die landsbevolking
1.3.2 Die sektor verbonde aan aktiwiteite wat straatverkope en
kunswerke insluit
1.3.3 BBP teen basiese pryse, plus belasting op produkte, minus
subsidies op produkte
1.3.4 Die gedeeltelike of algehele verwydering van invoertariewe binne
die grense van elke land
1.3.5 Die industrie wat klein lenings bied aan die wat nie in staat is om
vanaf normale banke te leen nie
1.3.6 Die organisasie wat ekonomiese samewerking en integrasie
bevorder onder Suider Afrikaanse lande (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
6
Vraestel 1 GRAAD 11
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE groepe wat bydra tot kapitaalvorming in ʼn land.
(2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is alle ekonomieë gemengde stelsels? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
UITTREKSEL UIT DIE NASIONALE REKENING VAN SUID-AFRIKA TEEN
HUIDIGE PRYSE
R m (INKOMSTE METODE) 2016
BBP teen basiese pryse 2 850 000
Belasting op produkte 210 000
Subsidies op produkte 95 195
Bruto Binnelandse Produk (BBP) @ markpryse 2 964 805
Primêre inkomste vanaf die res van die wêreld 48 501
Primêre inkomste aan die res van die wêreld A
Bruto Nasionale Produk (BNP) @ markpryse 2 978 806
[Bron: SARB Kwartaalblad, Maart 2016]
2.2.1 Gee ʼn voorbeeld van ʼn primêre inkomste uit die res van die wêreld. (1)
2.2.2 Word ʼn subsidie bygetel by basiese pryse of afgetrek? (1)
2.2.3 Beskryf die konsep bruto binnelandse produk. (2)
2.2.4 Verduidelik die verskil tussen huidige pryse en konstante pryse. (4)
2.2.5 Bereken die waarde van A in bogenoemde tabel. (Toon alle
berekeninge) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
7
Vraestel 1 GRAAD 11
2.3 Bestudeer die onderstaande strokiesprent en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: Twitter /Begrotingsrede /2017]
2.3.1 Watter ekonomiese boodskap word deur die spotprent uitgebeeld? (1)
2.3.2 Wat dui aan dat sosiale dienste nie effektief gelewer word nie? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die nasionale begroting. (2)
2.3.4 In jou eie opinie, hoe kan korrupsie uitgeskakel word? (2)
2.3.5 Hoe spandeer verbruikers hul inkomste in die nasionale ekonomie?
(2 x 2) (4)
2.4 Onderskei tussen kapitaalverbreding en kapitaalverdieping? (2 x 4) (8)
2.5 Hoe tree die regering op as die sentrale besluitnemer in ʼn sentraal-beplande
ekonomiese stelsel? (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
8
Vraestel 1 GRAAD 11
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE sosiale aanwysers wat met inkomsteverdeling
verband hou. (2 x 1) (2)
3.1.2 Waarom, dink jy, moet die staat meer bestee aan infrastruktuur
ontwikkeling? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
„Die ontwikkelingsgaping tussen die Noorde en die Suide het ʼn probleem
geword wat die hele wêreld moet bestuur.‟ Hierdie stelling is ietwat uitgedien,
omdat die gaping tussen die ryk en die arm lande besig is om oorbrug te
word.
Geleenthede vir meer gelyke handel en kapitaalvloei het sommige
ontwikkelende lande die geleentheid gegee om vinniger te ontwikkel. Die
beskikbaarheid en gebruik van moderne tegnologie in landbou en
vervaardiging en handelsooreenkomste, soos die Wet op Groei en
Geleenthede in Afrika („AGOA‟), het verdere waarde aan die algehele
verandering toegevoeg.
[Aangepas uit SAIRR, Oktober 2016]
3.2.1 Identifiseer, vanuit die bostaande inligting, die handelsooreenkoms
tussen Afrika en Amerika (VSA). (1)
3.2.2 Bespreek, vanuit bostaande uittreksel, die rede waarom sommige
ontwikkelende lande die Noord / Suid gaping vernou. (1)
3.2.3 Verduidelik kortliks die handelsverhouding tussen lande in die
Noord / Suid verdeling. (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
9
Vraestel 1 GRAAD 11
3.2.4 Waarom sal die Gini-koëffisiënt van lande in die Noorde verskil van
lande in die Suide? (2 x 2) (4)
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Nooit tevore was krediet so duur nie
Hoë koste van klein lenings
Totale huidige koste van krediet op korttermyn krediettransaksies, as ʼn persentasie
BEDRAG VAN AANVANKLIKE LENING: TOTALE KREDIETKOSTE
R200 oor ʼn maand 46% (R92) Rente R10 + Administrasiekoste R32 +
Maandelikse diensfooie R50
R500 oor ʼn maand 31% Rente R25 + Administrasiekoste R79 +
Maandelikse diensfooi R50
Die nuwe voorgeskrewe kredietregulasies kan die koste van krediet die hoogte laat inskiet, en
die armes sal die hardste getref word. As dit geïmplementeer word, sal hierdie nuwe koste ʼn
verwoestende effek op lae inkomste verbruikers hê.
[Bron: Mail & Guardian Sakenuus, Augustus 28 - September 3, 2015]
3.3.1 Watter koste is verantwoordelik vir die drastiese styging in klein
leningskoste? (1)
3.3.2 Watter koste bly konstant? (1)
3.3.3 Wat sal die uitwerking op die koste vir die lening wees as die
maandelikse diensfooi verwyder word? (2)
3.3.4 Bereken die totale koste van krediet vir ʼn R500 lening oor een
maand. (2)
3.3.5 Watter impak sal hierdie hoë koste vir klein lenings op lae inkomste
verbruikers hê? (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek die doelwitte van Klein Onderneming Ontwikkelingsagentskappe
(SEDA) en die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NOVS) as
strategieë vir ontwikkeling.
(2 x 4) (8)
3.5 Hoe kan beleggings in sosiale (menslike) kapitaal ekonomiese ontwikkeling in
Suid-Afrika bevorder? (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
10
Vraestel 1 GRAAD 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE ekonomiese lekkasies. (2 x 1) (2)
4.1.2 Watter impak het die Uitgebreide Openbare Werke Program
(EPWP) in jou plaaslike gemeenskap? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
BRUTO BINNELANDSE PRODUK TOEGEVOEG DEUR EKONOMIESE
AKTIWITEIT
TEEN HUIDIGE PRYSE R m 2013 2014 2015
Primêre sektor 362 194 369 178 371 069
Sekondêre sektor 664 180 730 764 751 451
Tersiêre sektor 2 164 586 2 320 375 2 467 292
Bruto waarde toegevoeg 3 190 960 3 420 317 3 589 812
teen basiese pryse
[Bron: SARB Kwartaalblad – Desember 2016]
4.21 Noem die sektor wat verantwoordelik is vir elektrisiteit, gas en
water. (1)
4.2.2 Watter sektor dra die meeste by tot die Bruto Toegevoegde waarde
teen basiese pryse vir 2015? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die volgende stelling: “Die bydrae van die primêre
sektor het teen ʼn dalende koers toegeneem?” (2)
4.2.4 Hoe dra die primêre sektor by tot die ekonomie? (2)
4.2.5 Wat is die verwantskap tussen die sekondêre sektor en die tersiêre
sektor? (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
11
Vraestel 1 GRAAD 11
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN IS DUIDELIK DIE BESTE
ONTWIKKELINGSTRATEGIE OOIT; DIT SAL VIR SEKER DIE SUID-
AFRIKAANSE EKONOMIE BEVOORDEEL
Alhoewel die NOP, net soos GEAR, NSDS en NOP, wat ʼn duidelike plan uitlê
om probleme in Suid-Afrika aan te spreek, nie perfek is nie, verskaf dit tog ʼn
padkaart van waar die staat graag wil wees in 2013. Die NOP bied ʼn
geleentheid aan Suid-Afrikaners om saam te werk en uitdagings te
konfronteer, om sodoende ʼn beter toekoms vir almal en aan toekomstige
geslagte te bied.
[Aangepas uit NOP en Mail & Guardian, Februarie 2015]
4.3.1 Identifiseer TWEE vorige strategieë vanuit die uittreksel, wat
gebruik is om ekonomiese groei in Suid-Afrika te bevorder. (2 x 1) (2)
4.3.2 Wat is die hoofdoelwit van die NOP? (2)
4.3.3 Watter negatiewe invloed sal die implementering van die NOP op
belastingbetalers hê? (2)
4.3.4 Hoe suksesvol sal die implementering van die NOP in die Suid-
Afrikaanse ekonomie wees? (2 x 2) (4)
4.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling. (2 x 4) (8)
4.5 Hoe word inheemse kennisstelsels deur die Suid-Afrikaanse regering
bevorder en ontwikkel? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
12
Vraestel 1 GRAAD 11
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal as volg assesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laerorde respons.
ʼn Goeie vertrekpunt behoort ʼn bepaling te wees van die hoofkonsep
wat verwant is aan die vraag Maks. 2
Moenie enige deel van die vraag insluit in jou inleiding nie
Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie
Vermy dit om die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / In-diepte
bespreking / Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed Maks. 26
(Analiseer) / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Verduidelik /
Assesseer / Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer /
Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Maks. 10
Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks /
Hoe? / Voorstelle
Gevolgtrekking
Enige hoërorde samevatting behoort die volgende te bevat:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige genoemde
feite te herhaal.
Maks. 2
Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feit.
Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te
versterk.
ʼn Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis.
Aanbevelings / voorstelle.
TOTAAL 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
13
Vraestel 1 GRAAD 11
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Die veelvoudige behoeftes van die mensdom word bevredig deur die gebruik van
produksiefaktore.
Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die volgende produksiefaktore vir die
produseerders van goedere en dienste:
- Arbeid
- Kapitaal
- Entrepreneurskap (26 punte)
Hoe het die grondherverdelingsprogramme (beleide) daartoe bygedra om die
gemarginaliseerdes in die ekonomie te akkommodeer? (10 punte)
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
ʼn Sentrale bank het funksies en verantwoordelikhede wat nie deur ander finansiële
instellings uitgevoer word nie.
Bespreek die hooffunksies van die SARB (26 punte)
Wat veroorsaak bankmislukkings? (10 punte)
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7/v1-246dcbadc0627dabf2f5/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2018 QP (Afr)
%20%20November%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676/v1-0909dc7bc84ae94600fe/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2016 QP (Afr)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2015 QP (Afr)
%20November%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1/v1-770f6a3dad5fae38d9da/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Gauteng November 2017 Memo
More from Grade 11 Economics

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Mpumalanga June 2024 Memo

Memorandum