Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2021
GRAAD 11
NASIENRIGLYNE
EKONOMIE (VRAESTEL 2)
19 bladsye
Skip to contentAll 2022 papers %20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)
%20November%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1/v1-770f6a3dad5fae38d9da/card.webp)

%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf/v1-ce29d1fb605cdf299464/card.webp)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)

View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 908.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Gauteng November 2022
Questions in this paper
- Question 1.1Dynamics of Markets: Relationships16 marks
- Question 1.2Dynamics of Markets: Relationships8 marks
- Question 1.3Dynamics of Markets: Costs & Revenue6 marks
- Question 2Dynamics of Markets: Relationships40 marks
- Question 3Environmental Sustainability14 marks
- Question 4Environmental Sustainability14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C volkome onelasties ✓✓
1.1.2 A toeneem. ✓✓
1.1.3 B dieselfde punt waar totale vaste koste begin. ✓✓
1.1.4 C verminder tot onder nul. ✓✓
1.1.5 D Die Nasionale Waterwet ✓✓
1.1.6 A Wêreldhandelsorganisasie ✓✓
1.1.7 D koolstofvrystellings. ✓✓
1.1.8 C Kyoto Protokol ✓✓ (8 x 2) (16)
1.2 PASSENDE ITEMS
1.2.1 H Indien die kruiselastisiteit van vraag positief is ✓
1.2.2 F Daar is baie firmas wat goedere vervaardig wat soortgelyk is,
maar nie identies nie ✓
1.2.3 D Hoe meer uitset ʼn firma vervaardig, hoe doeltreffender word dit
en die koste om elke eenheid te produseer neem per gemiddeld
af ✓
1.2.4 B Die verandering in die firma se totale inkomste as gevolg van die
verkoop van een addisionele eenheid van die uitset ✓
1.2.5 C ʼn Land is toegerig om ʼn produk beter as ander lande te
produseer ✓
1.2.6 G Groot besigheidsorganisasies wat goedere en dienste in lande
regoor die wêreld vervaardig en/of versprei ✓
1.2.7 I Vind plaas wanneer natuurlike habitatte verwoes word en
natuurlike hulpbronne uitgeput is. ✓
1.2.8 E Verander vrugbare landbougrond in onvrugbare woestyn as
gevolg van swak grondbestuur ✓ (8 x 1) (8)
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
1.3 TERMINOLOGIE
1.3.1 Wet van afnemende marginale nut ✓
1.3.2 Homogeen ✓
1.3.3 Wins ✓
1.3.4 Koolstofkrediete ✓
1.3.5 Handelsblok ✓
1.3.6 Aardverwarming ✓ (6 x 1) (6)
[30]
TOTAAL AFDELING A: 30
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
AFDELING B
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 2.1.1 Lys TWEE voorbeelde van vaste koste.
Huur ✓
Lone en salarisse ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat sal ʼn vervaardiger motiveer om voort te gaan om produksie te
verhoog?
Besighede sal bereid wees om te vervaardig waar die bykomende
inkomste wat ontvang word gelyk is aan die bykomende produksiekoste
van die eenheid. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
2.2 DATA RESPONS
2.2.1 Noem enige EEN tipe pryselastisiteit van vraag.
• Volkome onelasties✓
• Volkome elasties ✓
• Relatief onelasties✓
• Eenheidselastisiteit ✓
• Relatief elasties ✓ (1)
2.2.2 Noem die waarde van die pryselastisiteit van vraag in grafiek A
hierbo.
• 0✓ (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term pryselastisitiet van vraag.
• Pryselastisiteit van vraag is ʼn maatstaf van hoe responsief vraag is vir
ʼn verandering in prys. ✓✓ (2)
2.2.4 Hoe word die kruiselastisiteit van vraag bereken?
• Die persentasie verandering in die hoeveelheid aangevra van produk A
word gedeel deur die persentasie verandering in die prys van produk
B. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
2.2.5 Verduidelik hoekom die pryselastisiteit van vraag ʼn negatiewe
simbool het.
• ʼn Omgekeerde verhouding bestaan tussen hoeveelheid en prys. ✓✓
• Hoeveelheid en prys beweeg in teenoorgestelde rigtings en ʼn
positiewe (+) teken sal altyd deur ʼn negatiewe (–) een gedeel
word. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevant antwoord.) (4)
2.3 DATA RESPONSE
2.3.1 Gee EEN eienskap van ʼn monopolie vir Microsoft.
• Tegniese voortreflikheid (1)
2.3.2 Noem enige staatsbeheerde monopolie.
• Suid-Afrikaanse Posdiens
• Eskom (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term patent.
• ʼn Patent is die wetlike reg waarby die patenthouer eksklusiewe regte
verkry om ʼn produk te vervaardig.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.3.4 Hoekom word Microsoft as ʼn monopolie beskou?
• Geen ander firma mag met hulle meeding op die Windows- en Office-
besighede nie.
• Hulle het verskeie klein monopolieë wat afgedwing word deur die
regerering en daarom is die monopolie objektief welverdiend,
onafhanklik van hul markaandeel.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.3.5 Verduidelik die hindernisse in ʼn monopolistiese mark.
• Wetlike beperking – word bepaal deur landswette en staan
eksklusiewe regte toe bv. die poskantoor
• Lisensiëring – ʼn firma mag slegs handel dryf indien ʼn lisensie
uitgereik word deur die staat bv. telefoondiensverskaffers
• Hoë aanvangs- of ontwikkelingskoste – bv. dit kos baie geld om ʼn
kragstasie te bou of om ʼn eskader vliegtuie aan te koop (natuurlike
monopolie). (2 x 2) (4)
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
2.4 Bespreek die aard van die produk en toegang as eienskappe van ʼn volmaakte
mark.
Aard van die produk:
• Die produk is homogeen.✓✓
• Dit is in alle opsigte identies en daar is geen handelsmerke nie. ✓✓ (2 x 2)
Marktoegang:
• Toegang/Intrede en uitgang/uittrede is gratis. ✓✓
• Daar is geen versperring vir toegang nie. ✓✓ (2 x 2) (8)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Maksimum 4 punte vir blote lys.)
2.5 Analiseer hoekom die prys van ʼn produk, onder volmaakte mededinging
gelyk sal wees aan die laagste punt op die langtermyn gemiddelde
kostekurwe.
• Indien die firma ʼn ekonomiese wins maak, kan dit sy produksievermoë aanpas
deur ʼn groter produksieaanleg te bou.
• Die industrie kan uitbrei omdat nuwe besighede die mark kan betree.
• Die toename in vervaardiging sal die markaanbodkurwe na regs stoot en
sodoende die markprys verlaag.
• Ekonomiese winste sal uiteindelik verdwyn as gevolg van die afname in
gemiddelde inkomste.
• Langtermyn-ewewig word bereik waar die laagste punt van die GK-kurwe as ʼn
raaklyn dien vir die Vraag/GI-kurwe (wat die prys is).
• Indien die besigheid ʼn ekonomiese verlies ervaar, sal firmas die besigheid
verlaat of op produksie besnoei.
• Dit sal die markaanbodkurwe na links skuif en sodoende pryse verhoog.
• Ekonomiese verlies sal uiteindelik verdwyn as gevolg van toenemende
gemiddelde inkomste.
• Hierdie prys sal uiteindelik gelyk wees aan die minimum punt van die LGK-
kurwe, d.w.s. normale wins
• Grootskaalse vervaardiging verminder die pryse.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 3.1.1 Lys enige TWEE lande waarna daar verwys word as ‘Asian Tigers’.
• Sjina ✓
• Singapoer ✓
• Thailand ✓
• Suid-Korea ✓
• Hong Kong ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe word markgebaseerde metodes vir besoedelingsbeheer gebruik?
Emissieshandel verskaf ekonomiese aansporings om vermindering in die
vrystelling van besoedelende stowwe te bewerkstellig.✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
3.2 DATA RESPONS
3.2.1 Gee ʼn ekonomiese konsep wat geassosieer kan word met die frase
“Die wêreld is rond. Ons sal daar uitkom.”
Globalisering ✓ (1)
3.2.2 Waarvoor staan die afkorting WHO?
Wêreldhandelsorganisasie ✓ (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term vrye handel.
Dit is die verwydering of vermindering van handelstariewe soos
invoerkwotas en invoerregte. ✓✓ (2)
3.2.4 Verduidelik die verhouding tussen vergelykende voordeel en vrye
handel.
Vrye handel lei tot spesialisasie en skep vergelykende voordeel vir lande. ʼn
Land sal fokus op die produkte wat teen die laagste produksiekoste
vervaardig kan word in vergelyking met ander lande en sal tussen mekaar
handel dryf. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.5 Hoe kan vryhandelsbeleid lande bevoordeel?
• Verhoog toegang tot goedere van hoër gehalte en laer pryse. ✓✓
• Toenames in ekonomiese groei. ✓✓
• Verbeterde doeltreffendheid en innovasie. ✓✓
• Bevorder mededinging en regverdigheid. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
3.3 DATA RESPONSE
3.3.1 Identifiseer die behoefte vir die regering om visvangkwotas in te stel,
volgens die artikel hierbo.
Marine hulpbronne is besig om te kwyn/af te neem. ✓ (1)
3.3.2 Noem EEN oplossing wat die regering beplan om te implementeer om
alternatiewe werksgeleenthede vir die gemeenskap te skep.
• Hulle beplan ʼn nuwe hawe. ✓
• Kyk na ekotoerisme. ✓ (1)
3.3.3 Definieer kortliks die term kwotas.
• ʼn Kwota is die beperkte aantal of hoeveelheid van iets wat amptelik
toegelaat word. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.4 Skets EEN rede hoekom die arm vissermanne nie by hierdie kwotas
sal baat nie.
• Die koste om ʼn kwota te hê is baie hoog. ✓✓
• Hulle het nie dieselfde infrastruktuur as die groter maatskappye
nie. ✓✓
• Die kwota is nie groot genoeg om koste te dek en ʼn ordentlike
lewenstandaard te handhaaf nie. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.5 Verduidelik hoe die “wegkwyning” van marine hulpbronne verhoed
kan word.
• Stop die oorverbruik van vis. ✓✓
• Stop die besoedeling van die oseane wat die uitwissing van sekere
visspesies veroorsaak.✓✓
• Stop groot buitelandse skepe wat die vis in ons oseane uitroei
(treilvisserye). ✓✓
• Ons moet visteelprogramme aanmoedig. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
3.4 Bespreek die veranderinge in die diensvoorwaardes en veranderinge in
kultuur as nagevolge van globalisering.
Verandering in die diensvoorwaardes:
• Met globalisering maak MNO's (multi-nasionale organisasies) direkte
buitelandse beleggings (DBB) in ontwikkelende lande se besighede en dit skep
indiensnemingsgeleenthede.✓✓
• DBB’s voorsien belonende werksgeleenthede.✓✓
• Het gelei tot werksverlies in ontwikkelde lande. ✓✓ (2 x 2)
(4)
Verandering in kultuur:
• Daar is ʼn toename in die begeerte om buitelandse idees te gebruik.✓✓
• Globalisering het daartoe gelei dat verskeie kulture bymekaar gekom het. ✓✓
• Mense van een kultuur ontdek die tekortkominge in hul eie kultuur wanneer hulle
blootgestel word aan ander kulture. ✓✓
• Hulle pas aspekte van ander kulture aan wat meer toepaslik is met moderne
tye. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
3.5 Analiseer die belangrikheid van die versorging van die woude vir die
ekonomie en die omgewing.
Bosse moet onderhou word omdat:
• Mense afhanklik is van hulle.✓✓
• Hulle suurstof genereer (of die lug wat ons inasem). ✓✓
• Die hout van die bome gebruik word vir die vervaardiging van meubels, boeke
en alle ander houtprodukte. ✓✓
• Hulle habitatte verskaf vir diere. ✓✓
• Hulle waterskeidingbeskerming bied. ✓✓
• Hulle gronderosie voorkom. ✓✓
• Hulle klimaatsverandering versag. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
[40]
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 4.1.1 Lys TWEE soorte winste wat met ʼn besigheid geassosieer word.
• Normale wins
• Ekonomiese wins
• Ekonomiese verlies (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoekom is dit belangrik vir ons om die omgewing te onderhou?
• Die omgewing is ʼn ekosisteem waarvan die samelewing en die
ekonomie afhanklik is. Indien die omgewing nie versorg word nie, sal die
samelewing nie oorleef nie en die ekonomie sal nie floreer nie. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
4.2 DATA RESPONS
4.2.1 Noem EEN markstruktuur waarin prysnemers bestaan.
• Volmaakte mededinging (1)
4.2.2 Noem enige EEN tipe markstruktuur behalwe die een geïdentifiseer in
die inligting hierbo.
• Oligopolie
• Monopolie
• Monopolistiese mededinging (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term homogeen.
• Produkte wat identies is met geen ooglopende verskil in eienskappe of
kwaliteite nie. (2)
4.2.4 Hoekom is verbruikers prysnemers?
• ʼn Prysnemer is ʼn individu of firma wat die heersende markprys moet
aanvaar omdat die individu of firma nie genoegsame aandeel in die mark
besit nie en het geen invloed op die mark het nie. (2)
4.2.5 Bespreek die eienskappe van ʼn individuele besigheid.
• Hulle het geen begeerte om hulle sakebedrywighede te vergroot nie en
as ʼn reël, word geen bemarking gedoen nie.
• Hulle maak staat op ʼn bestendige stroom gereelde klante en brei selde
hulle mark verder as hierdie kliënte uit. (2 x 2) (4)
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
4.3 DATA RESPONS
4.3.1 Noem enige EEN faktor wat bydra tot die verlies aan biodiversiteit.
• Verlies aan habitat ✓
• Agteruitgang ✓
• Oormatige voedingstoflading ✓
• Lug- en waterbesoedeling ✓
• Oorbenutting en onvolhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne ✓ (1)
4.3.2 Noem enige EEN tipe besoedeling wat NIE in die uittreksel hierbo
genoem is nie.
• Grondbesoedeling ✓
• Geraasbesoedeling ✓
• Termiese besoedeling ✓
• Ligbesoedeling ✓
• Plastiekbesoedeling ✓ (1)
4.3.3 Verduidelik kortliks die term bruin omgewingskwessies.
Bruin omgewingskwessies fokus op die begrip dat sosiale kwessies nie van
die omgewing geskei kan word nie. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.4 Wat is die hoofoorsaak van klimaatsverandering?
Aardverwarming ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.5 Hoe beïnvloed klimaatsverandering die ekonomiese omgewing?
• Verlies aan habitat en biodiversiteit het ʼn negatiewe impak op die
toerismebedryf omdat toeriste aangetrokke is tot die skoonheid van
die natuur en inheemse plante.✓✓
• Die landbousektor word negatief beïnvloed aangesien droë seisoene
langer word, en nat seisoene later begin.
• Die vervaardiging van hout produkte verminder omdat woude totaal en
al tot nuut kan gaan. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
4.4 Onderskei tussen die volgende handelsgroeperings, BRICS en G20-lande.
BRICS
• ʼn Handelsblok wat bestaan uit prominente, opkomende ekonomieë van die
wêreld. ✓✓
• Lidlande bestaan uit: Brasilië, Rusland, Indië, Sjina en Suid-Afrika. ✓✓
G20-LANDE
• Bestaan uit 20 opkomende/ontwikkelende ekonomieë. ✓✓
• Die doel van die ooreenkoms is om toegang tot die noorderlike
landboumarkte te kry. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
4.5 Hoekom moet marginale inkomste gelyk wees aan marginale koste sodat
winste gemaksimeer kan word?
• Marginale inkomste (MI) is die bykomende inkomste ontvang deur die
vervaardiger vir elke bykomende eenheid wat geproduseer word.
• Die individuele vervaardiger moet produseer teen ʼn punt waar marginale
inkomste gelyk is aan marginale koste. (MI=MK)
• Dit is die moeite werd vir die firma om uitset te vermeerder op die punt,
omdat winste verhoog kan word deur verhoogde uitset.
• Onder volkome mededinging is die prys (P) gelykstaande of dieselfde as
marginale inkomste (MI) en vraag (V).
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord.
• ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp
verband hou, te definieer of te omskryf.
Maks. 2
• MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• MOENIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal
NIE.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Trek ʼn grafiek en Maks. 26
verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
gegewe grafiek/Debatteer
ʼn Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir
opskrifte/voorbeelde.
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Maks. 10
Interpreteer/Verduidelik kortliks/Hoe?/Stel voor/Analiseer/Evalueer
ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir bloot die lys van
feite.
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:
• ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
• Enige mening of waarde-oordeel van die bespreekte feite, met
Maks. 2
voorbeelde om jou bespreking te staaf.
• Addisionele, ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
• ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Met behulp van volledige benoemde diagramme, bespreek die vraag-
verhouding tussen plaasvervanger (substituut) en komplementêre goedere.
(26 punte)
• Hoekom sal Suid-Afrikaners verkies om plaasvervangende energiebronne bo
steenkoolkrag te gebruik? (10 punte) [40]
INLEIDING
ʼn Vraagverhouding bestaan waar twee of meer goedere of dienste op dieselfde tyd
aangevra word aangesien dit saam gebruik word of saam met mekaar gebruik
word. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 2)
HOOFDEEL
Plaasvervanger (substituut) goedere
P Benoeming van assestelsel (moet
verband hou met die substituut produk) –
Prys van tee
1 punt
(substituut)
A Benoeming op asse – 1 punt
P1 Aanduiding van die skuif in die
vraagkurwe na regs – 1 punt
Benoeming van die vraag- en
V1 aanbodkurwes – 1 punt
Pe
Maksimum van 4 punte
V
0 H
2 kg 3 kg
Hoeveelheid tee (substituut)
• ʼn Toename in die prys van alternatiewe produkte (koffie) sal ʼn verskuiwing na regs tot
gevolg hê in tee se vraagkurwe (vanaf V na V1 ) en sodoende ʼn toename in die vraag
na die substituutproduk (tee). ✓✓
• Substituut produkte is uitruilbaar en dien as vervangings vir mekaar. ✓✓
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir die verduideliking.)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
P Benoeming van assestelsel (moet
verband hou met die substituutproduk) –
1 punt
A
Prys van koffie
Benoeming op asse – 1 punt
Pe Aanduiding van die verskuiwing van die
vraagkurwe na links – 1 punt
V Benoeming van die vraag en
P1 aanbodkurwes – 1 punt
Maksimum van 4 punte
V1
1 H
0
2 kg 3 kg
Hoeveelheid koffie
• ʼn Toename in die prys van een produk (koffie) sal lei tot ʼn afname in die vraag vir
dieselfde produk indien daar ʼn substituutproduk beskikbaar is (tee).✓✓
• Wanneer goedere teen mekaar meeding, word hul onderskeie vraag beïnvloed deur
mekaar se pryse.✓✓
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir die verduideliking.)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
Komplementêre goedere
Benoeming van assestelsel
P (moet verband hou met die
A1 komplementêre produk) –
1 punt
Prys van lugtyd
P1 Benoeming op die asse –
1 punt
A
Aanduiding van die toename in
prys – 1 punt
Pe
Benoeming van die vraag- en
aanbodkurwes – 1 punt
V
Maksimum van 4 punte
0 H
H1 He
Hoeveelheid lugtyd
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
• Komplementêre goedere word terselfdertyd (saam) aangevra, aangesien dit saam
gebruik word of saam met mekaar gebruik word. ✓✓
• ʼn Toename in die prys van een van die goedere sal lei tot ʼn afname in die
hoeveelheid gevra vir beide goedere. ✓✓
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir die verduideliking.)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
P Benoeming van assestelsel (moet verband hou
met die komplementêre produk) – 1 punt
Benoeming op die asse – 1 punt
Prys van selfone
A
Aanduiding van die verskuiwing van
Pe vraagkurwe na links – 1 punt
Benoeming van die vraag- en aanbodkurwes –
1 punt
V
P1 Maksimum 4 punte
V1
0 H
H1 He
Hoeveelheid selfone
• Sommige komplementêre goedere het swakker verhoudings en is minder afhanklik
van mekaar bv. pen en papier. ✓✓
• ʼn Toename in die prys van lugtyd sal ʼn afname in die vraag na selfone veroorsaak,
van V tot V1. ✓✓
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir die verduideliking.) (8)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 26 punte)
ADDISIONELE DEEL
Hoekom sal Suid-Afrikaners verkies om plaasvervangende energiebronne bo
steenkoolkrag te gebruik?
• Die huidige energiebron is nie betroubaar nie, as gevolg van die energiekrisisse wat
beurtkrag veroorsaak het. ✓✓
• Die hoë koste van die huidige vorm van elektrisiteit is op die lang termyn nie vir die
meerderheid Suid-Afrikaners bekostigbaar nie. ✓✓
• Ander hernubare energiebronne is meer volhoubaar vir die omgewing as die huidige
energiebron wat in Suid-Afrika gebruik word. ✓✓
• Alternatiewe energiebronne vir steenkool, soos hernubare energie, skep
werksgeleenthede en ontwikkel plaaslike gemeenskappe. ✓✓
• Alternatiewe energiebronne vir steenkool is ook meer polities gunstig omdat die
wêreld die geveg teen klimaatsverandering versterk. ✓✓ (Maks. 10)
SLOT
Dit is belangrik vir vervaardigers om die pryspatrone van komplementêre en substituut-
goedere te bestudeer om aan die eise van die verbruikers te voldoen. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante slot.) (Maks. 2)
[40]
16
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek, ten volle, die oorsake van globalisering. (26 punte)
• Hoe het globalisering Suid-Afrika negatief beïnvloed? (10 punte) [40]
INLEIDING
• Globalisering is ʼn proses waardeur mense in aparte dele van die wêreld
geïnkorporeer word as ʼn enkele globale samelewing.✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (Maks. 2)
HOOFDEEL
Grootskaalse vervaardiging en grootskaalse bemarking ✓
• Soos lande geïndustrialiseer geraak het, het ʼn groot aanbod van produkte die
markte oorstroom as gevolg van grootskaalse vervaardiging. ✓✓
• Dit het gelei tot die ontwikkeling van grootskaalse bemarkingstrukture.✓✓
• Aspekte van grootskaalse bemarking sluit die ontwikkeling van massiewe winkels en
massa reklame in wat groot gehore bereik deur uitsendingstegnologie en gedrukte
media✓✓
• Bv. Coca-Cola, Nike ens. ✓
Skaarsheid aan hulpbronne ✓
• Wêreldhandel verwys na die aankoop van goedere en dienste deur regerings,
besighede en individue regoor die wêreld. ✓✓
• Die rede vir wêreldhandel is die skaarsheid van hulpbronne en produkte.✓✓
• Geen land besit al die goedere wat dit nodig het nie en geen land is daartoe in staat
om al die nodige produkte self te produseer nie.✓✓
Ontwikkeling van vervoer ✓
• Nuwe tegnologieë wat op die gebied van vervoer ontwikkel is, sluit moderne
infrastruktuur in soos snelweë wat lande verbind, vervoernetwerke en vinnige
vervoermiddels per see, lug en land. ✓✓
• Hawens en lughawens het groter geword met meer kapasiteit om verskillende lande
te verbind. ✓✓
Ontwikkeling van kommunikasietegnologie en globale inligtingsisteme ✓
• Die ontwikkeling van kommunikasietegnologie het lande regoor die wêreld in staat
gestel om verbind te word. ✓✓
• Van die ontwikkelings sluit in: selfone, rekenaars en die internet, wat onmiddellike
skakels tussen mense of besighede moontlik maak, ongeag van waar in die wêreld
hul gevestig is. Die skakels kan gebruik word om te praat, boodskappe te stuur en
geld oor te dra. ✓✓
• Die skakels word moontlik gemaak deur nuwe kommunikasie tegnologie wat gebruik
maak van landlyne, satelliete of onderwater kabelverbindings. ✓✓
• Die spoed waarteen die inligting oorgedra word het aansienlik toegeneem. ✓✓
• Radio, televisie en sosiale media kan nou inligting in ware tyd stuur. ✓✓
• Elektroniese finansiële markte maak dit moontlik vir geld om makliker oorgedra te
word. ✓✓
17
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
Opkoms van multinasionale korporasies✓
• ʼn Multinasionale korporasie is ʼn besigheid wat in meer as een land vervaardiging
bestuur of dienste lewer. ✓✓
• Multinasionale korporasies het ontstaan omdat dit baie duur was om fabrieke tydens
die nywerheidsfase te vestig. ✓✓
• In baie gevalle het besighede begin saamwerk en groot korporasies gevorm wat
meestal gesamentlike aandelemaatskappye was wat deur aandeelhouers besit
word. ✓✓
• Hierdie multinasionale korporasies het skakels regoor die wêreld gebruik om hul
markte uit te brei en grootskaalse vervaardiging van goedere moontlik te maak. ✓✓
Vrye beweging van kapitaal ✓
• Geld kan met spoed en gemak regoor die wêreld gestuur word. ✓✓
• Bv. die finansiering van nuwe tegnologie in ontwikkelende lande. ✓
Ontwikkeling van tegnologie en kunsmatige intelligensie ✓
• Die toepassing en bestuur van vervaardigingsprosedures het verander as gevolg
van moderne tegnologie. ✓✓
• Masjienleer het sagteware verbeter vir besighede om verbruikersgedrag regoor die
wêreld te kan voorspel. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Maks. 8 punte vir opskrifte, lys van feite en voorbeelde.) (Maks. 26 punte)
ADDISIONELE DEEL
Hoe het globalisering Suid-Afrika negatief beïnvloed?
• Die land moet toenemende mededinging hanteer. ✓✓
• Krisisse in die finansiële markte van ontwikkelde lande beïnvloed Suid-Afrikaanse
markte. ✓✓
• Onstabiele toestande in Suid-Afrika se buurlande het die persepsie wat ander lande
oor Suid-Afrika het, negatief beïnvloed wat dikwels tot die onttrekking van
beleggings lei.✓✓
• Die vraag na minder geskoolde werkers het verminder. ✓✓
• Die verhoogde vervaardigingsvlakke het gelei tot verhoogde besoedelingspraktyke
wat skadelik vir die omgewing is. ✓✓
• Die storting van goedkoop produkte het nywerhede soos die
klerevervaardigingsbedrywe, hoenderbedrywe en staalbedrywe in duie laat stort. ✓✓
• Suid-Afrika word aan dieselfde standaarde as ander ontwikkelende lande gemeet en
kompeteer vir Direkte Buitelandse Beleggings. (DBB) ✓✓
• Afgradering deur internasionale agentskappe het ʼn negatiewe impak op Suid-Afrika
se skuldterugbetaling en internasionale lenings. ✓✓
• Die afgradering beïnvloed ook SA se vermoë om nuwe lenings te verseker om
tekorte op ons betalingsbalans en nasionale begrotingstekorte te dek. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Maks. 2 punte vir die lys van feite en voorbeelde.) (Maks. 10)
18
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
SLOT
Globalisering vind plaas teen ʼn versnelde pas. Ontwikkelende lande se ekonomieë sal
aanhou om negatief beïnvloed te word, tensy die lande beskermingstrategieë soos
invoertariewe en beperkings instel om plaaslike nywerhede te red van die oorheersende
nywerhede in ontwikkelde lande. ✓✓ (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante slot.) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
19
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)
%20November%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1/v1-770f6a3dad5fae38d9da/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf/v1-ce29d1fb605cdf299464/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 Memo
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper